Gaan terug


Die verhaal van Purim


Purim word op die 14de dag van die Hebreeuse maand Adar gevier (en op Adar II in Hebreeuse skrikkeljare wat elke twee tot drie jaar plaasvind).



Eendag lank gelede, tussen die verwoesting van die Eerste Tempel en die opbou van die Tweede Tempel, was die Jode byna vernietig.

In die stad Shushan, weier Vashti, die Koningin van Persië, om die Koning van Persië, Ahasuerus se bevel, om voor sy gaste te verskyn, te gehoorsaam. Die Koning deursoek die land vir ‘n nuwe koningin. Tussen honderde ander applikante word Esther, die niggie van Mordechai die Jood, gekies.

Die Koning se eerste minister, genaamd Haman, is ‘n bose man. Haman,’n afstammeling van die stam van Amalek, haat die Jode en besluit om hulle dood te maak.

Hy oorreed Koning Ahasuerus om ‘n edik uit te vaardig wat bepaal dat alle Jode in die land vernietig moet word.

Mordechai pleit by Esther om met die Koning te gaan praat en sodoende die Jode te red. Met haar eie lewe op die spel, verskyn Esther voor die Koning sonder dat sy deur hom ontbied was. Sy onthul aan die Koning haar eie Joodse herkoms en ook Haman se bose planne.



Die Koning is woedend vir Haman, en vaardig ‘n bevel uit om Haman die slagoffer te maak van sy eie berugte sameswering. Haman en sy seuns word gehang en die Jode word gered.

Om hierdie wonderbaarlike omswaai van gebeure te herdenk, vier die Jode Purim op die 14de van Adar deur die Megillah te lees (die verhaal van Purim), ‘n Purim Fees te geniet, geskenke te stuur van kos aan ons vriende in nood en baie pret te hê.

Viering van Purim

Op Purim, is dit ‘n mitzvah (bevel) om te luister na die Megillat Esther (Die Boek van Esther)—ook sommer net verwys na as die: Megillah (boekrol)—hardop voorgelees. Die Megillah vertel die verhaal van Purim, ‘n verhaal van ‘n prinses, ‘n smeerlap, en ‘n held.

Daar is ‘n spesiale atmosfeer in die sinagoge gedurende die voorlesing van die Megillah. Kinders en soms ook volwassenes, daag op in kostuums soos tradisionele Esther en Mordechai vermommings.

Almal bring geraas makers wat hul skud wanneer “Haman”, die smeerlap in die storie, se naam genoem word tydens die voorlesing. ‘n Ander gebruik is om die naam van Haman onder die skoensool te skryf en dan jou voete te stamp totdat die onderdrukker se naam uitgewis is. Die gebruik om ‘n geraas te maak wanneer “Haman” se naam genoem word is baie oud en wydverspreid.

Purim Kosse

Dit is ‘n mitzvah om Seudat Purim (‘n feesmaal) te eet op Purim dag. ‘n Tradisionele kossoort is bekend as ‘n 'Haman hoed' wat geeët word deur heel eerste die drie hoeke van die hoed af te byt.

‘n Ander gebruik in verband met kos is Mishloach Manot of Shlach Manos (om porsies te stuur – mandjies voedsel). Dit is deel van die Purim atmosfeer om kinders en volwassenes deur die buurt te sien loop, geklee in kostuums, besig om mandjies en borde vol hamantashan en ander lekkernye uit te deel aan familie, vriende, en bure.

By die feesmaal, en gedurende die res van die dag, eet ons hamantashen (Haman se ore). Kreplach is ook ‘n soort kos wat geeët word tydens Purim.

Matanot LaEvyonim is Hebreeus vir "geskenke aan die armes". Op Purim, word van elke Jood verwag om ‘n minimum van twee geskenke te gee aan twee mense in nood. Die geskenke moet geld of voedsel wees. Sinagoges kom gereeld bymekaar op Purim om geld in te samel vir die behoeftiges.

Kostuums en Optogte

Die gewildste manier om Purim te vier is om kostuums aan te trek. Die kostuums beeld die omswaai van die lot uit en ook die feit dat Esther haar herkoms verswyg het.

Purim Opvoerings, wat “Purim Shpiels” genoem word, is volop om ons vreugde te vermeerder op hierdie heilige dag. In Israel het straat optogte, genoem Adloyada (wat beteken “totdat ons nie meer die verskil kan onderskei nie” (die verskil tussen die vervloeking van Haman en om Mordechai te seën), baie gewild geword tydens Purim. Karnavalle en partytjies is ook algemene maniere om Purim te vier.

