Behoort ‘n Nuwe Testamentiese Gelowige “easter’ Of Pasga Te Gedenk?
Deur Jerry Healan
Die grootmeerderheid van hulle wat die Nuwe Testamentiese Skrifte omhels asook
die Messiah van daardie Nuwe Testament gedenk die “Easter” gedurende Maart of
April van elke jaar. Maar ‘n minderheid gelowiges gedenk die Pasga en die Dae
van Ongesuurde Brood. Wat is korrek? Wat is werklik in ooreenstemming met die
Skrif?
Gedurende die waarneming van ‘Easter’ is die Skriftuurlike gebeurtenis van die
opstanding van YAHUSHUA die sentrale fokus. Maar waarom word hierdie tydperk
‘Easter’ genoem en waar kom hierdie term ‘Easter’ vandaan? Die Engelse term,
volgens die “Ven. Bede” (De temporum ratione, I, v), is verbind aan Estre, ‘n
Teutoniese godin van die opkoms van die daglig en Lente …" (The Catholic
Encyclopedia Electronic Version) sê dat die naam Easter afkomstig is van die
Anglo-Saxon Eostre, ‘n godin van lig of Lente… wie se fees gevier was in April.
Volgens “The World Book Encyclopedia, p. 2088” is die naam “Easter”, net soos
die dae van die week, ‘n oorblyfsel van die ou Teutoniese mithologie. Volgens
die Bede (De Temp. Rat. C. xv.)
Is dit afgelei van Eostre, or Ostâra, die Anglo-Saxon godin van Lente, aan wie
die maand gelykstaande aan ons eie April, genoem “Eostur-monath”, toegewy was."
(Encyclopedia Britannica 14th edition, vol. 7, p. 858)” Kyk dan na “Easter”. Wat
beteken die term “Easter”? Dit is nie ‘n Christelike naam nie. Dit dra die
Galdese oorsprong op die voorkop. “Easter” is niks anders nie as Astarte, een
van die titels van Beltis, die hemelkoningin, wie se naam, soos uitgespreek deur
die mense van Nineveh, heel duidelik identies was as die wat nou in algemene
gebruik is in hierdie land. Daardie naam wat gevind was deur Layard op die
Assyriese monumente, is Ishtar. Die vereering van Bel en Astarte was baie vroeg
voorgelê aan Britanje, saam met die Druids, die priesters van die ruigtes 'the
priests of the groves'." (The Two Babylons by Alexander Hislop, p. 103)
Verstaan julle die impak van al hierdie bewerings? “Easter” is ‘n naam wat met
‘n heidense godin geassosieer word! Dit is ‘n naam geassosieer met Teutoniese
mithologie wat terug dateer na Nineveh en Babylon! Dit is die naam van die
heidense hemelkoningin.
ISHTAR
Die naam "Easter" kom van die Babiloniese en Assiriese godin Ishtar. Die
Encyclopedia Britannica sê die volgende rakende Ishtar, "...die hoof godin van
Babylonieë and Assyrië, die eweknie van die Fenesiese Astarte (q.v.) Die
vroegste geskrewe vorm van die naam is “Ash-dar”, ‘n Akkadiaanse weergawe van
die ouer “Sumerian Innîni”, 'Lady of Heaven.' Ishtar was die Semitiese god wat
geidentifiseer was met die “Sumeriese Venus” Om hierdie rede is Asdar, Ishtar,
ongetwyfeld dieselfde god as the Suid Arabiese Athtar, god van die planeet
Venus. In alle opsigte word dit nou algemeen erken dat die naam Semities is in
sy oorsprong. Waar die naam oorspronklik vandaan gekom het is net so onbekend
maar aanduidings wys na Erech, waar ons die aanbidding vind van ‘n magtige
Sumeriese moeder-godin sonder enige assosiasie met ‘n manlike god, wat floreer
het tydens die oudste tydperk van Babiloniese geskiedenis. Sy verskyn onder
verskeie name, onder andere Nanâ, Innanna, Ninâ en Annuit. Selfs so vroeg as die
Khammurabiese tydperk vind ons hierdie verskeie name wat oorspronklik
verskillende godinne verteenwoordig het, alhoewel almal die eienskap van
lewegewende krag het, verenig in Ishtar. Selfs wanneer die ouer name in werking
is, is die bedoeling altyd die magtige moeder-godin volgens Encyclopedia
Britannica. En Ishtar is die een godin in die Pantheon wat haar onafhanklike
posisie behou ten spyte van en te midde van al die veranderinge wat die
Babilonies-Assiriese godsdiens ondergaan. (14th edition, vol. 12, p. 707)
Aangesien Astarte dieselfde basiese godin is, kom ons kyk wat word van haar gesê
onder hierdie naam, "’n Semitiese godin waarvan die naam in die Bybel verskyn as
Ashtoreth. Sy is orals, die magtige vroulike godin ook bekend as Baal van die
Kanaaniete en Fenisiërs en as Dagon van die Filistyne. Sy het tempels gehad in
Sidonië en Tirus (vanwaar haar aanbidding verskuif was na Carthage), en die
Filistyne het haar heel waarskynlik vereer as Askelon (1 Sam. 31:10). Salomo het
vir haar 'n hoogte gebou in Jerusalem wat behoue gebly het tot in die dae van
koning Josiah (I Konings 11: 5; II Konings 23: 13), en die omvang van haar sekte
tussen die Israeliete word net so veel bewys deur die vele Bybelse verwysings as
die gereelde opduik van afbeeldings van die godin in Palestina. Die Moabiete het
'n saamgestelde god, Astar-Chemosh, gevorm en die afwesigheid van die vroulike
beëindiging kom as sulks ook voor in die Babiloniese en Assiriese vorm “Ishtar”.
Maar die ou Suid Assiriese ekwivalent 'Athtar' 'n manlike god is. Nog 'n
samestelling, behoorlik van gemengde geslag, verskyn in die Aramese Atergatis
('At[t]ar-'athe), vereenvoudig na Derketo, wat spesifiek geassosieer word met
heilige baddens en visse. (Ascalon, Hierapolis-Mabog).
As ‘magtige godin van die natuur’ is vrugbaarheid en voortplanting as
karaktereienskappe aan haar toegeken, asook die begeleidende onsterflikheid wat
oorspronklik, waarskynlik, niks meer was as primitiewe toordery nie. As ‘beskermvrou’
van die jagtog, was latere vereenselwing met Artemis, onvermydelik.
