Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
2 Julie, 2021
Ek het net vandag gesê, "YAHUVEH wat gaan aan, ek voel nie meer U
teenwoordigheid soos wat ek gewoond is nie?" Ek het enige sondes bely wat ek
onwetend gedoen het, maar die teenwoordheid is nie dieselfde nie. YAHUVEH praat
nie so baie nie en ek raak baie bekommerd. Dit is nie wat ons doen nie, want ons
weet YAHUSHUA het ons nogsteeds lief en sal ons altyd liefhê, ons doen ons bes
om HOM te behaag en te gehoorsaam. Ons weet ons moet deur geloof die Woord van
YAHUVEH glo. HY het ons nie verlaat nie.
Ons wandel nie volgens ons gevoelens nie, gevoelens bedrieg ons, ons moet deur
ons geloof wandel. Want die regverdige sal deur geloof alleen lewe, nie deur
gevoelens nie. Dit was goed toe ons toegelaat was om SY teenwoordigheid te voel,
maar iets is besig om in die geestelike realm te verander en alhoewel YAHUSHUA
nogsteeds aan ons sy is, is dit asof HY in die boot slaap, en ons word aangeval
deur die storms van die lewe, en ons is die dissipels wat sê, "YAHUSHUA, word
wakker anders gaan ons vergaan." Dan word YAHUSHUA wakker en sê, "O julle
kleingelowiges" en bestraf die storm. Ek wag steeds vir HOM om die hewige storms
te bestraf waarin ek, so voel dit, so lank is. Ons weet daar is 'n vasgestelde
tyd vir ons verlossing. Terwyl ek nou hier tik ontvang ek die salwing. Ek het
opgehou en in die Gees gebid en sal dit vir 'n geruime tyd doen, nadat ek
outoriteit geneem het oor satan. As YAHUVEH regtig weer deur my wil spreek, sal
HY. Ek sprei my hande na U toe YAHUSHUA en my verstand, my geestelike ore en
geestelike oë.
Praat asseblief nou met my sodat ek 'n woord van bemoediging aan my jonger broer
kan gee. In U NAAM YAHUSHUA vra ek deur die krag van die RUACH ha KODESH, deur
die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. Is daar 'n woord wat U wil hê ek
met U mense moet spreek? Indien wel, salf my hande nou, RUACH ha KODESH soos wat
U deur hierdie ongewone salwing in die laaste 3 profetiese boodskappe gespreek
het. Want U gee om vir die mense op die internet wat geen ander manier het om U
boodskappe duidelik te hoor nie, sodat hulle kan verstaan en sodat verwarring
hulle nie in sataniese beheer kan vasvat nie. Die salwing kom nou op my hande en
die stem van YAHUSHUA praat weereens met my. PRYS YAHUSHUA!
* * * * * * * *
Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle dat EK nie langer MY Vader se woede
kan terughou nie. EK het probeer. EK het om genade gesmeek vir hulle wat
bewustelik alles wat Heilig is besoedel; hulle wat die betekenis van die woord
sonde ontken. Hulle op die kansels wat swak verskonings bied vir sonde; kan
selfs die beste verskoning die duisternis van sonde bedek? Maar terwyl EK by
hulle pleit om te bely, om weg te draai van sonde, spot hulle MY en sê YAHUVEH
gee nie om nie, HY verstaan. Hulle vertel vir MY Profete en Apostels om stil te
bly en hulle uit te los, om hulle woorde vir hulself te hou. Hulle laat hulle
nie toe om in die kerke te praat nie, maar laat demoniese okkultiese geeste toe
om die kerke binne te gaan sodat selfs 'n profeet nie veilig is terwyl hy bid
nie. Hierdie bose geeste lê in afwagting, wetende dat die profete kom om MY
waarskuwings uit te stuur, en hulle word geblokkeer en ja, sommige selfs beseer.
Hoe groter die waarskuwing, hoe meer teenkanting van die vyand.
Satan probeer hard om MY Profete en Apostels en hulle wie aangesê is om die
mense te waarsku, stil te maak. Waarsku hulle van 'n GOD in Nahum 1, wat sê HY
praat in die storms en aardskuddings. Waarsku hulle dat YAHUVEH 'n jaloerse GOD
is en HY sal geen ander God voor HOM toelaat nie. Waarsku hulle dat YAHUVEH se
woede nie maklik kalmeer kan word nie. WAARSKU HULLE! Nogtans stuur EK, YAHUSHUA
MY Boodskappers uit om hulle te waarsku en soos in die Bybel word hulle geslaan
en sommige selfs doodgemaak. EK het oor die sataniese vestings in die kerke
gepraat; niemand luister nie.
So min het selfs probeer om hulle te ontbloot. EK het hulle gewaarsku dat satan
in die kerke se midde is en hy is besig om te veg vir valse leerstellinge,
geeste van opstandigheid, 'n gees om die kerk te vul dat sonde nie sonde is nie.
Maar EK is 'n HEILIGE GOD en EK beveel julle om Heilig te wees soos wat EK
HEILIG is. EK het MY eie Gees in julle geplaas sodat julle die verskil tussen
reg en verkeerd sal ken. Sonde is swart en nie grys nie, Heiligheid is wit en
dit is geen ander kleur nie. Sommige sal satan nou toelaat om dit te vat en 'n
rassistiese konnektasie uit dit te maak. Stop dit nou, julle weet wat EK bedoel.
Slegs rooi sal hierdie sonde van julle verstande afwas, en dit is die Bloed van
YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. EK waarsku nou, die rede hoekom MY
teenwoordigheid nie gevoel word soos voorheen nie, is omdat EK treur. EK huil
vir wat EK binnekort moet doen.
Het hulle na hierdie Profeet geluister wie EK nou gebruik, toe EK vooruit
waarsku het dat China MY woede sal smaak deur aardbewings, die grootste een het
nog nie voorgekom nie, maar dit kom. Hulle het so baie van MY Kinders vermoor en
gemartel en MY Kinders opgesluit, MY Boodskappers. Die regering sal hewig boet
vir dit en die land sal uitmekaar geskeur word deur aardbewings omdat hulle
probeer om MY Volk te verdeel en hulle weg te draai van MY af uit vrees om die
GOD wat hulle eenmaal gedien het, openlik te aanbid en nou vrees om openlik te
dien. Soos wat hulle MY Volk verdeel het so sal EK hulle land verdeel.
EK beskerm die wat MYNE is en EK weet wie MYNE is. EK het soos in die ou dae die
tronkdeure geskud sodat die gevangenes wie die evangelie verkondig het, dit was
hulle enige oortreding, vry kon kom. EK kom op 'n kragdadige manier en EK het
dit alreeds hierdie jaar gedemonstreer, alhoewel julle plaaslike nuusstasies
weier om die verwoesting en woede te erken. EK sal begin om op maniere te
demonstreer wat hulle nie langer instaat sal wees om te ignoreer nie. Hulle
blameer moedernatuur daarvoor. Daar is maar net een Skepper en EK is die Vader
van alle skepping. EK IS wie EK IS! Daar is geen ander nie. EK deel MY Glorie
met niemand anders nie, veral nie 'n moedernatuur nie. EK het die waarskuwings
vooruit op televisieprogramme gestuur, ja, die rots het uitgeroep, maar luister
hulle, so min, o so min. Moenie dink EK juig oor wat EK moet doen nie want EK
doen nie, maar EK moet, want die kinders dink nou hulle regeer die ouers.
'n Reeks vulkane gaan op dieselfde tyd opskiet, dit sal MY rooi warm lawa wees
wat uitspoeg, wat MY woede simboliseer. Hoe min probeer nog om Heilig te wees.
