DIE VIER BEKERS

En die beker van Elia.

Volgens tradisie word vier bekers wyn of druiwesap gedrink tydens die Seder, alhoewel dit nie verplig word deur YAHUVEH nie, maar dit is opgeteken dat YAHUSHUA wyn gebruik het as ’n integrale deel van SY Seder. Hier moet ons byvoeg dat GOD jou nooit sal beveel om dronk te word nie, dronkenskap moet vermy word. Ons stel voor dat die wyn geheel en al met druiwesap vervang word indien daar ‘n probleem is. Daar word gesê dat die vier bekers die vier tipes van Verlossing voorstel wat ABBA YAHUVEH gebruik om die Israeliete se uittog uit Egipte te beskryf soos in Eks. 6: 6-7. Hierdie vier bekers verteenwoordig ook die Bloed van YAHUSHUA. Daarom stel ons voor dat; in plaas van vol bekers, slegs klein simboliese hoeveelhede gegee word (soos een eetlepel vol) vir elk van die “Vier Bekers” of verdun die wyn in ‘n fles - gereed om te skink. Verdunde wyn of sap is dalk meer verkieslik as gewone wyn. (Wyn van vroeër jare het nie die alkohol inhoud gehad van vandag se wyn nie en dit was die gebruik van die vroeëre Romeine,Grieke en Israeliete om hul wyn verskeie kere te verdun. Onthou ook dat gis, wat tydens Pasga verbied word, die hoë alkohol inhoud van wyn tot gevolg het).

Die Vier Bekers en Beker van Elia

*In die Evangelies is daar opgeteken dat YAHUSHUA ten minste tweemaal van die wyn geneem het, een maal voor en een maal na die Pasga maaltyd. Dit is belangrik om te besef dat die deelname aan ’n Pasga Seder, vir die Messiaanse Jood die elemente van nagmaal bevat, en jy moet jou hart ondersoek soos wat jy andersins sou doen.

Daar is ook ‘’n 5de beker wyn wat genoem word; “Die Beker van Elia”. Hierdie beker word geskink maar nie gedrink nie en die deur word oopgemaak in afwagting vir die koms van Elia die Profeet, wat die MESSIAS aankondig, die MASHIACH, YAHUSHUA. Die Profeet Elia word beskou as die boodskapper van goeie nuus, blydskap en vrede. Die naam van Elia word geassosieer met die koms van die MASHIACH, en dat daar verwag word dat Elia hierdie gebeurtenis sal aankondig. Ons lees: Kyk EK stuur julle die Profeet EliYah voordat die groot en vreesaanjaende dag van YAHUVEH aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders” (Mal. 4:4-6a)

Volgens Joodse tradisie besoek Elia elke Joodse woning tydens Seder en neem ‘n slukkie van die beker. Toe Israel verban was uit die land was die beker van Elia gevul maar nie gedrink nie. Dit bly op die tafel as teken van ABBA YAHUVEH se verdere Messiaanse belofte van herstel. YAHUSHUA het van Johannes die doper gesê in Mark. 9:13 & Mat. 11:14: En hulle het HOM (YAHUSHUA)gevra en gesê: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat EliYah eers moet kom...?” en HY het hulle geantwoord: “Dis waar, EliYah kom eers om alles te herstel, en tog, hoe staan daar dan van die Seun van Adam geskryf dat HY baie moet ly en verag word?..EK sê vir julle dat EliYah al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskryf is”...” Want al die profete en die Torah het tot op Yahuganan (Johannes) geprofeteer. En as julle dit wil aanneem, hy is EliYah wat sou kom. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.”

“EliYah het gekom” - Dit was waar in die persoon van Johannes die Doper wat YAHUSHUA se koms aangekondig het toe HY na die aarde gekom het 2000+ jaar gelede. Die Skrif belowe dat , net soos Johannes die Doper gestuur was met die salwing van EliYah om die weg voor te berei vir die HERE YAHUSHUA se Eerste Koms, so sal EliYah ook kom om die weg voor te berei vir die Wederkoms van Die HERE. Wie is hierdie Eindtyd EliYah, ‘n persoon, met die mantel van die eerste EliYah van Ouds, soos Johannes die Doper?

