Profesie 84
EK, YAHUVEH, Sê, Pasop vir die Illusie!
Geskryf/Gespreek onder die Salwing van Die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisheva Eliyahu
31 Maart 2006
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * Profesie BEGIN:
O Amerika, hoe bedroef julle MY. As julle maar die Adelaar arend kon sien wat
julle sê verteenwoordig julle State, sou julle die Adelaar sien huil!
O mense van Amerika, julle regering verraai julle. Hulle wil rantsoeneer wat EK
vrylik vir julle gegee het. Want julle sal nie net julle voedsel gerantsoeneer
sien nie, julle sal nie net noodvoorraad gerantsoneer sien nie, julle sal water
gerantsoeneer sien, julle sal die nodige medisyne gerantsoeneer sien. Hulle sal
sê, "Julle moet na ons toe kom vir toestemming om te koop." Diegene met ore om
te hoor, kyk na die aasvoëls vermom as julle politici. Kyk na die demoniese
gesigte weggesteek agter die gesigte van vlees. En hierdie affekteer nie net vir
Amerika nie. Die nasies wat te arm is om hierdie te doen, glo dit of nie, sal
die veiligste wees; die nasies wat die rykste is sal die gevaarlikste wees.
O Amerika, julle wat geskape was om apart gestel en heilig te wees, o hoe ver
het julle geval. As julle maar net die Adelaar kon sien wat julle verteenwoordig,
sou julle sien hoe baie van julle vere uitgepluk is en tog weet julle dit nie,
want julle erken dit nie. Julle nasie is gebou op 'n illusie. Julle is so
opgepof met trots en sê "Kyk hoe ryk is ek." O maar as hulle net kon sien, jou
vere is gepluk. Julle kan nie eens vlieg nie, dit is maar 'n illusie.
Julle gaan van nasie tot nasie om oorlog te maak. Julle seuns en julle dogters
lê hul lewens neer, want EK noem hulle nie eens manne en vroue nie, EK noem
hulle seuns en dogters spelend soos speelgoed soldate, geforseer om in oorloë in
te gaan waar EK hulle nie gestuur het nie.
O hoeveel moeders ween. En hierdie nasies word geforseer om hulle seuns en hulle
dogters te stuur om die boelie te beveg wat op die speelgrond kom. O maar julle
het 'n vinger en julle wys na elke ander een en julle sê "Julle is die ergste"
en tog hoeveel vingers wys terug na julle toe? Diegene wat julle terroriste noem
sê EK, “O Amerika, julle is die terroriste.”
Die torings van kaarte is gereed om te val. Julle bou hulle op bo-op die rue van
die rykes, sodat julle illusie in plek kon bly. Julle het die leuens,"Ons is die
nasie van die vry en die wyse, kom en bring julle armes." Maar wanneer die armes
kom, is julle 'n illusie van 'n leuen. Wat doen julle aan hulle? Hoe behandel
julle hulle? Hulle word behandel minder as mense. Hulle word uit verwilder asof
hulle rotte is. Hulle word binne-in julle regerings vangstrikke gesit. Julle
bestempel hulle as immigrante, onwettiges. Is julle nie die een wat hulle genooi
het daarheen nie? Wat doen julle “Statue of Liberty” daar? 'Kom na die land van
die vry en dappere.'
EK SPOEG OP JOU, o AMERIKA!
Julle het gewoonlik die nasies gekritiseer wat martel. Kyk nou wat julle lugweë
vol is van. Behoort ons hulle nie te martel voordat hulle ons martel nie? Kan
julle nie sien nie o Amerika, diegene wat waarlik van MY is? Kan julle nie sien
hoe die verandering van die wag plaasgevind het nie? Dit wat EK geprofeteer het
uit hierdie “Ringmaiden” jare gelede het nou plaasgevind. Daar is min van hulle,
daar is baie min van hulle wat MY oorblyfsel is wat steeds politici is wat
steeds probeer terwyl hulle hul koppe stamp steen die muur van die burokrasie,
van die huigelary, maar hulle bedank, hulle gee op, hulle skik tot die regering
se leuens.
