Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
4 Junie, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105,YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY woorde verag en met SY
profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Belangrike Nota Aangaande Hierdie Profesie!
YAHUVEH het dit wat hierdie jaar gebeur het teruggehou! Net soos Jona, was die
Oordeel uitgestel en nou in 2001 het dit begin! Bid dat dit weer uitgestel sal
word!
* * * * * * *
MY Geliefde, hoor MY Woorde en instruksies vir die komende dae van 1999 en
vorentoe. EK hoor hoe MY Kinders uitroep. EK is nie doof, of blind nie, MY hand
is nie te kort om julle te bevry van die beproewings wat kom nie. Wandel net
deur geloof en nie deur aanskouing nie. Julle natuurlike ore en oë sal julle in
die steek laat of julle mislei. Luister nie na die voorspellers van verdoemenis
wat sê dat EK MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal
verlaat nie. Staan op MY Woord, glo dit en sê in jou hart "YAHUVEH het dit gesê,
EK GLO DIT EN DIT IS DIT!"
In 1999 sal die woorde "Vrees om te Vlieg" 'n nuwe betekenis aanneem. MY Babas
en Bruid sal nie vrees nie. Gerugte van oorlog sal nie langer net gerugte wees
nie en dit sal meer as een land op 'n slag wees. EK sien en hoor MY Babas, MY
Kinders, EK voel julle pyn terwyl julle luister en vreesbevange hardloop in elke
rigting of julle is oorweldig en verlam, asof in skok en julle geloof dreineer
daagliks oor die wêreld se nuusberigte. Baie van MY Kleintjies is paniekbevange
want hulle sê, "ek kan nie YAHUVEH se stem hoor nie." Hulle huil en weeklaag in
angs en bid, "Asseblief YAHUVEH, sê my waarheen om te gaan en wat om te doen."
MY Kinders, hoor MY, julle het nie gehoor wat om te doen of waarheen om te gaan
nie want dit is nog nie tyd nie. Vertoef nog 'n rukkie langer, EK sal spreek en
tot jul Gees bevestig op baie verskillende maniere. EK het nie MY geliefde
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes verlaat nie. EK sal ook
nie. Julle name is op MY Handpalms gegraveer.
Baie van MY Kinders probeer MY volgende stap bereken. Het julle nog nie besef MY
weë is bo julle manier van dinge doen nie? Daarom is EK die groot God “EK IS” en
EK vra niemand om verskoning vir enigiets wat EK doen nie. In 1999 sal julle
goed doen as julle leer soos julle lankal moes geleer het om nie op julle eie
insig staat te maak nie, maar erken MY in al jul weë, vra van MY en jul Hemelse
Vader, Almagtige God YAHUVEH sal julle pad rig.
Hou op om MY te probeer verstaan. Dit is nie julle plek om MY te verstaan nie,
eerder is dit EK wat julle elke gedagte, handeling, motief en intensie van die
hart verstaan. Julle kry nog net 'n gedagte en voor julle praat, weet EK wat
julle sal sê. EK is die pottebakker; julle is die klei, hou op om met MY te
argumenteer.
Baie van julle neem besluite wat op vrees gebaseer is. EK het julle nie die
vrees gegee van julle Hemelse Vader wat MY Kinders verlaat of vergeet nie. satan
het julle hierdie vrees gegee, saam met geeste van depressie en hopeloosheid.
Hou julle hoop lewendig; hou julle geloof lewendig deur julle gedagte te hernu.
Lees MY Woord. Alles wat EK gedoen het in die tye van ouds.
Sedert die tye van ouds het EK MY Kinders versorg wat MY dien en aanbid, probeer
om MY te gehoorsaam, het EK nie? Baie geestelike leiers maak julle bang met
feite, hoe MY Kinders terwille van MY gemartel en doodgemaak word. Maar EK sê
vir julle nou, ja daar is martelaars, EK het altyd geliefde kinders gehad wat
gewillig was om hulle lewens neer te lê terwille van MY. EK sal altyd martelaars
hê; hulle bloed is so kosbaar vir MY, soos MY Seun vrywillig SY lewe gegee het
op Golgota so vergiet diesulkes ook hul bloed tot MY Eer. “EK IS” wie “EK IS” en
EK verander vir geen man, of vrou nie of vir julle seisoene of tye nie.
EK sal diegene seën wat vir MY 'n seën is, diegene vervloek wat vir MY 'n vloek
is. Hulle wat MY skande bring sal leef vir ewig afgesny van hul skepper, in pyn
en wroeging ongeken. Weereens in 1999 en vorentoe, ‘n nuwe betekenis vir die
bogenoemde woorde "EK sal diegene seën wat 'n seën vir MY is en diegene vervloek
wat 'n vloek vir MY is.” Hierdie woorde sal deur almal gevoel word. Hoor MY!
Vrees MY! Glo MY! EK lieg nie! Wat EK profeteer sal gebeur in 1999. “EK IS” wie
“EK IS”, Almagtige God YAHUVEH, die Alfa en Omega, wie die Heilige Goddelike
Drie-Eenheid is.
EK sal MY Ware Kinders beloon, wat ywerig daarna soek om MY in alle weë te
behaag. EK sal MY Kinders beskerm in 1999 teen die komende beproewings en
verdrukkings terwille van MY Eer. Nie terwille van hulle eer nie. EK sal diegene
beskerm wat daarop aandring om Heilig te wees soos EK heilig is, Heilig te lewe,
Heilig te dink, Heilig te spreek, 'n lewende getuienis vir die heidene. MY
Bruid, My Kinders, julle is afgesonder vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Eer alleen. EK
hou daarvan om diegene te seën wat hierdie dinge doen.
MY Ware Skape en Lammers sal nooit enige ander god voor MY hê nie. MY Bruid sal
dit wat EK as Heilig verklaar het op geen manier inboet nie. MY Bruid sal MY
Gebooie eer, insluitende een wat deur menigtes oor die hoof gesien was. Dit was
misverstaan, gespot, of die gees van rebellie het ingedring en die harte
verhard. Maar MY Bruid sal nou aanspreeklik gehou word terwyl sommige van julle
jul koppe in skaamte sal laat sak, onwetend hoe julle MY RUACH ha KODESH bedroef
het deur nie MY Sabbatdag Heilig te hou nie.
O maar EK kan julle sien jul koppe skud en sê "Nie ek nie, U praat sekerlik met
iemand anders, want ek woon op Sondag kerkdienste by," Elke Sondag, spog sommige
selfs. "Maar ag MY liewe kleintjies, DIT IS JULLE WAT MY RUACH ha KODESH BEDROEF
HET."
Want het julle nie MY Woord gelees nie, Eksodus 31:12-18: "Verder het YAHUVEH
met Mosheh gepraat en gesê : Spreek jy met die kinders van Yiesraél en sê :
Julle moet beslis MY Shabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen MY en julle
in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat EK YAHUVEH is wat julle
afsonder.
Onderhou die Shabbat, want dit moet vir julle afgesonder wees. Hy wat dit ontwy,
moet sekerlik doodgemaak word; want elkeen wat daarop werk verrig, daardie siel
moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. Ses dae lank kan werk verrig word,
maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, afgesonder aan
YAHUVEH. Elkeen wat op die dag van die Shabbat werk doen, moet beslis doodgemaak
word. En die kinders van Yiesraél moet die Shabbat onderhou deur die Shabbat te
vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond. Tussen MY en die kinders van
Yiesraél is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het YAHUVEH die hemel en die
aarde gemaak, maar op die sewende dag het HY gerus en Hom verkwik. En HY het aan
Mosheh, toe Hy geëindig het om met hom te praat op die berg Sinai, die twee
tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, opgeskryf met die vinger van
YAHUVEH.”
Julle werk moet in ses dae gedoen word, maar op die sewende dag moet julle rus,
Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Bid en EK sal julle wys hoe om hierdie
dae af te sonder en julle leer om in MY te rus en julle sal MY stem hoor,
bemoedig word, verkwik op 'n nuwe manier, geseënd en beskud teen julle vyande.
Het EK nie gesê EK is die groot God, “EK IS” nie? en EK en MY Woord verander
nie, vir geen man of vrou nie, of tyd of seisoen nie.
Julle geestelike leiers wat dit nie onderrig het nie moet bekeer. Draai weg van
hierdie boosheid om dit te doen volgens die manier van mense met mensgemaakte
leerstellings. Weer sê EK, MY weë is hoër as julle weë. Vlug weg van enige
geestelike leier wat weier om MY Heilige Woord sonder toegewings te onderrig.
Weer sê EK, vlug. Dit is by verre beter om die waarheid by hierdie diensmaagd te
leer as om te sterf in daardie leuen. Oefen nou om MY Sabbatdag heilig te hou.
Die swaar tye kom nader en julle sal aanspreeklik gehou word vir dit wat julle
nou weet. Julle het nie meer enige verskonings nie.
Weereens, julle wat MY ware Babas en Bruid is sal nooit enige ander gode voor MY
hê nie. MY Bruid sal MY eer deur MY Sabbatte Heilig te hou. Sê nie watter
Sabbatdag nie want EK het duidelik vir julle gesê dit is nie Sondag nie. MY
noukeurig uitgesoektes het dit al die tyd geweet. Elke dag moet julle MY aanbid
en erken, maar op die Sabbatdag, Vrydag sononder tot Saterdag sononder, moet
julle rus, leer van MY, want op ‘n jaloerse manier wil EK julle op daardie dag
hê om net MYNE te wees op die dag wat EK MY Sabbat noem.
Die wêreld beskou dit as dwaasheid en dink dit is hulle dag om te sondig en
jolig te wees of te werk; in plaas daarvan sal MY Mense weier om te werk en
jolig te wees. En bewys dat die dae van die mense dwaasheid is asook om vir MY
mense te vertel om ‘n Sabbat-onderhouer te wees is dwaas. Tog is dit MY Heilige
Dag en satan het julle godsdienstige sisteem gebruik om MY op daardie dag te
bespot.
EK wil julle bemoedig. Diegene wat Sabbat-onderhouers genoem word, julle is MY
WARE BRUID. Julle geur is aangenaam in MY neusgate, maar deur net 'n
Sabbat-onderhouer te wees sal julle nie red nie. Dit moet gekombineer word met
aanvaarding van YAHUSHUA as MESSIAS. Terwyl die sondige wêreld waarin julle leef
aanhou om rebellie te onderrig, MY Tien Gebooie te ruïneer of te verander, soos
in die dae van Moses sal EK wys wat EK doen met 'n volk met 'n rebelse hart.
Menigtes wat beweer om gelowiges in YAHUSHUA en YAHUVEH te wees breek weereens
die twee kliptafels soos Moses gedoen het, maar hierdie keer op 'n ander manier.
Want die rebelse kinders breek MY hart wanneer hulle MY gebooie breek en sê om
die Sabbat heilig te hou is nie meer belangrik nie. Die kliptafels is die koue
klip harte ver van MY, onverskillig teenoor MY Gebooie. Geestelike leiers
herskryf MY Gebooie wat EK aan Moses gegee het, bespot hulle, en verbreek dit
soos hulle verkies het. God-speel aangaande dit wat geskryf was en hulle idee is
agter die betekenis van MY gebooie.
Wat is 'n gebod? Dit is presies dit, 'n gebod, 'n wet, opdragte georden uit die
Hemel van YAHUVEH. Dieselfde gebooie op aarde word gevolg in die Hemel. Soldate
neem opdragte van die opper bevelvoerder, maar tog bevraagteken MY soldate MY
wanneer EK opdragte gee.
Hoekom is dit so? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat die Rooi-See gekloof
het nie? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat vir Noag en Moses voorsien
het nie? Het EK nie 'n engel gestuur om die bek van die leeu vir Daniël toe te
sluit nie? Het EK nie vir Sadrag, Mesag en Abednégo in die gloeiende vuuroond
beskerm nie? Kan julle glo dat EK dit weer sal doen? Dit is die geur van MY
soete salwing wat verhoed het dat hulle na rook geruik het. Bid en glo in geloof
dat EK julle daarvan sal weerhou om te buig voor ander vals gode.
Stel MY eerste in al julle weë soos hierdie drie Hebreeuse kinders gedoen het.
Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat 'n vrou genaamd Debora as ‘n rigter
gebruik het om duisende te verslaan, MY vyande na die graf en die put van die
hel te neem nie? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat 'n skaapwagter-seun
en een klein klippie gebruik het om te veroorsaak dat Goliat vir altyd val nie?
Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat die bose Farao vervloek het nie? EK
het hom geskape vir vernietiging om te bewys “EK IS” wie “EK IS”.
Niemand onderdruk of probeer om MY Uitverkorenes, MY Noukeurig Uitgesoektes in
besit te neem wat MY aanbid en dien en YAHUVEH en YAHUSHUA bo alles stel nie.
Hulle wat MY Noukeurig Uitgesoektes vervloek sal EK vervloek. Diegene wat dit
waag om MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes dood te maak,
te martel, te onderdruk, probeer beset en probeer stilmaak. EK sal hulle
terugbetaal soos in die dae van Dawid en Goliat, soos in die dae van die bose
Farao. Hierdie komende jaar van 1999 wat julle oor gelees het in die verlede,
dit sal EK weer doen. Julle sal MY groot hand van toorn of genade sien almal sal
die realiteit sien van watter God hulle gedien het.
Hierdie geestelike leiers wat apostels, profete, leraars, predikers en
evangeliste is wat sê dit maak nie saak watter dag die Sabbat genoem word nie,
leer vir MY mense ‘n leuen. Hulle wat sê dat YAHUSHUA die Sabbat is, maar met
die volgende asem hulself veroordeel deur te sê ons behoort elke dag YAHUVEH en
YAHUSHUA te dien, dit is waar, ahh, maar luister na die volgende woord om die
Gees te toets wat praat met diegene wat verklaar dat hulle MY ken en MY nogtans
nie ken nie, nou is hul kans om te bekeer en die waarheid te onderrig want hulle
sê enige dag kan die Sabbat wees.
EK sê nou vir julle satan het MY Dag van aanbidding en rus gesteel, plaasvervang
met 'n dag wat gerieflik is vir die mensdom! 'n Dag wat die mens verklaar het en
nou skryf hulle weer bevele om te aanbid en te rus op dit wat nou Sondag genoem
word. Maar EK het bepaal, en MY uitverkorenes en noukeurig uitgesoektes ken die
dag van rus. Dit is nie bedoel om 'n gerieflikheid vir die mensdom te wees nie,
maar 'n seën vir die mensdom en MY, YAHUVEH. Dit is nou 'n dag wat julle net
inpas by julle besige werk en speelskedule.
Hulle het selfs die begin en einde van die week verander om by hulle skedule in
te pas. Selfs diegene wat nie MY Seun YAHUSHUA as hul MESSIAS aanvaar nie,
aanvaar en eerbiedig MY Sabbatdag as rus en hou dit heilig. En hulle het meer
guns in MY oë as julle wat julself MYNE noem, en tog MY Seun as MESSIAS aanvaar,
maar dit waag om MY Gebooie te herskryf. HOOR MY! VREES MY! GLO MY! Wraak is
MYNE, sê YAHUVEH.
Julle, wat onder die geestelike leierskap is wat weier om MY Woord te verkondig
sonder om 'n jota of titel weg te laat, pasop. Vlug, uit hierdie kerke, van
vandag af en vorentoe sal julle saad saai in vlak harde grond. MY RUACH ha
KODESH sal weggeneem word uit hierdie plekke. Wat julle in onkunde gedoen het,
sal EK vergewe. EK sal julle geestelike leiers vergewe as julle sal bekeer en
onderrig en doen wat reg is. In hierdie komende jaar van 1999, sal baie kerke
verlate sit, want oordeel het gekom na die huis van die Here.
HOOR MY! VREES MY! GLO MY! EK is nie 'n God wat bespot moet word nie! Toe EK
klaar met Moses gepraat het op die Berg Sinai het EK hom die twee kliptafels
gegee gegraveer met MY vinger, die wette van YAHUVEH. Nietemin waarom het so
baie die leuen geglo dat YAHUSHUA die Tien Gebooie gekanselleer het? Baie
onderrig dat die verbreking van die Tien Gebooie nie meer sonde is nie. In
elkgeval, YAHUSHUA het die prys betaal sê hulle. Hierdie bose geestelike leiers
verdraai MY Woord; leer MY Mense om die Tien Gebooie te gehoorsaam is
onmoontlik.
Moenie vergeet dat EK MY RUACH ha KODESH binne-in julle geplaas het wat 'n
uitkoms bied vir elke versoeking wat julle in besit neem nie. Ander bose leraars
sê om die minste van die gebooie te verbreek is nie sonde nie. Hulle vergeet om
een te breek is om almal te breek. Die mens het die gebooie genommer 1-10, EK sê
"Hoekom sê julle dat julle MY liefhet en gehoorsaam MY nie? Sal EK vir julle
gebooie gee wat onmoontlik is om te onderhou?” Onderhou MY gebooie; pas dit toe,
moenie regs of links daarvan afwyk nie. Om waarlik julle Skepper en julle
MESSIAS, YAHUSHUA lief te hê is die essensie van die wet.
MY Babas en Bruid het almal MY wette gebreek en niemand kan anders sê nie, of
hulle lieg. Dit is voordat julle YAHUSHUA aangeneem het as MESSIAS. Nou het
julle MY RUACH ha KODESH wie julle oortuig en herinner as julle voete links of
regs afdwaal. In hierdie jaar 1999, sal die Goddelikes MY teenwoordigheid
uitstraal in hulle spraak, handelinge; selfs hul gesigte sal skyn met MY RUACH
ha KODESH. Ook in 1999, vanaf hierdie tyd vorentoe, sal die goddelose goddeloser
word.
Diesulkes sal word soos die seun van verderf en sal 'n glans manifesteer ook
soos die engel van lig wat eens Lucifer genoem was of die aangesigte van die
goddelose sal word soos 'n donker mistigheid. Terwyl MY Seun die aarde nader,
sal die skeiding tussen MY skape en satan se bokke duideliker word. Die aarde
sidder in groot angs oor die komende oordeel. Die hel stu gesmelte lawa voort.
Die Poel van Vuur is MY toorn wat oorloop. Hel is deur MY toorn aangesteek. Die
rivier van lewe vloei voort uit MY troon met groot liefde en genade. Vir MY
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal 1999 'n jaar vol
verlossing wees vir hulle wat MY eerste stel. MY Kinders sal groot seëninge ken
omdat hulle onverskrokke MY Sabbat Heilig hou en diegene wat die belangrikheid
daarvan ken om MY Gebooie te onderhou. MY Kinders weet ook dat indien hulle teen
MY sondig en bekeer; wegdraai van daardie sonde sal slegs YAHUSHUA se Heilige
Bloed gestort op Golgota hulle weer skoonwas.
In 1999 sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes MY
liefdevolle hand van verlossing sien uitreik uit die Hemel en aanskou hoe
YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes verlos, doen wat andersins as onmoontlik beskou was.
Luister en leer hoe in 1999 om nie te vertrou op die natuurlike nie, maar
vertrou eerder dat YAHUVEH en YAHUSHUA bonatuurlik vir julle sal voorsien!
EK, die Here julle God YAHUVEH is nie beperk om dinge te doen volgens die mens
se manier van voorsiening vir julle nie. Want EK het die ganse Hemel tot MY
beskikking. Want die van julle wat geloof kortkom, kan julle verduidelik hoekom
die son warm is? Wie veroorsaak dat die ys koud is? EK sal bewys dat dit wat EK
gespreek het sal gebeur. EK spreek dit deur MY ware Profete en Apostels en
hierdie is net die begin.
Beginnende in 1999, sal EK meer onbeskroomd, harder, meer dikwels voortspreek,
terwyl MY SEUN YAHUSHUA naderkom. Niemand sal kan sê EK het nie gewaarsku nie.
Tekens in die lug en vreesagtigheid vir dit wat niemand gedink het om te vrees
nie. Selfs ateïste sal sidder oor dit wat EK in 1999 en 2000 gaan doen. Maar
onthou, nie al die toorn wat julle gaan sien sal van MY af kom nie. satan is
baie kwaad, sy tyd is kort. satan sal sy diensknegte uitstuur en steel, moor en
vernietig in 'n groter mate. Wat satan nie kan bereik, in satan se naam nie sal
hy mislei en bereik deur MY Seun, YAHUSHUA s’n (satan sal die naam van Jesus
gebruik om biljoene te mislei gedurende die Groot Verdrukking). satan sal selfs
mislei deur MY Naam YAHUVEH te gebruik.
Julle, MY Babas, Bruid, Uitverkorens en Noukeurig Uitgesoektes sal die boosheid
herken wat gedoen word in die naam van wetenskap, regering en godsdiens. Hoor en
vrees, julle vyande van die Evangelie van YAHUSHUA, EK sal altyd 'n volk hê! MY
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes as EK sê VLUG sal dit wees
soos toe EK die Rooi-See geopen het en EK sal julle die weg wys. MOENIE VREES
NIE, VLUG NET! Soos Lot gevlug het, MOENIE TERUGKYK NIE!
Aan die einde van 1998 het baie gedink dit was 'n moeilike jaar, julle, wat saam
'n heildronk gedrink het, die einde van die jaar 1998 gevier het, die minute
afgetel het totdat dit verby was, weet nie dat EK ook getel het nie, MY woede
teruggehou het ter wille van siele nie.
Eendag sal julle verlang om 1998 weer te sien, julle sal jammer wees dat julle
MY Seëninge
weggegooi het. Julle sal spyt wees omdat julle nie gehoorsaam was nie. Julle sal
spyt wees omdat julle nie saad gesaai het vir die moeilike dae vorentoe nie. MY
Ware Kinders sal opstaan in oorwinning, want hulle het alles gegee, hulle hou
niks terug nie. Selfs as dit nodig sou wees, sou hulle hul lewens vir MY gee.
Want uiteindelik sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes
die hand van YAHUVEH en YAHUSHUA sien bevry en die Goliatte van hierdie wêreld
verslaan, veroorsaak dat hulle vyande in sewe verskillende rigtings vlug. MY
Kinders wat MY kan vertrou in hierdie nuwe jaar van 1999, in 'n wêreld wat lyk
asof dit gevul is met chaos, maar tog te midde van daardie chaos, sal MY Kinders
die vrede aanvoel wat alle verstand te bowe gaan. MY Babas, Bruid, Uitverkorenes
en Noukeurig Uitgesoektes sal meer seëninge, wysheid, kennis, openbarings hê om
te weet hoe om die vyande se lokvalle te ontduik.
MY Kinders sal soos 'n Joshua wees en aanskou hoe die vyande en hulle mure van
boosheid inmekaar tuimel op hierdie bose mense. Hierdie jaar 1999, veral in die
middel, sal julle sien en onthou wat op hierdie dag 31/12//98 deur hierdie
diensmaagd gespreek was. Nog een ding, alhoewel hierdie diensmaagd van Joodse
afkoms is, beide moeder en vader, en EK spreek dit nie tot haar voordeel nie,
maar vir ander. Dit is nie of julle 'n Jood of 'n heiden is wat julle sal red
nie, maar veel meer het julle MY Seun YAHUSHUA as MESSIAS aanvaar? Het julle 'n
Bloedoortapping gehad van YAHUSHUA se gestorte Bloed op Golgota?
Moenie soos die sinagoges van satan wees nie, wat verklaar dat hulle MYNE is en
nogtans nie MY Wette en Sabbatte onderhou nie en nie waarlik die geskenk van
YAHUSHUA op Golgota aanvaar het nie. MY Joodse mense onderhou MY wette en
Sabbatte, en tog weier hulle YAHUSHUA as MESSIAS. Daar sal geen ander MESSIAS
wees nie!
Julle wag tevergeefs ten koste van julle siele. EK spreek dit onbeskroomd deur
hierdie diensmaagd, wie EK persoonlik na Israel en Jerusalem en ander dele van
die wêreld sal stuur om hierdie boodskap af te lewer, in MY liefde nie net hare
nie, soos EK ook my ander diensknegte gestuur het om vir die Joodse mense te sê,
"Julle bemin en aanbid en dien YAHUVEH, julle probeer selfs MY wette, feeste en
Sabbatdag onderhou, maar tog kan dit alleen niemand red nie, hetsy hulle Jood of
Heiden is.
