Kersfees Oorsprong, Geskiedenis, en Tradisies




Wat Sou YAHUSHUA Gedoen Het...Chanukah (Hanukkah) Vier of Kersfees (Xmas)?
(Waarom Sou Satan Uitgespel Wees In Die Naam; Santa?)

Wat Sou YAHUSHUA Wou Hê Moet Ons Doen? Chanukah Vier Soos HY, Of Kersfees (Xmas)?
Waarom Dan Chanukah Vier?
Wat Is Chanukah?
My Idees Oor Hoe Om Chanukah te vier.
Ons Het ‘n Leuen Geglo en Moet Bekeer.

Wie Was Gebore Op 25 Desember en Waarom dit Nie YAHUSHUA Was Nie Maar Nimrod?

Wie Was Koning Nimrod en Sy Moeder?
Wat Is ‘n Dreidel? Waarom Word Hierdie Speelding Gebruik Gedurende Chanukah?


‘n Menorah met Brandende Olie


WANNEER JY DIE MENORAH VIR CHANUKAH GEBRUIK, oorweeg dit om OLIE TE GEBRUIK IN PLAAS VAN KERSE. Oorweeg ook om olie pitte te gebruik om die Sabbat te verwelkom vir hierdie redes: OLIE verteenwoordig die RUACH ha KODESH, en nie kerswas nie!

Op Soek Na ‘n Olie Menorah

Onthou die 5 wyse maaagde het nie kerse gehou nie maar olie lampe. Eintlik is dit selfs beter om olyf-olie te gebruik – aangesien die wonderwerk vir die Makkabeers[Book 1 Book 2] plaasgevind het met olyf-olie. Baie Joodse boekwinkels verkoop selfs knapsakkies met olie wat voor-af uitgemeet is, in weggooibare houertjies. Hierdie houertjies kan eenvoudig binne-in die kers houers van enige standaard Menorah geplaas word. As jy dit nie kan vind nie, GEBRUIK dan die kerse, ek sal dit dalk noodgedwonge ook moet doen. Ons gaan vandag uit om te gaan soek daarvoor maar die kanse dat ons dit tussen die berge gaan vind is maar skraal.

Bybel Vertalings

Ek ervaar ‘n droefheid in my gees wanneer ek ander vertalings bestudeer en vergelyk met die King James Version Bybel. Ek het altyd staat gemaak op hierdie weergawe vir die waarheid, en dit bevat die waarheid maar waarom was Boeke opsetlik weggelaat uit die KJV Bybel?

B.v. in die New Jerusalem Bible sal jy die vermiste Psalms vind asook die Boek van Maccabees en Judith, om net ‘n paar te noem. Is dit nie ironies nie, dat die Grieke wat ook Romeine genoem word, diegene was wat eintlik vir YAHUSHUA, ook genoem JESUS CHRISTUS gekruisig en gemartel het. Dit was die Grieke wat probeer het om die Joodse mense se vryheid, om te aanbid, weg te neem. Nóú vertrou ons op die KJV om ons die waarheid te leer oor die Joodse mense en ook natuurlik wie YAHUSHUA is. Daar is bewys dat Koning James geweier het om sekere Boeke soos b.v die van Henog in die KJV Bybel toe te laat.

Terwyl ek hieroor gepeins het en gewonder het waarom Koning James die profete van die Bybel opsetlik sou sensor, het ek die HEILIGE GEES vir my hoor sê “Wat is die naam van hierdie Bybel?” Ek het hard-op uitgespreek, “King James!” want ek het besef dat ek ‘n nuwe openbaring gekry het. Op 19 November 2002 het dit my meteens getref! Die vermetelheid van Koning James om ‘n Bybel na homself te vernoem, net ‘n gewone man en sondaar wat deur genade gered was of dalk nie gered was nie! Die woord wat vlees geword het behoort nooit omhul te gewees het deur ‘n boek met die naam van ‘n mens daarop nie!

Hoeveel Bybels het swart omslae. Dit het nog altyd die Ruach binne my bedroef want daar is geen duisternis aan die Heilige Skrifte nie. Ek wonder of Koning James ‘n prys sal betaal op Oordeelsdag omdat hy die vermiste Boeke en Heilige Name van ons Skepper en Messias uitgelaat het. Ek moedig julle aan om die verlore Boeke van King James te lees en te vra waarom hulle nie ingesluit was nie. Ek het so pas eers begin.


Ek moedig julle aan om Hebreeuse asook Aramese vertalings te bestudeer want hierdie was die tale wat gepraat was in Israel, en veral deur YAHUSHUA ha MASHIACH. YAHUSHUA is a JOOD, waarom sou HY Grieks in Jerusalem of Israel gepraat het? Waarom het Koning James ‘n Griekse naam JESUS, ‘n Hebreeuse baba, gegee? Die eintlike naam wat in die KJV Bybel gegee was is Immanuel wat beteken GOD (YAHUVEH) is met ons. Het enige iemand anders al ooit gewonder hoe daardie naam verander het na JESUS of JESUS CHRISTUS ? Ek weet dat CHRISTUS Gesalfde beteken, maar dit verduidelik steeds nie vir my waarom Koning James dit in sy vertaling gedoen het nie.

