Profesie 99
EK, YAHUVEH, Sê, “Julle Is Op ‘n Aftelling van MY Geduld!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 25 Mei 2008

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal ek aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes 42:8

In Julie 2016 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Oorskrywing van audioband opname begin ‘n entjie verder af op die bladsy.

Vyf Chinese paartjies was besig om hul troufoto’s te laat neem toe die aardbewing op 12 Mei getref het, en almal het ontkom sonder beserings. Die terrein van die fotosessie, ‘n eeu-oue kweekskool, was verwoes.

YAHUVEH gee ons dikwels "foto's" in die geskiedenis van dinge wat profeties is. Hierdie, glo ek, is wat gebeur het gedurende die onlangse Chinese aardbewing en die foto van die VYF bruide wat probeer het om hul troubeloftes te maak net toe die aardbewing tref (interessant, is dit nie – het jy agtergekom - dat daar VYF bruide was?) Dit is ‘n prentjie van hierdie wêreld wat YAHUVEH uitdaag deur basies te sê "Ons sal eet, drink en vrolik wees..." reg tot en met die EINDE. Die foto’s wys die vyf bruide wat almal in verwarring rondstaan NA die aardbewing met grondbesmeerde uitrustings – en daar is rommel, puin, stof en grond oral om hulle in hope…wat ‘n "foto" van hierdie wêreld! Wee hierdie wêreld wat die heiligheid bespot van lewe, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, en dieselfde-geslag huwelike. YAHUVEH sal nie vir lank bespot word nie. Wee die nasies wat hulle rug keer op die een en ware Skepper YAHUVEH en Messias YAHUSHUA HA MASIACH en ons Kosbare Moeder die RUACH HA KODESH.

Dit is ironies dat daar 5 bruide staan te midde van verwoesting, verbrokkelende toevlugsoord, herinner my aan die 5 dwase maagde soos vertel in die gelykenis deur YAHUSHUA wagtend op hul Bruidegom om hulle te kom wegneem. YAHUSHUA kom maar HY neem net die 5 wyse maagde met ekstra olie in hul lampe. Lees oor die aardbewing en kyk die foto’s wat in China geneem is, hulle uitrustings is besmeer, geskeur, georganiseerde ou kerk lê in puin. Word wakker en sien hierdie is nie 'n toeval nie. Lees die profesie en bid en sien dat YAHUVEH spesifiek vir China noem en sê dat hierdie oordeel uit die Hemel was en wat met China gebeur het sal gebeur met Kalifornië en ander state, lande en nasies veral Amerika, wanneer hulle dit die minste verwag. 60,000 mense in China is dood, en nogsteeds word daar getel volgens die nuutste verslag wat ek gehoor het. Lees wat YAHUVEH hieroor te sê het. BID dat julle waardig geag sal word om SY TOORN te ontvlug terwyl HY aftel tot die dag wanneer SY GEDULD tot ‘n einde kom! Soos ons die dae van die Omer aftel, so ook tel YAHUVEH die dae af tot die einde van SY GEDULD, en wee hierdie aarde wanneer dit gebeur!

Moenie mislei word nie want YAHUVEH word nie maklik bespot nie! Diegene wat hierdie doen, satan spot met hulle want hy ken die prys wat betaal word vir die doen hiervan, hy betaal die prys vir ewig.

"Die groot dag van SY toorn het gekom, en wie sal bestaan?" Openbaring 6:17

Johannes, In die sesde hoofstuk van Openbaring, beskryf die mees tragiese, nutteloosste gebedsbyeenkoms in die wêreld se geskiedenis! Bid nou terwyl julle gebede nog in staat is om gehoor te word vir genade! Bekeer en draai weg van sonde terwyl daar nog tyd is! Môre mag te laat wees!

