Gaan terug


Die Bybelse Instruksies van Die Fees van Tabernakels-Sukkot

In kontras met die somber ondertoon van Rosh haShanah en Yom Kippur, is die derde Fees een van suiwer blydskap. Die tyd van selfondersoek en argwaan, maak nou plek vir die fees wat genoem word: “Die seisoen van ons jubbelinge”

Die Name Van die Fees

Die Fees van Tabernakels of Hutte: Die naam kom van die Hebreeuse – Sukkot; en beteken tabernakel, hut. Dit is afkomstig van die opdrag in (Lev 23:42-43). Die nie-blywende blaarskuilings moes die Israeliete herinner aan GOD se getouheid gedurende hulle veertig jaar van rondswerwing in die wildernis. Die tabernakels simboliseer die mens se behoefte om op YAHUVEH te vertrou vir SY voorsiening van kos,water en skuiling.

Die Fees van Insameling

Die opdrag om tabernakels te bou en daarin te woon het jaarliks plaasgevind saam met Israel se laaste oes van die seisoen, en daarom was die naam “Fees van Insameling” ook gegbruik vir die fees. Ons sien hoe dit aangewend word vir hierdie fees in Lev 23:34; Deut 16:13. Die klem is op die verwantskap van die Heilige dag tot die insameling van die gesaaides gedurende die Herfs. Oer-oue Israel se ekonomie was agraries(landbou geriënteerd). Die seisoene het die aktiwiteite van Israel gelei. Die oorvloedige oes het ‘n hernude gevoel van verligting en dankbaarheid gebring in die opsig dat hulle nie sou honger lei nie omdat YAHUVEH weereens vir SY mense voorsien het. Dit is die fees wat aan die bedevaarders die Bybelse Fondasie voorsien het vir die eerste waarneming van Danksegging.

Die Seisoen van Ons Blydskap — Simcha

Die landbou jaar het ten einde geloop, die oes was versamel in die skure. Die werk was klaar en oes verby. GOD het vir Israel 7 feesdae gegee om alle wêreldse sorge opsy te sit om HOM te dank en te loof Wie oorvloedig voorsien het. Dit was ook die bedoeling van die instelling van ons eie “thanksgiving” viering.

Die Fees

Die impak van die Heilige dag op die Israeliete was so betekenisvol dat die fees van Tabernakels bekend geword het as die “Fees van die HERE” of net eenvoudig “Die Fees” die Hebreeuse woord agter die term fees is “Hag” wat beteken om te dans of om vrolik te wees. Dit was die hoogte punt in die jaarlikse siklus- dit was dié Fees.

Die Verpligtinge tydens die Viering

Wat presies was die Jode beveel om te doen tydens die 7 dae van Sukkot? Die bou van tabernakels. Die Israeliete was beveel om bondels latte (of Lulavs) te versamel om voor YAHUVEH te wuif en om blaaragtige tabernakels te bou om in te woon vir sewe dae. Om in tabernakels te woon was ‘n herinnering, nie van die onstandvastige tyd in die wildernis nie, maar van voedsel, sorg en beskerming deur YAHUVEH in die woestyn. Die profeet Jesaiah weerspieël hierdie gesindheid in (Jes. 4:6). Die blare het die Israeliete herinner aan hulle nederige ontstaan en hoe YAHUVEH vir hulle gesorg het. Die tabernakels was ‘n herinnering hoedat YAHUVEH aan SY mense skuiling sou gee en voedsel solank as wat hulle HOM sou gehoorsaam.

Die Opdrag om Te Jubel

Ons lees in (Deut 16:13-14) dat blydskap in YAHUVEH die vernaamste oogmerk van die fees was. In teenstelling met Yom Kippur en Rosh Hashanah, was Sukkot ‘n tyd van vreugde.Die Israeliete moes jubel in die Voorsienigheid van YAH in hulle daaglikse brood en ook hul geestelike lewens.

Viering van Sukkot in Bybelse Tye

Die Jode moes nie na Jerusalem gaan vir die fees van Rosh Hashanah of Yom Kippur nie, maar dit was wel van hulle verwag tydens Sukkot. Jurusalem was gespikkel met duisende tydelike dakkies. Ons sien dat daar, tot die bou van tabernakels en vreugde vieringe voor YAHUVEH, nog twee gebruike bygevoeg was by die fees teen die tyd van YAHUSHUA.

