Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
3 September, 2021
So spreek YAHUVEH, "Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet.
Pasop, Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle nou weet. Nora Lam, berou.
EK het jou lief MY Dogter, maar roem, rykdom en trots het jou eens Heilige
sending in die lewe verrot. Onthou jy toe jou naam nie gebruik was om geld in te
samel nie. Dink terug, MY Lief, toe jy honger was, geslaan en gemartel sodat jy
vir YAHUSHUA moet ontken. So spreek YAHUVEH, MY Kleintjie, onthou toe EK jou
enigste motivering was, het jy niks anders nodig gehad om van te lewe nie?
Onthou jy toe 'n krummel brood vir jou soos 'n feesmaal was? Onthou jy, MY
Kleintjie? Nou is jou enigste motivering om miljoene dollars IN TE SAMEL. Nora,
kom terug na die liefdevolle arms van jou Vader. Jy kan nie twee here dien nie;
jy sal die een haat en die ander liefhê.
Pasop; 'n woord aan alle beroemde predikers, so spreek YAHUVEH, Larry Lea, wat
is jy besig om te doen? Hoekom het jy MY so beledig en MY NAAM as 'n skelmstreek
gebruik, om die mense 'n gebed te belowe en dat jy hulle gebedsbedekking sal
wees en dan sê jy, "Stuur geld daarvoor." Waar is die dienaar aan wie EK eens
die salwing gegee het om MY Kinders te leer hoe om te bid? Hoekom is MY NAAM as
advertensie gebruik om 'n mens te promoveer en nie die Koninkryk van die Hemel
nie? Nie terwille van die verlossing van siele nie. Pasop vir enigeen wie deur
die mens op 'n voetstuk geplaas word. EK, YAHUVEH, sal die een wees wat jou van
daardie voetstuk sal afslaan om te bewys dat jy niks sonder MY salwing van die
RUACH ha KODESH kan doen nie. Benny Hinn, O MY kosbare seun, waarheen het jy
gegaan? Hoekom gebruik jy MY NAAM vir jou eie gebruik, vir jou eie eer en bou
geboue wat EK nie gesê het jy moet bou nie.
EK het vir MY Ware Profete, soos hierdie suster wat nou hierdie woorde met julle
spreek, gesê; dit is een minuut voor Middernag. EK kom in die middernagtelike
uur. Hoekom mislei die herders die skape? Hoekom lei die herders hulle na die
wolwe toe om hulle te verslind? Hoekom is die herders net geïnteresseerd om
hulleself vet te voer en nie MY Skape nie? Hoekom gee die herders net om vir hul
eie huis en of hulle kos het, of hulle klere het en die beste in die lewe het,
terwyl hulle sien die kudde in hul kerke is haweloos, honger, naak en arm? Hoe
kan hierdie herders die Heilige tiendes gebruik om te herdekoreer of om
herehuise ter waarde van miljoene dollars te bou en nogtans is MY Skape sonder
dak oor hulle hoofde, beskerming vir die skape se siele. So baie sal Hel toe
gaan, want die herders van hierdie wêreld is meer besorg om hul koninkryke te
bou vir hul eie eer en lof en nie vir die een wat die prys betaal het sodat
siele gered kan word nie. Wees gewaarsku, julle word verantwoordelik gehou vir
wat julle weet. Die herders is veronderstel om vir die skape te voorsien,
geeneen moet tekort hê nie. Dit is MY lammers wat julle ignoreer.
So spreek YAHUVEH van die ganse Skepping, julle het julle GOD, MY Seun, YAHUSHUA
geneem en HOM in die skande gesteek voor die ganse Hemele en Hel. Satan spot met
MY Herders vir wie EK agtergelaat het om die kuddes namens MY te versorg. Die
Hemel ween terwyl die wolk van getuies toekyk hoe die vet herders vetter word en
MY kuddes al maerder word. Niemand hoef na 'n kerk toe te gaan en geestelik
honger weggaan nie, nogtans doen hulle. Niemand hoef liggaamlik honger te ly nie;
deel dit wat julle het met hulle wat nie het nie. Dit is MY gebod. Hoe kan julle
staan en toekyk en sê, 'ek sal vir jou bid', terwyl julle weet julle suster of
broer is honger? Julle het voedsel, julle het skuilplek, MY Kinders hoef nie
haweloos te wees nie. Waar is die herders vir wie 'EK IS' geroep het om MY Skape
te versorg? Moenie julself 'n pastoor noem as julle nie MY Skape voed nie, beide
liggaamlik en geestelik. Hou op om die Heilige tiendes en offergawes te gebruik
om julself vet te voer, instede daarvan gebruik dit om MY Skape en Baba Lammers
vet te voer. Julle word verantwoordelik gehou want dit is aan julle gesê. Sê MY
Woord nie, "Moenie vir julleself silwer en goud op hierdie aarde bymekaar maak
waar die dief inbreek en steel, en mot en roes verniel nie, maar maak julle
skatte in die Hemel bymekaar."
Hoeveel van julle herders vir wie EK roem toegelaat het sodat julle name op die
tong van elke skaap is, gehoorsaam die Ware Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH?
Hoeveel van julle stel voorbeelde vir MY Skape en Lammers? Het EK regtig vir jou
gesê om daardie 7 miljoen dollar gebou te bou? Nee. Die gees van trots het julle
mislei. Kyk mooi, MY liewe skapies, MY Skape sal MY stem ken. Los hierdie
herders wie julle uitbuit. EK is nie in hul kerke nie. EK is op die trappe en
waarsku julle deur stemme soos hierdie Diensmaagd wat nou hier praat. Hardloop
terug na die verhouding wat julle eens met MY gehad het. Hardloop weg van die
gees van godsdiens. Daardie kerkgebou, so pragtig en in skuld kan nie julle
siele red nie. Daardie pastoor wat in snyerspakke gekleed is, kan julle nie red
nie. Die kerke is nie in MY Kleed van Geregtigheid geklee nie, maar in hul eie
modeparades van smerige toiings. Stroop julleself van hierdie gees van trots wat
daarop uit is om mekaar te beïndruk.
Skape wie ore het om te hoor en luister en oë om te sien, onthou, hierdie soort
kerke kan nie julle gebede beantwoord nie. EK kan nie julle tiendes eer as dit
gaan vir dit wat EK nie as Heilig geseën het nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH julle
Redder, staan op die trappe en sê, pasop almal wie by hierdie kerke ingaan waar
die herders geld hulle god gemaak het en goue afgode. Pasop vir die geboue waar
die herders nie MY Woorde spreek nie, maar hulle eie woorde. Waar die herders
byeenkomste hou maar geen woord oor belydenis, verlossing of waarskuwing van
oordeel of verdoeming word genoem nie. Ellende vir die profete, herders wie MY
Skape mislei met leuens wat die jeukende ore streel en die siele van MY Volk/Mense
skade berokken. Julle bose herders, wie MY NAAM gebruik asof dit julle eie is.
Julle gebruik die NAAM van JESUS (YAHUSHUA) om julle wêreldse wins te vermeerder.
Julle is bang om aanstoot te gee daarom verkondig julle eenheid ten koste van
die lammers wat op satan se altaar geoffer word.
Julle bose herders en vals profete, julle wie die mense leer om in julle beeld
van god te verander en nie MY Woord wat nie kan lieg nie, die beeld van YAHUSHUA
ha MASHIACH is die Woord van YAHUVEH wat vlees geword het. Julle bose vet
welvarende herders, wie van die armes geneem en vir die rykes gegee het, julle
sal verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. Moenie dink julle sal "Mooi
so goeie en getroue dienskneg, kom in en rus", hoor nie. Julle offers sal
tevergeefs wees. Waarlik, hierdie wêreldse rykdom, roem sal julle enigste
beloning wees. BEROU! Gee terug MY Heilige tiendes en offergawes aan bedienings
wat MY Woord sonder kompromie en sonder vrees verkondig. Toon berou voor die GOD
wie julle beledig het. Toon berou voor die kudde wat julle uitgebuit het. Toon
berou voor die een wie EK gebruik om hierdie boodskappe te bring, want hulle sal
vervolg word omdat hulle MY gehoorsaam. Toon berou, julle word verantwoordelik
gehou vir wat julle weet. Luister na MY Heilige Profete wat MY woede uitspreek
oor julle hardkoppigheid, harde koppe, harde harte. Aanvaar die teregwysing en
val op julle knieë voor YAHUSHUA ha MASHIACH neer en EK sal julle vergewe.
Julle boses wat sê ons moenie die skape waarsku waar die wolwe is nie, want as
ons dit doen sal ons hulle beledig, die Almagtige GOD YAHUVEH sê dit vir julle,
"Die magtige herders sal naak gestroop word van hulle roem en wêreldse krag. EK,
YAHUVEH, bevorder een en raak ontslae van 'n ander. Bevordering kom uit MY hand
alleen". Wees gereed want hierdie jaar sal julle hulle sien wie dwaling aan MY
Skape verkondig het en hulle wol afgeskeer en hulle nakend gelaat het vir hul
eie wins en hulle gemors gevoer het wat nie eers goed genoeg vir varke is nie.