Gehuil en gekerm, uitroepe en eise, gekla en Gefluister - alles sal gehoor word in daardie komende Dag van YAHUVEH wanneer die wraak en oordele van YAHUVEH losgelaat word. Selfs die berge en eilande sal uit hul plekke verwyder word.

Maar teen daardie tyd, sal die gebede en uitroepe van sondige mans en vrouens te min en te laat wees!

Al die ryk en beroemde akteurs, aktrises, kletsprogram-aanbieders, politici insluitend konings, president, heersers van ander lande, het die leuens geglo van die duiwel en wetenskaplikes en hulle vertroue en hoop gestel in hulself en ander met menslike vermoëns. Hulle stel hul geloof in “geld kan enigiets koop” tog sal hulle aansluit by die ander wat uitroep in vrees. Hulle sal uitroep na die verbrokkelende rotse en berge om op hulle te val en hulle te verberg vir die toorn van YAHUVEH, en die enig verwekte Seun van YAHUVEH SY Naam IS YAHUSHUA HA MASHIACH!

Ons is onder diegene wat glo dat die oordele van YAH seker is. Ons ken nie die dag of die uur nie. Maar YAHUVEH gaan inderdaad die aarde skud soos dit nog nooit vantevore geskud was nie, en HY sal dit oorhandig aan die enigste KONING VAN DIE HEELAL, YAHUSHUA HA MASHIACH!

Nota: Ons het die naam van die persoon in hierdie Profetiese Woord uitgelaat. Elisheva, en Katherineyah het saam ingetree in gebed vir ‘n vennoot wat sukkel met gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Hy is in ‘n ongelyk gejukte huwelik en hy stel ‘n uitvindsel in gevaar wat MAMMA SHKHINYAH vir hom gegee het deur te bly in hierdie ongelyk gejukte huwelik. YAH het gesê die uitvinding sal nie voltooi word terwyl hy in hierdie huwelik bly nie, ‘n Huwelik wat nie van YAHUVEH was nie.

Die oomblik wat hulle begin bid het het Katherineyah die woord 'dryfsand' gehoor en ‘n visioen gesien van ‘n man wat wegsink in dryfsand. Hierdie Broer is vol modder in dryfsand. Katherineyah sien toe granietblokke oor sy voete. Elisheva het gesê dat hy gewoond geraak het aan die granietblokke en om nie in staat te wees om te beweeg nie maar sy het ‘n visioen gesien van ‘n groot hamer in sy hand as hy sou verkies om dit te gebruik. Hy kon losbreek van daardie granietblokke as hy sou verkies. Dit is in sy mag om dit te doen maar dit is sy keuse.

Audioband oorskrywing begin hier.

Elisheva: Hy het die hamer in die hand en hy is instaat om die graniet af te breek as hy so verkies, as hy so verkies.

Katherineyah: Ek voel of die HERE ‘n weerligstraal gaan stuur en daardie graniet gaan tref.

Elisheva: Dit is die salwing, die RUACH HA KODESH vuur op hierdie oomblik wat daardie graniet moet tref in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Maar weereens, het hy sy keuse. Ek bly dit hoor keer-op-keer. Hy is so gewoond om granietskoene te dra, hy is so gewoond om nie instaat te wees om te kan beweeg nie, dat hy gemaklik geraak het. Hy is so gewoond om opdragte te neem van sy vrou, net soos Gary doen. Hy is so gewoond daaraan en tog weet hy. Hy weet wat hy moet doen. Hy kyk na ander om vir hom te sê wat om te doen maar hy ken reeds die antwoord. Hy weet hy moenie teruggaan werk toe nie. Hy kan nooit sê dat ‘n "So sê YAHUVEH," aan hom gegee was dat hy moes teruggaan werk toe nie. Sy 'werk' was daardie uitvinding. Dit is sy vrou wat vir hom die opdrag gegee het om terug te gaan werk toe. Sy gee vir hom ‘n ultimatum en ....... jy (Elisheva begin in tale bid) moet haar laat weet dat haar intimidasie en manipulasie nie sal werk nie dat sy nie gedagtebeheer, manipulasie, intimidasie teen jou kan gebruik nie. Sy is so begaan oor sekuriteit. As’t ware is sy gevul met skaamte, sy is meer geinteresseerd om haar ouers, haar familie te beïndruk. Ek weet nie of dit haar eie ouers is of iemand na wie sy draai vir ouerlike advies nie, maar hulle sê, “Hy is nog nie terug werk toe nie? Hoeveel gaan jy vat hiervan?" So dit is ‘n kwessie van haar trots. Sy is nêrens op nie, nêrens, ek sien ‘n boek met ‘n leë bladsy. Sy is nêrens, nêrens op.......se bladsy nie, nêrens, nêrens, nêrens ....... op jou bladsy nie. Jy hou aan om te wil hê sy moet op jou bladsy kom, maar sy is nêrens daar nie.