Die Seremonie van Water Gaan Haal

Die Joodse tradisie beskryf ‘n belangrike seremonie van Sukkot, wat genoem word “Die Seremonie van die Water Gaan Haal” in Hebreeus genoem— Nissuch Ha-Mayim, en is gewortel in die landboukundige aard van die fees.

Reën het ‘n belangrike rol gespeel in die viering van Sukkot.

Die water-haal seremonie was ‘n vreugdevolle gebeurtenis. Die Levitiese priester sou water optrek uit die bad van Siloam in ‘n spesiale goue vles. Hy sou vergesel wees deur ‘n groot groep mense wat saam met hom sou terug keer na die Tempel – deur die Waterpoort.

Terwyl die priester arriveer- sou shofars weerklink het en hy sou dan die water uitgiet oor die groot altaar. Die seremonie, om die water te gaan haal, is van baie groter waarde as net die betrekking daarvan op lanboukunde. Die reën verteenwoordig die RUACH ha KODESH, en die water wat gehaal word dui op die dag wanneer, volgens die Profeet Joël, YAHUVEH SY Gees sou laat reën op Israel (Joël 2:28).Hierdie seremonie het selfs ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA die fees bygewoon het in (John 7:37-39) en verkondig het dat HY die dors van die siel sal les.

Die Verligting van Die Tempel

Nog ‘n seremonie van die Fees was die Verligting van die Tempel.

Teen die einde van die eerste dag van die Fees sou die priesters en Leviete afgaan na die binnehof van die Vroue. Vier goue kandelaars was opgestel in die binnehof met vier goue bakke bo-op- en was dan aangesteek. Die lig wat uitstraal van die kandelaars was so helder dat die Mishna sê: “Daar was geen plein in Jerusalem wat nie deur die lig verlig was nie.” (Sukkah 5:3). Die bui was baie feestelik, mense sou tot diep in die nag dans terwyl hulle brandende fakkels vasgehou het en gesange van lofprysing tot YAHUVEH gesing het. Die betekenis van die lig was om die SHEKINYAH HEERLIKHEID van YAHUVEH te simboliseer, wat eens op’n tyd die Tempel gevul het. Weereens het hierdie hele seremonie ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA in die Tempel gestaan het (John 8:12) en verkondig het dat HY die Lig van die wêreld was. HY was die Lig van die wêreld want in HOM was die volheid van die Heerlikheid van YAHUVEH.(Kol.1:19) In YAHUSHUA sien ons die vervulling van die fees van Tabernakels (John 1:14). YAHUSHUA is God wat woning kom maak tussen die mense. Dit is interessant dat die woord “kom woon het” ‘n tydelike verblyf impliseer- ‘n sukkot hut.

Die Toekomstige Sukkot

Die Profeet Sagaria skryf van die viering van ‘n toekomstige Sukkot Fees. YAHUVEH ag hierdie Fees so belangrik dat selfs die Heiden nasies dit ook moet vier— (Sagaria 14:16).

Universiële onderwerpe in die Fees van Tabernakels

In Joodse bronne is die rol van Israel, t.o.v redding vir die wêreld, ‘n groot onderwerp. In die kommentaar oor (Ps 109:4) word daar gesê: “Tydens die fee

Die betekenis van die Profesie in Sagaria

Die profeet Sagaria praat van die Einde van tyd, wanneer Israel en die nasies gesamentlik die Fees van Tabernakels sal vier. Hierdie dag van herstel sal plaasvind na die tyd van Jakob se benoudheid (Jer. 30:7) of in die nuwe verbond, die Groot Verdrukking (Mat. 24:21) Israel sal herstel word,beide geestelik asook volks-gewys. Haar vyande sal verpletter word, en YAHUSHUA ha MASHIACH sal regeer, nie alleenlik oor Israel nie, maar oor al die nasies van die aarde. (Sagaria 14:9). YAH sal die getroues onder die Heidene gebied om na Israel te kom en die Fees van Tabernakels te vier. (Sagaria 14:16).

Waarom het YAHUVEH die Fees van Tabernakels gekies, om die gehoorsaamheid van die Heidene te toets, en nie een van die ander hoof Feeste nie? Sommige studente glo dat Sukkot, die Fees van Insameling, die mees toepaslike tyd is vir GOD, om die vrugte uit die mensdom in te samel vir SY Koninkryk. Uiteindelik sal die hele aarde die sukkot-hut word van YAHUVEH, en HY sal vir Ewig regeer. (Openb 21:3-4).