Elisabeth het vandag hierdie droom gehad en sy vra dat julle sal bid vir die
onderskeiding daarvan. Sy het dit op band opgeneem. Hier is 'n afskrif van die
droom, net soos sy dit gespreek het. Elisabeth se droom i.v.m. Marlo Thomas. Ok
dit is die 25ste April 2008. Yippee, ek gebruik Niko se nuwe moderne,
elektroniese bandopnemer, maar ek en batterye is nie sulke goeie maats nie. Die
ander mense in ons huis kan daarvan getuig. Op die een of ander manier "zap" die
anointing die batterye se krag sommer gou gou. Maar kom ons probeer en kyk.
Dit is wat gebeur het. Op die 25ste April, na 7 ure se slaap, nadat ek 4 uur die
oggend eers gaan slaap het en 11 uur wakker geword, het ek hierdie droom gehad.
Dit is interessant wanneer movie sterre in ons drome geplaas word. Ek kon nie
onthou hoekom nie, maar Marlo Thomas en Phil Donahue was in my droom. Ek was in
Marlo Thomas se huis en sy het 'n seun en 'n dogter gehad. Haar dogter lyk net
soos sy. Haar seun was, o gonna, ek dink hy was maar 8 of 10 jaar oud.
Marlo Thomas se huis was vol eksotiese diere gewees. In haar kombuis was daar
rare eksotiese vis. Daar was akwariums. Daar was allerhande gevaarlike soorte
vis. Ek het na hulle gekyk, dan het die visse tot by die glas gekom en terug
gekyk na my. Daar was ook eksotiese diere. Sy sê toe vir my, "Elke nou en dan
laat ek hierdie diere vry." Dan sal die diere wild rond hardloop in hierdie
groot huis.
Wanneer ek van eksoties praat, bedoel ek daar is diere soos tiere, leeus, ape,
ens.. Ek sê toe vir haar, "Is jy nie bang dat die diere jou waardevolle
besittings sal breek nie?" Dit was asof die diere in 'n optog was. Dan het hulle
ook mekaar rondgejaag. Sy sê toe, "Ag wat, daar is niks wat geld nie weer kan
koop nie." Die volgende oomblik bring haar 8 tot 10 jarige seun 'n kaart daar
aan en hy vra vir my, "Ek wil weet waar Texas is?" En ek sê, "Skat, ek het die
kaart van Texas nodig, dit is die kaart van Florida". Hy het net heeltyd
hartseer gelyk en aanhou vra, "Maar waar is Texas?" En ek sê, "Maar dit is
Florida, ek het 'n kaart van Texas nodig. Het jy nie 'n ensiklopedie nie? Het jy
nie 'n wêreldkaart of 'n kaart van die Verenigde State van Amerika nie? Dan sal
ek vir jou wys waar Texas is." Maar hy het aanhou afkyk na die kaart van Florida
en hy het daarop aangedring dat ek vir hom sal wys waar Texas was.
Dan volg die laaste gedeelte van die droom. Ek kon toe natuurlik nie vir die
seun wys waar Texas was nie, so hy het toe baie bedroef daar weggegaan. In die
laaste gedeelte van die droom is ek besig om iemand te bel. Dit is 'n man, maar
die oproep wil nie deurgaan nie. Ek hou aan en aan probeer en ek weet dat die
oproep wel moet deurgaan, maar dit wil nie. Ek glo ek was in Marlo Thomas se
huis toe ek daardie oproep wou maak. Daarna het ek wakker geword.
Ek wou toe sommer op die internet konnek, maar daar was geen konneksie nie. (My
kommentaar: Die internet server was seker af gewees). Ek weet nie of dit dalk
die oproep was wat ek in my droom moes maak nie, en dan die mense te waarsku nie.
My onderskeiding van die droom. Marlo Thomas is 'n Jood. Danny Thomas was 'n
volbloed Jood. Hulle klein seuntjie het daarop aangedring dat Texas in Florida
was. Is daar dalk 'n stad in Florida wat na 'n stad in Texas vernoem gaan word?
Ek weet nie of 'n mens dit werklik onderskeiding kan noem nie, en of dit maar
net ek is wat hierdie ding wil uit "puzzle" nie? Ek weet wel dat daar 'n groot
waarskuwing in hierdie droom is, omdat die seuntjie bedroef was. Toe ek die
seuntjie wat die rede was hoekom hy wou weet waar Texas is, het hy gesê, "Iets
baie sleg gaan daar gebeur." Maar hy het aanghou wys na die kaart in Florida.
Ek het op die 4de Mei wakker geword met die onderskeiding vir daardie droom.
Iets baie sleg gaan in New York, wat vir Marlo Thomas voorstel, gebeur. Dan gaan
daar ook iets baie sleg in Texas en Florida gebeur.