Julle sal hierdie jaar sien hoe EK die bome skud van hulle wie in hul eie
geregtigheid staan, nie in MYNE nie, wie in hul eie krag en in hul eie beeld
staan. Hulle sal val soos wat Dawid vir Goliat verslaan het; die Goliats wie
hulself herders noem maar dit nie is nie. EK het die mag en mandaat gegee om
julle te waarsku want EK wil nie hê julle moet val nie, maar dit is jul eie
keuse. Toon berou voor die Koninkryk van die Hemel en hierdie wêreld. Toon berou
want baie siele is Hel toe nadat hulle jul sogenaamde kerkedienste verlaat het,
want julle het niks gedoen om die lammers te beskerm nie.
Julle boses wie probeer om MY Profete stil te maak, weet dit; as een val, sal EK
'n menigte oprig wie harder sal praat as die een wat julle mislei, beperk,
muilband en verdoof. EK sal Profete oprig wat nie stilgemaak sal word nie, soos
MY Dogter wie nie in haar dapperheid, krag of regverdigheid staan nie, want sy
staan nie in haar krag nie, sy weet al hierdie kom nie uit haarself nie, maar
van MY, die Groot GOD 'EK IS', wie haar stuur om die wolwe te waarsku dat julle
maskers van julle gesigte afgeruk is. Julle is nie van MY kudde nie, julle het
weggedraai van die Ware Lewende GOD en begin om 'n ander te aanbid wat nie EK is
nie. MY gesig is nie op julle geldeenheid of julle land nie, MY gesig is nie op
julle goue muntstukke gemunt nie, MY gesig is in die Woord van GOD. Julle
probeer om MY te ken, lees dan die Bybel. Val op julle aangesigte voor MY neer
en soek wie die GOD van Verlossing werklik is. Bose herders, valse profete,
julle sal nie die helfte van julle dae uitleef nie weens die boosheid wat julle
voor MY aangesig gedoen het. Julle is gewaarsku! EK spreek nou hierdie
waarskuwing weereens uit, hou op om aan hierdie aardse koninkryk te bou en begin
om weereens aan die Koninkryk van die Hemel te bou.
Jesse Duplantis, hoor MY stem. MY Profeet kon nie jou naam onthou nie, maar sy
hou aan om jou gesig te sien. EK het jou naam op haar lippe geplaas want EK moet
haar gebruik om jou te tugtig. Toon berou want jy bou multimiljoen dollar geboue
wat EK nie vir jou gesê het om te bou nie. Jy word mislei want jou naam word
gebruik om weereens die kudde se wol in te samel en hulle nakend agter te laat,
terwyl jy, Benny en Jan en Paul Crouch dit wat hulle hande opgerig het,
verheerlik. Maar EK het nie vir julle gesê om die wol van die kudde te steel om
julself met trots op te pof nie. Ja, julle het goed sowel as sleg gedoen maar
die goeie wat julle doen word oortref deur die boosheid van aanbidding van goue
afgode van hierdie wêreld. Kenneth Copeland, keer terug. Hoekom het jy so ver
afgedwaal van MY Waarheid en MY Wil af? Keer terug. Hulle wie eens by MY NAAM
geroep was en nou antwoord julle op die geroep van 'n ander bose herder, maar
hou aan om te sê dat dit MY NAAM is. Al julle offers was tevergeefs. Sommige sal
hul siele verloor en sal tot in ewigheid in die Hel gemartel word as gevolg van
wat julle gepreek het. EK sal julle verantwoordelik hou omdat julle nie MY kudde
gevoed het nie en omdat julle hul uitgebuit en nakend, honger, blind en verdoof
agtergelaat het.
Julle Profete het mekaar toegejuig en by 'n Profeteklub aangesluit sodat julle
profesieë kon vergelyk en sien wie kan die vinnigste op watter TV kollig verskyn.
EK profeteer dit nou, julle sal 'n profesie sien waar word, terwyl julle MY
toorn sal ken, deur woorde uit te spreek wat EK nie gespreek het nie. Want julle
het nie gedoen wat hierdie Diensmaagd nou doen nie, julle het nie die vet
herders gewaarsku om hulle sondige maniere te staak nie. Julle het MY Opregte
waarskuwing van oordele bestraf omdat julle populer wou bly. Julle sal
aanspreeklik gehou word. As julle weet waar dwaling is, moet julle dit uitspreek.
Het EK nie die bose profete deur Jeremia, Elia, Johannes, Jona, die lys gaan aan,
gewaarsku nie. Het EK gesê, "Sjuut, moenie name noem nie, ons wil in eenheid bly",
of het EK gesê dat die kwaad wat in die donker gepleeg word vanaf die huise se
dakke af verkondig moet word. In hierdie geval die internet want dit is die
hoogste dak wat EK op hierdie aarde kan vind. Hulle wie probeer om MY
Boodskappers stil te maak wat vooruit gestuur word met hierdie waarskuwing,
PASOP, die STOK van MY toorn kom op julle neer, hoe meer julle probeer om hulle
stil te maak, te intimideer, hulle te skei en hulle as vals profete te
etiketteer. Maak MY Profete los, laat hulle vry om MY Woord van Heilige Gees
Vuur uit te spreek. Haal die muilbande van hulle monde af, haal die blinddoeke
af. Julle hou konvensies en noem julleself bondgenote en beoordeel mekaar se
profesieë. Enigeen wie probeer om hul profesieë deur 'n mens te laat beoordeel
en nie deur Almagtige GOD YAHUVEH, wie die outeur van ware profesieë is en geen
oordeel van man of vrou nodig het nie, PASOP.
Jy, Pam Clark, sê jy het 'n verbond van 'n Profeet, maar jy is nie van MY
verbond nie. Jy vra geld vir gebede en EK het nooit vir enigiemand gesê om vir
MY Skape te sê hulle moet iemand betaal om vir hulle te bid nie. Jy sê jou tyd
is waardevol, hoeveel te meer was MY tyd waardevol op Golgota? Toon berou, val
op jou knieë neer en bely teenoor MY en die mense. Gee elke sent terug wat jy
van MY kudde gebuit het. Julle wie tiendes en liefdesoffers gegee het aan hulle
wie MY Skape mislei, julle moet julle geld terug eis. Sê vir hulle julle weet
julle het verkeerd gedoen. Sê vir hulle julle veroordeel hulle nie, maar die
Woord van GOD het hulle veroordeel. Maar moenie verwag om julle tiendes en
offergawes terug te kry nie, maar bewys aan MY dat julle jul fout besef het.
Julle word verantwoordelik gehou waar julle jul tiendes en offergawes gesaai
het. Pam Clark (Pax), jy skryf 'n boek en MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) word
nie toegelaat om die waarheid te spreek nie want jy het enige Profeet weggejaag
wat jou opreg gewaarsku het om berou te hê. Jy sê 'n engel verskyn aan jou en sê
vir jou wie om weg te jaag en wie nie. Maar EK sê vir jou die Hemel het nie
hierdie engele uitgestuur nie. Hel het jou jeukende ore weereens mislei. Jy
omring jouself met profete wie slegs jou trots meer oppof. Jy noem jouself 'n
onderwyser en tog verkondig jy dwaling.
Toon berou Pam Clark en Craig Martin, toon berou Andrew Strom. Julle gaan die
toorn van Almagtige GOD se STOK van toorn voel en EK sal julle op maniere straf
wat julle nie van geweet het nie en al die ander wie julle bose werke toejuig.
Julle kan die mense mislei en so statig en Heilig lyk en tog kan julle nie die
een mislei wat julle harte ken nie. Omdat EK julle liefhet, alhoewel julle MY
seergemaak het, sal EK weereens vir julle sê voordat dit te laat is, VERBRAND
die boeke. Begin weer van vooraf en spreek hierdie keer waarlik MY Profete se
woorde onveranderd. Daar is nog tyd vir julle om julself dit wat gaan kom, te
spaar. MY Mense weet dit; 'n Profeet is nie 'n populariteitswedstyd nie. Pasop
vir hulle en vermy hulle wat dink dit is wel so 'n wedstryd. MY Ware Profete is
diegene wat verwerp word deur die waarheid uit te spreek, die harde waarheid. MY
Ware Profete is selfs bevrees om een woord, selfs grammatika te verander, wat
hierdie wêreld as onvanpas sou beskou. MY Ware Profete sê, "YAHUSHUA, moet ek
hierdie spreek, want ek wil niemand beledig nie. Ek wil geliefd wees deur almal
en in eenheid bly?" Maar daar kan geen eenheid tussen onheiligheid en Heiligheid
wees nie. Tog sê EK vir hulle, "Daar kan geen eenheid wees tussen hulle wie met
die bose geeste van satan gevul is en hulle wie met die RUACH ha KODESH gevul is
nie." Julle is in die midde van 'n Profeet terwyl julle dit lees en MY Skape sal
die stem wat uit haar voortkom, herken as hulle enigste Goeie Herder. EK,
YAHUSHUA ha MASHIACH, het hierdie woorde gespreek, nie om te beskuldig nie, maar
om hulle te oordeel wie EK genoem het. Hulle is voorheen gewaarsku, een vir een,
want EK het baie Profete gestuur om dieselfde woorde te spreek, maar hulle sluit
hul ore.
