Gaan terug


Purim Instruksies Hoe Om Die Troon Van YAHUVEH Te Nader


Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 9 Maart 2006
Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH en hulle wat werklik vir YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet en aanbid...

Ek deel nou hierdie nuwe lering met julle, met die grootste liefde vir almal van julle wat die tyd afgestaan het om jul liefde te wys vir hierdie Bediening...veral tydens Maart maand. Ek was so geseënd terwyl ek jul briewe en emails ontvang het. Dankie dat julle vir ons ‘n seën is terwyl julle daad by julle woorde voeg. Ons probeer so hard om ‘n seën te wees vir julle.

Ek was instruksies gegee deur YAHUSHUA oor wat om te doen op hierdie Purim, wat julle nie by enige Ortodokse of Messiaanse Jood sal sien nie. Tot nou toe, wanneer hierdie instruksies vrygestel word, was sommige hiervan ‘n geheim. Ons het nog nooit voorheen Purim op hierdie manier gevier nie. Hierdie skrywe doen ek op 9 Maart 2006, onder die salwing.

Dit sou ‘n begeerte van my hart wees dat, as ons kon, ons geëerd sou kon wees om met almal van julle te verenig wat hierdie Heilige Tyd ernstig opneem. Almal van julle wat dit met groot eerbied en vrees sal doen terwyl ons die Troon van YAHUVEH nader op ons knieë of aangesigte met ‘n nederige gees in die Naam van YAHUSHUA. Terwyl ons dit doen, geklee met die kleed van SY geregtigheid, nie in ons eie naam nie maar in SY Naam.

Hierdie instruksies is werklik vir hulle wat verlang om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word en wat waarlik probeer het om gehoorsaam en Heilig te leef soos ‘n lewende offer aan YAHUSHUA.

Rom. 12:1-2
Ek vermaan julle dan, broers, by die ontferminge van Elohiem, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, afgesonderde en aan Elohiem welgevallige offer - dit is julle redelike geloofsbeoefening. 2En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van Elohiem is.
Hierdie instruksies is vir diegene wat YAHUSHUA, ons spoedig komende Messias en Bruidegom, aanbid en wie YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in lewe en liefde. En nie ‘n kompromie aangaan met sonde en die duiwel nie. Hierdie instruksies is vir hulle wat verlang om afgesonder te word en Heilig te wees en om gebruik te word vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Lof, Eer en Heerlikheid!

As dit jy is, lees, gee ag en wees geseënd.

As jy dink dit is dwaasheid en jy is hier om te spot... hou nou op om hier te lees vir jou eie siel se onthalwe! As jy nie glo dat hierdie Bediening waarlik Heilig is nie en dat YAHUVEH en YAHUSHUA waarlik die waarhede van die Hemel hiervandaan voortspreek nie, en ook nie dat ek bestem is om hierdie profetiese boodskappe voort te spreek nie...waarom sou jy dan die woede van YAHUVEH wil waag en aanhou lees? Hierdie Bediening is nie vir jou nie.

Ek was nie na jou toe gestuur nie. Ek wil nie my pêrels voor swyne gooi nie.

Vir al die ander wat werklik hierdie Bediening as ‘n seën beskou, lees asseblief verder.

Kom Nader Voor SY Aangesig!


Wanneer Purim begin sal ons nader voor die aangesig van YAHUVEH en YAHUSHUA met gesalfde lofprysing en aanbidding en gebede. Ek kan nie genoeg beklemtoon watter Heilige tyd hierdie is nie. Die lees van die boek van Esther en om YAHUSHUA te vra om die geheimenisse te onthul wat bewaar is vir die Bruid, is nog iets wat ons moet doen voordat ons die troon van YAHUVEH nader.

[Hierdie was in 2006] Dit sal die eerste Purim wees waartydens ons oor ‘n lang afstand sal reis om te verenig met ander Heiliges. Ons is gelei om hulle uit te nooi na hierdie Heilige tyd voor die troon van YAHUVEH op Purim.

