Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
5 Maart, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY woorde verag en met SY
profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
EK, YAHUSHUA, keer terug op 'n Sabbat, julle weet nie watter een nie. Kom na
vore MY Vroue Apostels en Profete! Verrys NOU! Moenie langer toelaat dat enigeen
julle vertel dat EK julle nie geroep het om Profete en Apostels, Leraars,
Evangeliste of Pastore te wees nie! EK is die Pottebakker julle is die klei.
Hoekom sou julle na die mens luister of na diegene met die Gees van Fariseërs?
Spreek hierdie boodskap voort wat EK aan hierdie Apostel gee om te spreek.
Verenig met haar stem, vroue en mans wat MY stem herken wat voortspreek deur dit
wat EK skryf deur haar. Bemoedig mekaar. satan het julle veels te lank
stilgemaak. Apostoliese Profetiese Krygers julle weet wie julle is. Skryf aan MY
diensmaagd en bemoedig mekaar, leer van mekaar. EK kom baie binnekort terug.
Neem mekaar se hande, julle is nie alleen nie. EK het julle oor die wêreld
versprei, maar julle sal mekaar mettertyd ken.
Julle het mekaar nodig. Julle sal aansluit by die manne met dieselfde roeping.
Maar, diegene wat weier om julle te erken los hulle vir MY. Moenie met diegene
met dowe ore argumenteer nie wat goedbedoelend is, en nogtans groot skade
berokken het aan daardie vroue wat vertel is dat hulle nie 'n roeping van
apostel kan hê nie, selfs die een wie hier skryf was ontmoedig en was so vertel.
Sy het gesê: "Ag wel, ek sal aanhou doen waarvoor ek geroep was om te doen,
watter naam julle dit ookal noem". Maar die man wat dit vir haar vertel, was
mislei deur 'n ander stem, nie MY stem nie. Hy moet BEKEER omdat hy dit doen.
Sal julle gereed wees? YAHUSHUA KOM TERUG OP 'N SABBAT! Vertel vir almal wat wil
hoor, verwag van hulle almal om nie te glo nie. Hierdie is nie julle probleem
nie, maar hulle probleem. Julle moet net gehoorsaam.
Saam sal diegene wat EK saam met julle voeg soos 'n legkaart wees en geen ander
stukke sal perfek pas nie. Hou julle oë oop vir ander. EK bring ’n weermag van
Profete, Apostels, Evangeliste, Leraars en Pastore en nogtans sal hulle soos ’n
eenheid saamwerk. Nooit meer van hulself dink as wat hulle is nie. Wetende as
hulle saam staan sal hulle bereik wat EK bepaal het om gedoen te word. 'n Groot
siele-oes sal bereik word en dit sal een van die grootste siele-oesbedienings
wees om die aangesig van hierdie aarde te bewandel. Vir MY die Vader YAHUVEH, MY
Seun YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH se Heerlikheid! Baie sou nie gered geword
het as EK nie hierdie bediening opgerig het nie.
My Apostel vir wie mans verwerp as 'n Apostel, ken MY stem en skryf wat sy hoor.
Ander vroue het EK Apostels genoem en hulle is meegedeel dat hulle nie in
hierdie amp gebruik kan word nie, maar EK sê vir julle soos EK vir hierdie
apostel gesê het, dit is nie vir mans om te bepaal nie, hoe EK MY diensmaagde
gebruik is MY besigheid alleen. Hulle is MY klei en EK alleen vorm hulle en stel
hulle op die proef deur die vuur van hul beproewinge op 'n manier waarop EK so
verkies. Wie is 'n man om te sê wat EK, YAHUVEH, kan doen en nie kan doen nie.
Baie mans was mislei omdat hulle die Gees soos die van Dawid onderskat, wat EK
in MY diensmaagde geplaas het.
Hoe meer die mans hierteen veg, hoe meer rig EK MY Dawid Geeste in MY
diensmaagde op. Trots alleen veroorsaak dat ’n man sulke dinge sê. BEKEER
VANDAG! EK het haar voortbeskik om beide die vroue Profete en vroue Apostels,
leraars, evangeliste en pastore te bemoedig. Sy ken die gloed van vervolging
weens die hoë roeping wat EK op haar lewe geplaas het en op almal wie geroepe is
om MY Apostoliese Profetiese krygers in hierdie eindtye te wees. Menige is
vrouens. Moenie toelaat dat die mans of Fariseërs JULLE TERUG HOU NIE! Dit is
wat EK, YAHUVEH, gedoen het en besig is om te doen. Wie waag dit om vir YAHUVEH
te vertel dat HY verkeerd is?
EK het jou en die mans en vroue almal bymekaar gebring om een in MY RUACH ha
KODESH te wees, julle sal beweeg soos een in MY RUACH ha KODESH en julle sal
praat soos een in MY RUACH ha KODESH. Julle sal uitreik na die onbereikbare en
na baie mense wat verwerp en weggegooi is as onredbares en tog sal EK julle
uitstuur met 'n salwing en met woorde en liefde wat nie jul eie is nie om
hierdie mense te bereik, Ja, EK sê julle moet 'n volk bereik wat julle bang sal
wees om aanstoot te gee, maar deur nie te praat nie sal die grootste aanstoot
wees van alles. EK vertrou MY werkers wie EK uitstuur, want EK is die
Pottebakker en julle die klei. EK weet wat EK in elke werker geplaas het wat by
haar aansluit. EK weet waarvan sy gemaak is en haar swakhede. Waar sy swak is,
het EK ander sterk gemaak. Waar die ander wat moet aansluit swak is, is sy sterk
gemaak, soos 'n metaal wat deur vuur gelouter is so het EK gedoen met almal wat
by julle moet aansluit. Julle hoef nie bang te wees wie by julle sal aansluit
nie, want EK sê vir julle dit is nie jul keuse nie maar MYNE!
Enige Judasse wat by hierdie bediening wil aansluit, sal dieselfde lot as Judas
hê! EK sal nie toelaat dat enigiemand vernietig wat EK SELF gebou het en sal
aanhou om te bou nie. Hierdie bediening sal die wêreld omhels. Moenie 'n klein
begin verag nie want EK het begin as 'n baba in 'n krip, het EK nie? Op die
aarde, in die begin, was dit al wat die aarde kon sien. En tog kyk hoeveel het
EK in drie jaar aangeraak, en gered. Al die boeke in die wêreld kan nie bevat
wat EK in daardie kort tyd gedoen het nie. Moenie die krag van MY Salwing
onderskat nie! EK het julle almal gesalf en sal aanhou om MY Salwing in 'n
groter mate uit te stort. Julle sal weet in julself kan julle niks doen nie maar
met YAHUVEH is alle dinge moontlik as julle kan glo.
Nou is julle apart in verskillende state, maar dit is slegs tydelik, want
hierdie jaar sal julle bymekaar wees, naby genoeg om aan te raak. Julle sal reis
en saam bedien. Moenie probeer om dit te laat gebeur nie, hou MY dop hoe Ek dit
maak gebeur. Moenie probeer en sê watter tyd en seisoen nie, weet net dit sal MY
tyd en seisoen wees. Bid en bedek mekaar. Werk saam; deel met mekaar wat julle
geleer het. Toe EK die vennote uitgekies het wat by MY dogter moes aansluit, het
EK baie versigtig gekies en deeglik getoets. EK het julle so baie lief, EK
vertrou julle so baie. EK weet julle sal nie MY dienskneg seermaak nie maar
eerder beskerm en sy sal julle nie seermaak nie maar julle beskerm. Almal wat
aansluit is baie spesiaal soos 'n ketting wat van soliede goud gemaak is. EK sit
nie enige metaal soos blik, of silwer, of lood saam met MY goue ketting nie maar
slegs die beste metaal wat EK kan vind wat gelouter was in die gloeiende
smeltoond en uitkom soos suiwer goud sewemaal verfyn.
*******
Opdatering bygevoeg 22/1/2016.
Hierdie Skrifgedeeltes hieronder wys dat YAHUVEH SY dienaars vertrou. SY profete
van ouds. Net soos Jeremia geken was selfs voor hy gevorm was in sy moeder se
baarmoeder.
Jeremia 1
4 Die woord van YAHWEH het dan tot my gekom en gesê: 5 Voordat EK jou in die
moederskoot gevorm het, het EK jou geken; en voordat jy uit die liggaam
voortgekom het, het EK jou afgesonder; EK het jou tot 'n profeet vir die nasies
gemaak
Numerie 12
6 Toe sê HY: Hoor tog MY woorde. As julle profeet van YAHUVEH is, sal EK deur 'n
gesig MY aan hom bekend maak, deur 'n droom sal EK met hom praat. 7 So is dit
nie met MY kneg Mosheh nie: in MY hele huis is hy getrou.