* * * * * * *

YAHUVEH begin praat:


Wie gaan jy vrees, sê YAHUVEH? MY geliefde Seun........ , wie vrees jy meer? Wie vrees jy om aanstoot te gee, te verontagsaam?

Jy word getoets. (Exodus 20:20; Sagaria 13:9) Daar is nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wat nie op hierdie oomblik getoets word nie om te sien wie hulle gehoorsaam, om te sien wie hul vrees om aanstoot te gee. Dit beter EK wees. Dit beter EK wees. Dit beter EK, YAHUVEH wees. Dit beter YAHUSHUA jou MASHIACH wees. Want het HY nie die voorbeeld gestel nie? Dat HY geweier het om YAHUVEH te verontagsaam. HY geweier het om SY Hemelse VADER te verontagsaam?

Die tyd is so kort. EK het hulle uitgetrek een vir een. Daar is geen gratis ritte meer nie. EK het vir julle gesê EK is op ‘n aftelling van MY geduld. Waarom dink julle hou EK aan om vir julle te vra, "Tel julle die Omer af? (Levitikus 23:15-16) As julle MY nie nou kan hoor nie, hoe sal julle MY hoor dán? Hierdie Bediening het die salwing om die begeerte te gee vir die mense wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe om MY stem te hoor, om MY wil te doen, want julle is ‘n voorbeeld vir hulle. Wat gaan julle doen .......? EK weet reeds.

Dit sou so maklik wees vir MY......... om dit op die maklike manier te doen vir jou maar hoe sou jy jou toets geslaag het? Hoe sou jy gehoorsaamheid bewys? Hoe sou jy bewys wie jy liewer het? Dit geld vir al die mans op hierdie oomblik en al die vroue op hierdie oomblik wat in ongelyk gejukte huwelike is. Dit was nie deur MY hand wat hulle saamgevoeg was nie. Wat gaan julle doen wanneer die tyd van die Groot Verdrukking kom en as julle nie waardig gevind word om MY Bruid genoem te word nie, as julle nie waardig gevind word om die Bruid te wees van YAHUSHUA nie? Want onthou wat ookal YAHUSHUA s’n is is MYNE. En wat ookal MYNE is is MY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH s'n. Wat gaan julle doen wanneer julle agtergelaat word? Sal dit dit werd wees? Die einstes waarmee julle julself gejuk het sal die einstes wees wat julle sal verraai. Wat gaan julle doen? Julle dink dit is nou moeilik? Julle het nie ‘n idee nie. Op daardie tydstip sal mans vroue-eggenote verraai en vroue sal manlike-eggenote verraai. Kinders sal ouers verraai en ouers sal kinders verraai. Daar sal geen lojaliteit wees nie. Die enigste familie wat sal tel sal die familie in YAHUSHUA HA MASHIACH wees. Hierdies sal die enigstes wees wat julle sal kan vertrou. Selfs wanneer julle ‘n vreemdeling ontmoet, sal jul herken wie hulle is. Dit sal duidelik wees vir almal om te sien.

