Dit is wat gespreek was deur die profeet Joel;
En daarna sal EK (YAHUVEH) my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae MY Gees uitgiet.
Nadat Petrus hulle vraag geantwoord het oor wat gebeur het, het hy hierdie boodskap gegee—YAHUVEH se boodskap aan Israel in v. 22-36. Wat was die boodskap van Pentecost/Pinkster? Petrus se punt in die boodskap is dat YAHUSHUA die Messias van Israel is. Petrus gebruik vier feite om te bewys dat YAHUSHUA die Messias was:
- SY wonderwerke bewys dat HY gestuur was deur YAHUVEH. (v. 22)
- SY dood was volgens YAHUVEH se plan (v. 23)
- SY opstanding was geprofeteer in die Ou testament en bewys dat HY die Messias is (v. 24-32)
- SY Hemelvaart en SY uitstorting van die RUACH HA KODESH was geprofeteer en bewys dat HY die Messias is (v. 33-35)
Pinkster/Shavuot is ‘n fees wat die neerdaling/uitstorting herdenk van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) op die Apostels en vroue volgelinge van YAHUSHUA, tien dae na Hemelvaart Donderdag.
Die Joodse Fees van Pinkster, of Shavuot, word ook genoem:
Die Fees van Weke (Deuteronomium 16:10)
Die Oes-Fees (Exodus 23:16)
Die Dag van Die Eerstelinge (Numerie 28:26)
Pinkster is die enigste fees in die Skrif waarvoor geen spesifieke datum gegee is nie. Inteendeel, die mense was beveel om “sewe weke te tel” vanaf die oggend na die Sabbat, vanaf die dag wat hulle die gerf [omer] van die beweeg offer gebring het.
Lev. 23:15 Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees;[WeG Bybel]
Cette fête a lieu au mois de mai ou juin selon le calendrier grégorien. C'est la conclusion réussie de la première saison de la culture de blé et la célébration de l'anniversaire du don de la Torah sur le Mont Sinaï.
Hierdie heilige dag vind plaas in die maande van Mei en Junie op die sekulêre kalender. Dit is die suksesvolle afhandeling van die eerste plant seisoen van koring en die herdenking van die gee van die Torah op die Berg Sinaï.
Die mees basiese verduideliking van Pinkster is dat dit plaasvind wanneer die Eerstelinge van die Koring Oes geoffer word aan YAHUVEH. Maar die belangriker feit is dat Shavuot/Pinkster die fees is van die herdenking van die gee van die “Wet” of Torah op die Berg Sinaï (Exodus) EN dit is wanneer YAHUSHUA eerste met die Heilige Gees en Vuur gedoop het. (Handelinge)
2 Korinthiërs 3:3-6
3 omdat julle duidelik 'n brief van die Messias is deur ons diens berei, geskryf nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende Elohiem; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
4 So 'n vertroue het ons deur die Messias by Elohiem.
5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit Elohiem,
6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe verbond, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.”[ WeG Bybel]
Soms is die woord “Torah” ‘n verwysing na :
-Die hele opsomming van die Woord van YAHUVEH (bedoelende “Die Bybel” sowel as al die profetiese woorde ens. wat waarlik vanaf YAHUVEH is, sien Daniël 10:21)
-maar meestal word “Torah” gebruik om die Chumash te beskryf (vanaf die woord wat “vyf” beteken in Hebreeus) of Pentateuch (wat die woord “vyf” beteken in Grieks). Die Chumash/Pentateuch is die eerste vyf boeke van die Bybel. Dit is hoe dit hier gebruik word.
Die Torah is sonder gelyke . YAHUVEH het dit werklik gespreek. Dit was nie deur ‘n droom, visioen of inspirasie nie. Dit was aan Moses gedikteer deur die hoorbare stem van YAHUVEH. Dit het spesiale betekenis.
Torah is die Goddelike geïnspireerde boek van openbaring van YAHUVEH. HY openbaar aan jou hoe jy as gelowige moet leef. HY leer jou. Moses dit perfek neergeskryf volgens die skrifte, net soos hy dit van YAHUVEH gehoor het.
1 Johannes sê dat die Wet gegee was deur Moses, maar Genade en Waarheid het gekom deur YAHUSHUA HA MASHIACH. Dikwels word die woord Wet gebruik om na die Torah te verwys (soms ook Pentateuch genoem). Dit is wat aan Moses gegee was op die Berg Sinaï vir veertig dae lank. (Sommige mense glo dat die Mondelinge Torah aan Moses gegee was tesame met die Geskrewe Torah, maar dat dit nooit neergeskryf was nie). Die kombinasie van Misnah en die Gemara word vandag die Talmud genoem (ook bekend as die Mondelingse Torah). Deur sommige is dit hoër geag as die Geskrewe Torah (maar in der waarheid is dit NIE).