Hulle dink EK knip MY oë teen sonde. As hulle maar net wil bely. As hulle maar
net wil besef EK is 'n GOD wat nie verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag
en vir ewig. Julle moet verander, nie die groot 'EK IS' nie, 'EK IS' wie 'EK IS'
en EK maak verskoning teenoor niemand nie. Die groot YAHUVEH is woedend en selfs
MY Seun, die een wie EK vir julle as 'n Verlosser gegee het, kan nie MY woede
veel langer kalmeer nie. EK is op die punt om sommige van MY woede uit te laat,
pasop, almal wie MY en die Woord van YAHUSHUA bespot het en diegene wie die
salwing as MY Boodskappers het, stilgemaak, mishandel het, gemartel en opgesluit
het in menslike tronke. EK IS woedend! EK het Sodom en Gomorra gewaarsku en EK
waarsku julle nog 'n maal. Die wêreld is 'n hedendaagse Babilon, hierdie wêreld.
EK is 'n Skepper wie Heiligheid vereis; EK het in elke mens 'n plek geplaas wat
hunker na Heiligheid en 'n verhouding met hulle Skepper.
EK sal nie net die vulkane stuur wat in 'n kettingreaksie sal uitbars nie, maar
EK sal die aarde skud soos 'n ouer 'n ongehoorsame kind skud. EK gaan nie net
een deel van die aarde op 'n slag skud nie, maar baie dele van die aarde op 'n
slag. EK gaan MY voete uitstuur wat die grond in woede sal stamp. Want MY woede
is groot teen die opstandiges wie hulle vuis in MY gesig geskud en gesê het
hulle weier om 'n boek en reëls te gehoorsaam wat so baie duisende jare gelede
geskryf is. Vir hulle wie MY NAAM as 'n vloekwoord gebruik. Vir hulle wie MY
Seun se Bloed bespot wat vir hulle op Golgota gestort was. EK gaan die orkane
uitstuur om die trane te demonstreer wat EK oor MY onberouvolle kinders gestort
het en oor hulle wie EK geskape het wat MY Kinders moes wees maar geweier het om
MY as Vader te erken.
Hulle wie na onheiligheid gedraai het en nie eers probeer het om MY te behaag of
MY te soek nie. Oorstromings sal kom en sal baie dele van die aarde op 'n slag
bedek. Dit sal MY trane simboliseer, want so baie het Hel bo Hemel verkies.
Hulle wat satan bo YAHUSHUA verkies. Ek sal die tornadoes uitstuur en dit sal MY
vuis wees wat die vlieënde wind uitstuur. EK sal dit nie op een plek demonstreer
nie, wanneer julle sien menigte vergader saam sal julle weet EK praat en EK is
woedend en MY woede word nie maklik gekalmeer nie.
Daar was nog altyd aardskuddings, vloede, tornadoes, orkane hier en daar, maar
wanneer julle dit sien soos 'n kettingreaksie, baie op 'n slag, dan sal julle
weet dit is die tyd waarvan EK gewaarsku het. BELY NOU, voordat dit te laat is.
EK het MY woede te lank teruggehou. Terwille van MY Seun en SY gebede vir julle
mense. EK het MY toorn teruggehou. Maar satan bespot MY en tart MY omdat EK
julle nie straf nie. Hy gebruik MY eie skepping om MY te spot en te tart. Die
monde wat EK geskape het. Die monde wat EK eens op 'n tyd gesalf het. Ja, selfs
in MY eie kerke word EK gespot omdat die Heilige Woord verdraai word om die mens
se beeld te pas. Nie in 'n Heilige GOD se beeld nie. Hulle verkondig dat
homoseksualiteit van MY af kom, dit is nie sonde nie, dit is YAHUVEH se skuld,
dit is 'n geboortefout.
Die leuen en misleidende geeste kom uit hulle wat 'n vorm van goddelikheid het,
maar geen goddelikheid binne-in hulle nie. EK sal persoonlik met hierdie bose
herders afreken op maniere wat die mense sal wys dat EK nie 'n GOD is wat gespot
kan word nie. EK is nie 'n GOD wat maklik kwaad word nie. EK sal skerp optree en
julle sal sien hoe hulle op die kansel dood neer sal slaan, hulle wat hierdie
dinge en aborsie aanmoedig. EK het elkeen van julle geken nog voordat julle in
julle moeder se skoot was. EK het julle lewens geskape, gevorm en beplan soos
wat EK dit wou gehad het. Dit was julle keuse of julle sou word wat EK beplan
het. Moenie MY blameer nie, want EK wou net die beste vir julle gehad het. Selfs
dié van julle wat swaargekry het en 'n lewe gely het wat gelyk het asof dit nie
geseënd was nie, sal en het EK vir MY Glorie gebruik, julle het te midde van
julle swaarkry, MY geëer sodat ander kan sien dat julle MY steeds prys, dien en
aanbid. MY salwing vloei voort in julle lewens, selfs groter as hulle wie lewens
gely het met min probleme. Julle lewens was nie so geseënd soos ander s'n nie,
maar dit was nie omdat EK julle nie so liefhet soos die ander nie, dit is omdat
julle net soos YAHUSHUA op hierdie aarde geplaas was om te ly terwille van ander
en julle belonings sal groot wees in die Hemel as julle getrou bly tot die
einde.
Sommige van MY Kinders het verbitterd geraak as hulle die heidene sien, hulle
wat nooit 'n knie buig of 'n dankgebed tot MY rig nie, en MY Kinders sê: watter
tipe GOD is dit? EK sê vir julle, julle hoef nie die rykes of die goddeloses te
beny wie geen kennis van MY het nie. Dit lyk asof hulle elke seën in die lewe
geniet, maar dit is al wat hulle ooit sal hê en dan sal dit ewige vervloeking en
ewige Hel en marteling wees. Hulle het die ewigheid in die Hemel prysgegee vir
kort jare op aarde waar hulle deelgeneem het aan elke vorm van sonde, veral die
sonde om te dink hulle het nie 'n Verlosser nodig nie.
Julle aan die anderkant, sal die Hemel aanskou as julle getrou bly en julle sal
vir 'n kort tydjie op aarde lyding, haat en mishandeling ken, maar moenie
verbitterd raak nie, moenie wegdraai van MY af nie. Instede daarvan, draai na MY
toe. Kyk watter liefdevolle Vader EK is. EK het julle vooraf gewaarsku sodat
wanneer hierdie dinge oor die aarde kom, julle alreeds vooraf gewaarsku was,
sodat julle kan bely en ander waarsku voordat MY woede uitbars. EK stuur MY
Profete om te waarsku voordat EK die verdoeming stuur. Maar julle wie MY getrou
liefhet, MY dien en julleself in die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was sodat
julle Heilig kan bly voor MY aangesig, julle het niks om te vrees gedurende
hierdie tyd nie, julle sal nie onverhoeds betrap word nie.
EK sal almal beskerm wat MYNE is en EK ken almal wat MYNE is. EK ken elkeen van
julle se harte en EK het julle siele in MY hande want julle het julle lewens en
siele vir MY gegee toe julle YAHUSHUA as julle Heer en Verlosser aangeneem het.
Julle het julle liggame as lewende offers vir MY Glorie aangebied. EK is nie
kwaad vir julle nie. EK het julle lief en EK sal julle koester en beskerm. Ja,
selfs wanneer julle die wêreld sal sien skud weens MY woede, roep uit na MY. EK
sal daar wees om julle te troos.
Die rede hoekom so baie van julle nie nou MY teenwoordigheid aanvoel nie, het
niks met julle te doen nie. Ja, selfs die een wie EK gebruik om hierdie woorde
te spreek en nie weet watter woord sy volgende gaan tik nie, vind dit moeilik om
MY teenwoordigheid aan te voel sedert EK haar laas gebruik het om die mense te
waarsku. EK het aan haar hierdie ongewone salwing gegee om MY mense se aandag te
kry, met wie sy op geen ander manier kan spreek nie, want EK het julle dwarsoor
die wêreld versprei. MY Profete en Boodskappers sal hoor en het geestelike ore
en o? en 'n dapper stem om die mense te waarsku wie nie luister nie.