Amerika, julle vlieg alleen. Julle dink julle het vriende? Hulle haat julle
agter julle rug. Julle koop hulle om soos 'n boelie op ‘n speelgrond, julle het
nie ’n vriend nie. Wag tot die ander nasies sien julle maar 'n illusie is. Julle
is 'n walmpie in die lug. Daar’s nie eens 'n vuur daar nie. Julle is maar 'n
rook-dampie. Wag tot die ander nasies uitvind julle is 'n geplukte arend. Hoekom?
Omdat julle nie wou onderwerp aan MY gesag nie. Hoekom? Omdat julle MY uitgeskop
het uit julle skole. Julle wou nie dat die Tien Gebooie gesien word in julle
binne-howe nie, in die howe nie. Die huigelary van diegene wat hulself die
Hooggeregs-Hof noem.
EK praat nie net met Amerika op hierdie oomblik nie, want hierdie Profeet is
gestuur na al die [lande]. Die laaste ding wat EK doen is EK het julle gegeur
Amerika, nou bestraf EK, YAHUVEH, julle openlik, O Amerika, julle dink julle was
veilig teen die siektes. Dit is julle wat die biologiese leuens fabriseer. Die
chemiese leuens van chemiese oorlogvoering. Julle vergiftig MY lugweë. Maar EK
sal nie hierdie Profeet toelaat om hierdie woord voort te spreek totdat sy
veilig is nie.
O maar Amerika, julle wat die burokrasie en huigelary is, julle wat die
kleintjies vertrap onder julle voete, die ryk en die magtige wat die bietjie vat
wat hulle het van die kleintjies af en dit gee vir hierdies. Wat 'n prys gaan
julle betaal. Julle dink julle swart knoeiery gaan werk? Julle dink julle was
beskud teen dit wat julle gedoen het? Julle dink julle gaan die massas van die
armes vermoor, en MY wraak sal julle nie raak nie? O julle dwase wetenskaplikes.
O julle dwase geneeskundiges, EK sal julle beskaam. Vir diegene wat waarlik van
MY, YAHUVEH is, vir diegene wat waarlik MY Seun YAHUSHUA stel as Messias en Here
van hulle lewe, vir diegene wat ONS liefhet en gehoorsaam en strewe om heilig te
wees elke dag. Het EK 'n ware entstof in die lug gesit, EK het bonatuurlike
antibiotika daar gesit en dit sal wees soos die kinders van Israel en hierdie
plae het nie naby hulle gekom nie.
En nou praat EK met al die [...] wêreld, satan wil Amerika gebruik om 'n
kettingreaksie aft e set waar al julle regerings ver en wyd julle sal verraai op
dieselfde manier. Sommige van hulle het alreeds maar EK maak dieselfde beloftes
aan julle. Bid 'n seën oor daardie water elke keer wat julle drink, sê, "Hierdie
verteenwoordig die Lewende Water van YAHUSHUA ha MASHIACH en niks kan my skade
aandoen nie." Moenie opsetlik drink wat julle weet is besmet nie. Wanneer EK vir
julle geen ander manier gee nie is dit wanneer dit geloof sal neem. Bid oor
daardie voedsel want julle sal nie weet of dit gekloon is of nie. Onthou, satan
wil alles vervals wat EK geskape het. Hy doen dit deur die naam van wetenskap.
Maar bid oor daardie voedsel, glo MY, glo dat EK jou sal beskerm. Glo dat EK
lewe in ‘n vleis sal sit wat jou liggaam sal seën en dit nie sal vervloek nie.
Want EK sê vir julle, gekloonde vleis is 'n vervalsing gestuur uit die Hel, om
te sê, "EK kan skep net soos hy kan skep, eet my kos dit is beter, ek kan 'n
hoender maak wat nie die voëlgriep sal hê nie."