Heilige Name Verwyder

Waarom was die vertalers ook beveel om die Heilige name te verwyder van YAHUVEH en YAHUSHUA? Hoeveel keer sê dit in die Bybel “hulle wat by MY naam geroep is” en tog het KJV die heilige name 7000 maal verwyder en dit vervang met generiese woorde soos Here en God. Moet asseblief nie dink dat die NIV aanvaarbaar is nie want dit is nog meer verander as die KJV. Het enige iemand anders al ooit gewonder waarom Sarah vir Abraham “heer” genoem het? Die woord Heer beteken vir my eienaarskap en om volle reg te hê op alle gebiede, my enigste Heer en REDDER is die een,wie se naam YAHUSHUA is, wat YAH REDDING beteken of YAHUVEH red! Die reddende en verlossings krag is selfs in SY Hebreeuse naam, en die Naam YAH, die Naam van ons Hemelse VADER YAHUVEH, is in die Naam van YAHUSHUA. Dit is waarom YAHUSHUA geleer het : “Die VAder is in MY en ons is EEN.”

Wel nou het ek dit gedoen, die einste ding wat ek vir YAHUVEH gevra het om die mense nie te onderrig nie, omdat hulle, wat my woorde verkeerd sal vertolk, of wat vyande van my en hierdie Bediening is, my sal beswadder en allerhande leuens sal vertel. Weereens bewys dit dat ek spreek en onderrig wat YAHUVEH my beveel om te sê onder die Salwing van die RUACH ha KODESH selfs al beteken dit dat daar nog meer vyande sal kom. Ek moet onthou dat die geveg aan YAHUSHUA behoort en nie aan my nie! Ek het die amp van ‘n Apostel, en dit omvat al 5-voudige ampte insluitend Leeraar, en nou moet ek julle die waarheid leer, wat julle daarmee doen hang van julle af. Net omdat julle nie daarvan hou nie, beteken dit nie dat dit onwaar is nie.

Gebruik Die KJV

Voordat ek ‘n stormloop van e-pos kry, laat ek eers hierdie vraag beantwoord, “ Gebruik ek die KJV?” en die antwoord is ja. Ek gebruik die KJV maar ek vergelyk dit ook met ander vertalings wat nie net die Grieks in het nie maar ook die Hebreeus en Aramees wat in Engels vertaal is. As enige iemand vir my kan sê waar ek ‘n Studie Bybel, in groot druk, kan vind met al hierdie vertalings in, sal ek dit beskou as ‘n geskenk uit die Hemel! As enige iemand dit vir my sou wou gee as ‘n geskenk sou ek dit bewaar en gebruik, nie net om te bestudeer en myself as beproef te bewys nie, maar ten doel om ander te onderrig. Ek het geen voorneme gehad om enige iets hiervan te skryf nie, maar aangesien ek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH skryf is die waarheid weereens uit. Onthou asseblief dat ek net die diensmaagd is wat vir julle die boodskap bring.

Wat Sou YAHUSHUA Wou Hê Moet Ons Doen? Chanukkah Vier Soos HY Of Kersfees (Xmas)?

Lees hierdie en laat die waarheid jou vrymaak! Baie van julle het geskryf en my gevra wanneer skryf ek om te sê of ons veronderstel is om Kersfees te vier. Ek het so lank as moontlik uitgestel omdat ek geweet het hoe kwaad dit selfs ons vennote sou maak. Ek gaan nie vir julle lieg nie, hierdie is ook nie aangenaam vir my nie want ek mis ook die ou gebruike van Kersfees.

Op 21 November 2002 om 04:00 vm. het die Salwing my getref en ‘n vrede het oor my gekom wat alle verstand te bowe gaan. NOU is ek vry om met julle te deel en julle te onderrig wat ek geleer het. As julle my nog steeds liefhet nadat julle hierdie gelees het, sal julle asseblief vir my ‘n e-pos stuur?

Wat van ‘n “Gelukkige Chanukah” e-pos kaartjie? As julle ‘n brief in die pos wil stuur sal ek verstaan as dit laat is.

Julle Kan Steeds Geskenke Gee

Wees bly want YAHUVEH is ons Voorsiener en die EEN waarin alle seëninge voortvloei in die Naam van YAHUSHUA. Nou kan ek die versugtinge al hoor, want ek weet diegene wat die Stem hoor van YAHUVEH en YAHUSHUA en ook die Salwing van die RUACH ha KODESH ervaar asook ons geliefde vennote, sal gehoorsaam wees maar hulle sal sê; “Wat van al die Kersgeskenke wat ons reeds vir die kinders en ander mense gekoop het?” Hier is die goeie nuus! Gee vir hulle die geskenke op Chanukah en leer ander mense die ware verhaal van Chanukah! Jy het 8 dae om te beplan i.p.v net een Kers-ete, geniet eerder ‘n CHANUKAH fees of ‘n Partytjie!