Nou het EK hierdie webwerf gesalf en geplaas waar die wêreld MY Woord sal hoor
en niemand sal instaat wees om MY Apostel en Profetiese Diensmaagd, Elijah stil
te maak of te intimideer nie, want sy het onder die vervolging van die dieselfde
persone gely na wie toe EK haar gestuur het om lief te hê, te beskerm en te
waarsku. Nogtans het sy Almagtige GOD YAHUVEH en YAHUSHUA gehoorsaam en dit
gedoen onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie vir beloning
of wins nie, maar omdat sy waarlik 'n Profeet is wat geen wêreldse wins maak
deur die woorde wat EK vir haar sê om te spreek nie. Haar wins sal in die wete
wees dat sy die een gehoorsaam het wat haar salf en haar stuur om met die nasies
te praat in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, soos wat EK ander Profetiese
Soldate salf en stuur om dieselfde te spreek. Pasop, enigeen wat haar beledig,
beledig die een wat haar stuur en salf. As julle haar seën en bemoedig is dit
soos murg in haar gebeente en julle het YAHUSHUA jul Verlosser geseën. As julle
haar vervloek het julle die vloeke op julself geplaas, want julle het nie vir
haar vervloek nie maar die een wat haar stuur.
Julle is gewaarsku. Julle het 'n moeder van Profete in julle midde, sy verstaan
nie eers hoekom EK haar vereer het met so 'n titel nie, maar eendag sal sy. EK
het 'n kruik gekies wat nie 'n mens se keuse was nie, maar Almagtige GOD YAHUVEH
se keuse was, vir MY eie redes en nie die wysheid of openbaring van hierdie
wêreld nie. EK het hierdie woorde deur hierdie Profeet gespreek en sy is in
julle midde tesame met menige ander Profete wat EK stuur. Wat sal julle met MY
Seuns en Dogters doen wat slegs probeer om julle te seën deur MY seëninge te
proklameer of van MY vloeke te waarsku, dit is julle keuse. MY Ware Profete
staan in julle midde, wat sal julle met hulle doen? Want hulle wie beledig voel
nadat hulle dit gelees het, gaan dan terug na julle profete toe wie julle
jeukende ore sal streel, julle oë verblind, julle ore verdoof en julle monde
toestop.
Gaan terug en sit onder die 3 apies en die 3 apie vloeke. Meeste wil nie berou
toon nie, hulle harte is verhard , maar sommige bose herders sal hulle sonde
erken, sal berou toon en besef EK kom en dit is die middernaguur en sal die
kudde gereed kry sonder vlek of wrimpel. Bou aan die Koninkryk van die Hemel,
nie aan die geboue van hierdie aarde nie. Selfs 'n tent sal beter af wees en
meer gesalfd as hulle wie hierdie miljoen dollar geboue bou, want MY RUACH ha
KODESH sal nie daar aangetref word nie. Ook sal MY Ware Profete en herders nie
daar welkom wees nie. Skape en lammers waarsku die herders wat EK genoem het,
sodat hulle kan berou toon. Slegs EK weet wie het die hart om MY stem te hoor en
dieselfde woorde teenoor hulle pastore uit te spreek, wie so besig is om te
herdekoreer en te herbou en nuwe dinge bedink hoe om die wol van die skape te
buit, en hulle nakend agter te laat en selfs MY Heilige Woord te verdraai om dit
tot hulle voordeel te doen. Waarsku hulle, want EK jaag hulle hierdie jaar met
MY STOK van toorn en oordeel, so spreek Almagtige GOD YAHUVEH.
* * * * * * *
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld
gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die ryk en beroemdes wat
hulself Christene noem, selfs op julle luggolwe. Hierdie swyne is in alle
denominasie godsdienste. Soos die Fariseërs nie vir YAHUSHUA verstaan het nie en
HOM dood wou hê, ewemin sal diegene met die gees van godsdiens wat ‘n deel is
van die kerke van Babilon jou nou verstaan. Hulle sal jou Shkhinah Heerlikheid
lig vermy.
Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir die vrede van Jerusalem
op 'n manier wat julle nog nie vantevore gedoen het nie. Besef terwyl julle bid
vir die vrede van Jerusalem, dat julle bid vir die Prins van Vrede wie MY Seun
YAHUSHUA is om SY koms te bespoedig en hierdie aarde te regeer as Koning van
Konings, alles-verwyderend wat onheilig is van hierdie aarde af vir 'n
vasgestelde en bepaalde tyd. Bruid van YAHUSHUA, besef terwyl EK, YAHUVEH, julle
beveel om hierdie te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en
regeer totdat Yisrael grootliks ly nie. Vele geweeklaag, geween, smarte, en
bloed sal voortvloei en net EK, YAHUVEH het vooruit geweet wat dit sou neem om
Yisrael sover te kry om weer te wandel in gehoorsaamheid aan MY Torah Wette wat
EK vir hulle gegee het deur Moses, en om MY, YAHUVEH, lief te hê, waar hulle nie
meer bang is om MY Gewyde Naam voort te spreek waar daar gesalfde Krag is nie.
Hulle sal die leuens bestraf wat oorgedra was aan hulle. Yisrael sal YAHUSHUA
erken as nie alleenlik YAHUVEH se Seun nie maar ook die enigste MASHIACH (Messias).
Hulle sal die Heilige Bloed Offer aanvaar wat YAHUSHUA se geskenk is wat HY
gegee het by Golgota, SY reddende, bevrydende, genesende, opstandingskrag in die
Bloed van die enigste perfekte Lam van YAHUVEH. Yisrael sal nie die Prins van
Vrede weer sien kom na hulle nasie toe totdat hierdie gedoen is nie. satan sal
‘n vals vrede stuur vir 'n kort rukkie om hulle te mislei maar dan sal dit wees
asof Hel losgebreek het rondom hierdie wêreld wanneer daardie kort tydjie verby
is.
Yisrael, julle sal terugkeer na julle Skepper en MY weereens liefhê en
gehoorsaam. Yisrael onthou Koning Dawid van ouds en onthou wat hy gedoen het om
die oorloë wat hy gewen het te oorwin. Hy het homself verneder voor MY, YAHUVEH,
en Lofsang en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Yisraeliete
van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers
begeer wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam. Wanneer Yisrael MY, YAHUVEH, weer
gehoorsaam en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob gedoen het, dan sal EK
teruggee wat by Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos uit die hande van
die vyande.Yisrael is 'n beker van bewende verskrikking vir hierdie ganse wêreld
want dit is waar die eindtyd geveg gestry sal word, goed teen kwaad. satan sal
sy seun stuur om die wêreld te regeer vanaf hierdie een nasie want satan bespot
MY en vervals alles wat EK, YAHUVEH, doen.
EK, YAHUVEH, het MY Seun YAHUSHUA gestuur met MY Gees om siele na die Hemel te
lei en satan stuur sy gees om al diegene te mislei wat sal luister en die gees
sal volg van rebellie teen alles wat waarlik Heilig is, wat hulle na die Hel
lei, hulle verlok met 'n Merk. Soos YAHUSHUA diegene gemerk het wat waarlik aan
HOM behoort, wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie wêreld, so ook het satan diegene gemerk wat aan hom
behoort en sal hulle fisies weer Merk, bewysend diegene wat hom volg het hulle
name in die boek van die vervloektes of die boek van die uitgewistes. Niemand
wat satan se merk neem sal ooit in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie.
Yisrael sal nooit ware vrede ken nie totdat sy sê, “Geseënd is HY wat kom in die
Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.” EK stuur die Bruid van YAHUSHUA nou om te
bemiddel en te bid vir Yisrael en vir mekaar en EK, YAHUVEH, spreek ‘n bruidskat
voort deur hierdie diensmaagd van 'n nuwe salwing aan julle gegee deur YAHUSHUA
vir SY Bruid as hulle kan glo in geloof.
Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo in geloof wat hierdie woord voortpreek,
maar binnekort sal julle selfs nie meer geloof hoef te hê om dit voort te spreek
nie, julle sal weet dat julle weet, want soos Elia van ouds sy vyande verteer
gesien het voor sy oë, so ook sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as
loop van die vyande van heiligheid en nie terug kyk nie.
