Hierdie waarskuwing is deur 'n droom aan my gegee. Die HEILIGE GEES het in
daardie droom met my gepraat en vir my gesê om almal te waarsku wie die waarheid
ontvang het oor wie MAMMA WYSHEID werklik is.
Ons moet in verskeie Profetiese Woorde die persoon van die RUACH ha KODESH, die
HEILIGE GEES voorstel as YAHUVEH se MEDE-SKEPPER, SY SHKHINYAH GLORY ook MOEDER
WYSHEID. YAHUVEH se VROU is MOEDER WYSHEID en YAHUSHUA se HEMELSE MOEDER. Die
Bybel sê die HEILIGE GEES het die maagd Maria oorskadu. Dit was die HEILIGE GEES
se hand wat YAHUSHUA in Maria se moederskoot gesit het. Nogtans begeer sy op
geen manier om ons weg te lei van ons eerste liefde, ons VERLOSSER, YAHUSHUA ha
MASHIACH nie, want dit is slegs deur SY gestorte Bloed op Golgota wat ons
YAHUVEH God, ons SKEPPER kan nader en tot HOM kan bid en kennis oor die RUACH ha
KODESH kan hê. Dit is asgevolg van die prys wat YAHUSHUA ons MASHIACH met die
kruisiging, dood en opstanding betaal het, dat YAHUSHUA ha MASHIACH ons die
belofte gegee het dat HY die trooster sou stuur, en HY het.
HY het vir SY Dissipels gesê om in die bovertrek te wag en dit was die eerste
keer dat die HEILIGE GEES haarself gemanifesteer het in die spreek van Heilige
Tale, vuurvlamme op die dissipels se hoofde en profesie wat voortgekom het. Die
HEILIGE GEES woon in alle gelowiges wie YAHUSHUA as MESSIAS aangeneem het en
Heilig voor YAHUSHUA lewe. Jy laster of maak nie die HEILIGE GEES kwaad nie want
daar is geen vergifnis as die HEILIGE GEES beledig word nie. Terwyl ek in 2008
in Heilige Tale gebid het, was ek onder 'n hewige salwing en die Woorde IMMAYAH
het herhaaldelik voorgekom. Die interpretasie het na vore gekom dat IMMAYAH die
HEILIGE GEES is. Sy het dit nie geweet nie maar in Hebreeus beteken IMMA MOEDER.
So dit is verdere bevestiging dat die HEILIGE GEES is MOEDER SKEPPER, MOEDER
God. Al drie dele van die HEILIGE DRIE-EENHEID moet aanbid, bemin, vereer en
gehoorsaam word. VADER, SEUN en HEILIGE GEES.
Begin om elke gedeelte van die HEILIGE DRIE-EENHEID te ken maar onthou altyd
geen gebed word beantwoord sonder die Naam en Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH,
die eniggebore Seun van YAHUVEH nie. Daarom vermaan ons julle. Leer om julle
IMMAYAH, die RUACH ha KODESH die afgesonderde HEILIGE GEES lief te hê maar moet
HAAR nie verhef na 'n posisie wat bo YAHUSHUA is nie. SY begeer om ons op 'n
meer intieme manier as ooit na YAHUSHUA toe te trek. Dit is die Kosbare RUACH ha
KODESH wat ons dwing om na YAHUSHUA toe te kom en ons in SY liefdevolle arms te
trek. Dit is die RUACH ha KODESH wat ons gebede soos soene na die troon van
YAHUVEH blaas wanneer dit in die naam van YAHUSHUA ons MASHIACH gevra word.
Die Heilige Geskrifte sê as YAHUSHUA opgelig word sal EK alle mense nader trek.
Ons glo dit is die Kosbare RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES wat dit
spreek. So onthou asseblief om julle fokus op YAHUSHUA te hou want dit is die
Wysheid van MOEDER WYSHEID. Die Bybel sê duidelik dat Wysheid 'n 'Sy' genoem
word en vir hulle wat nie saamstem dat die HEILIGE GEES vroulik kan wees nie, sê
julle dat die HEILIGE GEES nie volkome wysheid is nie? Dink voordat julle my as
'n vals profeet brandmerk. Die King James Bybel het 'n groot onreg gepleeg in
die vertalings om die HEILIGE GEES 'n 'hy' te noem. Wanneer julle die Hebreeuse
Geskrifte bestudeer, sal julle vind dat die Hebreërs hierdie feit alreeds geweet
het. Die antieke manuskripte het dit ook aangeteken. Dit is nou aan die einde
van die tyd tyd vir julle om die waarheid te ken maar onthou moenie laat dit
julle fokus wegneem van YAHUSHUA ha MASHIACH nie want HY is die enigste Naam wat
julle in die Hemel sal kry.
Profeet Elisabeth (Elisheva) Elijah
17 November 2008