Vir ons geliefde vriende van hierdie Bediening, wat vir ons Kersgeskenke wil stuur, ek besef dit is kort kennisgewing, maar wat van CHANUKAH geskenke? Aangesien ek julle kort kennis gee, maak dit nie saak as dit nie betyds is vir CHANUKAH nie, solank ons weet dat julle dit vir daardie dag bedoel het. Ons sal meer plasings in die komende dae doen oor hoe CHANUKAH gevier moet word as ons CHANUKAH geskenk aan julle.

Nog ‘n ding; my seun het reeds, wat Kersliggies genoem word in sy kamer opgesit, maar ons noem dit CHANUKAH liggies en raai wat; hulle bly die HELE jaar aan! Die liggies herinner ons wie die mooiste leidende Lig in die wêreld is. YAHUSHUA is SY Naam! Aangesien hierdie die Fees van Lig is, versier ons met liggies. Ek kan nou nie help as die wêreld dit Kersliggies noem nie, ons noem hulle CHANUKAH liggies! So, die van julle wat dieselfde wil doen, voel vry en versier met kleurvolle liggies en Joodse versierings.

In plaas daarvan om Kersliedere te speel soos 'Rudolph The Red Nose Reindeer,' 'Jingle Bells,' of 'Santa Claus Is Coming To Town,' ens...speel eerder Messiaans Joodse musiek en Christelike Seisoen-musiek wat YAHUVEH en YAHUSHUA verheerlik! Maak daardie tuisgemaakte hoendersop en koop of maak aartappel koekies met suurroom, appel stroop of botter bo-op. “YUM”! Berei daardie spesiale Kers-ete vroeg en nooi die familie vir CHANUKAH!

Sê hulle moet hul geskenke vroeg kom kry as hulle geskenke wil uitdeel. Laat hulle net weet dat jy nie meer deelneem aan “XMAS”, Kersfees, nie omdat jy uitgevind het dat dit niks te doen het met YAHUSHUA ha MASHIACH nie omdat dit nie SY verjaardag is nie. Koning Nimrod is in die hel, en dit is wie se verjaardag dit in werklikheid is wat gevier word. Koning Nimrod is die baba in die krippie! EINA, dit maak seer, maar ek sal aan julle bewys dat dit waar is.

Ek het onlangs met ‘n man gepraat wat gebore was as ‘n ortodokse Jood, maar a.g.v ‘n lewensreddende wonderwerk het sy moeder haar lewe gegee vir YAHUSHUA enkele dae na Sean se geboorte. Julle sal hierdie getuienis binnekort lees. Sean het my geleer dat ons eintlik olie lampe moet aansteek, op Shabbat, en nie kerse nie. Die Olie verteenwoordig die RUACH ha KODESH, wat verteenwoordig die was van ‘n kers? Ek het begin dink aan die 10 maagde en hoedat hulle OLIE in hul lampies gehad het alhoewel 5 se olie klaar geraak het en hulle die koms van die bruidegom gemis het.

Ons gaan nie Kersfees vier nie maar ons gaan Chanukah vier en wanneer ons daardie eerste kers aansteek [Shamish] wat die res van die Kerse aansteek moet dit ons herinner hoe YAHUSHUA ha MASHIACH die enigste Leidende Lig op ons pad is. Die Chanukah verhaal moet vir die kinders vertel word en nie 'Twas The Night Before Xmas.' nie.

Hou Op Om Vir Julle Kinders Leuens Te Vertel

Ouers julle leer julle kinders om julle te wantrou as hulle uitvind dat daar geen Sinter Klaas is nie! My seun het op 10 jarige ouderdom uitgevind, en die eerste woorde wat uit sy mond gekom het was:

“Ma jy is ‘n Profeet en jy het vir my gelieg!” Dit was my eerste leuen wat ek vir my kinders vertel het, en hoeveel van ons was van toe af ontbloot? Hierdie was die enigste leuens wat ek vir my kinders vertel het en hoeveel van ons ís ontbloot? En die volgende woorde wat hy gesê het was ook waar “ek veronderstel daar is ook nie ‘n Paashaas nie en ook nie ‘n tandefeetjie nie?” (My seun word binnekort 18 en hy het nog steeds nie daardie dag vergeet nie.) EINA, dit maak seer. Ouers ek weet hierdie sonde word weggewas deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA want ek het om vergifnis gevra maar hoe tragies omdat ons die gebruike van die heidene gevolg het en in die lokval van satan getrap het deur dit te doen. Ouers, wat ons as ‘n onskadelike leuentjie sien, vertrou my, dit is NIE onskadelik nie. Die kind sal dit nooit vergeet nie.