Daarvandaan die gereelde samesmelting met Aphrodite, Artemis, Diana, Juno en
Venus, en die aksies en reaksie van die een teenoor die ander in mites en
legendes. Haar ster was die planeet Venus en klassieke skrywers gee aan haar die
bynaam van Saelestis en Urania. Robertson Smith beweer dat Astarte oorspronklik
'n skaap-godin was, en hy verwys na die interessante gebruik van 'Astartes van
die kudde' (Deut. 7: 13) om die oorsprong aan te dui. Vir nomads, was Astarte
dalk wel 'n skaap godin, maar hierdie was nie haar enigste vorm nie-indien wel
haar eerste vorm, soos dit duidelik is van die ‘heilige’ vis van Atargatis, die
duiwe van Ashkelon (en die Finesiese heiligdom van Eryx), en die bok of boksoort
van die godin van liefde (geassosieer met die Arabiese Athtar) - volgens
Encyclopedia Britannica, 14th Edition, Vol. 2, pp. 570-571
AANBIDDING VAN ANDER Elohim
Ishtar of Easter was ekwivalent aan Astaroth, Ashtoreth en Astarte. Kom ons kyk
wat die Woord van YAHUVEH sê oor aanbidding van hierdie heidense gode,
11 En die kinders van Yiesraél het gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh:
hulle het die Baáls gedien 12 en Yahweh, die Elohim van hulle vaders, verlaat
wat hulle uit Mietsrayiem uitgelei het, en hulle het agter ander magtiges aan
geloop, van die magtiges van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor
neergebuig en Yahweh geterg. 13 Maar toe hulle Yahweh verlaat en die Baál en die
Ashterot dien...” (Rigters 2:11 - 13)
En die kinders van Yiesraél het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van
Yahweh, en hulle het die Baáls en die Ashterot gedien, en die magtiges van Aram
en die magtiges van Tsiedon en die magtiges van Moáv en die magtiges van die
kinders van Ammon en die magtiges van die Pelieshtyne, en hulle het Yahweh
verlaat en Hom nie gedien nie.” (Rigters 10:6)
Let wel!! Die aanbidding van Baal en Ashtaroth (Ishtar) het te doen met die
aanbidding van al die heidense gode van die ander nasies. Is dit nie die kern
van die idee wat ons kry wanneer ons die artikels, in die Ensiklopedia, ens.
lees nie? Daar word gevind dat Ishtar ekwivalent is aan al die ander godinne en
sekere manlike gode.
Wanneer die gode van ander nasies gedien word, word, YAHUVEH verlaat en nie
gedien nie. Dit is ook die pleeg van boosheid in die oë van YAHUVEH.
1 En koning Shelomoh het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die
dogter van Farao, Moávitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Tsiedoniese, Getitiese -
2 uit die nasies waarvan Yahweh aan die kinders van Yiesraél gesê het: Julle mag
nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar
julle hart verlei agter hulle magtiges aan - Shelomoh het hulle met liefde
aangehang. 3 En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd
byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. 4 En in die tyd van Shelomoh se
ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander magtiges aan, sodat sy hart nie
volkome met Yahweh sy Elohim was soos die hart van sy vader Dawied nie. 5 En
Shelomoh het agter Ashtoret, die magtige van die Tsiedoniërs, en agter Mielkom,
die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. 6 So het Shelomoh dan gedoen wat
verkeerd was in die oë van Yahweh en nie volgehou om Yahweh te volg soos sy
vader Dawied nie. 7 Toe het Shelomoh 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik
van Yerushalayiem lê, vir Kemosh, die verfoeisel van die Moáviete, en vir Molog,
die verfoeisel van die kinders van Ammon. 8 En so het hy gedoen vir al sy
uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle magtiges. (Waarheid
en Getuienis Bybel vertaling) (1 Kon. 11:1 – 8)
Selfs die magtige koning Salomo het ten prooi geval van aanbidding tot hierdie
vreemde heidense gode. Hy het nie meer sy Elohim YAHUVEH gedien nie, maar het
die gode gedien van ander nasies. Sulke aanbidding word bestempel as gruwels vir
YAHUVEH. Dit laat SY woede opvlam. Keer op keer het HY Israel verkoop aan hul
vyande as gevolg van hul aanbidding tot hierdie verbode gode.
DIE HEMELKONINGIN
Ishtar was ook bekend as die heidense "Vrou of Hemelkoningin."
(Die RUACH ha KODESH ook genoem IMMAYAH of MOMMA WYSHEID is Die Ware
HEMELKONINGIN. Lees Profesie 89 en 90 vir bewyse.)
Jer. 7:17-19 “Sien jy nie wat hulle in die stede van Yehudah en op die strate
van Yerushalayiem doen nie? 18 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders
steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die
hemelkoningin en vir ander magtiges drankoffers uit te giet om My te terg. 19
Terg hulle My? Sê Yahweh. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul
aangesig nie?”
Alexander Hislop sê die volgende: “hot cross buns” van Goeie Vrydag, en die
gekleurde eiers van Pasch of “Easter” Sondag, gekenmerkend was in die Galdese
plegtighede net soos nou die geval is. Dat die koeke of 'buns' gebruik was in
die aanbidding van die hemelkoningin, die godin “Easter”, vanaf die vroë dae van
Cecrops, die stigter van Athene—dit is, 1500 jaar voor die Christen tydperk.
'One species of sacred bred,' sê Bryant, was aan die gode geoffer, en was van
groot waarde, en was genoem 'Boun'. Diogenes Laertius, beskryf die hoof
bestanddele waarvan dit gemaak was terwyl hy praat van hierdie offers wat
Empedocles gebring het op die volgende wyse: Hy het een van die heilige koeke,
wat ‘Boun’ genoem word, gemaak van fyn meel en heuning, geoffer. (verwysing-The
Two Babylons, pp. 107-108)
Jer. 44:15-27. “En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander
magtiges rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, ‘n groot skare, en
die hele volk wat in Mietsrayiem, in Patros gewoon het, het YermeYahu geantwoord
en gesê: 16 Aangaande die woord wat u ons in die Naam van Yahweh verkondig het –
ons sal na u nie luister nie. 17 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons
mond uitgegaan het – om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar
drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en
ons heersers, in die stede van ehuehuYehudah en op die strate van Yerushalayiem;
toe is ons met brood versadig en was voorspoedig, en ons het geen rampspoed
gesien nie. 18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat
opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en
het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom. 19 En as ons vir die
hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet – is dit dan
sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers
vir haar uitgiet? 20 Toe het YermeYahu gepraat met die hele volk, met die manne
en die vroue en die hele volk wat hom antwoord gegee het, en gesê: 21 Aan die
offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Yehudah en op die strate
van Yerushalayiem, julle en julle vaders, julle konings en julle heersers en die
volk van die land – het Yahweh daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart
opgekom nie? 22 sodat Yahweh dit nie langer kon verdra weens die boosheid van
julle handelin ge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land
dan ‘n puinhoop geword en ‘n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder
inwoners, soos dit vandag is; 23 omdat julle rook laat opgaan het en teen Yahweh
gesondig en nie na die stem van Yahweh geluister het nie en in sy Torah en in sy
insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie
rampspoed oor julle gekom soos dit vandag is. 24 Verder het YermeYahu aan die
hele volk en al die vroue gesê:” Hoor die woord van Yahweh, o hele Yehudah wat
in Mietsrayiem is! 25 So sê Yahweh van die leërskare, die Elohim van Yiesrael,
en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gepraat en dit met
julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat
ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir
haar drankoffers uit te giet – bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou
maar julle geloftes! 26 Daarom, hoor die woord van Yahweh, o hele Yehudah wat in
Mietsrayiem woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê Yahweh: Nooit sal my Naam
meer aangeroep word deur die mond van enige man van Yehudah in die hele
Mietsrayiem nie, met die woorde: So waar as die Meester Yahweh leef! 27 Kyk, Ek
is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Yehudah
wat in Mietsrayiem is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit
met hulle gedaan is.”