EK sê weer vir julle, MY Profete en Kinders, moenie moed verloor en dink EK het
julle verlaat as julle MY nie meer langs julle kan voel nie. EK het nêrens
heengegaan nie, EK is nogsteeds hier; EK is slegs stil want dit is die stilte
voor die storm. EK word stil voordat EK MY humeur verloor want EK probeer die
woede terughou, maar sedert die vloed van Noag het dit gegroei en EK is weereens
bedroef as EK sien wat EK alles gedoen het, selfs MY eniggebore Seun as 'n offer
gegee het. Abraham het 'n ander offer gehad; EK het MY Seun gegee as julle
Verlosser. Hoe min sal HOM aanvaar. EK IS WOEDEND! EK het SY liggaam gegee sodat
julle genees kon word. Hoe min sal glo dat daar genesing is in die wonde aan SY
Liggaam. EK het Sy Bloed gegee sodat julle vergewe kan wees. Hoe min sal daardie
geskenk op Golgota aanvaar. EK het SY lewe gegee, sodat julle gered kan word.
Ag, dit is hoekom julle MY teenwoordigheid mis. Was julle nog nooit so kwaad vir
julle kinders dat julle geen begeerte het om te praat nie, uit vrees vir julle
eie woede? Was julle nog nooit so hartseer dat julle net stil wou wees nie of
was julle nog nooit so kwaad dat julle net wou stil wees en dit nie waag om
julle woede uit te stort nie uit vrees vir wat kan gebeur nie. EK IS DAAR!
EK is nie kwaad vir hulle wie MY teenwoordigheid mis nie. EK is kwaad vir hulle
wat nie eers opmerk dat EK stil is nie, en MY teenwoordigheid nie eers mis nie.
Vir dié van julle wat voel dat MY teenwoordigheid weg is, en treur oor dit, en
wie bely en wonder wat julle verkeerd gedoen het, EK praat nou voort uit MY
Diensmaagd en sê vir julle, julle het alles gedoen wat reg is, dit is hoekom
julle MY stilswye opmerk en nie MY teenwoordigheid aanvoel nie. EK praat nie met
hulle wie sondig en MY nooit geken het nie of MY gemis het nie. Julle weet met
wie EK praat. Net MY Kinders sal verstaan. Maar julle wie MY Kinders was maar
louwarm geraak het, kom nou terug, EK smeek julle. Mis MY en verlang om weer MY
stem te hoor. EK het nooit weggegaan nie, julle het.
Bely omdat julle dwaasheid verkondig. Bely omdat julle verkondig dat sonde nie
onheilig is nie en daar nie so iets soos sonde is nie, want 'n liefdevolle
YAHUVEH sal julle vergewe, maak nie saak wat julle doen nie. Dit is nie nodig om
te bely of weg te draai van sonde nie. Kan julle nie sien dit is 'n leuen van
satan nie. Die duiwel sê julle het nie 'n Verlosser, MY gawe, MY geliefde Seun
YAHUSHUA nodig nie. Kan julle nie sien hoe EK ween wanneer EK dink aan die prys
wat MY Geliefde vir julle betaal het nie? As julle sê daar is nie so iets soos
sonde nie en dat alles aanvaarbaar is vir MY want EK is 'n GOD wat nie meer
omgee by wie of wat julle slaap nie.
Watter onskuldige bloed word gestort? Selfs die ongeborenes, dit is nie sonde om
hulle te vermoor nie solank julle hulle nie kan sien nie. Selfs al sien julle
hulle, solank hulle onskuldige babas vermoor om die lewens van ander te red, ag
wel, hulle is nuttig vir iets. Dit is moord en dit is sonde. Predikers, julle
sal aan MY persoonlik rekenskap gee vir wat julle gesê het, julle is in MY
diens, maar julle het teen MY gewerk. Homoseksualiteit is SONDE! Aborsie is
SONDE! Moord is SONDE! Opstandigheid is SONDE! Heksery is SONDE! Julle weet wat
SONDE is! Lees die 10 Gebooie. Predikers, Apostels, Profete, Onderwysers,
Evangeliste, keer terug om te preek dat sonde is sonde. Slegs 'n berouvolle
sondaar sal vergewe word.
Nie meer 'almal sluit julle oë, ons wil niemand verleë maak nie' sodat hulle hul
hande kan opsteek en YAHUSHUA ha MASHIACH as hulle Verlosser kan aanneem nie.
Het julle 'n idee hoe kwaad dit MY maak? Sedert wanneer is dit 'n bron van
verleentheid om na YAHUSHUA toe te kom vir die vergifnis van julle sonde. Daar
kan geen verlossing wees sonder belydenis van julle sonde voor ander nie.
Belydenis is gemaak vir verlossing. EK sê vir julle as julle MY nie voor die
mense bely nie, sal YAHUSHUA julle nie voor MY, die Vader bely nie. MY eie
kinders, MY eie Evangeliste, Profete, Pastore, Onderwysers en Apostels het dit
gedoen.
O die pyn. Die hartseer wat EK hieroor verduur het. Hoe lank dink julle sal
hierdie mense, wie te skaam is om op te staan en te bely dat hulle 'n Verlosser
nodig het, gered bly? Die vyand sal dadelik daardie klein saadjie steel wat
geplant is. Dié van julle wat dit gedoen het, BELY! Weier openlik om dit langer
te doen. Want julle sal boet vir die verlore siele wat gered kon word. Dié van
julle wie MY aangesien het as 'n GOD van bedrog/misleiding omdat julle sê hulle
kan hulle hande in die geheim opsteek en sê 'YAHUSHUA kom in my hart' sonder om
hulle eers te leer dat hulle moet huil en hulle sondes bely en wegdraai van
hierdie sondes af, en bereid te wees om YAHUSHUA eerste in hulle lewens te plaas
en Heiligheid na te volg, nie onheiligheid nie. Ook julle sal aan MY persoonlik
rekenskap moet gee en vir almal wat gedink het, 'eenmaal gered, altyd gered, nou
kan ons enigiets doen wat ons wil, al ons sondes is bedek'. Julle het nie vir
hulle geleer, "Hoekom sê julle julle het MY lief en julle gehoorsaam my nie?"
Dié van julle wie die gees van misleiding gebruik het om die mense sover te kry
om hulle hande op te steek terwyl almal se oë gesluit is, net om hulle sover te
kry om op te staan en voor die mense te staan nadat julle hulle gelei het om te
glo dat hulle dit in die geheim kon doen. Julle het hulle gewys dat YAHUVEH 'n
GOD van misleiding en kullery is. EK IS NIE! Julle sal boet vir dit, as julle
nie bely nie. Ja, voordat die aarde begin skud, EK is selfs nou besig om die
ongoddelikes en die godvresendes te skud en te verdeel in wat veronderstel is om
MY Kerke en MY Tempels te wees. EK praat nou van die plekke van samekomste, want
die Ware Kerke en Tempels is MY Mense.
Maar julle sal in die kerkgeboue sien wat gebeur met hulle wie MY Skape mislei
het. Of hulle wat skape wou wees maar in bokke verander het, want die bose
herder is 'n wolf wat onder MY Skape ingestuur is om hulle te verslind weens
gebrek aan kennis en onderskeiding. EK IS KWAAD! Julle het alreeds in die
kerkgeboue die verdeling sien gebeur. EK stel die vyand in julle kampe bloot.
Pasop, stop, kyk en luister na die stem van die RUACH ha KODESH. Hou weereens
aan om MY aan te roep en te sê, "Ek mis U teenwoordigheid", want dit is hulle
wie gewoond daaraan is om MY teenwoordigheid te voel en gewoond daaraan is om MY
stem daaglliks te hoor en nou MY stilswye opmerk.
Maar EK sal nie altyd stilwees nie MY Geliefdes, dit is slegs vir 'n kort tydjie
wat julle MY hartseer sal aanvoel en julle moenie deur julle gevoelens gelei
word nie want dit is vlees. Julle moet deur julle geloof wandel want dit is uit
die Gees. EK het vandag gekies om deur hierdie Diensmaagd te spreek, moenie
onder julleself argumenteer en sê, "Hoekom sal YAHUVEH deur 'n vrou spreek of
haar hande salf". nie. EK laat julle met dit, EK kies wie EK wil kies en is
teenoor geen mens verantwoordlik nie en as EK slegs haar mond gesalf het soos
wat sy gewoond is aan, en nie haar hande op die sleutelbord nie, sou julle MY
vandag hierdie boodskap deur haar hoor spreek het? Julle het jul eie vraag
beantwoord.
