So Spreek YAHUSHUA HA MASHIACH, Sal Jy MY Toelaat Om te Skei Wat MY Hand Nie Saamgevoeg Het nie?
Geskryf onder die Salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang op 30 Julie 2009; Vrygestel 21 September 2009, na aanleiding van die Nuwe Maan waarneming, op Rosh Hashanah
Om ongelyk gejuk te wees is klaarblyklik ‘n baie belangrike kwessie vir
YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH (2 Kor 6:14). Hier is nog ‘n Profetiese Woord
rakende ‘n ongelyk gejukte huwelik. YAHUVEH verlang NIE dat SY kinders ongelyk
gejuk moet wees nie, punt.
YAH se Woord sê, “Laat geen mens dit wat YAH saamgevoeg het, skei nie” (Mk
10:9). Sien julle dit? Dit sê, wat YAH saamgevoeg het, nie wat ‘n mens
saamgevoeg het nie. As jy in ‘n ongelyk gejukte huwelik is, was dit nie omdat
YAHUVEH dit gedoen het nie. JY HET DIT GEDOEN of ‘n eggenoot HET WEGGEDRAAI van
YAHUSHUA AF! Verstaan hierdie asseblief. YAHUVEH verlang NIE dat jy moet aanhou
om ‘n huwelik bymekaar te probeer hou wat HY nie uit die Hemel orden nie.
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee.
(Hand.2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1) Elisheva spreek voort in
tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor.14:6) Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” Wat letterlik beteken: “Loof YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIEM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die
PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE
GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD
VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, beteken ABBA YAH “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onderaan. Alle direkte verwysings na GOD
is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit
in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het.
EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
* * * * * * * Verhaal Agter die Profesie 113
Hierdie Profesie was gebore omdat ‘n vrou genaamd Rachael my ge-epos en gevra
het dat ons vir haar huwelik moet bid. Haar sogenaamde gelowige man drink en
gebruik dwelms— en wil niks te doen hê met Rachael nie—maar sy gaan voort om aan
hierdie sogenaamde man vas te klou en hou aan sê sy is lief vir hom.
Ek gaan my bes doen om ‘n baie lang storie kort te hou om julle te help verstaan
wat gebeur het. Rachael is ‘n jong vrou en het my, Elisheva, ge-epos in 2007. Sy
het gesê sy het ‘n man op ‘n Messiaans-Joodse afspraakwebwerf ontmoet. Ek glo
dit was Messiaans-Joods maar ek is nie positief nie.
In elkgeval…Rachael het geglo hierdie ou was haar sielsgenoot as gevolg van ‘n
droom wat sy gehad het. In die droom glo sy, het YAH vir haar gesê haar
sielsgenoot se naam is David. Hierdie ou se naam was David, maar nadat sy ‘n
tydjie met hom gekommunikeer het, het dit duidelik geword dat hy baie probleme
het met alkohol en dwelms. Haar ouers was nie ondersteunend ten opsigte van die
verhouding nie en het nie van David gehou nie en het dit vir Rachael gesê, maar
sy het steeds geglo hierdie David was haar sielsgenoot.
Toe het sy gevra of ek vir haar situasie sou bid en ek het.
YAH het dat ek vir haar ‘n paar vrae oor David vra en sy het dit geantwoord, en
toe het ek weer gebid. YAHUVEH het duidelik vir my gesê hierdie was nie haar
sielsgenoot nie. Sy het nodig gehad om haar oë op YAHUSHUA gefokus te hou in
hierdie tyd en nie na haar sielsgenoot op soek te wees nie.
Soos ek gesê het, was sy ‘n jong vrou en was nog nie gereed vir ‘n verhouding
nie. Ek het vir Rachael ge-epos en vir haar vertel wat YAHUVEH gesê het.
Die volgende ding is ‘n e-pos wat ek ontvang van hierdie David ou wat vir my sê
ek moet my bemoei met my eie sake. O, ek het vergeet om te noem dat hierdie
David nie vir Rachael wou vertel wat sy van was nie. Hy het gesê sy van rym met
“Wysheid” so Rachael het na hom verwys as David “Wysheid”. Hierdie is belangrik
vir later.