Waarom het die Joodse mense so baie gely deur al die eeue heen? Waarom ly hulle
steeds vandag nog so baie? Waarom is die Naam van hul Elohim uit hul monde
weggeneem? Maar hulle is nie die enigstes wat gely het oor die jare nie. Hulle
was nie die enigstes van wie die Naam van hul SKEPPER, YAHUVEH, weggeneem was
uit hul monde nie. Hulle is nie die enigstes wat teruggeaan het na Egipte nie.
Daar is baie groepe en bewegings wat vandag bestaan, wat kan bewys dat die
Anglo-Saksiese, Keltiese mense afgestam het van die tien noordelike stamme van
Israel. Beide Israel en Juda was uitgedryf uit die beloofde land van Kanaan
omdat hulle teruggedraai het na die gode van Egipte en ook na die Elohim van die
nasies rond-om hulle.
“Easter”, die godin van die Germane, is niemand anders nie as Ishtar, die
heidense hemelkoningin! Die afstammelinge van Israel is steeds hopeloos
vasgevang in die aanbidding van heidense gode van die nasies wat rond-om hulle
was. YAHUVEH hulle SKEPPER en Elohim word steeds nie gedien nie. Dink julle dat
SY houding van woede en wraak verander het? Belowe HY nie om SY wraak uit te
giet in die eindtye, op die nasies nie? “Omdat Tammuz deur ‘n vark doodgemaak
was het Ishtar verkondig dat ‘n vark geëet moes word op daardie Sondag”
Rom. 8:18 18 “Want die toorn van Elohim word van die hemel af geopenbaar oor al
die afvalligheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die
waarheid onderdruk” Waarom sal HY dit doen ?
Rom.1: 19-23 “omdat wat van Elohim geken kan word, in hulle openbaar is, want
Elohim het dit aan hulle geopenbaar. 20 Want sy onsigbare dinge kan van die
skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik
sy ewige krag en almag, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21 omdat
hulle, alhoewel hulle Elohim geken het, Hom nie as Elohim lof toegebring of
gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul
onverstandige hart is verduister. 22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het
hulle dwaas geword 23 en die majesteit van die onverganklike Elohim verander in
die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en
viervoetige en kruipende diere.” As gevolg van afgode en Israel, Juda en die
wêreld se onbekeerde gesindheid!
EIERS EN HASIES
(Simrock, Mythologie, 551). "(The Catholic Encyclopedia, Electronic version) sê
dat Paasfees (Easter) gevier word met die tradisie van Paaseiers, Peter Rabbit
ens. Waar het hierdie tradisie vandaan gekom? Die stuur van paaseiers het glo
ontstaan met die Perse, die eiers was simbole van nuwe lewe. Om hulle rooi te
kleur, simboliseer die bloed van verlossing; terwyl die ander kleure nie van
spesiale belang is nie. ‘n Ander gebruik, die teenwoordigheid van die paashaas
tydens die feeste, kan nagespoor word na die ou bygeloof dat hase eiers lê op
die vooraand van paasfees. Hierdie bygeloof, soos bestempel deur sommige gesagte,
is van Teutoniese oorsprong, en is die basis van vele kinderstories.(verwysing-The
World Book Encyclopecia, article "Easter", p. 2088)
Omdat die gebruik van eiers verbode was gedurende die half-vas, was dit na die
tafel gebring tydens paasfees [Easter Day] rooi gekleur om sodoende die Paas
blydskap te simboliseer. Hierdie gebruik word nie alleenlik gevind in die
Latynse kerke nie maar ook in die Oosterse kerke. Die simboliese betekenis, nl.
die van ‘n nuwe skepping van die mens deur YAHUSHUA wat uit die dood opgestaan
het, was heelwaarskynlik uit gedink later van tyd. Hierdie gebruik kan moontlik
van heidense oorsprong wees omdat ‘n groot aantal heidense gebruike wat die
terugkeer van Lente vier, oorleun na Paasfees[Easter] Die eier is die simbool
van ontwakende lewe in die vroeë Lente. Dit word aan die kinders vertel dat die
paaseiers van Rome af kom saam met die gelui van die klokke“ wat Donderdag na
Rome gaan en op Saterdagoggend weer terugkeer.” Die borge gee aan hul
gode-kinders paaseiers in sommige lande. Gekleurde eiers word tydens paasfees
deur kinders gebruik in ‘n soort speletjie waar die sterkte van die dop getoets
word. (Kraus, Real-Encyklop die, s. v. Ei). Beide gekleurde en ongekleurde eiers
word gebruik, bekend as “egg picking” in sommige dele van die Verenigte State.
‘n Ander gebruik is “egg-rolling” deur kinders op Paas Maandag op die grasperk
van die Withuis in Washington." volgens “The Catholic Encyclopedia” (Electronic
version)
“Die paashaas lê die eiers” en om hierdie ‘rede’ word die eiers versteek in ‘n
nes of binne-in die tuin. Die haas is ‘n heidense simbool en was nog altyd ‘n
embleem van vrugbaarheid. (Simrock, Mythologie, 551). " (The Catholic
Encyclopedia, Electronic version)
(Funk & Wagnells New Encyclopedia 1988 Edition, pp. 432-434) het die volgende te
sê oor Easter:
"Easter, a Christian festival, embodies any pre-Christian traditions. The origin
of its name is unknown. Scholars, however, accepting the derivation proposed by
the 8th-century English scholar St. Bede, believe it probably comes from Eastre,
the Anglo-Saxon name of a Teutonic goddess of spring and fertility, to whom was
dedicated a month corresponding to April. Her festival was celebrated on the day
of the vernal equinox; traditions associated with the festival survive in the
Easter rabbit, a symbol of fertility, and in colored easter eggs, originally
painted with bright colors to represent the sunlight “
The Two Babylons, pp. 109-110 sê dat die oorsprong van die paaseier net so
duidelik is en dat die oeroue Druïde ‘n eier as heilige embleem van hul orde
gehad het. In die Dionusus, of raaisels van Bacchus, soos gevier in Atene, het
een gedeelte van die nagtelike seremonie bestaan uit die toewyding van ‘n eier.
