Gespreek tot hierdie werktuig van klei, onder die salwing van die RUACH ha KODESH aan Apostel Elisheva Eliyahu 2 Desember 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * *
Op 2 Desember 1998, was ek besig om saam met 'n ander Suster Profeet te bid. Sy
het my op die foon gebel en die RUACH ha KODESH se salwing het op albei van ons
gekom. Ons kon albei die woede en die droefheid van YAHUSHUA aanvoel. Dit het
vir ure aangegaan. Ek het toe in tale begin bid. Die uitlegging het gekom
gepaardgaande met innige gehuil (diepe innerlike gesnik). Dit is die eerste keer
dat enige van ons mekaar se tale kon uitlê. 'n Nuwe gawe. Ek kan gewoonlik net
die tale wat die RUACH ha KODESH aan my gegee het uitlê en dan ook slegs as God
dit toelaat. Vanaand het 'n nuwe gawe plaasgevind.
Die woorde wat sy gespreek het wat ek neergeskryf het is ingesluit onderaan
hierdie boodskap en is al wat ek kon verstaan. Alhoewel sy in ander tale
gespreek het, het ek deur die gawe van uitlegging deur die RUACH ha KODESH,
sekere woorde in Engels gehoor. Ons glo dat ander profete instaat sal wees om
hierdie boodskap vir die mense bymekaar te sit.
Profete, lees asseblief en bid vir begrip van haar woorde, vir sommige het ons
nie volledige sinne nie. Ek het onder die salwing gespreek en hierdie woorde het
na vore gekom wat ek kon uitlê.
Hoekom die RUACH ha KODESH hierdie profesie vir soveel dae teruggehou het weet
ek nie. Gewoonlik stel ek hulle onmiddelik vry maar iets is anders omtrent
hierdie profesie. Ons het die woorde wat ons nie geken het nie opgesoek en het 5
tale gevind! Die Bybel sê ons praat in tale van mense en engele! Ek het nooit
geweet dat die RUACH ha KODESH in verskeie tale in dieselfde profesie praat nie!
Hierdie is die tale wat tussen die twee van ons gespreek was: Frans, Spaans,
Grieks, Indian (Indies/Indiaans), Portugees, WOW! Wat 'n ontsaglike GOD dien ons!
Gewoonlik 3 keer na mekaar sou ek die woord Horenda spreek.
Dit wat volg is wat die RUACH HA KODESH tot my gespreek het op 2 Desember 1998.
* * * * * *
Verwoesting en weeklaag kom. Maar MY Bruid wat op MY wag sal YAHUSHUA vir satan
nie toelaat om aan te raak nie. Hou vas aan julle geloof, afhangend van julle
geloof is hoeveel EK julle God, julle sal beskerm. Hoor die gille. Kyk oor die
land en julle sal verwoesting sien so vêr as wat julle kan sien maar nie vir MY
Kinders nie, nie MY Babas nie, nie MY Bruid nie. EK sal julle onder MY vlerke
wegsteek. Julle moet in geloof wandel, nie deur aanskouing nie. As julle dink
dit is nou moeilik om in geloof te wandel en nie deur aanskouing nie, hoeveel
moeiliker sal dit wees vir hulle wat MY toorn moet smaak?
O, MY Babas O, MY Bruid, EK kom om julle huis toe te bring aan MY sy. Julle sal
nie in verwoesting wandel nie, MY Babas, MY Bruid. Julle wat gereed is, wagtend
en Heilig lewe, EK sal julle huis toe bring. Diegene wat nie gereed is nie,
wagtend en Heilig lewe nie, julle sal die verwoesting sien op hierdie komende
dag. EK stuur hierdie diensmaagd voort met vars manna uit die Hemel hierdie dag.
Daar sal ander wees wat hierdie manna verteer, want hulle wag alreeds, lewe vir
MY. Hulle het hul vrede in MY.
