Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
1 Januarie 2021
Elisabeth (Elisheva): Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom.
Julle weet 'n Profeet is iemand aan wie YAHUVEH SY Geheime toevertrou, maar dit
sou nie reg wees om hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek
veronderstel is om dit met hulle te deel wie waarlik, waarlik daarna strewe om
ons Geliefde YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha
KODESH, ons IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag.
Ek het hierdie droom (tweemaal) kort na mekaar gehad en ek het dieselfde ding
gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie
ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos in Amerika waar ons
volgens die alfabet gegradeer word nie, A, B, C, D, F. Nee, HY het 'n hoër graad
waarvolgens HY gradeer en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer
eerstens persentasiegewys, volgens die persentasie tyd wat ons HOM gehoorsaam,
volgens die gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit
weer sê. Volgens ons optrede, volgens hoe vinnig ons optree en die houding wat
ons openbaar wanneer ons vir HOM optree, wanneer ons HOM dien, wanneer ons
gehoorsaam.
Julle sien, ons word op ons verslagkaarte gegradeer, en my hand begin bewe,
volgens ons gehoorsaamheid. Al drie gesamentlik. HY neem daardie telling en HY
neem 'n persentasie en twee maal agtermekaar het ek het [‘n] Verslagkaart
gesien. Dit was 93%. Ek glo dat die Bruid hiervandaan weggeraap gaan word, net
soos Henog, ek was herinner hieraan, en 'n Woord het begin voortkom omdat ek
probeer het om alles te begryp wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe
weet ek hy het 100% gehad? Na aanleiding van Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem.
Hy het die dood nie gesien nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag.]
HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% van die Bruid verwag! Ons sal nie hiervandaan
weggaan voordat ons nie 100% bereik nie! So ..... elke keer wat ek 'n Boodskap
ontvang dat die Bruid nog nie gereed is nie, probeer ons om ons telling te
verbeter. Terwyl ek hieroor gepeins het, en deel van my graad, ek het nie my
Verslagkaart gesien nie, maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n
droom sal uitspreek, selfs al dink ek dat dit iets is wat moontlik iets kan wees
waarmee iemand nie ingenome gaan wees nie.
Ons sal nie 100% kry nie voordat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy
weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.
Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen."
Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat
ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp,
maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit
doen” (wrewelrig). Raai wat mense, julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit
wil sê ons moet dit opgeruimd doen soos vir die Here.
Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle
gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle
sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n
plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie
regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees. Dit
is wat ons 24 uur per dag doen. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH te
dien, om SY Skape en Lammers te voed.
Hierdie webwerf gee julle nie net woorde alleen nie, en dit is nie net mooi om
na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig meer te
doen as wat julle selfs voor vra en julle het die prag daarvan. Selfs vir
diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister na
die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons
probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te
doen wat HY mý beveel het om te doen.
Byna 14 jaar gelede, toe ek die eerste keer op die internet gekom het, waar HY
my voor die hele wêreld 'n "Profeet vir die Nasies" genoem het – voordat ek HOM
gedien het, maar dit was nie as 'n Profeet vir die Nasies nie – toe ek op
daardie internet gekom het, het dit 'n Profeet vir die Nasies geword. Dit is toe
dat HY gesê het ek moet hierdie verharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig.
OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan
julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid
nie. My verantwoordelikheid is toe HY my 'n droom gegee het en vir my gesê het,
en HY het hoorbaar met my gepraat en vir my gesê, "Voed MY skape." So, ons doen
ons bes om julle te vermaak sowel as in te lig. Maar hoe min van julle wys selfs
julle waarde-ring, maar dit maak regtig nie saak nie, want ons graad van optrede
word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons graad van optrede word vanaf die
Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH en ek dank U. U het tweekeer vir my
die droom gegee en U het gesê U gaan selfs my optrede gradeer oor hoe vinnig ek
die droom sou vertel.
Die elementêre dinge–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê] “Goed
jy het tot hier gevorder, nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”
So wanneer YAHUVEH sê, "gaan jy [mens] gehoorsaam of gaan jy MY gehoorsaam?" sê
ek vir julle dat ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is 100% Bruid.
Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds hier daarom
weet ek dit is nog nie 100% nie.
[Elisabeth (Elisheva) praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U,
dank U vir daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand,
niemand, niemand het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit
vir U mense te gee, om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle
verlang en verwag.
Profetiese Woord Begin:
O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, eers toe julle vir YAHUSHUA julle
geliefde MASHIACH, in julle harte, in julle lewens aanvaar en HOM eerste in
julle liefde plaas, begin julle net daarna strewe om die Tien Gebooie, die Tien
Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees
julle Heilig soos EK Heilig is."
Dit is waarna julle elke dag strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is
dit asof julle in julle aardse opleidingskollege kom vir julle Meestersgraad,
want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle aan wie daardie
Hemelse diploma op daardie dag oorhandig word, dit is wanneer julle vir MY soos
‘n Henog sal wees en julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet.
Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK
gradeer persentasiegewys, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig
julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar met watter
gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam én
die graad van die uitvoering, hoe volkome julle MY gehoorsaam.
Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir
julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer
EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun, gee julle vir hulle slegs
die oorskiet kleingeld, asof julle vir 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie gee?
Maak julle seker dat die profete wat julle bedien, wat julle voed, gevoed en
gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly slegs in
een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê om aan te beweeg. Weet julle hoe baie
kere moes hulle alles agterlaat? Hoe baie van julle sal so 'n lewe kan lei? Hoe
baie sal gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agter te laat in 'n
land wat hulle nooit weer sal sien nie, omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit sal
nie deur MY Hand wees dat hulle ooit terug sal keer nie. Elkeen, elkeen, elkeen,
wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Eniggebore Seun
van YAHUVEH noem, moet elke dag daarna strewe om MY, YAHUVEH te behaag.
Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een
begeerte gehad, dat HY MY, YAHUVEH behaag. HY het julle konstant daaraan
herinner dat die dinge wat HY gedoen het, het HY gedoen om MY, YAHUVEH te
behaag. Dit is wat MY Bruid doen. Dit is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die
nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool, maar net soos 'n
kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so moet julle ook daarna
strewe.
Onthou vir Henog. Vra MY. Wees eerlik met MY en EK sal vir julle jul
persentasiegraad wys. Dit is nie sodat julle opgepof kan raak met trots nie,
want niemand, niemand, niemand, nie eers die Kringleier “Ringmaiden” wat hier
praat, het al 100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Eniggebore Seun sê, "Gaan
haal JOU Bruid," sal hulle wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet,
daardie dag weet, hulle het 100% MY tevredenheid bereik.
Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net met hulle laaste
asem in die Hemel sal kom. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien
Gebooie te onderhou, om op daardie manier Heilig voor MY te leef. Hulle sal op
daardie dag in die Paradys wees. Maar julle sien, daar is vlakke in die Hemel en
die Bruid se sielsbegeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer te
kom. Hulle is die 100% presteerders.
EK oordeel julle volgens die persentasie van die tyd wat julle MY gehoorsaam,
weereens hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Gee julle MY julle beste? Of kom julle
net-net by? Ag, hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels vir MY gooi.
Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel julle hart. Ek luister nie net na julle mond
nie, EK weet wanneer julle teësinnig iets vir MY doen of wanneer julle vrolik
is. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers vir hierdie Bediening te
wees, julle het begin as 'n vriend tot hierdie Bediening. Julle het gebid en as
nuwe bekeerlinge het julle gebid en gebid en wou YAHUSHUA meer en meer elke dag
behaag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help,
wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee my 'n werk ABBA
YAHUVEH. Maak my lewe die moeite werd." Derhalwe het EK vir julle 'n werk gegee.
Ek praat met die een wat voorheen die briewe van hierdie Bediening hanteer het.
Ek het vir jou 'n taak gegee. Jy het met vreugde begin. Jy het begin asof jy nie
genoeg kon doen nie, om bewus te wees daarvan dat die briewe aangestuur moet
word is ‘n werk, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Hulle wat die briewe
hanteer, hulle wat die finansies hanteer word deeglik beproef. Hulle wat aangesê
word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word
deeglik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die taak
wat EK jou gegee het om te doen?
Sommige het gesteel, die mense wie EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê het dat sy
hulle kon vertrou, het verraad gepleeg, want op die tydstip wanneer EK dit
spreek, kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar EK
het vir haar gesê diegene in haar huishouding kan ten volle vertrou word. Julle
ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige
Gebedsvegters Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, op hulle kan daar
staatgemaak word om te vas en te bid, om Heilig voor MY te lewe, hulle kan
huidiglik vertrou word.
O hoe baie rou EK oor hulle wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n
werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir
hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle
begin met die regte gesindheid en dan word die beproewing te swaar en hulle
vlees staan op en hulle gooi die taak terug in MY gesig en hulle verraai hierdie
Bediening weereens. Weet julle nie EK oordeel julle hiervoor nie? EK oordeel
julle einste hart.
Elke keer wat julle daardie brief ter ondersteuning uitskryf, oordeel EK julle
en die persentasie. Wanneer 'n Woord te voorskyn kom wat die vlees aanstoot gee,
net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK julle hart. Bedank julle MY? Bedank
julle die Boodskapper? Plaas julle aksie agter julle woorde? Doen julle enigiets
om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel julle want julle sien, die
Heilige Skrifte sê, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Is
julle bang om julle geliefdes se vlees aanstoot te gee, julle bure se vlees,
vreemdelinge se vlees, meer as wat julle bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee?
Praat julle hard en vrylik teen homoseksualiteit,'n gruwel wat julle
"selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! Satan spot MY daardeur!
Verdedig julle die ongeborenes? Staan julle op vir sedelikheid? Vir wie het
julle gedurende die 2008 verkiesings gestem? Skik julle met sonde?
EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle voor
MY Troon staan en die Boek van Lewe is geopen, daar sal julle graad ook wees.
Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom
te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is
om jou graad te hanteer, en as dit jou nie mismoedig maak of jou laat ophou om
te probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe
neer te lê vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy
was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY
Geliefde Seun deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening?
Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou
verantwoordelik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou
vriende, waar hulle die Waarheid kan gaan hoor wat direk uit die Hemel kom?
EK het julle so lief. Vir diegene wie slegs in die laerskool is, julle ABBA
YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle
lewe vir YAHUSHUA julle MASHIACH gegee. Maar julle kan nie in die laerskool stop
nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle
moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe.
Strewe. Strewe daarna om in alle gevalle Heilig te wees want EK verwag meer in
hierdie Eindtye. EK sal julle aan julle vrugte ken. Die ander Heiliges sal julle
aan julle vrugte ken. Deur julle vrugte gradeer EK julle vir die persentasie van
julle vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg.
Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY
beste. Hulle is gestamp en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar
in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie
kneusing gevat, hulle het daardie kneusing terwille van SY Naam gevat en hulle
is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.
En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. Ag,
maar julle gestamp en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14
Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die
Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe
julle elke dag daarna om dit te wees.
Derhalwe, deel EK nou hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit
vrygestel het nie. So, loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit
hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen dit nie om een met 'n
ander te vergelyk nie, want as EK dink julle sal opgepof word met trots, want
EK, YAHUVEH ken julle hart en gedagte, sal EK nie vir julle vertel nie. As EK
dink dit sal gebruik word om jou deur satan in die grond in te slaan en as julle
nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK julle nie vertel nie. Maar julle
het niks om te verloor nie, vra MY net.
Onthou dit, almal van julle wat aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY
Eniggebore Seun behoort, is almal ‘n produk in wording. Julle almal bewerk jul
pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg, maar dit is nie
julle werke wat julle in die Hemel bring nie, buiten om die Tien Wette te
gehoorsaam, dit is YAHUSHUA se werk op Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir
julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die
Hemel bring sodat geen mens kan roem nie.
Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK dit noem, is nie vir
julle om oor te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is volgens die
graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur
julle te werk dat julle gegradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan
onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste
graadgemiddelde is wat julle kan bereik, sal EK julle in die paradys sien, die
eerste vlak van die Hemel.
Dit is waar die dief wat op Golgota bely het, heengegaan het. Dit is hoekom
YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY
gedoen behalwe dat hy YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun as die Seun van YAHUVEH erken
het nie en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom in die
Paradys ontmoet. Maar hy was die eerste een wat bely het voor YAHUSHUA opgevaar
het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan
herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal
maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die
Paradys.
Derhalwe MY Geliefdes, wees aangemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH julle
gradeer en EK ken julle aan julle vrugte. Aan die vrugte van hierdie Bediening,
weet julle dit, want julle weet dit was vir julle 'n seën en EK het hierdie dag
vir julle vars manna vanuit die Hemel gegee om te eet en nuwe wyn in julle
uitgestort en julle het goeie vrugte geëet, vir hulle wie waarlik aan MY
Eniggebore Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH behoort. Vir sommige van julle het die
werk pas begin, vir sommige van julle kom julle taak tot 'n einde. Vra vir MY
wat julle graad is en as EK dink julle kan dit hanteer, sal EK vir julle vertel.
Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n disippel van YAHUSHUA
kon word, wie geglo het hy was waardig om die Disippel van YAHUSHUA te wees.
YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het aan die armes en
kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het na hierdie rykman se hart
gekyk want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter as YAHUSHUA. Sy
begeerte na materiele dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie gewillig om alles
neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie en hy het hartseer
weggegaan, want 'n mens kan nie twee here dien nie, hy sal die een haat en die
ander liefhê.
YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was julle
gewillig om alles neer te lê? Toe EK met MY Goddelike Hand huwelike verdeel het
wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gebonde was, wat is julle
gesindheid? EK het dit vir julle eie beswil gedoen omdat hulle hulself gebind
het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger sal dit in die Groot Verdrukking wees,
die Tyd van Jakob se Moeilikhede, waar daardie verraad die ander Heilige een se
lewe sal kos, wat was julle gesindheid? Het julle 'n "Ag ellendige ek,"
gesindheid? Het jy 'n brommende kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken
jou vrugte, daardeur oordeel EK jou.
Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webbladsy “Five Doves”,
hoeveel skade het julle berokken en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou
julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel
vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en
julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so
opgepof met trots.
Julle sê, "Voordat verwoesting oor Amerika gaan gebeur, voordat enige oorlog kan
uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees
want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die
ganse aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas,
dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY Seun YAHUSHUA,
Amerikaners meer liefhet as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie
idees vandaan?
In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en
misleidende gees het uit jou droom, jou visie, jou openbaring, gespreek,” waar
was die bestraffing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestraffing vir Jim
Bramlett? En al die ander wie valslik gespreek het? Wat is fout Jim? Jy wou dit
nie plaas nie. Jy wou dit nie erken nie. Hoe baie is teneergedruk? Hoeveel was
verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was?
Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik op “Five Doves”,
om in die laerskool te wees is nie genoeg nie, noem dit grammatika,
kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand slegs YAHUSHUA aanvaar is
hulle in voorskool. Hulle het nog nie eers begin om die Tien Wette te gehoorsaam
nie, tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee
'n datum wat nie kom nie.
Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die
Waarheid uitspreek en nie bang is om enige man of vrou aanstoot te gee nie.
Julle moet Heilig lewe. Julle moet Heilig wees. Julle moet daarna strewe om
Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.
Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan en dink julle sal nie inval
nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so
opgeblaas met trots, julle dink oorlog sal nooit na julle kuslyn toe kom nie.
Julle sê, “Ek is die grootste nasie!" Maar EK kyk na julle, o, Amerika, EK kyk
na die een wat julle so pas as president verkies het en dit was nie deur MY hand
nie, maar EK het julle keuse toegelaat omdat die een wat julle gekies het, die
gees in Amerika openbaar en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE
OMVANG VAN DIE STANK VAN SONDE!
En Amerika, julle wie eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, julle wie
eens teen die diktators van hierdie wêreld gestaan het, julle het nou sopas vir
julleself 'n diktator van diktators gekies. Julle het self sopas 'n president
verkies wie vir alles staan wat EK haat!
Geniet julle ondergang Amerika. Huil en treur, O Amerika. Ag, julle kerke, wat
Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimsinniges, sal
nou die Withuis vul. EK het deur hierdie Kringleier “Ringmaiden” geprofeteer. EK
het julle gewaarsku oor die bose geheimsinniges. (Lees Profesie 51 oor die bose
geheimsinniges). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisabeth [Elisheva])
toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimsinniges? Watse bose geheime?” EK
vertel nie vir haar alles nie want dit is lank vooruit geprofeteer voordat die
geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is
slegs een weg Hemel toe. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se
Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle
vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey
se goedkeuring oor ‘n valse nuwe evangelie genaamd “The Secret”)
Julle moet liewer wegkruip want die een wat so pas verkies is tot president vat
daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle
sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies het, en selfs
diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, julle het
deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie,
wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê ....
Julle sal sien hoe dit is om onder 'n diktatorskap te lewe. In die vorige
verkiesing het EK vir julle gesê dat Bush die kleinste van twee booshede was. EK
het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore ingekom het. Die doodskampe vir die
Christene sou gevul wees, maar EK het vir Amerika meer tyd gegee.
EK het die U.K. (Verenigde Koninkryk) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor
Harry Potter. Die toordery het nou versprei, nie net in huise nie, maar in
nasies. Ek waarsku voordat EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie?
Hoeveel van julle wie julself Christene noem, lees nogsteeds die Harry Potter
boeke vir julle kinders? So, moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie
en die ergste sonde in julle kinders, die tingerigste van die kleintjies, sien
manifesteer nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer
julle sien verwoesting kom oor julle nasie omdat julle nie opstaan vir
Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en EK ken julle aan julle vrugte. Aan
elke nasie, aan elke leier, EK ken julle. Hoeveel is net waardelose, verrote
stank in MY neusgate!
Aan die wat MY gehoorsaam, aan die wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde
RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste in julle lewe en julle liefde plaas,
moenie stilbly nie.
Hulle (Homoseksualiste, Lesbiëns en ander) marsjeer en betoog in die strate en
sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te
word as lesbiëns en gays. Dit is ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders wat
daardie Konstitusie geskryf het, het nooit dit bedoel nie. In MY oë het julle
geen regte nie! Julle wie dit bevorder is 'n gruwel! Julle sal dieselfde lot hê
as 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede wat ook vernietig was. Julle het
geen regte nie, behalwe die hel indien julle nie berou nie. EK oordeel julle aan
julle vrugte. EK ken julle aan julle vrugte.
Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om
te praat teen hierdie afgryslikheid! Vir julle wat dit gedoen het en teen
aborsie gestaan het, EK sal ekstra genade oor julle hê. Want weet julle nie; vir
elke baba wat geaborteer word, word dit gedoen as 'n offer aan satan! Dit word
voor die voete van Molok gelê! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige
bloed word gestort! Daar is niks onskuldiger as die ongeborenes nie! Vir die van
julle wat dit gedoen het, vir die van julle wie dit toelaat, as julle nie berou
en wegdraai van hierdie boosheid nie, sal julle tot in ewigheid die geskreeu van
die onskuldiges hoor terwyl hulle in die moederskoot vermoor was!
EK, YAHUVEH het hulle stil geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY.
Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wie opstaan en sê, “Die vrou het
die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As
julle nie gehoereer het nie, sou dit nie gebeur het nie! Dit is julle, julle
moeders wat die keuse het! Dit is julle, wie julleself vaders noem, wat 'n keuse
gehad het!
Lees weer die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moorde
by die ongeborenes sou begin met die om hulle níé mense te noem nie. Waar is
hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is
hulle reg om te lewe? Hoekom het julle dit weggevat? Hoekom moes julle 'n
president kies wat een stap verder neem in hierdie gruwel en gedoen het wat
niemand voorheen gewaag het om te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie
oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moenie dit
aanraak nie, laat dit ly in pyn en laat dit sterf.”
Dit is die hart van die een wat julle as president verkies het. Wat dink julle
sal met julle gebeur? Huil, O treur, O Amerika, want julle het so pas julle
ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van
julle wie huil en treur, wie weet dit is nie Amerika se beste uur nie, bid en
vra MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voordat die gruwel
Amerika oorval, want Amerika, EK ken jou vrugte! Aan jou vrugte, O Amerika, sal
EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Dit is die tyd
waarin kwaad, goed genoem word, en goed, kwaad genoem word.
En nou eindig EK dit deur met MY Geliefde Kinders te praat. EK sluit nou af en
praat met YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag daarna om
beter grade met MY te maak. Strewe elke dag daarna om MY, YAHUVEH, te behaag
sodat julle dieselfde getuienis as Henog kan hê. En dit word slegs gedoen deur
die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun. Pasop vir enigiemand wat
net die Naam JESUS sê en homself nou 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê
het dat daar nog steeds vergifnis, genesing, verlossing, opstan-dingskrag is in
die Naam van JESUS CHRISTUS, wees versigtig en maak seker julle weet van watter
Jesus hulle praat. Dit is hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê, wat nou met
julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Eniggebore Seun, gebore uit 'n
maagd, wat gesterf en weer op die derde dag opgestaan het, die enigste losprys
vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is dié YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander
nie! En die enigste weg na die Hemel, is slegs, slegs, slegs deur SY Naam en
Bloed, die enigste weg na die Hemel! So, moenie na enigeen luister wat vir julle
anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Deur na 'n ander
evangelie te luister sal julle hel toe gelei word. (Oprah Winfrey se evangelie).
So het EK weereens op hierdie dag deur MY Kringleier “Ringmaiden” gespreek. Wat
julle met hierdie Woord gaan doen, hang van julle af. Weet net dat julle
geoordeel sal word want EK ken en onderskei julle harte selfs terwyl julle
gelees en julle gehoor het. Is julle meer as ooit gedetermineerd om MY te
behaag? Of sal julle jul hande wanhopig in die lug opgooi? EK ken julle vrugte.
Dit is waarop EK julle gradeer. EK ken julle vrugte. Dit is of julle sal weet
dat julle Hemel toe of hel toe gaan. Vir baie is dit 'n nuwe dag omdat julle oë
oopgegaan het en nou weet julle wat MY, YAHUVEH behaag.
Einde van Woord.
Elisabeth [Elisheva]: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde uit te
spreek. Dank U omdat U vir my hierdie droom kort na mekaar gegee het. Dank U dat
U my vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U
ABBA YAHUVEH. Dank U. Vir die Glorie van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U
Eniggebore SEUN, is ons geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons loof
U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons asseblief om
hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense opstaan. Laat
hulle 'n hulp vir hierdie Bediening wees en nie langer 'n hindernis nie. O, ABBA
YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons het hulle
nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig. Ons het
hulle liefde nodig. Ons het hulle aanmoediging nodig. Ons is geëerd om U te dien
ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening met U Waarhede vertrou. Dank
U. Dank U.
Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
9 November 2008
As hierdie Profesie vir jou 'n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.
Kontak Ons
www.amightywind.com
www.almightywind.com
1Thes 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke
weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die
Meester wees.
Jes 40:31 Maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels
soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie
mat nie.
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en
daar sal genesing onder Sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos
kalwers uit die stal.
Matteus 25
1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan
die slaap geraak.
6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir
ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat
gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet (waarop die Seun van die
mens kom) nie.
Judas 1:14-15
14: En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê:
Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisendtalle.
15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor
al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat
die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.
Openbaring 3:10
10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in
die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde
op die proef te stel.
Matteus 13
24: 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die
Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25: Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring
gesaai en weggegaan.
26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid
ook.
27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het
u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die
diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?
29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid
bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die
maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te
verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy
koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid
beoefen.
42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.
Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word
en van elke soort bymekaarbring;
48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en
maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal
uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.
50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
Matteus 20
8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter:
Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by
die eerstes.
9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius
ontvang.
10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook
elkeen 'n dinarius ontvang.
11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer
12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel
met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan
nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?
14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net
soos aan jou.
15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou
oog verkeerd, omdat ek goed is?
16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want
baie is geroep, maar min uitverkies
Matteus 21
40:Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie
landbouers doen?
41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat
sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die
regte tyd sal gee.
42: YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen
wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here
gekom en is wonderbaar in ons oë?
43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohim sal van julle weggeneem en
aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy
val, daardie een sal hy vermorsel.
Matteus 22
1: En YAHUSHUA het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:
2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun
berei het
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en
hulle wou nie kom nie.
4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die
genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag
en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk
land en 'n ander na sy handelsaak.
6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en
daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die
genooides was dit nie werd nie.
9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat
hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste
geword.
11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie
'n bruilofskleed aan het nie.
12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed
aan? En hy kon geen woord sê nie.
13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en
werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale:
Markus 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal
hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat,
Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in
ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot
dade van Elohim praat.
Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohim groot maak.
Toe het Petrus begin praat:
Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle
gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer..
1Kor 12:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander
onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg
van tale.
1Kor 12:28 En Elohim het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek
apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna
genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.
1Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan
almal dit uitlê?
1Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die
liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
1Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle
profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet
dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
1Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut
sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur
kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?
1Kor 14:18 Ek dank my Elohim dat ek meer in tale praat as julle almal;
1Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur
ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na My nie luister nie,
sê YAHUVEH.
1Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die
ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die
gelowiges.
1Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale
praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle
kranksinnig is nie?
1Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat
daar in tale gepraat word nie.
Adam en Elisabeth [Elisheva] het oor die telefoon gepraat. Hulle het begin
bid vir seën vir Adam en Kathrynyah vir ʼn reis wat hulle wou onderneem om
Elisabeth [Elisheva] te gaan sien tydens Sukkot.
Die hele Profesie is nie op audioband nie. Die audioband begin na ongeveer 1/3
van die Profesie.
* * * * * * *
Profetiese Woord begin:
Sê vir hulle hulle moet op die 5de kom, want alhoewel daar nie vyf is wat
vergader nie, simboliseer dit die 5 wyses (Mat. 25: 1-13)
As gevolg van die nuwe Woord wat uitgekom het, moet [jul] nie fokus verloor
daarvan nie.
