Junie 2006
My man, Gary het vandag na my toe gekom en gesę dat hy van die komende rooi
plaag gedroom het. YAHUVEH het vir hom gesê dat die plaag oppad is en dit sal
die mensdom binnekort tref! Gary het geen idee gehad dat die droom alreeds
geprofeteer was nie, so ek het alreeds bevestiging gehad dat dit van YAHUVEH
afkomstig is.
Hy het gedroom van die rooi mis wat uit die lug uit neerdaal en al die mense het
histeries gehardloop om te probeer wegkom, maar daar was niks wat hulle kon doen
nie. Want sodra dit aan hulle raak is dit klaar te laat, dit sal hulle begin
siek maak en aan die einde van die proses sal dit hulle vlees wegvreet totdat
daar niks meer oor is nie. Gary het gesę, ons het na al hierdie gebeure gestaan
en kyk, maar toe hy sien dat die rooi mis na ons kant toe begin kom, het hy tot
YAHUSHUA geroep en dit het ons nie aangeraak nie.
YAHUVEH het hoorbaar vir ons in die droom gesę:…"Wees gewaarsku want die rooi
plaag is oppad en sal binnekort begin!" Baie waarskuwings is gegee maar niemand
wou luister nie. "Die mense sal sien dat ek, YAHUVEH, ook 'n God van wraak is"
Ek dink dat satan ons wou probeer stilmaak, sodat ons nie enigeen kon vertel van
YAHUVEH se waarskuwing nie! Ons troeteldiere (ferrets) het by ons in die huis
gespeel. Toe ons 'n geklop aan die deur hoor. Ons kon nie die deur oopmaak
alvorens ons nie seker gemaak het dat die troeteldiere onder beheer is nie, en
nie kan uitglip as ons die voordeur oopmaak nie.
Toe ons uiteindelik die voordeur kon oopmaak, vind ons, ons stoep se gemakstoel
aan die brand! Ons sou nooit geweet het as YAHUVEH en YAHUSHUA ons nie beskerm
het nie!!! Ons huis het gelukkig geen skade opgedoen nie!
PRYS YAHUVEH EN YAHUSHUA HA MASHIACH!!!!
Joy