Wees gewaarsku, julle het net die helfte van MY lief as julle nie MY Seun
YAHUSHUA erken, aanvaar as die enigste MESSIAS nie, vir beide Jood en Heiden.
Die enigste deur hemel toe! Die enigste middelaar voor MY, YAHUVEH, die Vader.
Al julle offers was tevergeefs gedoen, vir almal wat nie MY Geskenk op Golgota
aanvaar het nie, YAHUSHUA is SY Naam!
Moenie MY boodskappers haat wat EK uitstuur met hierdie boodskap nie, wees
eerder lief vir MY boodskappers wat julle lief genoeg het terwille van julle
siele vrymoedig die waarheid gespreek het ten spyte van die koste van
vervolging. Dit sou vir hulle makliker gewees het om stil te bly, maar EK sou
nie toelaat dat hulle lippe stilgemaak word nie, want EK het MY Joodse mense
lief. Wat sal dit verg vir julle om jul God YAHUVEH se geskenk raak te sien wat
EK gegee het op Golgota?
satan wil wetgewers hê om MY boodskappers stil te maak wat gestuur is met
hierdie boodskap. Hulle lewens is in gevaar, maar daar was altyd 'n hoë prys om
MY Woorde voort te spreek sonder toegewings. 1999 sal 'n jaar wees waar MY ware
diensknegte sal staan en aan die wêreld sal sê "EK het besluit om YAHUVEH,
YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH te volg." Die woord tydig en ontydig te preek,
in oorvloed of gebrek, in waarheid sonder ENIGE VREES EN GEEN KOMPROMIE!
Daar is 'n geestelike leier, met 'n ander geestelike leier wat nog kom, wat op
'n groot troon sit, hy dra 'n kroon van juwele, hou 'n staf in sy hand, mense
buig laag voor hom, aanbid, eerbiedig hom, wette word uitgevaardig deur hierdie
ongoddelike mensgemaakte koning wat deur die Romeinse Ryk geskep is. En
onverskrokke deur MY diensmaagd spreek EK en sê, "Julle sal in 1999 sien hoe
hierdie sogenaamde onheilige koning MY gebooie herskryf en 'n ander god voor die
mense bring. Hierdie keer 'n vrou wat 'n godin moet wees. Dit word gesê sy is
deel van die godheid, maar IS DIT NIE!
PASOP wanneer hulle die naam Maria by die Vader, Seun en HEILIGE GEES voeg.
Pasop vir die leerstellings van mense. Daar is slegs een Godheid, die Groot God
“EK IS” YAHUVEH, WIE julle Skepper en Hemelse Vader is en YAHUSHUA, MY Seun WIE
julle MESSIAS is en die RUACH ha KODESH! GEEN ANDER NIE! Daar is GEEN ander
middelaars in die Hemel nie. Alleenlik deur na MY toe te kom in die NAAM van
YAHUSHUA sal EK julle aanhoor. Vir diegene wat weier om dit te glo, wat sal
julle doen wanneer julle uitvind dat al julle offers, gebede in die name van
ander Heiliges tevergeefs was.
Dit is satan wat julle mislei het. Want julle het ander gode voor MY gestel wat
hoegenaamd geen gode is nie! Wat sal julle sê wanneer julle voor YAHUVEH en
YAHUSHUA staan en uitvind dat daar geen Vaevuur-reiniging is nie, net Hemel of
hel en dat julle nie iemand uit die hel uit kan bid nie ongeag hoeveel kerse
julle aansteek. Julle kan nie vergewe word nie ongeag hoeveel Hail Mary's julle
opsê nie. In julle sterwens-uur, hou op om die naam aan te roep van MY SEUN se
moeder, Maria, sy kan julle nie help nie, alleenlik die NAAM van YAHUSHUA kan.
Dit was nie haar bloed wat op Golgota gestort was nie, maar MY Seun YAHUSHUA se
Bloed wat op Golgota gestort was. Dit is die enigste versoening vir sonde.
MY Geliefde Kinders, wat MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig
Uitgesoektes is, die heidene noem julle nougeset wanneer julle sê dat daar net
een weg is na die troon van God die Vader en slegs in een NAAM, die NAAM van
YAHUSHUA, waarin EK gebede sal beantwoord. Sê julle vir hulle, "Ja, ek is
nougeset want die Woord van YAHUVEH kan nie lieg nie en YAHUVEH sê alleenlik in
die NAAM van YAHUSHUA sal EK julle gebede verhoor en die weg na die Hemel is
smal en die weg na die Hel is breed!"
Sê julle vir hulle "Dit is die vrysinniges wat sal op-eindig om foltering te ly,
eers in die hel, en dan in die Poel van Vuur! Omdat julle YAHUVEH en YAHUSHUA en
hulle liefhet waarsku hulle, MY Kinders! Wees lief genoeg vir hulle om hul woede
op die hals te haal. Wees lief genoeg vir hulle om 'n aanstoot te wees. EK,
YAHUVEH, en YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH praat die waarheid, wat die
meerderheid nie wil hoor nie en ONS is 'n aanstoot vir vele.
1999 is nie net 'n jaar vir groot bevryding nie, want dit sal kom na MY Mense
toe, onthou 9 is die nommer wat bevryding simboliseer en julle het dit driemaal.
3 maal is die getal van MY Drie-Eenheid, daarom het julle volkome harmonie,
Vader, Seun en Ruach ha Kodesh. Pasop, satan sal 1999 vat en die rigting
omdraai, en dit onderstebo draai en dit sal 6661 wees. Soos hy alles vat wat
Heilig is en dit vervals deur dinge agterstevoor te doen, selfs MY Heilige
gebede verdraai in sy satanistiese dienste. So hierdie jaar 1999 sal vol wees
van satanistiese krag. Julle sal die krag gemanifesteer sien van satan, die
antichris en die vals profeet, die onheilige drie-eenheid, deur die gebruik van
wetenskap, regering en godsdiens en mensgemaakte leerstellings om baie te
mislei.
satan sal die wetenskap gebruik en sê dit word gebruik ten goede, maar in plaas
daarvan pasop dit word gebruik vir boosheid. Wees weereens gewaarsku, dit is ook
vir die regering, godsdiens en liefdadigheidsorganisasies. Bose dinge sal gedoen
word in die naam van God en erger. MY Geliefdes, julle kan nie sê EK het nie MY
Profete en Apostels gestuur om julle te waarsku nie, sodat julle nie in die
vyand se strikke sal val nie.
Want die mense wat sal lewe om die einde van 1999 te sien, selfs die ateïste en
heidene sal moet erken, tekens, wonders en wonderwerke, verlossingskrag, het
diegene gevolg wat in MY glo, MY dien, en aan hulle geloof vasgehou het, in
gehoorsaamheid aan MY en as gevolg daarvan sal menigtes gered word, want hulle
het hul geloof in YAHUVEH en YAHUSHUA behou en moedig voortgespreek dat hulle
God hulle sou red. As gevolg van hulle moedigheid, sal menigtes hoor en gered
word.
As gevolg hiervan sal baie hoor en verdoem word. Want die heidene sal steeds
YAHUSHUA as MESSIAS verloën en aanspreeklik gehou word selfs nadat YAHUSHUA sy
verlossingskrag bewys het vir alle oë om te aanskou. Sê nie soos die heidene sê,
"Gelukkige Nuwejaar!" nie. Want die heidene weet nie wat kom nie! Maar o MY
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes, julle het niks om te
vrees nie.
Die heidene se weë is nie MY Kinders se weë nie. EK is die God van die verlede,
hede en toekoms en al wat MY Kinders moet doen is om soos 'n klein lammetjie of
skaap te wees, vertrou die herder, hulle is nie gekwel of verknies nie, hulle
het geloof in die goeie herder om vir hulle te voorsien. Dit is al wat EK van
julle vra, hou styf vas aan julle geloof in 1999 en moenie laat los nie. EK sal
julle bevry.
* * * * * * *
EK het maande gelede MY Heilige Engel met 'n profetiese boodskap na MY
Diensmaagd gestuur. Terwyl MY Heilige Engel langs haar bed gestaan het en
gedikteer het, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf, 'n geheim wat EK
wil deel, wat tot nou nog toe nie vertel was nie. Op daardie stadium het MY
Engel haar vertel dat dit nie die regte tyd is om die boodskap vry te stel nie.
Nou is egter die tyd om dit wat verberg was, bekend te maak! EK vertel MY
geheime aan MY Apostels en profete en aan almal wie wil luister.
Gegee onder die salwing aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 1 November 2003
(Ek het baie skrifte hier bygevoeg om tesame met YAHUSHUA se woorde wat HY deur
MY gespreek het, nog meer vir julle te leer). Ek weet dat vervolging met hierdie
nuwe openbaring sal kom, maar onthou dat ek slegs maar die boodskapper is en dat
ek ook meer openbaring soek, oor wat dit alles beteken. Moet asseblief nie die
boodskapper stenig met julle belediginge nie. As julle dit doen, weet ek, dat
dit nie vir my is wie julle vervolg nie, maar vir die GOD YAHUVEH en YAHUSHUA
wat my salf en my voort stuur na beide Jode en nie-Jode.
EK is YAHUVEH, Antieke van Dae; MY vereiste van Heiligheid het nie vernader nie!
EK, YAHUVEH was geduldig, maar EK kan nie langer geduldig wees nie, of EK sal
moet om verskoning vra vir Sodom en Gomora. (Genesis 18:20; 19:30)
O bose en perverse eindtyd generasie, julle kan nie toegewyd wees en vir MY
seëninge vra oor die saad van satan nie, of oor 'n biskop, bestem uit die hel,
wie EK uit MY mond sal uitbraak nie. (Openbaring 3:16). Kerk van
"Episcopalians", EK waarsku julle nou, julle wie hierdie boosheid goedkeur, die
wie nie eerste protes aangeteken het teen aborsie nie, en nou homoseksualiteit
nie, julle het julle bed gemaak saam met Jezebel (Openbaring 2:20-23), as julle
nie wegvlug vanaf hierdie kerk van Babilon nie, sal julle jul bed maak in die
hel en in die poel van vuur.
MY Woord kan nie jok nie, die heiliges het meer heilig geword en die bose het
meer boos geword. Waar is MY heiliges, om protes aan te teken teen die sondige
verafskuwings wat nou plaasvind, nie net buitekant dit wat soos Sodom en Gomora
is nie, maar nou is daardie soortgelyke sondige verafskuwings binnekant die
geboue wat die mense beweer is heilig.
As julle hierdie sondige, perverse leefstyle en ander sondige verafskuwings
toelaat, en nie diegene wat deelneem aan die verafskuwings, teregwys en waarsku
nie, is julle besig om geeste soos die van Sodom en Gomora in julle kerke en
tempels te verwelkom en in te nooi. EK lê 'n eed af, almal wie dit gedoen het,
julle ken MY nie!
Julle wie MY Tien Gebooie , ook die "Torah" genoem, weggevat en ontken het,
julle het bygestaan en gekyk, sonder om protes aan te teken, terwyl 'n tablet
van steen weggeneem is in Alabama. Julle het dit gedoen sonder om 'n gebed op te
stuur, of om protes aan te teken, of te huil, of te ween, of om Regter Roy Moore
op enige manier te help.
EK wil julle dit vertel; JULLE KEN MY NIE EERS NIE! EK het hierdie toets
toegelaat, terwyl EK vir MY handgemaakte Diensmaagd en haar man vertel het om
die profesie in Esegiël 9 te vervul. Hoe min het protes aangeteken en teken ook
nou protes aan. Waar is die miljoene regoor die wêreld, wie eintlik MY gebooie
moet beskerm? Slegs 'n oorblyfsel het dit gedoen. Julle wie MY Heilige naam en
MY "Torah" ontken het, en aanhou leef in sonde, alhoewel julle op 'n tyd die
gestorte bloed van vergifnis van MY SEUN YAHUSHUA aanvaar het. Omdat julle
daarop aangedring het om in die varkekraal te lewe en satan te dien, het julle
die gestorte bloed en genade van MY SEUN YAHUSHUA onder julle voete vertrap! (Hebreërs
10:26-29).
Daar is geen meer vergifnis vir die wat weet dat dit verkeerd is, die wat gekyk,
geluister of deelgeneem het aan hierdie sondige verafskuwings wat EK haat nie.