Waarsku nou asseblief die mense, alhoewel baie nie in die tyd van Noag wou
luister nie. Nogtans, moenie die bloed op julle hande hê soos Eseg 3:17-21 sê
nie, "Moenie dat die bloed aan julle hande gevind word nie." WAARSKU DIE MENSE!
Daar is slegs nog 'n klein tydjie oor, terwille van MY Seun het EK genade vir
die mense, maar die tyd van wraak en oordeel kom vinnig nader. Waarsku hulle en
soek MY terwyl EK nog te vinde is. Neem kennis van hierdie datum en kyk stip na
die gebeure in die wêreld, 5 Februarie 1997. EK het MY Diensmaagd, Sherrie
Elijah, verbied om een woord te verander wat EK gespreek het. Alhoewel sy weet
dat nie almal sal verwelkom wat EK gespreek het nie.
Weereens, EK waarsku hulle wie MY vyande is, maar voorgee om MY vriende te wees,
Judasse, pasop, want as julle probeer om hierdie boodskapper te benadeel,
benadeel julle die een wat haar geskape en gesalf het. Julle sal die eerstes
wees wat MY toorn sal ervaar en julle sal MY teenwoordigheid ervaar op maniere
wat julle liewer nie van sou wou weet nie. EK IS KWAAD, en julle wie MY gesmeek
het om te praat, het dieselfde stem van liefde, versekering, smart en intense
woede gehoor. Julle het die stem van die Groot YAHUVEH, 'EK IS' hoor spreek uit
'n gebroke kleipot vandag. Bid vir hulle wie se harte julle probeer aanraak,
maar wie MY nogtans wegstoot. Bid dat hulle vandag sal bely want môre mag dit te
laat wees.
Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah op 5 Februarie 1997
* * * * * * *
Broer Noel, ek het dit nou net aan my opstandige tienerseun voorgelees en gesê
daar sal regoor die wêreld mense wees wie bid en YAHUSHUA soek om te sien of wat
ek geskryf het, van YAHUVEH af is. Was dit regtig YAHUVEH die Vader, wie deur
die salwing van die RUACH ha KODESH, deur my gespreek het? Dit sal getoets word
en deur baie profete, pastore, apostels, onderwysers, evangeliste bevestig word.
Hulle het vantevore die ander profetiese boodskappe hierdie jaar bevestig wat
YAHUVEH my gegee het. Nou vra ek vir jou my seun, was dit die stem van YAHUVEH
wat deur my gespreek het? En die beste bevestiging vir my was toe my seun vir my
gesê het, "Yeah".
LOOF YAHUSHUA! Ek het vir hom gesê daar is nog hoop vir hom. Want selfs 'n
opstandige tiener kan die stem van YAHUVEH hoor. Dit is dit grootste toets nog,
en ek het geen twyfel daaraan dat YAHUVEH self hierdie woorde vandag aan my
gespreek het om te tik nie. Kopieër dit asseblief en stuur dit aan almal wat die
RUACH ha KODESH vir julle sê. Deel dit met julle kerk, selfs al sal hulle nie
luister nie.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie
hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n
Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie
toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond
van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte
gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van
Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
https://www.amightywind.com/prophecies/105.html
* * * * * *
[Hersien in rooi op 8 Januarie 2009] Pasop vir die suurdeeg van die
Fariseërs.Dit is in‘n menigte van die kerke. Die suurdeeg bewerkstellig die
Fariseërs wat EK slange en gif-adders genoem het om 'n gees van godsdienstigheid
te manifesteer. EK die Here julle God haat die gees van 'n Fariseër. Hulle praat
heilig wanneer dit gerieflik is en wanneer dit nie aanstootlik vir hulle is nie,
maar tog leef hulle nie wat hul spreek nie. Die suurdeeg bewerkstellig die
Fariseërs om op te staan en woorde van waarheid uit die Bybel te spreek maar 'n
groot persentasie leuens in te gooi uit die hel en leerstellings van duiwels.
Daar is twee verskillende Fariseër-geeste pasop vir albei van hierdie EK waarsku
julle nou, diegene met geestelike ore om te hoor en luister. EK wil nie hê MY
Skape en Lammers moet op 'n dwaalspoor gelei word nie. Die Fariseër-gees probeer
om MY Profete wat spreek te vernietig. Hierdie diensmaagd van MY wat praat, veg
met hulle wat na haar toe kom as vyande met die gees van Fariseër. Sy was baie
maal seergemaak deur die gees van 'n Fariseër.
Gesê omdat sy 'n vrou is kan sy nie 'n pastoor wees nie, as gevolg van haar
voorkoms kan sy nie MY Pastoor wees nie, omdat sy die wolwe in skaapsklere
ontbloot, hulle wat daarop uit is om MY Skape en Lammers te mislei en te
verslind, word sy daarvan beskuldig dat sy hulle oordeel. Tog OORDEEL sy hulle
NIE, MY Woord oordeel hulle. MY RUACH ha KODESH spreek oortuigende woorde voort
en diegene met die gees van die Fariseër wil nie aangekla of ontbloot word nie.
Dit bewerkstellig die suurdeeg van die Fariseërs om te verrys en om hierdie
bediening te probeer vernietig sowel as baie ander. Tog spreek hierdie Fariseërs
vergeefse woorde. Hulle woorde flous nie vir YAHUSHUA wat hulle harte en ware
bedoelings ken nie. Daar is geen genade vir die Fariseërs sonder bekering nie.
So wees vooraf gewaarsku op hierdie dag. Pasop die suurdeeg van die Fariseërs
sal die hele gemeente besoedel as dit gelos word om aan te hou rys. Die einste
noukeurig uitgesoektes sal mislei word indien moontlik. Pasop vir die demoniese
geeste van die gees van godsdiens. EK is nie 'n godsdiens nie, EK is 'n
liefdevolle verhouding. Die gees van die Fariseërs sê dat slegs sekere
denominasies gered sal word. Daar is geen etikette in die Hemel nie slegs die
verlostes van YAHUSHUA sal in die Hemel ingaan. Die gees van godsdiens kom voort
uit die suurdeeg van die Fariseërs. Hulle haal MY woorde aan en ken MY nie eers
nie. Die Fariseërs probeer om MY Ware Profete te vernietig en te ontmoedig.
Moenie na hulle luister nie. MY Profete soos wat EK hierdie diensmaagd opgelei
het wat MY Woorde voortspreek sien satan se wapen wat seermaak is nie diegene
wat in satan se naam kom nie maar hulle wat die grootste wonde toedien kom in
die Naam van YAHUSHUA! EK het hulle nie na hierdie diensmaagd wat hier praat
gestuur nie, terwyl EK vir haar gesê het dat hierdie Fariseër-geeste demoniese
geeste is wat vasheg aan diegene wat daardie bedienaar haat sonder rede. Pasop
vir die klonings-geeste wat ook in-loop geeste genoem word. Want EK waarsku
julle nou MY Kinders dit is satan is nuutste wapen wat ongesiens verby gegaan
het. Daar is siele wat hulself aan satan oorgegee het satan vra vir seëninge of
beskerming. Maar daar is geen beskerming of seën te vinde nie. In stede daarvan
het demone hulle persoonlikhede en siele oorgeneem. Ja selfs in MY kerke was
baie van MY Pastore en bedienaars gekloon.
Hulle was eens heilig voor MY. Hulle het eens die waarheid gepreek en preek nou
die leerstelings van duiwels. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Moenie
laat dit julle besoedel nie. Diegene wat in die kerke is en dit sien moet vlug.