En hierdie Woord is verskillend van die ander want EK het dit alreeds bewys
terwyl EK die aarde op hierdie dag van Oordeel in MY toorn skud!
Maak gereed om die dominoes te sien val. Onthou Psalm 91, al sien julle 10,000
langs julle val en dit lyk asof almal om julle val, want dit is EK, YAHUVEH wat
hulle platslaan.
EK skud hierdie wêreld in MY toorn!
Maar hulle wat MYNE is hoef nie vir MY bang te wees nie. Want julle is in die
palm van MY hand en MY ander hand bedek julle. Julle is soos ʼn babakuiken en EK
sê dit nou vir julle sodat julle vere nie deurmekaar raak nie, want julle gaan
sien wat julle liewer nie wou sien nie en hoor wat julle liewer nie wou hoor nie.
Maar moenie toelaat dat vrees julle oorweldig nie, onthou waar julle vertroue
is. Moenie julle vertroue in die ekonomie plaas nie, nie in finansies nie, nie
in julle werk waar julle in diens is of watter besighede julle besit nie. Plaas
julle vertroue net in MY, ABBA YAHUVEH en MY Eniggebore Seun YAHUSHUA julle
MASHIACH en die kosbare RUACH ha KODESH. Hou julle vertroue en julle oë op die
beloftes wat EK vir julle gegee het. Wees waterlopers. Petrus sou nie geweet het
dat hy op die water kon loop as hy nie uit die boot geklim het en daardie eerste
tree na YAHUSHUA toe gegee het nie. Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy
begin sink het, maar toe sy oë weereens vir YAHUSHUA aanskou het,
Band-opname Begin Hier:
kon hy weer op die water loop. Dit is wat EK van julle vra.
(Mat. 14:28: En Petrus antwoord Hom en sê: Meester, as dit U is, beveel my om op
die water na U te kom.
29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na
Yahushua te gaan.
30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink,
roep hy uit en sê: Meester, red my!
31 En Yahushua het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê:
Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?)
Julle moet geloof-waterlopers wees want die dinge wat julle in hierdie wêreld
gaan sien, veral in 2010, sal baie harte in vrees laat beswyk. Moenie julle
geloof in enige regering van die wêreld plaas nie. Moenie julle geloof in enige
politikus plaas nie, want hulle motiewe is hul eie. Hierdie is die Woorde wat EK
vir julle wil sê, want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou nie. EK
weier om vir Sodom en Gomorra om verskoning te vra.
Julle lande wat aanhou om sonde te wettig, kyk wat EK aan julle gaan doen. Die
van julle wat julself Christene noem en stilbly, moenie by MY kom kla wanneer
julle geen vryhede meer het nie, want julle bly stil. Julle laat ʼn paar
protesteer. Julle laat die ander voortpraat. Sien julle dat die vyand nie
stilbly nie? Merk julle op dat hulle wat sonde verkondig nie stilbly nie? Hulle
skree met harde stemme selfs wanneer hulle in die minderheid is. Satan se
diensknegte is nie stil nie. Hoekom is YAHUSHUA se diensknegte stil? En wanneer
EK praat van diensknegte, praat EK nie met julle asof julle ʼn dienskneg is, in
die sin wat julle die woord gebruik nie. EK praat met hulle wat YAHUSHUA dien.
Hoe min praat. Hoe min verdedig dit wat Heilig is.
Onthou oordeel begin by die Huis van die Here. (1 Petrus 4:17) Hoekom protesteer
al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? Hoekom protesteer die kerke in elke
land nie teen hierdie afskuwelike wette wat uitgevaardig word nie? Hulle trek
net hul skouers op. Hulle bemoei hulle met hul eie sake. So, moenie verbaas wees,
o georganiseerde kerke, wanneer die regering na julle toe kom en julle vryheid
om te preek wegvat en ʼn uitsluitteken (foreclose) op julle kerke hang nie.
Moenie verbaas wees wanneer julle land afgeneem word nie. Moenie verbaas wees
nie, julle wat so selfvoldaan met julle miljoene is.
EK praat nou met die welgesteldes - julle plaas julle vertroue in julle
finansies, moenie verbaas wees wanneer dit alles maar net krummelrige stof - as
in julle hande is nie. (Mat 19:24, Lukas 16:19-31)
EK sal julle wys.
EK sal hierdie wêreld wys.
Baie sal die boodskap begin kry wat in 2010 gaan begin, maar EK waarsku julle
nou kinders, sodat julle nie kan sê Pappa het julle nie gewaarsku nie. EK berei
julle nou voor sodat julle nie geskok sal wees nie en EK bemoedig julle nou,
want julle ABBA wil nie hê dat julle harte ontsteld moet wees nie, want EK het
julle lief. Net soos in die ou dae, toe EK wonderwerke voorsien het en niks het
verander nie. So, hou styfvas aan die soom van YAHUSHUA se kleed.
Hou aan om in SY gestrote Bloed gewas te word.
Staan in die mantel van SY geregtigheid en EK verseker julle, julle gebede word
in die Hemel daarbo gehoor.
Wandel in Heiligheid sodat satan julle nie kan beskuldig nie. Wandel in
heiligheid sodat julle nie enige skande op die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH
bring nie.
MY ore is op ʼn spesiale manier oop, Elisabeth [Elisheva] jy het dit weer gesê
toe jy gebid het. Dit is asof jy ʼn speld kon hoor val toe EK sien julle bely
enigiets wat MY nie behaag nie, want hierdie is ʼn spesiale dag vir almal wat Yom
Kippur waarneem. Soos wat elke versoek in julle gebede voor MY gebring was, het
MY woede terselfdertyd die aarde geskud. Net soos in die outyd met Moses, was
die kinders van Israel beskerm en hulle wat ʼn ander skepper aanbid het, was nie.
Niks het verander nie. EK sal hulle seën wat vir MY ʼn seën is. EK sal hulle
vervloek wat vir MY ʼn vloek is, en so het EK vandag gespreek, julle ABBA
YAHUVEH.
[As bevestiging vroeër vandag het Kathrynyah, terwyl sy in gebed was, in die
geestesrealm gelowiges in YAHUSHUA soos klein kuikentjies gesien wat nodig gehad
het om deur YAHUSHUA opgepas (herded) te word. HY het SY hande gevat en ons
gelei asof ons klein kuikentjies is.]
So is dit Gespreek. So is dit Geskryf op 29 september 2009
ʼn Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH Apostel Elisabeth S. Elijah [Elisheva
Eliyahu]
Psalms 2
Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
Die konings van die aarde staan gereed, en die heersers hou saam raad teen
Yahweh en teen sy Gesalfde en sê:
Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
Hy wat in die hemel woon, lag; Yahweh spot met hulle.
Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy gramskap sal Hy hulle verskrik:
Ek tog het my Koning gesalf oor Tsion, my afgesonderde berg.
Ek wil vertel van die besluit: Yahweh het aan My gesê: U is my Seun, vandag het
Ek self U gegenereer.
Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u
besitting.
U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n
erdepot.
Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
Dien Yahweh met vrees, en juig met bewing.
12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want
gou kan sy toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by Hom skuil!
Jeremia 26:3
3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal
Ek berou hê oor die rampspoed wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die
boosheid van hulle handelinge.
Deuteronomium 13:4
4 Julle moet Yahweh julle Elohim navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy
stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
Mattheus 25: 1-13
1 Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die
slaap geraak.
6 En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons
en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed
was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons
oop!Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.Waak dan,
omdat julle die dag en die uur nie weet nie.
Lukas 16:19-31
19 En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag
vrolik en weelderig gelewe.
20 En daar was 'n bedelaar met die naam van Elázar wat vol swere voor sy poort
gelê het.
21 En hy het verlang om hom te versadig met wat van die ryk man se tafel val. Ja,
selfs die honde het gekom en sy swere gelek.
22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die boodskappers weggedra na die boesem
van Avraham.
23 En die ryk man het ook gesterf en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë
ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Avraham van ver af en Elázar aan sy
boesem.
24 En hy roep en sê: Vader Avraham, wees my barmhartig en stuur Elázar, dat hy
die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly
smarte in hierdie vlam.
25 Maar Avraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe
ontvang het, en so ook Elázar die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly
smarte.
26 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat
die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie
na ons kan oorkom nie.
27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur –
28 want ek het vyf broers - om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in
hierdie plek van pyniging kom nie.
29 Toe sê Avraham vir hom: Hulle het Mosheh en die Profete; laat hulle na hulle
luister.
30 Maar hy antwoord: Nee, vader Avraham, maar as iemand uit die dode na hulle
gaan, sal hulle hul bekeer.
31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Mosheh en die Profete nie luister nie, sal
hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Mattheus 19:24
24 En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van
'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van Elohim in te gaan.
Hierdie Profesie het lewendig en op die regte tyd gedurende Shabbat
oggendiens 16 Julie 2016 na vore gekom met Ezra & Elishieva se geestelike seuns
en dogters (Joël 2:27-32; Handelinge 2:17-22) na die lees van die Torah
parsha/gedeelte (Num.19:1-22:1 & haftarah (Rigters 11:1-33), tesame met Profesie
63 (O! Israel Waar Is Jou Bloedoffer? Oorspronklik aan Elisheva Eliyahu gegee op
16 September 2002.
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.
met Profete Ezra & Elisheva se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uitlegging gee
(Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva praat voort
in tale en bring Profesie (1 Kor. 14:6).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD.
YAH / YAHUVEH is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH,” Wat letterlik “Prys YAH” beteken: YAHUVEH / YAHWEH is GOD DIE VADER;
YAHUSHUA / YAHSHUA is GOD SE ENIGGEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken
“DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD.”)
Die Openbaring van “SH'KHINYAH GLORY” as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA
KODESH, (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) wat ook hier op die webblad voorkom.
(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD se DURENDE, GEESTELIKE / GODDELIKE
TEENWOORDIGHEID.)
Bykomende beteken, ABBA YAH “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH”.
Skrifgedeeltes kom uit die 1933 Afrikaanse Vertaling tensy anders aangedui.
Kliek regs op die voetnotas om 'n tweede 'tab' oop te maak.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:
Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit
jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van die RUACH
HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor die aarde waai. Die HEILIGE
WIND van HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit lankal misluk
het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word aan hulle wie spot:
Maar hulle het die boodskappers van GOD uitgelag en SY Woorde verag en met SY
Profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen SY Volk opgekom het,
totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke 36:16
Toe in Julie 2016:
Ellende wag vir enigeen wat dit durf waag om hierdie twee gesalfdes leed aan te
doen. Julle sal selfs die dag berou wat julle gebore was. Raak MY gesalfdes nie
aan nie en doen hierdie twee Profete geen kwaad nie. (sien ook Ps. 105:15; 1
Kron.16:21-22.) Dit sou vir jou beter gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong
uitgeskeur het!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,-
ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen
kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se staf op
julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening
is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie
dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.
* * * * * * *
Dit was via audio/video opgeneem. Hier volg die transkripsie.
[Almal bid in Heilige tale; Justin blaas die shofarhoring, toe Ezra; die duiwel
is gebind en gemeente voer oorlog in gebed (Rom.8:26)....]
Elisheva: Dank U, Dank U, Ek dank U......Ons vra nou vir die gawe van uitlegging
van tale (Jes. 28:11; 1 Kor. 12:10; 14:13) van wat James (in tale) gepraat het.
Het enige[iemand-James weet jy? Wat is die Woord wat uitgespreek is? As iemand
dit hoor, laat ons almal weet.
Romeine 8:26 Die GEES help ook ons swakhede: want ons weet nie waarvoor ons moet
bid soos ons moet nie: maar die GEES self doen intersessie vir ons met
onuitspreeklike versugtinge.
Jes. 28:11 Want HY sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met
hierdie volk praat.
1 Korintiërs 12:7-10 Maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met
die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die GEES 'n woord van
wysheid gegee en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde GEES.
1 Korintiërs 14:13 […] daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan
uitlê.
James: Voordat ek in tale gepraat het, toe ek gehoor het jy het gesê dat jy 'n
Woord gehad het en toe ons begin bid het, het ek die Woorde gehoor terwyl die
shofar geblaas was: “Hoor O Israel.” (Klem op) “Hoor”, jy weet.
Christina: Ek het op een stadium gehoor.....ek het [van die Hemel] gehoor. Mom
(Moeder) Ek het gehoor “Israel waar is jou bloedoffer? (Lev. 17:11) en toe op 'n
ander stadium het ek gehoor, “MY BLOED deurweek die grond in Israel” [1]
Levitikus 17:11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en EK het dit aan
julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed
bewerk versoening deur die siel.
Elisheva: Amen. Ek wil jou gesig sien wanneer jy dit sê, want dit gaan voor die
wêreld verskyn. Hierdie is 'n Profesie wat voor die wêreld gaan verskyn. Goed,
sê dit weer.
Christina: Ek het op een stadium gehoor “Israel, waar is jou bloedoffer?” en op
'n ander stadium “MY BLOED deurdrenk die grond in Israel.”
