Profesie 27
YAHUSHUA Sal Terugkeer Op 'n Sabbat! Verrys Vroue Apostels en Profete!
Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
4 Januarie 1999
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY woorde verag en met SY
profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
EK, YAHUSHUA, keer terug op 'n Sabbat, julle weet nie watter een nie. Kom na
vore MY Vroue Apostels en Profete! Verrys NOU! Moenie langer toelaat dat enigeen
julle vertel dat EK julle nie geroep het om Profete en Apostels, Leraars,
Evangeliste of Pastore te wees nie! EK is die Pottebakker julle is die klei.
Hoekom sou julle na die mens luister of na diegene met die Gees van Fariseërs?
Spreek hierdie boodskap voort wat EK aan hierdie Apostel gee om te spreek.
Verenig met haar stem, vroue en mans wat MY stem herken wat voortspreek deur dit
wat EK skryf deur haar. Bemoedig mekaar. satan het julle veels te lank
stilgemaak. Apostoliese Profetiese Krygers julle weet wie julle is. Skryf aan MY
diensmaagd en bemoedig mekaar, leer van mekaar. EK kom baie binnekort terug.
Neem mekaar se hande, julle is nie alleen nie. EK het julle oor die wêreld
versprei, maar julle sal mekaar mettertyd ken.
Julle het mekaar nodig. Julle sal aansluit by die manne met dieselfde roeping.
Maar, diegene wat weier om julle te erken los hulle vir MY. Moenie met diegene
met dowe ore argumenteer nie wat goedbedoelend is, en nogtans groot skade
berokken het aan daardie vroue wat vertel is dat hulle nie 'n roeping van
apostel kan hê nie, selfs die een wie hier skryf was ontmoedig en was so vertel.
Sy het gesê: "Ag wel, ek sal aanhou doen waarvoor ek geroep was om te doen,
watter naam julle dit ookal noem". Maar die man wat dit vir haar vertel, was
mislei deur 'n ander stem, nie MY stem nie. Hy moet BEKEER omdat hy dit doen.
Sal julle gereed wees? YAHUSHUA KOM TERUG OP 'N SABBAT! Vertel vir almal wat wil
hoor, verwag van hulle almal om nie te glo nie. Hierdie is nie julle probleem
nie, maar hulle probleem. Julle moet net gehoorsaam.
Saam sal diegene wat EK saam met julle voeg soos 'n legkaart wees en geen ander
stukke sal perfek pas nie. Hou julle oë oop vir ander. EK bring ’n weermag van
Profete, Apostels, Evangeliste, Leraars en Pastore en nogtans sal hulle soos ’n
eenheid saamwerk. Nooit meer van hulself dink as wat hulle is nie. Wetende as
hulle saam staan sal hulle bereik wat EK bepaal het om gedoen te word. 'n Groot
siele-oes sal bereik word en dit sal een van die grootste siele-oesbedienings
wees om die aangesig van hierdie aarde te bewandel. Vir MY die Vader YAHUVEH, MY
Seun YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH se Heerlikheid! Baie sou nie gered geword
het as EK nie hierdie bediening opgerig het nie.
My Apostel vir wie mans verwerp as 'n Apostel, ken MY stem en skryf wat sy hoor.
Ander vroue het EK Apostels genoem en hulle is meegedeel dat hulle nie in
hierdie amp gebruik kan word nie, maar EK sê vir julle soos EK vir hierdie
apostel gesê het, dit is nie vir mans om te bepaal nie, hoe EK MY diensmaagde
gebruik is MY besigheid alleen. Hulle is MY klei en EK alleen vorm hulle en stel
hulle op die proef deur die vuur van hul beproewinge op 'n manier waarop EK so
verkies. Wie is 'n man om te sê wat EK, YAHUVEH, kan doen en nie kan doen nie.
Baie mans was mislei omdat hulle die Gees soos die van Dawid onderskat, wat EK
in MY diensmaagde geplaas het.