1 Konings 18:40
Maar ElíYah sê vir hulle: Gryp die profete van Baál! Laat niemand van hulle
vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en ElíYah het hulle afgebring na die
spruit Kieshon en hulle daar geslag.
EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen planeet aarde waar onheiligheid oorvloedig
is. EK, YAHUVEH gee hierdie nuwe outoriteit nou. Wanneer gebid word tot MY in MY
Seun YAHUSHUA se Naam kom onverskrokke voor MY en vra dat Yisrael se vyande in
die parskuip van MY Woede gegooi word. Die tyd kom o so spoedig, so EK waarsku
die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilof Fees van die Lam nou deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA. satan sal sy vals vrede stuur, eerstens om
die ware Prins van Vrede te bespot, pogend om die wêreld te mislei en te Merk
met sy Merk. satan het selfs 'n dag van die week vasgestel vir hierdie Merk om
gegee te word. Diegene met ore om te hoor en luister, Pasop vir die mensgemaakte
Sabbat. EK het MY Profete gestuur om te waarsku die tyd sou kom wanneer almal
moet kies watter GOD hulle sal dien. Daar kom baie binnekort 'n seun van verderf
wat meer gaan doodmaak as julle ergste diktators. Hierdie seun van verderf sal
kom in 'n vorm wat julle nie dink nie. Hierdie seun van verderf sal kom met 'n
haat vir enige iemand wat 'n ander Messias erkenning gee. Hierdie seun van
verderf het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is en YAHUSHUA aanvaar het as
MESSIAS.
1 Johannes 2:18
Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antimessias kom,
bestaan daar ook nou baie antimessiasse, waaruit ons weet dat dit die laaste uur
is.
Johannes 2:22
Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die Messias is? Dit is
die Antimessias wat die Vader en die Seun loën.
1 Johannes 4:3
en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit
YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antimessias waarvan julle gehoor het dat
hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in
die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antimessias.
MY Heiliges sal MY, YAHUVEH, nie verraai nie en ook nie vir YAHUSHUA ha MASHIACH
nie. Net diegene met die gees soos 'n Judas sal die Merk aanvaar asook die
belonings gegee deur satan wat van korte duur is. Yisrael sal altyd staan.
Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, want MY Seun YAHUSHUA sal SY
voete plant op die Olyf Berg en heers en regeer vanuit Jerusalem. EK het 'n eed
afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O maar hoe anders is dit
wel vir diegene wat saamsweer teen Yisrael soos 'n Judas of wie gesê het hulle
sal Yisrael van die aangesig van die kaart afvee. EK, YAHUVEH, is die enigste
een wat die reg het om Yisrael te straf, soos 'n opstandige kind. Diegene met
die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) moderne tyd se Hamas sal maai
watter skade ookal gedoen word aan Yisrael (Ester 8:7).
Terwyl die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir die vrede van Jerusalem,
besef terwyl julle dit doen bespoedig dit alles wat voortbestem was. Die koms
van die seun van satan, wat die seun van verderf genoem word, julle bespoedig
ook die Groot Verdrukking, terwyl julle die koms van YAHUSHUA bespoedig om te
heers en regeer uit Yisrael en te sit in die Heilige Tempel. Wanneer julle sê, "Kom
YAHUSHUA, kom gou," besef die nuwe salwing terwyl julle hierdie woorde
voortspreek in gesalfde gebed. Soos Haman elke Jood wou doodmaak, so ook wil
sataniese heersers op hierdie aarde en hulle sal ook elke Messiaanse Jood wil
doodmaak wat YAHUSHUA aanvaar het as die enigste MESSIAS. Esegiël 9 het reeds
begin. My Heilige Mense word verseël deur MY hand alleen. EK waarsku nou vooraf,
verwoesting is oppad vir die onheiliges en verworpelinge. EK het 'n oorblyfsel
in Yisrael wat weggesteek is en tog deel is van die lede van die Bruid van
YAHUSHUA. Nou is die tyd om op te staan en hierdie een te kontak uit wie EK
hierdie woorde spreek, want julle is een.
Van hierdie jaar af vorentoe, sal julle die verraad sien van hierdie wêreld se
regerings meer as wat julle ooit voorheen gesien het. Wat EK, YAHUVEH, ookal
verklaar het as 'n gruwel vir MY sal gepronk word in MY gesig deur die
verworpelinge vir die ganse wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in
woorde en oorloë met 'n dors vir mag, gierigheid en bloed, met 'n onversadigbare
dors soos bloedsuiers of bloed suiende vampiere, politici wat swak verskonings
maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer. O hoe lank rebelse mense van
hierdie aarde, dink julle kan julle jul vuiste bal vir MY, YAHUVEH, julle
Skepper, en MY Manne en vroue van Heiligheid terwyl julle MY Heilige skrifte
vertrap onder julle voete in bespotting en haat vir alles wat Heilig is? Hoe
lank dink julle sal EK wag voordat julle mense van rebelsheid die lot sal ly van
Sodom en Gomora?
EK, YAHUVEH, het vir julle kanse gegee om te bekeer, veral jy o Amerika, en tog
vermeerder julle sondes net elke gruwel erger as die vorige een. EK, YAHUVEH het
julle geskape, o Yisrael en Amerika om apart gestel en heilig voor MY te wees,
seëninge oor julle en julle land uitgestort en mense het floreer en julle weer
het EK geseën ter wille van julle oeste. Van hierdie jaar af vorentoe, sal EK
die weer draai teen sekere dele van die aarde dit gebruik as 'n vyand teen MY
vyande in 'n groter maat as in 2005. O Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat
geskape was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies in rebellie en
gruwels.
Julle ander nasies het toegekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees,
so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak terwyl EK gepraat en gebrul het
deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogtes, aardbewings, tsunamis
en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond
gestamp het en die aarde laat bewe het in vrees so hewig nou dat die einste
rotasie van die aarde steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei
voete stamp in woede? Nasies wat MY Heilige mense slag asof hulle skape is wat
ter slagting gelei word huil nou vir hulleself wanneer EK die aardbewings en
tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wat geen bloed
op hulle hande gehad het nie, mans vrouens en kinders was en word vermoor as
gevolg van een rede hulle weier om YAHUSHUA ha MASHIACH te verloën wie hulle
Jesus Christus genoem het wie die MESSIAS is en MY, YAHUVEH se enig verwekte
Seun.
Alle nasies insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis
want julle het die lewens geëis en geneem van ware Heilige Christene. En so sal
dit voortgaan na die mense van alle nasies van hierdie aarde. Julle sal maai wat
julle saai; as julle Heiligheid en gehoorsaamheid saai tot MY Heilige Skrifte en
MY, YAHUVEH, julle Skepper stel en YAHUSHUA erken as MY, YAHUVEH se Seun en
julle MESSIAS, sal julle MY seëninge oes uit die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar
wees as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam dat EK, YAHUVEH, julle
sal verlos van MY toorn wat kom veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA wie EK
MY Ester noem.
1 Tessalonisense 5:9
Want Elohiem het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die verlossing te ontvang
deur YAHUSHUA ha MASHIACH.
Hierdie het EK, YAHUVEH, verklaar die van julle wat onheiligheid saai,
verskonings maak om sondige leefstyle te leef, onskuldige bloed te vergiet,
bespotting, rebellie, julle dienskneg kinders van satan wat weier om te bekeer
van julle toorkunste, heksery, voodoo, satanisme, en alle vorms van die okkulte
insluitend nekromansie, in MY parskuip van woede, MY vleismeule, sal julle
ingaan. Julle verworpelinge wat lief is om te moor en oorlog te maak, wie die
geeste aanbid van rebellie, diefstal, dood en verwoesting, moord en gierigheid.
Julle verworpelinge wat stenig, vermoor, martel, wat MY Heilige Saad aanval en
in die tronk gooi, hulle forseer om martelaars te word, binne-in MY, YAHUVEH se
parskuip van woede, binne-in MY vleismeule sal julle gaan.
Openbaring 19:15
En uit SY mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY
sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en HY trap die parskuip van die wyn van die
grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.
EK, YAHUVEH, sal diegene seën wat 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en diegene wat
MY Kinders van Heiligheid seën. EK, YAHUVEH, sal diegene vervloek wat 'n
vervloeking is vir MY en MY Geliefde Seun YAHUSHUA en EK sal MY vloeke stuur van
Deuteronomium 28 oor al diegene wat skade berokken of die vernietiging en dood
wil hê van YAHUSHUA se Bruid, MY Ester. EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën
met Deuteronomium 28 seëninge gereserveer vir YAHUSHUA se Bruid, wie die RUACH
ha KODESH Heilige Vuur openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware
apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vloeke stuur van Deuteronomium 28
oor almal wat beweer hulle dien MY Seun YAHUSHUA maar in plaas daarvan in woord
en daad satan dien en weier om MY te gehoorsaam en 'n vervalsing van die salwing
openbaar wat vreemde vuur genoem word en hulle siele verkoop het soos 'n Esau
vir roem en rykdom, wie MY Heilige Skrifte inboet, dwaling en die duiwelse
leerstellings onderrig.