*******
Moet nooit meer van julself dink as wat julle is nie. Julle is 'n geliefde
werktuig van klei waarin EK MY genade en barmhartigheid en gawes van die RUACH
ha KODESH uitgestort het. Julle is 'n gewillige werktuig wat nie teen die
Pottebakker se hand veg nie. Julle het MY toegelaat en sal aanhou om MY toe te
laat om julle te vorm soos EK julle wil hê en nie soos julle verkies om te wees
nie. Alles wat julle het moet julle op die altaar plaas en MY toelaat om weg te
neem wat EK nie wil hê julle moet hê nie, en terug te gee wat EK weet julle moet
hê. Hou niks terug nie en vertrou MY. EK sal dit teruggee, nie net wat julle
geoffer het nie, maar meer as wat aan MY geoffer is. Toets MY en kyk of EK nie
sal doen wat EK sê nie.
MY Apostel, plaas alles wat jy het op hierdie altaar, insluitend hierdie
bediening, kyk wat EK sal doen. Wees gewillig vir MY om enige iets en enige
iemand in julle lewens te verwyder wat julle nie help nie, maar julle eerder
verhinder om alles te wees en te doen wat EK beveel om gedoen te word in MY
NAAM. Doen dit met alles, selfs julle kinders. Soos Abraham, moet julle glo EK
is 'n goeie God en EK sal alles teruggee wat bedoel is as 'n seën, en enige iets
wegneem wat satan voor julle sit om 'n struikelblok vir julle te wees! Waag
julle om dit te doen MY Kinders?
Finansies ingesluit. Moet niks terughou nie want dit is in elkgeval MYNE. “Wat
julle s'n is is MYNE, wat MYNE is is julle s'n!” Gee dit vir MY sodat EK dit in
'n groter maat kan teruggee. Vertel vir MY Mense. Skryf dit neer, nie net vir
julle vennote wat by julle moet aansluit nie, maar ook vir MY Mense want
dieselfde bevel gaan uit in hierdie eindtye. Sê vir hulle, "LÊ ALLES WAT JULLE
HET OP MY OFFER ALTAAR NEER." Sê, "WAAG DIT OM JULLE VADER YAHUVEH, YAHUSHUA en
die RUACH HA KODESH TE VERTROU!" Waag dit om gewillig te wees vir MY om te snoei
wat nie in julle lewens moet wees nie! Waag dit om te vertrou dat EK die
seëninge sal vermeerder wat EK teruggee. Doen dit nou, voor EK dit sonder julle
toestemming moet vat! Doen dit, of dit man, vrou, kinders, finansies, huis,
motorkar, bedienings is, die lys gaan aan. Doen dit met enigiets waaraan julle
waarde heg, besigheid, vennootskap, kerke. Julle sal weet wat dit is.
Enigiets wat julle weet wat EK nie goedkeur nie, julle sigarette, of enige ander
middel wat julle gebruik om vir julle vrede te bring, wanneer dit in elk geval
net 'n vervalsing is, want EK is die Prins van Vrede! Julle het niks anders
nodig nie. Gee dit vir MY, offer dit aan MY en as dit bedoel is om jou te seën,
sal EK dit teruggee. As dit nie bedoel is om jou te seën nie, sal EK DIT
VERWYDER! Want julle, wie julself MYNE noem, EK het die reg om weg te neem wat
EK aan julle gegee het, sowel as dit wat deur satan aan julle gegee is, of deur
julleself, enigiets wat julle wandel met MY verhinder. Wil julle hê dat EK julle
moet red in die komende dae wat voorlê? GEHOORSAAM MY dan en doen hierdie. Bid
as julle nie die bedoeling hiervan ken nie. Lê selfs julle huwelike op hierdie
Offer altaar neer. Die Godvresendes sal staande bly. Om die waarheid te sê, EK
sal julle seën op 'n manier wat julle nooit gewaag het om te glo nie.
MY Kinders julle sê julle verlang MY perfekte wil? Doen julle regtig? Sal julle
regtig een dag in die week vir MY gee? Die Sabbat, Vrydag sononder tot Saterdag
sononder moet julle in MY rus, verheug in MY, leer van MY. Sit julle werk opsy
en instede daarvan doen slegs MY werk, as enige werk gedoen moet word. Bid en EK
sal vir julle wys wat om te doen en wat om nie te doen nie. EK is 'n God van
perfekte balans. EK verafsku enigiets ongebalanseerd. Selfs die Sabbat moet in
balans gehou word! Hierdie is 'n dag om te jubel in MY, nie 'n vloek nie; dit is
'n dag wat 'n seën vir julle moet wees nie om te vrees nie maar om na uitgesien
te word. Die Sabbat is nie 'n dag van slawerny nie maar 'n dag van vryheid in
MY, YAHUSHUA! MY dissipels en EK is 'n voorbeeld van wat om op 'n Sabbat te doen.
Leer hierdie nie by die Fariseërs wat sê dit is 'n dag om in slawerny te wees
nie. Wat sê dit is 'n dag om te ly nie. Ja, EK sê groot sal julle seëninge wees
deur MY Sabbatdag te onderhou en deur dit Heilig te hou.
DIT IS DIE DAG WAAROP EK WEER SAL KOM! Ja, EK het gesê, "Onderhou die Sabbat van
hierdie dag af vorentoe vir diegene wat daarop aanspraak maak om MY Bruid te
wees! Maak gereed want julle Bruidegom kom en sal arriveer op 'n Sabbat. Julle
weet nie watter een nie. Maar hulle wat nie vir MY op die SABBAT wag nie sal MY
MIS. Ja, EK sê weer, terwyl MY terugkoms aarde toe nader kom, laat EK op hierdie
dag in julle gedagtes, woorde en dade wees. Geniet hierdie dag saam met MY. Kan
julle nie julle wêreldse plesiere vir MY opsy sit vir een dag in die week nie?
Oefen dit nou. Die tyd kom wanneer die bose kennis sal neem wie waarlik MYNE is
en wie nie waarlik MYNE is nie. Hulle sal weet deur die MERK of julle MY Wette
onderhou en nakom. Hulle sal julle belet om op die Sabbat te vergader of te
erken dat hierdie dag die Sabbat is. Onthou Vrydag Sononder tot Saterdag
sononder. Hierdie is die SABBAT. Hou dit HEILIG en 'n dag vir julle en MY om te
koester en mekaar te leer ken. Julle is MY geliefde. Diegene wat dit doen sal
seëninge ken anders as enige wat julle voorheen geken het.
Nou het EK hierdie boodskap voortgespreek tot MY diensknegte en EK het hierdie
boodskap gebring aan julle die mense gegee te midde van 'n persoonlike profesie
gegee aan diegene in hierdie bediening. Maar tog laat EK julle met hierdie
woorde vir diegene wat verklaar dat hulle MYNE is, en hulle wat siele na MY toe
lei, MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes leer om Sabbat
onderhouers te wees nie Sabbat brekers nie. Hierdeur sal alle mense julle ken!
Hierdeur sal julle gereed wees vir MY koms. Diegene wat ore het om te hoor sal
hoor, al die ander sal doof bly. Los hulle doof, want dit is 'n gees van
rebellie wat in hulle harte en siele inkom. Los hulle! EK sê weer, moenie
probeer om hulle van gedagte te laat verander nie. MY Skrif spreek die waarheid,
dit verander nie.
EK, YAHUSHUA, het gekom om die wet te vervul, nie om YAHUVEH se Wette te
kanselleer nie! Vertel vir hulle, en as hulle weier om te hoor, moenie julle
asem op hulle mors nie. Onthou in die vergange tye was baie doodgemaak omdat
hulle nie MY Sabbat onderhou het nie. Die tyd kom wanneer julle groot tragedies
sal sien en dit sal op die Sabbat gebeur. Mense sal hulle hoofde skud en wonder
hoekom? Julle sal die rede weet hoekom. EK het julle nou net vertel. Maar hoe
sal die ander weet hulle gee MY aanstoot as julle hulle nie vertel nie? Almal
wat hier lees, en MY stem herken, julle word aanspreeklik gehou om vir diegene
te vertel wat nie weet nie. Hulle dink deur kerk op Sondag by te woon eer hulle
MY Sabbat. Maar MY Ware Sabbat gaan ongemerk by dieselfde mense verby. EK gee
nie om dat julle elke dag vergader en MY aanbid nie. Maar steeds op die Sabbat,
is dit MY Dag en julle dag wat ons afsonder om spesiaal te wees soos geen ander
nie. Wanneer julle eet onthou julle het 'n onsigbare gas. Onthou wat julle ookal
doen op daardie dag, dit doen EK saam met julle.