Ek het toe ‘n e-pos van Rachael ontvang en sy het vir my gesê sy het die
verhouding verbreek met David “Wysheid” as gevolg van die waarskuwing wat
YAHUVEH vir haar gegee het deur my. Dit was baie goeie nuus, en sy het gesê hoe
sy beplan om haar oë alleenlik te fokus op YAHUSHUA. Toe sy besluit het om haar
oë alleenlik te fokus op YAHUSHUA, het sy gesê sy gaan haar lidmaatskap laat
verval by die afspraakdiens, maar op een of ander manier was haar lidmaatskap
verleng met nog ‘n maand en sy het geen idee gehad hoekom nie.
So sy het toe haar profiel op die afspraak-webwerf herskryf en gesê sy was nie
geïnteresseerd in ‘n verhouding nie en dat haar oë op YAHUSHUA was. Sy het toe
gesê dat ‘n ander David haar twee dae later, uit die bloute gekontak het deur
hierdie afspraakdiens en hulle het met mekaar begin kommunikeer. Hulle het selfs
op die telefoon met mekaar gesels, wat sy blykbaar nie met David “Wysheid”
gedoen het nie. Sy was nou positief dat hierdie nuwe David haar sielsgenoot was.
Hulle het oor die telefoon gepraat en dit was so geseënd het sy gesê. Sy het
aangegaan en aangegaan hoe hierdie die ou was. Hierdie ou haar selfs sy van
gegee het en niks gehad het om weg te steek nie.
Ek het Rachael nie geantwoord hierna nie. Sy het nie geluister na die
waarskuwings wat YAHUVEH vir haar gegee het nie en sy was aangesê om haar oë op
YAHUSHUA te hou en nie op haar sielsgenoot nie. Ek was gefrustreerd met hierdie
jong vrou en YAHUVEH het vir my gesê om nie langer my tyd te mors op hierdie
situasie nie.
So dit bring ons nou by die hede. Soos gemeld, e-pos Rachael my nou en vra vir
gebede vir haar sogenaamde man en huwelik.
Julle gaan nie glo wat ontdek was in al ons e-posse met Rachael se naam in nie.
In alle eerlikheid toe Rachael my onlangs ge-epos het, kon ek haar nie onthou
nie en dit was nie totdat ons hierdie ou e-posse ontdek het dat sy weer
teruggekom het in my geheue nie. Maar vertel van hierdie ou e-posse, het ek
Rachael onmiddellik onthou asook wat gebeur het in 2007.
Goed, dit is hier waar dit ingewikkeld begin raak en ek bid dat julle kan
verstaan wat ek probeer sê. Onthou toe ek gesê het David “Wysheid” het my ge-epos
en vir my gesê ek moet my bemoei met my eie sake? Wel, hy het een groot fout
begaan. Hy het sy REGTE van in daardie e-pos gesit en dit het nie met “Wysheid”
gerym nie. Met die lees van hierdie ou e-posse, het ons ontdek dat David “Wysheid”
dieselfde ou was wat my ge-epos het en dieselfde ou was wat wonderbaarlik die
tweede keer vir Rachael in die hande gekry het en vir haar sy van gegee het.
Rachael het gedink hierdie was iemand anders, maar dit was dieselfde ou.
Die van in die e-pos wat ek gekry het van David “Wysheid”, wat ons nie sal noem
nie om vir Rachael te beskerm—is presies dieselfde van as Rachael se huidige
getroude van. Volg julle my?
David “Wysheid” is haar sogenaamde eggenoot. Hy het Rachael gekontak nadat sy
opgebreek het met hom, maar Rachael het nie sy van geken nie. So, toe hierdie
nuwe David vir haar sy regte van gegee het, het sy gedink dit was ‘n ander ou,
maar dit was dieselfde ou.
Ons het die bewys, in sy e-pos aan my met dieselfde van—satan het dit
gedoen—satan het hierdie jong dame gekul, maar hy was instaat om dit te doen
omdat Rachael nie wou gehoorsaam en haar oë gefokus gehou het op YAHUSHUA nie.
Rachael het die gevolge gely van haar ongehoorsaamheid en hou aan vasklou aan
hierdie slang. Ek weet nie of Rachael dit al uitgepluis het en of die sogenaamde
eggenoot haar die waarheid vertel het nie, maar sy gaan nou die waarheid sien.
So, hier is ‘n brief wat ek geskryf het vir Rachael voordat haar ou e-posse
ontdek was.