EK spreek hierdie waarskuwing aan die wie beweer dat hulle een van MYNE is, nie
aan die heiden wat nie van beter weet nie. OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN DIE
HERE! (1 Petrus 4:14)
EK wys diegene tereg, die wie nie vir dieselfde GOD YAHUVEH gebid het nie, die
EEN wie vuur en swael laat neerkom het op dieselfde sondes soos die van Sodom en
Gomora nie. Julle het nie gebid dat EK, YAHUVEH sal wraak neem vanuit die Hemel
op die saad van satan, terwyl dit weer gedoen word nie. (Psalm 94:1) (Romeine
12:19)
EK, YAHUVEH is nie blind of doof nie! EK, YAHUVEH is dieselfde Skepper en MY
geliefde Seun is dieselfde MESSIAS, ONS is dieselfde GOD, Gister, vandag en vir
ewig. ONS pas nie aan by die mens se beeld nie, of by mensgemaakte leerstellinge
nie, of by dit wat 'n mens se idee van sonde is nie. EK, YAHUVEH is HEILIG en
vereis Heiligheid van die wie beweer dat hulle aan MY en MY Seun YAHUSHUA
behoort. EK vereis Heiligheid van al die wie sê, hulle is gewas in die gestorte
bloed van MY Seun YAHUSHUA.
'n Foutlose opofferings lam was aan YAHUSHUA gegee om die sondes van die mens
weg te was; tog doen hierdie mense, wie aanspraak maak op hierdie bloed, sondige
verafskuwinge, selfs boosheid van agter die kansels af. (Hebreërs 6:4-7). Hulle
bewys dat hulle nie MYNE of YAHUSHUA s'n is nie, maar die saad van satan.
Daar is die wie hou daarvan om oorlog te maak, hulle is trots en in genoeë met
hulleself, deur onskuldige bloed te vergiet vir begeertes, rykdom, lande en
voorspoed. Hulle is ook die saad van satan. EK vra jou, "Wat is die prys van
olie?" "Wat is die prys en die waarde van 'n lewe?" (Mattheus 6:26)
Julle wie hierdie dinge doen en dit goedkeur, of stilbly en nie protes aanteken
nie, of nie bid teen hierdie sondige verafskuwings nie, julle is lafaards en sal
wonings in die hel maak en vir ewig swem in die poel van vuur, saam met julle
ware vader, satan. Julle het gekies om satan te volg, julle het hom geglo, julle
was aan hom gehoorsaam en het ander mislei! So, julle sal satan se beloning maai.
Wee oor Amerika! EK het julle in die verlede deur profetiese waarskuwings, deur
hierdie handgemaakte Diensmaagd van MY, gewaarsku dat Amerika sou brand as hy
nie berou nie. EK, YAHUVEH is 'n GOD van Verterende Vuur (Deutorenomium 4:24),
MY asem is vol van brandende woede wat die hel 'n warm plek hou. Woede wat al te
lank opgesluit is. (Openbaring 18:2-24). Inteendeel, hoe meer genade EK bewys
het, en hoe meer tyd EK gegee het om te berou, hoe meer het die wêreld vol
geword van onheiligheid, perverse dinge, verafskuwings en geen berou nie.
Waar is die wie hulleself heilig noem? Waar is die wat tussenbeide tree met
gebede en die vegters? Hoekom teken julle nie protes aan nie, en wys julle nie
tereg nie, en waarsku julle nie, die van julle wie van MY Woorde van ouds en
nuuts praat? EK het 'n oorblyfsel, maar hulle is so min. (Sefanja 3:13) (Amos
5:15).
Die van julle wie saam vergader om na 'n ou siek man, vol van demone, te gaan
kyk. Hy is onder MY woede, omdat hy MY glorie gesteel het en die mense aangehits
het om hom te dien, om te kniel voor hom of enige ander idole, om sy hand te
soen, 'n hand wat maar slegs van stof gemaak is. Miljoene streef daarna om na
hom te luister en aan die een gehoorsaam te wees, wie homself 'n pous noem.
Julle wie julself Katolieke noem, EK beveel julle nou, VLUG UIT DIE KERKE VAN
BABILON!
MY "Torah" sê pleinweg, "julle sal geen ander gode voor MY hê nie". (Exodus
20:3). EK is julle Skepper, hoeveel van julle het dit nog steeds gedoen. Julle
noem julleself MYNE, tog KEN JULLE MY NIE EERS NIE, omdat julle nie vlug nie!
Die Hel en die poel van Vuur is wat julle sal sien.
Moenie mislei word nie, EK weet wie MY skape is en wie van satan se saad is, ook
die bokke genoem. MY skape wei slegs waar die Goeie Herder, YAHUSHUA hulle na
groen weivelde heen lei. Satan se bokke, sy saad, sal enige iets eet en sluk,
valse leerstellinge of leuens.
Satan saai sy eie saad van rebelsheid en ongehoorsaamheid, binne in die bokke.
Die bokke wat alles tart wat heilig en waar is, wat die skrifte verdraai om aan
die mense se siek, pervershede te pas. Hulle verwerp, herskryf en keer MY
"Torah" en gebooie af. Satan se saad doen dieselfde sondes wat in die begin daar
was, voor die grondlegging van die aarde, toe julle siele in die Hemel gevorm
was.
EK, YAHUVEH, wie julle siele gemaak het, het geweet wie MY sou volg, liefhê, en
gehoorsaam en lojaal teenoor MY sou wees. (Jeremia 1:4-5). EK, YAHUVEH, weet wie
in rebelsheid sou volg en MY gesag en heerskappy sou begeer.
Net soos satan voor die grondlegging van die wêreld geveg het om god te wees, (Jesaja
14:12-15), het hy sy saad nou oorreed dat hulle seuns van GOD is wat geopenbaar
is, gelyk in YAHUSHUA, in alle weë.
Indien iemand vergeet het, jy kan slegs deur YAHUSHUA en die gestorte bloed,
toegang kry tot MY, YAHUVEH. Hoeveel was mislei, omdat hulle vergeet het dat EK
al die wie EK heilig noem, ingegraveer het. (Romeine 11:13-36). Almal het
gesondig het kort gekom van die Glorie van MY, YAHUVEH, almal behalwe een, SY
naam is YAHUSHUA. Dit is slegs a.g.v. 1 Johannes 3:15-21.
Al die siele wie MY, YAHUVEH verraai het, in die oorlog voor die grondlegging
van die aarde, het en sal MY, YAHUVEH weer verraai! Dit is hoe EK, YAHUVEH
uitverkies en vooraf geweet het wie se name gevind of nie gevind sou word in die
LAM SE BOEK VAN DIE LEWE NIE. (Openbaring 17:8).
Waar sal jou naam gevind word wanneer die 3 boeke oopgemaak gaan word? Sal dit
in die boek van verlossing wees, of in die boek van die wat uitgeklad is (Exodus
32:32-33), of in die boek van die vervloektes? Nou kan julle MY Heilige Skrifte
verstaan wat sê, julle almal werk aan julle eie verlossing met vrees en bewing.
(Filipense 2:12).
Reinkarnasie is 'n leuen, die vader van alle leuens. Jy gaan nie dood en hou aan
terugkom in ander lewens, totdat jy gepas is vir die Hemel nie. Soos die Heilige
Skrifte sê, 'n mens is bedoel om eenkeer dood te gaan en dan die oordeel te kry.
(Hebreërs 9:27).
Elke siel het alreeds daardie keuse gemaak, voordat die grondlegging van die
aarde gevorm was. Of julle verbond nou met MY, YAHUVEH of met satan, die vader
van alle leuens, was. Die eerste leuen wat satan vertel het, was dat hy soos EK,
YAHUVEH sou word, en MY volmag sou hê. 1\3 van alle engele het hierdie leuen
geglo, tesame met menigde siele wat kante gekies het. In elke siel het EK hulle
die geskenk van eie-wil gegee. (Openbaring 12:4-9).
Terwyl EK satan, die een wie se naam Lucifer is, geoordeel het, het ek hom ook
en al sy gevalle engele en al die siele wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA verraai het,
veroordeel en gevonnis. EK het die siele wat lojaal was aan MY, YAHUVEH, wat
voor die grondlegging van die aarde gevorm was, asook die siele wat MY, YAHUVEH
verraai het, na die aarde gestuur, deur die saad van Adam en Eva. Satan was ook
neergewerp. Satan wil weer MY skeppings teen MY draai, beide mens en dier. Weer
was MY kinders ongehoorsaam en rebels teenoor hulle liefdevolle Vader.
Satan se motivering was om MY, YAHUVEH uit te lok tot so 'n woede, om dit te
vernietig wat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA met soveel liefde geskape het, maar na die
val van Adam en Eva het MY eie geliefde Seun YAHUSHUA HOMSELF as 'n Verlosser
geoffer, om as 'n mens gebore te word en bonatuurlik, net deur MY, YAHUVEH
gemaak te word.
YAHUSHUA het soos 'n Tweede Adam geword, met vlees en bloed, maar terwyl Adam
sonde in die wêreld ingebring het, het MY HEILIGE BLOED IN YAHUSHUA,die sondes
en die begeerte om te sondig, weggewas van almal wie MY,YAHUVEH se GESKENK, wat
EK by Golgota gegee het, aanvaar het. Slegs die siele wie lojaal was teenoor MY,
YAHUVEH en YAHUSHUA, voor die grondlegging van die aarde, sal ONS nou aanneem,
liefhê, gehoorsaam wees, en veg teen satan, onheiligheid en al hierdie
verafskuwings.
Die siele wat geskape was voor die grondlegging van die aarde, wie Lucifer
gevolg het in rebelsheid teen MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en MEESTE VAN MY HEILIGE
ENGELE, (Openbaring 12:9), was op daardie tyd 'n keuse gegee, voor die
grondlegging van die aarde, maar wanneer hulle op die aarde gebore was, was die
keuse van daardie siele alreeds gemaak. Die siele wat Lucifer toe gevolg het,
het geen ander keuse as om satan weer op die aarde te volg nie, en dan maai wat
satan gesaai het. Dit is die oordeel van die mens!
Redding was alreeds vooraf bestem. Die goddeloses sal goddeloos bly, vir ewig. (Jeremia
6:27-30) sê duidelik dat EK, YAHUVEH hulle silwer noem, hulle is soos vuilheid
in 'n metaal, of soos lood, dooie gewig. Die siele wie nie MY, YAHUVEH aanbid en
gedien het nie, voor die grondlegging van die aarde, sal geen begeerte hê om MY,
YAHUVEH op die aarde te dien nie.
Net so kon die bose Farao nie berou hê en wegdraai van die bose nie, alhoewel hy
oor en oor 'n kans gegee was, omdat EK, YAHUVEH sy hart hard gemaak het, en sy
siel MY al verraai het, voor die grondlegging van die aarde. (Exodus 7:13) Nou
kan jy verstaan hoekom EK Jakob lief gehad het en vir Esau gehaat het; (Romeine
9:13) (Maleagi 1:3) tesame met Goliat, Ahab, Jezebel, Judas, "Ananais", "Sapphira"
(Handelinge 5:1-10), om maar net voorbeelde te gee van wie gebore was vir
verwoesting.
Die keuse wat hulle op die aarde gemaak het, was alreeds in die Hemel gedoen,
toe die oorlog tussen goed en kwaad die eerste keer gevoer was. Die keuse van
elke siel wat gebore word op die aarde, word gestel in elke baba wat gebore word
op die aarde.
Julle loop oor die bokant van die hel, en die hel was gemaak vir satan en sy
engele wat teen MY, YAHUVEH gerebelleer het (Mattheus 24:41). EK, YAHUVEH, die
Skepper van julle siele, het alreeds geweet of julle saam met hulle in die hel
sal gaan. (2 Petrus 2:2-10) En of julle jul woning in die poel van vuur saam met
satan, die valse profeet, die anti-messias, sou maak. (Openbaring 19:20) (Openbaring
21:8) Saam met al satan se saad, wie hom voor die grondlegging van die aarde
gevolg het. Nie een siel, wat voor die grondlegging van die aarde gemaak was,
wie se naam alreeds in die Hemel opgeneem was, sal verlore gaan nie, net soos
YAHUSHUA dit in die Heilige Skrifte gestel het.