Hoe meer die mans hierteen veg, hoe meer rig EK MY Dawid Geeste in MY
diensmaagde op. Trots alleen veroorsaak dat ’n man sulke dinge sê. BEKEER
VANDAG! EK het haar voortbeskik om beide die vroue Profete en vroue Apostels,
leraars, evangeliste en pastore te bemoedig. Sy ken die gloed van vervolging
weens die hoë roeping wat EK op haar lewe geplaas het en op almal wie geroepe is
om MY Apostoliese Profetiese krygers in hierdie eindtye te wees. Menige is
vrouens. Moenie toelaat dat die mans of Fariseërs JULLE TERUG HOU NIE! Dit is
wat EK, YAHUVEH, gedoen het en besig is om te doen. Wie waag dit om vir YAHUVEH
te vertel dat HY verkeerd is?
EK het jou en die mans en vroue almal bymekaar gebring om een in MY RUACH ha
KODESH te wees, julle sal beweeg soos een in MY RUACH ha KODESH en julle sal
praat soos een in MY RUACH ha KODESH. Julle sal uitreik na die onbereikbare en
na baie mense wat verwerp en weggegooi is as onredbares en tog sal EK julle
uitstuur met 'n salwing en met woorde en liefde wat nie jul eie is nie om
hierdie mense te bereik, Ja, EK sê julle moet 'n volk bereik wat julle bang sal
wees om aanstoot te gee, maar deur nie te praat nie sal die grootste aanstoot
wees van alles. EK vertrou MY werkers wie EK uitstuur, want EK is die
Pottebakker en julle die klei. EK weet wat EK in elke werker geplaas het wat by
haar aansluit. EK weet waarvan sy gemaak is en haar swakhede. Waar sy swak is,
het EK ander sterk gemaak. Waar die ander wat moet aansluit swak is, is sy sterk
gemaak, soos 'n metaal wat deur vuur gelouter is so het EK gedoen met almal wat
by julle moet aansluit. Julle hoef nie bang te wees wie by julle sal aansluit
nie, want EK sê vir julle dit is nie jul keuse nie maar MYNE!
Enige Judasse wat by hierdie bediening wil aansluit, sal dieselfde lot as Judas
hê! EK sal nie toelaat dat enigiemand vernietig wat EK SELF gebou het en sal
aanhou om te bou nie. Hierdie bediening sal die wêreld omhels. Moenie 'n klein
begin verag nie want EK het begin as 'n baba in 'n krip, het EK nie? Op die
aarde, in die begin, was dit al wat die aarde kon sien. En tog kyk hoeveel het
EK in drie jaar aangeraak, en gered. Al die boeke in die wêreld kan nie bevat
wat EK in daardie kort tyd gedoen het nie. Moenie die krag van MY Salwing
onderskat nie! EK het julle almal gesalf en sal aanhou om MY Salwing in 'n
groter mate uit te stort. Julle sal weet in julself kan julle niks doen nie maar
met YAHUVEH is alle dinge moontlik as julle kan glo.
Nou is julle apart in verskillende state, maar dit is slegs tydelik, want
hierdie jaar sal julle bymekaar wees, naby genoeg om aan te raak. Julle sal reis
en saam bedien. Moenie probeer om dit te laat gebeur nie, hou MY dop hoe Ek dit
maak gebeur. Moenie probeer en sê watter tyd en seisoen nie, weet net dit sal MY
tyd en seisoen wees. Bid en bedek mekaar. Werk saam; deel met mekaar wat julle
geleer het. Toe EK die vennote uitgekies het wat by MY dogter moes aansluit, het
EK baie versigtig gekies en deeglik getoets. EK het julle so baie lief, EK
vertrou julle so baie. EK weet julle sal nie MY dienskneg seermaak nie maar
eerder beskerm en sy sal julle nie seermaak nie maar julle beskerm. Almal wat
aansluit is baie spesiaal soos 'n ketting wat van soliede goud gemaak is. EK sit
nie enige metaal soos blik, of silwer, of lood saam met MY goue ketting nie maar
slegs die beste metaal wat EK kan vind wat gelouter was in die gloeiende
smeltoond en uitkom soos suiwer goud sewemaal verfyn.
*******
Opdatering bygevoeg 22/1/2016. Hierdie Skrifgedeeltes hieronder wys dat YAHUVEH
SY dienaars vertrou. SY profete van ouds. Net soos Jeremia geken was selfs voor
hy gevorm was in sy moeder se baarmoeder.