Die laaste ding wat my seun vir my gesê het, het baie seer gemaak nl. “Ek veronderstel God is ook nie werklik nie?” “Natuurlik is YAHUVEH en YAHUSHUA werklik” het ek gesê! Hy het na my gekyk en gesê “ ek weet dit mamma, maar jy het al die jare vir my gelieg oor Kers Vader (Santa Claus) en die ander ouers het dieselfde gedoen.” Toe het my seun ‘n openbaring gekry en gesê “Santa Claus is “satan se Kloue” ! Uit die mond van ‘n kind, het hierdie profete-seun Elijah die waarheid gepraat! Hoeveel van ons het satan se kloue in ons, deurdat ons hierdie leuens vir onskuldige kinders, wat ons vertrou, vertel?

Ek weet dat ek altyd gesê het dat GOD YAHUVEH SY beste geskenk, YAHUSHUA, gegee het om aarde toe te kom om ons Redder te wees, daarom stuur YAHUSHUA vir Sinter Klaas om vir hulle geskenke te bring. Wat ‘n Leuen! Ek kry so skaam vir myself maar is dankbaar dat ek vergewe is.

Die Chanukah Verhaal Is Bybels

Dit is nie ‘n leuen nie! Dit is die verhaal wat handel oor hoe die Grieke die Jode gedwing het om te verander volgens húlle gebruike. Die Grieke het hulle die vryheid verbied om op ‘n Shabbat te aanbid. Die Grieke het hulle verbied om die Torah te bestudeer en te lees. Die Grieke het die Tempel besmet deur ‘n vark te offer, en sodoende die Tempel verontreinig en alles wat Heilig is bespot, want dit is ‘n onrein dier volgens die Skrifte.

Toe die Jode instaat was om hul vryheid terug te kry om in die Tempel te aanbid, het hulle net genoeg olie gehad om die olie lamp in die Tempel te laat brand vir een dag, hulle het geen tyd gehad om meer olie te maak nie. Die wonderwerk is dat YAHUVEH daardie olie vermenigvuldig het om 8 dae te hou i.p.v 1 dag! YAHUVEH is ons Voorsiener en hoeveel meer sal HY vir ons doen wanneer ons na HOM toe kom in die geregtigheid van SY SEUN YAHUSHUA!

Oorweeg dit asseblief om hierdie jaar Chanukah te vier en die heidense leuens te verwerp. YAHUSHUA was nie op 25 Desember gebore nie want die herders sou nie hulle skape in die winter opgepas het nie! YAHUSHUA was gebore tydens Sukkot (soos dit genoem word) en die krippie was ‘n “Lean-to”. Waarom dan SY verjaardag op die verkeerde dag vier? Wanneer jy dít doen vier jy Nimrod se verjaardag! Een wat ‘n koning genoem was deur ander. Christene was geflous om ‘n leuen te glo en te bevorder.

Selfs die versiering van die boom is verbied in Jeremia. Ons sal meer bewyse hieroor plaas. Maar vir nou, wees asseblief vrolik, vier Chanukah saam met ons! Ja, jy kan selfs geskenke uitdeel solank jy onthou dat jy dit doen ter herinnering van die geskenk wat YAHUVEH die Jode gegee het op daardie dag terwyl, HY die olie vermeerder het. Mag die RUACH ha KODESH Salwing vermenigvuldig en aangewakker word binne elkeen van julle wat Chanukah vier. Mag die seëninge van YAHUVEH in Deut. 28, vir diegene wat gehoorsaam is, joune wees en vermenigvuldig.

Gebruik Olie in die Menorah en nie Kerse nie, as dit enigsins moontlik is en ook om die Shabbat te verwelkom! Om die suiwerste olie van ‘n olyf te kry, moet jy dit baie hard druk. So ook is die Joodse mense op hul beste wanneer hulle onder druk verkeer. Ek erken, daar is iets baie moois aan die klein gekleurde kersies. Maar gekleurde kerse is nie skriftuurlik korrek nie. Olyf olie was die brandstof wat gebruik was.

Die Wonderwerk Van Die Menorah Olie

Olyf Olie was in die oorspronklike Menorah in Jerusalem gebruik, omdat dit ‘n pragtige vlam maak, is dit die beste keuse vir die Chanukah Menorah. Ons word beveel om hierdie wonderwerk te gedenk toe die Jode die Heilige Tempel herwin het uit die hand van die Grieke, die eerste ding wat hulle gedoen het was om die goue Menorah aan te steek. Hulle het net genoeg olie gehad vir een dag, en geweet dat nuwe olie sewe dae sou neem om voor te berei.

Maar ‘n wonderwerk het gebeur. In plaas daarvan om vir een dag te brand, was die Menorah verlig vir 8 dae. Vandag steek ons, ons menorahs aan vir agt dae om hierdie wonderwerk te gedenk en om te onthou dat YAHUSHUA die Ewige Lig voorstel wat uit die Hemel gestuur is om ons pad te verlig. Ook onthou ons, dat ons behoeftes vervul sal word deur die Naam van YAHUSHUA, na SY rykdom in heerlikheid. Ons sal beskerm word en is geseënd soos in die dae van ouds, met Oorwinning oor al die vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA...as ons geloof kan hê om te glo.