Die Hindu fabels vier hulle aardse eier wat goudkleurig is. Die mense van Japan
maak hul gewyde eier brons. In China, tans, word gekleurde en geverfde eiers
gebruik in toewyding-feeste, net soos in hierdie land (VSA). In antieke tye is
eiers gebruik in die seremonies van die Egitenare en die Grieke, en was opgehang
in hul tempels vir geheimsinnige redes. Van Egipte af kan hierdie gewyde eiers
nagespoor word tot by die oewer van die Eufrat. Die klassieke digters is vol van
die fabels van die geheimsinnige eier van die Babiloniërs; En so word die storie
vertel deur Hyginus, die Egiptenaar, die geleerde opsigter van die Palatine
biblioteek in Rome, gedurende die tyd van Augustus, wat geleerd was in alle
wysheid in sy geboorte land: “‘n Eier van wonderbaarlike grootte, so word dit
vertel, het in die Eufraat rivier geval uit die Hemel. Die visse het dit na die
oewer gerol, waar die duiwe hul daarop gevestig het en dit uitgebroei het, en
Venus het daaruit voortgekom, wat daarna die Siriese godin geword het.” – dit is
Astarte. Daarom het die eier een van die simbole geword van Astarte of Easter;
dieselfde in Siprus, een van die gekose trone van Venus of Astarte aanbidding,
die “eier van wonderbaarlike grootte” was verteenwoordig op ’n groot skaal.
Die okkultiese betekenis van die geheimsinnige eier van Astarte, in een van sy
aspekte (want dit het ‘n tweevoudige betekenis), het verwys na die ark tydens
die Groot Vloed, waarin die hele mensdom bewaar was, soos wat die kuiken in die
eier opgesluit is voor dit uitbroei. As enige iemand sou vra, hoe dit ooit
moontlik kon wees vir mense om so ‘n ongewone simbool aan te wend vir so ‘n doel,
is die antwoord eerstens; Die gewyde eier van heidense geloof is wel bekend as
die aardse eier, of te wel; die eier waarin die hele wêreld opgesluit was. Die
wêreld het nou twee duidelike betekenisse –dit beteken óf die materiële aarde of
andersins die bewoners van die aarde. Laasgenoemde betekenis kan gesien word in
Gen.11:1 “En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.”
waar die bedoeling hier is dat dit so was met al die mense in die wêreld. As dit
dan die siening is dat “die hele wêreld opgesluit is in ‘n eier”, en op die
waters dryf, mag dit dalk nie te moeilik wees om te glo nie, maar die oorsprong
van die idee van die eier wat dryf op die groot universiële see kan dalk Noag se
familie wees wat die hele wêreld in sy boesem/binneste bevat het.
Dan volg die toepassing van die woord eier tot die ark: Die Hebreeuse woord vir
eier is Baitz, of in die vroulike Baitza (dit kom voor in beide geslagvorm)
Hierdie woord word “Baith” of “Baitha” in die Galdese en Fenesiese taal, is ook
die gewone manier waarop die woord vir “huis” uitgespreek word. Die eier wat op
die water dryf met die hele wêreld daarbinne, was dus die “huis” wat op die
vloed waters gedryf het, met die elemente van die nuwe wêreld daar binne. Die
eier wat “uit die Hemel kom” verwys duidelik na die voorbereiding van die ark
deur die uitdruklike opdrag van God, en dieselfde ding blyk duidelik toegepas in
die Egiptiese verhaal van die aardse eier, waaran gesê was, dat dit uit die mond
van ‘n magtige god gekom het. Die duiwe wat op die eier gesit het, het geen
verduideliking nodig nie. Hierdie is dan die betekenis van die geheimsinnige
eier in een aspek. Maar aangesien alle goeie dinge wat voordelig is vir die mens
aangebied word in die Galdese geheimenisse, terwyl dit op een of ander manier
gekoppel word aan die Babiloniese godin, is die grootste seën aan die mensdom,
wat die ark in sy boesem/binneste bevat het, voorgehou as Astarte, wat die
magtige pedagoog en weldoener van die wêreld was. Alhoewel hierdie vergoddelikte
koningin, verteenwoordig deur Astarte, nie enige ware bestaan gehad het tot en
met etlike eeue na die vloed nie, tog deur middel van die lering van
“metempsychosis” wat stewig gegrond was in Babilon, was dit maklik om haar
aanbidders te laat glo dat sy, in ‘n vorige inkarnasie, geleef in die wêreld
voor die vloed, en veilig deur die vloedwaters beweeg het. Die Roomse Kerk het
hierdie geheinsinige eier van Astarte aangeneem en dit toegewy as ‘n simbool van
Christus se opstanding.’n Soort gebed was selfs ingestel om gebruik te word in
verband daarmee, pope Paul V het sy bygelowige aanhangers geleer om so te bid
tydens Easter: “‘Bless, O Lord, we beseech thee, this thy creature of eggs, that
it may become a wholesome sustenance unto thy servants, eating it in remembrance
of our Lord Jesus Christ.” Verwysing- The Two Babylons, pp. 109-110
Daar het julle dit! Die belydenis van die Roomse Kerk asook sekulêre studente is
dat die hase en eiers wat geassosieer word met Easter direk afkomstig is van
heidense gebruike. Dit is verbasend dat die twee mees belangrike feesvierings
van Christendom (Kersfees en paasfees) nie alleenlik geassosieer word met afgode
nie maar ook onderhou word met behulp van leuens! Die feit van die saak is dat
YAHUSHUA nie gebore was op 25 Desember nie. Dit is ook ‘n feit dat daar nie so
iets is as Kersvader nie. Die feit is dat Paasfees [Easter] geassosieer word met
heidense gebruike en afgode! Die feit is dat YAHUSHUA NIE opgewek was op
Sondag”Paas-oggend” nie, (lees asb “YAHUSHUA Rose from the dead on the True
Sabbath Saturday') Die ander blatante leuen is dat hase eiers lê.
Skandelik dat ouers voortgaan met tradisionele leuens aan hul kinders. Wanneer
ouers hul kinders grootmaak en genot daaruit put om vir hulle leuens te vertel,
selfs al lyk dit net soos pret en ‘die regte ding om te doen’ (is leuens steeds
verkeerd) en die gevolg is dat kinders wat groot word in ‘n wêreld van leuens,
voel altyd dat daar van hulle verwag word om te lieg en hulle regverdig hulself
sodoende.
