'n Droom wat Elisabeth op 12 November 2007 gehad het.
Ek het die droom gekry tydens die 11de dag van 'n vas, ek hoop dit sal die wat
heilig is aanmoedig. Voel vry om kopieë te maak en te deel met ander.
Elisabeth se gedagtes: Alhoewel ek die een in die droom is wat die onderwyser
(YAHUSHUA HA MASHIACH ) se witbroodjie (gunsteling) is, stel ek net al die
kinders van YAHUVEH voor wat YAHUSHUA volg en gehoorsaam is waar ookal ons gaan.
Ek was in 'n groot klaskamer besig om 'n toets te skryf. Almal was senuweeagtig,
ek ingesluit. Die onderwyser wou nie hê dat ek senuweeagtig moet wees nie. Hy sê
toe vir my ek kan van die tafel af opstaan en HOM volg waarookal HY gaan in die
klaskamer met my toets by my. So ek doen dit toe. Al die ander moes bly sit
terwyl hulle senuweeagtig is. Ek kon doen net wat ek wou en die onderwyser was
tevrede met my.
( Toe ek grootgeword het, het ek 'n vriendin gehad genaamd Shirley. In die regte
lewe was sy die onderwyser se witbroodjie en sy het A`s vir al haar vakke gekry.
Sy kon doen net wat sy wou. Baie jare later na ek tot bekering gekom het, het ek
weer vir Shirley ontmoet. Ek het probeer vriende maak. Haar aangetroude van was
toe Shirley Wright. Die problem was dat ons niks in gemeen gehad het nie want ek
was gered en Gees vervuld. Toe ek haar vertel dat ek die gawe van tale van die
Heilige Gees ontvang het was sy nie ingenome nie. Sy het gesê dat dit iets is
wat sy al lankal kon doen omdat sy van 'n ander planeet afkomstig is. Sy het my
probeer vertel van die ander planeet, maar ek het gedog sy is mal en wou nie
eers vir haar luister nie. Shirley was ook betrokke by die okkulte. Toe ek dit
uitvind wou ek niks meer met haar te doen hê nie. Shirley wright was verseker
verkeerd gewees.
Terug by die droom: Shirley het gesê,"Ek gaan nie hier op die stoel sit nie"..
Sy staan toe op en loop net waar sy wil. Sy het nie die onderwyser gevolg nie.
Sy het net gedoen wat sy wou. Maar toe die onderwyser haar sien skreeu hy "gaan
terug na jou sitplek toe". Sy sê , "maar ek wil doen wat Elisabeth doen". Hy sê
toe "sy hoef nie te sit om haar toets te skryf nie", Terwyl hy intimederend vir
haar kyk. Die ander kinders het ook vir haar gekyk en gesê," maar jy is nie soos
Elisabeth nie." Shirley was toe gedwing om te gaan sit. Ek het die onderwyser
net bly volg waar hy gaan. En daar was geen meer bekommernis in verband met die
toets nie.
Verduidelikking: Die toets is die groot verdrukking. Die stoele/tafels stel die
wêreld voor. Shirley is van die wêreld, besig om 'n ander meester te volg, sy
sal in die Groot Verdrukking vasgevang wees. Sy sal nie gespaar word as die uur
van beproewing kom nie. Ek, Elisabeth stel al die mense voor wat YAHUSHUA lief
het, volg, gehoorsaam is, en dien. Julle moet HOM dien en gehoorsaam wees aan
HOM is, en dit beteken om 'n Heilige lewe te lei. Dit geld vir almal wat
YAHUSHUA HA MASHIACH volg, die enigste ware Rabbi en groot leermeester. Daar is
geen senuweeagtigheid in verband met die toets van die Groot Verdrukking vir die
Bruid van YAHUSHUA, omdat SY bruid HOM sal volg waar ookal HY sal gaan, en ons
sal HOM na die Hemel toe volg. Ons sal uit die sitplek wat die wêreld voorstel,
geroep word en hierdie droom was vir my gegee om die heiliges aan te moedig. Die
wat mismoedig geword het toe ander mense soos Shelby Corbitt, Choo Thomas,
Kenneth Copeland en vele ander, datums gee vir die wegraping, net om uit te vind
dat dit nie plaasvind nie. Satan wil hê dat ons moet moed verloor en nie meer
YAHUSHUA se koms verwag nie, en dit is hoekom die skrif vir ons sê, hoe min sal
geloof oorhê. Ons word in die Skrif gewaarsku om op ons hoede te wees asook om
geduldig te wees.
YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid en die Gaste. Almal wie by die Bruilofsmaal van
die Lam sal wees. Onthou julle die hoorbare boodskap wat ek baie jare gelede
vanaf YAHUVEH ontvang het? Julle kan dit op die web tuiste kry. Dit word genoem,
"Eers die een wegraping (eerste vrugte wegraping van die 144 000, in Openbaring
14) en dan 'n ander wegraping vir diegene wat ek liefhet (Openbaring 7 bruid
word weggeraap saam met die twee getuies wanneer hulle uit die dood uit opstaan
in die middel van die Verdrukking saam met die martelare wat dood is tydens die
Verdrukking. (die wat dood is in YAHUSHUA sal eerste opstaan) saam met die wat
lewendig is en heilig is. Hulle sal opgeneem word en YAHUSHUA HA MASHIACH in die
lug ontmoet). Moet asseblief nie mismoedig word en moed verloor nie. YAHUSHUA
sal weer kom maar dit sal nie volgens 'n man of vrou se tydsberekeninge wees nie,
net YAHUVEH se tyding.. Daar sal 'n geroep wees wat sê," berei julleself voor
want die Bruidegom is oppad! Die versteekte boodskap is in die gelykenis van die
tien maagde.
[ Openbaring 3:10 -13 " Omdat jy MY Gebooie onderhou en bewaar het, sal Ek jou
ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners
van die aarde op die proef te stel. Kyk ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat
niemand jou oorwinnaars kroon kan wegneem nie. EK sal elkeen wie bewys dat hy 'n
oorwinaar is, 'n pilaar in die tempel van MY YAH(GOD) maak, en dit sal vir altyd
daar bly. Openbaring 3:12 "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my
God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van
my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat
uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam."
Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê." ( Lees
asseblief die hele Openbaring 3: 7-13,) Shirley het die gees van Isebel
"Jezebel" en sy het magiese kragte, maar sy is nie 'n profetes nie. ( Lukas 21:
36 sê: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al
hierdie dinge wat kom, te ontvang en voor die seun van YAH\GOD.")