Verwoede Aanvalle Van Die Vyand

Hierdie Bediening het onder verwoede aanvalle van ons vyande gekom. Aanvallend teenoor hierdie Bediening omdat dit staan vir Heiligheid en gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA. Ons vertrou vir ALGEHELE OORWINNING gedurende hierdie tyd van Hanukkah, net so seker as wat HY oorwinning gegee het aan die Makkabeers gedurende die tyd wat die vyande die Tempel besoedel het deur ‘n vark op die altaar te sit. Vandag, op 27 November 2005 het YAHUVEH ‘n Woord gespreek deur my gedurende ‘n gesalfde gebed.

Die vyand wil weer hierdie Bediening besmet. Lees Maccabees oor die ontheiliging van die altaar met ‘n vark. Hy het die eerste ‘vark’ gestuur om dit weer teen híérdie Bediening te doen, Tari DeMario. Die res het gevolg en probeer om dieselfde te doen. YAHUVEH is besig om hulle te ontbloot vir die varke wat hulle is. Net soos daardie smerige diere, het hulle vullis (vals leerstellings) geëet en uitgespoeg in die vorm van leuens en lastering. YAHUVEH sal hulle spoedig vir eens en altyd stil maak en hulle permanent verwyder van die lugweë.

Opstand Van Die Jodev

Die Hebreeuse woord “Chanukah” beteken “Toewyding”. In die tweede eeu B.C. wou die Siries-Griekse heerskapy van Antiochus, die Jode probeer weg kry van Judaїsme met die hoop om hulle op te neem in die Helenisme en Griekse kultuur. Antiochus het aspekte van die Joodse gebruike onwettig verklaar, insluitende die studie van die Torah, dit het die agteruitgang van die fondasie van die Joodse lewe en leefwyses aan die gang gesit. Gedurende hierdie periode het baie van die Jode begin om die Griekse kultuur aan te neem en Griekse name gekry asook ondertrouery met nie-Jode en die waarneming en onderhouding van heidense gebruike het begin gebeur.

Met die gevolg dat ‘n bende van Joodse setlaars op die berge van Judea gaan woon het uit openlike verset teen hierdie bedreiging van die Joodse leefwyse. Gelei deur Matitiyahu, en later sy seun Judah die Makkabeer ("Die Hamer"), het hierdie klein bende, van Godvresende Jode, gorilla oorloë aangevoer teen die Siriese weermag. Antiochus het duisende goedgewapende troepe gestuur om hierdie rebellie te verbrysel maar die Makkabeers het daarin geslaag om die uitlanders te verdryf van hul grond af.

Joodse vegters het Jerusalem binne-gekom in Desember, 164 B.C. Die Heilige Tempel was ‘n bloedbad, besoedel en ontheilig deur uitlandse soldate. Hulle het die Tempel skoongemaak en dit her-toegewy op die 25ste dag van die Joodse maand Kislev. Toe dit tyd geword het om die Menora weer aan te steek, het hulle die hele Tempel deursoek, maar net een klein vlessie olie gevind met die seël van die Hoëpriester. Wonderbaarlik het, die klein vlessie olie, vir agt dae lank gebrand totdat ‘n nuwe voorraad olie gebring kon word.

Van toe af het die Jode ‘n fees van agt dae waargeneem ter ere van hierdie historiese oorwinning en die wonderwerk van die olie. Vandag is een van die glanspunte, gedurende die fees van Chanukah, die aansteek van ‘n spesiale Chanukah Menora met agt takke plus die Shamish [middelste] kers wat gebruik word om hulle almal aan te steek, terwyl daar elke aand een nuwe kers bygevoeg word. Ander gebruike is om die “dreidel” in die rondte te spin (‘n spintop met Hebreeuse letters op die kante), die nuttiging van “olierige” kossoorte soos aartappel latkes (pannekoekies) en sufganiyot (jellie donuts), asook om Chanukah gelt (muntstukke) te gee aan kinders. Kersfees is net een dag maar Chanukah viering duur voort vir 8 dae!

Kersfees Is Nie ‘n Christelike Fees Nie

Is dit regtig te veel gevra van ons as ouers en aanbidders van YAHUVEH en YAHUSHUA om hierdie wêreld die waarheid te leer en om te vlug van die heidense rituele? Die heidene het ons geleer dat Kersfees vir YAHUSHUA, ons Heer JESUS CHRISTUS eer, maar hoeveel van daardie Christelike liedjies wat tydens Kersfees gesing word het werklik die naam van JESUS daarin?

Ek het ‘n droefheid begin ervaar van de RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, toe hulle Kersfees/Christmas begin skryf het as XMAS sodat die Naam van CHRISTUS verwyder was uit die woord CHRISTMAS! Toe ek gelees het hoedat ek die heidense maniere nageboots het deur ‘n afgekapte boom te versier met goud en silwer, het ek weereens skaam gevoel. Ek weet dat ek vergewe is en jy ook AS jy die onderstaande lees en bekeer soos ek gedoen het. Moenie die weë van die heidene volg nie!