Elisheva: Amen! Dit is wat my nou oorweldig. Ek weet nie hoe ek nou die Woorde
gaan uitspreek nie – die droefheid wat YAHUSHUA voel. Het iemand anders iets
gehoor? - voordat Ezra in Heilige tale gebid het wat eintlik, eintlik die “Toorn
van die LAM is.” [2]
Ezra: James gaan herhaal wat hy sê want (hy was nie op kamera nie]...
Elisheva: Goed James.
James: Ja. Net toe ons begin bid het, het ek die Woorde “Hoor O Israel” gehoor,
asof dit 'n Boodskap was wat op die punt was om voort te kom. So ek wou net dit
gedeel het.
Elisheva: Dankie.
Rosie! Wat het jy gehoor Rosie? Om een of ander rede voel ek gelei dat jy vir my
moet bid.
Rosie: Ek was net.....ek het niks spesifieks gehoor oor die Woord nie, Mamma,
maar ek het net gesien hoe – terwyl almal besig was om te bid, het ek gesien hoe
engeIe afkom. En ek het eintlik gesien hulle bind die demone rondom ons vas.
Elisheva: Dankie. Dankie. Ja.
Ezra: Prys GOD!
Stephen: Amen.
James: Prys YAH!
Elisheva: Dank U, ABBA YAHUVEH. [Bid in Heilige tale.] Ek weet nie wie almal dit
weet nie, maar terwyl dit losgelaat word – en almal gaan weet (wie is) die
goddelose (reprobate) vyande wie probeer om te vernietig - hulle gaan dit nou
weet want hierdie vyand (wie) hierdie Profeet probeer stilmaak: my
geliefde-Apostel Ezra van Israel-hy het nou die Salwing van die “Toorn van die
LAM” tale ontvang.'2
(Dit is YAHUSHUA wat weer gaan kom wanneer die mense sal sê, die goddeloses
(reprobate) sal sê “O Berge val op ons, verberg ons van die aangesig van HOM WIE
OP DIE TROON SIT en vir die Toorn van die LAM” (Openbaring 6:16-17). 2 En dit is
hoe naby ons nou aan die begin van die Groot Verdrukking is.
En (vroeër) toe ek gehoor het dat Profesie [63] wat in 2002 aan my gegee is [ek
het meer vanuit die Hemel gehoor] – daar was nog nooit 'n meer gesalfde leeswerk
van dit soos wat Justin (vroeër in die byeenkoms) gelees het nie, maar ek glo
nie eers dit was êrens anders in my stem......dit was net......dit was
nie.....dit was so lank gelede, ek het nie op daardie stadium opnames gemaak nie
of daar was maar min) – en so [voordat ek hierdie nuwe Profesie uitspreek] moet
jy, Ezra in daardie tale bid wat gaan maak dat die demone in 7 verskillende
rigtings hardloop en hulle vrees wanneer jy bid. En ons weet dit.
Ezra: Ja, en Justin wil iets sê.
Elisheva: Ja. Ja, liefste Justin.
Justin: Ek hoor die Salwing praat met my en sê
Profetiese Woord:
Israel julle het nie die Woorde van My Profete gehoor nie. Dit was in Jesaja [3]
geprofeteer en dit is in al – al in die Ou Testament dat YAHUSUA sou kom en
Israel het nie gehoor nie, en het nie na die Woorde van die Profete geluister
nie. En dit is wanneer die PROFEET VAN PROFETE, YAHUSHUA gekom het. Hulle het
HOM nie ontvang nie.
En Israel moet die Woord van YAHUVEH ken en hulle moet die Woorde van die
Profete ken en hulle moet die Torah ken en hulle moet glo en aanvaar dat
YAHUSHUA die MESSIAS is en die SEUN VAN YAH.
Einde van Woord.
Justin: So dit is dit.
Ezra: Amen.
Elisheva: Dankie. [Ezra bid in tale van die Toorn van die LAM]. Dank U! Dank U!
Dank U! HalleluYAH! Dank U! [Bid in Heilige tale...]
Profesie 132 Begin:
Shabbat – 16 Julie 2016. Video begin hier.
EK sê weer vir julle O Israel, terwyl jullle die Tyd van Jakob se Benoudheid
(Jer. 30:7) nader, die Smart van alle Smarte (Matt. 24:8-9) weet julle nie toe
EK trane van bloed [4] gestort het, (hematidrosis), (Luk. 22:44) het EK vir
julle gehuil!
Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot sonder weerga! En dit is 'n tyd van
benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
Matt. 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk
teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op
verskillende plekke. 8. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte. 9. Dan
sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al
die nasies gehaat word ter wille van MY NAAM.
Lukas 22:44 En toe HY in 'n sware stryd kom, het HY met groter inspanning gebid,
en SY sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
Julle doen al die tradisies. Julle is getrou aan die Shabbat. Julle is getrou
aan die Joodse Feeste. Julle lees die Torah. Maar EK IS selfs in julle eie Torah
daar [5]. Moses praat van MY. (Deut. 18:15 ens) , EK IS daar!
Deuteronomy 18: 15-19
15 'n PROFEET uit jou midde, uit jou broers soos ek is, sal die HERE jou GOD vir
jou verwek; na HOM moet julle luister.
16 Net soos jy van die HERE jou GOD by Horeb gevra het toe jy op die dag van die
vergadering gesê het “Ek kan die stem van die HERE my GOD nie langer hoor en
hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.
17 Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het.
18 'n PROFEET sal EK vir julle verwek uit die midde van hulle broers soos jy is
en EK sal MY woorde in SY mond lê, en HY sal aan hulle sê alles wat EK HOM
beveel.
19 En die man wat nie luister na MY Woorde wat HY in MY NAAM spreek nie, van hom
sal EK self rekenskap afeis.
EK het trane van BLOED vir jou gehuil, O Israel en dit was nie genoeg nie. EK
het MY Liefde bewys toe EK gekruisig was – nie net vir die sondes van die hele
wêreld nie (vir hulle wie die BLOED op Golgota sal aanvaar), maar O Israel, EK
het jou grond gekies– MY BLOED was vir jou uitgestort! Omdat EK jou liefhet!
O EK huil en EK verkeer in barensnood. Want die Skrifte sal vervul word en die
bloed sal tot aan die perde se stange kom. (Jes 63:3; Openb. 14:20)!
Jesaja 63:3-4 EK het die pers alleen getrap en van die volke was niemand by MY
nie; want EK sal hulle vertrap in MY toorn en hulle vertrap in MY grimmigheid,
sodat hulle lewensap op MY klere sal spat en EK sal MY hele gewaad bevlek. 4
Want die Dag van Wraak is in MY Hart en die jaar van MY verlossing kom.
Open. 14:19-20 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die
wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die
grimmigheid van GOD. 20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed
het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.
O Israel!
Die wêreld draai teen jou – selfs die enigste een wie jy jou vriend kon noem,
die Verenigde State van Amerika, verraai jou oor en oor! Julle is nie die
terroriste nie en tog beskuldig die wie die terroriste is, jou.
EK, YAHUSHUA huil oor jou!
Jy het die Profesie [63] gehoor wat deur MY Profeet, Nuwe Elijah, in 2002
gebring is, maar nou O Israel, in 2016 kom die gees van Eliyahu en die gees van
Moses bymekaar! Dit is om jou die voleinding van die Salwing te wys.
En voortaan, aan almal wie YAHUSHUA, MY, YAHUSHUA se BLOED wat op Golgota
gestort is, aanvaar vir die verlossing van julle sondes sodat julle gebede deur
julle ABBA YAHUVEH verhoor kan word, EK sê vir julle dit: moenie net die Profete
van Ouds bestudeer nie, maar bestudeer die Profete [6]- Profesieë wat deur
Elisheva Eliyahu uitgespreek word.
Want daar is nou meer Salwing wanneer (hierdie twee) Apostels, Profete
saamgevoeg word – nie net Bedieninge nie, maar hulle harte en hulle siele is
saamgevoeg – dit is ook simbolies: EK, YAHUSHUA, bind met julle saam!
O Israel!
EK wil nie doen wat EK moet doen nie! Kom na MY toe! O Bruid van Israel! Staan
nou op! Kom na MY toe! EK verlang na jou! Kom na MY toe! Want EK het so lank
gewag – met elke Torahgedeelte - “Soek en jy sal vind” (Jer. 29:13-14); Matt.
7:7; Luk. 11:5), 'n Profesie gegee deur hierdie Elisheva Eliyahu.
Jer. 29:11-14 Want EK weet watter gedagtes EK aangaande julle koester, spreek
YAHUVEH, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms
te gee. 12 Dan sal julle MY aanroep en heengaan en tot MY bid, en EK sal na
julle luister. 13 En julle sal MY soek en vind as julle na MY vra met julle hele
hart. 14 En EK sal MY deur julle laat vind, spreek YAHUVEH, en julle lot
verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen EK
julle verdryf het, spreek YAHUVEH; en EK sal julle terugbring na die plek
vanwaar EK julle in ballingskap weggevoer het.
Matt. 7:7-12 : (Sien ook Lukas 11:5-13) 7 Bid, en vir julle sal gegee word;
soek, en julle al vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat
bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9
Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n
klip sal gee? 10 en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? 11 As julle wat
sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal
julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS goeie dinge gee aan die wat HOM bid? 12 Alles
wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan
hulle ook doen, want dit is die wet en die profete.
O Israel!
EK sê weer, waar is jou bloedoffer? Die 'Smarte van Smarte' is amper op jou! Jy
sien die wêreld. Hulle draai om en bespot jou. Hulle het jou finansiële
reddingstou afgesny.
Maar O Israel!
EK YAHUVEH wil jou seen! EK sal jou nooit begewe of verlaat nie (Deut. 31:6;
Hebr. 13:5) as jy MY maar net wil erken! Eis daardie BLOED wat vir jou op
Golgota gestort is! Niks van hierdie Torah lesing kan jou red nie! Jy het sulke
lieflike maniere waarmee jy ABBA YAHUVEH eer, maar jy het 'n INTERSESSOR nodig!
(Jes. 64:6).
Deut. 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir
hulle nie; want dit is die HERE jou GOD wat saam met jou trek; HY sal jou nie
begewe of verlaat nie..
Hebr. 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat
julle het, want HY het gesê: EK sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Jesaja 64:6 en ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons ongeregtighede
soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons
ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
Niemand is waardig om voor die ABBA YAH se Troon te kom, behalwe in MY –
YAHUSHUA jou MESSIAS se NAAM! EK het die PRYS vir jou op Golgota betaal! Almal
het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van ABBA YAH se
Heerlikheid (Rom. 3:23; Pred.7:20); Niemand is volmaak nie (Ps 130:3)!
Romeine 3:23 Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid
van GOD.
Prediker 7:20 Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen
sonder om te sondig nie.
Psalm 130:3 As U, YAHUVEH die ongeregtighede in gedagtenis hou, O ADONAI wie sal
bestaan?
EK het na jou toe gekom! EK het jou geleer! Die tekens en wonders, die
wonderwerke is net 'n gedeelte wat selfs daar (in die Bybel) genoem word. EK het
die dooies opgewek!
O Israel, kom na MY toe! EK huil oor jou. EK huil oor jou!
En hierdie Bediening begin nou, begin net nou in die volheid van die Salwing te
loop. Want dit het waarlik op 7 Maart 2016 begin. Toe die duiwel gespot het en
gesê het “Elisheva Eliyahu se Bediening is verby. Amightywind is verby” want sy
het vir 7 jaar saam met 'n “Judas” (Iskariot) gebly (Mark. 3:19 en ook
Handelinge 1:16)- en dit nie geweet nie. - o maar op daardie dag het EK 'n man
van YAH gehad.
Markus 3:19 En Judas Iskariot, wie HOM ook verraai het: en hullle in die huis
gegaan.
- o maar op daardie dag het EK 'n man van YAH gehad.
En op daardie 7 Maart, was hy daar in Israel. En hy het net IMMAYAH se boeke
opgetel en die Salwing was oor hom. En enigeen kan sien daar was onmiddellik
liefde toe ek Ephraim & Juda saambring.
En hy het uit sy eie mond geprofeteer, “Wat GOD dan saamgevoeg het, mag geen
mens skei nie”. (Markus 10:9).
En dit is wat EK vir jou sê, O Israel!
Aanvaar MY BLOED wat op Golgota vir jou gestort is! Besef dat EK nie dood is
nie! EK het op daardie 3de dag weer opgestaan (Matt. 16:21, 1 Kor. 15:4). En EK
het meer tekens, wonders en wonderwerke gedoen wat enige boek ooit kon wys,
terwyl EK vir 40 dae op daardie aarde geloop het en het voor getuies opgevaar na
die Hemel toe. (Hand. 1:3, Markus 16:19).
Matt. 16:21 Van toe af het YAHUSHUA begin om SY dissipels te toon dat HY na
Jerusalem moes gaan en veel deur die ouderlinge en owerpriesters en
skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
1 Kor. 15:4 en dat HY begrawe is, en dat HY op die derde dag opgewek is volgens
die Skrifte.