Shalom Rachael,
Jy het vir die Amightywind Bediening geskryf met ‘n gebedsversoek. Ons het sopas
jou e-pos ontvang oor wat David gesê het wat jou diep seergemaak het. Ek is so
jammer vir jou wonde. Ek het jou e-pos gelees en ek het hierdie woorde gehoor
voortkom van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek het vir HOM gesê jy mag dalk nie hierdie
Heilige Woorde ontvang nie, maar HY het gesê ek is net verantwoordelik om SY
Woorde af te lewer – nie of jy dit sal glo nie. So, ek gehoorsaam. Aangesien ek
so baie e-posse kry per dag dat ek onmoontlik almal kan antwoord, het YAH vir my
‘n gesalfde profetiese Bedienings-personeel gegee wat help om hulle te antwoord.
Nietemin, lees ek wel almal van hulle en wanneer YAHUSHUA MASHIACH dit op my
hart lê om vir iemand te skryf, gehoorsaam ek.
In jou geval, is daar ‘n antwoord op jou gebed op ‘n ander manier as die manier
wat jy wou hê dit beantwoord moes word en YAHUSHUA MASHIACH spreek dit voort en
skryf dit deur my om ‘n seën te wees vir jou, as jy maar net sal glo en ontvang.
Vergewe my, ek neem nie die tyd om dit te redigeer of om die spelfoute reg te
maak nie, want dit is baie belangrik dat jy dit moet ontvang SO GOU AS MOONTLIK.
[Elisheva]
Ek weet nie wat om te sê nie, maar hierdie e-pos was nooit gestuur nie. Ek maak
dit nou ‘n ope e-pos, apologie en verduideliking oor hoekom ek dit nie dadelik
vir Rachael gestuur het SO GOU AS MOONTLIK nie.
Hierdie is ‘n openlike apologie aan Rachael, die vrou wat die salwing
aangewakker het van die HEILIGE GEES, en al diegene wat hierdie bemoedigende
woord nodig gehad het. Ek het dit vertraag. Ek vra om verskoning vir jou Rachel,
want hierdie Woord was aan my gegee en ek was aangesê om dit ongeredigeerd vir
jou te stuur, omdat jy onmiddellik ‘n Woord van die Hemel nodig gehad het. Want
dit was ‘n noodgeval. Jou emosionele en geestestoestand was van so ‘n aard dat
jy nie meer duidelik van die Hemel kon hoor nie. Ek het nie gehoorsaam en die
Profesie dadelik gestuur nie, as gevolg van vrees vir verwerping.
As gevolg van Profesie 111, het ek ‘n man genaamd Steve Rossi Sr, iemand wat ek
broer genoem het, sien draai teen my in haat omdat YAHUSHUA sy gebed beantwoord
het en hom gegee het wat hy wou gehad het: om vrygelaat te word uit ‘n
ongelukkige, liefdelose huwelik – hy het beweer hulle was geestelik ongelyk
gejuk. Steve Rossi Sr. het gesmeek vir hierdie antwoord in gebed en toe YAHUSHUA
HA MASHIACH vir hom gee waarvoor hy gevra het, het hy besluit dit is finansieel
moeiliker om ‘n egskeidng te kry as om ongelukkig getroud te bly.
Die Profetiese Woord wat hy gesê het hy beskou as ‘n seën, praat hy nou van asof
dit ‘n vloek was. Ons het Steve toegelaat om sommige van die jong tieners te
beraad en ons het hom eens beskou as ‘n seën.
Etlike maande gelede het Steve Rossi Sr. gegroei in die salwing van die RUACH HA
KODESH en het elke Profesie liefgehad, totdat dit teen sy vlees ingedruis het,
wat Profesie 111 was. Dit is toe sy liefde en respek verander het in haat vir
my. Aangesien hy geweet het hy kan nie deel wees van hierdie Bediening nie, het
hy in wraak gedraai teen my, aangesluit by die diensknegte van satan en vir
ander vertel ek is ‘n vals profeet.
Die YDS Heilige Gebedsintersessors bid daagliks vraend vir YAHUVEH om wraak te
neem op hulle. Steve Rossi Sr. het ook eens gebid teen ons vyande, maar het nou
aangesluit by die vyande van hierdie Bediening.
Hoekom het ek al hierdie ingesluit om saam te gaan met hierdie Profesie 113?
Ek voel YAHUVEH laat my hierdie opsit saam met my openlike apologie omdat dit
die vrees vir verwerping was op reeds oop wonde deur iemand wat ek “Broer”
genoem het, Steve Rossi Sr. Ek kon net nie verdra om selfs te kyk na hierdie
Profesie nie want dit was ‘n herinnering van wat gebeur het met Profesie 111.