“Onthou die Torah van Mosheh, my kneg, wat Ek hom beveel het op Gorev vir die hele Yiesraël - insettinge en verordeninge. 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet EliYah voordat die groot en vreesaanjaende dag van Yahweh aanbreek. 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Mal. 4:4-6

Nuwe EliYah ?

Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu], vir wie YAHUVEH gebruik het om geboorte te gee aan hierdie Bediening, dra nie net dieselfde van as die Profeet EliYah van Ouds nie, maar het ook dieselfde salwing: Om YAHUVEH se kinders terug te roep na HOM toe; Om die HERE GOD aan te roep op SY NAAM, YAH, eerder as net Ba’al (“Here”) ; wat ons herinner om die Wet van Moses te onthou hoofsaaklik as die Twee Grootste Gebooie: Om GOD eerste lief te hê en om ons naaste lief te hê; terug te draai na al 10 Gebooie insluitende die Sabatte van GOD; en soos Johannes die Doper, die weg voor berei vir YAHUSHUA en om ‘n volk vir HOM in gereedheid te bring, of andersins SY wraak te sien. Hier kan jul ‘n uittreksel lees van ‘n Profesie wat aan haar gegee was in 2004:

“...Lees weer al die Profesieë, dan sal julle sien dat EK al vir baie jare, Elisabeth, (Elisheva) MY "Elia van nuuts" noem. Ja, haar wettige nooiensvan is Elijah [Eliyahu], maar dit is nie hoekom EK dit doen nie. Sy het nou onlangs die rede geleer, en dit is meer as om haar te stuur na die weduwees van Sarfat, om hulle te toets. En hulle weet dit nie, want hul hongersnood het nog nie gekom nie, dit is nie alleenlik om hierdie rede nie, soos reeds gestel in vele Profesieë vantevore wat EK deur haar gespreek het.

EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga, (wat in daardie jaar geval het op) 5 April (een dag na haar verjaardag), en vir haar gesê, haar wakker gemaak het, met woorde wat sy nie verstaan het nie en slegs deur hierdie Profesie beter sal begryp “Jy is MY “Ringmaiden”.


Voorwaar, EK sê vir haar, en vir julle met geestelike ore om te hoor en te luister. EK, YAHUSHUA noem haar "MY Elia "Elijah" van Nuuts” en openbaar hierdie geheime openbaringe wat vir haar gegee is, direk vanaf die Hemel, om 'n seën te wees oor haar en die WARE BRUID VAN YAHUSHUA ha MASHIACH. Net soos Elia van ouds geweet het wanneer om YAHUVEH SE VUUR-PERDE - STRYDWA te verwag, om hom weg te neem na die Hemel en hy die presiese tyd en dag geweet het en hy voorbereid was en Elisa vooruit gewaarsku het om hom dop te hou, so is Elia van ouds die skaduwee van dit wat sal gebeur met die Bruid. So hoekom sou EK enigsins iets minder doen vir die BRUID van YAHUSHUA?

(Profesie 76: “GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, STAAN OP EN MAAK JULLESELF GEREED, JULLE BRUIDEGOM IS OPPAD!)

Toe daardie Profesie gegee was in 2004 en in die jare daarna, het Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) nie geweet nie: dat Johannes die Doper ook tydens die seisoen van Pasga/Pasga gebore was volgens die studie van die Nuwe Testament Evangelies gekoppel met die Ou Testamentiese Levitiese Tempel-dienswisseling. Sommige glo dat hy gebore was tydens die Pasga 14-15 de van Adar. Ook was sy nie bewus van die jare lange Joodse tradisie om EliYAh se ‘terugkeer’ tydens hierdie seisoen te verwag nie, soos dit tradisioneel uitgebeeld word in die oopmaak van die deur vir EliYah tydens die Pasga Seder terwyl die Vierde Beker, die Beker van Restorasie en die beker van EliYah, geskink en geseën word.



Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] was ook gebore tydens hierdie tyd en toevallig was AmightyWind Bediening ook gestig gedurende hierdie tyd. Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] beweer nie dat sy enige spesiale persoon is nie en is altyd die eerste om te sê: “ek is die swakste een van almal” aangesien GOD haar ook so genoem het. Maar ons weet dat GOD die mees nederigste mens op die magtigste manier gebruik. Ons beweer nie dat Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] die herïnkarnasie van EliYah van Ouds is nie, hy het nie letterlik teruggekeer nie. Maar ons glo wel dat Elisabeth Elijah [Elisheve EliYahu] ‘n belangrike Eindtyd Profeet is en die mantel dra van EliYah van Ouds, net soos Johannes die Doper voor haar. Daarom noem GOD haar SY “EliYah van Nuuts”. Lees Profetiese Woorde in verband met die “EliYah van Nuuts” wat gegee was deur die jare:

”... EK het deur hierdie Profetiese Diensmaagd gewaarsku, soos wat EK deur Elia van Ouds gespreek en die profete van Baäl gekonfronteer het, so gebruik EK nou MY Elia van Nuuts om dieselfde te doen...MY Elia van Nuuts spreek MY Woorde voort ...” (Profesie 38- Die Mure Van Jerigo Sal Weer Val!!)

“...EK is YAHUVEH en EK het Elia "EliYah" van Ouds gesalf, soos EK MY Diensmaagd gesalf het , wie EK MY “EliYah van Nuuts" noem. Jy sal verantwoordelik gehou word, of jy ‘n seën of ‘n vervloeking vir haar is. EK salf haar om profetiese boodskappe voort te spreek wat min mense sou waag om voort te spreek, uit vrees vir bespotting, maar diegene wat dit waag om te spot, en wat ontken dat dit “EK IS” wat hier spreek, wees bewus daarvan dat julle ‘n vinger in MY, YAHUVEH, se oog gedruk het. Moet MY nie glo nie, wag en sien of dit wat ek geprofeseer het waar word, dan sal dit te laat wees vir diegene wat haar nou vervloek en verraai. Wee diegene wat dit waag om MY, YAHUVEH te toets!...” (Profesie 58)!

“...Vir jare lank het EK jou nou al gestuur en stuur jou as MY EliYah van Nuuts na die weduwees van Sarfat in Amerika en regoor die wêreld en hulle het nie geweet dat hulle behoeftig was nie want die tyd het nog nie aangebreek nie maar nou sal dit spoedig op hulle neerkom.

Diegene in die winkel wat nie van jou gehou het nie en nie saam met jou gebid het nie, of jou gehelp het nie, wat slegs die boodskappe wat EK aan jou gegee het, bespot het, hulle sal die mense wees wat sal swaarkry wanneer die onheil oor hierdie aarde kom soos nog nooit van te vore vertoon was nie...” (Profesie 66)

“...Wat sal jou verskoning wees wanneer jy voor MY, YAHUVEH moet staan in die, nie te verre, toekoms? Julle is gewaarsku; Die wat hierdie Joodse Diensmaagd seën…seën nie alleenlik vir haar nie, maar ook vir MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA. Elisabeth [Elisheva] is die een wat EK MY Elia[EliYah] van Nuuts noem. EK, YAHUVEH het haar na die Weduwees van Sarfat gestuur, en hulle het dit nie weet nie. Julle, wat weier om te help in hierdie wêreldwye oesland, het nie enige finansiële nood nou nie, maar julle sál hê. EK het Elia van Ouds gestuur om 'n seën vir een weduwee te wees, terwyl die land vol van weduwees was vanweë die droogte en hongersnood.

EK het vooraf geweet van 'n weduwee wat 'n seëning nodig gehad het en bereid was om haar laaste maaltyd met 'n profeet genaamd Elia te deel, al het sy geglo dat sy en haar seun dit sou eet en dan sterf. Sy het gelewe en was finansieel geseënd en haar olie kruik het nooit opgedroog nie. EK, YAHUVEH, verlang om dieselfde vir julle te doen. Dit is geen toeval dat jy na hierdie Bediening gekom het en nou hierdie woorde lees nie...” (Profesie 75)

“...Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, soos dit geskryf is, die een wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY Seun YAHUSHUA voorberei, net so sal dit weer wees, wanneer MY Elia van Nuuts die weg voorberei vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om op die aarde te regeer, soos HY in die Hemel gedoen het...” (Profesie 87)

"Jezebel het probeer om al MY Profete dood te maak, en sy het misluk - en sal altyd misluk. Net soos EK vir Elia [Eliyahu] van Ouds ‘n weg gemaak het om te ontsnap, so sal EK ook MY EliYah [Eliyahu] van Nuuts beskerm...” (Profesie 92)

In 2008 sal die Profetiese Boodskappe wat navore kom, net sterker word, met kragtiger vleis vir die Heiliges om in te neem.