As jy ook gelei voel om ander te nooi saam met die persoonlike toeskouers voor die troon van YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA, maak dan seker dat jy sonder enige twyfel weet dat hulle dieselfde passie en liefde deel vir YAHUVEH en YAHUSHUA en dat hulle besef dat hierdie so verskriklik Heilig is. As jy dit werklik met die regte hart doen behoort jy die teenwoordigheid op ‘n manier te ervaar, die salwing, die liefde en ja, selfs die vrees soos Esther dit gevoel het. Die Heilige Skrif sê: “Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH”

Sien jouself voor die troon van die Ewige Een, ons Skepper en Abba (Pappa) wat genoem word YAHUVEH. Alleenlik deur die salwing van die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) kan dit gedoen word. Dit is nie die valse verbeeldingsvlugte nie. Dit word salwing genoem. Ons het dit al menigmaal gevoel en glo my; dit moet nie ligtelik opgeneem word nie. Moet nooit in jou eie naam gaan nie, ons kan alleenlik in die Naam van YAHUSHUA die Troon nader.

Sommige mag dalk nie gemaklik voel met SY Hebreeuse Naam nie, maar hierdie is nie die tyd om SY Griekse Naam ‘JESUS’ te gebruik nie. Nou is die tyd om te erken dat YAHUSHUA op aarde gebore was as ‘n Jood en dat HY ‘n Hebreeuse Naam gegee was deur SY Hebreeuse Moeder vir ‘n rede, en daardie Naam beteken YAH RED! YAHUVEH RED!

Dit is ‘n permanente herinnering dat hoe YAHUVEH aan ons ‘n Middelaar gegee het voor die Troon van YAHUVEH want op ons eie kan geen een van ons Heilig genoeg wees nie! Dit sluit enige leuens van die Katolieke kerk in wat beweer dat ons ons kan beroep op die name van verskeie heiliges wat gebore was as mense insluitend Moeder Maria. Nee, geen naam is heilig genoeg om die Troon van YAHUVEH te nader nie behalwe SY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH (die Messias).

Net so seker as wat ons ‘n rede het om fees te vier het die Hebreeuse mense ‘n middelaar gehad met die naam van Koningin Esther en ons vier hierdie Hebreeuse Heilige Feesviering genaamd Purim. Net soos satan destyds probeer het om die Hebreeuse mense weg te vee van die aangesig van die aarde af, net so wil satan ook nou almal vermoor wat aanbid en dien en daarna strewe om Heilig en gehoorsaam te wees aan YAHUVEH en YAHUSHUA!

Ons is Heilige Geestelike Israel wat intree vir fisiese Israel totdat Israel kom met bekering en liefde, aanbiddend die enigste Prins van Vrede en Koning van die konings aanvaar Wie YAHUSHUA ha MASHIACH is!

YAHUSHUA is die Seun van YAHUVEH wat gestuur is uit die Hemel, die Enigste Sondelose Offer Lam sonder vlek, gebore uit ‘n Hebreeuse vrou, ‘n maagd genaamd Maria (in Hebreeus ‘Miriam’). Wanneer Israel die feit aanvaar dat YAHUSHUA gekruisig was op Golgota as ‘n sonde offer en opgestaan het uit die dood op die derde dag, en daardeur bewys het dat HY die Enig Gebore Seun van YAHUVEH IS...Wanneer Israel die feit aanvaar dat YAHUSHUA GOD ALMAGTIG IS wat na ons gekom het in die vlees...Dan sal ware vrede kom na Jerusalem.

VAS Ons begin ons vas teen sonop die oggend voor Purim begin, en dit word nie verbreek tot nadat ons die troon van YAHUVEH genader het nie (dit is net van toepassing wanneer die dag voor Purim nie ‘n Sabbat is nie want vas moet nie op ‘n Sabbat plaasvind nie. In daardie jare, vas ons op die dag vantevore-die Donderdag voor Purim en vier dan later Purim soos gewoonlik) Ons sal die Troon van YAHUVEH nader teen sononder wanneer Purim begin. Jy sal weet wanneer om die Troon te nader.

As jy selfs nie eens tyd gehad het om te vas nie omdat jy dalk nie geweet het nie, besef dan net dat YAHUVEH jou hart ken, HY ken jou gesondheid- doen net die beste wat jy kan. Jy word alleenlik verantwoordelik gehou vir dit wat jy weet.