ISHTAR EN TAMMUZ
YAHUVEH het vir Ezekiel in ‘n visioen na Jerusalem geneem om vir hom gruwels te
wys wat daar gebeur. (Ezegiël 8:1-12) Esegiël skryf, “En Hy sê vir my: Jy sal
nog ander groot gruwels sien wat hulle doen. 14 Hy het my toe gebring na die
noordelike ingang van die poort by die huis van Yahweh, en kyk, daar het die
vroue gesit wat Tammuz beween.” Eseg. 8:13-14. 13
Die legende lui dat: Ishtar en Tammuz baie nou verwant was in die heidendom:
Encyclopedia Britannica onthul, Aphrodite - bekend as die Griekse godin van
liefde en skoonheid, die eweknie van die Romeinse Venus. Alhoewel haar miete en
sekte hoofsaaklik Semeties was, was sy spoedig Grieks en was sy opgeneem in ‘n
plek onder die gode van Olympus…Tussen die Semetiese mense (met die merkbare
uitsondering van die Hebreërs) was sy ‘n verhewe vroulike godheid aanbid onder
vele name – die Assiriese Ishtar, die Fenesiese Ashteroth (Asterte), die Siriese
Artagatis (Derketo) die Babiloniese Belit *Mylitta), die Arabiese Ilat(Aliat)…
Sy is verbind met die onderwêreld; en was beskou as een van die gode daar. Dus
daal Ishtar af na die koningkryk van Ilat die koningin van die dode, om uit te
vind hoe om haar gunsteling Tammuz (Adon, Adonis) terug te bring uit die
dood.Tydens haar verblyf, het alle dierlike-en-gewasvoortplanting opgehou, om
weer voort te gaan met haar terugkoms na die aarde. Hierdie legende , wat
nouliks ooreenstem met die van Persephone, wys heelwaarskynlik heen na die
verdorring van plante tydens die winter en die ontwaking van die natuur in die
Lente - volgens Encyclopedia Britannica (14th edition, vol. 2, pp. 97-98)
Die Encyclopedia Britannica het die volgende te sê oor Tammuz: "...Sumeriese,
Babiloniese en Assiriese god, wat jaarliks gesterf en weer verrys het saam met
die sterwende en ontwakende plantegroei, oorspronklik Dumuzi, ‘die son wat opkom’
en voortkom uit die onderwêreld, maar oor die algemeen beskou word as die ‘getroue
son’ Taalkundig is beide interpretasies korrek, en geen Akkadiese kommentaar
bestaan om te verduidelik watter betekenis deur hulle aanvaar was nie. Die
interpretasie van: die son wat opkom’, ‘die opgewekte kind’ wat in hierdie
artikel aanvaar word, is nuut en verskil van alle sienings in die standaard
bedrywighede van die sekte. Maar dit is duidelik dat die vernaamste van hierdie
sekte die opwekking is van die sterwende god en die werkwoord “zi” staan vir die
kern van “zig” om op te kom, nie “zit” wat getrou beteken nie. (s. Langdon,
Sumerian Liturgies and Psalms, p. 287, 17, ušubba-za uziga-za, 'In thy fall and
in thy resurrection.')
Daar is baie titels van hierdie jeugdige god, wat deur sy suster bemin word, die
godin van hemel en aarde, Innini (Ishtar), wat jaarliks afdaal na Aralu (die
onderwêreld) ten tye van sy dood om hom terug te bring in haar boesem…Die
seremoniële weeklaag vir Tammuz tydens sy verblyf in Aralu is talryk en beskryf
elke aspek van die teologiese leringe oor hom. Hulle is altyd gekomponeer in
Sumeries, selde met interliniêre Akkadiese vertaling…Hy word beskryf as die
herder wat sy kudde verlaat omdat die herders in die weiveld sit en weeklaag vir
Tammuz…Daar is ‘n vreemde teenstrydigheid in hierdie gesange en weeklaag in
verband met die verwantskap van die moeder godin tot haar minaar, Tammuz. In die
vroë Sumeriese skrifte is sy sy suster, maar spoedig oorheers die siening dat sy
sy moeder is. Hierdie twee teorië verskyn teenstrydig regdeur die hele
geskiedenis van die sekte. Hy is egter altyd die eggenoot en minnaar van die
andersins konsekwent beskrywende maagdelike godin van liefde, Innini, Gestianna,
Bêlit-sêri(koningin van die veld van die onderwêreld) en die kult is spesifiek
geassosieer met die groot stad Erech, tuiste van die sekte van Anu, die hemelgod,
en Innini…Geen groot tempel was vir hom gebou nie en die min verwysings na ‘n
tempel van Tammuz by Umma, Ur, Lagash, Agade, verwys duidelik na altare in die
tempels van die plaaslike gode voorbehou vir die weeklaag en geheimsinnige
seremonies van die sekte. Aanbidding van Tammuz strek ver verby die lande as dit
waartoe Sumeriese geloof hoofsaaklik beperk was. Esegiël beskryf dit as stewig
gevestig in Jerusalem in die tyd, dit word genoem in die Christen tydperk in
Mandean en Siriese literatuur, het oorleef tussen die Sabeans en Harran tot so
laat soos die middel eeue. By Byblus in Sirië, was hy geassosieer met die Wes
Simetiese god Adonis…hy was voorgehou as ‘n god van genesing skenker van
gesondheid en een wat soos alle ander gode mag gehad het oor die demone.
Dit is duidelik dat ‘n sekte gebasseer op die dood en opstanding van ‘n
versoenende god, en op die liefde van ‘n goddelike moeder wat treur vir haar
seun, direkte veband hou met die feite en teologiese sienings gebaseer hierop,
wat geboorte gegee het aan Christenskap. Maar die vorm van die sekte wat
waarskynlik die oorsprong van Christenskap mees direk geaffekteer het is dat
Marduk van Babilonië geassosieer was met Tammuz. Tydens die “Nissan” of nuwe
jaars fees in Babilon, was vertel dat Bêl (Marduk) gevange gehou was in die
onderwêreld, en ‘n priester(es) treur by sy graf. ‘n Kwaaddoener was om die lewe
gebring saam met Bêl en saam het hulle afgedaal na die land van duisternis.
Beltis, sy vrou, daal na die hel om hom te soek, en Bel se klere word gegee aan
Ishtar (die moeder van Tammuz) Bel was neergelê in ‘n graf waarvandaan hy
spoedig te voorskyn kom.” (verwysing-14th edition, vol. 21, pp. 776-777)
Let op na die treurmare wat plaasgevind het vir ‘n tydperk van 40 dae (elders
aan die lig gebring) dit was toegepas op die Christen geloof as die 40 dae van
‘n half-vas. Dit was die treursange wat plaasgevind het in Jerusalem toe Esegiël
daarheen geneem was in ‘n visie.
Ishtar (uitgespeek as Easter) en Tammuz hou naby verband met mekaar! Sy was sy
suster, vrou, moeder, ens. Die hedendaagse Christen Paasfees met paaseiers,
paashaas ens. is direk geneem uit heidense gelowe.
DIENSTE MET SONOP:
Ezekiel gaan voort, 8:15-16. “En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, seun van Adam?
Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. 16 Toe bring Hy my na die
binneste voorhof van die huis van Yahweh; en kyk, by die ingang van die tempel
van Yahweh, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig
man, met hulle rug na die tempel van Yahweh en hulle gesig na die ooste, en
hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.”
Dis niks anders nie as Easter (Ishtar) sonop-dienste nie! Hierdie heidense
plegtighede is die plegtighede van aarde-en-plantegroei aanbidding. Ishtar was
die godin van Lente. Lente is wanneer die aarde ontwaak tot lewe na die dood van
die Winter. Ishtar, soos Persephone, was ‘n godin wat in die onderwêreld was vir
6 maande en in die bo-wêreld vir ses maande.
Die verdorring van plantegroei tydens Herfs was ‘n vorm van die dood van Tammuz.