Die volheid van MY RUACH ha KODESH word nie gevind in enige bedienaar wat inboet
wat hulle weet is waar nie of skrifte en MY gebooie verdraai om gelykvormig te
word om die mens te behaag of die Regerings van hierdie wêreld nie. Moenie
mislei word nie. EK, YAHUVEH, het MY nie bedink oor wat sonde is of waar
onbekeerde sondaars die ewigheid spandeer nie. Julle sedes en interpretasie van
sonde mag verander maar EK is wie EK is en EK, YAHUVEH, verander nie en ook doen
MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH, het die twee tablette van wette geskryf
genaamd die gebooie in klip met MY eie vurige vinger hulle gegraveer en EK het
hulle oorhandig aan Moses (Moshe). Dwase om te dink EK het MY Seun YAHUSHUA
gestuur uit die Hemel om hierdie wette te verander insluitend die wette van MY
Sabbat Dag.
In 2006 en hierna, sal MY Heilige mense groei in Heiligheid hard daarna strewe
om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, te gehoorsaam, lief te hê en te dien in alle
weë. MY Heilige Mense sal nie ‘n kompromie aangaan met die vyand nie. Die Bruid
van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om hulle te beroep op MY, YAHUVEH, in
YAHUSHUA se Naam en MY te vra om die demone wat hulle teister binne-in MY
Hemelse parskuip van woede te sit genoem MY vleismeule, demone wat gestuur was
wat julle teister of julle verloste geliefdes of die verloste mense. Julle was
'n mandaat gegee om te bemiddel in gebed vir bevryding.
Bruid van YAHUSHUA, roep MY aan om julle te bevry van die menslike diensknegte
van satan wat julle dood en vernietiging wil hê. Kom voor MY troon met
vrymoedigheid en sonder sonde en vra MY in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, om MY
julle Abba YAHUVEH in YAHUSHUA ha MASHIACH te vra om hierdie verworpeling vyande
van MY en van julle in MY vleismeule, die Parskuip van MY Woede te sit. Diegene
wat waag om hulle vloeke, towerspel en heksery te werp en allerhande boosheid
doen om te probeer om die Bruid van YAHUSHUA wat MY verseëldes is seer te maak
te verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die
Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle fynmaal in sewe verskillende rigtings.
Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem wanneer hierdie menslike dienaars
van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande
maar lewer hulle oor in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in
MY, YAHUVEH se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie maar laat EK, YAHUVEH,
wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH, sal al julle verworpeling vyande se verstand,
liggaam, gees en siel, fymaal. Daar sal niks oor wees nie behalwe die geluid van
krakende bene wanneer EK, YAHUVEH, klaar is met hulle op aarde. Enige vyand van
die Bruid van YAHUSHUA is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH. Sommige van hierdie vyande proklameer die naam van Jesus Christus en tog
is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Hulle is werkers van onheil,
wat net hulself flous.
Sommige wat hierdie lees sal sê, "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê vir
julle dit; julle dade spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA
aanbid, bemin en bewonder MY en MY Seun YAHUSHUA (bemin ons bo al die ander),
verlangend na ons wil in hulle lewens en bid hoe om ONS te dien en ONS te behaag,
hoe om 'n glimlag op die gesig te sit van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle weier om ‘n
kompromie aan te gaan; hulle weier om satan se leuens te glo. Die Bruid van
YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam soos uitgestippel in die Heilige
Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe Heilige lewens want hulle is Heilig.
Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA terwyl hulle MY Sabbat hou en eer en die
Heilige Feeste beskou as 'n seën, en hulle vier en YAHUSHUA MESSIAS hulle
Bruidegom erken in almal van hulle.
Van hierdie dag af vorentoe beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van nuuts,
om die Fees van Purim te vier en vrolik te wees. Vier fees en loof MY vir die
verlossing van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloedlyn van YAHUSHUA
voortgekom het? Daar sou nie enige Hebreërs op die aangesig van die aarde oor
gewees het as Haman geslaag het nie. Wat Haman eenkeer probeer doen het sal weer
gepoog word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en
gelowiges in YAHUSHUA. Daardie selfde Gees het weer gekom deur die Gees van
Hitler, so sal dit weer gedoen word, wanneer die seun van verderf kom, wie die
seun van satan is. Bruid van YAHUSHUA, bestudeer die boek van Ester.
Bruid van YAHUSHUA, wees weer verbly, EK, YAHUVEH, sê wees bly. Hierdie is die
Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor
julle vyande, die verworpelinge en heidene nie. Want diegene wat MY Seun
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet, dien en gehoorsaam, julle is gered en
gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA en julle is nie bestem vir MY woede nie,
maar in plaas daarvan sal julle geseën word as julle maar net, in geloof, glo
julle sal jul Jubeljaar ontvang.
Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met broos, sieklike of verouderde
liggame wat oud geword het voor hul tyd, as gevolg van konstante fisiese,
emosionele, geestelike aanvalle en aanslae van satan se dienskneg kinders of
demoniese geeste. Julle vyande het julle uitgemergel fisies en verstandelik tog
geestelik hou julle aan groei en word sterker in YAHUSHUA se Naam en deur SY
gestorte Bloed by Golgota.
Wees bly Bruid van YAHUSHUA baie binnekort nou sal julle weggevoer word om
YAHUSHUA lewendig te ontmoet in die lug en julle liggame sal verander word in 'n
oomblik, in ‘n oogwink. En wanneer julle terugkom, sal julle nie meer verhinder
word in brose aardse werktuie van klei nie, maar in plaas daarvan bonatuurlik in
krag, jeuglike voorkoms en gesond op elke manier. Niks sal ontmoontlik wees vir
julle nie.
Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon. As julle kos wil eet kan julle
eet soveel as wat julle wil tog is kos nie dit wat julle voeding sal gee nie. In
plaas daarvan sal die salwing van die RUACH ha KODESH julle voed. Elke
Geestelike Woord wat uit jul mond kom deur die Heilige Skrifte sal julle voed.
Matheus 4:4
Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe
nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.
Lukas 4:4
Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van
brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.
As julle wil slaap kan julle, maar slaap sal nie nodig wees om julle kragte te
herwin nie.
Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die
arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Geen tronk tralies sal julle binne hou nie; geen deure sal julle verhinder om te
gaan waarheen EK vir julle sê om te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar
kan wees soos julle dit wil hê; julle kan verskeie vorms aanneem soos julle dit
wil. Geen afstand sal onmoontlik wees nie selfs al is dit Hemel toe of 'n ander
planeet of na die uit-eindes van die wêreld of selfs die maan. Dit sal so maklik
wees as om te dink aan 'n plek en julle sal arriveer. Geen man, vrou, demoon,
nie eens satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waarheen YAHUVEH en
YAHUSHUA vir julle sê om te gaan nie.
Johannes 20:19
En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die
dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom
en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
Julle sal wees soos Elia en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame
hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie behalwe vir MY Twee Getuies
tydens daardie skriftuurlike tyd deur 'n bonatuurlike wapen uit die bodemlose
put geïnspireer deur satan. Maar 3 en 1/2 dae later sal MY Twee Getuies weer
lewe in daardie Verheerlikte Liggaam en sal opgeneem word om by YAHUSHUA ha
MASHIACH die Bruidegom te wees.
Geliefde kinders, moenie vermoeid raak in goed doen en in gehoorsaamheid aan MY,
YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA nie hetsy julle die Bruid is of die Gaste.
Geseënd is al diegene wat genooi is na die Bruilof Fees van die Lam. Soos julle
sien, die bose groei met rasse skrede. Dit bespoedig net YAHUSHUA se wederkoms.
Terwyl julle die onheilige ryk en beroemdes sien wat blote mans en vrouens is
wat niks meer as illusies is nie, afgode van hierdie wêreld wat vergeet hulle
liggame is maar net van stof gemaak in MY hande en in MY tydsberekening sal EK
hulle klei liggame terugstuur tot stof weereens. Tog sal hulle geestelike
liggame ly vir ewig in die Hel en dan in die Poel van Vuur vir die sondes wat
hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So beny hulle nie.
Moenie mislei word nie, want daar is ‘n ewige prys om te betaal wanneer julle
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH bespot. Dit is soos om 'n naald te probeer steek in MY,
YAHUVEH se oog en EK sal vergeld. En EK sal hulle fynmaal onder MY voete
maalvleis maak van hulle lewens tot en met hulle laaste asem op hierdie aarde.
Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede voel in die Hel en die
Poel van Vuur. EK, YAHUVEH, verdedig MY Seun YAHUSHUA se Bruid die verloste
verseëldes op 'n manier wat EK nog nie vantevore gedoen het nie.