Hand. 1:3 Aan wie HY ook, na SY lyde, HOM lewend vertoon het deur baie
kentekens, terwyl HY gedurende 40 dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van
die Koninkryk van GOD gespreek het.
Markus. 16:19 Nadat die HERE (ADONAI YAHUSHUA) dan met hulle gespreek het, is HY
opgeneem in die Hemel en het gaan sit aan die regterhand van GOD (YAHUVEH).
O Israel! O Israel! EK hou jou meer verantwoordelik. Want jy praat al die regte
woorde (Jes. 29:13) maar tot jy jou vir MY gee, tot jy die GESTORTE BLOED op
Golgota aanvaar (Sag. 12:10, 13:1), kan EK jou nie vergewe nie!
Jesaja 29:13-14, 24
13 En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en MY eer
met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van MY hou, sodat hulle vrees vir MY
'n aangeleerde mensegebod is.
14 daarom sal EK voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en
wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van
hulle verstandige mense sal wegskuil.
24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal
lering aanneem.
Sagaria 12:10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal
EK uitgiet die GEES VAN GENADE EN SMEKINGE; en hulle sal opsien na MY VIR WIE
HULLE DEURBOOR HET, en hulle sal oor HOM rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n
enigste seun en bitterlik oor HOM ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n
eersgebore kind.
Sagaria 13:1 In die dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid
en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
O Maar wanneer hierdie Woord uitgespreek word, is daar vandag 'n nuwe Salwing en
O so baie sal hoor en hulle sal na MY toe hardloop! Hulle sal soos 'n klein
kindjie aangehardloop kom! Hulle sal van blydskap spring!
Want julle sien, hierdie Bediening is nie 'n gewone bediening nie! EK het die
geeste van Eliyahu & Moses saamgebring soos ek hulle liefde saambring, soos ek
die leierskap saambring. En soos EK jou nou bring O Israel.
O Israel!
Jy sal gehaat word en jy word gehaat omdat jy so opsy gesit is, maar jy is nie
meer Heilig nie! Kyk wat het jy toegelaat!
LOSBANDIGE (GAY) SPOGPARADES? ABORSIES! HOE KAN JY DIE TORAH GEDEELTE LEES?
SONDER OM OP JOU KNIEË NEER TE VAL EN VOOR ABBA YAHUVEH TE BELY NIE! HOE KAN JY
HIERDIE TRADISIES VOLG? WAT SO HEILIG LYK! EN NIE BELY VIR WAT JOU LAND DOEN
NIE?
EN EK WEEN, EK WEEN! EK WEEN! WAAR IS DIE MORALITEIT IN ISRAEL! WAAR IS DIE
STANDAARD VAN HEILIGHEID!
WEG, WEG, WEG! WEG VAN MY! TERWYL JY NIKS ANDERS AS DIE TORA LEES NIE EN TOG SIT
JY NIE BELYDENIS DAARIN NIE – BELY!
Roep uit vir jou land, O Israel!
WAAR IS DIE LEIERSKAP? NETANYAHU! JY WAS AS 'N PROFEET NA DIE (V.S.A.) KONGRES
GESTUUR! [7] JY WAS AL WAT EK KON VIND! Maar hoekom het jy teruggekeer na Israel
en vir hulle gesê om nie hulle sondes te bely nie!
DIE BLOED VAN DIE ONGEBORENES! DEURDRENK JOU HANDE! DIE ABORSIES! WEET JY NIE –
hierdie babas, hierdie onskuldiges klein fetusse, is aan die god molek geoffer
(Lev. 18:21)? AAN SATAN OPGEOFFER!
Levitikus 18:21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te
laat deurgaan nie, dat jy die NAAM VAN JOU GOD nie ontheiliig nie. EK IS DIE
HERE YAHUVEH.
O ISRAEL, O ISRAEL! Die Staf van YAH se Toorn kom! Want EK tugtig hulle wie EK
liefhet. (Deut. 8:5; Spreuke. 3:11-12; Hebr. 12:6-8; Openb. 3:19)
Deut. 8:5 Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy
seun onderrig.
Spreuke 3:11-12 11 My seun verag die tug van die Here nie en laat sy kastyding
nie jou weersin wek nie. 12 want die Here tugtig hom wat HY liefhet ja, soos 'n
vader die seun in wie hy behae het.
Hebr. 12:6-8. 6 Want die Here tugtig hom wat hy liefhet, en hy kasty elke seun
wat HY aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel GOD julle as seuns;
want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder
tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie
seuns nie.
Openb. 3:19 Almal wat EK liefhet, bestraf en tugtig EK. Wees dan ywerig en
bekeer jou.
En ek gaan jou slaan (Eseg. 5:7-9)! En EK gaan toelaat dat die wêreld jou slaan.
(Sag. 14:1-3) Totdat jy uiteindelik op jou knieë neerval en sê: “Geseënd is HY
wie kom in die NAAM van die HERE YAHUSHUA!” (Ps 118: Matt. 23:38-39)
Eseg.5:7-9 7 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die
nasies wat rondom julle is, in MY insettinge nie gewandel en MY verordeninge nie
betrag het nie – selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is,
nie gehandel het nie; 8 daarom, so sê die Here HERE: Kyk EK het dit teen jou,
ja, EK! En EK sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies 9
en om al jou gruwels ontwil sal EK aan jou doen wat EK nooit gedoen het nie, en
wat EK so nooit weer sal doen nie.
Sag. 14:1-3 1 Kyk, daar kom 'n dag van die HERE: dan sal wat van jou buitgemaak
is, binne-in jou verdeel word, O Jerusalem! 2 Want EK sal al die nasies versamel
om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise
geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in
ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad
uitgeroei word nie. 3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen diè nasies soos
op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
Psalm 118:25-26 25 Red [HOSEA] [8]
Psalm 118:25-26 25 Ag, HERE gee tog heil; 26 Geseënd is HY wat kom in die Naam
van die HERE: ons seën julle uit die huis van die HERE.
Matt. 23:38-39 38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 39 Want EK sê vir
julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê:
Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUVEH.
Weereens, O Israel, staan op vir moraliteit. Staan op vir die standaard van
Heiligheid!
Julle sê die Tien Gebooie op! Julle sê die Torah Wette op! Maar hoeveel volg
hulle? Hoe baie sal opstaan vir moraliteit? Ydel woorde – is in jou mond. (Jes.
29:13; Psalm 50:15-16)! En EK sal dit nie seën nie!
Jes. 29:13 : En die HERE het gesê : Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond
en MY eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van MY hou, sodat hulle
vrees vir MY 'n aangeleerde mensegebod is.
Psalm 50:15-16 15. ...en roep MY aan in die dag van benoudheid; EK sal jou
uithelp, en jy moet MY eer. 16 Maar aan die goddelose sê GOD: wat vertel jy nog
MY insettinge en neem jy MY verbond in jou mond?
Kom na MY toe! Met berou en trane! Dit is hulle wie EK gaan red! Dit is hulle
wie EK sal beskerm! Hou op om te kompromitteer! Hierdie wêreld sal jou haat,
maar EK, O Israel, EK, YAHUSHUA – EK het jou lief! Jou ABBA YAH het jou lief!
Hou op om die NAAM van jou HEMELSE VADER te vrees!
Het jy nie Psalm 91 (v 14-16) gelees nie? EK HOOR DIT! En tog durf julle om
tevergeefs MY NAAM te gebruik deur nie toe te laat dat dit selfs gespreek word
nie. Julle dink dit eer MY terwyl EK oor en oor sê – ABBA YAH, oor en oor vir
julle sê “In MY NAAM!” “In MY NAAM!” “In MY NAAM!” “Roep uit in die NAAM!”
Moenie die NAAM van YAHUVEH vrees nie!
Psalm 91:14-16 14 “Omdat hy MY liefhet”, sê YAHUVEH, “sal EK hom red; EK sal hom
beskerm, want hy erken MY NAAM. 15 Hy sal MY aanroep en EK sal hom antwoord; EK
sal by hom wees in moeiliheid, EK sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met 'n
lang lewe sal EK hom versadig en hom MY redding wys. (Yeshuati).(Vry vertaal).
[9]
Moenie die NAAM van YAHUSHUA vrees nie! YAH is in MY NAAM!
O Israel, O Israel!
EK ween oor jou! EK verkeer in barensnood vir jou! Trane van BLOED was
uitgestort vir jou. Waar het satan my versoek (Matt. 4:1-11; Markus 1:12-13;
Lukas 4:1-13) [10] anders as in Israel? Daarvoor neem EK vandag tyd om vir jou
te sê, O Israel, kom na MY toe!
Kom na MY toe! Want die Tyd van Jakob se Benoudheid en Smart is op jou!
Kom na MY toe! Leer van MY! En wees gewaarsku – selfs hierdie Woord kom nou na
vore. Dit wat as die vals messias gaan kom (Sag. 11:17; Dan. 7:7-8; 24-25;
8:23-24; 9:27) [11] is so baie, baie naby! Moenie mislei word nie! Kom nou na MY
toe!
Sagaria 11:17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die
swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog
heeltemal verduister word.
Daniël 8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat
volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke
verstaan.
24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon
baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en
ook die volk van die heiliges[...]
Kom na, MY, YAHUSHUA toe! En EK belowe EK sal MY Arms om jou slaan! Jou sondes
sal sover verwyder wees soos die ooste van die weste! EK sal jou bedek met MY
BLOEDverbond! EK sal 'n ring aan jou vinger sit! EK sal jou vul met die RUACH ha
KODESH! Kom na MY toe O Israel!
Psalm 103:12 So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder HY
ons oortredinge van ons.
O MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED! Selfs net een druppel kon die HELE Israel gered
het! Dit kon die HELE werêld gered het! Net een druppel! Tog het EK alles
uitgestort!
Niemand het 'n verskoning waar hulle kan sê hulle ken nie MY NAAM NIE. Dit is
die Woorde wat EK vandag op my hart het O Israel.
IMMAYAH wil julle bymekaar maak en haar (Israel) onder HAAR vlerke hou. [12]
(Want SY is die 'MOEDER AREND'! SY is nie 'n 'kuiken' nie). {Matt. 23:37; Lukas
13:34]! [13] SY wil julle beskerm! Dit wie julle die SOETE HEILIGE GEES NOEM,
die RUACH HA KODESH wil julle vul.
Matt. 23:37 (Sien ook Lukas 13:34) O Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete
doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders
bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en
julle wou nie!
Kom na MY toe O Israel! Aanvaar die BLOED wat EK vir jou op Golgota gestort het!
Die spykers – die penne wat in MY Hande,Voete geslaan is! Die doringkroon was op
MY Kop gesit. EK was vir jou geslaan O Israel! Alles wat EK deurgemaak het was
nie net vir hierdie wêreld nie nie, [hulle] sou dit aanvaar het, maar O Israel,
EK het jou gekies! EK het jou gekies om die aarde te bewandel wat EK bewandel
het. EK het jou gekies!
O Kom na MY toe O Israel! Jy wil GOD ABBA YAHUVEH, die VADER eer? Eer MY dan.
Want jy kan nie Hemel toe gaan nie, jy kan nie na ABBA YAH toe gaan sonder om
deur MY NAAM EN MY BLOED te gaan nie!
O Israel! Staan weereens op vir moraliteit! Die wêreld wil jou haat? Gee hulle
dan 'n rede: [14] Staan jý op vir moraliteit! Staan jý op vir geregtigheid! Doen
jý wat geen ander nasie of land op hierdie aarde doen nie. Jy is weereens
opsygesit vir Heiligheid! Jý was die bloed van die aborsies van jou hande af!
O waar is die leier wie se hart aan MY behoort? Wie nie bang is - om te sê,
“Israel draai weer terug! Na dit wat Moses gepreek het! Na Heiligheid! Na
geregtigheid!”
Daar is 'n NUWE BLOEDVERBOND en dit is MY BLOED wat vir jou gestort was, soos
wat EK dit vir almal gestort het wat dit sal aanvaar. Maar nou praat EK direk
met jou, Israel!
Keer terug!
Keer terug. Keer terug na dit wat die Dissipels van Ouds, die Apostels, geleer
het! Draai terug. Moenie net die Torah Wette opsê nie - gehoorsaam hulle!
Gehoorsaam hulle.
Want EK het jou so lief!
EK waarsku jou weer terwyl jy sien wat aan die gang is in hierdie wêreld, terwyl
jy selfs sien hoe wette uitgevaardig word wat Israel etiketteer as “terroriste”
en die haat wat na jou toe kom en die politieke leiers wie sê hulle is vriende
en hulle is in werklikheid vyande.
Daar is 'n man wie nie eers MY Gebooie onderhou nie, maar sy naam is Donald
Trump en hy is waarlik lief vir Israel! Hy sal 'n vriend vir jou wees.
Want EK is reeds nou besig met hom. Dit is hoekom hy die vise-president gekies
het wat hy saam met hom wil hê, indien hy die verkiesing sou wen, maar dit kan
nie gebeur as genoeg mense nie bid en aksie agter hulle gebede sit en uitgaan en
stem nie.