Hoekom julle dwase, julle wetenskaplikes, dink julle EK weet nie dat dit julle
is wat daardie siekte vervaardig het nie? Dit het nie gekom van MY af nie.
Wanneer hulle sê, "Julle moet ingeënt word, o daar’s 'n dodelike, dodelike virus
hier. Ons moet julle bymekaar maak en in 'n stadion sit as julle nie wil
gehoorsaam nie. Ons kan nie dat julle die res besmet nie."
Hardloop, hardloop, hardloop, MY Kleintjies hardloop, hardloop, hardloop weg,
hardloop van "FEMA" af, en hardloop van enige burokrasie wat julle vertel om jul
geloof in MY weg te vat. Protesteer terwyl julle nog 'n stem het, protesteer.
Oorlaai die hooflyne, sê “Julle sal nie ons lewensmiddele wegneem om vir julle,
hierdie stad te gee nie, julle sal nie ons voedsel rantsoeneer nie, julle sal
nie ons water rantsoeneer nie, julle sal nie ons noodvoorrade rantsoeneer nie."
Kan julle nie sien nie as julle stilbly, sal die illusie wen? Het EK julle nie
gewaarsku nie, hoeveel profesieë gelede, dat die homoseksuele in die minderheid
was, maar nou glo julle die illusies se leuens.
Amerika, julle is die fabriseerder van die illusie se leuens. Nou het julle
daardie leuen gevat regoor hierdie wêreld en julle het dit versprei ver en wyd
en tog is dit 'n leuen! Homoseksualiteit is steeds in die minderheid en tog
vaardig hulle wette uit en verander wette om dit goed te keur wat EK gesê het
was 'n gruwel. Amerika, julle sal maai wat julle gesaai het, net so seker soos
Sodom en Gomora het.
Maar diegene wat uit die saad van Abraham is wat Heilig is en EK praat nie van
die biologiese Jode nie. EK praat met die ingeëntes, ingeënt een in elke stam
terwyl hulle ingeënt is in MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH. Soek MY, EK sal julle
nie teleurstel nie. Daar is maniere hoe EK julle sal beskerm. Maar nou is nie
die tyd om die speletjie te speel van die kerk van die geveinstes nie. Leer die
waarheid en leer dit vining, volg nie die mensgemaakte leerstellings, die kerke
van Babel, die georganiseerde kerke nie. EK sal herhaal, soek die waarheid, dit
is wat julle sal vrymaak. Dit is hoekom EK hierdie bediening opgerig het. Dis
hoekom EK hierdie een opgerig het wat EK MY “Ringmaiden” genoem het om 'n
profeet te wees om hulle te waarsku, 'N SEËL IS OP DIE PUNT OM LOSGELAAT TE
WORD! Maar eers kry EK MY “Ringmaiden” veilig en seker, [of] hierdie woord sal
nie losgelaat word nie.
En [Elisheva], EK het elke traan gesien. O Heiliges, die res van die Bruid van
YAHUSHUA, EK het een van julle trane, ieder en elk van julle trane. Hulle is
gestoor in 'n fles, hulle is heilig voor MY. Vir elke keer wat julle moes
op-offer, vir elke keer wat julle uitgeroep het, "Asseblief o YAHUVEH, waar is
U?” EK het julle trane terwyl julle huil vir julle familie. EK het julle trane,
nie net nou nie, maar ook in die toekoms.