So manne, EK gaan nie julle toetse kanselleer nie. Dit is wat julle wil hê EK moet doen. Almal word getoets. Sê MY Woord nie, "Die beproewings van jou geloof is meer werd as goud" nie (1 Petrus 1:7) Die een waardeur EK spreek nou, hierdie vyf wat die Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, almal was getoets. Adam het weggestap van dit wat hy sy huis genoem het vir baie, baie jare. Hy het weggestap van ‘n winsgewende werk en o hoe lank het hy gewag daarvoor om eensgesind te word, maar EK het vir hom gesê om weg te stap. [Wanneer ‘n moeder] haar biologiese familie moes verlaat, haar eie kind van haar lendene -almal van julle, almal van julle, almal van julle, die moederhart wat voor MY kom so verniel en gebroke en gekneus. Julle mis julle kinders maar julle het hulle op die offeraltaar neergelê en julle [ouers] het gesê, "Doen met hulle soos U wil want hulle is nie my kinders nie maar U s’n". So EK wek vir julle geestelike kinders op wat uitroep tot julle soos ‘n Mamma en ‘n Pappa en hulle begeer jul berading en hulle begeer jul liefde. Hulle wil MY gehoorsaam en EK sê vir julle om hulle te lei en om hulle te rig. EK is omtrent gereed om vir julle ‘n skok te gee, hierdie geestelike kinders het julle liewer as wat jul biologiese kinders jul ooit kon liefhê. Hulle respekteer julle. Hulle eer julle. Moet geen een van hulle as vanselfsprekend aanvaar nie. Soos julle geduld het met julle biologiese kinders, hê geduld met julle geestelike kinders. Moenie jul hande in die lug gooi en sê, "Ek het genoeg gehad" nie.

Moet nooit so opgeblaas raak in trots, om mense te laat glo dat julle altyd aan MY gehoorsaam was nie want almal, almal, almal het op een of ander stadium gesukkel, almal van julle het gesê, "Ek sou dit eerder doen op my manier." Dit is net dat EK julle so ‘n agterent loesing gegee het, almal van julle op die harde manier geleer het. En dit is hoekom julle nou sê, "Wat U ookal sê ABBA YAHUVEH, ek doen dit op U manier. EK hoef nie eens MY stem te verhef nie. Julle weet wanneer julle verkeerd doen. EK sê nie dat enige iemand perfek is nie behalwe MY SEUN YAHUSHUA, maar EK sê al wat EK verwag van enige van MY kinders is probeer net.

So julle doen jul deel, julle weet wat EK vir julle gesê het om te doen. Julle weet wat EK vir julle gesê het om nie te doen nie. satan wil nie hê hierdie uitvinding moet ooit die lig sien nie. So hy het een vrou wat in die pad staan. En sy is soos ‘n muis wat brul en jy skarrel in die hoekie in. Hoe kan sy hierdie respekteer?

Die tyd is later as wat julle dink en EK het China gestuur as ‘n voorbeeld van wat gebeur wanneer MY geduld begin opraak. Lank gelede het EK vir jou ‘n Woord gegee, [Elisheva], “Einde van rondte een, nou vir rondte twee.” Pasop China want ‘n rondte drie kom. (China het pas ‘n verwoestende aardbewing gehad wat ten minste 60,000 mense gedood het)