Ek was herinner dat ek YAH verontagsaam het want hierdie Woord moes vir Rachael
gegee gewees het (die een vir wie dit oorspronklik bedoel was daardie nag), maar
ek het dit nie gedoen nie. En ek bekeer voor die ganse Hemel en Aarde en veral
tot haar en almal vir wie hierdie Profesie 113 ‘n seën sal wees as ‘n antwoord
op julle gebede.
Vergewe my asseblief! Ek is nie perfek nie en maak foute soos enige iemand
anders en vra vir YAHUSHUA HA MASHIACH om hierdie sonde te bedek in SY GESTORTE
BLOED by Golgota!
Ek vra nederig om jou vergifnis Rachael, want ek het nog ‘n e-pos ontvang die
volgende oggend dat jy opgeneem was in ‘n sielsieke hospitaal en het geskryf en
gevra vir gebed. Ek het hierdie e-pos gesien en ek het geweet ek het gemors met
YAHUVEH se tydsberekening en die e-pos moes gestuur gewees het ongeredigeerd
saam met Profesie 113 die nag wat dit ontvang was.
Rachael miskien sou jy nie die oggend in die sielsieke hospitaal ingeboek geword
het as ek gehoorsaam het nie. Dit was die gees van vrees en verwerping wat my
gekeer het. Rachael, selfs al het jy steeds ingeboek in die sielsieke hospitaal,
kon jy die Profetiese Woorde saam met jou geneem het en gehoor het uit die Hemel.
Wanneer jy hierdie lees, laat my asseblief weet dat jy my vergewe as jy kan.
Selfs al weet ek nie hoe my e-pos adres op jou e-lys beland het nie, (omdat
niemand van ons vantevore aan jou geskryf het sover ons weet nie, [Onthou,
hierdie was geskryf voordat die ou e-posse ontdek was], het YAHUSHUA jou gebruik
om hierdie Salwing aan te wakker sodat ander vroue vrygemaak kan word sowel as
mans wat ly in huwelike nie georden deur YAHUVEH nie. In die Groot Verdrukking
sal julle in groot gevaar wees, en iemand moet julle waarsku. Wat julle doen is
julle keuse.
Ek is net die boodskapper georden en gesalf om YAHUSHUA HA MASHIACH se Heilige
Profetiese boodskappe voort te spreek.
Wie ookal hierdie lees, vergewe my asseblief vir die vertraging daarvan. En as
dit julle seën, skryf asseblief vir my en laat my weet. Nietemin, as ek mag
byvoeg, moet asseblief nie geaffronteerd voel as julle nie dadelik terugvoering
ontvang nie. Ek sal julle in die Hemel bedank as ek julle nie in ‘n e-pos bedank
nie.
Ons probeer regtig om vir elkeen terug te skryf, maar somtyds is daar net nie
genoeg ure in ‘n dag nie. Dankie dat julle nie aansluit by die vyande van my
siel, twak praat en my beswadder omdat ek nie terug antwoord nie. Weet net dat
julle briewe gelees word en oor gebid word.
Jammer om te sê, die man genaamd Steve Rossi Sr. het my bestraf nadat ek, as ‘n
seen vir hom van YAHUSHUA HA MASHIACH, ‘n antwoord gegee was op dit wat hy vir
ons gevra het om voor te bid. Toe hy Profesie 111 ontvang het, het hy een van
die Bediening se ergste vyande geword. Sy vrou weet nou wat hy vir ons vertel
het in die geheim—en hy haat my en beswadder hierdie Bediening en noem my
allerhande bose name.
Ek kan nie voorgee dat dit nie seermaak nie, want ek het vir hom omgegee soos ‘n
broer en vriend nog net ‘n paar maande vantevore. Maar ons gaan die e-posse
plaas van mense reg oor die wêreld wat die Stem herken het van YAHUSHUA MASHIACH
en wat waarlik vrygelaat wil word van ‘n huwelik nie georden deur YAHUVEH nie.
********* Profesie 113 Begin
So Spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,
Sal Jy My Toelaat Om Te Skei Wat My HAND Nie Saamgevoeg Het Nie?