Al van julle wat die Gaste sal wees by die Bruilofs-fees van die Lam, EK het
julle trane nog voor julle hul stort. Hulle is alreeds hier want EK weet wat
julle sou bid nog voor julle bid en EK sal julle antwoord nog voor julle bid. EK
het julle vooruit gegaan voor julle moes ly. Vir die van julle wat hierdie hoor
regoor hierdie wêreld, EK spreek vrede vir julle. Want sommige van julle sal
gemartel word. Menige van julle sal gemartel word. O maar julle sal die vrede hê
van YAHUSHUA, net so seker as wat Johannes die Doper gesê het, "Vat my kop, ek
wil huis toe gaan." Net so seker as wat julle sal sê, "Kry dit oor en verby, ek
wil huis toe gaan". Want EK belowe julle dit, EK sal vir julle drome gee van die
Hemel. EK sal julle ‘n voorsmaak gee van visioene van die Hemel.
Een of ander wyse, een of ander manier, elkeen wat gemartel word, elkeen wat
gemartel was vir MY Seun YAHUSHUA se ontwil, sal EK vir julle 'n kykie gee van
die Hemel en het EK 'n kykie gegee van die Hemel gegee so hulle liggaam het nie
na die graf daarvan gegaan sonder 'n kykie na YAHUSHUA se gesig nie, en EK neem
hulle gees uit hulle liggaam selfs voordat hulle liggaam enige pyn sal voel. EK
belowe julle dit. EK belowe julle dit. EK belowe julle dit.
Onthou Stefanus? (Handelinge 7:54-59). Het hy nie aanskou, en het die hemel nie
oopgegaan nie, het hy nie vir YAHUSHUA gesien voor hy getref was deur die eerste
klip nie en het hy nie geen pyn gevoel nie? Sy gees was geneem, EK belowe julle
dit. Maar wee die laksmanne. Hy kan hom nie eers indink oor die afgryse wat hy
sal voel nie, nie net nou op hierdie aarde nie, maar vir alle ewigheid. So pasop
julle wat dink julle kan martel en wegkom daarmee, julle kan julle nie eers
indink wat EK aan julle gaan doen wanneer julle een van MY Heiliges aanraak nie.
Geseënd is almal wat genooi is na die Bruilofs-fees van die Lam, julle sal
omhels word. Julle is nie net 'n Gas nie, julle is 'n V-I-P Gas, vir julle om
daar te wees, het julle die hoogste prys betaal en die Bruid sal julle omhels,
vernaamste van alles sal EK, YAHUVEH en YAHUSHUA julle omhels. Die 24 ouderlinge
sal julle omhels, die vier lewende wesens sal julle omhels, die engele van die
Hemel sal julle omhels. So moenie ‘n kompromie aangaan nie, moenie die illusie
se leuens glo nie, want die seun van verderf, die ware Judas, is op die punt om
terug te kom, die seun van satan. Moenie ‘n kompromie aangaan nie. Moenie die
illusie se leuens glo nie. Moenie die kerke van Babel glo nie; kom terug na wat
die eerste kerk onderrig het.
Moenie die manier glo hoe Paulus, Shaul, misverstaan en verkeerd vertaal was
keer-op-keer nie. Hy was Joods, hy het dit nooit versaak nie. O die leuens wat
vertel word. Natuurlik hang julle redding nie af van besnydenis van die vlees
nie, want nou is dit die besnydenis van die hart. Hierdie is 'n dwase argument,
net soos die ou bloed verbond nie langer staan nie omdat daar 'n Nuwe Bloed
Verbond is beteken dit nie dat MY Shabbat nie steeds staan nie.
Net omdat die Grieke vir MY Seun 'n naam gegee het, net omdat die King James
bybel die naam van Jesus Christus keer-op-keer herhaal het beteken nie dat SY
Naam verander was nie. Dit sal altyd 'n Hebreeuse Naam bly, 'n Naam wat die Naam
bevat van EK, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, 'n Naam wat 'n herinnering is vir hierdie
aarde van die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal. Weer, EK sal dit weer en
weer en weer en weer en weer sê, julle kan hierdie profeet lasterlik noem, julle
kan haar beswadder, julle kan sê dat sy hel toe gaan, maar EK sê vir julle dit
EK, die Koning van die Skepping, EK die Heilige Ewige Een, sê vir julle dit, SY
Naam wat bo alle Name is, is vernoem na MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, dit beteken
"YAH RED"
Niks het verander, omdat EK die naam van Jesus Christus geëer het, omdat EK die
naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus
Christus, omdat EK vrygemaak het en tekens, wonders en wonderwerke gedoen het in
die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus
Christus, beteken dit nie dat julle nie SY Ware Hebreeuse Naam behoort te ken
nie. Julle sal en julle word aanspreeklik gehou vir wat julle weet. Omdat EK al
hierdie tyd toegelaat het vir julle om byeen te kom en Sondag MY Sabbat dag noem,
het EK dieselfde ding gedoen, EK het dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK
het dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking gaan satan julle wys hoe hy
gaan vervals.