Hy het na die onderwêreld gegaan vir 6 maande (herfs of winter) Ishtar het na
die onderwêreld afgedaal om hom terug te bring na die bo-wêreld op ‘n bepaalde
dag in die lente (gewoonlik in April) die godin sou dan terugkeer met Tammuz by
haar. Dit was verteenwoordig deur die sonopkoms van daardie spesifieke dag! Daar
was vele blydskap en feesviering onder die mense terwyl hulle die terugkeer van
Lente asook die terugkeer van hul heidense godin Ishtar en heidense god Tammuz,
gevier het.
Hedendaagse Christenskap is mislei om die heidense gebruike te volg in plaas van
die Woord van YAHUVEH. (Hierdie feit is erken deur “the Encyclopedia
Britannica's article on Tammuz.”)
Die vraag is; Is dit geoorloof om die (Easter) Paasdiens tydens sonop te herdenk
vir die Ware Messias, die opgestane YAHUSHUA? Is dit moontlik vir heidense
gebruike en die aanbidding van die Ware Skepper om hand aan hand te gaan? Die
antwoord word gevind in die Boek van Handelinge (natuurlik word dit gevind reg
deur die Skrif)
YAHUVEH het vir Esegiël gevra, Eseg.. 8:17-18.” En Hy sê vir my: Het jy dit
gesien, seun van Adam? Is dit dan vir die huis van Yehudah te gering om die
gruwels te doen wat hulle hier bedryf, dat hulle die land met geweld gevul en My
nog meer getart het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou! 18 Daarom
sal Ek ook in gramskap handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar
nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister
nie.”
Dit het met die Joodse mense gebeur! Dit het eintlik twee maal gebeur en sal ‘n
derde maal gebeur volgens die Skrifte. Maar dit gaan ook met die nie-Joodse
wêreld gebeur! Paulus skryf dat YAHUVEH eerstens SY woede uitstort op die Jood
en dan op die heidene.(Rom.2:9) YAHUVEH se woede gaan neerkom op ‘n wêreld wat
so betrokke is in afgode soos Israel en Juda was en steeds tans is!
DIANA/ ARTEMIS
Die naam Diana was te siene in een van die uittreksels en verwys slegs na nog ‘n
naam vir Ishtar. Ons het ‘n insident van ‘n konfrontasie tussen die aanbidders
van Diana(Artemis) en die Nuwe Testamentiese vergadering in die boek van
Handelinge 19.23-27. “En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met
betrekking tot die Weg ontstaan nie. 24 Want iemand met die naam van Demetrius,
'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Artemis, het 'n aansienlike
verdienste aan die ambagsmanne verskaf. 25 En toe hy hulle en die werkers in
daardie soort bedryf bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons
welvaart uit hierdie verdienste is, 26 en julle sien en hoor dat nie alleen in
Efese nie, maar byna in die hele Asië hierdie Shaúl 'n aansienlike skare
oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen magtiges is wat met
hande gemaak word nie. 27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons
in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot magtige, Artemis as
niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië ja, die wêreld,
vereer, ook tot niet sal gaan.”
Wie is dit wat verheug is in die voorgehoue waarneming van heidense feeste? Dit
is die handelaars natuurlik! Die handelaars van die wêreld word grootliks verryk
deur die waarneming van heidense feeste. As mense die waarheid sou volg, sou die
waarneming van heidense feeste heeltemal omvergewerp wees en vernietig word. Die
handelaars sou hulle deure moes sluit as gevolg van ‘n gebrek aan
verkope.Wanneer magtige Babilon val sal die handelaars treur en weeklaag oor
haar omdat niemand meer hul ware koop nie. (Openb. 18:11).
Die Boek van Openbaring staaf dat nie alleenlik die handelaars sal treur nie
maar ook die konings (leiers) van die aarde. (Openb. 18:9).Dit is die handelaars
en leiers van hierdie wêreld wat voortdurend heidense Babilon propageer. Waarom?
Want hulle kan gerieflik leef deur die magtige krag en rykdom wat deur die
sisteem gegenereer word.
Wanneer die Nuwe Testamentiese Gemeente besig was met hul werk om die Waarheid
en die Koningkryk van YAHUVEH te publiseer, was die posisie van die wêreldleiers
en handelaars bedreig. So ook die posisie van die heidense priesterskappe. Hulle
tempels en vals Elohim was omvergegooi en vernietig. Hier is Nuwe Testamentiese
bewys dat heidense gebruike en die Weg van YAHUVEH nie gekombineer mag word nie,
hulle mag nie vermeng nie! Die volle Waarheid sal mense wegdraai van die
heidense gebruike van hierdie wêreld ten gunste van die onderhouding van die
Skrifte.
Die handelaars, leiers en heidense priesters van hierdie wêreld verheug hulle in
die viering van 1 Januarie (Nuwejaarsdag) Valentynsdag, Paasfees, Halloween,
Thanksgiving, Kersfees en Sondagaanbidding. Hierdie is almal onskriftuurlike
onderhoudings! Maar die onderhouding van hierdie dae bewerk vir hulle mag en
rykdom. Daarom is hul net soos Dimitrius die silwersmid en die vakmanne en
handelaars van daardie dag.
DIE BEELD WAT NEERGEDAAL HET
Handelinge 19:35 sê: “ Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en
gesê: Efesiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die
Efesiërs die tempelbewaarder is van die groot magtige, Artemis en van die beeld
wat uit die hemel geval het nie?”
Die interessantse van hierdie stelling “die beeld wat neergeval het van Jupiter
(KJV)...” is dat dit vertaal is vanaf die Griekse woord diopetes (Diopetou/j).
Strong's Exhaustive Concordance onthul dat hierdie Griekse woord diopetes
vertaal is uit twee ander Griekse woorde. Die eerste woord is: #2203- Zeuj Zeus
dzyooce; agtervoegsel is onseker; indirek word daar eerder gebruik gemaak van
die naam (en waarskynlike oorsprong) Dij, Dis, deece; Zeus of Dis (onder die
Latyne bekend as, Jupiter of Liefde), die vernaamste god van die Grieke.
Die tweede woord is: #4098 piptw pipto, pip'-to, wat verduidelik kan word as:
verwant aan 4072 die idee van afkom of landing; om te val (letterlik of
figuurlik).
