AmightyWind’s mini Haggadah

Met al 15 stappe van die Pasga Seder
PASGA VEREENVOUDIG






met al 15 stappe van die seder

Haggadah beteken vertelling (van die Pasga verhaal). Dit is die langer weergawe van “Pasga Vereenvoudig” ook hier gevind, gevolg deur die kommentaar oor die 4 bekers wyn en beker van Elia; maak ‘n afskrif hiervan vir jou Seder. Saam met jou Bybel kan hierdie gebruik word in die plek van ‘n Haggadah. Vir die vereenvoudigde Seder en minimum Bybelse benodighede vir ‘n Seder, sien hieronder “Pasga Vereenvoudig”

INLEIDING

Seder word uitgespreek as “say-der” (Ashkenazi) of “seh-der” (Modern) en dit beteken “volgorde”, in hierdie geval, van die Pasga Seder – ‘n feestelike maaltyd wat nie alleenlik die Eksodus uit Egipte herdenk nie maar ook die Verlossings Werk van Die Messias, YAHUSHUA, SY dood, begrafnis en opstanding. Meeste van die elemente van die moderne seder is gebaseer op die bevele van die Bybel in verband met die Pasga maar die orde van die Seder, soos ons dit vandag ken, was nie daar gestel nie tot nadat YAHUSHUA op die aarde was. Die stappe hiervan is aangepas vanuit die Moderne Joodse liturgie maar met die byvoeging van erkenning en klem op YAHUSHUA as die LAM van GOD.

Hierdie Mini Haggadah is slegs bedoel as ‘n riglyn- om ligweg gevolg te word of om onnodige stappe oor te slaan. Dit is nie altyd moontlik om alles wat hier genoem word te volg nie, alhoewel dit reeds net die hooftrekke is van ‘n meer volledige Haggadah. Ons het deurgaans notas ingesluit om aan te dui watter stappe of gedeelte daarvan geheel-en-al opsioneel is. Ons beveel aan dat jy stappe of gedeeltes van stappe oorslaan soos jy dit nodig ag. GOD oordeel die voorneme van die hart nie die ingewikkeldheid van ons Pasga Seder nie. Die seder is bedoel om aktief en tot nagedagtenis gedoen te word en nie vervelend te wees nie.

Volgens gewoonte word Feestelike kerse aangesteek voor die Seder op dieselfde manier as Sabbat Kerse. In Moderne Judaïsme bevat ‘n amptelike Seder hierdie 15 stappe gegee in ‘n Hebreeuse rympie wat gereeld gesing word om die Seder te begin: “Kadesh, Urchatz, Karpas, Yachatz, Maggid, Rachatz, Motzi, Matzah, Maror, Korech, Shulchan Orech, Tzafun, Barech, Hallel, Nirtzah”. Die letterlike vertaling is “ Reinig en Was , Groenigheid, Breek, Sê/Vertel, Was, Bring Voort, Matzah, Bitter Kruie, Toebroodjie/Rolletjie, Voorbereide Tafel, Verborge, Seën, Lofprysing, Aanneming.”

Regdeur die Seder word vier tipe Verlossings verteenwoordig deur die “Vier Bekers” wyn wat regdeur hierdie skrywe beklemtoon word in rooi. Daarom het ons Heilige Nagmaal ingesluit in hierdie “Haggadah”. Die “Here se Maaltyd” as deel van ‘n Pasga Seder was ‘n nagmaal. Sien die verduideliking oor die vier bekers later in die leesstuk. Hierdie is nie om te drink tot dronkenskap nie. GOD waarsku ten sterkste daarteen! Na die Seder is dit gebruiklik om die Uittog [Eksodus] te bespreek, Pasga gebruike of Skrif te bestudeer/voor te lees, soos bv. spesifiek die Boek van Hooglied van Salomo. Die handewas idee is ook gesien in die Laaste Aandmaal maar uitgebeeld in díé dat YAHUSHUA voete van ander gewas het in plaas van hande. Miskien wil jy dalk voete was as deel van jou Paas Feesvieringe. Voor of na die Seder is heeltemal reg.