En Amerika, EK het nog nie eens begin nie. Keer-op-keer het EK gesê, EK het die ergste vir laaste gebêre. Jy het nog nie eens, eens, eens begin om MY toorn te proe nie. En Europa, dink nie dat jy jou lot sal vryspring nie. Op hierdie oomblik is daar net een luide stem wat dit protesteer wat EK ‘n gruwel vind en EK gebruik die Katolieke kerk, onthou, soos EK die donkie gebruik het om van uit te spreek (Num. 22:22-32), gebruik EK die Katolieke kerk om te waarsku, om te waarsku oor die heiligheid van lewe. Waar is die ander? Waar is die ander georganiseerde godsdienste? ‘n Wêreldwye uitroep moes uitgegaan het om ‘n dier- en menslike embrio saam te voeg, om selfs so ‘n plan te bedink, om ‘n half mens en half dier te hê, julle begin nie eens om die pad te ken waarop julle begin stap het nie. Om MY te tart met die heiligheid van die huwelik? Daar moes ‘n wêreldwye uitroep gewees het teen dieselfde-geslag huwelike! Hoekom is dit so stil? Waar is die kerke? Hoekom staan al diegene in Islam nie op nie? Hulle gee om oor ‘n tekenprent! Hulle stuur verskrikking in enige iemand wat nie met hulle saamstem nie. Maar hoekom is hulle stil?

Dit is hoekom EK op ‘n aftelling van MY geduld is nou. Dit wat julle dink is jare weg, almal van julle, almal het ‘n wrede ontnugtering wat kom. EK beveel hierdie Bediening om dit te doen wat hulle moet doen en dit gou te doen. Daar is geen tyd meer om die babas te pamperlang (oorbeskerm) nie. Dit is tyd vir hulle om groot te word. Dit is tyd vir manne om manne te wees. Dit is hoekom EK vrouens in die leierskap gestel het. Dit is hoekom EK ‘n Deborah opgerig het! Die manne is Baraks! [Rigters 4] Hulle is lafaards! Nie al MY manne nie. EK het MYNE, MY eie. En hulle hoor MY stem en hulle spreek MY Woorde voort maar o hoe min, hoe min. En julle vrouens wat neergebuig was in hierdie ongelyk-gejukte huwelike en die Skrifte was teen julle gebruik om te sê, "Bly stil." EK het julle net beveel om daardie man te gehoorsaam terwyl hy in lyn is met MY Woord. As hy nie is nie, skop hom uit op die straat! Genoeg is genoeg! Genoeg is genoeg!

MY liefling EK salf jou hierdie dag om die woorde uit te spreek in onverskrokkenheid aan hierdie manne sodat hulle kan onthou wat ‘n man veronderstel is om te wees! Hulle moet MY behaag voor hulle enige vrou behaag, voor hulle enige kind behaag en vir die vroue wat ongelyk gejuk is in ‘n huwelik, EK herinner julle aan die gees van Deborah! Julle moet MY behaag. Julle moet YAHUSHUA behaag! Voor julle probeer om enige man te behaag! Voor julle jul kinders behaag. Gehoorsaamheid, gehoorsaamheid, gehoorsaamheid is beter as offerande! Neem weg julle tiendes en neem weg julle offerhande en neem weg julle lofsang, as julle MY nie gehoorsaam nie! Want as julle MY nie nou gehoorsaam nie, wat laat julle dink julle sal MY gehoorsaam in die Groot Verdrukking wanneer dit raar sal wees om ‘n Profeet te hoor spreek soos hierdie? Leer om te gehoorsaam nou! Hoe bewys jy dat jy YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet? Sê MY Woord nie, "As julle MY liefhet, sal julle MY gehoorsaam" nie? [Evangelie van Johannes 14:15;21] Hoe het YAHUSHUA HA MASHIACH bewys dat HY YAHUVEH liefhet? Deur gehoorsaamheid aan elke Woord wat EK sê. Moenie beloftes aan MY maak wat julle nooit van plan is om te hou nie.