As julle sonde doen, sal EK veral daarvan kennis neem op hierdie dag. Julle was
weereens gewaarsku daarom kan MY Mense nie sê hulle het nie waarskuwing ontvang
voordat EK my oordele stuur oor diegene wat opsetlik ongehoorsaam is nie. EK is
'n God van Liefde en Toorn vir MY vyande. Julle is slegs MY vyande as julle
verkies om te wees. EK het vir almal gesterf, MY Bloed was vir almal uitgestort;
EK is nie ‘n aannemer van persoon nie, maar EK weet wie waarlik MYNE is en wie
is van die kerk van die geveinstes. PASOP om MY te probeer bespot deur woorde te
spreek wat ander wil hê julle moet spreek, en tog nie MY stem hoor nie. Pasop
vir praat en nie doen nie. EK het voortgespreek deur hierdie diensmaagd, toe sy
MY die minste verwag het om weereens tot die mense te profeteer. Sodat julle nie
kan sê diegene wat MY spot van die vorige woorde van waarskuwing wat EK gegee
het, HOOR MY, VREES MY, GLO MY! Was dit nie EK, die Here julle God YAHUVEH en
YAHUSHUA wat dit deur haar gespreek het nie? Oppas as julle haar julle vyand
maak want sy word nie aanspreeklik gehou vir die woorde wat EK spreek nie. Sy
word slegs aanspreeklik gehou as sy bang is om dit met moedigheid te spreek. Sy
het MY tot dusver gehoorsaam.
Sal jy 'n Sabbat breker of 'n Sabbat onderhouer wees? Moenie verwag om deel van
MY Bruid te wees as jy nie op hierdie dag gereed is vir MY nie. Maak gereed MY
Bruid, want EK KOM SPOEDIG! Groot tragedies sal plaasvind op MY Sabbat as 'n
teken dat dit 'n wet is wat nie verander het nie. Julle sal weet wanneer julle
hul hoor. EK verander nie vir enige man of vrou, tyd of seisoen nie, EK is
dieselfde God, gister, vandag en vir ewig. MY Gebooie is geskryf in klip deur
die vinger van die Groot God “EK IS” en EK vra om verskoning vir niemand.
EK vergewe maklik almal wat nie van beter geweet het nie. Hierdie diensmaagd
waaruit EK spreek leer nou eers MY betekenis van die ware Sabbat. Dit was vir 'n
tyd en seisoen. Sy is nie beter of slegter as almal van julle wie EK nou
onderrig nie. Onthou nou word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet.
Wat julle doen met hierdie kennis weet EK reeds. Vra MY op hierdie dag wat MY
aanstoot gee en wat nie. Bid op hierdie dag en offer alles as 'n offerande aan
MY, EK sal seën en vermenigvuldig wat 'n seën vir julle en vir MY is. Vervloek
wat 'n vloek is vir julle en vir MY. Hoeveel wat hier lees, sal dit waag om
julle God te vertrou? EK ken reeds die keuse wat julle maak.
So is dit Gespreek, so is dit Geskryf, onder MY salwing deur MY Apostel Sherrie
Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Hierdie was vanaf 'n oudioband oorgeskryf:
Elisabeth [Elisheva]: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is op die
oomblik in ons lewens aan die gang. Haat kom vanaf so baie rigtings na my toe,
dit voel net soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat, maar wat die
meeste seermaak, is hulle wie beweer hulle het JESUS (YAHUSHUA) lief en tog
stuur hulle hul wapens van haat. En haat is 'n gees of mens dit weet of nie en
wanneer jy haat, stuur jy 'n bose gees uit, veral wanneer dit teenoor iemand is
wie YAHUSHUA liefhet.
In elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en oor
en oor sien. Ons het in die Bruid se Heiligdom oor iets persoonliks in ons
lewens gebid, want die aanvalle was hewig, veral sedert ons daardie $6,500
spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid teenoor hulle te spreek wat
rense.com sou lees. Ons kry briewe van die terug gevallenes wat teruggekeer het
en die nuwe bekeerlinge wat hulle lewe vir YAHUSHUA MASHIACH gegee, het, maar
ons ontvang ook haatlike, haatlike, haatlike briewe. En ellende wag op julle wie
hierdie haatlike briewe stuur. Die snaakste deel is ons hoor ook van
vreemdelinge 'aliens' maar ons sal nie nou daarop ingaan nie, omdat hulle regtig
nie snaaks is nie en ons weet hulle is waar. Dit is net dat hulle selfs dink
hierdie Bediening is 'n bedreiging.
So, hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah in die vertrek was. Ons het
gebid en dit is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit so 'n
visioen gehad nie omdat ek dit kon vashou. Ek kon dit vashou sodat ek kon sien
wat daar was en toe het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah gepraat en
ek het weer my oë toegemaak en dit was weer terug. Dit het 3 keer gebeur en ek
wil dit altyd onthou. Dit is 'n tyd van Sukkot. Dit sal vanaand die derde aand
wees, so dit sal 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien het was 'n reghoekige
venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel was. Dit het 5 dik
tralies voor gehad. Ek het gekyk en ek het die tralies getel. Dit was swart,
dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster uitkyk kon ek vaagweg 'n boom
uitmaak. Ek het toe gesê, "Wat is dit wat ek sien? O, dit is 'n boom." Skielik
het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik sien. Daar was 5 baie
groot, sterk, gesonde, 'n mens kan dit Immergroen Bome noem, maar ek hoor
aanmekaar die woord "denne" (fir) boom, wat in 'n ry staan, lieflike bome. Toe
maak ek my oë oop en ek sê vir Kathrynyah, "Whoa, kyk wat het ek nou net
gesien". Ek is nie een wat maklik sulke visioene kry nie, gewoonlik het hulle so
vinnig gekom en gegaan, maar dit was 'n langdurige visioen. HY wou hê dat ek dit
moet sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak en weer toegemaak het en ons op 'n
ander onderwerp was, en whoa, ek sien weer die tralies. Toe sien ek hulle is weg
en toe sien ek weer die 5 bome.
Ek het agterna hieroor gepeins. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek weet nie
wat dit beteken nie, dit pla my en ek sal nie vrede hê voordat ek die betekenis
van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit skielik so
maklik en 'n Woord het na vore begin kom. So, nou gaan ek in geloof glo dat ABBA
YAHUVEH dit vir my gaan teruggee, die betekenis van die visioen en die Woord wat
HY het.
Ek het alreeds gevra en ek het alreeds die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH oor
my lippe gepleit. Ek het alreeds 'n slot en grendel op hulle gesit. Ek het HOM
alreeds daaraan herinner dat HY die SKEPPER van hierdie lippe is en HY is die
enigsteEEN wat kan verhoed dat hierdie lippe enige woord sal spreek wat nie van
HOM af is nie. Ek moedig enigeen aan wie glo dat hulle die gawe van 'n profeet
het, dat hulle dieselfde moet doen, omdat daar werklik op hierdie oomblik oral
vals profete is en dan is daar diegene wie vals profeteer en tog het hulle
YAHUSHUA lief en ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer kom nie
uit nie en hulle was deur 'n bose gees mislei of hulle het uit hul vlees
gespreek. Hulle was in beide gevalle mislei en tog het YAHUVEH gesê hulle is nie
"vals profete" nie, maar hulle profeteer valslik. 'n Vals profeet is iemand wat
opsetlik mense mislei vir hul eie beweegredes, en sal hulle na 'n ander waarheid
lei, na 'n ander god.
Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry
Shriner wie jou geloof in 'orgone' wil plaas, wie nou die mees afskuwelike
leuens teen my en hierdie Bediening sê, maar nou ja, wat kan jy van 'n
vreemdeling (alien) verwag? So, in elkgeval, ek vra nou vir ABBA YAHUVEH om
hierdie Woorde aan my terug te gee.
In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So, ABBA YAHUVEH, ek vra U weer of U
asseblief aan my sal herhaal of dit U was wat hierdie Woorde gespreek het,
herhaal dit dan weer aan my, wat was die tronktralies wat ek gesien het? Hoekom
was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die dennebome?
* * * * * * *
Elisabeth [Elisheva] praat in Heilige Tale:
O ABBA YAHUVEH, gee dit asseblief weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie
gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Toe ek gesê het ons is nie
gereed nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is
so broos.
Die Profetiese Woord Begin.....
O' MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, in hierdie tyd van
feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK
praat met hulle wie MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wie nie skaam
is vir die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH nie. Al die ander gaan net voort en
bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle in hierdie tyd nie.
Elisabeth [Elisheva] EK wys vir jou 'n visioen van 'n tronkvenster met 5
tralies. MY kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in
die Gelykenis in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te vang en
op te sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een uitweg. Daar is net een
uitsig.
Want EK verwyder daardie tralies reg voor jou oë Elisabeth [Elisheva], want dit
is MY belofte aan MY Bruid en julle sal soos daardie denneboom staan wat geplant
is by water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed
en EK spreek die seëninge wat in Deut 28 gereserveer is vir hulle wie
gehoorsaam. En die 5 bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wie MY Ware Bruid
verteenwoordig.
EK sal altyd vir julle 'n weg voorsien om te ontsnap, selfs wanneer julle dink
die vyand het julle ingeperk en EK het dit keer op keer vir Elisabeth [Elisheva]
gesê, julle wandel in geloof en nie deur sig nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5
verskillende maniere, die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na hierdie
wêreld toe kom, sal op 5 verskillende maniere probeer om julle toe te sluit.
EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer
vir julle veilig is om te bly waar julle nou is nie, bid dat EK vir julle 'n
plek van veilige bewaring (safe house) oprig, 'n veilige heiligdom. EK sê vir
julle voor die tyd wat die vyand beplan om te doen.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.