VOORBEREIDING

Deel 1: Verwyder Suurdeeg..

...uit die huis, woonstel of kamer indien jy by ouers woon of ander mense wat nie Pasga vier nie. Dit beteken dat jy enige gesuurde brood, beskuitjies, kraakbeskuitjies of enige iets wat rysmiddel bevat soos suurdeeg, koeksoda of bakpoeier moet verwyder. Suurdeeg simboliseer sonde en verval (1 Kor. 5:6-8)

Deel II: Wat jy sal benodig.

Reeds dae voor Pasga, moet jy seker maak dat jy al die items het wat jy sal benodig. In die middag voor die Pasga begin, moet die tafel gedek word met hierdie items, en die tafel moet ook in gereedheid gebring word vir aandete.


1.
Haggadahs OF (soos ons verkies) Bybels en , Seder lyste (soos hierdie een) vir almal, of ten minste een vir die persoon wat die Seder lei en genoeg ander om gedeel te word.

2. *Opsioneel 2 kerse of olie lampe om gebruik te word as Fees/Sabbat Kerse.

3. *Opsioneel Hande was skottel(s) en handdoeke. [Geen seep- gebruik net water].

4. Wyn (of sap) & Glase, 1 per persoon (wyn word 4x geskink) + 1 ekstra glas vir “EliYah”

5. 3 Stukkies Matzot of Ongesuurde Brood in ‘n doek toegedraai en dit kan ook afsonderlik op ‘n bord geplaas word. Groot groepe het meer Matzot nodig wat byderhand neergesit moet word. (Matzah = een, en matzot = meervoud, meer as een matzah).

6.“Seder Bord” (enige skoon bord kan gebruik word) met die volgende:

i. *Opsionele Groen Groente (Karpas) b.v. Seldery of Pietersielie

ii. Bitter Kruie(Maror): Romaine Blaarslaai is reg of Peperwortel (Chazeret)

iii. *Opsioneel Tuisgemaakte Charoset*–Word gewoonlik gemaak van appelstukke en wyn, vir variasies op die resep kan heuning byvoeg word asook vrugte, neute en speserye.”n Basiese resep is soos volg: Sny ‘n appel in stukke, een Eetlepel gekapte neute, bietjie wyn of druiwesap, een teelepel kaneel. Maak jou eie resep of soek vir een waarvan jy hou aanlyn.

iv. *Opsioneel Lamsbeen* (Z’roa) – net as deel van die tafel- uitstalling

v. *Opsioneel Gebraaide Eier* (kan ook hard gekook wees) – om geëet te word teen die einde van stap #10, begin van stap#11

7. *Opsioneel Soutwater in ‘n klein bakkie (meng die water met tafelsout) om die Karpas in te doop.

8. *Opsioneel Lam-basis Aandetemet eetservies.

* Ons stel voor dat al hierdie items gebruik word vir ‘n volkome ondervinding, maar sommige is gelys as opsioneel want die Bybel beveel nie uitdruklik dat been en eier gebruik moet word nie, ook nie dat Charoset en Karpas in sout water gedoop, geëet móét word nie.Die Torah beveel nie die gebruik van wyn of druiwesap nie, maar ons weet deur die voorbeeld dat ons dit moet gebruik omdat YAHUSHUA ten minste twee maal wyn geneem het, een keer voor die Laaste Aandete en een keer daarna.

Deel 111: Vier die Pasga

As jy oorweldig sou voel om die gedetailleerde instruksies van die Haggadah te volg, kan jy die instuksies volg hier onder in “Pasga Vereenvoudig” vir ‘n verkorte Seder. Andersins kan jy kyk na die onderstaande maar kyk ook verder na die “Mini Haggadah” vir ‘n meer gedetailleerde her-vertelling van die Pasga met die fokus op YAHUSHUA en die Nagmaal beklemtoon.