O dierbare geliefde kind, dit is nie MY begeerte dat jy hierdie onuitspreeklike
pyn ly nie. Ek stuur hierdie Heilige Profeet met ‘n seën – as jy dit net sal glo
en ontvang. Kyk! EK antwoord jou gebed en spreek hierdie Heilige Profesie voort
om ‘n seen te wees vir ander sowel as jou as hulle net sal glo en ontvang.
(Markus 11:23).
Hoekom sê jy, “U wil geskied op die aarde net soos in die Hemel”, behalwe
wanneer dit kom by die beëindiging van ‘n huwelik wat nie is en nooit georden
was deur YAHUVEH nie? Hoekom kan jy nie die blaam aanvaar nie? Dit is deur jou
eie hand dat jy jouself saamgevoeg het nie deur die Hand van YAHUVEH nie. (Esegiël
9-10; Nehemia 13:23-27). Jy dink “EK IS” is beïndruk met hoeveel jare julle saam
is—wat soos ‘n gevangene is wat sy dae aftel in die dodesel. Jy dink jy sal
beloon word omdat jy ongelukkig getroud is in jou oë?
Herken jy nie die skeidings-swaard wat EK gebruik het om jou te skei van ‘n
persoon wat jou nie liefhet, respekteer of koester op die manier wat EK eggenote
mekaar sou laat koester nie? (Efesiërs 5:22-33).
Hoekom weier jy om te luister en eis dat EK gebede beantwoord wat teen MY wil is
(Jakobus 4)? Besef jy nie dat jy beter af is sonder hom nie? EK het nie jou
gebede beantwoord [om bymekaar te bly] nie. Want dit is nie MY wil dat julle
saam is nie. EK het met MY Eie Hand ‘n verhouding geskei wat ongelyk gejuk is op
alle maniere.
Selfs al het jy ‘n miljoen mense wat bid en saamstem met jou gebede, EK IS GOD
ALMAGTIG, YAHUSHUA HA MASHIACH, jou HEER & VERLOSSER, maar EK sal nie
gemanipuleer word om enigiets te doen teen MY wil nie. Vas kan MY nie van
gedagte laat verander nie. Trane sal MY nie van gedagte laat verander nie.
EK begeer die beste vir jou, nie die slegste nie!
EK sal nie seën wat EK nie saamgevoeg het nie. Jy mislei jouself en dink EK het
jou in ‘n huwelik saamgevoeg wat vir jou so ‘n gevoel van leegheid bring. Jy
bedrieg jouself en dink dat hierdie persoon bestem was uit die Hemel om jou
sielsgenoot en eggenoot te wees. Jou hart was maar ‘n speelding in die hand van
die vyand om gemanipuleer, mishandel, verwaarloos, verwerp en vernietig te word.
Het jy nie verstaan dat Profesie 111 wat EK gespreek het deur [Elisheva Eliyahu]
‘n geskenk was ook vir jou nie? Julle was nooit getroud in die Hemel se oë nie,
net in jul eie oë. (Spr 16:25; 21:2).
Hierdie vyand spot jou, op die trant wat die vyand MY spot en alles wat Heilig
is. Moenie mislei wees nie elkeen maai wat hulle gesaai het, ABBA YAHUVEH word
nie maklik bespot nie, die Poel van Vuur wag vir diegene wat aandring om hul
lewens te leef op hulle manier en nie YAHUVEH se manier nie. (Gal 6:7-8)!
EK het hierdie profeet onverwags opgerig hierdie dag om vir jou ‘n bemoedigende
Woord te gee want jy kan MY nie meer vir jouself hoor nie; jy hoor jou eie stem,
jou eie begeertes wat jou eie manier eis (2 Pet 1:20-21)—en reken YAH sal dinge
verander, as gevolg van al jou gebede en die gebede van ander (Jakobus 4), maar
oordeel is vasgestel en jy moet laat los van dit wat jy nooit regtig gehad het
nie. Dit was alles ‘n illusie uit die hel gestuur (1 Joh 2:17).
Moenie vir hasatan [Hebreeus vir “die teëstaander”] die plesier gee om te sien
hoe jy jouself meer leed aandoen elke dag nie. Moenie vir hasatan die plesier
gee om te sien jy huil oor hierdie een wie se naam nie gevind word in die LAM se
Boek van Lewe nie!
Sê MY Woord nie: Watter deelgenootskap het lig en duisternis nie? (2 Kor 6:14).
Hoekom dring jy aan om te leef saam met geestelike duisternis?