EK is nie begaan oor mensgemaakte huweliks-beloftes aan huwelike wat EK nie eens saamgevoeg het nie en nou sien julle mekaar vir wie julle is. EK is net begaan oor daardie huwelike wat beskik is uit die Hemel. En hoe weet julle hulle is beskik uit die Hemel? Want julle is een In MY. Dit is waar dat die Woord sê die man behoort die geestelike leier van die huishouding te wees [Efesiërs 5:22] en wanneer daardie man nie geskik is om die geestelike leier van die huishouding te wees nie, dan sal EK ‘n leier van die huishouding hê, hetsy dit die vrou is of hetsy dit ‘n kind is, EK sal iemand hê wat MY Woorde voortspreek! EK sal iemand hê wat MY Woorde voortspreek! Selfs al is dit ‘n klein kindjie, sal EK iemand hê wat MY Woorde voortspreek! MY Heerlikheid sal duidelik wees vir almal om te sien! Julle in hierdie georganiseerde kerke, julle weet hulle is ‘n stank in MY neusholtes maar julle sê julle moet ‘n gebou hê om samekomste in te hou. Wat het geword van ‘n samekoms met MY een-tot-een? Wat het geword van ‘n een-tot-een samekoms met MY SEUN? Julle is in die aftelling van die Omer. Julle is in die aftelling van MY geduld.

Wee, wee, wee, wee hierdie aarde wanneer MY geduld op is! Bid dat julle waardig geag sal word om MY Toorn te ontvlug! Hierdie behoort julle konstante gebed te wees ‘n ieder en elke dag. EK is nie kwaad vir diegene wat MY gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat probeer om MY te gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat sal sê, "Ek luister vir U stem. Leer my en rig my" nie. EK is ook nie eens kwaad vir diegene wat sal sê, "Asseblief vergewe my" nie. EK is kwaad vir diegene wat weier om te gehoorsaam. En Oordeel begin by die Huis van YAHUVEH. Die heidene weet nie hoe om MY stem te hoor nie. Maar EK is kwaad vir diegene wat beweer dat hulle MYNE is en aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort en weier om te gehoorsaam!

China proe MY Toorn nou. Maar EK spaar diegene wat MYNE is. Hulle het opgestaan en hulle het gesê, "Geen Bybels hier toegelaat nie." Hulle sluit MY heiliges op, diegene wat MY waarlik liefhet en dien, hulle stel hul tereg. Hulle martel hulle. Hulle honger hulle uit! Proe MY Toorn China want meer gaan kom!

Elisheva sê: "Ek het ‘n visioen nou op hierdie oomblik en ek sien wolke en in die wolke voor die aardbewing en nou verstaan ek hoekom, was daar ‘n wolk en dit het, as ons daarna kyk sou ons kon sê dit het die helderste reënboog gehad in die wolk. (Ons stem nie saam met al die kommentaar op die skakel na youtube toe nie), maar ek het dit gesien op youtube en ander nuusberigte. Dit was so helder, verskillende kleure ligte binne-in ‘n wit wolk en dit het so pragtig gelyk en hulle sê vir 30 minute voor daardie verwoestende aardbewing, het hierdie wolke gehang en ek het die foto’s gesien wat hulle geneem het en ons moet hierdie foto’s kan opsit vir al die mense om dit te kan sien maar nou verstaan ek en ek het gesê, "Waarom sou sulke prag voor die aardbewing gekom het in China?" En dit is wat YAHUVEH vir my sê nou terwyl HY vir my die visioen wys.")

Woord gaan voort: Want die reënboog verteenwoordig ‘n belofte en EK het ‘n belofte gemaak aan diegene wat uitgeroep het tot MY, aan die geteisterdes, aan die vervolgdes, aan diegene wat gemartel was in China, om in die tronk te wees, diegene wat in die tronk is en wat gemartel was omdat hulle YAHUSHUA aanbid, EK het ‘n belofte gemaak dat EK wraak sou neem vir hulle! En hierdie is net die begin China! Hierdie is net die begin, as ‘n voorbeeld terwyl een nasie rondom hierdie wêreld dieselfde doen.