Pasop die van julle wat spot en sê EK sal nie kom nie. Daar is diegene wat dink
Amerika sal altyd wen. Hierdie land Amerika behaag MY nie. Oorwinning vir julle
sal nie gesien word nie. Julle land en julle leierskap, EK druk MY neus toe. Die
stank styg op Hemel toe. Die stank van julle onsedelikheid. Die stank van julle
politiek. Die stank van julle gulsigheid. Die stank van skynheiligheid. Die
stank van julle godsdienstige sisteem. Amerika, julle sê "IN GOD WE TRUST", maar
julle dien nie’n God nie. Ten minste, dien die Heidene 'n god, alhoewel dit VALS
is, weet hulle hulle moet 'n god hê!
Al kerf die primitiewes 'n boom uit en noem dit 'n god, weet hulle ten minste
hulle moet 'n Skepper eer, alhoewel dit vals is. Hulle weet net dat hulle 'n god
moet hê teenoor wie hulle verantwoording moet doen vir wat reg of verkeerd is.
Om die Skepping te erken moet julle 'n Skepper hê. Of dit nou Mohammed is of
Buddah, Allah, die lys gaan aan, ten minste erken en dien die heidense lande ‘n
god, alhoewel dit VALS is! EK sal meer genade oor hulle hê as Amerika.
Amerika, julle vervloek MY Naam! Julle verban dit uit julle skole en regering.
Julle Politieke leiers gebruik dit vir simpatie, maar nie vir Krag nie. Julle
Politieke leiers gebruik dit vir manipulasie, maar nie om te aanbid nie en hulle
onderrig nie om gehoorsaam te wees aan die God van die ganse Skepping nie! Julle
roep MY net aan wanneer dit dien tot julle doelstellings. Julle verontagsaam die
Heilige Dae en doen gruwels op hierdie Heilige Dae. Julle stank, Amerika, bereik
die Hemel en EK druk MY neus toe en julle laat MY skaam kry, want eens op ‘n tyd
was julle MYNE, nou behoort julle aan satan en speel sy helse speletjies.
Julle het julle geboortereg verkoop, dit wat Heilig was en julle voorvaders het
MY erken en selfs hulle het teen MY gesondig. Tog het EK genade gehad teenoor
hierdie land wat afgesonder was vir MY Glorie, en tog hoe lank gelede het die
Ster-Geflikkerde Vlag aan MY Glorie gebring? Amerika, julle is 'n stank in MY
neusgate. Julle het julle Skepper verraai EK, YAHUVEH, kyk neer op julle en
grinnik want julle dink julle is 'n god.
Julle dink julle het geen ander god nodig nie! Julle het julself opgestel om
julself te aanbid. Julle top politieke leiers, en ja EK sê, selfs die top
geestelike leiers, sê hulle het nie nodig om MY Gebooie te gehoorsaam nie. Julle
President herskryf MY Gebooie. Julle politieke leiers is soos Sodom en Gommora
in die Withuis 'n plek wat veronderstel is om te staan vir leierskap in hierdie
land.
Amerika, jy dink jy is god! Maar nie MY Babas nie, nie MY Bruid nie, julle is MY
babas, julle is MY verloofde. Hierdie woorde maak julle harte warm, waar die
vyande se hart koud is. Amerika, EK sal julle soos 'n bondel papier vat en EK
steek julle aan die brand vir almal om te sien. Die handelaars sal ween regoor
die wêreld vir al julle bose dade.
Julle het dit gewaag om julle vuis vir die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH te bal en EK
sal julle en hulle wat nie gereed is vir MY koms nie, opfrommel. Julle sal 'n
pad loop wat EK eerder nie wil hê julle moet loop nie. Julle was gewaarsku. As
julle dink dit is nou moeilik om in geloof te wandel, hoeveel moeiliker dink
julle sal dit wees wanneer julle die afgryse sien wat gaan kom? O Amerika, die
vlamme van MY toorn sal julle omring.
Vir diegene wat sê hulle kan MY nie nou vertrou om hulle te red nie, omdat die
geloof julle ontbreek, julle sal in geloof moet wandel anders sal julle STERF.
Julle sal 'n pad loop wat EK eerder nie wou hê julle moet loop nie. Julle sal
loop waar MY Bruid nie sal loop nie. Julle vra waar sal julle loop? Julle sal in
'n pad van verdrukking loop en slegs deur in geloof te wandel en nie deur
aanskouing nie sal julle oorleef. EK roep tot julle vandag kom gou in voor dit
te laat is. EK wil hê julle moet geloof hê vandag. EK wil hê julle moet geloof
hê. Kom in die Ark in. Kom in MY arms in.
