Vir ten minste tien jaar het berigte toegeneem van Moslems wat hulle tot die
Christendom bekeer het deur drome.
'n Kaliforniese tydskrif het onlangs die resultate gepubliseer van 'n ondersoek
van meer as 600 gewese Moslems wat nou Jesus volg. “Al kom dit voor asof drome
'n klein rol speel in die bekering van Westerlinge, het meer as 'n kwart van
diegene waarmee onderhoude gevoer is [as gewese Moslems] empaties bevestig dat
drome en visioene 'n belangrike rol gespeel het in hulle bekering en het hulle
gehelp tydens moeilike tye,” het die ondersoek gesê.
Andere het die persentasie hoër bevind. Karel Sanders, 'n sendeling in Suid
Afrika, het berig dat onder Afrika Moslems "42% van die nuwe bekeerlinge kom na
Christus toe deur visioene, drome, engele verskynings en deur God se stem te
hoor." Volgens "Dawn’s Friday Fax", 'n webtuiste wat fokus op sending berigte,
verduidelik Arabies-sprekende moderators bonatuurlike ondervindings soos drome,
visioene en genesings deur gebed tot Jesus. “Hierdie is 'n warm onderwerp in ons
area. Mense van regoor die Midde Ooste bel ons, vertel hoe hulle genees was deur
gebed in Jesus se naam,” hulle haal een sendeling aan wat sê. “Moslem
luisteraars bel gereeld om ons te vertel oor drome en visioene van Jesus, wil
weet wat dit vir hulle beteken.”
Dieselfde word meegedeel in 'n meesleurende boek genaamd, “I Dared To Call Him
Father,” deur 'n wel-af gewese Moslem Pakistanse vrou met die naam Bilquis
Sheikh wie tot bekering gekom het as gevolg van 'n reeks ongewone gebeure -- dit
het begin met die teenwoordigheid van 'n boosheid, wat sy gevoel het verbind was
met die onlangse doodmaak van 'n vervolgde Christen.
“Die vreemde prikkel gevoel het binne my gegroei terwyl ek stadig op die gruis
paadjie van my tuin geloop het," het sy geskryf in 'n boek wat pas her-vrygestel
was. "Ek het gestop en rondgekyk. Terwyl ek oorgeleun het om die lang groen
stingels te gryp, het iets verby my kop geskuur. Ek het skokkend regop gekom.
Wat was dit? 'n Mistige wolk -- 'n koue, klam onheilige teenwoordigheid -- het
verby gesweef. Natuurlik was daar niks daar buite nie. Was daar? Asof in
antwoord, het ek 'n ferm, baie werklike en onheilspellende tik gevoel op my
regterhand.”
Hierdie ondervinding het gelei tot 'n reeks drome wat -- soos baie waarvan ons
nou hoor -- teweeg gebring het dat hierdie Moslem vrou tot bekering gekom het.
Kom sulke drome nou meer gereeld voor -- met die wêreld situasie soos dit is? Of
het hulle nog altyd plaasgevind?
Ons weet dat drome baie belangrik kan wees. Ons dink aan Abraham. Ons dink aan
Josef, die vader van Jesus.
Maar hulle is ook deurslaggewend in ons eie tyd en in die geval van Sheikh, wie
se man 'n generaal was en Pakistan se Minister van binnelandse sake, het hulle
'n belangrike deel gevorm van haar omkering -- indien nie die belangrike rol nie.
Soos sy verduidelik het in hierdie goed geskrewe boek (wat alreeds in 1978
gepubliseer was), is sy grootgemaak in 'n Moslem geloof wat geglo het dat
alhoewel Jesus gebore was uit 'n Maagd, was Hy nie God se Seun nie. Tog het
Sheikh gevoel dat sy die Christen Bybel wil ondersoek -- en dit is toe dit alles
begin het.
