In 1996, 27 Augustus, het ek bedien onder die grootste Salwing van my lewe
tot dusver. Ek was besig om te bedien aan mense in Hawaii onder die krag van die
HEILIGE GEES. Mense was besig om te val onder die Heilige Gees se krag. Ek het
toe gegaan en ‘n ander profeet aangeraak, ek het later uitgevind sy naam was
Mike, en ek was aan die anderkant van die kamer gegooi, ‘n groot kamer! Ek het
op my rug beland, niemand het my gevang nie! Diegene daar het gesê dat ek daar
gelê het en geprofeteer en bedien het onder die salwing van die Heilige Gees vir
twee en ‘n half ure! Daardie sluit nie in die uur of meer van die bediening
daarna nie. Die salwing was letterlik GEBRAND in my vlees in!
Laat my verduidelik. Alhoewel ek nie beweer dat ek verstaan nie, gaan ek met die
bietjie wat ek weet, en wat ander daardie dag vir my vertel het.
Die Heilige Gees het aan die mans, Mike en John gesê, die twee profete wat besig
was om my te bedek, dat hierdie salwing hierdie erdekruik sou dood gemaak het as
hy nie sy krag in my gegiet het nie. Hulle was besig om hande te lê op my wang,
en voorkop, een aan my regterkant, en die ander een by die bopunt van my kop!
Hulle het begin om te bid vir ‘n DUBBEL porsie salwing van Elia op my, maar toe
hulle dit gedoen het, het die Heilige Gees gesê,
"NEE, sy het daardie alreeds, bid ‘n DRIEVOUDIGE porsie salwing van ELIA!"
So het hulle gedoen! Dit is wat ingebrand was in my vlees met die Wit Warm
Salwing van die Heilige Gees! Sonder dit sou my vlees gelewe het? Wel, YAHUSHUA
is God so dit is moeilik om te glo dat ek sou dood gegaan het, en tog waarom het
HY die profete gewaarsku om vir my lewe te bid? Het enigeen enige verduideliking?
Ek sal graag beter wil verstaan.
Ek kan nie onthou wat gebeur het daardie ure nie, want dit het niks te doen
gehad met my vlees nie, alleenlik die Heilige Gees binne-in my! Maar nou het
hierdie salwing die vlees oorgeneem, en het nog NOOIT weer nie. Nadat ek van
hierdie herstel het, was ek uitgeput! Nie totdat ek teruggekom het van Hawaii
nie. Aan die gang vir 24 ure. O, om weer daardie energie te hê!
Hierdie is die grootste Pinkster kerk in Maui Hawaii. Ek was soontoe uitgenooi
om te bedien as ‘n Profeet. John en Meliana bly in Maui Hawaii. Ek het ‘n
vriendin Julie gehad wie Amightywind Bediening aanlyn gevind het. Julie het die
profesieë gedeel met ‘n Pastoor van ‘n Sondag Kerk, en hy het my gebel en my
uitgenooi. Die HEILIGE GEES het my gehad op ‘n Ester Vas met my aankoms. Ek was
op die Lughawe gegroet deur ‘n Groot groep mense en het Profeet John en Meliana
ontmoet.
Ek vra enigeen wie hierdie getroude paartjie in Maui Hawaii ken om my asseblief
te kontak. Ons het beste vriende geword. Profeet John en Meliana sal nie my
Hebreeuse naam Elisheva of Engelse geboorte naam Elisabeth herken nie. Ek het
die middel naam Sherrie gebruik met die begin van die aanlyn Bediening. Profeet
Sherrie Elijah. My hartsbegeerte is dat iemand van Maui Hawaii hierdie sal lees.
Ek weet hierdie moet in ‘n video wees. Hierdie is steeds die sterkste salwing in
my lewe.
Terug na waar ek was. Mense, soos ek vertel was, het oor my liggaam gestaan en
die salwing het veroorsaak dat hulle gevul was met die Heilige Gees en hulle het
geval onder die Krag van die Heilige Gees! Wonderwerke was besig om te gebeur!
Mense het die gawes van die Heilige Gees ontvang, en die salwing om vooruit te
gaan as Magtige Krygers vir YAHUSHUA!
O, wat ‘n ontsaglike dag was dit nie! Ek het ‘n visioen gehad terwyl YAHUSHUA my
hande in die lug gehou het en daar was ‘n STAF in my hande, en dit toe die STAF
gebruik was het ek satan sien tuimel van sy ou troon in die Hel! Asof ‘n
aardbewing die Hel geskud het! YAHUSHUA het vir die duiwel gelag en hy het
homself vinnig opgelig en weer gaan sit op sy aaklige ou troon. Maar vir ‘n kort
oomblik was die duiwel af geslaan! [Lees oor die “Locker” 827 droom waarin van
hierdie STAF gepraat word soos hier].