Ons weet dat Israel vir ‘n lang tyd sonder die Torah was. Vir ‘n tydperk voor die regering van Josia, was die Israeliete sonder die Torah. Toe Josia dit gevind het, het hulle onmiddelik die Pasga gehou. Indien daar ‘n Mondelingse Torah bestaan het, sou hulle dit herdenk het. Daarom weet ons dat die Mondelingse Torah-tradisie GEEN BASIS het nie. Dit is die tradisies van mense waarvan YAHUSHUA gepraat het. Mattheus15:6 “So het julle dan die gebod van Elohiem kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering [...] 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.”
Nog ‘n ding wat in gedagte gehou moet word is dat die Talmud YAHUSHUA belaster. Ongelukkig gebruik sommige van die Messiaanse Gemeentes die Mondelingse Torah, wat demoniese gemors is. (Alhoewel die Talmud nie Goddelik geïnspireerd is nie, is dit tog ‘n ondersteunende bron van verskeie historiese kwessies. Byvoorbeeld, dat dit bewys is dat YAHUSHUA geleef het, en dat HY daarop aanspraak gemaak het dat HY en SY VADER EEN was, en dit sê ook dat SY bediening die uitdryf van demone ingesluit het. Ook vertel dit vir ons dat Maria, die moeder van YAHUSHUA, die dogter van Heli was. (Dit beteken dat Mattheus 1 die geslagsregister van Josef uitwys, terwyl die een in Lukas dié van Maria uitwys).
Die mees belangrikste gedeelte in die Bybel wat YAHUSHUA se verhouding beskryf t.o.v. die (ware) TORAH is Mattheus 5 (lees dit). Hier, gee HY verskeie standpunte oor die Torah: – sal nooit gekanselleer word nie (nooit verbygaan nie). Die Torah is die fondamentele openbaring van YAHUVEH aan die mens – YAHUSHUA het gekom om dit te vervul. In ‘n Hebreeuse lig beteken dit dat HY absolute, finale outoriteit het om dit te interpreteer.
Skrif word dikwels deur teoloë geïnterpreteer d.m.v. Griekse en Romeinse filosofie...dit is totaal en al verkeerd. (Dit behoort altyd geïnterpreteer te word soos YAHUSHUA dit gedoen het. Onthou julle die gewilde “WWJD”… ons sal dit moet verander na “What Would YAHUSHUA Do?”) Genade en Waarheid kom deur YAHUSHUA. Genade, omdat HY ons Weg van Redding is en Waarheid omdat HY VADER YAHUVEH aan ons openbaar.
HY spreek SY Woord en Sy bedoeling verander nie (Num. 23:19). YAHUSHUA is die enigste weg na die VADER (Joh.14:6) en YAHUVEH word alleenlik aan ons bekend gemaak deur YAHUSHUA (Joh.1:19). Daarom moet ons die “Wet” interpreteer soos YAHUSHUA dit gedoen het en dit ook beoefen soos HY gedoen het (Mattheus 10:24-25; Johannes 13:15-16; Lukas 6:40; Filippense 2:5; 1 Petrus 2:21; 1 Johannes 2:6). HY het SY hele lewe lank die weeklikse Sabbat onderhou asook die Hoog-Heilige Sabbatte (Lukas 4:16; Hebreërs 4:15; 1 Johananes 3:4) en gedurende die Millenium sal ons dit ook doen (Jesaja 66:23). Die boek van Jesaiah profeteer dat hierdie in die laaste dae sal herleef.
Jy is ‘n lid van die huis van Israel omdat jy ingeënt is. Lees die hele hoofstuk van Romeine 11, veral verse 16-21. Al die verbonde wat met Israel gesluit is, is joune deur die Bloed van YAHUSHUA.
WAT BETEKEN DIE AFTELLING VAN DIE OMER?
Om die Omer af te tel is ‘n spesiale benaming om die datum van die Fees van Weke of Pinkster/Shavuot vas te stel.
...hierdie is almal verskillende benamings vir dieselfde Heilige Dag van YAHUVEH wat ons vind in Lev. 23:15-22 asook elders in die Torah. (Die Bybel sê nie uitdruklik vir ons wanneer die spesifieke dag van Pinkster is nie. In plaas daarvan, moet ons aftel vanaf Pasga of Eerstelinge).
Pasga en Eerstelinge is deel van die Fees van Ongesuurde Brood, wat die eerste is van drie hoof feeste opgeteken in Eksodus 23:14-17 [1] Ongesuurde Brood, [2] Pinkster & [3] die Oes Insameling) Almal van hierdie het te doen met die inbring van die Oeste...dink aan Lukas 10:2 en Johannes 4:35. (Hierdie oestye en feeste is almal patrone en heenwysings na dinge wat was (en sommige dinge) wat nog steeds sal kom.