Besef jy nie elke dag wat jy het, het hasatan hierdie werktuig van satan gebruik
om te probeer om jou geloof, hoop en die glans op jou gesig uit te doof nie?
Besef jy nie satan het hierdie persoon gebruik om die Heilige Vuur te blus (1
Thess 5:19-22) binne-in jou nie? Besef jy nie hasatan het hierdie persoon
gebruik om jou die dood te laat verkies bo die lewe nie? Besef jy nie hasatan
het hierdie persoon gebruik om jou woning te vul met demone, en maak dat
demonise geeste jou onderdruk nie? (Nehemia 13:26).
Hoe kan jy glo EK sou vir jou so ‘n persoon gee as ‘n sielsgenoot? Sielsgenote
herken mekaar en koester mekaar. Selfs die heidene, wie se name nie opgeskryf
gevind word nie in die LAM se Boek van Lewe geskryf voor die grondlegging van
die wêreld, herken mekaar.
Byvoorbeeld Ozzy Osborne en Sharon Osborne herken mekaar want hulle is
sielsgenote en beide is bestem vir die hel en die Poel van Vuur na hierdie lewe.
Hulle albei dien hasatan en albei spot alles wat heilig is en bespot die kruis
en sê dit is ‘n oorwinning die dag toe EK gekruisig was omdat satan MY
doodgemaak het en die oorwinning behaal het.
En hierdie sataniste weier om te glo EK, YAHUSHUA HA MASHIACH leef, regeer en
heers in die Hemel en het altyd, langs ABBA YAHUVEH.
Jou sielsgenoot sal dieselfde liefde deel en sal dieselfde passie hê wat jy het
vir die Een wat jy HaShem noem, alhoewel ABBA YAHUVEH meer is as net HaShem [Hebreeus
vir] “Die Naam”.
ONS het jou lief en ONS het al jou trane gestoor in flessies in die Hemel (Psalm
56:8). Jy het nou gehoor wat jy nie wou glo vantevore nie.
Jy het geweier om hierdie verhouding te beëindig wat sonde en hoerery is in die
Hemel se oë. So soos dit geskryf is in die Heilige Skrifte, skei EK SELF met MY
skeidings-swaard (Matt 10:34-36) ‘n verhouding wat die Hemel nie georden het
nie—vir jou eie onthalwe verstandelik, liggaamlik sowel as jou geestelike groei.
Bekeer oor die belediging van die gewydheid van die woord huwelik. Want hierdie
was nie ‘n YAH bestemde huwelik nie! Jy het niks in gemeen met hierdie persoon,
geestelik nie. Die twee van julle het probeer om een te word en tog nooit daarin
geslaag nie. ‘n Huis wat verdeeld is kan nie staan nie (Markus 3:25)!
Huil nie meer nie, straf jouself nie meer nie! Instede daarvan wees dankbaar
want nou is jy vrygelaat om jou ware sielsgenoot te ontvang as jy net wat EK
geskei het laat los en jouself toelaat om vry te wees en glo wat EK skryf en
spreek deur hierdie Profeet. EK kon nie jou ware sielsgenoot bring totdat jy
vrygemaak was van die een wat jou in slawerny gehou het nie en, ja, sonde!
EK IS—laat jou nie toe om verslaaf te raak aan dwelms selfs gegee deur ‘n
geneeskundige se hand nie! EK weet jy wil geen pyn voel nie en hou aan om meer
pille te wil hê, maar jou vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7) kan nie
gevind word in ‘n pil nie!
Dit word gevind in MY!
EK, YAHUSHUA HA MASHIACH IS die enigste PRINS van VREDE wat jy nodig het! (Jesaja
9:6). Jy is hardkoppig, en het ‘n prys betaal vir hierdie hardkoppigheid en
rebellie. Soos ‘n hardkoppige bedorwe kind, eis jy jou manier en weier.
Om te glo dit is nie YAHUVEH se manier dat jy skei nie, is jy soos ‘n kind wat
‘n humeur uitbarsting kry omdat jy nie dinge gedoen kan hê op jou manier nie. Jy
het probeer om die gebede te manipuleer van die Heiliges om te bid teen YAHUVEH
se wil.
Wees nie mislei nie. Want almal wat geestelike oë het om te sien, en geestelike
ore om te hoor, kan dieselfde ding hoor wat EK voortspreek deur hierdie profeet
nou.