Jeremia 1
4 Die woord van YAHWEH het dan tot my gekom en gesê: 5 Voordat EK jou in die
moederskoot gevorm het, het EK jou geken; en voordat jy uit die liggaam
voortgekom het, het EK jou afgesonder; EK het jou tot 'n profeet vir die nasies
gemaak Numerie 12
6 Toe sê HY: Hoor tog MY woorde. As julle profeet van YAHUVEH is, sal EK deur 'n
gesig MY aan hom bekend maak, deur 'n droom sal EK met hom praat. 7 So is dit
nie met MY kneg Mosheh nie: in MY hele huis is hy getrou.
*******
Moet nooit meer van julself dink as wat julle is nie. Julle is 'n geliefde
werktuig van klei waarin EK MY genade en barmhartigheid en gawes van die RUACH
ha KODESH uitgestort het. Julle is 'n gewillige werktuig wat nie teen die
Pottebakker se hand veg nie. Julle het MY toegelaat en sal aanhou om MY toe te
laat om julle te vorm soos EK julle wil hê en nie soos julle verkies om te wees
nie. Alles wat julle het moet julle op die altaar plaas en MY toelaat om weg te
neem wat EK nie wil hê julle moet hê nie, en terug te gee wat EK weet julle moet
hê. Hou niks terug nie en vertrou MY. EK sal dit teruggee, nie net wat julle
geoffer het nie, maar meer as wat aan MY geoffer is. Toets MY en kyk of EK nie
sal doen wat EK sê nie.
MY Apostel, plaas alles wat jy het op hierdie altaar, insluitend hierdie
bediening, kyk wat EK sal doen. Wees gewillig vir MY om enige iets en enige
iemand in julle lewens te verwyder wat julle nie help nie, maar julle eerder
verhinder om alles te wees en te doen wat EK beveel om gedoen te word in MY
NAAM. Doen dit met alles, selfs julle kinders. Soos Abraham, moet julle glo EK
is 'n goeie God en EK sal alles teruggee wat bedoel is as 'n seën, en enige iets
wegneem wat satan voor julle sit om 'n struikelblok vir julle te wees! Waag
julle om dit te doen MY Kinders?
Finansies ingesluit. Moet niks terughou nie want dit is in elkgeval MYNE. “Wat
julle s'n is is MYNE, wat MYNE is is julle s'n!” Gee dit vir MY sodat EK dit in
'n groter maat kan teruggee. Vertel vir MY Mense. Skryf dit neer, nie net vir
julle vennote wat by julle moet aansluit nie, maar ook vir MY Mense want
dieselfde bevel gaan uit in hierdie eindtye. Sê vir hulle, "LÊ ALLES WAT JULLE
HET OP MY OFFER ALTAAR NEER." Sê, "WAAG DIT OM JULLE VADER YAHUVEH, YAHUSHUA en
die RUACH HA KODESH TE VERTROU!" Waag dit om gewillig te wees vir MY om te snoei
wat nie in julle lewens moet wees nie! Waag dit om te vertrou dat EK die
seëninge sal vermeerder wat EK teruggee. Doen dit nou, voor EK dit sonder julle
toestemming moet vat! Doen dit, of dit man, vrou, kinders, finansies, huis,
motorkar, bedienings is, die lys gaan aan. Doen dit met enigiets waaraan julle
waarde heg, besigheid, vennootskap, kerke. Julle sal weet wat dit is.
Enigiets wat julle weet wat EK nie goedkeur nie, julle sigarette, of enige ander
middel wat julle gebruik om vir julle vrede te bring, wanneer dit in elk geval
net 'n vervalsing is, want EK is die Prins van Vrede! Julle het niks anders
nodig nie. Gee dit vir MY, offer dit aan MY en as dit bedoel is om jou te seën,
sal EK dit teruggee. As dit nie bedoel is om jou te seën nie, sal EK DIT
VERWYDER! Want julle, wie julself MYNE noem, EK het die reg om weg te neem wat
EK aan julle gegee het, sowel as dit wat deur satan aan julle gegee is, of deur
julleself, enigiets wat julle wandel met MY verhinder. Wil julle hê dat EK julle
moet red in die komende dae wat voorlê? GEHOORSAAM MY dan en doen hierdie. Bid
as julle nie die bedoeling hiervan ken nie. Lê selfs julle huwelike op hierdie
Offer altaar neer. Die Godvresendes sal staande bly. Om die waarheid te sê, EK
sal julle seën op 'n manier wat julle nooit gewaag het om te glo nie.