Enige een wie nie YAHUSHUA as GOD\MESSIAS aanvaar nie, die enigste gebore Seun
van YAHUVEH ons Vader GOD, Skepper van alles, daardie siele het alreeds die
besluit geneem, voor die grondlegging van die aarde, en hulle verstand en harte
kan nie verander word nie! Maak nie saak aan watter godsdiens julle behoort nie,
slegs die siele wat nie MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, verraai het nie, voor
die grondlegging van die aarde, sal gered word van die hel en die poel van vuur!
Al die ander is goddeloos en sal in dieselfde noodlot deel, of is alreeds in die
hel. NOU IS DIE TYD VAN REDDING!
Terwyl jy dit lees, is daar 'n salwing soos geen ander wat EK, YAHUVEH nog aan
niemand anders tot dusver gegee het nie. Lees hierdie hardop en die skille sal
van jou oë afval, jou dowe ore sal geestelik geopen word. Wanneer julle MY,
YAHUVEH hoor en hierdie profetiese boodskap glo, sal julle nie langer in staat
wees om 'n vorm van Goddelikheid met geen Goddelikheid binne in, te hê nie, waar
julle ander sal mislei nie. Die besluit wat jy geneem het, voordat jy op die
aarde gebore was, sal voor almal geopenbaar word. Dit is 'n waarskuwing aan al
die goeies en slegtes.
Die siele wie in die oorlog was voor die grondlegging van die aarde, wie begin
het om te veg aan die kant van Heiligheid teen Lucifer en sy 1\3 van engele, en
daarna toegelaat het dat Lucifer se leuens hulle siele binnedring, het ook MY,
YAHUVEH verraai. (Openbaring 13:8).
Hulle betaal nou die prys, omdat hulle name geskryf is in die boek van die wat
uitgeklad is! Verraaiers, eerstens in die Hemel en nou op die Aarde! Hierdie
mense het begin om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA te volg en die bybel te glo, waar
hulle MY Bevele en MY "Torah" gehoorsaam het, maar toe het hulle alles verlaat
wat Heilig is. Hierdie siele was gevorm en binne in 'n mens se liggaam geplaas,
hulle is gevonnis om satan se beloning van die hel en die poel van vuur te maai.
Elkeen wat hierdie nou lees, hoor dit, EK, YAHUVEH beveel julle om dit te deel
met al die mense wat julle ken, om hulle te verseker dat nie een persoon wie se
naam in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE geskryf is, die dier sal aanbid of die merk
van die Dier sal aanvaar nie! (Openbaring 13:15-17).
EK, YAHUVEH sal nie een persoon verloor aan satan en sy koningkryk nie! Nie een
wie lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, in daardie groot oorlog
voor die grondlegging van die Aarde, sal na die hel of na die poel van vuur gaan
nie!
Net soos EK, YAHUVEH MY SEUN YAHUSHUA gestuur het om MY geliefde kinders te red
van die sonde wat voortgebring is deur Adam en Eva, net so sal EK, YAHUVEH weer
MY Geliefde Seun YAHUSHUA stuur om MY lojale, heilige Kinders te red. KYK OP
KINDERS! Alhoewel die wêreld tart en koggel, KOM JULLE REDDING WAARLIK NADER!
(Lukas 21:28).
Geliefdes, hierdie wêreld is nie julle huis nie! Julle is slegs maar reisigers
wat deur beweeg. Julle paleise, skatte en belonings wag vir julle in die Hemel.
Moenie aardse skatte opberg, wat julle nie sal saam kan vat nie, maar stoor dit
in die Hemel, laat julle pakhuise vol word in die Hemel! (Mattheus 6:19-20) (Maleagi
3:8-12)
So Kinders, terwyl julle sien hoe hierdie wêreld verteer word deur MY, YAHUVEH,
'n GOD wat 'n Verterende Vuur is (Hebreërs 12:29), weet dit, dit is die lewende
water, (Johannes 4:10), die NAAM, die BLOED van YAHUSHUA wat julle sal beskerm
van die Vuur van MY WOEDE! Kinders, weet dit, dit is slegs die NAAM en die BLOED
van YAHUSHUA wat julle sal wegsteek, ook net as julle YAHUSHUA aanbid en dien en
daarna streef om gehoorsaam te wees. EK is YAHUVEH en sal nie getart word nie!
California, Phoenix Arizona, Montana, Kanada en regoor die wêreld het julle die
hitte van MY WOEDE op die een of ander manier al gevoel! Hoekom plaas julle nie
julle Skepper en Verlosser, eerste in julle liefde en lewe nie? Hoekom het julle
jul huise meer lief as die Skepper wat julle huise, lande, rykdomme en
besittings gegee het? Besef julle nie hoe die vure gekom het nie, en ook hoe
baie lewens gespaar was, a.g.v. MY genade en liefde? Dit is slegs 'n voorbeeld
van wat nog gaan kom, voor die Groot Verdrukking! Julle moet julle prioriteite
reg kry, voordat dit te laat is! (Deuteronomium 9:3)
Nou ervaar hierdie wêreld en die mense geboorte pyne. Die aarde wandel in pyn,
terwyl die grond bewe en skud, voordat EK, YAHUVEH geboorte gee aan die Groot
Verdrukking wat sal wees soos geen ander gruwel wat nog ooit gesien was nie! (Mattheus
24) (Markus 13:8).
EK, YAHUVEH sal nie een siel wat MY beskerm het, voor die grondlegging van die
wêreld, verlaat nie. MY GROOT WOEDE IS VIR MY VYANDE! Net soos dit toe was, sal
dit weer wees!
Die van julle wat stilbly in die Kerke, julle wie kerkbank verwarmers is en
dienste gereeld bywoon, julle wie Psalms en Gesange sing aan MY, YAHUVEH, julle
wie die Heilige Skrifte aanhaal, en nog steeds nie julle geestelike leiers
beveel om uit te spreek en protes aan te teken teen hierdie sondige
verafskuwings nie. Julle sien, die wie hulself biskoppe, pastore, geestelike
leiers, politieke leiers en Christelike musikante noem, hulle lei siele na die
verkeerde pad, deur niks te doen om protes aan te teken nie, en selfs ook nie
eers deurnag gebeds aande te hou nie.
Aborsie is moord! Homoseksualiteit is 'n verafskuwing! Julle wie jullself MYNE
noem, julle noem julleself heilig, en tog waarsku julle nie ander nie, EK hou
julle en jul geestelike leiers verantwoordelik. Julle het te lank stil gebly.
Julle wie julleself Geestelike leiers noem, in MY oë is julle geen leier nie,
omdat julle julleself verkoop het aan die wat die hoogste aanbod gemaak het,
soos 'n gewone hoer, waar julle die belastingvrye omkoopgeld gevat het en
toegelaat het dat die Regering julle monde snoer. Jy het 'n verraaier en 'n
lafaard geword! Moet EK julle herinner in die Boek van Openbaring, waar Lafaards
en Verraaiers gaan opeindig? Gemeentes, wees versigtig, die Gees van die Pastoor
of die Geestelike leier, is die Gees van Kerke en Tempels. Julle met geestelike
ore, om te luister en geestelike oë, om te sien, aan julle is die geskenk van
onderskeiding gegee. EK, YAHUVEH gee julle NOU die bevel om uit te spreek
voordat dit te laat is en julle vryheid van spraak heeltemal weggeneem word!
Hoekom herenig, boikot of teken MY Heilige mense nie hardop protes aan nie,
wanneer lesbiese musikante die gees van homoseksualiteit bervorder, waar dit
gerig is op die jonges van die wêreld? Met 'n oopmond soen tussen Britney Spears
en Madonna, wat op 'n tartende wyse 'n soen genoem word, wat regoor die wêreld
gesien en gehoor was! Erken julle nie die saad van satan nie! Is dit wat julle
wil hê wat julle Kinders moet word? Daar was 'n ander soen, wat regoor die
wêreld, lank gelede gevoel en gehoor was, en dit was toe Judas vir YAHUSHUA op
die wang gesoen het. So satan gebruik 'n soen om weer te tart, en waar is die
Heilige mense wat hardop moet uitskree en protes aanteken? (Levitikus 18:22) (Romeine
1:24-32).
Waar is die Heilige mense wat EK, YAHUVEH oorvloedig geseën het met die rykdom
en besittings van die wêreld? Wie sal die klein oorblyfsel soos die handgemaakte
Diensmaagd wat die trompet blaas, help? Wie sal bymekaar kom op hierdie muur?
Onthou, julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle doen met die seëninge,
talente en gawes wat EK, YAHUVEH vir julle gegee het.
Satan gee rykdomme aan sy dienaars, wie sy saad is, om die menigdes te mislei.
Waar is MY HEILIGES wat EK oorvloedig geseën het? Hoekom staan julle nie op in
'n tyd soos die nie? Hoekom vat julle nie hande met hierdie ministerie en ander
ministeries, wie EK, YAHUVEH as MY mondstukke gebruik nie? Verstaan julle nog
nie dat EK, YAHUVEH julle geseën het met julle werke, julle rykdomme, besittings,
lande en huise nie, dat julle nie net dit vir julle eie benodighede gebruik nie,
maar vir die Koningkryk van die Hemel se Glorie, om voort te spreek, te veg,
tereg te wys, en te waarsku van alles wat onheilig is.
EK, YAHUVEH gee julle nie die rykdomme, lande en besittings om julle skatte op
te bou op die Aarde, waar vure, vloede, aardbewings, orkane, tornados, vulkane
en diewe dit in sekondes kan wegneem nie. EK vermaan julle nou om julle inkomste
en besittings te gebruik, om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA die roem, eer en glorie te
bring. Moenie jou skatte op die aarde opgaar nie, maar in die Hemel. EK waarsku
julle nou, almal wat nou lees, besef julle nie, dat diegene wat wel na die Hemel
toe gaan, dalk bankkrot sal wees in die Hemel nie. Julle pakhuise en kluise is
leeg!
Aan diegene wat miljoene aan liefdadigheid in hulle eie name gee, vir hulle
glorie en belasting ontheffings; geen belonings sal vir jou in die Hemel wag as
jy dit nie in YAHUSHUA se naam doen nie, as jy dit nie as 'n kind van YAHUSHUA
doen nie. Jou goeie werke sal jou na die Hemel volg, slegs nadat jy YAHUSHUA as
MESSIAS aanvaar, as jy daarna streef om gehoorsaam te wees aan HOM, en HOM
eerste lief te hê in jou lewe. Slegs wanneer jy dit doen vir YAHUSHUA se glorie
en vir die Koningkryk van die Hemel se part, sal dit staan.
Aan almal wat heidene is en weier dat YAHUSHUA hulle MESSIAS is, wat weier om MY
Tien Gebooie te gehoorsaam, enige goeie werke wat julle doen, maak nie saak
hoeveel miljoene julle gee nie, dit sal nog steeds nie vir julle 'n huis in die
Hemel koop nie. Weer sê EK, julle goeie werke sal nie onthou word nie en julle
sal in die hel bly, tesame met die heidene wat arm is.
EK het aan hierdie handgemaakte Diensmaagd 'n belofte gegee wat sy nou
voortspreek, asook 'n voorsmakie van haar belonings. Nou gee EK dieselfde
belofte aan julle, wie vennote in hierdie ministerie is, wat werk saam met
hierdie ministerie, terwyl julle jul tiendes en offerandes saam met hulle
opoffer, dit is 'n herinnering van waar julle jul skatte sal berg. Almal van
julle sal saam staan en dieselfde belonings in die Hemel deel.
EK het MY Apostoliese profetiese handgemaakte Diensmaagd, Apostel Elisabeth
Elijah in 'n visioen gewys dat die grootste beloning, die ontmoeting en die
omhelsing van al die siele regoor die wêreld sal wees, die siele wat geseën is
deur hierdie ministerie, en wat die geheime waarhede gehoor het, wat EK, YAHUVEH
bekend gestel het.
Het jy nie gewonder hoekom jy al soveel keer getuig het van die reddende bloed
van YAHUSHUA, waar jy geweet het jy praat onder die salwing, onder die volmag
van YAHUSHUA, en steeds was jy weggewys, beledig en getart? Nou verstaan jy op
'n manier wat jy nie voorheen verstaan het nie.
