NEGE-EN-VEERTIG DAE tot en met SHAVUOT! Aftelling van die Omer tot en met Shavuot
Terwyl die aftelling van die Omer begin, tot en met Shavuot (Pentecost), is dit 'n tyd om onsself te ondersoek...YAHUSHUA het aan die dissipels gesê, wag in Jerusalem vir die RUACH HA KODESH. Gedurende hierdie wag periode het hulle nie net rondgesit en met hulle duime gespeel nie. Hulle het die Omer afgetel. Hulle het hul lewens ondersoek in voorbereiding, om die geskenk van die RUACH HA KODESH op Shavuot te ontvang, wat YAHUSHUA belowe het sal kom.
Johannes 14:16-17
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Handelinge 1:1-11
1 Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles
wat Jesus begin doen en leer het 2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels
wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; 3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie
kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die
dinge van die koninkryk van God gespreek het. 4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om
nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader,
wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met
die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in
hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of
geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor
julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa
en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit
sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. 10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan,
staan daar twee manne in wit klere by hulle, 11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die
hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos
julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Nadat die kinders van Israel Egipte verlaat het, het daar 49 dae verby gegaan voordat hulle die Tien Gebooies by die Berg van Sinai ontvang het. Ons leer ook dat elkeen van hierdie dae was nodig om die Kinders van Israel, sodat hulle hulself kon suiwer maak om waardig te wees om daardie geskenk te kon ontvang. Op elke dag het hulle mekaar ondersoek en reggehelp in hulle inner natuur en kwaliteite. Daar was 49 kwaliteite in totaal.
Hierdie 49 kwaliteite het bestaan uit 7 basiese eienskappe. Elkeen van die sewe het al die ander bevat, en dit het 49 in totaal gemaak.
Joodse bronne vertel ons dat die siel van 'n mens het hierdie basiese eienskappe:
Terwyl ons die mitzvah vervul, deur die dae en die weke af te tel vanaf Passover tot Shavuot, is elkeen van die sewe weke toegewyd aan 'n verskillende eienskap -- een week Vriendelikheid, een week vir Dissipline, 'n ander vir Medelye, ens. Op elkeen van die sewe dae van die week siuwer ons mekaar d.m.v. die sewe aspekte van die week se eienskappe.
Byvoorbeeld, op die week wat toegewyd is aan vriendelikheid sal ons een dag toewy om daardie aspek van vriendelikheid te suiwer, verg dit dissipline, en 'n ander dag om die aspek van vriendelikheid te suiwer, verg dit medelye, en so voorts. Gedurende die week suiwer ons skoonheid. Ons spandeer een dag om daardie aspek van skoonheid te suiwer, en dit verg waardigheid. En 'n ander dag op daardie aspek van skoonheid, verg dit nederigheid, totdat ons al die sewe aspekte van skoonheid gesuiwer het.
Uiteindelik, is alle eienskappe afkomstig van kombinasies van hierdie sewe basiese kwaliteite. Elke kwaliteit het aanhoudende interaksie met ander, en sodoende, het dit die kapasiteit om sy uitdrukking en effek te verander. Om heel te wees, moet 'n karakter eienskap al sewe insluit; 'n tekort of oor meerderheid in selfs een van die sewe, kan dit korrup maak, en in sommige gevalle self seermaak. Byvoorbeeld, dissipline kan omskakel in wreedheid, self wanneer dit ligweg oordryf word.
Galasieërs 5:22-26
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23 Teen sulke dinge is die wet nie. 24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
2 Petrus 1:1-11
1 Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus,
aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van
onse God en Saligmaker, Jesus Christus: 2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis
van God en Jesus, onse Here! 3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die
lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy
heerlikheid en deug, 4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het,
sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle
die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by
julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing
die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, 7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde
die naasteliefde. 8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan
laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus
Christus nie; 9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en
kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. 10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle
roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit
struikel nie. 11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die
ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
1 Korintieërs 13:4-8
4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan.
Die RUACH HA KODESH / Die HEILIGE GEES sal alleenlik binne in 'n skoon liggaam bly. Dit is die tyd wanneer ons onsself moet self ondersoek en onsself voorberei om gevul of hervul te word met die RUACH HA KODESH
Jeremia 18:2-6
2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
YAHUVEH U is die Potter, ons is die klei. Vorm my in 'n kruik van eer vir U Koninkryk en vir U Glorie in YAHUSHUA se Naam bid ek dit. Amen
Pentecost is die dag toe Moses die Tien Gebooie ontvang het by die Berg Sinai. Indien jy 'n groter salwing wil ervaar, ontmoet dan vir YAHUSHUA in die boonste kamer op die dag van Pentecost!
Lees die Boek van Handelinge om die totale prentjie te sien, agter die betekenis van Pentecost.