Ek was ook baie lief vir Kersfees, maar nou weet ek wat is reg, en wat is verkeerd. Nou word jy ook verantwoordelik gehou vir dit wat jy weet en lees.

Hoe kan ons dit nog langer ontken terwyl Jeremia ons in die Skrif waarsku.

Waarskuwing Teen Afgods Aanbidding

Jeremia 10
1 HOOR DIE woord wat Yahweh oor julle gesê het, o huis van Yiesraél!
2 So sê Yahweh: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
3 Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl.
4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
5 Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie"

Nou goed my geliefde boeties en sussies in YAHUSHUA kom ons neem die verse hierbo een vir een.

1. Hierdie is die woorde vir die huis van Israel, en ONS is Israel want ons behoort aan YAHUSHUA en is ingeënt op die stam as SY takke.

2. MAAK julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, EINA! Niemand van ons kan beweer dat ons van Sinter Klaas geleer het by die RUACH ha KODESH nie, ook die HEILIGE GEES genoem, of kan ons? Ons kan nie sê dit is Bybels of in die Torah of in die Tanakh nie, kan ons? Waar sê dit, in die Heilige Skrifte, dat YAHUSHUA se geboorte dag 25 Desember was ? Dit sê nie so nie want dit IS nie daar nie. Ons het ‘n leuen geglo en bevorder! Satan is die vader van leuenaars, so BEKEER, soos ek gedoen het en draai weg van hierdie promosie en moet geen verdere deelname hê aan hierdie leuen nie terwille van julle siele!

Wat Is Verkeerd Met ‘n Kersboom?

3. Ek het altyd gegaan en my kinders toegelaat om die kersboom uit te kies, het julle dit nie ook gedoen nie? Ek het nie gedink dat dit ‘n god was nie, maar ek het my verlustig in die prag daarvan wanneer dit versier was met goud en silwer ornamentjies en veral die goud en silwer stringe op die kersboom. Hoeveel van ons het ‘n engel aan die bo-punt van die boom gesit? Ons het gedink dit beteken die Heilige Engele né? Maar die waarheid is, wanneer ons dit doen en ‘n heidense gebruik volg, het ons vir satan geëer wat eens op ‘n tyd die mooiste engel van almal was! Die ergste van alles was dat ons die boom stadig laat doodgaan het die oomblik wanneer ons dit laat afkap het, alhoewel ons dit aan die lewe probeer hou het met water in die pot, maar geweet het dat dit besig was om dood te gaan.

Nou goed, jy mag sê dat jy ‘n nagemaakte boom gebruik het en dus geen boom laat doodgaan het nie. Kom ons ondersoek dit want ek het ook dieselfde ding gedoen, behalwe om kaal voete oor die denne naalde te moet loop of die pynvolle proses om hulle op te vee, was die dennegeur nie die moeite werd nie, was dit? Waarom sou satan dat ons ‘n lewendige boom afkap? Wie is die boom van Lewe? Waarom is YAHUSHUA die stam van die boom en ons die takke, né? Waaraan was YAHUSHUA gekruisig, aan ‘n boom! Waarom sou satan wou hê dat ons ‘n boom versier wat die kruis simboliseer waaraan ons Messias gehang het, en gemartel was en gesterf het? O, hoe het ons YAHUVEH en YAHUSHUA bedroef toe ons hierdie dinge gedoen het en nie van beter geweet het nie.

4. Onthou julle daardie groen of rooi staander? Hoeveel van julle het daardie selfde boomstaander? Ons hoef nie die boom vas te maak met spykers nie want ons skroef die boom vas met die bout sodat dit nie omval nie en reg-op staan terwyl dit doodgaan, né? Ons wil nie hê dat die Kersboom moet beweeg nie , wil ons? Veral nie wanneer ons kinders gretig gryp na hulle geskenke, opgewonde op 25 Desember, die verjaardag van Nimrod! Wie is Nimrod vra jy? Ek sal later daarby kom.

Die Boom Is ‘n Bespotting Van YAHUSHUA

Hier is ‘n openbaring wat aan my gegee was terwyl ek oor hierdie blad gegaan het saam met my webblad bestuurder. Die Kersboom is ‘n BESPOTTING van die dood van YAHUSHUA aan die kruis, want altwee gebruik spykers (of ‘n staander in die geval van die boom) om hulle regop te hou. Beide word reg-op gehou. YAHUSHUA het gesterf met spykers in SY hande. Die bome was moontlik met spykers vas geslaan voor die era van die staanders, sodat hulle moes reg-op staan. Nie die boom of YAHUSHUA, terwyl HY aan die kruis was, was toegelaat om te beweeg nie. Satan spot met die kruisiging. Wil jy nou nog STEEDS ‘n boom in jou sitkamer hê en dit versier nou dat jy dit weet?