In een van haar drome sê Sheikh, “Ek het myself bevind waar ek middagete geniet
saam met 'n man wie ek geweet het Jesus is. Hy het gekom om my in my huis te
besoek en het gebly vir twee dae. Hy het oorkant die tafel van my gesit en in
vrede en blydskap het ons saam geëet.
“Skielik het die droom verander. Nou was ek op 'n bergtop saam met 'n ander man.
Hy was geklee in 'n kleed en met sandale aan sy voete. Hoe kon dit wees dat ek
geheimsinnig ook sy naam geken het? Johannes die Doper. Wat 'n vreemde naam. Ek
het myself bevind dat ek hierdie Johannes die Doper vertel van my onlangse
besoeke met Jesus.”
Dit was die droom -- en dit was ongewoon -- het veroorsaak dat sy almal begin
vra het wie dalk mag weet -- want tot op daardie punt, het Sheikh nog nie
afgekom op die naam van Johannes die Doper met die lees van die Bybel nie.
Sy het 'n Christen geword. So het duisende ander. Die berigte het dorpenaars
ingesluit in plekke soos Morokko. Ons het die eerste keer hiervan gehoor in die
vroeë 1990's.
“'n Volgeling van Jesus in Guinea vertel van 'n persoon in wit wat aan hom
verskyn het in 'n droom, wat na hom roep met uitgestrekte arms.” sê die
Kalifornia publikasie. "Hierdie soort droom waarin Christus verskyn as 'n figuur
in wit, is 'n gereelde patroon in sendingwerk onder Moslems.”
Die voorbeelde is veelvuldig. 'n Moslem van Malaysië het haar ontslape Christen
ouers in 'n droom gesien, feesvier in die Hemel. Jesus, in 'n wit kleed, het vir
haar gesę: “As jy na my toe wil kom, kom!” Sy het.
'n Ander bekeerling, hierdie een is ook van die Midde Ooste, het gesê dat hy in
sy bed gelê het met 'n erge hoofpyn. 'n Wit figuur met 'n wonderlike, vredevolle
gesig het verskyn, sy hande drie keer op sy kop gelê en die volgende oggend was
die onoplosbare hoofpyn weg.
'n Man van Wes Afrika het 'n godsdienstige Moslem in die hel gesien, en 'n arm
Christen wat nie eers aalmoese kon gee nie, in die Hemel. 'n Stem het
verduidelik dat die beslissende punt was nie die aalmoese nie, maar die geloof
in Jesus.
Intussen het 'n sendeling werkagtig onder die Tausugs, die Filippyne se grootste
Moslem groep, vermeld dat 'n aantal gelowige Moslems "Jesus gesien het" in hulle
drome wat gevolg het na die laaste Ramadan. (hierdie weer is volgens Dawn's
Fax). Een man het van Jesus gedroom wat 'n baie groot draak doodmaak tydens 'n
geveg en die volgende dag het hy weer dieselfde droom gehad -- wat hom
ontvanklik gemaak het vir die Evangelie.
'n Lid van die Yakan mense in Basilan Provinsie het gedroom dat die Profeet
Mohammed, Jesus nie in die oë kon kyk nie. Toe hy vir sy neef, 'n Christen,
vertel het van die droom, het sy neef vir hom gesê dat die droom beteken het dat
Jesus magtiger is as Mohammed.
Daar is stories van geestelike oorlogvoering. Daar is verhale uit Turkye. Daar
is stories van wonderbaarlike genesings. Daar is stories van Irak. 'n Span wat
behoort aan "Atlete in Aksie," 'n sending atleet beweging, het vermeld van hulle
kuier by die Sentrale Asiese Republieke van Turkmenistan en Kyrgyzstan dat “een
van die toere se interessante ondervindings was om te luister na 'n groot aantal
van mense wat vertel hoe hulle Christene geword het. Voorheen was hulle ateïste
of Moslems. Sommiges het ons meegedeel hoedat God met hulle gepraat het in hulle
drome. Ander het ons vertel hoe hulle hoofpyne gehad het vir dae nadat hulle van
Christus gehoor het. Sodra hulle besluit het om Christene te word, was die
hoofpyn weg. Een vrou het ons vertel dat op die aand wat sy gehoor het van
Jesus, niks gebeur het nie totdat sy gaan slaap het. Terwyl sy geslaap het, het
sy 'n aaklige droom gehad, waarin 'n sataniese figuur vir haar gesę het. 'Jy sal
nooit ontsnap van my nie.' Maar nou het sy ook 'n Christen geword."