EK sê nou vir jou. Toe EK met Elisheva Eliyahu gepraat het en sy die
gebedstryders opgekommandeer het om vir Donald Trump te bid [Profesie 131]
(alles as gevolg van 'n droom wat EK vir haar gegee het, en 'n verandering van
haar hart, om hierdie man in gebed toe te maak) kyk watse keuse hy gemaak het
[vir vise-president spanmaat] [15] — 'n man wie ook waarde heg aan lewe,
evangelies, 'n man so nederig, die teenoorgestelde van Donald Trump se trots -
dit was EK, YAHUSHUA wat dit in sy hart geplant het.
Want EK trek hom. EK trek hom. Hy wil nie die politieke spel speel nie. En hy
moet so baie vir homself hou.
Net soos Netanyahu – hy heg waarde aan die heiligheid van die huwelik, maar hy
kompromitteer! Hy kompromitter terwille van politiek! Hy wil nie die
'gay'-spogparades of dieselfde-geslag 'huwelik' hê nie! Kompromitteer!
Kompromitteer! Dit is waaaroor die politiek van hierdie wêreld gaan – vrees om
te sê wat hulle werklik glo.
Maar vandag roep EK uit na jou O Israel. EK, YAHUSHUA, het in barensnood verkeer
vir jou terwyl EK op hierdie aarde was. En ABBA YAHUVEH roep uit na jou! Sit
aksie agter daardie Torah Woorde! Wanneer jy die Torah Wette opsê, sit aksie
agter dit. Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).
Jakobus 2: 17-19. 17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in
sigself dood. 18 Maar iemand sal sê: jy het die geloof en ek die werke. Toon my
jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. 19 Jy glo
dat GOD één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook en hulle sidder. 20 Maar
wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21 Is
Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die
altaar geoffer het nie? 22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en
dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23 En die Skrif vervul wat sê:
En Abraham het GOD geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n
vriend van GOD genoem.
Van nou af praat EK met die leierskap van hierdie Bediening en EK sê vir julle
dit – saam met daardie Torah gedeeltes deur die Profete van Ouds, moet julle ook
die Profesieë verkondig wat EK vir Elisheva Eliyahu gegee het. Want dit is vir
nou en vir hierdie uur.
Want dit sal die mense van Israel na MY, YAHUSHUA toe lei!
O Israel, jy het altyd aardbewings gehad maar jy kan nie glo wat gaan gebeur:
wanneer EK, YAHUVEH en EK, YAHUSHUA en EK, IMMAYAH, die RUACH HA KODESH voete
regoor Israel gaan stamp nie! Om hulle te tugtig! Wanneer julle monde so gebars
is omdat julle geweier het om die LEWENDE WATER, MY, YAHUSHUA, te aanvaar het en
EK die lugruim toesluit en EK laat MY Twee Getuies uitvaardig dat geen reën meer
sal val nie!
EK waarsku julle nou. EK waarsku julle nou. Dit is deel van die tugtiging!
Ontvang die LEWENDE WATER nou en julle sal nooit weer dors hê nie, O Israel. Eet
van die HEMELSE MANNA en julle sal nooit weer honger word nie, O Israel.
EK kan jou onsigbaar maak (Jer. 36:26; Psalm 27:5; 31:20) [16] te midde van 'n
skare net soos EK gedoen het toe EK die aarde in Israel bewandel het. (Sien
Lukas 4:29-30; Joh 7:30; 8:59; 10:39). [17] EK het tussen hulle geloop wie
vyande was en niemand het MY eers raakgesien nie! Die regerings dink hulle het
julle biologiese data. O! Maar EK, YAHUSHUA kan julle DNA verander.
EK kan so baie dinge doen O Israel – om jou te beskerm as jy maar net jou knie
voor MY wil buig. EK kan jou op maniere wegsteek waarvan jy nooit gedroom het
moontlik is nie. Psalm 91 is 'n belofte wat EK vir jou gee. Maar jy moet in die
NAAM van YAHUSHUA en deur die BLOED van YAHUSHUA kom.
EK, YAHUVEH wil jou beskerm O Israel – hulle wie EK MY kinders sal noem, hulle
sal kom, die verlostes, die verlostes – die oorblyfsel!
Hulle sal hierdie Profesie hoor en hulle sal hardloop, hardloop, hardloop na MY
toe! En EK sal hulle verwelkom want EK het jou so lief O Israel! Hoeveel van
julle buig nou julle hoofde en bid self vandag op hierdie Shabbatdag? En tog is
julle so ver van MY af. Julle weier om MY te aanvaar. Maar dit sal verander –
want EK het 'n Bruid in Israel.
En wanneer hulle hierdie Woorde hoor, sal hulle hul MESSIAS herken en hulle gaan
die GESKENK aanvaar wat EK op GOLGOTA gegee het en hulle sal met MY BLOED
skoongemaak word.
En die Hebreeuse vertalers sal na vore kom en hulle sal help met die vertaling!
Hulle sal hierdie geskenk vrylik gee en vir Ezra help om hierdie Woorde in die
Hebreeuse taal te kry.
Dit is die Woorde wat EK vandag op hierdie Shabbatdag te sê het, na die lees –
nadat Ezra die Torah gedeelte gelees het. Maak seker dit sluit die Profesieë in
wat EK vir Profeet Eliyahu gegee het.
Einde van die Eerste Deel van die Woord.
Elisheva: Prys YAHUSHUA!
[ Applous ]
Ezra: Dank U HEMELSE VADER! Dank U HEMELSE VADER! Dank U YAHUSHUA! Dank U
IMMAYAH vir hierdie Woorde wat deur U Profeet Elisheva Eliyahu, my geliefde
voortgekom het. Dank U ABBA YAHUVEH vir hierdie gesproke Woord en van nou af sal
ons al die Profesieë vat [….] en ons sal dit lees en die Torah gedeelte en die
Profetiese Boodskap sal voortkom in YAHUSHUA se NAAM en amal sê......
Almal: AMEN!
Elisheva: En ek wil hê die wêreld moet weet hy dra 'n geskenk wat aan my gegee
is. En dit is my gebedsmantel. Hy het gewoonlik 'n pragtige witte maar terwille
van my, want ek kan nie by hom wees nie, omdat hy as 'n afgesant na al die
verskillende gemeentes regoor die wêreld gestuur word waarheen YAH ons sê om te
gaan – en hy gaan en ek gaan in gees saam met hom – maar hy dra my gebedsmantel
wat hy vir my sal stuur en dit is deurweek met die Salwing van selfs hierdie
nuwe Profesie.
Ezra: Amen...
Elisheva: ...in die NAAM van YAHUSHUA. Dank U ABBA YAH. Dit is al (wat ek hoor).
Ezra: Dank U.
Elisheva: So ek wil net sê Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U
IMMAYAH! Terwyl hierdie Profesie (63) wat in 2002 gegee is, gelees is 'O Israel
Waar is Jou Bloedoffer' en ek het nog nooit eens 'n stem by dit gevoeg nie en
toe ons/my geliefde seun dit (vroeër) gelees het, het ek net gevoel YAHUSHUA
huil en verkeer in barensnood.
En HY het selfs Woorde gespreek hoekom HY daardie trane van BLOED gestort het,
want die emosie was so groot. Maar ek Dank U vir die geliefde seuns en dogters
daar wat gebid het en my geliefde, my liefling, die liefde van my lewe, naas
ABBA YAH, YAHUSHUA en IMMAYAH – terwyl hy in daardie Heilige tale gebid het en
die Boodskap na vore kon kom, en dit is natuurlik die Apostel, Profeet Ezra van
Israel. En Amen.
Die gemeente aanbid en 'n uur later, het YAH voort gespreek....
Elisheva: Ezra?
Ezra: Ja.
Elisheva: Ek hoor 'n Woord na vore kom vir amal daar. Ek weet nie hoe nie – wil
nie inmeng met julle lofprysing nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Wil julle
hoor? Wil jy die Salwing aanwakker (met die gawe van tale]? Wat wil jy hê,
liefste? YAHUSHUA het 'n Woord vir elkeen van julle.
Ezra: Ek kan nie hoor nie---
Justin: —'n Woord vir elkeen.
Ezra: Daar is nou 'n Woord vir elkeen?
Elisheva: Ja, maar julle sal moet terugstaan want julle belemmer my paparazzi
foto's.
[ Gelag ] Ezra O my genade. Reg. Goed. Okay. Wel, laat ons hoor wat GOD te sê
het.
Almal: Amen.
Elisheva: Reg, begin julle te bid. Wag 'n minuut, laat ek eerste bid.
HEMELSE VADER – dit was so 'n pragtige lofprysing – GELIEFDE YAHUSHUA. ABBA
YAHUVEH, GELIEFDE YAHUSHUA en KOSBARE IMMAYAH, ons kom, ons kom bymekaar in U
TEENWOORDIGHEID. Ons kom voor U Troon met danksegging en lof want U het gesê dit
is die enigste manier dat ons gebede werklik gehoor word (Ps 95:2; 100:4; 1 Th.
5:17-18). En ons verhoog en ons aanbid en ons dank en ons prys U.
Psalm 95:2 Laat ons SY aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange HOM toejuig!
Psalm 100:4 Gaan SY poorte in met lof, SY voorhowe met lofgesang; loof HOM, prys
SY NAAM.
1 Thessalonicense 5:17-18 Bid sonder ophou. 18 Wees in alles dankbaar, want dit
is die wil van GOD in YAHUSHUA oor julle.
Selfs die engele prys U 24 uur 'n dag (sien Op. 4:8; Jes. 6:2-3) U sê selfs die
klippe sal uitroep as ons U nie loof nie. (Hab.2:11; Luk. 19:40 sien ook Jos.
24:27) en ons doen, want U is so waardig om geprys te word!
Habakuk 2:11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie
gee hom antwoord.
Lukas 19:40 En HY het geantwoord en vir hulle gesê: EK sê vir julle, as hulle
swyg sal die klippe onmiddelik uitroep.
Terwyl ons U aanbid het YAHUSHUA, het ek gehoor 'n Woord kom na vore en ek het
nie geweet hoe om dit te onderbreek nie, hoe ek instaat sal wees om dit te noem
nie, toe die Salwing so sterk op my kom. Daarom vra ek nou terwyl Ezra bid, vra
ek dat die Woord weer voortkom om U geliefde kinders daar te seën om geliefde
Ezra te seën. Ek vra dit tot U Eer ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en KOSBARE IMMAYAH!
So, liefling [Ezra] gaan jy voort en begin bid.
Ezra: Ja. [Bid in Heilige tale] [Gemeente sluit aan, bid in Heilige tale]
[Heilige tale] [Elisheva bid in Heilige tale]
Profesie 132 Deel 2 Begin:
O! MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, My geliefde Bruid! Ag hoe
- ag hoe verheug EK MY vandag in julle! Julle skuif julle planne opsy wat julle
kon gemaak het! In plaas daarvan kom julle en julle aanbid MY! Julle leer van
MY!
En EK vertel julle dit.
IMMAYAH is in daardie aanbidding en lofprysing (Ps. 22:3)! Want selfs terwyl
julle gedink het julle staan net daar of sit net daar, ja, EK sê julle: ALMAL
van julle was voor MY TROON! ALMAL van julle en selfs diegene wie dit sal hoor –
as hulle na die aanbidding en die lofprysing luister terwyl julle dit deel en
hulle harte is berouvol voor MY en hulle is skoongewas met MY GESTORTE BLOED!
Psalm 22:3 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.
Daar is nie een ding wat EK van julle sal weerhou nie (Ps. 84:11), nie een
versoek wat julle voor MY gelê het (Matt. 7:11) – soos dit in lyn is met die Wil
van die VADER – EK sal dit vir julle doen en selfs oorvloediger en ver meer as
wat julle kan dink om te droom of voor te vra (Ef. 3:20)!
Psalm 84: 11 Want YAHUVEH ELOHIM is 'n SKILD & PANTSER: YAHUVEH sal eer en
glorie gee: geen goeie ding sal HY weerhou van hulle wat opreg wandel nie.
Matt 7:11 As julle dan wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te
gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS, goeie dinge gee aan
die wat HOM vra?
Ef 3:20 En aan HOM wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink,
volgens die krag wat in ons werk.
Dit is wat gebeur wanneer julle met gehoorsame harte na MY toe kom met
aanbidding en lofprysing!
Julle het gesien wat EK gedoen het en hoe vinnig EK gedoen het met Elisheva &
Ezra! Daarom sê EK vir julle, EK is nie 'n aannemer van persone nie. (Deut.
10:17; Hand. 10:34; Rom. 2:11)! Bly getrou aan MY! Hou julle oë gefokus op MY!
Want EK begeer om julle te seën! En EK sal julle seën! En baie meer en
oorvloediger as wat julle kon droom of voor vra!
Deut. 10:17 Want YAHUVEH julle GOD is die GOD VAN ALLE GODE & HERE VAN AL DIE
HERE, 'N GROOT GOD, 'N MAGTIGE GOD, EN 'N GEDUGTE GOD wat die persoon nie
aansien en geen geskenk aanneem nie.