Weeg julle woorde versigting. Geliefde Bruid, raak gewoond daaraan om oor julle
rug te kyk want selfs hulle vir julle liefhet, sal aanval as hulle nie gered is
nie. Pasop MY Bruid. Bewaar julle tong. So was dit in die vroeë dae. Jammer om
te sê hierdie dae het vir sommige aangebreek. Vir andere sal dit later aanbreek.
Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om elke beweging van julle dop te
hou. Hulle draai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart te druk. MY
geliefde Bruid, daar is nie meer soiets soos vryheid vir julle op hierdie aarde
nie, tensy dit deur MY is nie. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle
MASHIACH, daar is vryheid in MY. So verberg julleself vir 'n kort rukkie totdat
MY woede en MY raserny en MY toorn oor hulle wie net goed genoeg is om MY vyande
te wees, verbygaan. Want die haatlike woorde en dade wat aan julle gedoen is,
want die vervolging wat na julle toe kom, is omdat hulle MY in julle sien.
Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand
waarheen hulle hul wapens kan gooi. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar
goed boos genoem word en boos goed genoem word, waar seksuele sonde onbeheersd
rondwoed en die al moraliteitsgrense verduister is; selfs in die meerderheid
kerke weier hulle om te praat oor wat moraliteit/sedelikheid is! Hulle vrees die
regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore boet. Julle het
julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellingstatus. Hoe julle geldelik
beloon kan word deur van MY te preek.
Sommige van julle het bely want julle het nie geweet wat julle doen nie. Sommige
van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellingstatus (Elisabeth
[Elisheva] sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nooit skyn nie!"
Julle behaag MY. Julle is vergewe. Julle het die verkeerde reggemaak.
Maar vir die ander pastore van die ander kerke wie hierdie omkopery van die
regering gevat het en 'n slot en grendel op julle lippe geplaas het, (Elisabeth
[Elisheva] sê, Ai tog, my hand is gevoelloos!") sê EK, 'Weg van MY af! EK het
julle nooit geken nie! MY GEES is nie in julle kerke gevind nie.”
Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is
niks meer as die Orator (Spreker) nie. Jy staan agter 'n kansel maar daar is
niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie vertrek volmaak en
die kerkbanke ry vir ry volmaak nie, EK ken niemand van julle nie! Julle is nie
Heilig nie.
Julle kom net om julle ore te vul met dìt wat julle die begeertes van julle
harte gee. Julle wil van niks weet wat met julle gees te doen het nie, behalwe
om blymoedige gedagtes te koester en gelukkig te wees nie! Julle is onder
verdowing, julle verkeer onder 'n illusie! Julle is onder verstandbeheer, julle
is onder verstandmanipulasie! Julle vul die offersakke tot oorlopends toe, en
hoop die rykdom op van iemand wie homself (Elisabeth [Elisheva] begin probleme
ondervind om te praat. Die duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar
stembande aan) as 'n keiser beskou.
Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wie in sy voetspore volg, EK gaan
die goue kalf reg voor julle oë van julle af wegruk! Julle sal die vloeke van
Deut 28 soos 'n tweede vel dra, want julle het die mense mislei. Die blindes lei
die blindes. Julle het hul oë op die rykdom van hierdie wêreld gefokus sodat
hulle nie die armoede in hul eie siele sal raaksien nie!
Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan sien hoe hierdie vyande val. EK
waarsku julle MY kosbare Bruid, julle grootste vyande sal in julle eie
huishouding gevind word. Hulle wie nie hul lewens en hulle liefde aan my
oorgegee het nie, hulle wie MY nie eerste in hul lewens en hul liefde plaas nie,
hulle wie weier om die Waarhede in die Heilige Skrifte te glo, hulle wie weier
om te erken dat daar net een weg na die Hemel is, deur MY Naam en gestorte
Bloed, hulle wie weier om te glo daar is 'n hel om te betaal vir die gevolge van
onbelyde sonde .
Julle grootste vyand sal in julle eie huishouding gevind word, want dit is hulle
wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is
niks nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag en dit is
net 'n kwessie van tyd, dat diegene na wie julle opsien as julle geliefdes,
julle sal verraai, julle aan die geregshowe van die land sal offer, aan die
beloning op julle koppe gehoor sal gee wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"
Dit is hoekom EK dit nou vir julle sê, wees voorbereid want Bruid voordat EK
julle huis toe neem na die Hemel, voordat julle weggeraap word saam met MY, gaan
EK julle moet leer hoe om te hardloop en weg te kruip, hoe om weg te kruip vir
die oë van die vyande, maar dit is in orde, MY geliefdes, want dit is net 'n
kwessie van tyd.
Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle in
julle Sukkhas slaap, onthou dan dat dit net 'n tydelike tabernakel is, net soos
hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle
veilig bewaar in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl
julle MY op die Heilige Feeste eer, terwyl julle die feesdae van hierdie wêreld
vermy, terwyl julle aan MY vasklou soos aan 'n Geliefde wie se omhelsing julle
nie wil verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel meer sal EK
julle liefkoos?
(Elisabeth [Elisheva] sê, "Oe, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")
O, hoe lief het EK julle. Soos wat julle daarna verlang dat EK moet kom, hoeveel
te meer verlang EK om na julle toe te kom! Ek vang elke traandruppel van julle
op. Die flessies word hier in die Hemel gestoor en wanneer julle na MY uitroep
omdat julle vervolg word, vang EK elke traandruppel van julle op! Goue flessies
wat met juwele omhul is en julle het elkeen 'n verskillende een. Elkeen het 'n
ander skoonheid. Dit hang af van die lyding wat julle namens MY gely het, hoe
gewillig julle was om vervolg te word en allerhande bose name genoem is, hoeveel
julle gely het en gewillig was om dit tot MY Eer te doen. Dit is hoe lieflik
julle flessie is. Hoeveel julle vir MY opgeoffer het. Hoe die van julle julle
'weduwee se laaste bydrae' (widow's last mite) vir hierdie Bediening gegee het,
verstaan julle nie? Niks was gemors nie.
Vir hulle wie opgeoffer en opgestaan het vir moraliteit, julle lê julle lewens
neer om die ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te word en
in die tronk gegooi te word om teen aborsie, gelyke geslag huwelike te
protesteer. Op soveel verskillende maniere, afhangende van waar julle in die
wêreld is. Sommige was mishandel; sommige was gemartel; sommige was toegesluit.
O MY geliefdes! Afhangende van die vervolging, afhangende van die lyding wat
julle moes ly, dit is die beskrywing van julle lieflike flessie wat julle trane
bevat wat soos 'n soete geur in MY neusgate opkom en EK omhels daardie flessies
liefdevol want EK weet watter prys julle terwille van MY betaal! En MY lieflste
Bruid, dit gaan nie makliker raak nie! (YAHUSHUA huil deur Elisabeth
[Elisheva]). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle! Want MY lof
is voortdurend in julle mond! Hy sê woedend, "Prys my! Aanbid my!" Maar in plaas
daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte Bloed van
YAHUSHUA is teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!
EK het vir julle ons Gewyde Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van
die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en
nooit ‘n kompromie aan te gaan deur te doen wat julle weet verkeerd is nie!
Julle treur en julle huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man
beveel om van 'n vrou te skei of 'n vrou om van 'n man te skei. Moenie hierdie
Profeet haat wat hier praat nie, want sy praat niks wat nie in MY Heilige Woord
is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie ongelyk gekoppel wees nie". Hierdie is die
Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Handel oor swaard wat skeiding bring.)
Dit is net 'n kwessie van tyd.....
Alles wat deur hierdie Bediening geprofeteer was, sal gebeur!
Die gevalle engele gaan opstaan. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer in
hierdie Bybel glo nie, dit is verouderd! (passé) Dit is net 'n boek vol
feëverhale! Hierdie is die 'Moderne eeu'.' Homoseksualiteit en gelyke
geslaghuwelike ..... hulle sal skree hulle is reg om die ongebore baba in die
moederskoot dood te maak.
Die politieke leiers wie se harte satan oorlopens toe gevul het, sal te kere
gaan en skree, "Julle wie in hierdie YAHUSHUA glo, julle koppe sal rol!"
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met hulle wie die Gaste by die
Huweliksmaal van die LAM sal wees. Julle moet gewillig wees om julle lewe neer
te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir julle wie sê, "Dit is
te moeilik, te hard om te lewe, om Heilig te wees, ek sal dit in die Groot
Verdrukking regkry." EK wil vir julle dit sê, as julle dit nie nou kan doen nie
en daar was tot dusver geen opoffering wat julle moes maak nie, julle was nie
gesê om julle lewe neer te lê nie, om julle kop onder die guillotien te plaas
nie, wat laat julle dink julle kan dit dan doen as julle dit nie eers nou kan
doen nie? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê wanneer julle
hongersnood en dood en verwoesting en onbegryplike euwels rondom julle sien
gebeur? Wanneer julle deur paaie vol bloed moet strompel? Wat laat julle dink
dat julle dan meer geloof sal hê? Nou kos dit julle niks anders as om 'n
“Bybelstamper” (Bible thumper) genoem te word nie.