Want dit is op hierdie bestemde eindtyd en uur op 14 Januarie 2006, waar EK vir
Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] wakker gemaak het en vir haar gesê het nadat
'n menslike vyand wou kom vir haar terwyl sy geslaap het pogend om haar dood te
maak deur die geestes ryk, om te bid tot MY en MY te vra om haar verworpeling
vyande te stuur na MY Parskuip van woede ook genoem MY Vleismeule. EK het haar
gesalf gedurende gebed saam met haar [huishouding] nie net vir hulle nie, maar
vir die ganse ware Bruid van YAHUSHUA hulle het ook outoriteit om MY te vra om
dieselfde te doen.
Genoeg is genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA is nie bedoel om ondervoet vertrap te
word deur die dienskneg kinders van satan nie. EK, YAHUVEH, gee hierdie nuwe
salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienskneg kinders van satan en die bruid
van satan, wat die Bruid van YAHUSHUA aanval, sal die vloeke van Deuteronomium
28 'n duisendvoudig maai en hulle dra soos 'n tweede vel. Hulle sal weeklaag in
sielesmart en sê, “As dit nie was vir slegte geluk nie, het ons hoegenaamd geen
geluk gehad nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA
onder MY voete vertrap en julle bloed sal vloei soos ‘n karmosyn rivier terwyl
EK, YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA in die parskuip van MY woede
insit.
Lede van die Bruid van YAHUSHUA, julle was 'n unieke salwing gegee. EK gee
hierdie salwing aan vir julle, deur YAHUSHUA se “Ringmaiden” Elisabeth Elijah [Elisheva
Eliyahu] dit te laat voortspreek deur gesalfde gebede en geskrewe woorde. Lede
van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe outoriteit
onverskrokke te glo en te ontvang wat EK, YAHUVEH, vir julle gee sal EK julle
onverskrokke verlos van julle en MY vyande op 'n manier wat julle nog nie
voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK die demone
wat julle teister, nie sal stuur in YAHUVEH se vleismeule in nie wat die
parskuip van MY woede is, waar EK hulle tot niet sal maak.
Bruid van YAHUSHUA, EK gee vir julle hierdie nuwe outoriteit en nuwe salwing
hierdie dag wanneer julle MY vra in YAHUSHUA se Naam nie net ter wille van julle
gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael. Hoeveel sal kies om
hierdie standaard te aanvaar teen die bose in hierdie wêreld? Dit is julle keuse.
Dit is alleenlik gereserveer vir die Bruid van YAHUSHUA. Alle ander wat hiervoor
bid sal geweier word.
Aanstootlik vir sommiges wat weier om te luister, ophelderend vir ander wie die
stem hoor van YAHUVEH.
Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word vir hulle wie
spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
En van Profeet Caleb:
Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND BEDIENING
– EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie
SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16;22) Sodat die Staf van die
Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën
is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge
sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in Die NAAM VAN
YAHUSHUA.
* * * * * * *
“Vader God, hierdie biologiese kieme oorlogvoering, siektes Vader. U weet Vader
God, ag, as dit maar net ‘n koeël was wat hul lewens sou beëindig, Vader God.
Maar HERE God, daar is so baie maniere om dood te gaan. En Vader U ken die bose,
Vader God. U weet hoe hulle martel, U ken die manier waarop hulle wil hê dat
iemand moet ly. U weet Haloween is op hande. U weet dit is ‘n sataniese dag. Dit
is ‘n tyd van die hoogste onheiligheid. Daar is niks heiligs aan daardie dag nie.
Dis die mees onheiligste tyd Vader.
Maar U het gesê, HERE GOD, Vader God , U het gesê dat ons elke dag moet jubbel
en dat ons moet weet dit is U wat ons elke dag wakker maak, dit is U wat ons die
krag gee om aan te gaan. Daarom dank ons U en ons Loof U. Want U weet wat ons
nodig het en dis net een rots in ons hand om Goliat te verslaan. Dis wat U my op
hierdie oomblik vertel, ons het net een rots in ons hand nodig om Goliat te
verslaan. En dit is die Lewende Rots, DIT IS DIE LEWENDE ROTS! En ons het die
Lewende Rots en ons hou vas aan die Lewende Rots. Dit is U, YAHUSHUA ha
MASHIACH. U is die Lewende Rots.
U is die oopgekloofte Rots van alle eeue, en ons gee U nou net Lofprysing, Eer
en Heerlikheid. Want U sal U mense beskerm en U sal gebruik word om hierdie
Goliat, wat teen ons kom, te verslaan.
Hulle dink dat hulle almal sal doodmaak wat glo en vertrou in YAHUSHUA ha
MASHIACH en in U, Vader GOD, YAHUVEH. Maar hulle het ‘n wrede ontnugtering wat
wag, want Goliat het ook na Dawid toe gekom en hom ‘n hond genoem , en tog, wat
het Dawid vir hom gesê? “Vandag sal die God wat ek dien jou in my hand oorlewer.”
Daarom , Vader, roep ek uit vir al die Christene. Vader, vir die Pakistanse
Bedienaars, Vader dat ons sy vrou se smeking aan George W. Bush sal stuur, asof
hy gehoor sal gee, Vader.
Maar Here God sy is daar, sy is in Pakistan, asook haar man en syself en al die
Christene terwyl hierdie bose Muslims, wat ons nie eens boos mag noem nie omdat
ons heelwaarskynlik beskuldig sal word van haat misdaad as ons dit doen Here.
Maar hulle is in vrees, hulle skuil in hul huise en die Christene word oral
afgemaai, Vader net omdat ons in Amerika gesit het, en ons het dit nie gesien
nie.
O, vergewe ons, God, want ons het ons oë blind gehou vir dit wat in die wêreld
aangaan, want nou is dit voor ons eie deur en ons sien die gevaar in ons eie
land. Maar Hemelse Vader ek roep nou uit. Ek vra nou en Wendy stem saam, God,
stuur ‘n spervuur van engele uit die Hemel. Ons sien die spervuur van engele,
die gevegs-engele uit die Hemel, legioene op legioene op legioene om nou uit te
gaan in hierdie wêreld in, om U kinders nou te beskerm. Om diegene te beskerm
wat uitroep in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat uitroep in die Naam van
YAHUVEH. Beskerm hulle, beskerm hulle. beskerm hulle.
O, ek dank U en ek loof U vir die koepels, die koepels bo-oor al die huise,
Vader, wat aan U behoort, nie net op die deurposte nie, God, ook nie sommer
enige ou lam se bloed nie, nee, hierdie is die Lam van God, YAHUVEH. Hierdie is
die Heilige, Onbevlekte, Vleklose Lam wat vir ons geslag was en weer opgestaan
het. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH.
U is die Een wat ons huis bedek en beskerm. Ons gee U die Lof, Eer en
Heerlikheid. Nie net vir Wendy en myself nie maar vir al ons broers en susters
reg oor die wêreld. Ek weet U sal martelaars hê maar ek dank U en ek loof U
omdat U meer sal hê vir wie U beskerm, as wat daar sal wees wat sal sterf in U
Naam. Ek glo in geloof, Vader God, want hoe kan die vyand sê dat ons anders is
as hulle, wat slagting pleeg, Vader. As U nie die tipe wonderwerke doen wat U
gedoen het in die tyd van die kinders van Israel nie, toe die bose Farao hulle
agterna gesit het.
As U nie wys nie, Vader God, in die tye van ouds, Vader God, oor en oor, het U
bewys met Shadrac, Meshach en Abednego wat in die vuuroond gegooi was en Daniël
wat in die leeukuil gegooi was. O, HalleluYah, Vader God, ons loof U en ons dank
U, dieselfde God wat Jona laat uitspoeg het uit die maag van die walvis. U is
dieselfde God, Vader, dat Noag en sy familie gespaar gebly het terwyl almal in
die hele wêreld gesterf het. U is dieselfde God, Vader.
Wat al hierdie dinge gedoen het selfs al het die water die hele wêreld oordek,
Vader God. As die Mississippi rivier gaan oorstroom en al hierdie verskriklike
dinge, God, en Here ek word vertel dat die einste State daaronder sal wees,
Vader. En Here ek gee U die Lofprysing, Eer en heerlikheid. U het ‘n ark, U het
‘n ark gehad vir Noag. U sal ‘n ark hê vir U kinders...(sy begin bid in Hemelse
tale.)
Want U is ‘n God wat beloof om vry te maak, U is ‘n God wat beloof om te red.