Die “Encyclopedia Britannica”, 14de uitgawe het hierdie te sê omtrent Zeus die
Griekse eweknie is van die Romeinse god Jupiter...en om die Homeriese Zeus te
waardeer moet ons die laer mistieke mitologiese aspek van homon onderskei,
waarin hy voorkom as ‘n verliefde en wispelturige god, dikwels met ‘n gebrek aan
waardigheid en ware mag asook die hoër godsdienstige aspek waarvolgens hy
waargeneem word as die algehele-vader. Om die waarheid te sê het latere Griekse
godsdiens nie bo die hoë Homeriese watermerk gestyg nie, alhoewel die digters en
filosowe wel sekere eerbare kenmerke opgediep het. Maar ons weet teen die tyd
dat Homer ‘n relatiewe nuwe getuie in dié verband is. Tog het spore van oer-gode
en animistiese tydperke hier en daar oorleef b.v. In Arkadië vind ons dat
donderweer Zeus genoem word (Zeuj Keraunos) Volgens‘n Mantineaanse inskrywing,
en die rots naby Gythium in Lakonië, “waarop Orestes gesit het toe hy genees was
van sy kranksinnigheid, heel duidelik ‘n donder-klip genaamd Zeuj kappwtaj, wat
verstaan word as “Zeus that fell from heaven" (Pausan iii. Ww. I.); kan ons hier
waarneem dat die god nie persoonlik afkomstig is van die goddelike ding of
goddelike verskynsel nie...Hy is die gees van die wêreld, die wet van die heelal,
die universiele redenasie, en alle ander gode is slegs gedeeltelike
manifestasies van hom” (cf. Diog. Laert. vii. 147). Soos ons ook kan sien uit
die gesang van of Cleanthes (frase 48), en van die aanhaling daarvan deur van
St. Paul's (Acts xvii., 28—Arat., phaen. 5),was hy deur die Stoics waargeneem as
die vader van die mensdom...who 'alone of mortal things that live and move upon
the earth' were created in his image." (vol. 23, pp. 948-949)
Is dit nie interessant nie dat Diana, Artemis, Ishtar, ens. geassosieer kan word
met ‘n god wat uit die hemel geval het!
Volgens “International Standard Bible Dictionary” is die Griekse woord diopetes:
“Heilige Steen”. Griekse diopetes (letterlik – uit die lug geval; sien Bauer,
rev., p. 199) en word deur die RSV voorgehou as die heilige rots wat uit die lug
geval het. (cf. AV 'image which fell down from Jupiter'; NEB 'symbol...which
fell from heaven'). En dat dit heelwwaarskynlik ‘n meteoriet is wat aanbid was
as ‘n afbeelding van Artimis. Vir ander voorbeelde van meteoriete wat vereer
word as beelde van gode of godinne, sien F. F. Bruce, Acts of the Apostles”
(2nd. ed. 1952, repr. 1970), p. 367.
Om my punt te staaf, wie was dit wat “uit die hemel geval het” YAHUSHUA het gesê:
“Ek het satan sien val uit die Hemel soos weerlig” Luk. 10:18.
DIE GEVALLE EEN
Wanneer het hierdie gebeurtenis plaasgevind? Dit moes voor die vloed gebeur het!
Ons weet dat die slang, satan, in die tuin van Eden was. Die profeet Esegiël was
geïnspireer om die volgende te skryf: “
Eseg. 28:12-19. “Seun van Adam, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tsor, en
sê vir hom: So sê die Meester Yahweh: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol
wysheid en volmaak in skoonheid. 13 Jy was in Eden, die tuin van Elohim;
allerlei edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, grisoliet,
oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou
kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy
was 'n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n
afgesonderde berg; 'n Elohim was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
15 Jy was volkome in jou weë; van die dag af dat jy geskape is, totdat daar
ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het
hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as
onafgesonderde van die berg vir magtiges weggedryf, en Ek het jou tussen die
vurige gesteentes uit vernietig, o gerub wat beskut! 17Hoogmoedig het jou hart
geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het
jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat
hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die oorvloed van jou ongeregtighede, deur
die onreg van jou koophandel, het jy jou afgesonderde plekke ontwy; daarom het
Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot
as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. 19 Al jou
bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en
sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.”
Let wel dat hierdie wese ‘n gerub is. ‘n Gerubs is engelwesens met vlerke.
Hierdie wese was in die tuin van Eden. Die enigste individue, waarvan gepraat
word, in die tuin was Adam, Eva, YAHUVEH en die slang. YAHUVEH inspireer Esegiël
om te skryf teen die gerub so dit kan onmoontlik nie HYSELF wees nie. Adam en
Eva was beide oorlede teen die tyd dat Esegiël geleef het, so waarom sou die
profesie oor hulle wees? Daar is net een ander wese genoem en dit is die slang.
Die slang is steeds hier teen die tyd van die einde soos onthul in die Boek van
Openbaring: “
Openb.12:9. “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word
duiwel en die Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde,
en sy boodskappers is saam met hom neergewerp.”
Let daarop dat hierdie wese perfek was op die dag toe hy geskep was, maar
verderwing het ingetree as gevolg van sy skooneid. YAHUVEH praat van sy
heiligdomme. Die woord kom van die Hebreeuse woord "vdqm / miqdash" wat vertaal
kan word as Heilige plek(ke) of selfs Heilighede.
Dit is duidelik dat satan ten minste een maal van tevore uit die Hemel gewerp
was en miskien selfs meer as een maal. Dit blyk dat hy, nadat hy uitgewerp was,
weer deur sy sluheid daarin slaag om te herreis en homself weereens te verhoog
tot die Hemel. Hoe kry hy dit reg? Deur die mens en engele ens. te mislei om hom
te dien en te aanbid. Hoe kan hy die mens so maklik verlei? Het hy nie vir Eva
vinnig verlei in die tuin van Eden nie? Is die mens nie mislei deur die
verskillende heidense godsdienste van die wêreld nie? En ja, wat van Diana,
Artemis, Aphrodite, die Hemelkoningin, Ishtar en Easter? Wat van Zeus, Jupiter,
Baal, Bel, ens.? hy is in staat om die mens te verlei want die mens draai sy oë
weg van die waarheid en fokus op mites, fabels, leuens en valsheid. Wat van jou?
Het jy geval vir hierdie subtiele misleiding?
DIE PASGA
Die The Encyclopedia Britannica erken dat daar, in die Nuwe Testament, geen
waarneming van die fees van “Easter”is nie, ook nie in die skrywe van die
apostoliese vaders nie. Die heiligheid van spesiale geleenthede was ‘n idee wat
afwesig was in die gedagtes van die eerste Christene wat voortgegaan het om die
Joodse feeste te herdenk alhoewel in ‘n nuwe gees, as herinnering van gebeure
wat hierdie feeste weerspieël het. (sien The Encyclopedia Britannica 14th
edition, vol. 7, p. 859)
Dit is absoluut korrek! Die Apostels was beveel om die Pasga te gedenk. Paulus
het geskryf: “
1 Kor. 5:7-8. “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees
- soos julle inderdaad ongesuurd is - want ook ons Pesaglam is vir ons geslag,
naamlik die Messias. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die
suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die Ongesuurde Brode van reinheid
en waarheid.”
YAHUVEH het Israel oorspronklik verlos uit Egipte deur die offer van die paaslam.
Die bloed van die lam moes op die deurposte (sykante en bokant) van die huis
wees anders sou die doods-engel inkom en alle eersgeborenes vernietig. (Ex.
12:6-13) “En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie
maand; en die hele vergadering van die gemeente van Yiesraël moet dit slag
tussen die aande. 7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee
deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 8 En hulle
moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde
brode moet hulle dit met bitter kruie eet. 9 Julle moet daarvan nie eet as dit
rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop
en pootjies saam met die binnegoed. 10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly
tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur
verbrand. 11 En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle
skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet.