En EK praat nie nou met die lande waar dit julle baie meer kos nie, EK praat met
die oorgrote meerderheid op hierdie aarde waar hulle gesê het, 'O, dit is vir my
te moeilik om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek
kan nie die sigarette op die altaar neerlê nie! O, ek kan nie die drinkgoed
neerlê nie! O, dit is te hard om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer
wat uit my mond kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie
Heilig lewe nie!" Wat laat julle dink dit gaan dan makliker wees?
(Fil 4:13 Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wie my krag gee)
Nou, is julle mae vol! Nou, is julle tonge is nie uitgedroog van dors nie!
(YAHUSHUA huil deur Elisabeth [Elisheva].) En nogtans kan julle MY nie nou Loof
nie? Wat laat julle dink dat dit dan makliker gaan wees?
Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moenie dit waag om van die hel en
die gevolge van sonde te praat nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie ! Julle
sê, "Julle is niks anders as wanhoop (‘doom and gloom’) nie." EK sal vir julle
wanhoop wys!
En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening en hulle wie (on)heiligheid
verkondig. EK sal vir julle wanhoop wys. EK sal vir julle wys wat dors is. EK
sal vir julle wys wat honger is! Diegene wie hulle oë op die Goue Kalf van
hierdie wêreld vestig, EK sal vir julle wys wat honger is! Julle sal julle eie
tonge weens honger kou! Julle wie so ryk en magtig is, julle vertrap en trap op
diegene wie nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal vir julle wys. EK sal vir
julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal vir julle wys!
Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY
gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het
die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het
aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle!
EK het dors gehad vir julle ongeregtighede! EK was honger vir julle! EK was
gespot en EK was verag! Dit (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie
aarde! En hoe min het dit eers erken! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat
toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel
is en hulle gee vir MY daardie verjaarsdag? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd
van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...
O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was slegs
eenmaal! EK moes slegs eenmaal sterf! En geen mens het MY lewe geneem nie! Dit
was EK en net EK, YAHUSHUA wat gesê het dit is volbring! En dit was MY tyd! EK
het nie op 'n mens se tyd gesterf nie! EK het nie op 'n mens se tyd opgestaan
nie! EK het in YAHUVEH se tyd opgestaan!
So, EK sê vir julle dit, O vyande van MY, julle wie hierdie lasterlike leuens
oor hierdie Profeet en Bediening skryf, dit is net 'n kwessie van tyd, EK gaan
op julle trap! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die vyeboom vervloek
het wat nie vrugte gedra het nie! Dit is net 'n kwessie van tyd! So, gaan voort
en gooi julle towerkragte. Gaan voort en probeer die Profeet wat hier praat,
vernietig. Julle sien, EK sal haar net keer op keer oprig! En sy sal net terug
kom en weer MY Woorde uitspreek. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit behoort
nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan voort en
gooi hierdie Bediening omver! Beskuldig haar dat sy "te Heilig" is, "te
regverdig". Gaan voort en bespot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien
Gebooie gehoorsaam en Heiligheid lewe soos wat YAH Heilig is. Gaan voort en
spot...
EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle
"adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK
dieselfde vir julle!
Dit is net 'n kwessie van tyd!
EN die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is
nadat julle hierdie Boodskap gehoor het. Sal julle bekeer? En die van julle wat
bid en julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het
nooit gesê daar is in hierdie tyd geen krag in daardie Naam nie. In hierdie
Profetiese Boodskappe het EK weer en weer gepraat en gesê daar is vergifnis,
genesing, verlossende krag in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Maar dit is net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking aanbreek en
die man van verderf daar staan, Judas het weereens teruggekeer, sal hy alles wat
Heilig is bespot. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA
vermy want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want
wanneer julle in die naam van Jesus Christus bid en hy sy hand opsteek en hy sê,
"Hier is ek", wat sal julle dan doen?
Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal
doen". En dan praat EK met diegene wat aanhou sê "Yeshua", EK het oor en oor
gesê "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY Eniggebore SEUN. EK het
vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie, maar laat ons
dit nie nou tot die uiterste neem nie, want enige naam sal nie deug nie.
O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf julle, hoe durf
sommige van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor, beter
julle op julle aangesigte neerval voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n
brief aan hierdie Bediening skryf en probeer om die wonde te versag wat julle
toegedien het omdat sy durf waag om oor die hel te waarsku, omdat hierdie
Bediening van Heiligheid preek, omdat hierdie Bediening oor die gevolge van
sonde waarsku, omdat hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.
Wat dink julle is 'n Profeet? En vir hulle wie lag en spot en sê, "Daar is nie
soiets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer sulke goed soos Profete nie," wat
sal julle met MY Heilige Skrifte doen? Besef julle nie dat EK die GEES VAN
PROFESIE is nie! Wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen?! EK is PROFEET VAN
DIE PROFETE! EK is PROFESIE! Die Profete het geprofeteer dat EK sou kom! As daar
nie soiets soos Profete was nie wat gaan julle met die boek van Openbarings
doen! Hoe dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die
Openbaarder het geprofeteer wat gaan kom.
Openb. 1:1
dat dit "Die openbaring van Yahushua ha Mashiach is, wat Yahuveh aan hom gegee
het om Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.
Openb. 1:1-2
Die openbaring van Yahushua ha Mashiach..... Hy het dit bekend gemaak deur sy
engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het --
wat die woord van Yah en die getuienis van Yahushua ha Mashiach is.
Openb. 19:10
Want die getuienis van Yahushua ha Mashiach is die gees van profesie." En die
profesie wat Yahushua ha Mashiach aan ons gegee het is die boek van Openbaring:
Openb. 22:16
"EK, Yahushua het my engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan
die gemeentes oor te dra.
Ellende wag op hulle wie nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te
ontvlug nie! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende wag op hulle wie nie
waardig geag word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat
julle gedoen het nie. Julle weet nie wat julle gedoen het nie! Maar dan sal
julle. Sommige sal die Gaste wees. Ag, hoe baie het julle hierdie Bediening
gehaat! Julle sal in daardie tyd huil en julle sal bely vir die gees van
verwoesting wat julle gestuur het. O, julle sal bely, maar dit gaan julle jul
lewe kos. En julle gaan Elisabeth [Elisheva] in die oë moet kyk in die Hemel en
julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle sal haar bedank vir die prys
wat sy betaal het. En almal wat wat hierdie Waarheid verkondig. Julle sal almal
vir wie julle gespot en verag het in die oë kyk en hulle om verskoning vra.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd…
Dit is net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug sal val. (YAHUSHUA huil
dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).
O!, satan spot en hy sê, "Die ruimteskip sal op hierdie datum kom." Hy spot
wetende dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.
EK laat nie toe dat enige droom op hierdie Bediening geplaas word nie. Hierdie
is Heilige Intersessors. En EK het vir hulle drome na drome gegee wat vooruit
waarsku oor wat uit die lug sal kom, wanneer die mens na die lug sal kyk en
hulle harte sal beswyk weens vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen idee
wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat uitgespreek
word, godslasterlike leuens wat teen hierdie Profeet en hierdie Bediening
gespreek word, onderskei die vrug waarvandaan dit kom en julle sal sien dat EK
dit vervloek het.
Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie, offer na offer op maniere wat
julle nie kan begin om te verstaan nie, net om iedere siel te bereik op maniere
wat niemand van julle sal weet nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel van
julle het selfs 'n weduweesbydrae (widow's mite) gegee? Hoeveel kan sê hulle is
deel van hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug en sê "Dankie"?
Dit is nie anders toe EK tien melaatses genees het en net een teruggekom het om
"Dankie" te sê nie. Julle sien, wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te
ondersteun sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen,
doen EK dit nie net om hulle te seën nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën!
Julle wat nou hier lees, julle wie luister, julle moes niks opoffer nie, julle
moes nie 'n prys betaal nie, want met elke Profesie wat deur Elisabeth
[Elisheva] gespreek word, is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die
Salwing hoe groter is die prys wat betaal word. Ware Profete weet wat lyding is.
Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slagpale sal die Sondag kerke wees. In
die Groot Verdrukking sal hierdie die Slagpale wees. Martelare sal soos
nagmaalbrood gevoer word. Die wyn in hul glase sal die bloed van die martelare
wees. EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier.
Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek?
Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil dit nie hoor nie?"
Maar, EK praat nou met die Gaste. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle
staan op die rand van die kloof. En julle sal daar wees. En dit is net 'n
kwessie van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie
fyn instel, want as julle nie nou genoeg geloof het om MY in die klein
dingetjies te vertrou nie, hoe kan julle my in die Groot Verdrukking vir groter
dinge vertrou? Sal julle die geloof hê om vir 'n klip in MY Naam te sê dit is
brood? Vir hulle wat EK wegsteek en vir hulle vir wie EK voorsien, sal dit soos
manna wees, soos doudruppels op die gras in julle agterplase. Maar slegs julle
oë sal aanskou en dit is net as julle geloof het en in MY glo. Julle beter julle
geloof nou fyn instel. Anders gaan julle geloof net genoeg wees om julle lewe te
gee.