Vra jouself, hoekom wil jy woon by ‘n persoon wat jou nie liefhet of by jou wil
wees nie? ‘n Heiden ken nie eens die betekenis van die woord liefde nie! Hoe kon
hulle? Want EK is nie in hulle nie! Hulle noem dit liefde, maar dit is nie
liefde nie. Hoekom besef jy nie jy is beter af alleen nie?
Die planne wat YAHUVEH vir jou het is ten goede en nie vir onheil nie (Jer
29:11)! Vir jou om te lag met onuitspreeklike vreugde en vol van heerlikheid (1
Pet 1:8-9)!
Wag, sê EK wag, en wanneer jy verlang om genees te word en jou emosies en jou
hart toelaat om genees te word, sal EK, jou YAHUSHUA HA MASHIACH, EK sal jou
genees op elke manier (Maleagi 4:2)—met MY Eie Hand kan EK vir jou die een bring
wat verdienstelik is vir jou liefde, iemand wat die Salwing sal aanwakker van
die RUAH ha KODESH in albei van julle: ‘n Heilige eggenoot bemoedig mekaar in
Heilig-wandel saam, hand aan hand; ‘n Heilige eggenoot sal MY aanbid, liefhê en
gehoorsaam en dien.
Die seën om ‘n eggenoot te hê wat YAHUVEH aanbid en eerste stel in hulle lewe en
liefde sal duidelik wees vir almal om te sien wanneer ‘n huwelik georden is deur
MY. Die bestemde eggenoot is geestelik gejuk aan jou op alle maniere.
Wag, sê EK!
Wag en hou op om te eis YAH beantwoord jou gebede die manier wat jy hulle
beantwoord wil hê. Want dit sal nie in jou tydsberekening wees nie maar in
YAHUVEH se tydsberekening. Dit sal nie op jou manier gedoen word nie maar
YAHUVEH se manier!
Wat as EK ‘n eggenoot verorden, [wat] net jou Heilige wandel sou verhinder met
MY? Sal jy steeds jou wil onderwerp aan MY? Sou jy MY steeds gehoorsaam? Hoeveel
het gebrand in wellus en oorhaastig getrou omdat hulle die vuur wou blus? Nou
betaal julle die prys van ‘n ongelyk gejukte eggenoot en ‘n huwelik nie bepaal
deur MY nie.
Om behaaglik te wees vir YAHUVEH (Rom 12:1; Heb 11:5-6) moet jy jou wil
onderwerp en sê, “U wil geskied op aarde net soos in die Hemel!” en glo dit
hierdie keer! (Jakobus 1)!
Moet nooit ‘n persoon toelaat om soos ‘n afgod te word nie. Hoe weet jy as jy
hierdie gedoen het? Vind jy jouself geestelike waarhede wegsteek wat onthul word
aan jou? Vind jy jouself skikkend met sonde?
Kind, dit sal gedoen word op YAHUVEH se manier hetsy jy daarvan hou of nie. Dit
is hoe dit is en altyd sal wees vir alle ewigheid. Selfbejammering is nie die
antwoord nie, dit benadeel jou net verstandelik, fisies en emosioneel—jy het
lank genoeg getreur—dit hou geen antwoorde vir jou wat jou kan help nie.
Die vyand van jou siel spot jou en het jou platgeslaan. Jy voel dat jy fyn
gemaalde glas is en hopeloosheid en wanhoop is oral rondom, maar EK stuur
hierdie HEILIGE WOORD om jou weer op te rig.
Onthou EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK het gekom om die gevangenes vry te laat
(Lukas 4:18)! Hoekom kan jy nie glo daar is geen groter liefde nie (Joh 15:13)
as ABBA YAHUVEH, KOSBARE RUACH HA KODESH & EK? Hoekom kan jy MY nie vertrou dat
EK weet wat die beste vir jou is nie?
Steun nie op jou eie insig nie, maar erken MY in al jou weë, en EK sal jou pad
rig. (Spr 3:5-6) —satan spot jou pyn.
Soek jy oorwinnig oor die duiwel? Besef dan hierdie verhouding was gestuur uit
die hel. Bekeer en bely jy weet hierdie huwelik was nie georden deur MY nie; EK
IS getrou en sal jou vergewe (1 Joh 1:9).
Julle leef in die eindtye en dit is gevaarlik soos in die tye van ouds toe
gelowiges gejuk was met ongelowiges. Die Heilige gelowige was verraai en
gemartel (Dan 11:33-34; Open 6:9-11) menig maal. En soos eenmaal was, so sal dit
weer wees (Prediker 1:9; Open 13:10).