Pasop want satan stuur daardie engel van lig om MY kudde weg te lok van MY
waarheid af. Hierdie Pastore wat eens MY waarheid gepreek het en op die RUACH ha
KODESH staatgemaak het om hulle te bekragtig draai nou na manifestasies uit die
hel en mislei die noukeurig uitgesoektes. Pasop, wanneer julle sonde sien selfs
agter die Kansel terwille van daardie Pastoor se siel, moenie stilbly nie. Wie
sal hulle bestraf as julle dit nie doen nie? Maar praat eers nadat julle tot MY
gebid het en gevra het hoe om die Pastoor te nader.
Bid vir die mense om in te tree sodat die gemeente nie mislei sal word deur die
suurdeeg van die Fariseërs of mislei word deur die klonings-gees nie. Watter
beter manier is daar vir satan om MY noukeurig uitgesoektes te mislei as om in
iemand in te gaan wat eens op 'n tyd MY Evangelie verkondig het en menigtes na
die Here julle God gebing het. Pasop hierdie bedienaars spog met hulle Rolex
horlosies van fyn goud. Ontwerpersklere op hul rue, neem heilige tiendes en
offergawes en gebruik dit vir hul persoonlike salaris en spog daaroor. Die
tiendes en offergawes behoort aan YAHUVEH. Julle moet julle aalmoese gee waar MY
RUACH ha KODESH julle lei. Nie altyd waar julle Kerk bywoon nie. Plant waar EK
vir julle sê om te plant. Hoor MY stem en open julle ore en julle sal verbaas
wees EK sê nie vir julle om te betaal vir groter en beter geboue, her-dekorering,
luukse geskenke vir die pastoor nie.
EK sê NIE vir julle om sy of haar wêreldsheid aan te moedig nie. Julle sal
verantwoordelik gehou word waar julle jul saad saai terwyl julle dit het.
Hierdie saad behoort nie te gaan om 'n pastoor ryk te maak nie. Ja, hulle moet
'n inkomste hê maar kinders hoekom bevraagteken julle selfs nie eens as julle
jul pastoor luukse voertuie sien ry en woon in huise geskik vir 'n koning nie.
Hoekom gee julle selfs nie eens om dat sommige pastore miljoeners is nie. Tog is
hulle op die luggolwe en televisie en radio en hou konferensies, om te bedel vir
meer. Hulle sal aanspreeklik gehou word eendag baie binnekort omdat hulle dit
gesteel het wat bedoel is vir Heilige tiendes en offergawes en in plaas daarvan
hul aptyt voed vir gulsigheid.
Hierdie tiendes en liefdesoffers is om die Evangelie oor die hele wêreld te
preek, en MY Profetiese boodskappe voort te spreek, Siele in MY liefdevolle arms
in te bring. EK, YAHUSHUA, is BAIE kwaad want julle sit in hierdie kerke wat
slegs een kant van Almagtige YAHUVEH preek, die kant wat liefde is maar weier om
teen enigiets te praat wat ander dalk kan aanstoot gee. Hulle huil nie oor die
verlore siele nie. Die suurdeeg van die Fariseërs wil slegs verrys en praat oor
die her-dekorering van die kerk en die bou van groter en beter geboue. Betaal
vir ander predikers om te kom en seminare te hou, of musikante om te sing, al
die tyd terwyl MY Mense in die gemeente naak, honger of haweloos is.
Hierdie selfde pastore sal nooit daaraan dink om hierdie mense in hul eie huise
in te nooi nie. Baie het sulke groot gemeentes dat hulle nie eens probeer om
gesigte of hul name te onthou nie. Hierdie is nie 'n pastoor nie. Hulle is
veronderstel om daar te wees wanneer julle hulle nodig het ongeag watter tyd van
die dag of nag. Die suurdeeg van die Fariseërs sê hulle kan nie gepla word om
sommer vir enigeen te bid nie. Hulle vergeet 'n pastoor is 'n dienskneg. Hulle
is veronderstel om saam met MY Mense te ween, saam met MY Mense te jubel; hulle
is nie bo MY Mense verhewe nie. Hulle is veronderstel om mekaar se laste te dra,
die gemeente aan te moedig om hulle te kontak wanneer gebed nodig is. Huis
nommers moet vrylik gegee word.
Hierdie vermaning is nie vir alle pastore nie. EK het ook MY oorblyfsel wat lief
is vir MY Kinders en daar is om die gemeente op elke manier te bedien. Hierdie
pastore ly gebrek en is behoeftig. Want diesulkes het die armer gemeentes. Maar
groot sal hierdie pastore se belonings in die Hemel wees. Hierdie pastore is ryk
in geloof en gawes van die RUACH ha KODESH. EK sal hulle openlik beloon eendag
baie binnekort. Maar hierdie boodskap is vir hulle wat sit in die kerke waar die
pastore sonde doen maar enigiemand uitdaag om daaroor te praat. Hoeveel van
julle wat hier lees het EK die bose dwaling in julle kerke gewys ja in julle eie
pastore. Tog sit julle daar en sê niks, geïntimideer deur wie hy of sy is. Hulle
is niks beter as julle nie. Julle hoor wie is ek om die pastoor te korrigeer?
Ten minste is dit 'n kerk. Maar wanneer EK vir julle die verkeerde uitwys moet
julle voortspreek.
Julle weerhou 'n seën van daardie geestelike leier. Wat as hulle sou bekeer? Wat
as hulle waarlik nie geweet het hulle het MY aanstoot gegee nie? Maar in plaas
daarvan is julle bekommerd omdat julle vriende en familie daardie kerk bywoon.
Julle wil nie beroeringe maak nie. Julle mag dalk nie meer aanvaar word nie.
Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs dit het julle reeds besoedel. Julle
saai julle saad in onvrugbare grond wat EK nie met MY RUACH ha KODESH seën nie.
Julle sien geen tekens wonders of wonderwerke wat diegene volg wat glo nie. Dus
in plaas daarvan moet hierdie Fariseërs 'n karnaval-atmosfeer skep om die
gemeente te vermaak. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Geen wonder julle
sit en tel die sekondes af totdat die kerk verdaag nie. Kan julle nie sien MY
RUACH ha KODESH beweeg nie daar nie?
Kan julle nie sien dat die ware gawe van profesie verag word nie? Kan julle nie
sien as EK hierdie diensmaagd Elijah [Eliyahu in Hebreeus] na hierdie kerke sou
stuur sal sy dáár nie welkom wees nie? As sy hierdie profetiese boodskap moes
spreek sou sy die deur gewys word. Toets hierdie en maak 'n afskrif en wys vir
jou pastoor wat hier geskryf is en ook die ander profesieë wat EK deur Sherrie
Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] gespreek het. Julle sal verbaas wees want
julle sal sien of julle pastoor die gees van die Fariseërs het. Meeste van julle
wat hierdie lees en die stem van julle Hemelse Vader herken sal geskok wees om
te sien wat julle pastoor of geestelike leier met profesieë doen soos hierdie
een wat EK vir hierdie profeet gegee het. Hulle mag dalk sê hulle het nie tyd
nie of laat weet julle dalk net hulle is nie geїnteresseerd in profesie nie.
Kan julle nie sien satan stuur sy klonings-geeste om 'n persoon te kloon wat
eens op 'n tyd Heilig was nie. Maar hulle het weggedraai van MY af as gevolg van
gulsigheid, trots, sonde, of gebrek aan geloof. Maar nou spreek die klonings-gees
MY Woorde voort maar geen RUACH ha KODESH van binne-nie. Net 'n kloon uit die
hel vermom as 'n engel van lig. Ek sal julle verantwoordelik hou vir die saai
van saad in bedieninge wat MY Mense na vals leerstellings lei. Hierdie kerke
groei oorvloedig en soos 'n vraat verteer hulle rykdom. Net omdat hulle die
grootste bediening is beteken dit nie hulle is die beste nie.
Net omdat hulle op televisie is maak hulle nie beter as 'n klein gemeente nie.