Een vrou het die mense vertel dat sy vier engele gesien wagstaan het rondom my!
Een aan elke kant van my!
Toe ek opgestaan het van die vloer af, het mense gesê, "Kyk na haar gesig!" Ek
het gedink sekerlik moet dit my grimering wees, miskien was dit gesmeer of iets
erger, maar in plaas daarvan het hulle almal gekom en aan my gesig geraak! Hulle
was besig om vir YAHUSHUA te loof vir wat hulle gesien het, en vir die manier
hoe Hy hy besig was om te praat en vry te maak!
Die hitte op my gesig was anders as enigiets wat ek al gevoel het en die mense
was verbaas, want die salwing het ‘n gloed op my gelaat anders as enigiets wat
hulle al gesien het. Ek het net aanhou bedien aan die mense onder die Krag van
die Heilige Gees. Een vir een was hulle bedien totdat ek te swak was om te staan.
Die salwing dreineer jou! Jou vlees kan net nie daardie soort Vuur van die
Heilige Gees hanteer vir lank nie!
Die laaste een was ‘n man genaamd Frank. Ek het hom nie geken nie. Ek het
niemand daar geken behalwe die een wat my gebring het na hierdie feesviering.
Want julle sien, hierdie mense het gevas en gebid vir my om na Hawaii te kom
alhoewel ek dit nie geweet het nie. Hierdie was die eerste keer wat ek in Maui,
Hawaii was.
Dit is wat die Heilige Gees my laat doen het toe ek ingeloop het, om almal te
Seën wat my Geseën het in YAHUSHUA ha MASHIACH se naam (hy het die naam gebruik
wat hy geken het, Jesus Christus)! Dit is hoe al hierdie begin het. Ek verwonder
my steeds vir die goedheid van YAHUSHUA.
Toe het hierdie man genaamd Frank my genader en gesê hy was ‘n Boeddhis en ‘n
leier in die Boeddhiste Kerk wat mense lei na Boeddha. Hy het gesê hy wou 'Jeusus'
[YAHUSHUA] ontmoet, want SY vrou het hom soontoe gebring om my te ontmoet. Ek is
niemand nie en kan steeds niks hiervan verstaan nie. In elk geval, hy het gesê
hy het alles gesien wat hier gebeur het en gesê hy wou 'Jesus' [YAHUSHUA]
aanvaar as HEER en Redder! Die mense was besig om te skree van Vreugde! Want hy
het gesê hy het geweet, "Boeddha kon nie doen wat Jesus [YAHUSHUA] daardie dag
gedoen het nie!" HY het hierdie presiese woorde gesê!
Toe het ek die grootste voorreg van my lewe gehad om hierdie Man na YAHUSHUA te
lei in gebed! Is daar enige groter vreugde as om ‘n siel te lei na YAHUSHUA toe?
Deur hom die weg van Redding te wys, en Frank het satan bestraf, en Boeddha! Wat
‘n dag van verblyding was dit nie! Toe ek gebid het en skaars aan hom geraak
het, het die Krag van die Heilige Gees oor hom gekom, en hom grond toe geslaan.
JA, daar is ‘n werklike beweging van die Heilige Gees wat dit doen! Net omdat
daar ‘n vervalsing is wat die duiwel gebruik het om die Heilige Gees te spot,
moenie dink dat daar nie ‘n regte aanraking van YAHUSHUA is nie! Jy kan nie
staan in die teenwoordigheid van Almagtige God nie! En wanneer hy jou aanraak,
moet die vlees val! Weereens, moenie net aanneem wanneer jy hierdie sien dat dit
alles Goddelik is nie.
In BAIE kerke, veral daardie met die laggende herlewing, is dit GEVAARLIK! Laat
GEEN man skielik hande op jou lê nie, verklaar die woord van YAHUVEH!
Terug na waar ek besig was om te praat :). Broer, Suster, Hoor my, hierdie man
was net ‘n gewone tipe huislike man, maar soos ek gebid het, die salwing wat my
gesig verander het, het SYNE verander en hy het onder die krag van die Heilige
Gees geval en profesie het voort gekom, wat sê dat hy BAIE ander sou lei na
YAHUSHUA UIT die Boeddhiste tempels! En toe hy opgestaan het van die vloer af,
was die mense en ek verbaas omdat SY GESIG verander het na ‘n UITSTRALING en hy
was nie meer huislik nie, maar AANTREKLIK! O, geliefde YAHUSHUA, wees met Frank
en sy vrou terwyl ek hierdie skryf! Salf HOM weereens vir U Glorie! Beskerm U
Kind!