“...In 2008 sal daar 'n oorlog wees soos geen ander nie, omdat dit die ware Heilige Profete sal wees wat sal staan - net soos Elia dit gedoen het, net soos Elia [EliYah] van Ouds dit gedoen het en geprofeteer het en die profete van Baäl ontbloot en vernietig het. Dit is hoekom EK jou geroep het Elisabeth [Elisheva], alhoewel jou laaste naam Elijah [Eliyahu] is, noem EK jou MY Elijah [Eliyahu] van Nuuts, omdat EK deur jou Profeteer, en net soos [in die tyd van] Elia [EliYah] van Ouds, sal die profete van Baäl vernietig word. Net omdat dit nie gebeur soos jou vlees dink dit moet gebeur nie, moenie so dink nie. Want waarlik sê EK vir julle 1 Nie een van hulle het YAHUVEH se Oordeel vrygespring nie. As hulle met jou kon praat, sou hulle vir jou vertel het van die dinge wat met hulle gebeur het. Elkeen wat spreek, teen hierdie Woorde wat EK deur hierdie Profesieë gespreek het, sal vir jou 'n verhaal van wee vertel. O hulle noem dit 'ongeluk' maar die tragedies wat hulle te beurt geval het!...” (Profesie 93)


YAHUVEH praat baie duidelik as ons gehoor gee. HY het Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] gestuur om die koms van SY SEUN aan te kondig! Ons gee lofprysing en eer aan ABBA YAHUVEH dat HY te midde van ons aanhoor vir “EliYah” gestuur het! Om die koms van die Heilige EEN van Israel aan te kondig, YAHUSHUA ons MASHIACH. Kom YAHUSHUA! Kom! U Bruid sê, Kom!

YAHUVEH sal geestelike Israel beskerm net soos HY fisiese Israel beskerm het wanneer sy HOM gehoorsaam het en HOM eerste gestel het in haar lewe en liefde. Mag ons YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH, die RUACH ha KODESH eerste in ons lewe en liefde stel. Mag ons met groot verwagting leef dat YAHUVEH inderdaad SY EliYah van Nuuts gestuur het en dat die Koms van ons MASHIACH op die horison is! Mag ons elke dag met groot afwagting leef vir die spoedige Koms van ons MASHIACH! Amen! Amen! Amen!

Besoek amightywind.com en almightywind.com vir die volle Profesieë en meer Profesie uittreksels onder sekere Onderwerpe gerangskik.

Fees van ongesuurde brood

Die Skrif waar die Fees van Ongesuurde Brood aan ons voorgestel word is

Levitikus 23:

6 En op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
8 Maar julle moet sewe dae lank aan Yahweh 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
9 En Yahweh het met Mosheh gepraat en gesê:
10 Spreek met die kinders van Yiesraél en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle 'n omer van die eersteling van julle oes na die priester bring.
11 En hy moet die omer voor die aangesig van Yahweh beweeg, sodat julle aanvaarbaar kan wees; die dag na die Shabbat moet die priester dit beweeg.
12 Julle moet ook op die dag as julle die omer beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan Yahweh berei,
13 en die voedseloffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efah fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan Yahweh, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hien.
14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle Elohim bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
15 Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees;
16 tot die dag na die sewende Shabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe voedseloffer aan YAHUVEH bring.

Die duur van die fees word in die Skrif uiteengesit. Dit moet duur vir sewe weke. Die eerste dag is op die 15de van die eerste maand (Nisan) en die dag na Pasga is dag #1 van hierdie fees. Hierdie eerste dag is ‘n hoogs heilige Sabbat, ‘n Heilige vergadering, Heilige byeenkoms of ‘n Hoogs Heilige dag. Die sewende dag is die 21 ste dag van die eerste maand(Nisan) en is ook ‘n Hoogs Heilige Sabbat, geen werk mag gedoen word op die Hoogs Heilige Sabbatte nie.