MY Kinders julle sê julle verlang MY perfekte wil? Doen julle regtig? Sal julle
regtig een dag in die week vir MY gee? Die Sabbat, Vrydag sononder tot Saterdag
sononder moet julle in MY rus, verheug in MY, leer van MY. Sit julle werk opsy
en instede daarvan doen slegs MY werk, as enige werk gedoen moet word. Bid en EK
sal vir julle wys wat om te doen en wat om nie te doen nie. EK is 'n God van
perfekte balans. EK verafsku enigiets ongebalanseerd. Selfs die Sabbat moet in
balans gehou word! Hierdie is 'n dag om te jubel in MY, nie 'n vloek nie; dit is
'n dag wat 'n seën vir julle moet wees nie om te vrees nie maar om na uitgesien
te word. Die Sabbat is nie 'n dag van slawerny nie maar 'n dag van vryheid in
MY, YAHUSHUA! MY dissipels en EK is 'n voorbeeld van wat om op 'n Sabbat te doen.
Leer hierdie nie by die Fariseërs wat sê dit is 'n dag om in slawerny te wees
nie. Wat sê dit is 'n dag om te ly nie. Ja, EK sê groot sal julle seëninge wees
deur MY Sabbatdag te onderhou en deur dit Heilig te hou.
DIT IS DIE DAG WAAROP EK WEER SAL KOM! Ja, EK het gesê, "Onderhou die Sabbat van
hierdie dag af vorentoe vir diegene wat daarop aanspraak maak om MY Bruid te
wees! Maak gereed want julle Bruidegom kom en sal arriveer op 'n Sabbat. Julle
weet nie watter een nie. Maar hulle wat nie vir MY op die SABBAT wag nie sal MY
MIS. Ja, EK sê weer, terwyl MY terugkoms aarde toe nader kom, laat EK op hierdie
dag in julle gedagtes, woorde en dade wees. Geniet hierdie dag saam met MY. Kan
julle nie julle wêreldse plesiere vir MY opsy sit vir een dag in die week nie?
Oefen dit nou. Die tyd kom wanneer die bose kennis sal neem wie waarlik MYNE is
en wie nie waarlik MYNE is nie. Hulle sal weet deur die MERK of julle MY Wette
onderhou en nakom. Hulle sal julle belet om op die Sabbat te vergader of te
erken dat hierdie dag die Sabbat is. Onthou Vrydag Sononder tot Saterdag
sononder. Hierdie is die SABBAT. Hou dit HEILIG en 'n dag vir julle en MY om te
koester en mekaar te leer ken. Julle is MY geliefde. Diegene wat dit doen sal
seëninge ken anders as enige wat julle voorheen geken het.
Nou het EK hierdie boodskap voortgespreek tot MY diensknegte en EK het hierdie
boodskap gebring aan julle die mense gegee te midde van 'n persoonlike profesie
gegee aan diegene in hierdie bediening. Maar tog laat EK julle met hierdie
woorde vir diegene wat verklaar dat hulle MYNE is, en hulle wat siele na MY toe
lei, MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes leer om Sabbat
onderhouers te wees nie Sabbat brekers nie. Hierdeur sal alle mense julle ken!
Hierdeur sal julle gereed wees vir MY koms. Diegene wat ore het om te hoor sal
hoor, al die ander sal doof bly. Los hulle doof, want dit is 'n gees van
rebellie wat in hulle harte en siele inkom. Los hulle! EK sê weer, moenie
probeer om hulle van gedagte te laat verander nie. MY Skrif spreek die waarheid,
dit verander nie.