Pasga VEREENVOUDIG
bevat die MINIMALE SKRIFTUURLIKE BENODIGDHEDE


Om te voldoen aan ‘n Skriftuurlike Seder moet stappe 1, 4, 5, 8, 12-15 gevolg word soos hieronder gegee maar die 2 de en 3 de bekers, asook die beker van EliYah, is opsioneel . (Met ander woorde; jy kan stappe2-3, 6-7, & 10-11; die 2de & 3de bekers en EliYah se beker mag ook oorgeslaan word. Die volgorde van sekere van die stappe mag ook verander word).

Letwel: elke “beker” wyn hoef nie ‘n vol beker te wees nie. Die alternatief is om net ‘n teelepel, of so, in te gooi of om die wyn te verdun in ‘n fles - gereed om te skink.

Opening stappe 1-4:
Wy/Heilig die Aand en maak gereed vir Maggid

1. Begin die Seder met Gebed en die seën van die wyn:

a. Skink die 1 ste beker wyn of druiwesap. (moet nog nie drink nie)

b. Begin met ‘n dankseggings gebed aan ons Hemelse VADER ABBA YAHUVEH vir alles wat HY vir ons gedoen het en nog gaan doen vir ons, SY Kinders, terwyl HY ons beskerm en oor ons waak deur al die beproewings van ons lewe en aan SY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH en spoedig komende BRUIDEGOM, vir SY Verlossing aan ons op Golgota en aan IMMAYAH ons Hemelse MOEDER, wat oor ons waak en ons lei en rig in elke stap wat ons neem as ons net gehoorsaam is.

c. Spreek die seën uit oor die wyn. Voorbeeld: Geseënd is U ABBA YAHUVEH, ons Hemelse VADER en SKEPPER van die heelal, SKEPPER van die vrug van die wingerd. U het ons geheilig deur die Gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA ons MASHIACH. U het ons na veiligheid gebring tot dusver en ons dank U vir U leiding en rigting elke dag van ons lewens. Ons gee aan U alle Lof, Eer en Heerlikheid nou en vir ewig! Geseënd is die Naam van YAHUVEH GOD ALMAGTG! Die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH en IMMAYAH, MOMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID, ons Geliefde RUACH HA KODESH, die Enigste HEMELKONINGIN!” (Voeg asseblief jul eie gebede by.)

d. Drink die wyn of druiwesap..

2. Was/ spoel hande af.

3. Doop pietersielie in sout water en eet terwyl jy verduidelik dat die soutwater die trane simboliseer wat die Israeliete gehuil het in Egipte en die groenigheid simboliseer die koms van die Lente wat hoop bring.

4. Breek die middelste Matzah in twee, terwyl jy sê: Dit is die liggaam van die Here vir ons gebreek. (Gewoonlik word niks hier geëet nie. Bêre die groter stuk van die twee gebreektes vir “afikomen” in stap # 12, en sit ook die res terug).
Inhoud van die Seder: Stappe 5-11:
Vertel die Verhaal en Eet die Kosse van die Uittog/ Eksodus.
5. Doen ‘n inleiding en vertel die verhaal van Pasga met die 2 de beker wyn:

a Tel die matzah op terwyl jy sê, hierdie is die brood van smart wat ons voorvaders geëet het in Egipteland.

b Giet en bid seëninge oor die 2de beker. (Moet nog nie drink nie)

c Vertel die Pasga verhaal (of jy kan die 10 plae noem [sien Exodus 7:14 –hoofstuk 11] en lees dan Eksodus 11 – 15).

d Opsioneel: lees Psalm 113-114

e Drink 2de beker.

6. Was weer hande. Jy kan ook ‘n seën uitspreek.

7. Spreek ‘n seëngebed uit oor die voedsel:

Geseënd is U YAHUVEH ons GOD. Koning van die Heelal, WIE voedsel voortbring uit die aarde.

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, Koning van die Heelal,

WIE ons geheilig het deur SY gebooie en ons beveel het om die matzah/ongesuurde brood te eet asook die maror/ bitter kruie vir Pasga.


8. Eet matzah, terwyl jy verduidelik wat die matzah of ongesuurde brood is wat ‘n herinnering is van die gejaagdheid waarmee die Israeliete Egipte verlaat het op die nag van die Pasga omdat die brood nie tyd gehad het om te rys nie.