Hoekom wag julle? Hoekom gaan julle weg? Julle wat MY nie eens ken nie, julle
sal moet betaal. Het julle enige idee van die lydings? Maak gereed om vandag na
MY toe te kom, help om hierdie woord uit te kry, BID! Waarsku die vier uithoeke
van die aarde. Hou op om julle skatte op die aarde te bou en begin die skatte in
die Hemel te bou. MY Bruid skree vir MY om te kom. Hoeveel langer moet EK wag?
Die vloedgolf van boosheid kom. EK het hulle vertel om gereed te wees. EK spreek
dit nou. Hoeveel glo dat EK julle sal red? Bid dat julle waardig geag sal word
dat julle sal ontvlug van MY toorn wat kom. Ja, YAHUSHUA is MY Naam. Ja,
oorwinning is julle s'n.
Maak gereed vir die komende oorlog. Vir julle wat sê dat julle bestem is om te
bly en in MY toorn moet wandel. EK kom om MY Bruid weg te neem. Sy is MY maagd
en sy het haar lamppit kort geknip, en sy het olie in haar lamp, asook ekstra
olie. Want diegene wat daarop aandring om die afgryse te sien wat kom julle, sal
in geloof wandel en nie deur aanskouing nie. Menigtes sal doodgemaak word en
baie sal nie die Merk van die Dier aanvaar nie. Hulle sal op die harde manier
leer aangesien hulle weier om nou te luister. Diegene wat nie in geloof wandel
nie sal sterf. Moenie vrees nie want daar sal diegene wees wat nie aan MY sal
twyfel wanneer daar geen kos of geen water is nie. Het julle die geloof om vir
'n klip te bid en te glo vir water? Het julle geloof om te glo dat modder brood
is?
Besef jy nie MY Geliefde? Dit is hoekom EK jou nader aan MY sy wil bring, om MY
Bruid te wees. Hoekom wag jy? Dink jy EK het gelieg? Jy hoef nie bekommerd te
wees of jou te verknies nie. Die van julle wat gereed is, EK sal julle huis toe
neem, diegene wat gereed is en die geloof het om te glo dat EK hulle bo die
komende Oordeel en toorn sal bewaar wat sal kom. EK het vir Lot teen die toorn
bewaar. EK het vir Noag bo die toorn bewaar. Hoekom sal EK nie MY Bruid bewaar
bo die toorn nie? Vir diegene wat vertrou, sal EK dit doen. Waar julle geloof
is, sal EK antwoord. Het julle geloof om te glo dat EK julle sal beskerm
gedurende die tyd van die toorn en die Oordeel oor hierdie aarde wat kom? Het
julle geloof om te glo dat EK sal kom en julle sal red voor die toorn van
Almagtige God YAHUVEH neerkom? Verlossing hang van julle geloof af. Hoekom dink
julle dat hierdie enigsins anders is?
Elkeen is NOU verseël! Dit was bepaal voor die grondlegging van die aarde. EK
het geweet watter keuse julle sou maak voordat julle dit selfs gemaak het. EK is
Alle Wysheid en Kennis is EK nie? EK is die BEGIN en die EINDE, is EK nie? Niks
wat julle doen kan MY verras nie want dit is alreeds neergeskryf. Verbaas dit
julle? EK weet wie verseël is met die seël van VERLOSSING en die seël van
VERDERF. Dit is alreeds eeue gelede bepaal. Daar is 'n boek opgestel wat die
Boek van die Lewe is. Twee boeke ineen, daar is 'n boek van VERLOSSING en 'n
boek van VERDERF.
“EK IS” die Woord wat vlees geword het. Aanbid MY, nie die boek wat die WOORD
bevat nie. MY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH. 'n Boek is 'n boek. EK is nie ‘n
Torah nie. EK is nie 'n Bybel nie. EK is nie die Koran nie. EK IS die WOORD! EK
is instaat om MY Woord te beskerm. Wees lief vir MY Woord nie die Boek nie.