Dit is hoekom dit MY Harts-roep is om diegene te waarsku en skei wat gevaarlik
ongelyk gejuk is in huishoudings.
Wat sal julle doen wanneer julle wettige geestelike vryhede weggeneem word en
wanneer julle nie langer vry is om MY openlik te aanbid nie, soos die
kommunistiese en Arabiese nasies gedoen het met die Christene? Diegene wie se
name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe sal die wette nie gehoorsaam geskryf
deur die mens wanneer hulle indruis teen die Wette van YAHUVEH (Daniel 6:4-8;
Hand 5:29; Heb 11:23) geskryf op die Tafels van Klip nie (Exodus 34:28).
EK IS gebruik nou MY skeidings-swaard en waarsku julle voor dit gebeur en julle
verraai word deur diegene waaroor julle nou treur. (Miga 7:2, 5-6; Lukas 21:16).
Hierdie het reeds gebeur in verskeie plekke rondom die wêreld.
Die bloed van die gemartelde deurweek die grond—in Noord Korea, dele van Afrika
en Rooi China—omdat hulle die gees gehad het van Stefanus (Handeling 7) soos
opgeteken in die Heilige Skrifte en dit was duidelik vir almal om te hoor en te
sien: Hulle het geweier om op te hou om MY te loof.
MY Heiliges is keer-op-keer verraai. En dit het hulle hul lewens gekos of
gevangenisskap keer-op-keer, en so is dit nou—so sal dit erger word (Matt
24:21-22) terwyl julle vryheid van godsdiens vervang word met die een-wêreld
regering, en godsdiens mandaat sal wees (Open 17:4-6,15).
Hoeveel sit daar en aanskou ander se vryhede en vryheid van spraak weggeneem en
vervang word deur wette van sonde.
Wanneer die tyd kom en die “merk van die dier” is mandaat, sal julle sien wat
gebeur met die ongelyk gejukte huishoudings wat weier om MY toe te laat om van
ongelyk gejukte bindings en verhoudings vrygemaak te word! (Matt 24:9-10, 25).
EK weet jy voel seergemaak, maar jy moet die hartseer en pyn laat gaan en los
dit by die voet van die Kruis waar EK gely het op Golgota. (Jesaja 53). Die
depressie en gees van hopeloosheid wat jy nou voel, EK sal jou vrymaak as jy net
kan glo.
Wees gehoorsaam en lojaal en soek eers die Koninkryk van die Hemel—en al die
begeertes van jou hart sal gebeur terwyl hulle in lyn is met YAHUVEH se wil.
(Matt 6:33). Wees eerstens lief vir die HERE jou GOD, YAHUVEH, vir MY jou
YAHUSHUA HA MASHIACH en die SOETE RUACH HA KODESH met jou hele hart, verstand,
liggaam en siel. (Deut 6:4-6), en jy sal geseënd wees volgens YAHUVEH se wil en
volgens SY manier. (Deut 7:7; Deut 28).
Hierdie persoon oor wie jy treur is jou vyand sowel as die Hemel se vyand in die
natuurlike-realm en die geestes-realm. Die vyand van jou siel spot jou liefde en
bespot alles wat jy sê en doen—satan spot omdat jy dink hierdie een wat vir jou
soveel teistering, eensaamheid, skande en hartseer veroorsaak het, is werd om
jou lewe oor te vernietig, terwyl jy jou oë op hulle hou en jou oë afhaal van MY
af (Spr 4:25-27; Heb 12:2).
Hierdie een wat jy gedink het het jou lief, lag vir jou trane en pleidooie, en
spot elkeen wat jy laat bid om jou onthalwe. EK alleen kan jou genees (Exodus
15:26) en jou gebroke hart heelmaak (Ps 147:7; Jesaja 1:5).
Want in MY oë is jy soos ‘n brose skoenlapper met geskeurde vlerke. Laat MY toe
om jou vry te maak, sodat jy kan sweef soos die Heilige Arende weereens (Jesaja
40:31). Sal jy dit toelaat?
Kies jy om hierdie Woord te ontvang as ‘n seën of sal jy dit beskou in woede,
hardkoppigheid en rebellie soos ‘n vloek? Dit is jou keuse. EK weet reeds watter
keuse jy sal maak. Einde van Profesie
So is dit Gespreek, So is dit Geskryf op 30 Julie 2009