Die datum van eerstelinge word deur mense bepaal (en dus ook die datum van Pinkster) en gewoonlik kry hulle 3 weersprekende datums. YAHUVEH is NIE die outeur van wanorde nie. Hierdie is eintlik eenvoudig. Ek moet dit uit-tik...dit is eintlik vermoeiend. Al wat julle moet doen is om ‘n Bybel te kry, maak seker dat jy dit gebruik en kyk of dit wat ek skryf in lyn is met die Woord...klink dit reg?
HOE OM DIE DATUM VAN EERSTELINGE TE BEPAAL (& DERHALWE OOK PINKSTER)
Terwyl jy hier lees moet jy in gedagte hou dat ‘n dag, in die Bybel, ‘n aand en ‘n môre is. Dae begin en eindig met skemer, ook sononder genoem (kyk in Gen.1)!
Die Bybel gee nie vir ons direk die spesifieke datums vir Eerstelinge of Pinkster nie, maar gee ons, in plaas daarvan, die datum wat betrekking het op Pasga. Die “Voorbereidingsdag van Pasga” is die 14 de Nissan. Die werklike dag van Pasga (begin teen sononder op 14 Nissan maar) is op die 15 de Nissan. Pasga is die 1 ste dag van die Fees van Ongesuurde Brood (‘n week-lange fees).
Die Bybel sê vir ons dat die Eerstelinge “die dag na die Sabbat” is (lees Levitikus 23).
Die eerste dag en die laaste dag van die Fees van Ongesuurde Brood is beide {Hoog-Heilige} Sabbatte. (Met {Hoog-Heilige} Sabbat bedoel ek ‘n Heilige Dag waarop ons beveel was om te rus. Ek gebruik die woord “Hoog-Heilig” om dit te onderskei van die weeklikse, 7 de dag, Saterdag Sabbat).
Uit die konteks van die hoofstuk, moet Eerstelinge die dag wees na een van 3 verskillende Sabbatte:
[1] die weeklikse, Saterdag Sabbat;
[2] Pasga Dag, ‘n {Hoog-Heilige} Sabbat;
of [3] die laaste dag van die Fees van Ongesuurde Brood, ook ‘n {Hoog-Heilige} Sabbat.
Daar is baie debatte oor watter een van hierdie die regte een is.
Die korrekte dag van Eerstelinge is die dag na 15 Nissan; 15 Nissan is die 1 ste dag van die Fees van Ongesuurde Brood. Eerstelinge is op 16 Nissan (Die 2de dag van die Fees van Ongesuurde Brood). Hoe kan jy verseker weet (as jy sê) dat die Eerstelinge die dag na Pasga is?
Wel Joshua 5:10-11 het ons antwoord:
Dit sê: Jos. 5:10-11 11 “En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.” (WeG bybel)
Levitikus 23:14 praat oor die Eersteling Offer…
14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle Elohiem bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
In Lev 23:14, verbied YAHUVEH SY mense om geroosterde graan te eet “tot daardie selfde dag toe, totdat julle die offer van julle Elohiem bring” en in Joshua 5:10-11 sien ons dat die Israeliete die Pasga seremonie (maaltyd) gehou het soos beveel in Lev.23:4-8 EN die dag na Pasga, “dieselfde dag” het hulle geroosterde graan geëet.
Joshua 5:10-11
10 Terwyl die kinders van Yiesraél by Ghielghal uitgekamp het, het hulle die Pesag gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Yerigo.
11 En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.”(WeG Bybel)
Onthou Pasga begin wanneer 14 Nissan eindig (teen skemeraand), maar Pasgadag, die eerste dag van die Fees van Ongesuurde brood, is op 15 Nissan. Derhalwe is die dag na Pasga die 2 de dag van die Fees van Ongesuurde Brood. Dit is die korrekte dag van Eerstelinge.
HOE TEL MENS DIE OMER?
Levitikus 23 sê die volgende van “tel die omer”:
15 Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees; tot die dag na die sewende Shabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe voedseloffer aan Yahweh bring.”
YAHUVEH sê vanaf die dag van eerstelinge moet sewe weke afgetel word, daardie dag is dan die dag van Pinkster (in vers 15)...OF ...tel vanaf die dag van Pasga sewe weke en voeg een dag by, daardie dag is die dag van Pinkster (in vers 16). Om dit op die manier te doen soos gevind in vers 15 is eenvoudiger as die manier in vers 16.
WAT HIERDIE PINKSTER BETEKEN VIR DIE MENSE VAN YAHUVEH!
BRUID VAN YAHUSHUA...hulle wat geliefd is deur HOM en julle Hemelse Vader, Almagtige YAHUVEH...meer as ooit tevore…VERWAG ‘N GROTER SALWING en VULLING MET DIE RUACH HA KODESH!