Sê MY Woord nie dat EK, YAHUVEH wraak neem nie? Wraak is MYNE sê EK, YAHUVEH! (Deut.32:35) Roep MY aan en EK sal julle vyande laat hardloop in 7 verskillende rigtings! Hoeveel verskillende rigtings hardloop julle nou o Chinese regering? Maar EK maak seker die Heilige engele is daar om te beskerm en te voorsien vir julle broers en susters in YAHUSHUA HA MASHIACH. Wee die wêreld want hou vir China dop. Julle gaan sien wat met China gebeur het tref Kalifornië. Ek gaan nie die ander dele van die wêreld noem nie maar Amerika jy wil ‘n harp speel? (H.A.A.R.P.) Wag tot EK MY harp speel. Jy wil die weer beheer, jy het nog niks gesien nie.

EK stuur verwarring vir die wetenskaplikes. EK stuur verwarring vir die astroloë. Daar is waansin in die Wit Huis. Daar is waansin in die regering. Die mense hardloop heen-en-weer. Die politici is waansinnig. Hoe kan hulle die mense lei? So roep MY aan. Roep MY aan. Roep MY aan terwyl EK nog sal luister, roep MY aan. EK doen nie enige iets tot EK eers voortspreek uit die Profete nie. (Amos 3:7) EK het gewaarsku uit hierdie Profeet se mond wat sou gebeur vanaf die oomblik wat hulle Amerika verlaat het, ‘n Profesie was vrygestel en EK het julle gewaarsku wat sou gebeur wanneer die prys van olie opgegaan het, EK het julle gewaarsku oor die voedselpryse. (Profesie 85) EK het julle gewaarsku oor die koste. EK het julle selfs gewaarsku oor die trokdrywers terwyl hulle koste opgaan, julle het nog niks gesien nie.

Maar weet dit, hierdie hongersnood is nie MY toedoen nie. Dit is die manipulasie van diegene wat vol hebsug is. Terwyl hulle die goud en silwer ophoop vir hulself en saamsweer om diegene dood te maak wat behoeftig is. Dit het begin met aborsie en toe gegaan na diegene te siek om hulself te verdedig. Hierdie was die volksmood waarvan EK praat. Daar is dood in die inentings. EK het gewaarsku keer-op-keer. Want hierdie wêreld dink nie dit het arm kinders nodig nie. EK het julle gewaarsku dit sou na die bejaardes toe gaan. Alles daarvan is volksmoord. Al hierdie is sodat die rykes voorsien kan word in hulle eie oë. En nou wring julle julle hande en wonder hoekom tienerselfmoord so hoog is. Julle enigste hoop is in YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle enigste hoop is in bekering en gehoorsaamheid. Julle enigste hoop is in MY genade. Want EK is lankmoedig. So hou aan waarmee julle besig is. Hou aan waarsku. Terwyl julle die Vryheid het om voort te spreek want daar is kragte wat is wat julle wil stilmaak, wat MY Ware Profete wil stilmaak. So praat terwyl julle kan.

Einde van Woord

* * * * * * *

Elisheva: Dit is ‘n ongelyk gejukte huwelik en hy het ‘n uitvinding gekry om die wêreld te verander en ‘n ongelyk gejukte huwelik hou alles terug.

Katherineyah: Hê geloof dat YAHUVEH weet waarvan HY praat wanneer HY vir jou sê om iets te doen. Moet HOM nie betwyfel nie. Dit is ‘n belediging vir HOM. As jy gehoorsaam is is jy respekvol teenoor GOD Almagtig wie die Outoriteit is bo almal.

Katherineyah: Dit bedroef VADER wanneer hulle HOM verontagsaam. Dit grief GOD Almagtig, alle mans, alle vroue wat nie na VADER luister en gehoorsaam nie, punt. En ek weet julle wil HOM nie bedroef nie, so luister soos [Elisheva] gehoor het, gehoorsaam, oor en uit.

Offensief vir die Meeste en Verligtend vir Min.

Apostel Elisheva Eliyahu