Want weer sê EK, selfs die baie ryk evangeliste wat hierdie waarheid ken het
hierdie waarheid uitverkoop, het hierdie ingeboet, sal julle lei reg in die arms
van die anti-messias in, die seun van satan. En hulle sal sê, "Dit is Jesus
Christus, dit is julle Messias, hy het gekom. Hy het gekom en nou is vrede
regoor hierdie aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie." Hoekom kan julle
nie sien nie? Hulle wil MY nie vervals nie. MY Naam is YAH. King James sal
betaal. King James het betaal toe hy MY SEUN se Heilige Naam uitgeklad het.
LEES! LEES! LEES! Ondersoek en bewys jouself waardig. Dit was nie altyd King
James nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse vertalings is.
Lees waar selfs die Aramees SY Naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM wil julle nie
glo nie?
Soveel lyding gaan die Christen kerk deurmaak want hulle het die Messiaanse Jode
uitgegooi. En julle van die Messiaans Joodse sinagoges, EK wys MY vinger ook na
julle. Julle wat MY Naam YAH uitgehaal en gesê het, "Yeshua sal doen". Julle wou
nie die ortodokse Jode aanstoot gee nie. Julle het geskik. Julle wat hierdie
Profeet van MY wat praat, 'n Heilige Naam-gebruiker noem, julle is reg, dis
hoekom EK haar gesalf het en nie vir julle nie. Julle wat durf waag om MY Naam
te spel as 'G-d'. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om te beteken vir MY?
Julle neem selfs MY Godheid weg en dan wonder julle, waar is die wonderwerke van
ouds? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie? Hoekom staan hulle
nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds? As ons die melaatses sou bring,
hoekom sou hulle nie gereinig word nie? As ons die verlamdes bring, hoekom loop
hulle nie? As ons die stommes bring, hoekom praat hulle nie? Wanneer ons die
dowes bring, hoekom hoor hulle nie? Wanneer ons die terminaal siekes bring,
hoekom leef hulle nie?
Dwase kerke van Babel, hoekom luister julle nie? Doen dit op die ou manier en
julle sal hierdie wonderwerke weer sien. EK sê hierdie alles vir julle selfs
voor MY woede uitgestort word. Stuur EK nie MY Profete om te waarsku voor die
oordeel kom nie? Julle in julle georganiseerde, ryk, luisterryke kerke, julle en
die kerk wat gemaak is van glas, julle wat nie wil spreek wat sonde is nie,
julle wat die omkopery van die regerings vat, julle wat muilband en die profete
uitskop. MY RUACH ha KODESH is nie eens in julle kerke nie. Dit is alles 'n
illusie, 'n skelmstreek van die duiwel, niks anders as‘n David Copperfield nie,
'n towenaar wat onder satan se krag te werk gaan. Of een wat homself Criss Angel
noem ('n towenaar wat die dood uittart), wat 'n gevalle engel is in vermomming.
Wat nie eens mens is nie. Hy is 'n illusie voor julle oë.