Hand. 10:34 En Petrus het sy mond oopgemaak en gesê: Ek sien waarlik dat GOD
geen aannemer van die persoon is nie.
Rom. 2:11 Want daar is geen aanneming van die persoon by GOD nie.
Weet julle jul aanbidding vandag toe julle jul stemme opgehef het na MY – het
julle nie net julle stemme opgehef nie – julle lig julle harte, julle het julle
siele gelig! En die Heilige engele en die wolk van getuies het saam met julle
aanbid!
So julle wie ore het om te hoor wie nie daar is nie, julle doen dieselfde. En EK
belowe julle dit. Julle sal Hier voor die Troon wees! Selfs al is julle liggame
op aarde, daar is een deel van julle gees en siel wat ook terselfdertyd voor die
Trone in die Hemel is! Voor julle ABBA YAHUVEH! Voor, MY, YAHUSHUA! En ja, selfs
voor IMMAYAH!
Dit is die seën wat EK vir julle het! Vat julle versoeke – en bring dit vir MY,
selfs nou terwyl EK praat. Gee dit in die geheim vir MY, maar onthou om te sê
“As dit in ABBA YAH se wil is.” Gee dit vir MY. Gee dit vir MY. En dit sluit AL
julle laste in (Ps. 55:22; 1 Pet. 5:6-7) Gee dit vir MY en wag en kyk wat EK sal
doen.
Psalm 55:22 Werp jou sorge op die HERE, en HY sal jou onderhou; HY sal nooit die
regverdige laat wankel nie.
1 Petrus 5:6-7 Verneder julle dan onder die kragtige Hand van GOD, sodat HY
julle kan verhoog op die regte tyd. 7 Werp al julle bekommernis op HOM, want HY
sorg vir julle.
Want hierdie eer van aanbidding – en julle harte van aanbidding en julle siele
wat aanbid – was 'n seën vir MY! Dit is hoekom EK die musiek gestop het en EK
wil net sê hoe baie lief EK julle het, hoe baie EK, YAHUSHUA begeer om by julle
te wees! En dit sal gou wees!
O Bruid van YAHUSHUA hoor MY! EK het verlang na julle! EK het na julle gesmag!
EK het oor julle getreur! EK het oor julle geween! Soos wat Elisheva vrygemaak
is, so is ook die Bruid van YAHUSHUA – as hulle dit maar net wil ontvang!
Kom weg van ongelyke verbintenisse (Deut.7:3-4)! Wat het 'n bok en 'n skaap in
gemeen (Deut. 22:10); Matt. 25:32-33)?
Deut. 7: 3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee
aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie. 4 want hy sal jou seun van
MY afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen
julle ontvlam en HY jou gou verdelg.
22:10 Jy mag nie met 'n os en 'n esel gelyk ploeë nie. [d.i. Moenie hulle
saamvoeg nie].
Matt. 25:32-33 32 en voor HOM sal al die nasies versamel word, en HY sal hulle
van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei. 33 en HY sal
die skape aan SY Regterhand en die bokke aan SY Linkerhand sit.
Sê MY Woord nie, “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie” (2 Kor.
6:14) MY geliefde kinders, soos julle MY geseën het, seën EK, YAHUSHUA julle
nou!
2 Kor 6:14 “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter
deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap
het die lig met die duisternis?”
Elisheva: [Tale] En geliefde Ezra, ek het 'n visioen van jou gehad van hoe jy
daar gestaan het met die Staf. My liefling, my dierbaarste – die liefde van my
lewe, naas ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH – Ek het jou gesien soos Moses wat
die Kinders van Israel lei. Ek het jou gesien.
Profesie gaan voort:
En soos almal van julle daar gestaan het, het julle gevolg. En EK sê vir julle
dit. Die Israel, [18] die Heilige wat sal opstaan – hulle wat weet dat sonde
vergewe is – hulle sal nie langer stilbly wanneer hulle hierdie Profesie hoor
wat vroeër uitgekom het nie.
{Elisheva: Want YAH sê,}
HY gaan hierdie [AmightyWind] Bediening gebruik en die twee Salwings met die
gees van Eliyahu & Moses saam gebruik om Israel tot belydenis te lei (sien Ezra
37)! Want dit is die enigste manier hoe Israel gered sal word (sien Sag. 7-14;
Jer. 30; Mi. 5:5-6; Rom. 11:1; 11-12; Openb. 7-19)!
En dit gaan 'n sterk leier vat,
, een wie sal weier om terwille van 'n politieke loopbaan te kompromitteer! Hy
sal meer vrees hê vir sy siel!
En net soos 'n Regter Roy Moore, ten spyte van die omstandighede, ten spyte van
die vervolgings en beskuldigings, sal die leier in Israel – YAHUVEH roep nou na
hom in die NAAM van YAHUSHUA – jy weet wat is reg of verkeerd! Wat is die prys
van jou siel (Matt. 16:26)? Want die Heiliges en die verlostes in Israel sal
opstaan! En hulle soek 'n leier wie nie sal kompromitteer nie!
Matt. 16: 26 Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy
siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
En “YAHUSHUA se demon stompers” soos julle opgekommandeer is om vir Donald Trump
te bid, sê EK, YAHUVEH nou ook vir julle, julle moet bid vir daardie leier in
Israel om na vore te kom! Om terug te keer na die standaard van Heiligheid!
Hulle praat daarvan in die Torah! Hulle ken die Torah Wette! Hulle sê die Tien
Gebooie op! [Elisheva] YAHUSHUA sê nou :.....EK wag vir hulle om dit te
gehoorsaam! En geen kompromieë meer nie! O Israel!
Elisheva: Ek hoor YAHUSHUA weer sê.
Profesie gaan voort:
EK het jou lief. En EK begeer weereens vir jou. Staan vir Heiligheid! En jy sal
eendag daardie “Heilige Stad” wees. “Want EK gaan vanaf Israel heers en regeer
(Ps. 2:6-12; Ps. 110:1-2; Jes. 9:6-7; Jer. 23:5; Ezra 43:7; Dan. 7:13-14; Sag.
6:12-13; 14:4; Luk. 1:32-33; Open. 19:15-16; sien ook Jer. 33:6-18 ens)!
Psalm 2:6-12
6 ÉK tog het MY KONING gesalf oor Sion, MY Heilige Berg. 7 EK wil vertel van die
besluit:
Die HERE het aan MY gesê: U is MY SEUN, vandag het EKSELF U gegenereer. 8 Eis
van MY en EK sal nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U
besitting. 9 U sal hullle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend
slaan soos 'n erdepot.
10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku o regters van die
aarde! 11 Dien die HERE met vrees en juig met bewing.
12 Kus die SEUN dat HY nie toornig word en julle op die weg vergaan nie, want
gou kan SY toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by HOM skuil.
Psalm 110:1-6
1 Die HERE het tot MY HERE [ADONI] gespreek: Sit aan MY Regterhand, totdat EK U
vyande maak 'n voetbank vir U Voete. 2 U magtige septer sal die HERE uitstrek
uit Sion en sê: Heers te midde van U vyande.
3 U volk sal baie gewillig wees op die dag van U krygsmag; in heilige
feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van U
jong manskappe.
4 Die HERE het gesweer, en dit sal HOM nie berou nie: U is Priester vir ewig
volgens die Orde van Melgisédek. 5 Die HERE aan U Regterhand verbrysel konings
op die dag van SY toorn.
6 HY sal 'n strafgerig hou onder die nasies: HY maak dit vol dooie liggame; HY
verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.
Jesaja 9:5-6 5 Want 'n KIND is vir ons gebore, 'n SEUN is aan ons gegee; en die
heerskappy is op SY Skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR, RAADSMAN, STERKE GOD,
EWIGE VADER, VREDEVORS – 6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede
sonder einde, op die Troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en
dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die
ywer van die HERE VAN DIE LEËRSKARE sal dit doen.
Jeremia 23:5 Kyk daar kom dae, spreek die HERE, dat EK vir Dawid 'n REGVERDIGE
SPRUIT sal verwek; en as KONING sal HY regeer en verstandig handel en reg en
geregtigheid doen in die land.
Esegiël 43:7 En hy het vir my gesê, mensekind, dit is die plek van MY Troon en
die plek van MY Voetsole waar EK vir ewig sal woon onder die kinders van Israel;
en die huis van Israel sal MY Heilige NAAM nie meer verontreinig nie, hulle en
hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings by hulle dood.
Daniël 7:13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die Hemel
het EEN gekom soos die SEUN VAN DIE MENS [d.i. Die MESSIAS wat soos 'n mens
voorgekom het], en HY het gekom tot by die OUE VAN DAE, en hulle het HOM nader
gebring voor HOM. 14 En aan HOM is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al
die volke en nasies en tale het HOM vereer; SY heerskappy is 'n ewige heerskappy
wat nie sal vergaan nie, en SY koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Sagaria 6:12 en sê vir hom, So spreek YAHUVEH van die LEËRSKARE, kyk die MAN wie
se NAAM die SPRUIT is, en HY sal uit sy plek uitspruit en HY sal die tempel van
YAHUVEH bou. 13 Ja, HY sal die Tempel [19] van YAHUVEH bou en HY sal majesteit
verkry en sit en heers op SY Troon, en die raad van vrede sal tussen hulle TWEE
bestaan.
Sagaria 14:4 En SY Voete sal op daardie Dag staan op die Olyfberg wat voor
Jerusalem lê aan die Oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van
oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na
die noorde en die ander na die suide..
Lukas 1:32 HY sal groot wees en die SEUN VAN DIE ALLERHOOGSTE genoem word; en
die HERE GOD sal aan HOM die Troon van SY vader Dawid gee. 33 En HY sal KONING
wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid en aan SY koninkryk sal daar geen
einde wees nie.
Openbaring 19:15 En uit SY Mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee
te slaan; en HY sal hulle met 'n ysterstaf regeer en HY trap die parskuip van
die wyn van die grimmigheid en van die toorn van GOD DIE ALMAGTIGE. 16 En HY dra
op SY Kleed en op SY heup die NAAM wat geskrywe is : DIE KONING VAN DIE KONINGS
& HERE VAN DIE HERE.
So dit is wat gebeur wanneer julle in aanbidding en lofprysing voor MY kom! Weer
vir die tweedemaal, het EK hierdie Profesie aan MY ‘Ringmaiden’, MY Elisheva
gegee. Want julle het die salwing aangewakker. Dit is alles te danke aan julle
aanbidding en julle liefde!
Einde van Woord.
Elisheva: [Ek kyk nou na die monitor {voetnota is verlore] en ek weet nie of
iemand die lig aangeskakel het nie en wat aangaan nie, maar ALMAL van julle – ek
sien daar is so 'n lig! Ek weet nie of dit in die geestesrealm is nie – ek weet
nie of ek (fisies) dit sien nie? Het iemand 'n lig of iets daar aangeskakel?
Ezra: Nee, nee, nee.
James: Ek sien dit ook.
Elisheva: Het iemand iets....'n lig aangeskakel?
Kim: Nee, nee Mom.
Elisheva: Ezra?
Ezra: Nee, niemand het nie.
Elisheva: Ek het nie klank nie. As jy met my praat, is daar geen klank nie. Het
iemand 'n lig daar aangeskakel?
Ander: Nee.
Elisheva: Wel, almal van julle – ek sien dalk....miskien sien ek in die
geestesrealm, maar julle het 'n lig in daardie vertrek wat nie voorheen daar was
nie! SHKINYAH HEERLIKHEID LIG is oor elkeen van julle in die NAAM van YAHUSHUA!
Ezra: HalleluYAH! HalleluYAH!
Elisheva: Reg liefling! Dit is al wat ek hoor.!
Ezra: Dank U! Dank U! Dank U HEMELSE VADER! Dank U YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH vir
hierdie wonderlike Woord wat U [gespreek] het – wat deur my geliefde Elisheva
gekom het. Ons dank U. Ons is so dankbaar en vir U ABBA YAHUVEH! Ons wil U altyd
aanbid vir die res van ons lewe. En almal sê...
Almal: Amen!
Ezra: Gaan voort met die aanbidding.
Kim: HalleluYAH...
* * * * * * *
1 Hierdie titel van Profesie 63, O Israel, Waar Is Jou Bloedoffer? en “MY BLOED
deurdrenk die grond in Israel. Net een druppel was nodig om die sondes weg te
was” is uittreksels in Profesie 120, Moenie Opgee Nie! Moenie Tou Opgooi Nie!...
Profesie aan Hebreeuse Vertaler, Messiaanse Vertaler, Messiaanse Jode & Alle
Gelowiges.
2 YAHUSHUA se Toorn is uitgespreek in Ezra se Heilige tale. Alhoewel dit nog nie
gebeur het met die vrystelling van hierdie Profesie nie, sal die Woede van die
LAM in volheid uitgegiet word kort na die 6de Seël van Openbaring losgelaat
word.