Daar sal 'n man wees wat homself voor die wêreld gaan bekend maak, (02\11\2003)
waar hy spoggerig sal laat weet dat hy homoseksueel is en ook trots is daarop.
Julle sal hom sien staan, as 'n geestelike leier, agter die kansel van 'n kerk,
maar ek vertel julle dit, almal wat die verafskuwing toelaat, almal wie stilbly,
of selfs iemand wie homself by daardie denominansie se naam noem, jou naam sal
nie gevind word in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE NIE! Dit is alreeds lank terug
besluit. (Levitikus 18:22).
EK, YAHUVEH het eerste Adam en Eva as man en vrou gemaak en dit is 'n tarting
van die huwelik, en EK, YAHUVEH sal nie getart word nie! Al julle mense, pastore,
geestelike en politiese leiers, wie stilbly en MY wette verander, julle sal die
woede van YAHUVEH voel, op 'n manier wat julle nog nie geken het nie. Moenie
mislei word nie, EK het nie op huwelike van dieselfde geslag besluit nie!
Hoe lank sal julle aanhou om MY, YAHUVEH te tart, Amerika? Wee, Wee, Wee oor jou,
Amerika! Julle het gedoen en sal nog doen wat geen nasie op die aarde nog ooit
gedoen het nie. Het EK, YAHUVEH nie deur hierdie handgemaakte Diensmaagd
geprofeseer nie, Amerika, EK, YAHUVEH het die ergste vir jou gebêre! California,
voel jy nie die hitte van MY woede, terwyl EK, YAHUVEH die vure laat aanwaai het
en die vlamme met MY asem oor julle geblaas het nie? Phoenix, Arizona, het EK,
YAHUVEH nie deur MY profete gewaarsku dat julle sou brand nie, en hoeveel het
steeds berou gehad.
Julle politieke leiers vaardig wette uit, om MY weer 'n keer sleg te maak. Selfs,
terwyl hierdie nou geskryf word, word daar gedebatteer wanneer om die woord GOD
uit julle geldeenheid te vat, om die konstitusie te verpand en te herskryf,
terwyl hulle die tien gebooie uit die publieke oog wegneem. Al die wie dit
gedoen het en nie protes aangeteken het nie, en nie gebid het nie, en nie teen
dit geween het nie, weet dit, julle is getoets soos in Esegiël 9.
EK, YAHUVEH het die Tien Gebooie in 'n tablet van steen geskryf, nou is julle
harte so hard soos 'n steen. Julle was rebels voor die grondlegging van die
aarde, en julle het nog nie verander nie! Al die wie nie ween en protes aanteken
teen aborsie nie, julle is ook rebels en het nie verander nie! En julle kan
slegs verander afhangende van die keuse wat julle gemaak het in die oorlog
tussen goed en sleg, voor die grondlegging van die wêreld.
Al die wie homoseksualiteit uitbeeld, daarmee spog, dit vertoon, daaraan
deelneem, of ander leer dat dit maar net nog 'n leefstyl is, of ander leer dat
hulle so gebore is, dit is 'n leuen van satan, en julle wie weier om te berou,
julle is rebels en sal nie verander nie! Julle sal maai wat julle gesaai het,
voor die grondlegging van hierdie wêreld. (Romeine 1:24-32).
EK is YAHUVEH, die Skepper van skeppings. Julle rebelle wie soos 'n Judas is,
julle rebelle aanbid die skepping en aanbid die gemaakte voorwerpe. Julle
rebelle het geweier om gehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, voor die
grondlegging van die Aarde, en nou weier julle om vandag aan YAHUVEH en YAHUSHUA
gehoorsaam te wees.
EK, YAHUVEH het 'n waarskuwing aan al die politiese en geestelike leiers wat
weier om te teen te praat, en te stem, teen dit wat julle weet My Heilige
Skrifte Veroordeel, as verafskuwings en sonde. Julle het onderhandel met satan.
Julle het MY, YAHUVEH verraai, voor die grondlegging van die Aarde, en julle
verraai MY, YAHUVEH nou ook! Wees maar gemaklik in julle rykdomme en besittings,
maar waarlik, dit sal die enigste gemak wees wat julle vir ewig sal hê! Julle
volgende bed sal in die hel wees, en dan in die poel van vuur! Waar wurms julle
lakens sal wees en maaiers, julle komberse!
Satan het julle wêreldse musikante die gawe gegee om mense te mislei in dit wat
musiek genoem word. EK, YAHUVEH het sommige siele geseën, wie EK met 'n pragtige
stem en musikale talente, gemaak het. Wanneer EK hierdie gawe gegee het, was dit
veronderstel om 'n seën aan MY, YAHUVEH te wees, maar toe het julle MY, YAHUVEH
verraai, voor die grondlegging van die wêreld, maar nou gebruik die meerderheid
dit om glorie aan satan te gee, om siele te sus in 'n geestelike slaap, om
demoniese geeste diep binne in te plant, en om mense op die verkeerde pad te lei
met 'n hipnotiese stem en 'n sataniese ritme!
Sommige van julle, wie julleself musikante noem, besef nie eers wat satan besig
is om te doen nie, en hoe satan jou gebruik het nie. As jy nie berou nie, sal jy
op die deuntjie dans by satan se voete! En saam met hom sal jy gemartel word in
die poel van vuur, wat O, so diep is! Jy kan nie eers begin om te dink wat se
swaarkry dit sal wees nie.
'n Waarskuwing aan die meeste akteurs en musikante, julle het jul siele verkoop
vir satan se belofte van roem en rykdom, en julle het satan se kontrak geteken
en 'n ooreenkoms aangegaan. Julle vertoon julle sondige leefstyle aan die wêreld,
julle spog met julle liggame, julle openbaar homoseksualiteit en julle probeer
dit nie eers langer weg te steek nie! TART NOU, BETAAL LATER! Julle sal MY,
YAHUVEH se Groot woede binnekort voel.
Weet dit, alle menslike skeppings, weet dat almal sal buig en kniel voor MY,
YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA se TRONE! Alle siele was gemaak en getoets op
dieselfde tyd. Slegs die siele wie lojaal was en teen Lucifer geveg het, voor
die grondlegging van die wêreld, dra nou die verlossings seël.
Dit is die waarheid, en EK het MY handgemaakte Diensmaagd en dogter gebruik om
dit bekend te maak, dit wat satan probeer het om weg te steek. Al diegene met
geestelike ore om te hoor en geestelike oë om te sien, sal MY, YAHUVEH se stem
hoor, omdat julle MY skape is. Julle sal nie langer blind gemaak wees vir die
waarheid nie. Alle siele wie eens rebelle was, sal weer wees, en geestelik blind
en doof bly en aanhou om satan se pad te volg en satan se leuens te sluk!
Aan die van MY kinders wie gebid en gehuil het, en gewonder het hoekom EK,
YAHUVEH hierdie verafskuwings toelaat, EK herinner julle weer dat Oordeel by die
huis van die HERE begin. Bestudeer Esegiël 9, watter een is jy? Die oorlog
tussen goed en kwaad, speel weer af op die Aarde, net soos dit in die Hemel was,
voor die grondlegging van die Aarde. Elke siel wat geskep was, was getoets.
Slegs as jy lojaal was tydens die oorlog met Lucifer, sal jy MY Seun YAHUSHUA
nou op die Aarde as Messias\God aanvaar. Die eerste oorlog was in die Geestelike
Koningkryk in die Hemel, nou voer julle oorlog teen satan en sy dienaars hier op
Aarde, en gebruik YAHUVEH en YAHUSHUA se geestelike wapens wat EK, YAHUVEH aan
julle gegee het in die naam van YAHUSHUA, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA!
EK, YAHUVEH het MY Heiliges gestuur om aan die bokant van die hel te veg, om te
veg teen satan en alles wat onheilig is. Om 'n getuie vir YAHUVEH en YAHUSHUA se
Glorie te wees, en om te bewys dat MY Kinders meer as veroweraars is, deur
YAHUSHUA HA MESSIAS. Die Naam en die Bloed van MY enigste Gebore Seun.
Baie sê hulle gee om, maar hoeveel bewys dat hulle omgee! Dit het EK aan MY
handgemaakte Diensmaagd vertel, toe sy en haar man gebid het en gevra het hoekom
die meerderheid van die mense, wie sê dat hierdie ministerie en die profesieë en
dit wat hulle leer, wat EK, YAHUVEH voortspreek, 'n seën is, maar tog doen baie
van hulle niks om die swaar las minder te maak of om enigsins self 'n seën te
wees nie.
Ek spreek dit weer deur haar, julle moet aksie agter julle woorde sit! Julle
moet nie net sê julle gee om nie, maar julle moet bewys dat julle omgee. Waarsku
en stel diegene tereg, wie verafskuwings doen. Wees lief vir en behulpsaam aan
die wie oorgaan tot aksie, agter MY Heilige woorde! Geloof sonder werke is dood.
Wee oor die skepping, wie nie die Skepper van alles aanbid nie. Slegs die
pottebakker het die volmag om sy klei vaartuie te vernietig. Sommige vaartuie
was geskep om Glorie aan MY te bring; sommiges verdien slegs om verwoes te word.
Kyk om julle, selfs die son ontpolf met MY vuur woede, soos nog nooit tevore nie!
EK het MY Heilige Engel na die handgemaakte Diensmaagd, maande terug gestuur met
die profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige engel dit aan haar voorgeskryf het,
en Hy langs haar bed gestaan het, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf,
waar EK 'n geheim deel, wat tot nou toe nog nie vertel was nie. MY Heilige Engel
het haar vertel dat dit toe nie die regte tyd was om die boodskap vry te stel
nie, dat dit vir 'n vasgestelde tyd is. Nou is die tyd om dit te openbaar, wat
versteek was! EK vertel MY geheime aan MY Apostels en profete en aan almal wie
luister.
EK, YAHUVEH het dit geseël, omdat sy nie haar eie handskrif kon lees nie,
behalwe die gedeelte wat sê, "MY grootste weermag is nie geregistreer op die
aarde nie, maar is geregistreer in die Hemel!" (Openbaring 4:8) (Openbaring
15:3) (Openbaring 16:7)
Hierdie handgemaakte Diensmaagd word nou uitgestuur en vrygestel, soos Esegiël
9, om met hierdie woord te seël, die wie gemerk is met die seël van beskerming,
en die pragitge kleed wat gedra word, beteken die regverdigheid van MY SEUN
YAHUSHUA! Die voorgestelde Dag is die dag, voordat 'n homoseksuele biskop in die
"Episcopalian" Kerk, vanuit die hel beveel word! EK spreek van hierdie geheime
en waarsku weereens, KOM UIT DIE KERKE VAN BABILON! VLUG UIT DIE KERKE VAN
BABILON!
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 1 November 2003 11:15
voormiddag tot 2:45 namiddag.
Gegee aan hierdie Handgemaakte Diensmaagd Kind van YAHUVEH en YAHUSHUA, op die
Sabbat Dag, terwyl ek gevas het en wakker geword het, waar ek gebid het en die
woord skielik en onverwags voort gekom het.
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Soos in die tye van ouds, gaan EK weereens vernietig soos EK gedoen het met die
mure van Jerigo. Nasies en ekonomieë sal tuimel. Dit het alreeds begin. Nasies
en volke wat sê dat EK nie sal doen wat EK sê nie sal MY woede voel op maniere
wat hulle nog nooit vantevore ervaar het nie. Want EK word bespot selfs op die
gesigte van diegene wat hulself afgesonderdes noem vir MY en tog wend hulle
hulself na goue afgode en verklaar dat EK voortspreek en manifesteer deur
hierdie goue afgode. Mensgemaakte en demoon-gemaakte afgode. Die huise van
aanbidding het MY eens op 'n tyd aanbid en nou alhoewel hulle MY Naam aanroep en
liedere van lofsange tot MY sing en in MY Naam bid, waar die manifestasies van
goud in monde en op liggame verskyn is EK nie daar te vinde nie. Die siele wat
hulle dink hulle na MY toe lei word in werklikheid gelei na 'n ander een toe.