EK, YAHUSHUA, het gekom om die wet te vervul, nie om YAHUVEH se Wette te
kanselleer nie! Vertel vir hulle, en as hulle weier om te hoor, moenie julle
asem op hulle mors nie. Onthou in die vergange tye was baie doodgemaak omdat
hulle nie MY Sabbat onderhou het nie. Die tyd kom wanneer julle groot tragedies
sal sien en dit sal op die Sabbat gebeur. Mense sal hulle hoofde skud en wonder
hoekom? Julle sal die rede weet hoekom. EK het julle nou net vertel. Maar hoe
sal die ander weet hulle gee MY aanstoot as julle hulle nie vertel nie? Almal
wat hier lees, en MY stem herken, julle word aanspreeklik gehou om vir diegene
te vertel wat nie weet nie. Hulle dink deur kerk op Sondag by te woon eer hulle
MY Sabbat. Maar MY Ware Sabbat gaan ongemerk by dieselfde mense verby. EK gee
nie om dat julle elke dag vergader en MY aanbid nie. Maar steeds op die Sabbat,
is dit MY Dag en julle dag wat ons afsonder om spesiaal te wees soos geen ander
nie. Wanneer julle eet onthou julle het 'n onsigbare gas. Onthou wat julle ookal
doen op daardie dag, dit doen EK saam met julle.
As julle sonde doen, sal EK veral daarvan kennis neem op hierdie dag. Julle was
weereens gewaarsku daarom kan MY Mense nie sê hulle het nie waarskuwing ontvang
voordat EK my oordele stuur oor diegene wat opsetlik ongehoorsaam is nie. EK is
'n God van Liefde en Toorn vir MY vyande. Julle is slegs MY vyande as julle
verkies om te wees. EK het vir almal gesterf, MY Bloed was vir almal uitgestort;
EK is nie ‘n aannemer van persoon nie, maar EK weet wie waarlik MYNE is en wie
is van die kerk van die geveinstes. PASOP om MY te probeer bespot deur woorde te
spreek wat ander wil hê julle moet spreek, en tog nie MY stem hoor nie. Pasop
vir praat en nie doen nie. EK het voortgespreek deur hierdie diensmaagd, toe sy
MY die minste verwag het om weereens tot die mense te profeteer. Sodat julle nie
kan sê diegene wat MY spot van die vorige woorde van waarskuwing wat EK gegee
het, HOOR MY, VREES MY, GLO MY! Was dit nie EK, die Here julle God YAHUVEH en
YAHUSHUA wat dit deur haar gespreek het nie? Oppas as julle haar julle vyand
maak want sy word nie aanspreeklik gehou vir die woorde wat EK spreek nie. Sy
word slegs aanspreeklik gehou as sy bang is om dit met moedigheid te spreek. Sy
het MY tot dusver gehoorsaam.
Sal jy 'n Sabbat breker of 'n Sabbat onderhouer wees? Moenie verwag om deel van
MY Bruid te wees as jy nie op hierdie dag gereed is vir MY nie. Maak gereed MY
Bruid, want EK KOM SPOEDIG! Groot tragedies sal plaasvind op MY Sabbat as 'n
teken dat dit 'n wet is wat nie verander het nie. Julle sal weet wanneer julle
hul hoor. EK verander nie vir enige man of vrou, tyd of seisoen nie, EK is
dieselfde God, gister, vandag en vir ewig. MY Gebooie is geskryf in klip deur
die vinger van die Groot God “EK IS” en EK vra om verskoning vir niemand.
EK vergewe maklik almal wat nie van beter geweet het nie. Hierdie diensmaagd
waaruit EK spreek leer nou eers MY betekenis van die ware Sabbat. Dit was vir 'n
tyd en seisoen. Sy is nie beter of slegter as almal van julle wie EK nou
onderrig nie. Onthou nou word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet.
Wat julle doen met hierdie kennis weet EK reeds. Vra MY op hierdie dag wat MY
aanstoot gee en wat nie. Bid op hierdie dag en offer alles as 'n offerande aan
MY, EK sal seën en vermenigvuldig wat 'n seën vir julle en vir MY is. Vervloek
wat 'n vloek is vir julle en vir MY. Hoeveel wat hier lees, sal dit waag om
julle God te vertrou? EK ken reeds die keuse wat julle maak.
So is dit Gespreek, so is dit Geskryf, onder MY salwing deur MY Apostel [Elisheva
Eliyahu], 4 Januarie 1999, 9:49 nm.