Gaan terug


Wees gewaarsku! Antichris / buiteruimse wesens / Valse profeet hipnotiseer mense deur middel van die TV





Terwyl Elisabeth in 'n vreemde vrou se huis is, sien sy dat hulle TV kyk.
Dit is 'n draagbare TV, wat beteken dat dit nie teen die muur gemonteer was nie.
Hierdie vrou het na die TV gestaar en aan die persoon se lippe gehang wat besig was om te praat, soveel so dat sy nie eens besef het dat Elisabeth in die kamer was nie.

Elisabeth het selfs haar hand voor die vrou se gesig gewuif met geen reaksie nie. Sy besef toe die vrou is gehipnotiseer. Selfs wanneer Elisabeth op haar skreeu, reageer sy steeds nie. Elisabeth het selfs probeer om die TV af te sit maar sonder sukses. Sy vat toe 'n hammer en slaan die skerm stukkend. Dit is toe dat die vrou reageer deur haar kop te skud soos wat sy uit die hipnose kom. Sy het nie geweet waar sy is nie. Sy kyk toe na Elisabeth met 'n kyk wat sê, "wat het nou gebeur?" Net toe Elisabeth begin bly raak dat die vrou vry is van die TV se houvas op haar, hoor sy kraak geluide. Sy sien toe hoedat die TV homself herstel en weer aangaan. Die vrou se kop draai toe terug na die TV, klaar weer vasgevang soos voorheen.



Hierdie droom herinner Elisabeth aan 'n droom wat sy gekry het in die 90`s. Maar dit was ook nie die eerste keer dat sy die spesifieke droom gehad het nie. Vir veiligheids redes gaan sy nie in diepte die droom bespreek nie, maar in die toekoms gaan dit wet wees 24 ure 'n dag. In die droom het hulle 'n valse boodskap gebeeldsend en niemand mag hulle TV's afsit nie, anders word diegene wat die TV afsit gearresteer.

Elisabeth sien hoedat iemand iets doen om die valse boodskap te onderbreek met die ware boodskap van YAHUSHUA HA MASHIACH. Hierdeur word die valse leerstellings geweerlê wat eers gewys het en na Die drie minute wat die ware boodskap gebeeldsend was, was die mense vrygemaak van die hipnose waarin hulle verkeer het, wat veroorsaak het dat hulle die leuens glo. Spoedig daag daar toe, twee mans in swart pakke, by die huis van waar die sein geonderbreek word, op. Hulle beskuldig toe die persoon van die huis dat dit hy is wat dit doen want hulle toestelle gee indikasie dat die nuwe sein van die spesifieke huis af kom. Maar toe hulle die persoon herken wat daar bly, skud hulle net die kop en sê," Nee, ons moet verkeerd wees. Dit kan nie van hier af kom nie." Daar het nog meer dinge in die droom gebeur, maar dit kan nie nou vertel word nie. Maar leser wees gewaarsku. Met een van die profetiese boodskappe wat geplaas was gee YAHUVEH 'n waarskuwing dat die wêreld 'n buiteruimse wese op TV sal sien in 'n onderhoud wat gebeeldsend word wêreldwyd. Wees versigtig na wie jy kyk op die TV. Want die dag van die antichris is vinnig oppad, en hy is die seun van satan.

Elisabeth het so pas Oprah Winfrey op TV gesien, Desember 8 2007, dit was 'n promosie vir Barak Obama in Iowa waar 18 000 mense opgedaag het. En hulle het almal gesê hulle gaan Obama ondersteun as gevolg van wat Oprah Winfrey gesê het. Terwyl mens luister na haar sou jy dink dat dit sy is wat staan vir presidentskap. Wees versigtig vir die valse profetes met 'n tong vol veraad. Sy het selfs 'n boek geskryf genaamd," Die Boodskap van Oprah"(The gospel of Oprah). In haar boek sê sy, Daar is baie paaie wat lei na die Hemel. Sy wyer om te glo dat Jesus Christus/ YAHUSHUA die enigste weg na die Hemel is. Sy glo nie daar bestaan iets soos sondes of hel nie. Leser, wees gewaarsku. Tydens een van die onlangse profesieë Het YAHUVEH gesê dat sy baie siele na die antichris toe sal lei, die seun van verderf. Is sy dalk die oorspronklike valse profeet wat na die wêreld gestuur is deur satan om die almal te mislei?