Hulle sal sien wat gebeur terwyl hulle hierdie wierook gebede offer wat 'n
aanstoot vir MY neusgate is terwyl hulle hierdie vreemde vuur vir MY offer. EK
het deur hierdie profetiese diensmaagd gewaarsku soos EK gesê het vir Elia van
Ouds [In Hebreeus, Eliyahu] om te spreek en die profete van Baäl te konfronteer
so gebruik EK nou MY ‘Elia van Nuuts’ [In Hebreeus, Eliyahu] om dieselfde te
doen.
Leser neem kennis as dit nog nie na julle kerke gekom het om julle te versoek
nie sal dit want satan wil diegene afsonder en MERK wat aan hom behoort sonder
dat hulle weet hulle is alreeds besig om GEMERK te word! Nie die MERK wat na
enige verlossing lei nie, maar dit is die begin van die misleiding wat sal lei
na die MERK van die DIER! Die Merk van die Dier sal net so geredelik aanvaar
word soos hierdie goue MERK nou aanvaar word. (Goue stopsels in tande of goue
tande of goudstof). Wanneer die Merk van die Dier kom sal mense dink dit is 'n
seën, wanneer hulle inderwaarheid hulle eie siele verdoem tot ewige vuur en
swael. Omdat MY Elia van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu] MY Woorde voortspreek word
sy vermy en beswadder deur ander wat net MY seëninge wat stig wil hoor en nie
wil hoor wat MY vloeke is vir diegene wat weier om te luister na die woorde wat
EK spreek nie.
Omdat die meerderheid weier om te luister en ander te waarsku sal EK satan
toelaat om te MERK en diegene te mislei wat syne is deur hulle monde te vul met
goud uit die hel, en hulle toelaat om ‘n leuen te glo omdat hulle geweier het om
te ondersoek en hulself as beproef te bewys. Hulle het die waarheid geweier
daarom laat EK toe dat hulle 'n groot misleiding glo want hulle haat die
boodskappers wat na hulle gestuur word om te waarsku en hulle beswadder hulle op
alle maniere, spreek vloeke oor hulle uit daarom sal EK satan toelaat om monde
te vul waar waarheid vermy was met die wellus van hierdie wêreldgoud! Hulle sal
eendag na MY toe kom en EK sal vir hulle sê terwyl hulle sê "Here, Here" en EK
sal sê "Gaan weg van MY jou werker van onheil, EK het jou nooit geken nie!"
Vlug van hierdie manifestasie van goud wat gevind word in die kerke in baie
lande. Hierdie is net die begin van die misleidings wat kom vir diegene wat sê
dat hulle MYNE is en tog nie is nie. Leiers wat sê dat hulle MYNE is en onwetend
beset was deur demone en demoniese manifestasies voortbring en dink dat hulle MY
volg en tog volg hulle die god van wellus van hierdie wêreld sy naam is satan.
Diegene wat voortgaan om deel te neem aan dit waarteen EK gewaarsku het, wat
aanhou om beswadderings te maak en haat te openbaar teenoor diegene wat net MY
waarskuwings voortspreek sal MY toorn voel op maniere wat hulle nooit van
gedroom het nie. Diegene wat EK eenmaal MY vriend genoem het noem EK nou my
vyande. Goudstof het hulle oë verblind. EK waarsku julle nou vooruit, “Terwyl
julle jul hande lig teen die Profete wat waarsku, sal EK MY hand lig en julle
wegklap van MY Ware Boodskappers af wat MY boodskappe bring en nie hul eie nie!”
Wat het MY ware Profete om te baat deur woorde te spreek waarna die meerderheid
weier om te luister? Hulle word vir seker nie finansieel vergoed selfs deur
diegene wat hulle as Profete beskou nie want hoe min sal hulle help wanneer die
tyd nodig is. Maar hierdie vertroude boodskappers van MY het die vertroue van
hul Skepper verwerf. Die klein klompie wat hierdie Profeet wat hier praat geseën
het sal EK aanhou beskerm en dit wat MYNE is is joune en dit wat joune is is
MYNE. EK beskerm en seën almal wat seën en bid vir seëninge op diegene wat MY
boodskappe verkondig soos hierdie profeet nou besig is om te doen. EK sal MY
geheime met hulle deel en hulle waarsku voordat die vyand kan toeslaan, sodat
hulle kan padgee en ander waarsku om dieselfde te doen. Heilige Skrifte word
buite konteks gespreek deur vals profete en leiers. LEES MY WOORD!
Het EK nie ‘n man beveel nie wat alles gedoen het wat hy kon om MY te behaag en
te gehoorsaam nogtans toe hy gekom het en gesê het, "Wat moet ek doen om U
dissipel te wees?" Onthou julle nie YAHUSHUA het vir hom gesê, "Verkoop alles
wat jy het en volg MY"? EK het dit gesê omdat EK geweet het dat hy 'n baie ryk
man was en sy oë op sy rykdom gevestig was en alhoewel hy MY liefgehad het en MY
wette gehoorsaam het het hy 'n ander God voor MY gestel en dit was sy rykdom. Sê
MY Woord nie dat die man omgedraai het en weggeloop het want dit wat EK hom
gevra het om te doen het hy geweier om te doen nie. Hierdie man kon MY dissipel
gewees het maar het die rykdom van die wellus van hierdie goud gekies om hom te
verlei en het hierdie rykdom gestel voor die God wat hy aanbid het. Hoeveel van
julle doen dieselfde ding?
Vir die van julle wat dit nie doen nie EK weet wie bid, Vader wys my hoe ek
hierdie geld kan gebruik om U te eer? Hoe kan ek hierdie seëninge wat U my gegee
het gebruik om U te eer? EK ken julle harte en dit behaag MY. Julle het nie die
weelde van hierdie wêreld bo julle God gestel nie en julle noem EK MY dissipels.
Waar jou skat is daar is jou hart ook. Julle kan nie twee meesters dien nie.
Julle sal die een haat en die ander liefhê of die een liefhê en die ander een
haat. EK beveel julle nie om alles te verkoop en MY te volg nie maar offer dit
liewer aan MY as 'n aangename offer. EK sal julle seën omdat julle dit doen. Hou
aan om julle skatte in die Hemel bymekaar te maak en nie op aarde nie want een
is ewig en die ander is tydelik.
Die goud wat EK julle aanbied is die goud van julle beproewinge wat julle
deurstaan. Nie die bonatuurlike opvulling van gate in julle tande nie. Nie die
sprinkeling van goudvlokkies op julle liggame nie. Sê MY Woord nie duidelik “Die
beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud nie?” Die ou boeke word nou
verwerp in dit wat EK eens op ‘n tyd MY Tempels van Aanbidding genoem het.
Verstaan hulle nie dat MY wette nie verander het nie ook het die God “EK IS” nie
verander nie. MY Seun het nie gekom om dit wat EK as wet verorden het te
verander nie. MY Torah verander nie vir enige man, vrou of kind nie! “EK IS” is
dieselfde gister, vandag vir altyd, vir ewig!
Die ganse aarde sal bewe want “EK IS” het begin om hierdie aarde hewig te
voet-stamp en dit is net met een voet. Wanneer EK hierdie aarde met BEIDE VOETE
stamp sal dit op so manier wees dat geen nasie of stad of land gespaar sal word
van die skudding nie! Maar weereens diegene wat myne is en MY Sabbatte Heilig,
wat MY aanbid in krag en in waarheid sal EK spaar, EK sal julle beskut. Leer wie
“EK IS” werklik is. EK het nog nie eens begin om op hierdie wêreld te blaas nie
maar julle sal sien wat gebeur wanneer die Skepper van Hemel en aarde en alles
wat daar tussen-in en rond-om lê, op hierdie wêreld blaas met die asem van “EK
IS” in TOORN en wreedaardige WOEDE!
Die mens dink hulle kan die atmosfeer beheer en hulle besaai die wolke met gif.
Hulle besaai die lug met gif, hulle besaai die water met gif, hulle besaai die
voedsel met gif, selfs julle klere dra die gif om julle siek te maak en julle
weet dit nie. Selfs die ontsmettingsmiddels wat julle gebruik, die
skoonheidsmiddels, toiletware dra gifstowwe. Selfs die dokters vergiftig diegene
wat hulle veronderstel is om gesond te maak. Die dokters vermoor nou wat EK
hulle die wysheid geskenk het om te red. satan die god van hierdie aarde
vergiftig julle op alle maniere en julle dwase sien nie eens wat hy met die
leiers van hierdie land doen nie terwyl julle verstand, liggame, gees en siele
vergiftig word. Julle kerk leiers vergiftig julle geeste deur julle op 'n
dwaalspoor te lei met vergiftigde leuens en verdraaiing van die skrifte en vals
tekens, wonders en wonderwerke. Hoe min sal begeer om die waarheid te hoor wat
hulle kon vrymaak.
Nou spreek EK woorde wat julle weer nie sal wil hoor nie en nogtans waarsku ek
vooruit, moenie MY Boodskapper stenig nie, hierdie is nie haar woorde nie. Waar
is MY ander Profete wat MY stem hoor en weier om die boodskappe voort te spreek
wat die vlees van hierdie wêreld sal aanstoot gee? EK sal julle oordeel hiervoor
en nie praat teen hierdie manifestasies wat die tempels en kerke meesleur met
vals tekens, wonders en wonderwerke nie. 'n Karnaval-atmosfeer! Net “EK IS”, is
nie geamuseerd nie. Waar is MY Profete vir wie EK beveel het om hierdie wêreld
te waarsku om Heilig en afgesonderd te bly? Waar is MY Apostels en Profete en
ander wat nie volg-die-leier speel nie en besig is om te waarsku om nie deel te
neem aan hierdie demoniese MERK wat in die tande van gemeentes geplaas word en
op hulle liggame gesprinkel word en hulle laat dink hulle is Heiliger en meer
bevoorreg as die wat dit nie het nie. DWASE! satan stel vir julle ‘n lokval en
julle weet dit nie. Hitler het die goud getrek uit monde eenmaal vantevore en
die antichris sal dit weer doen. Julle wat dit glo was mislei en het goudkoors
en het die waarheid verruil vir leuens gestuur uit die hel.
EK praat nou met MY Kinders wat hierdie euwel herken as boosheid. Julle moet MY
Joshuas wees en maak soos Joshua gedoen het en watter boosheid ookal in julle
pad staan om julle in slawerny te hou masjeer rond-om dit vir ses dae een keer
om. Masjeer op die Sewende dag SEWE keer om en blaas op die Shofar horing as jy
een het en SKREE dan wat EK julle aansê om te sê! Julle sal oorwinning sien as
julle dit doen en alles gehoorsaam wat EK julle beveel om te doen. Maak seker
julle harte is rein en dat julle geen skatte van hierdie heidense wêreld
wegsteek soos die van Jerigo nie. Maak seker julle is opreg en wat julle ookal
vasgehou het in slawerny, as julle die geloof het om te glo en as julle Heilig
voor MY lewe, sal julle OORWINNING sien op maniere wat julle nooit van gedroom
het nie.
Is dit 'n pak sigarette wat jou in slawerny hou? Is dit alkohol of pornografie?
Is daar ‘n persoon wat jou in slawerny hou? Wat is dit MY kind? Watter muur van
Jerigo wil jy sien neerstort? Maar pasop, want onthou DOOD het vir Jerigo gekom.
DOOD het gekom vir MY vyande en ook diegene wat ongehoorsaam was. Aan die wat
die mars gedoen het, het EK oorwinning gegee! Lees MY Boek Joshua 6, die mure
van Jerigo sal neertuimel terwyl diegene wat geloof het om te glo hulle sal
weereens sien nie deur die hande van 'n vrou of man nie maar deur die hande van
Almagtige God, “EK IS” wie “EK IS” daar is geen ander!
Nou praat EK van hierdie komende aardbewing wat geprofeteer was wat hierdie
aarde sal verwoes soos nog nooit vantevore nie. EK stel nou hierdie Profeet vry
om te spreek wat EK dae gelede aan haar vertel het. Wat sal EK doen albei MY
voete nou stamp weens die goddeloosheid van hierdie wêreld en toelaat dat die
mensgemaakte boosheid MY skedule vooruit gaan? Wat sal EK doen? EK het die vas
gesien en die gebede gehoor om uit te stel wat EK sou toelaat. Maar sê MY Woord
nie "As MY volk hulself verneder en op hul aangesigte neerval sal EK hulle land
genees" nie? Nie baie doen dit nie en dit bedroef MY maar wat sal EK doen met
die klompie wat treur oor oorloë en treur oor die goddeloosheid van hierdie
land? Wat moet EK doen? As EK dit toelaat, sal MY mense wat vertrou dat EK dit
nie sal doen nie en dit dan wel gebeur dink hulle gebede en vas was tevergeefs
gewees. Selfs satanistiese volgelinge en aanbidders, hulle wat die knie voor
Baäl buig weet daar is krag in gesamentlike vas, hoeveel meer krag wanneer MY
Mense wat by MY Naam geroep is dit doen. Sê MY Heilige Skrifte nie sommige dinge
verander alleenlik deur vas en gebed nie.