Ek weet dit klink ongelooflik. En BAIE meer het gebeur, selfs die STAF wat in my
hande geplaas was in die Geestes realm. Ek voel nie vry om op die oomblik meer
hieroor in te gaan nie, maar vir jare het die HERE my baie geleer oor ‘n STAF
wat HY aan my gegee het in die geestes realm. Ek was selfs skool toe in my drome,
vlakke 1-12, leer om dit te GEBRUIK. Hierdie Staf was aan my gegee in die
Geestes realm in 1997! En 27 Augustus 1998 is die herdenking van daardie dag! Ek
het geweet ek moes versigtig wees tot wie ek hierdie spreek, want daar was
gevaar om dit vir die verkeerde persoon te vertel. Dit is wat ek vroeër gedink
het, maar NOU is dit aan my bevestig deur menigte van profete en ek vrees nie
langer die wolwe wie YAHUSHUA se Skape en Lammers, SY kosbare Bruid, SY kosbare
Kinders en Vegters, verslind het nie!
Pasop wolwe, die STAF, wat ek erken is ‘n geestelike wapen, gaan julle wegslaan
van YAHUSHUA se Skape af! Julle maskers sal afgeruk word, want julle gee voor om
‘n skaap te wees maar tog is julle verskeurende WOLWE wat daarop uit is om
YAHUSHUA se kudde te verslind, te vermink, DOOD TE MAAK, en te laat dwaal! Ek
het die salwing om julle te ontbloot! En Wraak is myne sê YAHUVEH in SY Woord
wat nie kan lieg nie! HY sal jou terugbetaal want jy het probeer om SY kudde te
steel! En toe jy dit nie kon regkry nie, bose wolwe in skaapsklere, sommige
vermom as pastore, apostels, profete, leraars, en evangeliste! PASOP die STAF
van die Hemel sal JOU STOP! Ons het almal Geestelike wapens, bid en sien wat aan
jou gegee is. Want ons wapens is NIE vleeslik nie maar Geestelik! HY het my ook
‘n Magtige tweesnydende Swaard gegee!
Mense ten minste 75 mense het in ‘n ry gestaan dat ek vir hulle moes bid. Die
mense het gesê kyk na haar gesig dit gloei helder sy lyk pragtig! Ek het na die
badkamer gegaan, kon skaars staan, en in die spieël gekyk om te sien wat die
mense gesien het, Boers en Susters laat die Heilige Gees getuie wees wat ek sê,
ek het NIE my refleksie herken nie! My gesig was so GLOEIEND en my oë so HELDER
en ‘n verskillende kleur van my wit vel wat ek nie kan beskryf nie! Skoonheid is
NIE wat van buite is nie maar dis van binne! Die Heilige Gees het iets so sterk
gedoen dat dit in my gesig geskyn het. Was dit die Shikinah Glorie soos Moses
ervaar het? Ek weet nie, maar ek sal sê dis NIE vir MY glorie nie maar vir
YAHUSHUA s’n!
Want dit was NIE my refleksie wat teruggekyk het in die spieël nie maar OP EEN
OF ANDER MANIER het die HEILIGE GEES my gesig laat TRANSFORMEER! Enigeen aan wie
ek geraak het die res van die dag, en selfs toe ek Kerk toe gegaan het daardie
aand, het geval ONDER DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES! Net deur een vrou ‘n
drukkie te gee in die Kerk voor die podium voor die Kerk begin het, het ek gelei
gevoel om te sê "Wees jy gevul met die NUWE WYN!" en hierdie vreemdeling het in
duie gestort onder die Salwing, en daar bly lê vir ten minste 20 minute NADAT
die Kerk begin het! Die Pastoor was gevul met jaloesie want hy het geweet die
mense het gesien wat gebeur het. Hy was NIE gelukkig NIE want sy het daar gelê
terwyl hy Gepreek het!
Een persoon het gesê, "Sherrie. Pastoor is NIE gelukkig NIE. Jy moes dit nie
gedoen het nie!" Ek het gesê, "Maar ek het niks gedoen nie! Vertel dit vir GOD!
Hierdie is NIE my krag NIE maar die HEILIGE GEES se Krag!"
Leiers van die Kerk het my geneem van een persoon tot ‘n ander om aan die mense
te bedien! Die Pastoor het my geignoreer. Besig om te dink wat sy naam is, maar
kan dit nie op die oomblik onthou nie. Weereens dink ek dit is die naaste ding
aan Geluk wat ek ooit geken het. Om gebruik te word op so ‘n manier…om ‘n seën
te wees vir YAHUSHUA en SY mense! NIE wêreldse geluk of vreugde nie wat so
vlugtig en broos is, maar die VREUGDE van die HERE, om te weet dat ons gebruik
word op so ‘n manier wat NIEMAND kan ontken nie. YAHUSHUA HEERS EN REGEER,
GENEES EN MAAK VRY en stort SY salwing op maniere uit wat NIE gereeld gesien
word nie.