Hoe kan dit aan U Lofprysing, Eer en Heerlikheid bring as ons net doodgaan en
die vyand bewys dat hy ‘n Dawid kan doodmaak net wanneer hy wil. Daarom dank ek
U vir die Lewende Rots wat U in ons hande gesit het, ek dank U YAHUSHUA ha
MASHIACH dat dit U sal wees wat hierdie bose manne sal verslaan. Want hul dink
dat hulle maar net teen gewone Christene en Messiaaanse Jode kom en teen hulle
wat na U uitroep, maar hulle besef nie dat hulle teen die God van die Skepping
te staan kom nie, U Vader God YAHUVEH, U YAHUSHUA ha MASHIACH en U Kosbare Ruach
ha Kodesh, die Gees van die Lewende God YAHUVEH en YAHUSHUA.
Daarom gee ons U nou die Lof, Eer en Heerlikheid dat die beskerming op die mense
is. Dat nie een enkele wedergebore, Heilige Gees vervulde Christen, Messiaanse
Jood, by watter naam hul ookal genoem word, solank hul wedergebore is, dat nie
een van hulle, Vader God, geaffekteer sal word deur die gasse, nie een van hulle
geaffekteer sal word deur die siektes, nie een geaffekteer sal word deur die
antrax, nie een geaffekteer sal word deur pokke nie. Nie een van hulle
geaffekteer sal word deur hierdie sogenaamde wapens nie, Vader God, kiem
oorlogvoering, Vader God, nie een van hulle nie Vader God.
Ek glo, ek glo, ek glo en verklaar vandag dat U Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH, U
bloed wat bedek en ons beskerm gaan ons bedek en beskerm. Ek glo, ek glo, ek glo
Vader God met alles binne-in my, dat U ‘n standaard opgerig het teen hierdie
bose een, alhoewel ons dit nie kan sien nie, en alhoewel ons sal hoor hoe die VN
praat en ons alles sal hoor wat hulle beplan om te doen om te eis dat hulle ons
gaan beskerm. Ons Dank U en ons Loof U dat ons beskerming nie lê by hulle wapens
nie. Ons beskerming sal lê in die sterk arm van die Here God YAHUVEH. Ons loof U
en dank U omdat die bose Farao’s sal ondergaan asook al hulle troepe.
Ek roep nie net uit terwille van Amerika nie, ek roep uit vir Israel en ek roep
uit vir almal reg oor die wêreld. O, Vader daar is selfs Christene wat sit in
Afghanistan, Vader. Hulle noem hul die ongelowiges maar dit is hulle wie die
ongelowiges is. Vader God ek dank U en ek loof U vir die beskerming van hulle
wat ons broers en susters is in YAHUSHUA. Ons gee nou aan U die Lof, Eer en
Heerlikheid.
O, as U maar net sou kom en U Bruid versamel en ons huis toe neem YAHUSHUA. O,
ons het gewag en en ons het verlang en ons staan onder die hoopla en wag vir U.
Ons wag vir ons Bruidegom, ons het ons trougewaad aan, Vader, selfs die tiaras
op ons koppe. So, ons wag vir U, ons wag vir U. Ons het die olie in ons
lanterns, die lamppitte is kort geknip en ons wag vir U en ons is wakker en ons
wag en ons wag. En waar is U? Waar is U? YAHUSHUA ha MASHIACH, ons wag vir ons
Bruidegom , ons het liefde vir U, ons wag vir U. Ons arms is uitgestrek en ons
kyk na die noorde, ooste, suide en weste en ons sê, “YAHUSHUA ha MASHIACH, U is
ons Bruidegom, ons is U Bruid!”
Ons wag vir U! Ons roep nie net uit omdat ons bang is nie. Nee, ons het iets
veel groter as dit, as rede hoekom ons vir U wag. Dit is omdat ons U liefhet,
omdat ons U aanbid, omdat ons U bewonder, elke hartklop van ons is vir U, ons is
bereid om ons lewens vir U neer te lê, ons het U nodig, ons wil U hê, ons smag
na U, ons dors na U, ons is honger vir U verskyning. Kan U nie U Bruid hoor nie?
Gaan U haar by die altaar laat staan vir ‘n ander dag? Ons wag vir U. Waar is U?
Ek roep uit, Vader God, in die naam van die hele Bruid. Laat my stem Vader God,
staan vir die hele Bruid. Ons roep uit na U, ons huil vir U.
Laat my stem, Vader God, staan vir die hele Bruid. Ons roep uit vir U, ons huil
vir U, ons voel hoe die vyand se troepe oral rondstaan op hierdie dag wat
veronderstel is om ons troudag te wees. Waar is ons Bruidegom? Ons sien die
gewere op ons gerig. Ons sien die grinnike op hul gesigte. Hulle dink dat hulle
ons sekerlik gaan doodmaak, om ons uit te wis onder die mensdom.
En daarom kyk ons uit vir ons Bruidegom. Ons sien die bose, hulle lag vir ons
want hulle sien nie die Bruidegom kom vir die Bruid nie. So, hoe lank voor U kom?
Wanneer gaan U ons vergader aan U sy? Ons is U metgesel ons is U geliefde. Vader
God YAHUVEH. Wanneer gaan U, U Seun stuur? Wanneer gaan ons die woorde hoor, “Kom
hierheen!”? Wanneer sal ons die stem hoor van ons Here God Almagtig YAHUSHUA met
die stem van ‘n aartsengel. Waar is U?
Trane stroom oor ons wange . Ons wag vir U. Ons verlang na U. Ons het U lief.
Kom, Kom, Kom, O asseblief Geliefde. Ons hart en gees roep uit, ons verstand en
liggaam roep uit. Kom haal U bruid. Maak ons een, maak ons een, YAHUSHUA, maak
ons een. O, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na die bose mense,
hulle rig hul wapens op ons, hulle oorlog wapens.
Hulle probeer ons skiet, die koeëls vlieg oor ons koppe na links en regs, maar
HalleluYah, hulle oorlog wapens is vleeslik. Want ons gebruik geestelike wapens
in verweer. En ons probeer nie eens om die krag in ons geestelike wapens te
verstaan nie, dit is kragtiger as enige mens. Selfs Dawid het nie die wapens van
mense gebruik nie, want hy kon die uitrusting, wat deur mense aan hom gegee was,
nie aantrek nie. Hy het sy uitrusting, wat deur YAHUVEH aan hom gegee was,
aangetrek daardie dag. Hy het die wapens van mense neergegooi. Hy het vyf gladde
klippies opgetel en dit het net een geneem om Goliat dood te maak daardie dag.
Toe het hy ‘n menslike wapen gebruik om Goliat se kop af te kap daardie dag.
Maar dit was net vir een rede en dit was ‘n bewys dat U sou doen wat U gesê het
U sou doen op daardie dag. So laat ons die koppe kry van die vyande net so seker
as wat die vyand die kop geneem het van Johannes die doper. Laat ONS die kop van
Goliat afkap met die twee snydende swaard. Want U weet dat ek nou ‘n nuwe visie
het. Ek kyk en wat sien ek?
Maar die twee snydende swaard is in die hand van elke bruid, en op die lem sien
ek dat dit in bloed gedoop is, maar dis die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH wat
ons beskerm met daardie swaard. Ek sien ons met daardie swaard, ons swaai dit na
links en na regs terwyl die vyand probeer staan. Maar nou weet hulle dat hulle
nie net te staan kom teen enige vrou of enige man nie. So dit is wat ons gaan
doen terwyl ons vir U wag op hierdie huweliksdag. Ons gaan net aanhou veg. In U
heilige en U regverdige en U gesalfde YAHUSHUA se naam.
Want julle sien, ons dra nie sommer net enige trougewaad nie, maar ons staan in
die volle wapenrusting van God YAHUVEH. En ek kyk rond en nou sien ek nie net
die vyand weghardloop nie maar ek sien ook engele, legioene en legioene van
engele wat U gestuur het vandag terwyl ek bid. Dit is hulle wat veroorsaak dat
die vyand in sewe verskillende rigtings hardloop. En daarom sal ons hier bly
staan, want U Woord sê as mens alles gedoen het wat jy kan doen, moet jy net bly
staan, so daarom sal ons hier bly staan en ons sal wag vir ons Bruidegom ongeag
hoe lank dit neem. Ons weet U is nooit te vroeg nie en nooit te laat nie.
Daarom gaan ons hier staan. Ons gaan nie eens aan die slaap raak nie. Ons gaan
nie eens sit nie. Ons gaan staande bly selfs as hulle lag en spot. Ons gaan hier
staan en wag vir ons Bruidegom, wie die Lewende Rots genoem word. Maar ons het
die trane. En al veg ons nog teen die vrese, dit maak nie saak hoeveel jare nie,
ons sal hier staan met die olie in ons lanterns. En met die lamppit kort geknip,
en ons gaan hier staan en wag vir ons Geliefde om te kom.
Ons het U lief, ons het U lief, ons aanbid U, ons bewonder U. Ons hart sou nie
eens geklop het as dit nie was vir die feit dat U dit laat klop het nie. Ons
verlang na U, ons smag na U soos ‘n persoon wat dors ly in die woestyn. Dank U
vir U Lewende Water, maar dit kan nie die dors wegneem wat na U verlang nie, wat
smag na U nie, wat ons laat treur, “Waar is ons Bruidegom?”