9. Eet die bitter kruie, terwyl jy verduidelik hoedat die Egiptenaars die lewe verbitter het of bitter , onaanvaarbaar gemaak het vir die Israel, wat óns ook is omdat ons ingeënt is tot die wingerdstok deur YAHUSHUA. (Rom. 11:17-19) (Ex. 1:14) en hulle lewe verbitter deur moeilike werk met klei en bakstene en deur allerlei werk in die landerye - al daardie werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.”

10. Eet maror en matza saam. Dit word gewoonlik in charoset gedoop.

11. Eet die eier gedoop in soutwater en eet daarna aandete. Die eier kan in die begin van die Pasga/ Pasga maaltyd geëet word of net alleen indien jy nie ‘n maaltyd eet nie. Dit is simbolies van die lyding en onderdrukking in Egipte. Enige iets anders wat in water gekook word, word sag en disintegreer maar ‘n eier word hard soos die Israeliete. Hoe langer dit gekook word hoe harder word dit. ‘n Eier simboliseer ook nuwe lewe. Bykomend het YAHUVEH ook aan Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] geopenbaar dat die 3 dele van die Drie Eenheid soos ‘n eier is - elkeen is apart en tog deel van die geheel. Soos ABBA YAHUVEH vir Elisabeth (Elisheva) gesê het, ”Watter deel van die eier is die eier? Is dit die dop? Die wit of die geel?” Natuurlik is dit al drie- elkeen apart en elkeen deel van die geheel, die eier. Dis wonderlik né?
Laaste Stappe:12-15:
Verseël die Seder met Lofprysing en Gebed.

12. Neem weer die afikomen en eet daarvan terwyl jy onthou dat dit die liggaam van die Here verteenwoordig.

13. Bid die seën oor die 3de beker wyn:

a Skink die 3de beker.

b Lees Psalm 126 “Die wat met trane saai sal met gejubel maai!...”

c Bid die seën na elke maaltyd (‘n verkorte weergawe is reg)

d Seën en drink die 3de beker.

e Skink die 4de beker en die beker van EliYah. (Moet nog nie drink nie). Bid die EliYah-gebed: Dat GOD alle dinge sal herstel, om die Koms van YAHUSHUA te bespoedig en om wraak te neem op al SY vyande

14. Lofprysing.

a Lofprysing sessie: Opsioneel: lees Psalm 115-118. Dank U ABBA YAHUVEH vir oorwinning oor al die dinge in ons lewens wat nie van U af is nie in die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH!

b Seën en drink die 4de beker.

Verdere lofprysing en gebed dat GOD die Seder sal aanneem en dat HY ingenome is daarmee.

DIE BLOED VAN YAHUSHUA

die Vier bekers wyn

Die Bloed van die Lam het die Pasga moontlik gemaak (Eksodus 12). Ons weet dat die Bloed van YAHUSHUA, siende dat HY die ware Lam van GOD is, ons vrygekoop het en dit is ons ENIGSTE Redding. Met die laaste Aandmaal het YAHUSHUA ons geleer dat die Pasga wyn ‘n simbool van SY Bloed is, die Bloed van die Hernude Verbond, uitgestort vir baie tot die vergifnis van sondes; dat soveel keer as wat ons dit sou drink, ons SY Offer moet onthou.

Neem tyd gedurende die Seder om tradisionele Pasga liedere te sing, maar tradisionele liedere en psalms oor die Bloed van YAHUSHUA is defnitief ook die moeite werd. Liedere soos (Engelse weergawes) “There is Power in the Blood”, “Now Behold the Lamb”, “Nothing but the Blood”, “There is a Fountain”, “The Blood will Never Loose it’s Power”; oor die Kruis en die Bloed, onder andere, is goeie keuses. Julle kan spontaan liedere byvoeg by jul Seder gedurende die aand. Ons stel voor dat liedere bygevoeg word terwyl een van die bekers of elk van die 4 bekers gedrink word. (Sien meer oor die 4 bekers later in hierdie leesstuk).