Hoeveel het Bybels en Torahs, en bestudeer hulle nie eens nie? “EK IS” die groot
God, “EK IS!” “EK IS” die WOORD wat vlees geword het. “EK IS” die WOORD! “EK IS”
wie “EK IS”, EK sê weer, “EK IS” die WOORD wat VLEES geword het. Moenie die
Bybel aanbid nie. Moenie die Torah aanbid nie. Moenie die Koran aanbid nie.
Julle God is Almagtige God. Glo, en staan op MY Woord. Aanbid Almagtige God die
groot “EK IS.” Want “EK IS” die WOORD! EK KAN NIE LIEG NIE! EK is nie 'n Bybel,
Torah of Koran nie. “EK IS” wie “EK IS!”
EK het MY Woord op julle Gees en siel geskryf. Julle het MY Gees binne-in julle.
Julle weet wat op die oomblik in Amerika aan die gang is. Die Withuis sal brand
en al die politieke leiers, hulle wat veg teen Almagtige God YAHUVEH en
YAHUSHUA, sal terugkeer na die vlamme vanwaar hulle vandaan gekom het. Daar is
politieke leiers wat voorgee om vlees te wees maar hulle is nie. Hulle word
regeer en beheer deur demone. EK het aan hierdie diensmaagd die moedigheid gegee
om MY Woorde voort te spreek en ander profete bevestig dieselfde, nie omdat
hulle hul wil spreek nie, hulle vlees sidder, maar tog gehoorsaam hulle en skryf
en spreek wat EK vir hulle sê.
Sê MY Woord nie "EK sal MY Profete stuur voordat EK die oordeel stuur?" Laat
hierdie woorde troos bring vir hulle wat geestelike ore het om te hoor. Diegene
wat MY RUACH ha KODESH het sal lewe en nie in vrees wees nie. Diegene wat nie
het nie, sal vrees en sterf. EK skei MY Skape van die bokke en die koring van
die kaf soos EK Abel geskei het van Kain, Dawid van Saul en die Egiptenaars van
die Israeliete. EK het dit voorheen gedoen en EK sal dit weer doen. Behou julle
geloof in YAHUSHUA. Laat NIEMAND julle beroof van jul Salige Hoop nie.
Wees gereed ongeag wanneer julle dink EK mag kom. Laat EK julle nie sluimerend
en sondig betrap nie, besig om die lewe te leef van 'n Fariseër nie. Want MY
Bruid moet rein en Heilig bly voor MY. MY Bruid moet 'n maagd wees. Daar is
vereistes vir MY Bruid. EK praat van maagd bedoelende nie besoedel deur mens
gemaakte leerstellings en godsdienste nie. MY Bruid moet geen ander liefde voor
MY hê nie!
MY Bruid moenie haar vertroue in enige ander god plaas nie, buiten haar
Bruidegom. MY Bruid moet glo dat EK haar sal beskerm en dat EK kom om weg te
glip met MY Bruid. Om weg te loop is 'n geheim. Die Fees Tafel is voorberei,
alles is gereed. Die engele staan as getuies. Al wat nou oorbly is om te kom en
MY Bruid te neem wat uitroep en rou en daagliks MY koms mis. EK hoor julle MY
geliefdes. Moenie vrees nie julle Verlosser is hier.
EK sal haar wegneem uit hierdie wêreld sonder enige ander kennisgewing buiten
wanneer EK deur MY Profete spreek. Wees gewaarsku, julle wat gedink het julle
het nog jare om te bekeer. BEKEER! Hardloop by die Ark se deur in! EK het gesê
daar is twee boeke, en elke siel word óf in die boek van VERLOSSING óf van
VERDERF gevind. Wat EK nou vir julle vertel is dat daar ook name is wat uitgewis
is.