Daar is talle berigte dat baie van die Berbers wat woon in die Algeriese Atlas
Berge na Christus kom deur soortgelyke drome en visioene, waarna hulle meestal
ondergrondse sel-kerke begin. Ahmed Ait Ben Youcef, 'n inheemse Berber wat nou
buitelands bly, het gesę, hy het Christus gevind op 'n tipiese manier vir vorige
Islamitiese Berbers: "Ons Berbers het altyd in God geglo, maar baie soek hulle
eie weg onder die druk van die Islamitiese Arabiere. Ons jongmense het gesmag na
die regte weg vir ons lewens en het gebid tot God vir leiding. Een van my
vriende het gesterf in 'n motor ongeluk. Die volgende aand het ek gedroom dat hy,
'n ander vriend en ek gery het na 'n helder verligte stad wat omring is deur 'n
wit muur. My vriend het ons vertel dat hy nou daar bly."
'n Egiptiese Moslem het die Evangelies gelees volgens nog 'n ander berig en het
net gekom tot by Lukas 3 toe 'n sterk wind deur die kamer gewaai het en 'n stem
gesê het. “Ek is Jesus Christus wie jy haat. Ek is die Here waarna jy op soek
is." Hy het daardie dag besluit om Jesus te volg.
So wydversprei is sulke berigte dat volledige webtuistes nou aan sulke
staaltjies gewy word -- dikwels versigtig om anoniem te bly. 'n Goed-ingeligte
bron, wie vir ooglopende redes onbekend bly, berig dat 'n gewese Islamitiese
"Imam" of geestelike leier 3,000 Moslems gelei het na Jesus toe, wat gekom het
tot sy geloof in Christus deur verskynings en drome waarin 'n wit Man hom vertel
het om die Bybel te bestudeer. Sy metode is eenvoudig: in gesprek, vra hy ander
"Het jy onlangs 'n wit man gesien in jou drome?” As hulle nie het nie, sê hy vir
hulle "ek het net gewonder. Dankie.” As hulle positief antwoord, gaan hy voort
deur te vra of hulle geïnteresseerd is om te leer wie hierdie wit man is. En wie
is nie geïnteresseerd in die identiteit van 'n geheimsinnige persoon wie in
hulle drome verskyn? Die gewese Imam wys hulle dan verskeie Bybel gedeeltes
waarin daar genoem word van 'n man in wit geklee, verduidelik dan, "Dit is
Jesus. Hy wil met jou praat, omdat Hy wil hê jy moet Hom volg."
Baie Moslems is alreeds voorberei vir daardie stap deur hulle bonatuurlike
ontmoetings, en aanvaar die uitnodiging. 'n Ruk gelede het Bill Bright,
direkteur van die sending agentskap, “Campus Crusade for Christ”, geskryf dat "ons
ondervind 'n wonderbaarlike verskynsel. Moslems in besonder kry drome en
visioene wat die werklikheid bevestig van Christus. Na een radio program waarin
hy berig het dat Jesus verskyn het aan baie Moslems in 'n droom en vir hulle
gesê het "Ek is die weg,' het die radio stasie duisende briewe ontvang van
Moslems in Noord Afrika en die Midde Ooste, waarin die luisteraars gesê het dat
hulle skielik vroeëre drome verstaan het. Hulle wou dan meer informasie hê oor
Jesus."