{Op. 6:12-17 12 En ek het gesien hoe HY die 6de seël oopgemaak het, en kyk, daar
was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die
maan het geword soos bloed; 13 en die sterre van die Hemel het op die aarde
geval, soos ' n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word; sy navye laat afval;
14 en die Hemel het weggewyk soos 'n boek wat toegerol word, en al die berge en
eilande is uit hulle plekke versit; 15 en die konings van die aarde en die
grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe
en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die
berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons VIR DIE
AANGESIG VAN HOM WAT OP DIE TROON SIT, en vir die toorn van die LAM. 17 want die
Groot Dag van SY Toorn het gekom, en wie kan bestaan?
3 Jesaja 52:13-53:12 (Ou Afrikaanse Vertaling)
52:13 Kyk MY Kneg sal voorspoedig wees, HY sal hoog en verhewe, ja, baie hoog
word.
14 Soos baie hulle oor U verstom het; so misvormd was SY voorkoms, geen meer
nie, en SY gestalte was nie soos die van 'n menskind nie:
15 so sal HY baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor HOM toehou;
want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het
nie, word hulle gewaar.
53:1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die ARM VAN DIE HERE
geopenbaar?
2 HY tog het soos 'n loot voor SY aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë
grond. HY het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons HOM sou aansien nie,
en geen voorkoms, dat ons HOM sou begeer nie.
3 HY was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met
krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; HY was verag en ons
het HOM nie geag nie.
4 Nogtans het HY ons krankhede op HOM geneem, en ons smarte – die het HY gedra;
maar ons het HOM gehou vir een wat geplaag, deur GOD geslaan en verdruk was.
5 Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons
ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op
HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die
HERE het die ongeregtighede van ons almal op HOM laat neerkom.
7 HY is mishandel, hoewel HY onderworpe was, en HY het SY Mond nie oopgemaak
nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is
voor sy skeerders – ja, HY het Sy Mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is HY weggeneem; en onder SY tydgenote –
wie het daaroor gedink dat HY afgesny is uit die land van die lewendes? Ter
wille van die oortreding van my volk was die plaag op HOM.
9 En hulle het HOM SY graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was HY in SY
dood, omdat HY geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in SY Mond gewees het
nie.
10 Maar dit het die HERE behaag om HOM te verbrysel; HY het HOM krank gemaak; as
SY siel 'n skuldoffer aangebied het, sal HY 'n nakroos sien; HY sal die dae
verleng, en die welbehae van die HERE sal deur SY Hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van SY Siel sal HY dit sien en versadig word; deur
SY Kennis sal my KNEG, die REGVERDIGE, baie regverdig maak; en HY sal hulle
skuld dra.
12 Daarom sal EK HOM 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal HY buit
verdeel; omdat HY SY Siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders
getel was terwyl HY tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid
het.
4 Medies gesproke is dit bekend as hematidrosis, 'n seldsame toestand veroorsaak
deur ernstige angs (Matt. 26:38; Markus 14:34) waarin 'n mens bloed sweet.
(Lukas 22:44) en in uiterste gevalle trane van bloed mag hê.
5 Gen 16:7, 13; 18:1-2; 19:24; 22:11-12, 15-18; 31:11-13; 32:24, 29-30; 49:10;
Eks 3:2-4; 23:20-21; Eks 24:9-12; Num 24:14, 17-19.
6 Die taak van Profeet het nog nie opgehou nie. Maleagi was nie die laaste
Profeet nie, inteendeel deur hom, het YAHUVEH belowe om meer Profete &
Boodskappers te stuur (Mal. 3:1; 4:4-6).
7 3 Maart 2015
8 Matt. 21:9 en die menigtes wat vooruitgegaan het, en die wat gevolg het, het
geskree en gesê: Hosanna (Hoshiana) aan die SEUN VAN DAWID; Geseënd is HY wat
kom in die NAAM van YAHUVEH: Hosanna in die hoogste.
9 YESHUATI VAN YAHUVEH – is YAHUSHUA: YAH SE VERLOSSING, YAH SE
VERLOSSINGSUITROEP
10 Matt. 4:1-11 (sien ook Mk 1:12-13; Lk 4:1-13)
1 Toe is YAHUSHUA deur die GEES weggelei die woestyn in om versoek te word deur
die duiwel. 2 En nadat HY 40 dae en 40 nagte gevas het, het HY naderhand honger
geword. 3 En die versoeker het na HOM gekom en gesê: As U die SEUN VAN GOD is,
sê dat hierdie klippe brode word.
4 Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen
lewe nie, maar van elke Woord wat deur die Mond van GOD uitgaan.
5 Toe neem die duiwel HOM saam na die Heilige Stad en laat HOM op die dak van
die Tempel staan 6 en sê vir HOM:
As U die SEUN VAN GOD is, werp USELF af; want daar is geskrywe: HY sal SY engele
bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U
Voet teen 'n klip stamp nie. 7 YAHUSHUA sê vir hom: Daar is òòk geskrywe: Jy mag
die HERE jou GOD nie versoek nie.
8 Weer neem die duiwel HOM saam na 'n hoë berg en wys HOM al die koninkryke van
die wêreld en hulle heerlikheid. 9 En sê vir HOM: Al hierdie dinge sal ek U gee
as U neerval en my aanbid.
10 Toe sê YAHUSHUA vir hom: Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: Die HERE jou
GOD moet jy aanbid en HOM alleen dien.
11 Daarna het die duiwel HOM laat staan, en daar het engele gekom en HOM gedien.
11 Daniël 7:7-8, 24-25; 9:27
7 Daarna het ek in die nag gesigte gesien en kyk daar was 'n vierde dier,
vreeslik en skrikwekkend en baie sterk en dit het groot ystertande gehad; dit
het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was
verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings
gehad. 8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen
hulle op en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in
hierdie horing was oë soos mens-oë en 'n mond wat groot dinge spreek.
7: 24 En die tien horings – uit daardie konkryk sal tien konings opstaan, en 'n
ander een sal na hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en
drie konings neerwerp. 25 En hy sal woorde spreek teen die ALLERHOOGSTE en die
heiliges van die ALLERHOOGSTE mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te
verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die
helfte van 'n tyd.
9:27 En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit en gedurende die
helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel
van gruwels sal daar 'n verwoester wees en wel tot aan die einde; en wat vas
besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.
12 RUACH HA KODESH dit is “HEILIGE GEES” in Hebreeus, is grammaties vroulik. HA
SHKHINAH, bedoelende DIE GODDELIKE TEENWOORDIGHEID is verpersoonlik in Judaism
as die SABBAT BRUID & GOD SE KONINGIN, 'n HEMELSE MOEDER-YAH, 'IMMA-YAH' – en
onder WIE se Beskerming/Vlerke daar skuiling is, (sien “Kanfei al RUACH” [Ps
18:10] letterlik “Vlerke van die GEES/WIND” - die GEES VAN YAH, IMMAYAH het
vlerke). Vergelyk ook met Psalm 91 en baie ander Skrifgedeeltes (Eks. 19:4;
Deut. 32:11-12; Ps. 17:8; Ps. 36:7; Ps. 57:1; Jes. 31:5) waar YAH beskryf word
as soos 'n arend.
13 Kuiken of arend? GOD behoort nie met 'n kuiken vergelyk te word nie. YAH maak
'n sarkastiese vergelyking na 'n paar dikwels misverstane Skrifgedeeltes (Matt.
23:37; Lukas 13:34) – waar misvertalings, dit lyk asof GOD vergelyk word met 'n
kuiken wat vir haar klein kuikentjies sorg, “soos 'n hen haar kuikens onder haar
vlerke bymekaarmaak” (Lukas 13:34) maar vergelyk dit met Grieks Matt. 23:37 &
Lukas 13:34 waar????? (ornis) voël beteken (soos in opvaar in die lug – “Strong”
G3733) en ??ss??/ss??? (nossia/nossian), jong broeisel of voëltjies.
'n Meer gepaste vertaling mag nader wees aan: “soos 'n wyfie voël haar kuikens
onder haar vlerke bymekaarmaak”. (Hen,” soos hier vertaal beteken in Afrikaans
enige vroulike voël van enige spesie en so ook “kuiken”, enige nuutgebore voël,
maar “kuiken/s” is almal 'n beïnvloedbare vertaling aangesien die Griekse term
nie eksklusief huishoudelike voëls of kuikens aandui nie.
'n Moeder arend? Alhoewel ???? mag verwys na enige tipe voël, insluitende
kuikens, die variasie mag na 'n arend en klein arendjies verwys – van ??? (oros)
berg en 'n ??? (airo) om te lig/ op te lig, verwys na 'n oorspronklike Griekse
begrip van voël wat beide vlieg, en miskien in 'n hoë berg woon. Dit is soos in
Psalm 91: 1,4 Hy wat in die skuilplek van die ALLERHOOGSTE [ELYON] sit, sal
vannag in die Skadu van die ALMAGTIGE (SHADDAI)..[...] HY sal jou bedek onder SY
Vlerke en onder SY Vleuels sal jy skuil” waar die ALLERHOOGSTE GOD vergelyk word
met 'n arend wat op 'n hoë berg woon, waar sy kleintjies, in die skuilplek van
'n hoë nes ook onder hul moeder en vader wegkruip.
Sien ook dat SHADDAI (Ps. 91), verwant aan woorde soos bors, berg en vrugbare
velde (Gen. 28:3; 35:11; 49:25) vroulike NAME VAN GOD is wat die HEILIGE GEES
aandui. As die VROULIKE EWEBEELD van YAHUVEH (sien voetnota 12), SY is meer soos
'n moeder-arend, as 'n kuiken.
Laastens, “kuiken” soos in Engelse idiome gebruik, verwys dikwels na 'lafaard'.
Daarom gebruik YAH dit as 'n woordspeling om te sê dat die RUACH HA KODESH,
SHADDAI is nie net 'n GOD van seëninge nie, maar ook ALMAGTIG in toorn en
vernietiging (Jes. 13:6; Joël 1:15)! 'n Moeder-arend kan beide teer teenoor haar
kleintjies wees, tog verwoestend vir haar vyande, hulle wie haar baba-arendjies
wil seermaak;
14 Op audio, is dit uitgespreek as “em” wat 'n groter begrip van dringendheid
aandui.
15 YAH het eerstens hierdie droom gegee en Elisheva se hart in Augustus 2015
verander: en die jaar daarna Profesie 131, en die hele AmightyWind byeenkoms
opgeroep om vir Trump te bid, was op 29 Junie ontvang en vrygestel op 9 Julie en
Mike Pence was offisieël dae later, op 15 Julie 2016 aangekondig,
16 Jer. 36:26 Toe gee die koning bevel aan Jeragmeel, seun van die koning, en
Seraja die seun van Asriel, en Selemija, die seun van Abdeel, om skrywer Barug
en die profeet Jeremia te vang: Maar die HERE het hulle verberg. Ps. 27:5 Want
HY steek my weg in SY hut in die dag van onheil: HY verberg MY in die skuilplek
van SY tent; HY verhef my op 'n rots. 31:21 U verberg hulle in die skuilplek van
U aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die
twis van die tonge.
17 Luk. 4:29-30 en hulle het opgestaan en HOM uit die stad uitgedryf en HOM
gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om HOM van die
krans af te gooi. 30 Maar HY het tussen hulle deurgeloop en weggegaan. Joh 7:30
Toe probeer hulle om HOM gevange te neem; en niemand het die hand aan HOM
geslaan nie, omdat SY uur nog nie gekom het nie. Joh. 8:59 Hulle het toe klippe
opgetel om HOM te stenig; maar YAHUSHUA het stilletjies uit die tempel gegaan en
tussen hulle deurgeloop; en so het HY vertrek. Joh 10:39 […] Toe het hulle weer
probeer om HOM gevange te neem, en HY het uit hulle hand ontkom.
18 Dit praat van die oorblyfsel van Israel, “Die hele Israel sal gered word”
(Rom. 11:26); die toekomstige Israel, Sag. 13:8-9; Jes. 10:20-25; Jes. 27:31-32.
19 YAHUSHUA was op aarde as MASHIACH BEN YOSEF, MESSIAS SEUN VAN JOSEF gebore,
en het gely om versoening vir ons te doen. Voordat YAHUSHUA op die wolke
terugkeer vanuit die Hemel as MESSIAS BEN DAWID, MESSIAS VAN DAWID, as
OORWINNAAR KONING, sal die antichris eers die heilige aanbidding in 'n Derde
Tempel na-aap en dit besoedel (sien Daniel 9:27 in voetnota 11). Die antichris
sal homself as GOD verklaar en die Tempel gebruik om te mislei: […] die een wie
homself ophef en homself verhoog as AL KOL EL (bo elke GOD, [Dan. 11:36]), bo
alles waaraan die benaming “GOD” gegee is, of onderwerp van aanbidding, met die
gevolg dat hy in die Beis Hamikdash Heikhal [tempel] sal sit, op die MOSHAV
ELOHIM (troon van GOD, [Eseg. 28:2]) en homself as Elohim verklaar” (2 Thess.
2:4). Die ware Tempel van Esegiël se visioen (Hoofstuk 40-47) vind vervulling in
YAHUSHUA ALLEEN wanneer HY KONING is.
* * * * * * *