Vir diegene met geestelike ore, julle sal hoor. Vir die van julle wat gaste is,
moenie raai nie. Vir die van julle met geestelike oë om te sien, dit is julle
wat EK geseën het. Dit is julle wat beskerm sal word; dit is julle wat MY woorde
hoor. Dit is julle wie EK MY Heiliges noem. Dit is julle wat hierdie Woord vat
en soos hierdie “Ringmaiden” dit voortgespreek het dit reg rondom hierdie aarde
sal laat lui. Want EK is op die punt om julle te wys wie EK, YAHUVEH is. EK is
op die punt om julle te wys. Weet julle hoe broos julle aarde is? Weet julle dis
'n illusie dat julle selfs stilstaan? Stel julle voor 'n tol wat so vinnig spin
en al wat jy hoef te doen is om dit net te raak, dis al wat EK doen is om dit
net te raak en dit gaan uit-rotasie net so effentjies, want EK kan skaars, kan
dit skaars raak of almal van julle sou afgevlieg het.
En kyk na julle weer. O EK ken julle in die lande wat die weermasjien het. O EK
weet waar julle is. EK lag vir julle weermasjien want EK sal julle wys wie die
weer geskape het. EK sal julle wys wie die hael geskape het. EK sal julle wys
wie skape die aardbewings en die storms en tsunamis. EK sal julle die Skepper
van die tornados en die warrelwinde wys. EK sal julle masjien beskaamd laat. Wat
gaan julle doen, bewoners van die aarde, wanneer EK die voetstoel skop, want EK
het dit skaars aangeraak. Wat gaan julle doen wanneer EK dit skop? EK het een
voet gestamp. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, albei voete stamp?
Julle wat dink julle is so ryk en magtig en invloedryk, julle wat julle illusie
het van rykdom, julle wat die armes onder julle voet vertrap. Wat gaan julle
doen wanneer EK daardie rykdom uit julle hande ruk, wanneer julle die armes is
en die arme die een is wat EK ophef. Wanneer julle die een is wat honger ly en
dors het en sonder 'n huis en al julle waardevolle besittings is weg, wanneer
julle diegene is wat julle wonings ondergronds bou en EK dit sal oorstroom en al
julle skatte vernietig sal wees.
Julle wat die ondergrondse stede bou en dink julle is so veilig. Wat gaan julle
doen wanneer EK, YAHUVEH, 'n einde maak aan julle illusie en julle in hulle
begrawe soos grafte.
Net wat jy doen vir MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH is wat gaan tel. Wat jy doen
met die geld wat EK jou toegelaat het om te hê. Net die woorde wat jy met jou
mond spreek naas jou belydenis, jou bekering, jou lofprysing en jou aanbidding,
net jou getuienis, net jou getuienis terwyl jy ander waarsku wat EK gespreek het
sal tel, net jou getuienis vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA betaal het met die
woorde wat EK, YAHUVEH, sê sal tel.
Wanneer jy voor MY staan en spog en sê, "Ek het vir daardie liefdadigheid gegee"
was dit gegrondves in MY? Het jy MY Heiliges gevoed? Het jy MY profete uitgehelp
of het jy hulle laat gaan daarsonder? Daardie is die vrae wat EK julle gaan vra.
Selfs die van julle wat geroep is by MY Naam, selfs die van julle wat YAHUSHUA
eerste stel in hulle lewe en hulle liefde, EK gaan julle vra "Wat het julle
gedoen om hierdie Bediening te help om hierdie woorde voort te spreek? Julle het
MY stem gehoor, julle het MY geglo. Wat het julle gedoen?
Het jy ingeboet? Het jy gedeel wat jy gehad het? Het jy 'n plek van toevlug
aangebied? Het jy soveel as 'n slukkie water gegee vir 'n profeet in MY Naam? In
MY Seun YAHUSHUA se Naam? Het julle net gesê, “Die Here seën jou, ek sal bid vir
jou" of was julle 'n seën? Hierdie is die vrae wat EK vir julle gaan vra wanneer
julle voor MY troon staan. Het julle hierdie woorde geneem; het julle hulle na
die Sondag kerke geneem sodat die pastoor aanspreeklik gehou sal word vir wat hy
weet? Het julle ingegaan soos Jeremia se weermag, ten minste twee-twee? Het
julle na die gemeente toe gegaan en vir hulle verduidelik van die Sabbat feeste?