Openb. 14:12
Hier verg dit geduldige lydsaamheid van die heiliges wie Yahuveh se gebooie
gehoorsaam en getrou bly aan Yahushua ha Mashiach.
Openb. 12:17
Toe het die draak weggegaan om oorlog teen die oorblyfsel te maak, hulle wie
Yahuveh se gebooie gehoorsaam en die getuienis van Yahushua ha Mashiach hou.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
Dit is net hulle wie nou na MY uitroep wat beskerm word teen die
Verstandbeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle verstand deur die
water en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die skyfies wanneer julle dit
die minste verwag, om julle soos 'n hond te volg om presies te weet waar julle
is. As dit nou so sleg is, kan julle dink hoe dit in die Groot Verdrukking sal
wees?
Dit is net 'n kwessie van tyd.
Maar aan My Bruid, aan MY kosbare, kosbare Bruid, EK het vir julle die
tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle julle in 5
verskillende maniere gaan toesluit en EK het vir julle die visioen gewys toe EK
die tralies wegneem, en julle daar sal staan, julle wie MY Vyf Wyse Maagde
verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring MY
belonings saam met MY! En EK bemin elkeen van julle liefdevol!. Julle BRUIDEGOM
kom!
Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie deur die oë van die vlees
kyk nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk
deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wyshied
want julle het dit nou nodig! En o, julle wie die Gaste is, bid vir meer
Wysheid! Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nou nodig nie,
julle gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid (Jer 30:7). Julle
gaan dit nodig kry in die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aanbid en
vereer gaan word! O, die wêreld het nou hulle afgode. Julle noem hulle
rolprentsterre of bose demoniese politici, maar EK vertel vir julle dit, daar
kom 'n man wie die seun van die verderf gaan wees, die werklike seun van satan.
Pasop! Julle is gewaarsku! Wees gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig!
Wees op julle hoede! As hulle wie julle dink julle kan vertrou nie vol van MY
GEES is nie, as hulle nie hul knie voor MY gebuig het nie, as hulle nie
gehoorsaam voor MY lewe nie, as hulle hart nou gevul is met opstandigheid, dink
net hoeveel erger dit sal wees. Julle is gewaarsku!
Julle kla omdat EK huwelike opbreek, maar dit is huwelike wat EK nooit georden
het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die veiligheid,
vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die Gaste, vat EK
MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat hulself mans
en vrouens noem, susters en broers, lede van die familie en vriende, EK skei
hulle wie ongelyk gekoppel is in besigheide, op alle maniere. Julle kan net dié
vertrou wie MY Naam aanroep.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.
EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees,
maar verberg julleself nog vir 'n klein tydjie. Verberg julleself vir 'n klein
tydjie totdat MY toorn oorgaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word nie.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en dit alles sal verbygaan
en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal
bestem was om te ly, doen dit net asof vir MY. Wanneer julle om MY Naam ontwil
vervolg word, besef dat hulle MY in julle sien.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So, neem MY
Genade(Grace) en neem MY Goedertierenheid (Mercy). Neem MY hand. Laat EK julle
omhels! O, hoe baie dank EK julle dat julle MYNE is, dat julle gewillig is om
die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te word.
Einde van Woord
Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Sukkot 17 October 2008
Elisabeth [Elisheva]: Dit is al wat EK hoor. Ek dank U vir hierdie eer, geliefde
YAHUSHUA dat U deur hierdie lippe van klei gespreek het en ek is net 'n
spreekbuis vir U en ek bid dat ek elke Woord gehoor het net soos wat U dit
gespreek wil hê. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir
hierdie eer. Ons bid dat dit beide die Bruid en die Gaste sal bemoedig en ons
bid dat dit vrees in die vyande sal veroorsaak. Ons dank U. Ons prys U. Ons
aanbid U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie
aanstoot gee en sommige verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U
Geliefde YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA
ons MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U!
En tog weet ons dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.
Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande! Voel enigiemand anders dit?
Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisabeth (Elisheva) se hande gevoelloos
geraak! Wanneer YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisabeth
(Elisheva) gesê dit was asof 'n Krag van Bo soos 'n stamp in haar liggaam
gestuur is! Haar liggaam het letterlik gespring toe dit voorgekom het! En sy het
energie gevoel na hierdie Woord ontvang is. Maar die Salwing was so strerk, ons
het deur twee stelle batterye gegaan om hierdie Woord op te neem en daarna te
luister! Die Salwing speel vinnig klaar met batterye se krag!
Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die
woord van Yahushua en die getuienis wat hulle gehad het...
Die Man van Wetteloosheid
1. Aangaande die koms van ons Yahushua ha Mashiach en ons wat bymekaar gemaak
gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of verskrik
raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van ons af te
kom , wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat
enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek
nie) totdat die opstandigheid voorkom en die man van wetteloosheid geopenbaar
is, die man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat
God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as
God sal sit en voorgee dat hy God is.
Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt op
geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom as hulle God kies? Sal
hy eers verkies word en dan later sy eis dat hy God is, aankondig en vereis dat
hy aanbid word? Die goddeloses sal neerbuig en hom as hulle Messias aanbid, maar
niemand sal dit doen tensy hulle name nie in die Boek van die Lewe opgeskrywe is
nie, wie voor die grondlegging van die wêreld opgeskryf is nie. Moenie bang wees
nie, julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net die wie
Yahushua ha Mashiach ontken sal die een aabid wat die anti-christ genoem word.
Kommentaar deur redakteur: Ons was in gebed rakende ‘n saak t.o.v YouTube.
Elisabeth (Elisheva) het die woorde “anti-mashiach” (anti-messiah, antichrist)
onderskei in ‘n Heilige Taal. Sy het gewonder of hy dalk in ‘n droom was wat sy
gehad het, waarin sy dopgehou was.
* * * * * * *
Die Profesie volg hieronder soos wat dit voortgekom het
– deur Profeet Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand.
2:3-4) oor hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring
Profesie (1 Kor. 14:6).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH / YAHU יה is GOD SE GEWYDE NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו–יה
wat letterlik “Loof/Prys YAH” beteken: YAHUVEH / YAHWEH י-ה-ו-ה GOD DIE VADER;
YAHUSHUA / YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGGEBORE SEUN —(HA MASHIACH המשיח beteken
“DIE MESSIAS”; ELOHIM אלוהים beteken “GOD.”)
Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” שכניה תפארה — as die PERSOONLIKE NAAM van
die RUACH HA KODESH רוח הקדש, (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”)—word ook hier
genoem.
(HA SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE
TEENWOORDIGHEID.)
Bykomend, ABBA YAH אבא יה beteken “VADER YAH”
en IMMA YAH אמא יה beteken “MOEDER YAH.”
Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui. Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:
Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND
wat oor die aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit lankal misluk het.
EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word aan hulle wie spot:
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY Woorde verag
en met SY Profete gespot, totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke
36:16
Toe in Julie 2016:
Ellende wag vir enigeen wat dit durf waag om hierdie twee gesalfdes leed aan te
doen. julle sal selfs die dag berou wat julle gebore was. Raak my gesalfdes nie
aan nie en doen hierdie twee Gesalfdes geen kwaad nie. (sien ook Ps. 105:15; 1
Kron. 16:21-22) Dit sou vir jou beter gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong
uitgeskeur het!
(Profesie 128)
En van Profeet Caleb:
Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,-
ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen
kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op
julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening
is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie
dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.
* * * * * * *
Hierdie Profesie was opgeneem op audioband. Hier volg die oorskrywing.
Profesie 122 Begin:
21 Februarie 2012
Elisabeth [Elisheva], hoekom is jy so verbaas? Jy het lankal reeds die aandag
gehad van hom [anti-messias, antichris]. Wie dink jy is agter al die aanvalle?
Hierdie is MY geveg! EK gebruik AmightyWind!
EK gebruik MY spesiale Vegters, MY spesiale Bruid,
-maar almal van julle het ‘n beskerming:
almal van julle dra MY Gevegsmondering -
want EK is reg langs julle.
YouTube was asof dit 'n smelters-oond was, was dit nie? Hoeveel keer het jy gesê,
“O, nee, ek weet nie hoe ek gaan oorleef nie,” - terwyl die woorde van haat
gedreig het om jou te verteer.
Maar elke keer het EK jou gegee wat dit verg om te oorwin!
Elke keer rig EK jou weer op!
En EK praat met al diegene wat aangeval was.
Waar jy swak was, maak EK jou sterker!
Waar jy bevrees was, maak EK jou dapper!
O, MY kleintjies! Moenie die KRAG onderskat wat aan julle gegee is om teen die
vyande van jul siele te veg nie!
MY vyande - is julle vyande!
Julle vyande - is MY vyande!
So moenie vrees nie!
Die oorlog wat teen julle woed
-alhoewel dit lyk of dit kom deur mense-hande -
dis meer as net sterflike mense.