Sal U spoedig kom? Sal dit vandag wees? Sal U kom en U Bruid wegneem? Ons staan
onder die ‘hoopla’ en ons kyk steeds na die noorde, ooste, suide en weste, en
gaan probeer om ‘n glimlag op te sit alhoewel ons soveel hartseer voel. Maar dit
is nie net omdat ons die slegte nuus hoor nie, want laat ons onthou wie se
verslag ons gaan glo? Hierdie keer gaan ons, ons vertroue plaas in die geseënde
Hoop en weet dat ons baie spoedig met ons Bruidegom sal opstyg om Hom lewendig
te ontmoet en ons sal baie, baie, baie spoedig gaan.
Dankie, dankie Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, dankie dat U my toelaat om te
spreek namens die bruid hierdie keer. Dankie dat U elkeen van ons gebede verhoor.
O, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. Ons dank U omdat U
al ons sondes vergewe, om nooit weer daarna te kyk nie. Laat ons net U stem hoor,
laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, lei ons net en rig ons en
vertel ons wat om te doen dis al wat ons van U vra. Laat ons nie voor die wolk
van Heerlikheid uit gaan nie, en laat ons nie agter raak nie, laat ons altyd reg
onder dit wees. Gebruik die vuurkolom, die Ruach ha Kodesh vuur, om ons pad te
verlig. Laat ons nooit in totale duisternis wees nie, maar gebruik die vuurkolom
daardie dag wanneer ons nie op elektrisiteit kan staatmaak nie.
Wees U die Een wat ons verwarm sodat ons nooit te koud word nie. Wees U die Een
wat ons afkoel sodat ons nooit te warm word nie. Wees U die Een wat ons voed.
Wees U die Een waaraan ons vashou, die Een wat ons die Lewende Rots noem. Wees U
die arms waarin ons aan die slaap raak. Wees U die arms wat ons styf vashou.
Wees U die Een wat ons kalmeer wanneer vrees ons in die nag oorval. Wees U die
Vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ons nie in hierdie wêreld kan
vashou nie. O, Vader God YAHUVEH, ek roep tot YAHUSHUA, U Enig Verwekte Seun.
Beskerm ons asseblief teen hierdie bose mense. Laat hierdie gebede vrug dra
vandag. En laat die Bruid bemoedig word op ‘n spesiale manier. Laat hulle U
liefde voel, dat hulle nie verlaat is nie. Ons wag net vir U omdat ons weet dat
U sal kom, want hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. O, ons verlang na ons
Hemelse tuiste. Maar ons gaan hier bly en vertoef en die doel bereik waarvoor U
ons hier gesit het selfs al beteken dit dat sommige sal leef en sommige sal
sterf. Dank U, dank U my Geliefde YAHUSHUA. Dank U.
Weet julle dat ons wapenrusting wit is? Julle weet, mense dink aan ons asof in
‘n bruidsgewaad, maar in werklikheid is ons...ek sien ‘n visioen en ons staan in
ons wapenrusting in skitterende wit. Dank U, dank U, dank U. Lees Effesiërs 6
wat die wapenrusting van ons Vader YAHUVEH is waarin ons staan. HalleluYah,
HalleluYah. Vir U heerlikheid sal ons staan ten spyte van die vervolging deur
mense. U Heerlikheid. Ons sal wag. Ons weet U is nie te vroeg is nie en weet dat
U nie te laat sal wees nie. Om te weet dat U by U Bruid wil wees net soveel as
wat ons by U wil wees. En daarom sal ons staan. En daarom sal ons wag. Dank U
Vader.
Goed. Kan jy dit alles onthou? [gerig aan Wendy aan die ander kant van die lyn]
Wendy: Ek sal probeer.
Ek sien ‘n visioen van wapenrusting dit is ...voorheen het ek dit altyd beskou
as...in ‘n vloeiende syagtige rok soos dié waarin mens trou. Maar jy sien dit is
onprakties vir die doel van Sy Bruid. Dis wat die Here my nou vertel. Dis nie
prakties nie. Dis wêreldse wapens soos my seun gesê het, dit is wêreldse wapens.
Ons het ‘n geestelike wapen. Effesiërs 6 sê...en almal behoort te lees wat staan
in Effesiërs 6. Jy beter elke enkele stukkie van jou wapenrusting aan hê, jy
beter nie een stuk verwyder nie. Maar ek sien hierdie wapenrusting en dit
skitter en dit lyk asof dit goud afgee. Dit is anders as enige materiaal wat
mens op aarde sal vind. Dit is iets wat geen wapen kan binnedring nie en tog,
terselfde tyd so lig dat jy nie eens weet dat jy dit aan het nie.
En dis nie lomp nie en dit is nie ‘n groot soort wapenrusting nie. Dit is baie,
baie pragtig en dit is baie...ek glo, ek gaan dit sê Vader want ek verstaan dit
nie, dit is amper soos ‘n kleurmengeling [‘n speling van diep reënboog agtige
kleure] dis soos ‘n kleurmengeling, dit is so pragtig. Ek weet nie. Ek hoor die
woord kleurmengeling. Ek sal die woord kleurmengeling moet opkyk. Ek weet nie
wat kleurmengeling is nie.
Wendy: Dis soos...jy weet soos ‘n seeskulp. Soort van pêrel agtig...soos
naelpolitoer met al die kleure daarin.
Ek hou baie van daardie tipe naelpolitoer.
Wendy: Waar mens al die verskillende kleure daarin kan sien.
Dit is hoe dit is. Mense moet verstaan, en die mans moet dit verstaan. Wat dit
is, dat mans wat die bruid genoem word, altyd gewonder het hoe hulle sal lyk in
‘n trougewaad. “Nou maar goed, God U noem my ‘n bruid.” Maar die Here doen dit
sodat mans kan verstaan. Die uitrusting is iets wat goed lyk aan mans en vroue
net soos dit ons sal pas. Dit pas ons anders as wat dit die mans sal pas as
gevolg van die kurwes. Jy weet ons is anders gevorm, kom ons wees openlik. Maar
dit is van dieselfde materiaal en dit is absoluut pragtig, en wanneer die sonlig
daarop val, gloei dit net, daarom dank ek U en ek loof U.
En Wendy, weet jy wat? Ek kan nie nag sien nie selfs al is dit dalk donker daar
buite...terloops dit is 9:10 so ek weet nie hoe laat daardie boodskap begin het
nie, maar ons moet regtig begin om die tye te onthou...maar dit is nou 9:10
nm....watter dag is dit? Is dit September?
Wendy: Oktober.
Ons is in Oktober...9 Oktober. Ons is in 9 Oktober en dit is na 9h00. Nege is
die nommer van bevryding soos ek gehoor het. Wow. Wel, in elk geval...maar in
elk geval die belangrikste is dat hulle dit moet verstaan en ek dink dit sal
hulle seën om te weet dat hulle nie daar staan in ‘n ragfyn wit nagrok nie. Dis
die wapenrusting van God in Effesiërs 6 en dit is absoluut pragtig.
Ek het begin om te sê dit is so mooi, selfs al is dit nag, is daar geen nag nie.
Ek het gesien hoe die sonlig afkom en die wapenrusting vang, so selfs al is dit
nag en selfs as Hy in die middernag uur kom, selfs terwyl ons wag, sal dit
rondom ons lyk of dit lig is, want ons sal instaat wees om duidelik te sien
wanneer ons Meester kom, dit is wat die Here gesê het.
Al kom EK in die middernag uur, simboliseer die lig rondom julle dat julle nie
in die donker betrap sal word nie. Julle sal nie onverhoeds betrap word soos met
‘n dief nie. Hy het gesê julle sal lig hê reg rondom julle. Nie afhanklik van
die lig nie. Maar dit is wat die lig is, dit is die lig van God. En soos HY
nader kom word dit net al helderder, en julle sal die Here enige wapen vra wat
teen die vyand opgerig sal word, dit is presies wat Hy my nou vertel. Ons gaan
duideliker verstaan en suiwer openbarings kry, duidelike aksies en vinniger
woorde van Hom, ons het wapens wat aan ons gegee was.
Hierdie is splinternuut en niemand sal instaat wees om dit te stop nie. Hulle
kan baie dinge wegneem, maar hul kan HOM nie stop nie, die stem van YAHUVEH.
Maar die Here sê nou; Laat die mense weet wanneer hulle hierdie dinge sien begin
gebeur, hoor hulle duideliker en sien hulle duideliker.
Maar wanneer dit lyk of daar orals net duisternis is in die middernag uur, gaan
ons duidelik die lig van GOD hê op ‘n magtige manier op daardie dag. Dit bid ek
in die naam van YAHUSHUA. Amen. Daarsy