Wat het julle gedoen? Het julle MY Hebreeuse naam onderrig? Het julle die krag
en die salwing onderrig wat in die heilige Hebreeuse name is van MY, YAHUVEH,
van MY Seun YAHUSHUA?
Dit geld vir elke nasie regoor die wêreld wat hierdie woorde hoor. Wat het julle
gedoen? EK gaan julle vra. Het julle hierdie “Ringmaiden” gehelp op enige manier?
Het jy haar gehelp om die vyand te beveg? Hoeveel keer het julle gebid? EK gaan
julle vra. Wanneer julle weet en julle lees Openbaring en julle weet hoeveel
martelaars daar gaan wees, het julle vir hulle vooruit gebid? Bid julle vir
hulle nou? Ek gaan julle vra. Wanneer EK julle beveel om te bid vir die Twee
Getuies, dat hulle sal glo en ontvang wie hulle is, EK gaan julle vra, was julle
gebede tussen diegene wat vir hulle gebid het? EK gaan julle vra. Hoeveel siele
het julle Hemel toe gelei? Hoeveel keer het julle YAHUSHUA ha MASHIACH getuig?
Die prys wat HY betaal het by Golgota en hoe HY weer opgestaan het op die derde
dag sodat julle vir ewig vrygemaak kon wees? Hoeveel keer het julle mense vertel
dat hulle Heilig moet wees, dat hulle gehoorsaam moet wees? EK gaan julle vra.
Julle sien, dit is nie genoeg om besorg te wees oor jou eie siel nie. EK gaan
julle vra, was julle besorg oor enige iemand anders behalwe julle familie? Want
wie het EK, YAHUVEH, gesê wie was julle familie? Het EK nie gesê deur MY eie
Seun YAHUSHUA se Naam wie julle familie was nie? En dit is diegene wat behoort
aan MY, diegene wat YAHUSHUA ha MASHIACH aanvaar as Messias en MY enig verwekte
Seun. (Markus 3:31-35) Wil julle weet hoekom julle familie nie gered is nie? Wil
julle weet of julle familie gered sal word?
Net soos daardie tronkbewaarder gesê het, "Wat my en my huis aanbetref, ons sal
YAHUSHUA dien". O, EK weet julle was geleer, "Wat my en my huis aanbetref, ons
sal die Here dien". Maar weereens, het hulle die Naam uitgeklad van MY Seun.
Lees die Heilige Manuskripte en julle sal sien MY Seun se Naam was daar. Dit het
beteken, nie alleenlik moes daardie tronkbewaarder sy hart draai tot YAHUSHUA
nie, maar sy familie ook. Dit is nie 'n ‘carte blanche,’ 'n vrypas vir ‘n
familie nie. Elkeen werk hulle eie redding uit met vrees en bewing. Voordat
hulle op die aarde geplaas was, weet hulle siel reeds of hulle naam in die Lam
se Boek van Lewe geskryf is of nie en of hulle in die Boek van die Uitgewistes
is.
So hierdie is die woorde wat EK voortspreek uit hierdie “Ringmaiden” hierdie
dag. Hierdie woord sal verseël word; dit sal nie dadelik vrygestel word nie. EK
gaan haar by 'n veilige plek kry voordat hierdie woord vrygestel sal word want
daar is meer oppad.
* * * * * * *
So was dit gespreek, so was dit geskryf, gegee aan hierdie “Ringmaiden” om met
julle te deel, Apostel Elisheva Eliyahu
Gegee op 31/3/06 en vrygestel op 10 Junie 2006. Dit het so lank geneem om by
hierdie land te kom waar YAHUSHUA gesê het, stel die profesie nou vry.