Solank julle doen wat EK jul beveel om te doen,
Solank jul MY gehoorsaam, sal EK julle veilig hou.
Moenie die krag van die vyand onderskat nie. Maar moenie MY KRAG onderskat nie!
Want, EK sal hierdie vyande vernietig! [1]
Dit sal gebeur op ‘n tyd wat jy nie gedink het dit sal kom nie. Moenie dom kanse
waag nie. Neem alles na MY toe in gebed. Hou aan om die onsigbare kragveld om
julle te bid. Want, weereens sê EK: julle het die aandag van die anti-messias.
Dis later as wat julle dink! Tyd is korter as wat julle dink! Wees net dapper.
Moenie dat die vyand jou sien sweet nie.
Sylvester, weet jy wat was nog die beste video ooit wat EK jou laat opneem het?
Dis jou mees onlangse video. [2] Die oomblik toe die vyande sien dat jy staande
gebly het, ongeag alles wat hulle aan jou gedoen het.
En dat jy geseënd was met 'n geliefde vrou aan jou sy en dat EK julle vreugde
gee! En hierdie vreugde haat hulle. Hulle weet dat NIKS wat hul gedoen het
hierdie seëninge kon wegneem nie. En nou weet hulle ook, waar hulle gedink het
daar’s net een - sien hulle nou twee.
Want die blydskap- MY blydskap, is jul sterkte!
O, MY lieflinge! Julle kan nie eens begin om te begryp nie wat die OMVANG is van
die siele wat jul bereik - die oortuiging wat oor hulle kom soos hul met
traanbevlekte gesigte, hulle wil en lewens oorgee aan MY.
Waarom dink julle het jul die anti-messias se aandag? Want jul doen dit nie net
in een taal nie! Een taal is moelik genoeg vir die vyand om te hanteer, maar
wetende dat hulle jul nie kan snoer of stilmaak nie – en om te weet, jul
begeerte is om hierdie wêreld te bereik in al die tale! Dit is hoekom EK jul
hier gesit het. En EK gebruik die vyand se eie masjien om dit te doen. O, groot,
groot, groot, groot, groot is jul seëninge!
Bly net staan.
Moet nooit dat die vyand jou sien val in neerlaag nie.
Vat net MY Hand - want MY Krag kan nie eers begin
om vergelyk te word met die van enige vrou of man nie.
EK, YAHUSHUA, rig jul op .
EK, YAHUSHUA, vou MY Arms van Liefde om julle.
EK , YAHUSHUA, vee die trane van jul oë af.
En EK, YAHUSHUA, sal die wat EK verag doodmaak! [3]
MY Woord lieg nie! Wat die VADER haat, haat EK!
Mense wil die Boek, wat die Die Bybel genoem word, verdeel. En hulle wil
reguleer en sê dat EK net in die Nuwe Testament is. Hulle vergeet dat EK die
BOEK IS! EK IS DIE WOORD - wat vlees geword het! Daar is GEEN verdeling nie! EK
was ook in wat julle noem die Ou Testament; daar word van MY gepraat - in die
boek van Daniël.
Daniël het van MY gepraat.
Kyk en julle sal sien.
Hou julle net aan om te preek wat EK vir julle gee.
Nie alles het op dowe ore geval nie.
Die van hulle wat MY skape en lammers is, sal gehoor gee.
Selfs as hul nie ALLES verstaan wat jul sê nie herken hul steeds MY stem. Hulle
herken dat die goeie vrug in hierdie Bediening van die Hemel afkomstig is.
Hierdie is die woorde wat EK vir julle wil sê - terwyl jul probeer om ‘n deur af
te breek ten opsigte van iets waaroor EK nog nie ‘n antwoord wil gee nie.
Rus net in MY, verfris in MY!
Laat toe dat EK MY Liefde in julle in-giet - Restorasie.
EK IS nooit te vroeg nie. EK IS nooit te laat nie.
Julle sal weet wanneer dit tyd is. Julle het jul werk gedoen. Julle het na MY
geluister – selfs nou - trek MY GEES jou om te luister en om te gehoorsaam.
Dis al wat EK vra. Jy doen jou deel en EK doen MYNE. Wanneer EK vir jou sê om
voorsorg te tref, selfs wanneer jy sê, “O ek is nie bekommerd daaroor nie. GOD
sal beskerm….” - solank julle MY gehoorsaam…Solank julle MY gehoorsaam. [d.i. as
julle MY gehoorsaam is, sal EK julle beskerm]
Hou aan om tot MY te nader. Vra MY om met julle te praat in die stilte van die
nag. Hou net aan om tot MY te nader. Want, GEEN wapen wat teen jul gevorm is ,
is groter as EK nie.(Jesaja 54:17)
Daar is NIKS wat ek nie kan vernietig nie.
Daar is GEEN oë wat EK nie kan verblind nie.
Daar is geen masjien wat EK nie kan vernietig nie.
Jul moet geloof hê in MY
Jul moet geloof hê in die legioene van Heilige Engele
wat EK oral rondom geposisioneer het.
MY Kosbare Bruid –
Jul moet geloof hê in MY. Moenie twyfel nie.
Moenie in MY Liefde vir jul twyfel nie.
Hou jou ore doof vir die wat skree,
en sê jy behoort nie aan MY nie.
Jy verkondig MY Woord
Jy leef MY Woord.
Elisabeth (Elisheva) EK gee jou die instruksie.
Al wat jy doen - is heruitsaai.
Jy is nie die OPPER-BEVELVOERDER NIE—EK IS!
Jy voer net die bevele uit wat EK vir jou gee.
Jy is nie verantwoordelik vir wat die mense doen nie!
Jy is nie verantwoordelik as hul misverstaan nie.
Húlle is verantwoordelik.
-om dit net na MY toe te neem en te sê “Help my verstaan.”
EK IS GOD ALMAGTIG!
EK en die VADER is EEN!
EK kan op elke plek wees —en EK IS!
Jy is een vrou—en jy kan nie.
So doen dit wat EK vir jou sê om te doen.
almal van julle doen dit wat ek vir julle sê om te doen.
EK IS dieselfde YAHUSHUA
wat die vyeboom vervloek het omdat dit geweier het om
vrug te dra
en dit het verdor en doodgegaan voor die oë van almal.
EK het nie verander nie: EK seën en EK vervloek.
Die vyande wil jul ore verdoof en hulle wil sê, “’Jesus Christus’ is net 'n GOD
VAN LIEFDE. Ek hoef my nie te bekommer om die 10 Gebooie te onderhou nie. Ek
weier om volgens daardie wette te leef. Ek kan leef soos ek wil en ek gaan Hemel
toe. Jý gaan hel toe - omdat jy dink jy kan GOD behaag , omdat jy ons oordeel –
ons sal jou vernietig.”
Hulle skree dit weer en weer en weer.
[Nou skree EK, YAHUVEH:]
Boodskap! Boodskap! Boodskap! Aan die hele wêreld nou!
Julle kan nie die Poorte van die Hemel afbreek nie!
Julle kan nie vir MY, YAHUVEH & YAHUSHUA
en die RUACH HA KODESH van ONS Trone afstamp nie!
EK lag vir julle! O, julle pieperige mans en vrouens!
Julle is maar net stof —kaf, in die wind,
wat EK kan wegblaas as EK sou verkies.
O, julle vyande van AmightyWind Ministry (Bediening) - so baie van julle - EK
skud MY kop in afgryse, want julle sal daar wees - wanneer julle uitroep en
wanneer julle wil hê dat ‘n rotsstorting jul moet verberg van die woede van HOM
WAT OP DIE TROON SIT EN DIE LAM VAN YAH (Openbaring 6:16). Julle dink maar net
dat jul weet wat swaarkry is. Julle het nog nie eens begin verstaan. Indien jy
'n vyand is van hierdie Bediening - wat alleenlik MY Woord en Heiligheid preek,
wat 'n boodskap soos Johannes die Doper het en soos Elia (Eliyahu) van Ouds- dan
is jy 'n vyand van YAHUVEH, van MY YAHUSHUA, & MY RUACH HA KODESH!
Julle wat sê, “ek sal hierdie Bediening vernietig.” - Nee dis EK wat júlle sal
vernietig. Net soos EK die vyeboom vervloek het, so ook vervloek EK die vyande
van Amightywind Ministry! Want hierdie Bediening is nie van 'n man of 'n vrou
nie! Hierdie bediening is deur MY Eie Hande gevestig. Dis nét die SALWING VAN
DIE KOSBARE RUACH HA KODESH wat manne en vroue na MY toe trek sodat hul siele
gered kan word, maar EK gebruik hierdie bediening ook om die verworpenes te
vernietig.
So, MY lieflinge wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën - want julle kan die
hele wêreld deursoek en jul sal geen gelyke vind nie - EK gee julle hierdie
Woorde van Bemoediging. Die wat jou haat, haat MY. Hulle wat jou probeer
vernietig, probeer om MY te vernietig. En EK en die HEMELSE VADER, jou ABBA
YAHUVEH lag vir die slingse planne van hierdie pieperigemans en vrouens wat maar
net - in ONS Oë - stof is. En baie, baie spoedig sal die vyande sien dat dit jy
is, jy, vir wie EK so baie liefhet en dis hulle wat EK so baie verafsku.