DIE SIMBOOL VAN SUURDEEG AS ONGEREGTIGHEID

Suurdeeg, in die Skrif, simboliseer sonde.

Vanuit die gelowige se oogpunt is die prentjie heel duidelik.

YAHUSHUA was die ongesuurde sondelose Brood uit die Hemel.

Sy lewe was een sondelose perfekte lewe.

En sy liggaam was opgeoffer aan YAHUVEH.

Hy was die aanvaarbare en perfekte offer vir sonde.

Die fees van ongesuurde brode is ook ‘n oproep tot die toegewyde mense van YAH. Hulle word bemoedig om saam met hul Redder ‘n pad van heiligheid te stap. In YAHUSHUA het ons deel aan die ongesuurde brood. Deur Hom betree ons ‘n nuwe bestaan. Ons kom tot oorgawe aan YAHUVEH in ongeveinste opregtheid en waarheid.

Hier is die woorde van die Apostel Paulus in verband hiermee.

1 Kor. 5:7-8 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees - soos julle inderdaad ongesuurd is - want ook ons Pesaglam is vir ons geslag, naamlik die Messias. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die Ongesuurde Brode van reinheid en waarheid.”

Toe die Israeliete Egipte inderhaas verlaat het, was die brood wat hul saamgeneem het ongesuurde brood -inderhaas gebak vir mense wat moet trek en besig was om hul gereedskap gereed te kry om op reis te gaan. Die fees van ongesuurde brode herdenk die tyd waartydenss Israel Egipte moes verlaat. Hulle volgende mylpaal was die oorgang deur die Rooi See. Die brood wat hul saam geneem het was nie gerys nie. Dit was gebak sonder suurdeeg. Daar was eenvoudig nie genoeg tyd om die brood te laat rys nie.

DIE BROOD UIT DIE HEMEL

Die Brood uit die Hemel was in die vroeë geskiedenis van Israel waargeneem. En die Hemelse voedsel van voorsienigheid was deur die profete genoem. Die Hemelse Brood word herhaaldelik gesien in die poësie van die Ou Verbond.

Nehemia 9:15
“En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.”

Psalm 78:24

“ en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.”

Psalm 105:40

“Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.”

DIE NUWE VERBOND VERVULLING VAN DIE FEES VAN ONGESUURDE BROOD

Die Nuwe verbond vervulling word gesien in die Pasga van YAHUSHUA se kruisiging. YAHUSHUA was net betyds in die aarde neergelê vir die Fees van Ongesuurde Brood.

Die uitbeelding van YAHUSHUA as die Brood uit die Hemel word gevind in die Heilige Skrifte. Dit word geleer in die Nuwe Testament in die woorde van YAHUSHUA Homself. YAHUSHUA het self gesê dat Hy die “Brood van die Hemel” is.

Johannes 6:33

Want die brood van Elohim is Hy wat uit die Hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee”

Johannes 6:50

“Dit is die brood wat uit die Hemel neerdaal sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie”

Johannes 5:51

“Ek is die lewende brood wat uit die Hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet sal hy lewe tot in ewigheid. Die brood wat Ek sal gee is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”

Die Fariseërs, die godsdienstige beweging van daardie tyd, het baie goed geweet waarvan YAHUSHUA gepraat het. Hulle was deeglik ‘geteksvers’ in verband met die Messias as die Brood van die Hemel. Hulle het geweet toe HY verwys na Homself as die Brood van die Hemel het Hy beweer dat Hy die beloofde Messias was, die Heilige Een van Israel. Dit is waarom hulle klippe opgetel het om Hom te stenig.

YAHUSHUA was die finale en perfekte offer vir sonde. Sy liggaam gebreek en verneder aan die kruis, was geoffer vir ons verlosing. Hy was begrawe terwyl die skemeraand van die Fees Van Ongeuurde Brood genader het. Vir die 15de van Nissan was Hy in die graf, volgens die Skrifte. Dus het YAHUSHUA HA MASHIACH die Fees Van Ongesuurde brood vervul.