Eet ‘n spesiale smaaklike ete nadat jy die Troon van YAHUVEH genader het en geniet ook nagereg! Dis ‘n feestelike tyd om te lag en fees te vier want ons weet dat ons die oorwinning het in die Naam van YAHUSHUA! Wanneer YAHUVEH vír ons is wie kan ons dan verslaan? NIEMAND! Net so seker as wat Esther en die Hebreërs die oorwinning gehad het destyds, soveel te meer het ons die oorwining deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH! Deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!

Heilige Nagmaal


Voordat ons die Troon van YAHUVEH nader sal ons eers Heilige Nagmaal hou om onsself voor te berei.

Nog iets wat ons sal doen in hierdie tyd is om onsself te salf met geurige salwings olie. Om iets wit aan te trek simboliseer die reinheid van Esther. Hierdie is persoonlike instruksies aan my gegee, jy sal nie die Ortodokse Jode dit sien doen nie en jy sal dit ook nie geleer word in Messiaanse Joodse Sinagoges nie.

‘n Wit hemp en ligkleurige langbroek vir mans sal heeltemal voldoende wees. Dit is net ‘n simbool om sonder vlek of kreukel te wees soos Esther was terwyl sy voor die troon gestaan het. ‘n Wit kleed, indien jy een het, sal nog beter wees vir vroue of mans. Doen net die beste wat jy kan om voor die troon te gaan in Wit...nie ‘n beige kleurige hemp nie en ook nie ‘n “off white” hemp nie.

TREE IN!


Wanneer jy voor die Troon van YAHUVEH kniel op Purim, sal jy weet wie en wat om in gebed te bring voor die Troon van YAHUVEH!

Bid Om Waardig Geag Te Word!


Ons moet bid vir die koms van YAHUSHUA hierdie Rosh Hashanah met die liefde en passie van iemand wat hul Geliefde mis. Ons moet bid dat ons waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word, van Openbaring 14. Niks hiervan moet ooit van selfsprekend aanvaar word nie. Moet nooit dink net omdat jy geroep is, dat jy ook gekies sal word nie. Dit is net soos met Esther. Onthou sy was ook geroep...maar het gevrees dat sy nie gekies sou word nie omdat sy onwaardig gevoel het.

Ons moet bid dat ons waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word, om Heilig bewaar te word en om elke dag in ‘n groter Salwing te stap… sodat ons lewendig opgeneem kan word in die wolke en die eerste vrugte van YAHUSHUA genoem sal word. Laat dit ons versoek wees voor die Troon van YAHUVEH. Elkeen moet bid dat hulle waardig geag sal word om die woede van YAHUVEH vry te spring en om bemagtig te word om meer Heilig te leef vir YAHUSHUA, met ‘n groter Salwing en Dapperheid en om YAHUSHUA se STEM en instruksies duidelik te hoor in alle dinge.

Julle met wie ek persoonlik die geheime van die Bruid meegedeel het, sal verstaan hoe belangrik die Nagmaal Beker is, wat ook die Huweliks Beker met YAHUSHUA verteenwoordig. Julle sal weet wat anders om ook te doen. Vir diegene waarmee ek nie die geheime, wat alleenlik vir die Bruid bewaar word, gedeel het nie; Bid. En dalk sê die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) “nou is die tyd vir jou om te weet”.

Doen hoofsaaklik soos die RUACH ha KODESH jou lei en sien jouself werklik voor die Troon van die Oue van Dae Ewig Lewende Skepper genaamd YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA. Dat HY ons sal ontvang as SY Nuwe Esther is ons gebede! Wat ‘n seën sal dit wees!

Bid voor die Troon van YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA as die Nuwe Esther, dat al ons vyande ook as die vyande beskou sal word van YAHUVEH en YAHUSHUA en dat daar dadelik met hulle afgereken word. Ons vyande sal verjaag word in 7 verskillende rigtings en hulle sal vrees, terwyl hul erken dat die GOD wat ons dien, ons inderdaad beskerm en verdedig.