5. Die enigste een wat sal kwaad wees omdat jy hierdie heidense gebruik van Kersfees gestaak het, is satan. Ek sal nie die naam van CHRISTUS in hierdie heidense fees gebruik nie want dit is ‘n leuen, dit gaan nie oor die CHRISTUS wat ons dien, YAHUSHUA, nie!

Het jy opgelet dat selfs die aandele mark op daardie dag gemeet word aan die hoeveelheid speelgoed en geskenke wat jy gekoop het? Het jy opgelet dat ‘n gees van selfmoord die mense tref op daardie dag en dat daar meer mense selfmoord pleeg en depressief is op daardie dag as enige ander tyd van die jaar? Miskien sal jy nou verstaan dat hierdie mense deur satan gepynig word en dat hy probeer om hulle te offer net soos die bose koning Nimrod moorde gepleeg het.

As jy selfmoord oorweeg, lees asseblief Ted's Story.

Die Kerstoneel

Nou sal ek vir julle vertel wie Nimrod is en waaroor die baba in die krippie op 25 Desember werklik gaan en ook wie Nimrod se moeder is en hoe selfs sý verbind is aan 25 Desember.

Jeremia 2:20
Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk. En jy het gesê; ek sal nie dien nie, want op elke heuwel en onder elke groen boom gaan jy lê om te hoereer”

Ek weet dat baie Christene geskok sal wees dat ek dit waag om teen hierdie te skryf. Maar, bestudeer julle feite. Babilon het die kinder-koning aanbid. Die groot koning Nimrod, in die arms van sy moeder, was die middelpunt van die feesvieringe gedurende die sonnewending. Nou, dit is waar dat YAHUVEH ons so lief het, dat HY die geskenk van SY Geliefde Seun , ons Messias genaamd YAHUSHUA, ook genoem Jesus Christus, gegee het en dat ons dankbaar is daarvoor. Maar as YAHUSHUA, ook bekend as Jesus Christus gebore was en nooit gesterf het nie, watter nut sou dit vir ons gehad het? As HY nie opgestaan het nie , sou ons steeds gered gewees het?

Wat ek sê is, dat SY geboorte op sigself, die begin was en nie die einde nie. Ons ag dit belangriker as SY dood en dit is net eenvoudig verkeerd. Dit is deur SY dood en opstanding dat ons die ewige lewe het. Onthou hierdie waarheid: dit was nie die baba in die krippie wat gemartel en aan die kruis vasgenael was nie, dit was ‘n 33 jarige Joodse man wat gebore was uit ‘n maagd genaamd Maria en HY is ook die Enige Verwekte SEUN van YAHUVEH ons Skepper en Hemelse Vader.

Mary [mariam] Onskriftuurlik Verhef

Die enigste rede waarom ons SY geboorte so intensief gedenk is omdat die Katolieke Kerk, in ‘n poging om Maria te verhef tot die moeder van God, die heidense gebruik aangeneem het deur die baba te aanbid om sodoende hul agenda te bevorder om Maria as deel van die GODHEID, Die HEILIGE DRIE EENHEID, te stel en haar te verhoog tot ‘n plek waar sy aanbid word deur die Katolieke en aanbid word as middelaar voor YAHUVEH.

Maria het self, volgens die Bybel, vir YAHUSHUA haar Here genoem. Maria het ook ‘n REDDER nodig gehad , sy het ook ontbreek aan die heerlikheid van YAHUVEH, anders sou dit Maria gewees het wat gekruisig was as die vleklose Lam van YAHUVEH vir die vergifnis van ons sondes. Maria se intensies was nooit om aanbid te word nie. Nêrens in die Bybel sê dit dat sy enigsins meer van haarself gedink het as om die geseënde te wees wat geboorte gegee het aan YAHUSHUA nie. Die Bybel staaf duidelik dat daar net een Weg is na ons ENIGSTE HEILIGE VADER, GOD YAHUVEH, en dit is deur die Naam van YAHUSHUA en die BLOED van YAHUSHUA. HY is ons Enigste MIDDELAAR!
CHANUKAH is 8 dae van Lof, Aanbidding en Feesviering en PRET!

Die aansteek van die Menorah, uitdeel van geskenke, feesviering en bo alles, die meedeling van die TORAH en TANAKH, wat ons die Ou Testament noem. Vernaamlik die eerste 5 Boeke in die Bybel. Hierdie is ‘n dag waarin beide volwassenes en kinders kan deel en die volwassene hoef nie voor te gee dat daar ‘n Sinter Klaas is nie.

Wat Is ‘n Dreidel?

Koop vir julle self Dreidels en begin om pret te hê daarmee deur hulle soos toppe te spin. Dit is nou nie so maklik om Dreidels te vind nie, as jy nie ‘n Messiaans-Joodse winkel naby jou het nie probeer ‘n Christen Boekwinkel. Ek het nog steeds nie vir ons daarvan gekoop nie. Ek gaan vir Sean vra wat in New York woon of hy vir ons daarvan kan kry. Hou kompetisies en kyk wie se top die langste kan spin maar onthou die geskiedenis van die dreidel terwyl jy dit doen.