Maar as EK dit nie doen nie en nie MY woede ten toon stel deur te voet-stamp op
lande van hierdie wêreld op een slag nie, sal MY Profete gespot word en vals
profete genoem word! Hulle sal geëtiketteer word soos Jona geëtiketteer was toe
die mense van Nineve gedink het dat hy vals geprofeteer het. Hy het kwaad geword
vir MY. Maar EK sê vir julle dat hulle wat geprofeteer het van die groot
verwoesting wat sou kom op 8 Mei nie vir julle gelieg het nie. Maar as gevolg
van die vas en gebede en rein harte en trane het EK die Oordeel uitgestel vir
slegs 'n baie kort tydjie. Daar sal voet-stampings wees maar nie tot die mate
wat gespreek was nie op hierdie tydstip nie, julle het ‘n opskorting van
teregstelling gekry, gebruik dit met wysheid. Moet dit nie waag om MY Profete
wat julle gewaarsku het te beswadder of te bespot nie. Wees eerder baie
dankbaar. As hulle nie gewaarsku het nie sou Mei 'n maand gewees het soos geen
ander tot dusver op die aangesig van hierdie aarde nie.
Nou vir die slegte nuus omdat EK MY Oordeel vir 'n kort tydjie teruggehou het
word MY woede net wreedaardiger want EK hou MY Toorn terug maar dit word warmer
teen die boosheid van hierdie wêreld. Julle gebede het slegs die onvermydelike
vertraag net soos Nineve. Moet dit nie waag om te spot nie want hulle wat MY
Profete bespot sal sien wat gebeur wanneer EK hulle spot. Hulle wat spot en nie
dankbaar is vir die opskorting van die teregstelling nie, PASOP. Ongeag wat
ander van julle dink sal EK julle oordeel deur die woorde wat julle spreek.
Julle sal nie ‘n opskorting van teregstelling kry nie maar op 'n vasgestelde tyd
sal die God van die Hemel julle vernietig en julle ganse huishouding wat saam
met julle spot en alles wat julle besit, EK sal die seëninge vir MY Geliefdes
gee wat dit nie waag om te spot nie maar MY eerder loof vir die opskorting van
teregstelling.
EK doen dit sodat baie kan sien EK is 'n God van Genade en liefde sowel as
toorn. EK doen dit sodat julle die krag van gebed en vas sal sien wanneer dit
gekombineer word met die Naam van YAHUSHUA sal dit MY hand in beweging bring en
MY komende oordele vertraag. Maar geliefdes, terwyl die oordeel vertraag word,
so ook is MY koms. Wanneer EK weer kom sal groot verwoesting op die aarde
plaasvind soos nog nooit ter eniger tyd nie. Geen waarskuwings sal gegee word
nie buiten dit wat die Profete spreek en volgens MY Heilige Boek Rolle wat julle
Skrifte noem.
EK moet ook hierdie waarskuwing uitreik deur MY Diensmaagd nou wat EK vir haar
in ‘n droom gesê het op 20 April 1999, en haar nog nie vrygestel het om te
spreek tot nou toe nie behalwe aan 'n klompie getroues. Nou is die tyd wat EK
dit voortspreek. Moet dit nie waag om teen MY boodskapper uit te vaar nie want
weereens wat het sy om te baat deur 'n boodskap vry te stel wat jeukende ore nie
sal wil hoor nie?
EK het met haar gepraat in haar droom en vir haar gesê om vir julle te sê dat
die tyd gekom het dat dit gevaarlik is om in dieselfde wonings as die
ongelowiges te woon. Want eggenote sal mekaar verraai, kinders sal die ouers
verraai en so aan. Julle wat ongelyk gejuk is en nogtans daarin geslaag het om
saam te leef met beide wat verskillende Gode dien alhoewel die ongelowige daarop
aanspraak gemaak om in 'n God te glo, is dit nie die God wat jy dien en aanbid
en eerste stel nie. Bid nou vir 'n manier om te ontvlug voordat julle oorgelewer
word om 'n offer te wees. Vir hulle wat geen weg van ontvlugting het nie en tog
vir 'n uitweg gebid het vir jou sal EK 'n uitweg maak. Ek verstaan, noem dit net
in gebed en EK sal doen wat EK nog nie voorheen gedoen het nie Ek sal die muur
van Jerigo vir jou verpletter en die ongelowige sal nie meer 'n hindernis vir
jou wees om MY te aanbid en te dien nie. Jy sal waarlik kan sê "Maar wat my en
my huis aanbetref ons sal die Here dien!"
Baie van julle het EK 'n uitweg voorsien finansieel en nogtans het julle nie
beweeg toe EK gesê het ‘VLUG NOU!’ nie. Baie van julle het plekke om heen te
gaan en kies nogtans om by die ongelowiges te bly. Julle het jul bed gemaak en
sal daarin lê. EK is bedroef hieroor.
Baie van julle het gesmeek en gehuil vir 'n uitweg en het niks gevind nie. Dit
is hulle vir wie EK sal verlos op maniere wat hulle nie dink nie. Nie een traan
wat julle gestort het oor die goddeloosheid wat jou in jou huis omring, deur ‘n
ander een binne-in jou huis, deur julle eggenote of kinders, het ongesiens verby
gegaan nie. Al die trane is opgevang en EK sal al julle trane afvee en julle
seën op maniere wat julle nooit gedroom het moontlik kan wees nie. IS EK NIE
JULLE PASGA NIE? Het EK nie in MY Heilige Woorde gesê, "Wat het Lig te doen met
Duisternis"nie? MY kind, daar sal of duisternis of Lig wees daar kan nie albei
wees nie. Waar lig is daar woon EK, waar duisternis woon daar woon satan. Praat
nou en bewys aan MY watter God jy dien! Terwyl jy geduldig was was EK geduldig
maar die tyd kom nader en die jaar is naby die einde en as julle nie nou luister
nie sal julle volgende jaar bid dat julle MY kan gehoorsaam en weggaan van
werkers van onheil af, weereens vir menigtes sal dit te laat wees.
Die ongelowiges sal julle as 'n offer opoffer en EK waarsku julle nou vooraf oor
dit wat gaan kom. EK het MY profeet van ouds beveel soos dit in die Heilige
Skrifte opgeteken is om MY priesters opdrag te gee om te skei van die heidene
wat ander Gode aanbid het, het EK nie? Die priesters het kinders by hierdie
heidense vroue gehad en nogtans het EK nie hierdie huwelike verorden nie. Julle
het gesien dat 'n huis wat teen homself verdeel is nie kan staande bly nie. Soos
dit toe was, so sal dit weer wees. Die priesters het hul teëgesit en EK het dat
my Profeet hulle in die gesig slaan en hulle baarde uittrek. Wil julle hê EK
moet dit weer doen? Net hierdie keer sal dit nie 'n Profeet wees nie maar
Almagtige God “EK IS” wat hierdie doen en veel erger! Moenie moedeloos word nie
MY Kinders; diegene wat verlang om vry te wees en nog steeds nie weet hoe om dit
te doen nie.
EK weet wie van julle is instaat om dit te doen, en wie is nie instaat om dit te
doen nie, EK sal diegene bevry wat nie instaat is nie maar hulle moet dit tot MY
spreek, bid tot MY en MY eerste stel, dit waag om aanstoot te gee waar hulle nog
nooit vantevore aanstoot gegee het nie! MY Mense moet die ongelowige, die
spotter, die koggelaar, nie vrees nie want alhoewel hierdie wêreld julle as een
beskou, het EK julle nooit as een verklaar met die ongelowige nie. EK sal
weereens bevry soos ek Joshua verlos het by Jerigo. Glo nie net met julle
verstand nie maar met julle Gees. Doen 'n Jerigo-mars rondom dit waarvan jy wil
hê MY hand jou moet bevry. Bid en EK sal jou MY verlossing wys. SOOS EK DIT
VOORHEEN GEDOEN HET SAL EK DIT WEER DOEN!
MY Diensmaagd wat hierdie woord spreek het die prys betaal vir die salwing om
hierdie Profetiese Boodskap voort te spreek om die gevangenes te bevry in die
Naam van YAHUSHUA! Net EK ken die prys wat sy betaal asook diegene wat teen haar
sal opstaan, want satan sal gedwing word om menigte los te laat wat in ongelyke
huwelike en huishoudings gejuk is.
Vas en gebede weereens en Jerigo-Marse sal die mure forseer om te tuimel na
benede. Maar MY Mense wat dit doen sal nie in 'n gees van armoede verval nie
want lees weer MY Boek van Joshua en sien hoe EK hulle geseën het, deur die
rykdom van die goddelose te vat en dit vir die regverdiges te gee. Hierdie
rykdom word nie gebruik vir die genot van hierdie wêreld nie maar vir MY
Koninkryk om voort te gaan om die klein klompie Profete te ondersteun wat EK het
soos hierdie Diensmaagd wat dit waag om te spreek wat geen Profeet al ooit
gewaag het om so onverskrokke te spreek nie ten spyte van die gevolge. Hoeveel
van julle sal MY Profete en dissipels versteek wanneer die tyd kom?
Wie sal doen wat Ragab in die boek van Joshua gedoen het? Julle hoef nie te
vrees nie want het EK nie vir Joshua gesê om die prostituut en haar familie en
haar hele woning en al haar besittings te spaar nie? Voordat hy die stad
ingeneem het nadat die mure neergetuimel het. Jerigo mure wat opgerig was om
hierdie bose stad te beskerm en nogtans het EK My Mense gebruik om 'n
OORLOGSKREET te skree en die MURE het inmekaargestort tot STOF! EK het MY Mense
gebruik wat MY Stem gehoor het en MY gehoorsaam het en nie 'n woord gesê het nie
terwyl hulle een maal om-marsjeer het vir ses dae en toe sewemaal-om op die
SEWENDE DAG en toe die oorwinnende oorlogskreet geskree het! Want eenheid is
belangrik verenig en doen wat Joshua gedoen het.
EK beveel hierdie Profeet nou om te bid vir 'n dag wat afgesonder is wanneer
julle saam sal skree en 'n Jerigo-mars sal uitvoer vir wat julle ookal verwyder
wil hê uit jul lewens wat MY nie Lof, Eer en Heerlikheid bring nie! Selfs
diegene wat niks het wat verwyder moet word nie, beveel EK om gesamentlik deel
te neem in hierdie Jerigo-mars terwille van julle Broers en Susters wat
bevryding nodig het! Hou op om selfvoldaan in julle eie seëninge te wees ingeval
EK dit wegneem van julle af en aan ander gee. Julle hoef nie eens fisies
bymekaar te wees nie, weet net wat verwyder moet word. Marsjeer rondom julle eie
huise terwille van diegene wie se huise verdeeld is deur ongelowiges en
gelowiges.
Bid en EK sal julle wys hoe om te help om julle broers en susters in YAHUSHUA te
BEVRY! Dit sal julle vas en gebede en Jerigo-marse wees wat gebruik sal word
soos 'n sleutel wat die slotte sal draai wat al so lank daar is dat dit al
vasgeroes het, maar in die Naam van YAHUSHUA terwyl julle dit in eenheid doen
sal dit oopgemaak word en wat “EK IS” oopmaak sal geen mens of duiwel weer
toesluit nie as julle in geloof kan glo sal julle hierdie bevryding uiteindelik
sien. Breek die slot van julle gevange broers en susters en maak hulle vry in
eensgesindheid. Offer alle ongelyk-gejukte huishoudings aan MY op soos Abraham
met Isak gedoen het en kyk wat EK met julle offers doen. Menigtes sal bevry word
as julle net kan GLO!
Gegee aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)