So, hou julle aan om te werk in hierdie oesland. Daar is so baie meer seëninge
wat vir jul wag van MY af. Die Bruid van YAHUSHUA herken wie julle is. Die Bruid
van YAHUSHUA herken mekaar. Die Bruid van YAHUSHUA word - soos n magneet - na
julle toe aangetrek. Want hulle weet aan hierdie bediening is die Waarheid gegee.
Julle is ‘n uitreiking na beide Jood en Heiden. Julle is nie soos enige
ge-organiseerde kerk nie. Julle is soos die eerste Apostels toe hulle bymekaar
gekom het - en tekens, wonders en wonderwerke volg hulle wie aan MY gehoorsaam
is.
So, dit is wat EK wil doen hierdie dag.
EK wil julle 'n Woord van Troos gee
- wanneer julle dit die minste verwag-
EK wil hulle wat so neergedruk was weer ophef.
EK wil die trane in jul oë afdroog.
EK wil almal herstel wat restorasie nodig het.
EK wil jou dapperheid gee waar jy vrees geken het.
EK wil jou herinner dat EK hier is.
EK IS nader as jou volgende asemteug. MY GEES leef in jou
En, o, hoe lief het EK jou!
So hou net aan om styf vas te hou aan die Soom van MY Kleed. Moenie los nie!
Want EK sal jou nie los of verlaat nie. EK weet wie se name in die LAM se Boek
van Lewe geskryf staan voor die Grondlegging van hierdie Wêreld…EK weet wie se
name daarin oorbly! En dis húlle waarmee EK praat hierdie dag. As jy hierdie
Woord as ‘n seën ontvang van MY, weet dat jou naam daar is. Dis NIE uitgewis nie.
As jy hierdie Woord ontvang as n vervloeking - net om te spot en uit te lag -
weet dit, EK het jou nooit geken nie! EK gee nie om hoe jy MY Woorde kwoteer nie.
EK gee nie om hoe jy skree nie. EK sê jou dit, as jy hierdie Woorde as 'n
vervloeking ontvang, as jy hierdie Bediening as n vervloeking ontvang, as jy nie
berou en goedmaak wat jy gedoen het nie - wees verseker EK ken jou nie.
Elisheva: Is U seker U wil hê ek moet dit sê? Ek bedek my lippe met die GESTORTE
BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. ABBA YAHUVEH, as dit nie U is nie – as dit nie U
is nie, YAHUSHUA, moet dan nie laat dit uitgespreek word nie.
SPREEK DIT! EK BEVEEL JOU OM DIT UIT TE SPREEK!
EK sê dit hard en EK sê dit duidelik!
Die wat nie berou nie, die wat nie die bose woorde goedmaak wat hulle gespreek
het teen hierdie ALEPH & TAV, AMIGHTYWIND, RUACH HA KODESH, HEILIGE VUUR
Bediening - wat liefdevol genoem word “AmightyWind of AlmightyWind” - EK sê vir
julle dit - EK gaan dit weer eenkeer herhaal. Want MY Profeet, jy het probeer om
MY stil te maak en MY woorde wat EK wou sê probeer sensor, so EK gaan dit weer
herhaal - hulle wie na hierdie Bediening kyk en dit haat en die Woorde haat wat
voortkom , EK ken julle NIE eens nie!
JY IS SOOS ‘n AFSTOOTLIKE KIND!!! [4] - Jy beweer soos 'n ‘erfgenaam’ dat jy 'n
reg het op die erfporsie. Maar EK sê vir jou dit - die wat weier om te berou,
die wat weier om die bose woorde en die bose dade wat hulle gedoen het goed te
maak, hulle wat die Tien Gebooie [5] gevat het en dit vermorsel het tot in die
grond in en sê, “Ons hoef nie te gehoorsaam nie. Ons hoef nie Heilig te leef nie.
Maak stil daardie Profeet. Maak dood daardie Profeet!” - EK sê dit vir julle:
EK ken julle nie!
JY IS 'N AFSTOOTLIKE KIND!‼!!!!
Jy sal jou erfdeel kry;
En dit sal die hel se vlamme wees!
Julle wat sê, “daar is geen hel nie.”
Julle haat hierdie Bediening want dit preek dat daar 'n hel is.
Julle haat hierdie Bediening want dit waarsku dat
Deuteronomium 28 se vloeke nog steeds geld -
vir die wat rebelleer
en weier om te berou -
Julle sal jul erfdeel kry,
EN DIS DIE POEL VAN VUUR VIR JULLE!
Net omdat julle ontken dat daar 'n hel is
maak dit nie [jou ontkenning] geldig nie!
O, daar is die Hemel om te verwerf!
O, daar is 'n hel om te vermy en vrees!
O, EK seën EN EK vervloek
so seker as wat ek daardie vyeboom vervloek het!
So dit is wat EK te sê het: dit is jou keuse om aangeneem te word - of om
verwerp te word as 'n afstootlike kind! En die duiwel is daar om die afstootlike
kinders op te eis. Dis jou keuse.
Maar MY skape ken MY Stem. MY lammers ken MY Stem.
En hulle sal na geen ander Herder kom nie.
En hulle weet EK tugtig die wat EK liefhet (Spreuke 3:12) 5
En hulle bedank MY daarvoor.
Hulle is MY geliefde kinders.
Hierdie is die kinders van die VADER.
Hierdie is hulle wat gevul is met die
RUACH HA KODESH, LIEFLIKE HEILIGE GEES.
EK vertroos julle met hierdie woorde. Julle is MYNE!
En EK beskerm almal wat MYNE is!
EK deel wat EK het met julle.
En EK bemagtig julle. En EK praat met julle.
As jy nie MY Stem kan hoor soos Elisabeth[Elisheva] dit nou hoor nie, het EK
ander maniere om met jou te praat. Nader net tot MY want EK sê vir julle die
Salwinge gaan net sterker word in hulle wat MY waarlik gehoorsaam en volg - en (wie)
veg vir die standaard van Heiligheid en alles wat onheilig is bestraf.
Die salwing gaan net sterker word.
Dis MY Erfdeel vir julle.
Die Heilige Engele wat wag staan en julle beskerm,
Dis MY Erfdeel vir julle.
EK gee dit aan julle, want EK het julle lief.
Einde van Profesie
Elisheva: [asem diep in] Dis dit! [Hulle] het hier ingeharloop met die kasset
opnemer…
Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Offensief vir baie, en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’
Lukas 6:46
En wat noem julle MY: Meester, Meester! en doen nie wat EK sê nie?
Johannes 14:15
As julle MY liefhet, bewaar MY Gebooie.
2 Timotheus 3
Mense wat 'n gedaante van toewyding het, maar die KRAG daarvan verloën het. Keer
jou ook van hierdie mense af.
Markus 11:12-14
En die volgende dag, onderwyl hulle uit bet-anyah gaan, het HY honger gehad; en
toe HY op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het HY daarheen gegaan in die
hoop om iets daaraan te vind; en toe HY daarby kom, vind HY niks as blare nie,
want dit was nie tyd van vye nie. En YAHUSHUA praat en sê vir hom: Laat niemand
ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En SY dissipels het dit gehoor.
Mattheus 25: 1-13
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die BRUIDEGOM te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. 5 En
terwyl die BRUIDEGOM talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die
slaap geraak.
6 En middernag was daar 'n geroep: Kyk die BRUIDEGOM; gaan uit HOM tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons
en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die BRUIDEGOM gekom. En die wat gereed
was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: MENEER, MENEER, maak vir ons oop!
12 Maar HY antwoord en sê: Amein EK sê vir julle, EK ken julle nie.
13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie
Deuteronomium 32:39-43
39 Aanskou nou dat dit EK IS en dat daar GEEN ELOHIEM naas MY is nie; EK maak
dood en maak lewend,EKk het verbrysel en EK genees; en daar is niemand wat uit
MY Hand red nie.
40 Want EK sal MY Hand na die Hemel ophef en sê: So waar as EK ewig LEEF –
41 As ek MY glinsterende Swaard skerp gemaak het en MY Hand na die Strafmaatreël
gryp, sal EK wraak oefen op MY teëstanders en MY haters vergeld.
42 EK sal MY pyle dronk maak van bloed, en MY Swaard sal vlees eet: van die
bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se
aanvoerders.
43 Jubel, O nasies, oor SY Volk, want HY sal die bloed van SY Knegte wreek, en
HY sal wraak oefen op SY teëstanders en versoening doen vir SY land en SY Volk.
Deut. 4:24
Want YAHWEH jou ELOHIEM is 'n Verterende Vuur, 'n Jaloerse EL.
Job 4:8-9
Ooreenkomstig ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, daardie een
maai dit. 9 Deur die Asem van ELOHA kom hulle om, en deur die Geblaas van SY
Toorn word hulle vernietig.