Dit is jou keuse of jou naam uitgewis is. Hulle wat hul lewens vir MY gegee het
en dit teruggeneem het en in daardie kondisie gesterf het, wie se siele opgehou
het om YAHUSHUA te vertrou om hulle te verlos en MY Geskenk op Golgota verloën
het. Hulle wat MY Woorde lees en nie volgens hulle lewe nie, EK is nie geflous
nie. EK weet wie bely MY voor mense net vir die vertoon daarvan. EK ken diegene
wat MY voor mense bely omdat hulle MY waarlik liefhet. Die kerk van die
geveinstes is Fariseërs. Hulle het 'n vorm van Goddelikheid maar geen
Goddelikheid van binne nie. Hierdie is nie MY Bruid nie. EK weet wie MY Geliefde
is. Moenie julself langer mislei nie. BEKEER VANDAG! VOOR DIT TE LAAT IS!
Daar is siele wat hul name op die verlossingsblad gehad het, maar weens gebrek
aan geloof, en lojaliteit teenoor hulle God en Verlosser, was Hulle name
uitgewis! Laat dit nie met jou gebeur nie! Bewaar met jaloesie jou hart en siel.
Julle wat dit aan MY gegee het, laat niemand julle op ‘n dwaalweg lei om nie
julle eerste LIEFDE lief te hê nie, julle eerste LIEFDE te Dien nie, Getrou te
bly aan julle eerste LIEFDE nie anders sal EK julle ontken as MYNE. Laat niemand
julle SALIGE HOOP steel nie! MY Woord lieg nie.
Wat julle ookal in geloof spreek sal julle hê in YAHUSHUA se Naam. Hoe lief het
julle MY? Sal julle MY dan vertrou? Sal julle verlang en smag na julle Almagtige
God, Here en Verlosser julle spoedig komende KONING van KONINGS en HERE van die
HERE om julle bo die toorn te bewaar wat kom? Julle toekoms hang van julle
geloof af. Waar julle die ewigheid gaan deurbring hang van julle geloof af.
Luister aandagtig en Gee Ag op MY Woorde, EK sal op die gepaste tyd met elkeen
van julle spreek oor wat om te doen en wat om te sê. Hou net op om MY op enige
manier te betwyfel.
* * * * * * *
Gespreek onder die salwing aan hierdie diensmaagd van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Elisheva Eliyahu 2 Des 1998 4:46 en nie vrygestel nie tot 18 Des, op die tweede
dag van Irak se bombardering! 6DE DAG VAN HANUKKAH. HY praat van gruwels wat op
Heilige Dae gedoen word.
Woorde wat ons uitgelê het maar nie volsinne nie. Profete, bid asseblief, want
hierdie is in verskillende tale. EK het hierdie woorde verstaan wat Elicia in
tale gespreek het. Om dit nou bymekaar te sit het ek die hulp van die profete
nodig. Stuur asb e-posse aan my oor wat julle dink hierdie boodskap beteken. Ons
het na die tyd woorde opgesoek en verskillende betekenisse in ander tale gevind.
Horror of Horrendous kan Horenda wees, wat gruwel beteken in Portugees maar daar
is so 'n plek.
Gaan voorwaarts gaan voorwaarts Rusland. Toegewyd, wees versigtig oor beheer.
Eenvoudige land situasie oorlog is in oos Rusland. Land in (basil) (koninklike
heilige) land. (Kan Brasilië wees?) Drie lande, of drie konings, morele slegs
einde van ons land beheer. Morele kom in land in Israel in moeilikheid. Einde,
sien EK nicome (oorwining) vele geneesheer einde nicome (oorwinning) einde
oorsien gebied in suid oos China (Maco) daagliks op die vlug kom in land hier
olyfolie Russiese oorlog ek is 'n morele land Midde-Ooste oorlog era van morele,
(moré) morele gaan vorentoe Russies kom in nicome (oorwinning). O My Heer nicome
(oorwinning) EK hoor die bruid elke dag.
Hierdie is die woorde wat Elicia uitgelê het toe Elisheva Eliyahu in tale
gespreek het: Gaan voorwaarts! gaan voorwaarts! Midde-Ooste hoër hoër hoër
salwing (casa) huis gaan voorwaarts huis gaan hoër. Die bose gaan oor in die
nag. Horenda grusaam sal julle ken in die nag. parena nokatea holrenda pocasa
hoya micatina micatina pocashoya.
Ek het geen idee in watter taal hierdie twee sinne is nie, weet iemand? Die
spelling is foneties gespel.