As enigiemand anders hierdie al ondervind het, epos ASSEBLIEF deur ons kontak
vorm! Ons sal dit plaas as die Heilige Gees dit in ons gees bevestig.
Die volgende dag, terwyl ‘n bedienaar en sy vrou na my hotel gekom het, moes ons
weer gegaan en meer bedien het. Ek was besig om my grimering te doen en wel,
hier is die vreemdste ding van alles. My VLEES was asof dit besig was om af te
skilfer omdat dit GEBRAND was tog was daar GEEN PYN nie! Ek het getuies vir
hierdie as jy dit ooit op skrif wil sit, ek kon dit nie bedek met grimering waar
dit gebeur het nie! Die Salwing het my VEL GEBRAND!
NIE soos ‘n sonbrand nie, NEE verskillend! GEEN PYN! En dit het aangehou vir
drie dae! Ek was so dankbaar vir grimering weer na dit. :) Die salwing het my
Vlees gebrand waar die twee profete my gesig aangeraak het terwyl hulle gebid
het! Vreemd soos dit klink en YAHUSHUA sal dit bevestig soos jy dit lees.
Wel, nou dink jy ek is of kranksinnig, of die Heilige Gees het aan jou getuie
gegee dat Hy waarlik ‘n STERK salwing op my geplaas het daardie dag. Nooit het
dit weer gebeur nie. Maar hierdie is net ‘n klein voorbeeld van die wonderwerke
wat nog kom soos gestaaf in Joel 2 In die eind tye sal EK my gees uitstort! LEES
dit!
Dit is NIE oor wie ons is nie! Slegs dat ons gewillige erdekruike is om gebruik
te word deur YAHUSHUA en YAHUVEH en die RUACH HA KODESH vir hulle Lof, Eer en
Glorie, deur te bewys ONS Almagtige God is steeds dieselfde gister, vandag en
vir ewig!
Ek weet dit is geprofeteer dat een dag sal selfs my skaduwee, en ander wat
bedien deur die Heilige Gees vir die Lof, Eer, en Glorie van YAHUSHUA Messias
gesalf wees, soos YAHUVEH gedoen het met Paulus en die mense was genees! Ek ly
NIE aan grootheidswaan nie. Hierdie het waarlik gebeur en MEER terwyl YAHUSHUA
my Getuie is en asseblief, Heilige Gees bevestig in SY Gees dit wat ek gespreek
het is die WAARHEID vir die GLORIE van YAHUSHUA!
Ek sien uit om weer in Hawaii te gaan bedien want daar is baie getroue, gesalfde
Soldate vir YAHUSHUA! As enig een van julle hierdie lees, ek het nog nooit so ‘n
seën of salwing geken soos in daardie kort tydjie in Hawaii nie. Wanneer ek
teruggaan soos YAHUSHUA georden het, Hy het gesê ek sal teruggaan met ‘n groter
salwing en getuienis! Weereens, NIE vir wie ek is nie maar vir wie YAHUSHUA is!
Volgende keer soos YAHUSHUA opdrag gegee het sal daar ‘n magtige tent herlewing
wees vir die eilande! Aloha Geliefde in Hawaii!
Wel, ek het nooit gedroom dat ek vir enigiemand hierdie sou vertel nie, maar
wanneer ek ookal sê ek sou nie is dit wanneer die Heilige Gees sê, "Spreek dit
NOU!"
Ek glo eendag, wanneer die finansies daar is, sal ek terugkeer na Hawaii. Ek het
BAIE vegters agtergelaat wat opgerig was daardie dag vir YAHUSHUA. My vriende,
op baie maniere voel ek dat ek my Hart agtergelaat het in Maui!
AS enigiemand vir Helen ken, ek ken net voorname, of Meleona, epos my asseblief.
O hoe innig lief het ek my Broers en Susters! Stem asseblief saam dat ek
binnekort sal terugkeer om weereens daar te bedien. Ek weet ek moes gaan, wat ek
gedink het my huis op aarde sou wees, want as ek dit NIE gedoen het NIE sou ek
nie gebruik kon word om te doen wat ek nou doen op hierdie rekenaar nie, en
almal van julle ontmoet nie.
Alles hierdie het ek gespreek soos ek dit onthou het. Baie meer het plaasgevind,
baie wonderwerke maar dit is vir ‘n ander tyd soos die Heilige Gees toelaat.
27 Augustus 1998 is die derde jaar herdenking van daardie geseënde dag! Ek
verwelkom julle kommentaar of verduidelikings tot dit wat ek self nie verstaan
nie. AS jy ‘n profesie of boodskap vir my het epos my asseblief deur die kontak
vorm.
Baie liefde in YAHUSHUA ha MASHIACH,
Apostel Elisheva Eliyahu