Julle kan deur wêreldse gebeure sien dat die tyd vinnig uit hardloop en baie spoedig sal ‘n dag van dood, verwoesting en angs alle nasies oorval, insluitende Amerika. Terwyl die wêreld boser word, word die mense van YAHUVEH meer HEILIG, soekend na HOM met hul hele hart, verlaat SONDE en strewe daarna om in algehele GEHOORSAAMHEID te wandel volgens die gebooie en insettinge van YAHUVEH.
Hierdie kan die LAASTE PINKSTER wees wat deur die Bruid van YAHUSHUA gevier word op aarde. Ons glo en bid dat YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid op hierdie komende Rosh Hashanah. Maar ongeag wanneer HY kom, moet ons HEILIGHEID elke dag in ons lewens begeer, en GEHOORSAAM bly ongeag wat ookal gebeur!
GEE DIE DUIWEL ELKE DAG ‘N BLOU-OOG! Hoe? Hou aan om in GEHOORSAAMHEID aan YAHUVEH te wandel! Die vyand doen alles in sy vermoë, terwyl hy probeer om die mense van YAHUVEH se aandag weg te lei van HEILIGHEID en GEHOORSAAMHEID. Moenie dat jou aandag afgelei word deur wêreldse belange of aanvalle deur vriende of geliefdes nie. Staan vir dit wat jy weet reg is en moenie die vyand toelaat om enige iemand te gebruik om jou te intimideer om toe te gee nie!
* * * * * * *
Na die Hemelvaart van YAHUSHUA,waar die apostels onttrek het na ‘n huis in Jerusalem, het hulle daar gewag vir die RUACH HA KODESH, wat YAHUSHUA belowe het.
“Die Pinkster” verwys na ‘n historiese gebeurtenis wanneer, volgens YAHUSHUA-aanse oortuiging, die uitstorting van die RUACH HA KODESH – ‘n transformerende en diepgaande ondervinding plaasvind, soos beskryf word in die boek van Handelinge 2:1:
1 En toe die dag van Shavuot aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
2 En daar kom skielik uit die Hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit
4 En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin praat in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Die volgelinge van YAHUSHUA wat die RUACH HA KODESH ontvang het op die Dag van Pinkster was ‘n voorstelling van die “Eerstelinge”, van verlossing, wat betaal was met die kruisiging van YAHUSHUA!
Drie Fisiese tekens het plaasgevind om die koms van die RUACH HA KODESH te wys:
A. Klank van Wind wat Waai.
B. Visioene van vuurtonge wat op elkeen van hulle gaan sit het. Die vuurtonge wat op die dissipels gaan sit het verteenwoordig ‘n teofanie (‘n sigbare manifestasie van YAHUVEH). Dit verteenwoordig die dinastieke opvolging (bemagtiging) van YAHUSHUA se krag aan die RUACH HA KODESH wat die gelowiges lei.
C. Het met mekaar gepraat in tale/verskillende tale. Dit was belangrik in die sin dat dit noodsaaklik was vir die verspreiding van die Evangelie. Die RUACH HA KODESH het as tolk opgetree sodat elkeen wat daar teenwoordig was die boodskap, terwyl dit gepreek was, in hul eie moedertaal kon verstaan.
“En daarna [of in die ‘laaste dae’] sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.”
(Joël 2:28)
WAAROM ONS BEVEEL WORD OM PINKSTER TE VIER!
Die Fees van Pinkster was ingestel, eerstens, om die Israeliete te verplig om die Tempel van die HERE te herstel en om daar SY heerskappy oor hul land te erken, asook hulle arbeid, deur die Eerstelinge van al hulle oeste aan HOM te offer.
Tweedens, ter herdenking van en danksegging aan YAHUVEH vir die wet wat gegee was vanaf die Berg Sinaï, op die vyftigste dag na hul uittog uit Egipte.
Dit was ‘n Fees wat gevier was op die vyftigste dag na die 16 de Nissan, wat die tweede dag van die Pasga Fees was (Levitikus 23:15,16). Die Israeliete noem dit die Fees van Weke (Eksodus 34:22) omdat dit gevier word sewe weke na die Pasga.
Dan het hulle die Eerstelinge van hul koringoes geoffer wat op daardie tydstip afgehandel was (Deuteronomium 16:9,10). Hierdie Eerstelinge het bestaan uit twee gesuurde brode, van twee tiendes van 'n efah fynmeel, of vyf pond elk (Levitikus 23:16,17).
HOE MOET ONS PINKSTER VIER!
Doen geen werk nie, net soos tydens die Sabbat. Bid en verwag ‘n GROTER SALWING. Spandeer meer tyd in die WOORD van YAHUVEH. Spandeer meer tyd om YAHUVEH te AANBID en te LOOF.
HALLELUYAHHHHHHHHHHH!!!