Bid dat ons weggesteek sal wees, beskerm en verseël van alle skade op alle maniere, nuwe salwinge gegee sal word, nuwe openbaringe, oë om die vyand se vangstrikke van ver af uit te ken asook ‘n manier om dit te ontduik, om ook te maak dat die vyande in hul eie vangstrikke verstik word. Bid om genees te word, geseënd en voorspoedig te wees soos Abraham, Isak en Jakob was sonder enige tekortkominge van enige aard aan enige goeie dinge...tot Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Hulle wat gekies is om die Bruid te wees van YAHUSHUA sal die seëninge kry wat vir hulle bewaar is, gelys in Deuteronomium 28, asook vir julle wie waarlik YAHUVEH en YAHUSHUA met rein harte en lewens liefhet en dien.

Bid dat daar met die vyande van die Bruid afgereken sal word soos met die vyande van Esther wat haar vernietiging wou hê. Hierdie sal net die wraak van YAHUVEH wees, die parskuip van SY woede en ons vyande sal onmiddellik daardie woede voel. Ek het vyande wat sê dat ek ‘n “whammy” stuur teen hulle en dat hulle aangeval word. Wel ek het nuus vir my vyande wat nou hier lees: Daardie is nie teëspoed deur my gestuur nie dit word genoem : “DIE WRAAK KOM MY TOE SÊ YAHUVEH EK SAL VERGELD!” Al wat ek doen is om my Abba te vra om dit aan julle te doen sodat julle maai wat julle saai.

Net so seker as toe YAHUSHUA die vyeboom vervloek het omdat dit nie vrug gedra het en HOM gevoed het nie, net so seker sal wraak val op enigeen wat Geestelike Israel sowel as Fisiese Israel skade berokken. Bid vir Goddelike gesondheid en vir ons Verheerlikte Liggame want die Bruid van YAHUSHUA sal nie sterf nie maar in die lug opgeneem word - ons Geliefde YAHUSHUA tegemoet in die lug! Is daar ‘n groter Jubeljaar as dit?

Ek bid dat almal wat my Susters en Broers in YAHUSHUA genoem word ’n geseënde Purim sal hê. Skryf asseblief vir my en laat my weet wat jou Geestelike ervaring was. Nader die Troon van YAHUVEH terwyl jy seker maak dat jy gereinig is deur die gestorte Bloed van die Lam en dat alle sondes, hetsy in woord, denke of dade weg gewas is deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA, in die naam van YAHUSHUA en dat jy vasbeslote is om weg te draai van daardie sonde af. Verwag ‘n wonderwerk en dit sal gebeur!

In kontras met die manier waarop die Hebreeuse mense Purim vier, is hierdie nie die tyd om ‘n masker te dra nie, hierdie is nie ‘n Joodse “Mardi gras” nie! Wee hulle wat daaraan deelneem om maskers te dra. Hierdie is ‘n tyd om ons verhouding met ons Skepper en Messias te bewys, en om nader te beweeg aan hulle, nie verder weg nie.

Van ons huis na julle huis bid Kathrynyah, Adam, Ezra en ek, seëninge op almal wat hierdie Bediening ontvang as ‘n seën. Ons dank julle vir julle liefde, bemoediging, gebede en finansiële ondersteuning. Wat ‘n seën was julle vir ons! Nou bid ons dat hierdie julle sowel as ons Jubeljaar sal wees ten aanskoue van die vyande! Onthou terwyl ons hierdie Purim saam vier sal ons verenig wees in die RUACH ha KODESH Gees voor die Troon van YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA. Ons sal een wees in die Heilige Gees!

Skryf asseblief aan my en stel jouself voor soos die RUACH ha KODESH jou lei. As enige iemand hoor om iets meer te doen op Purim, stel my asseblief vinnig in kennis.

Ter afsluiting, is ons gebed as volg...

...in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, Vader YAHUVEH, mag ons U behaag, soos Esther die Koning behaag het, mag ons oorwinning hê oor ons vyande op alle gebiede en gekies word om die Heilige gesalfde pragtige Bruid genoem te word van YAHUSHUA ha MASHIACH! Amen.

Voel asseblief vry om te “copy” en te stuur, maak net seker dat hulle weet dat hulle geen deel mag verwyder nie, en wanneer hulle dit plaas moet die skakel na ons Bediening ook bygevoeg word.

Baie Liefde julle Suster in YAHUSHUA.

Apostle Elisheva Eliyahu