Hierdie leraars wat Media sentrums bou om die wêreld te bereik en steeds bedel
vir meer om te betaal vir hulle multimiljoen-doller kerke en ateljees, hulle is
oorvloedig in rykdom, en wêreldsheid, maar nie in Heiligheid nie. Julle wat
hulle gehelp het om die mense op 'n dwaalspoor te lei deur nie voort te spreek
nie sal aanspreeklik gehou word. EK sal julle seëninge wegneem as julle aanhou
om julle ore doof te hou. Dit is julle laaste kans! Hou op om die bedienings en
kerke met die suurdeeg van die Fariseërs te ondersteun. EK die Here julle God
sal julle seëninge verwyder as julle aanhou om die leuens van die Fariseërs te
bevorder.
EK sal diegene seën wat MY gehoorsaam. Lees hierdie profesieë vir julle pastoor
en vra toestemming om hulle te deel. So sal julle MY seëninge met ander deel. As
julle geïntimideer voel deur dit te doen vra julleself, hoekom? Waarsku die
gemeente en pastoor wat EK spreek. MY Woorde is nie net vir enkele mense om te
hoor nie maar vir die meerderheid om te hoor. Vertel hierdie vir hulle. Net soos
in die dae van Noag so sal dit weer wees. 'n Vloed met MY bak vol vloeke sal
hierdie aarde oorstroom en niemand sal ontvlug nie behalwe hulle wie EK reeds
verseël het. Vuur uit die lug, vuur wat alles verteer wat dit aanraak. Een derde
van die aarde sal vernietig word. Die AARDE SKUD IN VREES terwyl EK die Seun van
YAHUVEH naderkom. Die toorn sal die aarde verteer.
Hierdie aarde was aanbid en nie die Skepper van hierdie aarde nie. Daarvoor het
hierdie aarde geboet en sal aanhou boet. Skepsels van hierdie aarde was aanbid
daarvoor moet die skepsels boet. Die mens was aanbid en nie die Skepper van die
mensdom nie daarvoor sal die mensdom boet. Bose geeste van Jesebel en Agab was
omhels in die kerke, hiervoor kom die oordeel na die huis van YAHUVEH en op die
aarde. Vlug weg van sulke plekke af. In stede daarvan luister na MY RUACH ha
KODESH. Luister na die Geestelike leiers met die Geeste van Noag, Moses, Elia,
Jeremia, Esegiël, Daniël, Johannes die Doper.
Leer deur hierdie profete se vrug, maar Meeste van alles leer van julle MESSIAS
roep MY Naam YAHUSHUA aan en EK sal julle leer en lei in algehele waarheid in.
Leer om te luister na MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees). Daar is 'n tyd wat kom
wanneer byeenkomste in geboue openlik in Amerika groot vrees sal veroorsaak.
Ander lande ken dit nou. Maar EK was genadig tot dusver. Julle het tot dusver
staatgemaak op daardie geboue om te vergader en MY een of twee maal per week te
aanbid en MY te vergeet vir die res van die week. Hierdie is nie almal van julle
nie maar baie van julle wat nou hier lees. Julle maak staat op daardie gebou of
pastoor of gemeente maar julle het NOOIT geleer om self na MY stem te luister
nie. Wat sal jy doen as dit net jy en EK is?
Leer nou hoe om te luister en MY stem te gehoorsaam. Julle pastore is
veronderstel om julle aan te moedig om dit te doen en julle aan te moedig in die
gawes van MY RUACH ha KODESH. Gee ag op dit wat MY Ware Profete spreek, arbei
saam met die Profete, leer uit hulle voorbeeld van dapperheid. satan wil julle
SALIGE HOOP steel en vul julle harte met vrees en vertel MY Kinders en MY Bruid
dat hulle deur die tyd van toorn sal gaan, steel julle vreugde en steel julle
SALIGE HOOP. Hierdie diensknegte van satan kom as engele van die lig.Wanneer
julle dink aan engele wat gestuur is om MY diensknegte te verwar deur satan,
dink aan hulle as buisligte. Dit is 'n namaaksel, afskuwelik en dodelik.
Buisligte voel asof hulle die energie uit julle suig. Het EK nie vir julle gesê
om te bid dat julle waardig geag sal word om die uur van versoeking te ontvlug
wat oor die aarde gaan kom nie? EK het in MY Woord geskryf om julle gerus te
stel en julle vrese tot bedaring te bring.
MY Kinders julle is nie bestem vir MY toorn nie. In plaas daarvan het EK vir
julle die SALIGE HOOP gegee. Nogtans laat julle die vals profete toe om julle te
beroof van julle SALIGE HOOP. Sommige sal gered word al weier hulle NOU hierdie
SALIGE HOOP! Binnekort kom dit dat hulle sal treur soos die 5 maagde sonder olie
in hulle lampe want hulle sal in die duisternis agtergelaat word sonder enige
lig. Hulle sal toekyk terwyl vernietiging kom oor enigeen saam met wie hulle
probeer reis wat nie MY Kinders is nie. Hetsy dit julle man of vrou, familie of
vriende is. Leer 'n les by LOT! Diegene wat weier om te glo dat EK, YAHUSHUA,
terugkom vir MY Bruid en EK is nou oppad, sal aangetref word net soos die 5
maagde met GEEN olie in hul lampe en GEEN manier om olie vir hulle lampe te koop
nie.
Die 5 wyse maagde glo nou dat EK kan terugkom op enige dag of uur. Hulle waak en
verlang vir hulle Bruidegom om spoedig te kom. Treur elke dag wat EK hulle nie
weggeraap het saam met MY nie. Die wyses hou olie in hulle lampe en gevul met
vars nuwe salwing daagliks. Weet dit, MY SALIGE HOOP is eg, EK is die SALIGE
HOOP! Weier om toe te laat dat die Ark se deure toegaan sonder dat julle in MY
arms is. EK is die ARK se deur. EK sê vir julle die Boek van die Heidene is
besig om toe te gaan soos Dimitru Duduman vir Amerika geprofeteer het. Hy kyk
nou vanuit die Hemel en weet hy het sy bes gedoen om Amerika te waarsku. Maar Ag
hoe min het geluister. Hy het julle gewaarsku oor die komende toorn op Amerika.
Want Amerika het EK nie geprofeteer vanuit hierdie diensmaagd wat nou spreek nie,
dat Amerika BEKEER voordat dit te laat is omdat EK MY ergste gespaar het vir
laaste. Maar EK sê vir MY Kinders wat in Amerika woon. MOENIE JULLE SALIGE HOOP
PRYSGEE NIE!
satan kom om julle geloof te steel dat EK diegene wat MYNE is sal beskerm en 'n
uitweg sal voorsien vir MY Bruid! Glo net! Dat die heidene se wee nie MY Kinders
se wee is nie! Glo net EK is 'n God wat diegene beloon wat ywerig na MY soek! MY
belonings is by MY! Net soos in die Dae van Noag sal julle die vernietiging
aanskou vanaf bokant MY wraak. Dit was te laat wanneer die Arkdeur toegaan en
ongeag hoe hard die heidene aan die deur gehamer het kon hulle nie ingaan nie.
Wanneer EK MY Bruid huis toe neem, sal almal wat agterbly gedwing word om deur
die tyd van Verdrukking te gaan. Afhangende van die geloof van diegene wat MY
aanroep om hulle te red sal bepaal of hulle sterf of instaat is om die Merk van
die Dier te ontvlug. Alleenlik om MY stem te hoor en MY te gehoorsaam sal
hierdie bepaal.
Diegene wat glo, sal EK beskerm bokant die vloed van MY toorn en glo dat EK nie
‘n vroueslaner is nie. EK word beledig om te dink hoe enigiemand dit kan dink,
wanneer EK sê dat EK kom vir MY Bruid en wees gereed en wagtend op MY. Wanneer
EK in MY Woord sê bid sodat julle daardie uur van versoeking kan ontvlug wat oor
die wêreld kom, wanneer EK sê MY Bruid julle is NIE bestem vir MY toorn nie en
daar nog steeds van julle is wat daarop aandring om MY te toets. So, dit wat
julle sê sal EK toelaat om te gebeur. Glo julle dat EK 'n weg van ontvlugting
sal voorsien? Vir diegene wat dit doen en heilig lewe asof EK enige oomblik sal
kom, EK sal hulle nie verras nie; hulle wag NOU vir MY.