Purim liedere word gereeld gesing tydens hierdie feesmaal.

* * * * * * *

[Hierdie leuen word ook vertel deur die Orthodokse Jode.]
Daar is selfs ‘n bevel dat daar gedrink moet word tot dronkenskap totdat ons nie meer weet of ons vir Mordechai seën of vir Haman vervloek nie.

Elisheva se kommentaar rakende, Die Onegte Lering Dat Daar Gedrink Moet Word Tot Dronkenskap Op Purim

Elisheva:

Daar is GEEN bevel ooit dat ons moet drink tot dronkenskap nie, veral op ‘n Heilige Feesdag nie. Dit is ‘n valse lering deur hulle wat hierdie en ander feesvierings gebruik as ‘n verskoning om te drink...en wee hulle omdat hulle ander mislei om te glo dat dit aanvaarbaar is om dronk te word op ‘n Heilige dag!

Dis skandelik van Israel en die Rabbies! “In Israel het straat optogte wat genoem word: Adloyada (wat beteken; “totdat ons nie meer die verskil ken nie" (verskil tussen die vervloeking van Haman en die seëning van Mordechai), baie gewild geword op Purim." \

Ek moet erken toe ek dit gelees het was ek verby woedend oor hierdie lering van die Rabbies se dwaasheid om te drink tot dronkenskap en nie langer in staat te wees om te onderskei tussen die vervloeking van Haman en die seëning van Mordechai nie.

Waar is dit in die Heilige Skrif dat so ‘n verwarring oor ons moet kom dat ons nie meer die verskil ken tussen om ons vyande te seën en hulle te vervloek nie?

O, Israel hoe ver het jy verval van Heiligheid, dink julle regtig Abraham of Moses sou dit goedgekeur het?

DAAR IS ‘N LEUEN WAT RONDGAAN OP PURIM WAT DIE BEDOELINGS VAN HIERDIE HEILIGE FEESVIERING BESPOT WANT ONS WEET DIT IS TEEN DIE WIL VAN YAHUVEH OM OOIT DRONK TE WORD EN ONS IS NOOIT VERONDERSTEL OM TE DRINK TOT DRONKENSKAP NIE! ALLEENLIK SAL DIE LERING VAN ‘N DUIWEL SO IETS ONDERRIG! WEE DIE RABBIES WAT DIT ONDERRIG EN DOEN! DIE ENIGSTE WYN WAARMEE ONS GEVUL MOET WORD IS DIE HEMELSE NUWE WYN VAN DIE RUACH HA KODESH!

THERE IS A LIE THAT GOES FORTH ON PURIM MOCKING THE INTENTIONS OF THIS HOLY CELEBRATION FOR WE KNOW THIS IS AGAINST YAHUVEH'S WILL TO GET DRUNK AND WE ARE NOT TO EVER DRINK UNTIL INTOXICATION! ONLY THE DOCTRINES OF A DEVIL WOULD TEACH SUCH A THING! WOE BE UNTO THE RABBIS WHO TEACH THIS AND DO THIS! IN FACT THE ONLY WINE WE ARE TO BE FILLED WITH IS THE NEW WINE FROM HEAVEN FROM THE RUACH HA KODESH!

PURIM is veronderstel om ‘n dag van Heilige feesviering te wees waar dit bewys was dat Esther en Mordechai se vyande, die vyande was van YAHUVEH as gevolg van die gehoorsaamheid en geloof in YAHUVEH, die skoonheid en Reinheid van Koningin Esther. Die Bruid van YAHUSHUA is veronderstel om al hierdie dinge te wees en om sonder vlek of kreukel te staan soos sy! Ons is geestelike Israel wat intree vir Fisiese sondige Israel totdat hulle terugkeer na Heiligheid en YAHUSHUA aanvaar as Messias. Net soos Esther vir die Hebreeuse mense gepleit het, so moet die Bruid van YAHUSHUA ook dieselfde doen.

Esther het gevas voordat sy die troon genader het, ek het bevestiging gekry vir ‘n vas vir hulle wat gesond genoeg is om dit te kan doen, dat dit die dag voor Purim gedoen moet word (Behalwe wanneer daardie dag op ‘n Sabbat val dan vas ons eerder op die vorige dag -Donderdag) en vra vir YAHUSHUA om ons te reinig van enige iets wat HOM en YAHUVEH aanstoot gee sodat ons ‘n beter getuienis kan wees vir die Koninkryk van die Hemel en voor ons Messias en Skepper te kan staan en te vra vir dieselfde genade en seëninge wat die Koning vir Esther aangebied het en in die naam van YAHUSHUA te vra vir dieselfde seëninge.