In Judaisme, is selfs iets eenvoudigs soos om ‘n top te spin, nie sommer net kinderspeletjies nie. Gedurende die tyd van die Makkabeers was die Jode opgesluit vir die ‘oortreding’ om die Torah te lees. Terwyl hulle in die tronk was, het hierdie Jode bymekaar gekom en dreidel gespeel. Terwyl hulle voorgegee het dat hulle net tyd verspil, het hulle Torah besprekings gehou en daardeur die vyand van Judaїsme oorwin, terwyl die Naam van ons Skepper YAHUVEH Verhoog en Geloof was!

Elke dreidel het vier kante met een Hebreeuse letter op elke kant. Elkeen van hierdie letters begin ‘n woord. Die vier letters is: Nun – die eerste letter van die woord nes, wat “wonderwerk “beteken - Gimmel – die eerste letter van gadol, wat "groot" beteken - Hey – die eerste letter van haya, wat "was" beteken en Shin – die eerste letter van sham, wat "daar" beteken. Wanneer dit saamgevat word verkondig hierdie woorde: “‘n Groot wonderwerk het daar gebeur.” Die “speletjie van dreidel” herinner ons aan ewige oorwining teen enige iemand wat tussen Jood en Torah probeer staan en ook tussen die GOD van ons Skepping wat YAHUVEH is, en SY SEUN ons REDDING, wat YAHUSHUA is.

Hoe Om Te Speel

Op Chanukah, geniet almal dit om die dreidel te spin. Hou kompetisies om te sien wie kan dit die langste spin of wie die meeste dreidels op een slag kan spin. En natuurlik, word die gewilde dreidel speletjie gespeel tydens Chanukkah vir “gelt”. As jy nie Monopoly geld het nie, gebruik dan sente of enige iets anders. Nun – niemand wen. Gimmel - spinner vat die pot. Hey - spinner kry helfte van die pot. Shin - spinner ewenaar die pot.

As julle geskenke gee kan julle vir 8 dae lank geskenke uitdeel en nie net een dag nie! Wanneer julle al hierdie dinge vir julle kinders verduidelik sal julle sien dat hulle glad nie dink dat hulle so baie moet opoffer nie. Gebruik hierdie tyd om die Torah aan elke kind te verduidelik want elke kind sal daarby baat sowel as die volwassenes, en ja selfs jou ongeredde familielede! Dit mag dalk die enigste keer wees wat jy teenoor hulle kan getuig op hierdie manier.

‘n Geestelike Les Vir Ons

Watter geestelike les kan ons leer uit CHANUKAH behalwe dat YAHUVEH sal voorsien in al ons behoeftes en ons seëninge vermenigvuldig? Morele en etiek is die Joodse nalatenskap, en dit is die rede waarom ons nie Chanukah vier met ‘n militêre parade nie. Ons verhoog nie vir Koning Dawid omdat hy ‘n vegter was nie, maar eerder ten spyte daarvan. Hy kon nie die Tempel bou nie selfs al het hy begeer om dit te doen, omdat sy hande bloedbevlek was. En dit, selfs al het hy alleenlik op bevel van YAHUVEH geveg.

Sy seun Salomo, die man van vrede, was geskik om die Tempel te bou. Die Midrash (Parshat Be'halo'secha) haal YAHUVEH aan waar HY vir Aaron, die Hoë Priester, sê: "Die aansteek van die Menorah sal julle ewige bydrae wees aan die Joodse Mense." Ons vra "Die aansteek van die Menorah was net gedoen alleenlik terwyl die Tempel nog gestaan het. So, wat beteken dit dan vandag vir ons dat “die aansteek van die Menorah ewigdurend is?!"

Die antwoord is dat die waarhede, wat ons leer uit die Torah, ewigdurend is. Veral as die samelewing toenemend desperaat word vir rigting op etiese kwessies, is die waarheid van Torah vandag kosbaarder as ooit. In ‘n wêreld vol van dinge soos kloning, genadedood, dak-loosheid, aborsie, homoseksualiteit, die doodstraf, armoede, en seksuele waardes, wys die Torah die fyn lyn in die balanseering van wysheid en openbaring vanaf YAHUVEH deur SY Heilige Skrifte en om te besef, dit wat die wêreld ons leer, d.m.v. opvoedkundige kennis, kan verkeerd wees. Die Torah leer dat wysheid YAHUVEH se weg is, en nie die weg is van die wêreld nie, dit bewys dat ons nie twee meesters kan dien nie want ons sal die een haat en die ander liefhê.

Soos Koning Salomo sê in Spreuke 6:23, en hierdie is ons boodskap vir Chanukah. OAV 1933/1953 sê: 23 “Want die Gebod is ‘n lamp; en die onderwysing ‘n lig; en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe.”


Kersfees Koekies

Koekies was neergesit vir die vuurherd-god om hom te paai. Hierdie tradisie dateer terug na die dae van Jeremia. “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om MY te terg.” Jeremia 7:18