[Hersien 8 Januarie 2009. Loof YAHUSHUA dat hierdie weergawe, in rooi, in die
argiewe gevind was en vir een of ander onverklaarbare rede uitgelaat was uit
hierdie Profesie tot nou toe.]
Hierdie Diensmaagd deur wie EK spreek, treur elke dag wat EK nie kom nie! Dit is
hoe jy sal weet of jy MY Bruid is! Treur jy ook elke dag wat EK nie kom nie of
lewe jy asof EK vir jare nie gaan terugkom nie?
Maak jy aanspraak daarop dat jy “a manifested Son of God” is wat die een sal
wees wat Vrede na die aarde toe bring? Want as jy is dan is jy verkeerd! Net EK,
YAHUSHUA, kan vrede na hierdie Wêreld toe bring! Maar nie voordat hel op hierdie
wêreld losbreek nie! Wanneer dit lyk asof niemand sal oorleef nie sal EK weer
kom met MY Heiliges agter MY aan! En julle sal sien hoe maklik EK die vyand van
YAHUSHUA verslaan! EK het voorheen ‘n openbare vertoon gemaak! So sal EK dit
weer doen!
Pasop, want nou vertel EK vir julle‘n geheim deur MY Diensmaagd, EK kom om weg
te glip met MY Bruid in die middernagtelike ure wanneer diegene wat nie uitkyk
vir MY nie MY die minste verwag! EK sal kom en bewys dat EK nie‘n vroueslaner is
nie! EK het MY Bruid lief en verlang dat SY in Haar onsterflike Liggaam beklee
word, rein en vlekloos, geklee in skitterwit!
Vir diegene wat nie uitkyk vir MY nie, en glo julle moet die Verdrukking ly, EK
sal na julle toe kom soos‘n dief in die nag! Onverwags, maar EK sal nie vir
julle kom nie omdat julle nie gewag het nie! Julle sal moet toekyk hoe MY Bruid
haar beloning van Onsterflike Verheerlikte liggaam kry! Kyk MY belonings is by
MY!
Julle wat MY liefhet en weier om (in) hierdie te glo, julle verheerlikte liggame
sal moet wag, en julle sal die Verdrukking moet ly want julle mond spreek wat
julle glo.
Diegene wat hulle BRUIDEGOM verwag sal saam met MY opgeraap word bo-kant al die
afgryse wat na hierdie aarde moet kom!
Vir die van julle wat hier lees en dit nie glo nie, leer ‘n les by die aarde
want selfs die aarde sidder en bewe terwyl EK julle YAHUSHUA MESSIAS die aarde
weereens nader! EK kom om weg te glip met MY Bruid! Hoeveel van julle sal gereed
wees?
Julle weet die tyd kom nader! Tog sal julle nie die dag of uur weet nie! Leef
dus asof dit vandag is sodat EK jou nie besig sal vind met die leefwyse van
hiedie sondige wêreld nie!
EK sê weer, “Die Deur na die Ark en Boek van die Heidene is Vinnig Besig om toe
te gaan!” EK IS die ArkDeur! Kom in MY liefdevolle arms in! Vir diegene wat MY
nie ken nie, EK wag vir julle, wag julle vir MY? Kyk op, julle verlossing kom
nader vir diegene wat waak en wag vir YAHUSHUA MESSIAH! Waarsku ander en hou jou
kleed vlekloos en wit, gewas in MY gestorte Bloed by Golgota! EK verlang om by
MY Bruid te wees, net soos sy verlang om by MY te wees! Terwyl julle al hierdie
dinge gaan sien wat moet gebeur, weet dat EK oppad is!
*******
YAHUSHUA is MY spoedig komende KONING van die Konings en HERE van die Here,
BRUIDEGOM, en REDDER, ALMAGTIGE GOD! Die Gees en die Bruid sê, “Kom HERE
YAHUSHUA kom gou!”
Ek is wakker. Op die 11de September word ek wakker. Die Vader het met my
begin praat terwyl ek nog geslaap het. HY het my wakker gemaak met hierdie
woorde. En nou, nou dadelik, selfs al is my oë toe, gaan ek tussenbeide tree vir
hierdie land op die 11de September. Ek sal die woorde voortspreek wat HY wil hê
ek moet sê. [Begin praat met ‘n vertaling in tale.]
*******
Nikky en Elisabeth, EK gee julle die verantwoordelikheid om hierdie woorde nou
voort te spreek. Hierdie ministerie gaan nou hierdie waarskuwing voortspreek.
Selfs toe Elisabeth nog geslaap het, het EK met haar gepraat en haar vertel wat
om te sê, selfs terwyl haar vlees nog begeer het om te slaap. Terwyl haar oë nog
toe was, het EK hierdie woorde voortgespreek.
Dit is die 11de September 2002. Wat is dit wat EK daar sien, terwyl EK oor die
mensdom kyk, om te sien wat hulle gedoen het met die ekstra tyd wat EK vir aarde
gegee het? Wat is dit wat MY oë aanskou? EK beantwoord die gebede van die
regvergdiges, wie uitroep in MY naam, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS, MY
Seun. Hulle roep na MY en sê, "Gee ons meer tyd om die verlore siele te bereik".
En so het EK dan ook gedoen.
Dit is wat MY oë aanskou. Mans wat by mans lê, vrouens wat by vrouens lê, babas
wat in die baarmoeder vermoor word, die mens wat net meer oorbuig en boos word.
Daar is geen verskil met die tyd van Noag, toe EK die aarde vernietig het nie.
Maar EK het die regverdiges, die gehoorsames, Noag en sy familie gespaar. So EK
sê weer en EK waarsku. EK sal slegs die regverdiges se lewens spaar.
Regoor die wêreld word daar gepraat oor die 11de September 2001, maar net oor
die tragedie en die verwoesting. Hoeveel gee MY die Glorie, omdat EK lewens
gered het wat nie eers verdien het om gered te word nie. Maar in plaas daarvan
om te onthou om aan MY Glorie te bring vir al die wonderwerke wat EK gedoen het,
hoor EK eerder hoe MY Naam belaster word, "Hoe kon God dit gedoen het?"
Selfs MY eie priesters, wie MY woorde preek, praat asof EK geen reg gehad het om
oordeel oor hierdie aarde te bring nie. EK is die Skepper. Julle het vergeet dat
julle diegene is wat geskape is. Dit is hoekom EK op hierdie dag bedroef is,
omdat EK dit oor en oor moet hoor. Het julle vergeet wie die Regter van alle
oordeel is? Van wanneer af kan die geskape mense die Skepper veroordeel?
EK kyk na die woord "troue". EK sien wat dit vir julle beteken. EK het Adam en
Eva geskape. Nou hoekom trou mense met dieselfde geslag met mekaar? Hoekom maak
die aarde alles wat EK gesê het ‘n verafskuwing? Dit is asof hulle met trots
hierdie sondes neem en dit in MY gesig gooi en dit waag om te sê, "Ons is die
skeppers, ons sal ‘n nuwe mensdom maak."
Waar is al MY heilige manne wat hulle heilige hande na MY toe oplig? Hoekom is
hulle nie die geestelike hoofde van die huishoudings nie? Hoekom beheer die
vrouens die huwelike? Hoekom sit die mans soos ‘n lafaard in die hoek? Weer sal
EK die Deborah’s regoor die wêreld moet oprys om die werk te doen wat die mans
veronderstel was om te doen. Dit is die vrouens wat MY woord ken, nie almal nie,
maar in so baie gevalle is dit die vrouens wat sê, "Dit is die Ware Sabbat Dag,
ons sal dit eerbiedig." Dit is die vrouens wat die kinders neem en hulle
geestelik grootmaak, en dan wonder julle hoekom die huishoudings val. Nou wonder
julle hoekom die oortredings van die jeug soveel vermeerder, julle wonder hoekom
julle skole ‘n plek is waarvoor selfs ‘n geharde krimineel bang is. Nou wonder
julle hoekom die kinders die ouers beheer. Dit is omdat julle nie na MY stem wil
luister nie. JULLE SAL NIE MY STEM HOOR NIE!