'n Pesag van Yahweh is dit. 12 Want Ek sal in hierdie nag deur Mietsrayiem trek
en al die eersgeborenes in Mietsrayiem tref, van mense sowel as van diere. En Ek
sal veroordelings uitdeel aan al die magtiges van Mietsrayiem, Ek, Yahweh. 13
Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek
die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag
onder julle wees wanneer Ek Mietsrayiem tref nie.”
Op die vooraand van die dood van YAHUSHUA het HY die gebruik van die lam-offer,
wat nog altyd SY dood voorgestel het, vervang met ‘n ander gebruik. Hierdie nuwe
gebruik sou wees ter herinnering van SY dood wat plaasgevind het op die
vasgestelde tyd. HY het die voorbeeld gestel vir SY dissipels en alle Gelowiges
om te volg ter nagedagtenis van HOM wat die Ware Pasga-Lam van YAHUVEH is. In
die nag waarin HY veraai is het HY brood geneem, dit geseën en dit gebreek en
aan SY dissipels gegee en gesê: “Neem eet, dit is MY liggaam” (Mat.26:26) Daarna
het HY die beker geneem en gedank en dit aan hulle gegee en gesê: “Drink almal
daaruit want dit is MY bloed, die Bloed van die verbond, wat vir baie uitgestort
word tot vergifnis van sondes.”(v. 27).
Die Apostel Paulus skryf: “1 Cor. 11:23-26. “ Want ek het van die Meester
ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Meester Yahshua in die nag
waarin Hy verraai is, brood geneem het; 24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit
gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek is; doen dit
as herinnering aan my. 25 Net so ook die beker na die ete, met die woorde:
Hierdie beker is die nuwe verbond in my bloed; doen dit, so dikwels as julle
daaruit drink, as herinnering aan My. 26 Want so dikwels as julle hierdie brood
eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Meester totdat Hy
kom.”
Let wel dat ons sorgsaam SY dood herdenk totdat HY kom. Natuurlik is ons verheug
in SY opstanding, maar ons word beveel om die Pasga te herdenk net soos HY dit
gedoen het.
Ons hoef nie meer ‘n lam te slag nie. YAHUSHUA is die Pasga-Lam van die nuwe
Verbond. Ons moet voortgaan om van die ongesuurde brood te eet en te drink van
die beker wat tekens is van SY gebreekte liggaam en SY bloed wat vergiet was.
Ons moet uitkom uit hierdie bose wêreld deur ons Pasga-Lam, YAHUSHUA, net soos
Israel verlos was van die bose wêreld gedurende hul tyd deur die pasga-lam
offer.
DIE NAGEDAGTE
Pasga viering moes ‘n herinnering wees vir die kinders van Israel:
Ex. 12:14.” En hierdie dag moet vir julle 'n herinneringsdag wees, en julle moet
dit as 'n fees tot eer van Yahweh vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n
ewige insetting vier.”
Die Hebreeuse woord vir herinnering is "zikrown" (!ArK'zI). Zikrown word soos
volg verduidelik; vanaf 2142; “a memento” (or memorable thing, day or writing)
in Strong's Exhaustive Concordance. Die stam woord is #2142 "zakar" en word soos
volg verduidelik; ‘n primitiewe stam; duidelik te merk (om sodoende herken te
word), o.a. om in herinnering te roep;
(by implication, to mention; also (as denominative from 2145) to be male (Ibid).
‘n Herdenking is dieselfde as ‘n nagedagte. Volgens Lukas (Luk. 22:19) en Paulus
(1 Kor. 11:24-25), toe YAHUSHUA die Pasga bedien het aan SY dissipels, het HY
gesê dat hulle dit moes doen ter nagedagtenis van Hom. YAHUSHUA sou Hebreeus
gepraat het en sou die presiese Hebreeuse woord gebruik het wat gebruik word in
Exodus 12.
Die oorspronklike Pasga-Lam was ‘n soort heenwysing van die ware Pasga wat die
wêreld sou binne-kom. Die Apostel Paulus het geskryf:1 Kor. 13:8-10. “Die liefde
vergaan nimmermeer; maar profesieë - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle
sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons
profeteer ten dele. 10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is,
tot niet gaan.”
Die woord "volmaak" is vanuit die Griekse woord "telos" - #5046 in Strong's
Exhaustive Concordance. Die definisie daarvan is: vanaf 5056; kompleet (in
verskeie gevalle van werk, groei, verstandelike en sedelike karakter, ens.);
neuter (as werkwoord, saam met 3588) voltooid.
Die stam woord (#5056) is "telos" en word as volg verduidelik; vanaf ‘n primêre
tello (om te werk na ‘n definitiewe mikpunt of doel); (by implikasie) die
volbringing van ‘n aksie of toestand [voleindiging (letterlik, figuurlik of
onbepaald), resultaat (direkte, Finale of profetiese), doel); vernaamlik, ‘n
belasting of heffing beskou as vereffen]
Hierdie definisies is uiters belangrik om te verstaan want op ‘n ander plek
skryf Paulus: Rom. 10:4. “Want die Messias is die einde van die Torah tot
geregtigheid vir elkeen wat glo.”
Die woord “einde” word vertaal vanaf dieselfde woord as wat “volmaak” vertaal
word in 1 Kor.13:10 YAHUSHUA het nie gekom om die Wet en Profete te vernietig
nie maar om dit te vervul. (Mat. 5:17-18).
As ons kyk na die stam woord het “telos” te make met ‘n belasting of heffing (vereffen)
Wat was die belasting of heffing? Was dit nie die dood nie? (Rom. 5:12-14 &
6:23, eerste deel)
Israel was die slawe van die Egiptenaars. Die Pasga wat hulle gevier het, het
hulle verlos van daardie slawerny. Maar hulle sowel en die ganse mensdom was
slawe van ‘n veel groter meester, sonde en die dood. YAHUSHUA, die ware Pasga-Lam
was die eindpunt, die mikpunt. Hy is die voleindiging van die wet van sonde en
die dood vir elkeen wat glo en HOM volg. Hoeveel groter is die offer van
YAHUSHUA ! Die oorspronklike Pasga was net gedeeltelik gegee totdat die ware
Pasga ingestel kon word. Dit het Israel verlos van slawerny uit Egipte, maar dit
het nie hul harte verander nie. Kyk na die 40 jaar van omswerwinge in die
woestyn. Kyk na hul vele pogings om terug te keer na Egipte, en selfs nadat
hulle vry was in die beloofde land het hulle hul steeds gewend tot afgode van
die volke rondom hulle en moes hulle later omvergegooi word en verwoes word.
Die Apostel Paulus waarsku: 1 Kor. 10:14” Daarom, my geliefdes, vlug vir die
afgodediens.” ‘n Weerklinkende JA!!!!! Laat ons wegvlug van die afgodery van
“Easter” en van al die heidense afgode wat daardeur uitgebeeld word. Kom ons
onthou, en kom ons herdenk die ware Pasga van YAHUSHUA die MESSIAS. Kom ons
verwyder ook dit wat net heenwys en kyk en onthou dit wat volmaak en voltooi is,
om te getuig, YAHUSHUA die MESSIAS, ons Pasga en Verlosser. HalleluYAH!!!!!