Daar word verwys na MY goeie boek, as maar nog net ‘n boek. Daar word gesê dat
die wette, waarna in die boek verwys word, verouderd is. EK hou julle vandag dop,
wat doen MY kinders met die nuwe kennis wat hulle nie voorheen gehad het nie.
Julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. As julle nie geweet het
dat hierdie heilge feeste, slegs heilige dae vir MY was nie, dan sal julle nie
verantwoordelik gehou word nie. Maar EK wys nou vir julle die hoë heilige dae,
hoe die heilige fees dae goed genoeg was vir MY Seun YAHUSHUA om dit na te kom!
MY Seun YAHUSHUA is die Here van die Sabbat, die Here van die Sabbat. Selfs al
weet jy wat is die regte dag, hoeveel van julle vul nog steeds die kerke op
Sondae? Julle priesters gaan verantwoordelik gehou word. Oor en oor het EK gesê,
"Julle eer die mensgemaakte Sabbat en stoot MY Ware Sabbat na eenkant." Dit is
goed genoeg vir die Skepper, maar die skepsels dink dat hulle ‘n beter manier
het.
So, op hierdie dag van 11 September, kyk EK na die aarde, en as dit nie vir die
gebede van die regverdiges was wat BAIE beteken het nie, sou daar GROOT
VERWOESTING na die aarde, op hierdie dag gekom het! Maar in plaas daarvan het EK
julle nog meer tyd gegee, alhoewel EK MY ware kinders hoor sê, "O kom YAHUSHUA,
kom vinnig, vandag!" Die aarde is vir die hel bestem. Selfs die aarde bewe en
skud in vrees, omdat die aarde weet dat die regter van alle Skeppings, die aarde
gaan oordeel, en dit gaan vinnig kom. Julle water is besoedel as gevolg van mens
gemaakte sonde. Julle wis diere spesies uit, slegs omdat julle wil vermoor. Of
julle wil hulle habitat uitwis vir julle eie dwase redes. Maar EK het elke
spesie in die Hemel bewaar, spesies wat hierdie aarde nie langer meer sien nie.
MY kinders wie se huise in die Hemel gaan wees, wees verseker, hierdie spesies
word vir julle gespaar.
EK is lief vir julle, MY geliefde kinders, die wat nie bang is om alles te doen
wat EK sê nie. Diegene wat die heilige dae respekteer, die wat uitroep en daarna
uitsien vir YAHUSHUA om te kom, hulle huil net soos die vyf (5) wyse maagde.
Terwyl hulle wag het hulle die olie in hulle lampe. Hulle het ook ekstra olie
byderhand, omdat hulle nie weet watter uur of watter dag nie. Hulle weet dat HY
[YAHUSHUA] op ‘n Sabbat sal terugkom, maar watter Sabbat? EK het vir hierdie
Diensmaagd gesê dat dit op ‘n Rosh Ha Shanah sal wees. Die eerste koms sal dan
plaasvind, maar watter Rosh Ha Shanah?
MY woord sê dat HY in die middernag uur sal kom…maar watter middernag uur? So
terwyl MY geliefdes probeer uitwerk watter uur MY Seun gaan kom. MY dierbares,
dit is dwaasheid. Werk eerder vir MY en hou julle lampe verlig, werk om die
enigste skat saam te bring wanneer jy die aarde verlaat. Niemand gaan weet as ‘n
dief in die nag gaan verskyn nie, net so sal die Liefde van jou lewe. Maar sal
HY jou sonder vlek of kreukel vind?
Vrouens, julle simboliseer die Bruid, mans, julle simboliseer die Bruidegom. Dit
is hoe julle sal weet as julle MY bly maak. Die vrouens wat gelowige mans het,
wie uitroep in YAHUSHUA se naam, wie alles doen wat hulle kan om gehoorsaam aan
MY en MY woord te wees. EK wil julle dit vra…Doen julle alles wat julle kan om
gehoorsaam te wees aan daardie gelowige man? EK wil dit vir die mans, wat die
Bruidegom simboliseer, vra…Doen jy alles wat jy kan om haar lief te hê en te
beskerm? Om die kop te wees en nie die stert nie? Verdien jy haar respek, dat sy
aan jou gehoorsaam sal wees, net soos die Bruid van YAHUSHUA aan HOM gehoorsaam
moet wees? Bid jy saam met jou familie? Is jy saam met jou vrou, op julle knieë?
Hou jy haar hand vas wanneer julle bid? Seën jy jou kinders? Kom julle MY
Heilige dae na? Eer julle MY op die ware Sabbat, of het julle maar net plesier
op julle manier? Is jy ‘n voorbeeld van goddelikheid?
Dit is die vrae wat EK vandag aan julle vra. Staan julle op vir regverdigheid en
heiligheid…of besoek julle die internet vir pornografie? Dink julle dat julle
sonde weggesteek is in die geheim? Selfs die wat agter die kansel staan? Verdien
jy om die respek te hê as ‘n wêreldse eggenoot, omdat jy wel staan vir die
Bruidegom wat gaan kom? MY Seun regeer met liefde en medelye. Dink jy dat jy jou
huishouding met niks anders as brute krag gaan beheer? Berou vandag, die wat
julleself mans noem, omdat so baie van julle nie die respek van julle vrouens
verdien nie. Die mans wat ‘n refleksie is van die vinnig komende Bruidegom,
julle is waardig vir daardie respek en julle moet vereis dat julle huishouding
alles respekteer waarvoor jy staan. Hulle sal jou dan liefhê en eer en begeer om
gehoorsaam te wees aan jou. Net so seker soos die Bruid van YAHUSHUA begeer om
gehoorsaam te wees.
So in plaas daarvan om op hierdie 11de September julle Skepper te beskuldig, of
om te luister na diegene wat julle Skepper beskuldig, hang julle koppe in
skaamte, omdat die geskapenes wat uit stof gevorm is, wat net ‘n klont in ‘n
hand was, waarin EK ingeasem het en die mens gemaak het, GEEN REG OF PLEK HET OM
DIE ALMAGTIGE GOD YAHUVEH, DIE SKEPPER, TE OORDEEL NIE! Die Oordeel gaan weer
afreën na die aarde toe. Die Oordeel het alreeds begin. Dit het eers by die Huis
van die Here begin, by diegene wat deur YAHUSHUA se naam geroep was. As EK nie
eers MY eie huis spaar nie, hoeveel te meer sal EK die heidene vir die stank van
hulle sondes oordeel.
So het EK aan die Diensmaagd gespreek, op hierdie dag, en sy was gehoorsaam aan
MY en gee nou vir julle hierdie woorde op die 11de September 2002. So is dit
gespreek, so is dit geskryf. Hoeveel van julle sal MY toelaat om julle
kledingstukke vlekloos en wit te kry, voordat EK MY Seun stuur. Watter bruid sal
in ‘n trourok staan wat oortrek is met vlekke en kolle? Vra julleself hierdie
vrae wanneer julle MY Seun smeek om te kom. Sal jy gereed gevind word? Is jou
trou rok rein en skoon? Is daar genoeg olie in jou lamp om aan te hou om te wag
vir HOM [YAHUSHUA]? Of sal jy soos die vyf (5) huilende en wenende en dwase
maagde wees, wie se olie van die lampe opgeraak het, wie moeg geword het om te
wag? WEES NOU GEREED, MY KINDERS, OMDAT DIE MIDDERNAG UUR AL LAAT IS!
* * * * * * *
Ek gee dit aan julle, net soos dit aan my gegee was. En ek gee dit nederig aan
julle. En ek bid dat diegene met ore sal luister.
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah