Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
6 Augustus, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
O, Yisrael, O Yisrael, EK is bedroef. Wat meer moet EK doen, want EK het MY Seun
YAHUSHUA na julle toe gestuur.
* * * * * * *
[Op Band opname]
Elisabeth [Elisheva] sê, "Hmmm."
"Stop, Stop, Stop!" [Sy was aangesê deur YAHUVEH om te stop en ons geestelike
gesag op te neem, eers satan en sy demone weg te bind van hierdie gebied waar
ons woon, alle prinse, kragte, owerhede en heersers in hoë plekke oor hierdie
gebied te bind, in die Naam van YAHUSHUA, sodat hierdie woord nie verhinder sou
word nie.] [Elisabeth (Elisheva) het voortgegaan in Heilige Tale en hierdie is
die gebed wat na vore gekom het onder die salwing.]
"Hierdie is die woord wat aan Yisrael gegee moet word na 'n droom wat die
salwing in my aangewakker het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet,
omdat U my geskape het, U het hierdie lippe en tong geskape, ek sou eerder dat U
my nooit geskape het nie as om my toe te laat om ooit 'n woord vals te profeteer
in U NAAM. So as hierdie waarlik van U is, laat hierdie Woord na vore kom.
Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan.
In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid ek. Ek vra U Abba YAHUVEH, in die Naam
van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore
kom op 'n manier wat hulle nog nooit vantevore het nie. (Heilige Tale) Heilig,
Heilig, Heilig, ons loof U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA."
[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die Geestelike gesag
opgeneem het.] O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil
sê?"
* * * * * * *
Profesie 81
O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Besraf Julle!
O Yisrael, O Yisrael, dit wat 'n appel in MY oog is wat 'n wurm daarin het, EK
besraf julle! EK, YAHUVEH, die een vir wie Abraham, Isak en Jakob aanbid en
hulle gehoorsaam het,
EK, YAHUVEH, BESTRAF JULLE!
Julle sê hoekom is ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir
ons gegee het? EK vra julle hierdie vraag: Wandel julle in Torah? Leef julle in
Torah? Soos julle voorvaders gedoen het?
O, Yisrael, net so seker soos MY Seun YAHUSHUA 'n Judas gehad het wat HOM
verraai het vir 30 stukke silwer, so ook het julle 'n Judas, die een wat vir
julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig wat net sal eindig in julle
verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die
anti-Messias.
Mense sê julle is die Heilige Land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid
nie. So min van ‘n oorblyfsel het EK wat as’t ware wandel in Torah en leef in
Torah. Julle het 'n Fariseër gees. En EK sê dit vir julle: alhoewel dit nie EK
is wat julle land verdeel nie, maar EK sal die vyand toelaat om dit te doen vir
julle ongehoorsaamheid.
Maar EK sê vir julle dit; EK sweer hierby, by MY EIE Naam, EK, YAHUVEH sweer
hierby. EK sal wraak neem op julle vyande want dit is MY, en MY alleenlike
outoriteit om julle te straf op 'n manier wat EK bepaal het. Hierdie vyande wat
teen julle kom sal die lot hê van ‘n Judas. EK, YAHUVEH, sal genade hê op die
oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en weeklaag terwyl julle
‘n Judas verraad sien, die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die
van julle wat die man van sonde bestraf en verafsku. Die van julle wat MY Naam
aanroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, EK sal genade hê en EK sal julle seën.
Julle is nie bestem vir MY woede nie.
Maar julle o Amerika en die ander nasies wat by julle aansluit, wat dit waag om
aan te raak wat EK vir julle gesê het om nie aan te raak nie, om te verdeel wat
EK vir julle gesê het om nie te verdeel nie, julle sal die lot van ‘n Judas ly.
Julle sal die dag berou wat julle die 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe
gegooi het. Want soos julle die land verdeel, soos julle die een omkoop om die
land te verdeel so sal EK julle ook verdeel op elke manier. 2005 was net 'n
voorbeeld. Julle weet nie, verstaan ook selfs nie, die verskrikking wat EK in
julle rigting laat kom nie reguit uit die Hemel gestuur deur geen mens nie! O
Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag
wanneer jy jou wil sal neerlê vir MY. O, maar wat 'n bloedige pad sal julle moet
deúrreis totdat MY SEUN YAHUSHUA kom en julle sal skree, "Geseënd is HY wat kom
in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!"
Maar tot daardie dag, o wat 'n bloedige pad sal julle moet deúrreis. Die dooies
is oral rond, na links en na regs, huilend en weeklaend vir die verskrikking wat
kom in die nag. Julle het van beter geweet, julle het van beter geweet, en
steeds het julle gedoen wat EK julle beveel het om nie te doen nie. Julle het
die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem die 30 stukke silwer. EK bedek MY
aangesig elke keer wat EK hoor na Yisrael word verwys as, Yisrael die Heilige
land. EK soek ver en wyd en daar is slegs 'n oorblyfsel wat Heilig genoem kan
word voor MY en hulle is diegene wat ween en weeklaag, want hulle sien wat
gebeur met hulle land.
Aborsie en homoseksualiteit, pornografie, hoerery, afgodery behoort geen deel te
hê in julle nie. Keer-op-keer sien EK die Fariseër gees regeer julle steeds.
Julle, o Yisrael het 'n vorm van goddelikheid en hoeveel Goddelikheid is
binne-in? EK, YAHUVEH, bestraf julle en EK tugtig julle en dit het maar net eers
begin.
Bose Rabbis wat nie ‘n Rabbi is nie, maar hulle waag dit om hulself Rabbis te
noem, het 'n vorm van goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Hulle
het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY
betaal het op Golgota nie. Hulle is net geskik vir die vuur van MY vernietiging.
EK het 'n oorblyfsel, so min van 'n oorblyfsel. Hulle sidder selfs vir die naam
Rabbi, want hulle is nederig voor MY en hulle is diegene wat MY behaag wat sê
daar is maar een Rabbi, en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH.
O Yisrael, EK kyk oor julle land en hoeveel daarvan is Torah-loos. Wetteloosheid
is volop en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer as
wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle het diegene toegelaat wat julle Rabbi noem
om MY Gewyde Naam te steel, om julle te leer, "Moenie daardie Naam aanroep nie,
julle is nie waardig om die Naam van die Skepper aan te roep nie!" Julle het
hulle leuens geglo maar EK stuur MY Diensmaagd Profeet om nou vir julle te sê,
"Moenie hierdie leuens glo nie!" Roep MY aan in MY Naam, YAHUVEH weereens en
gebruik die Naam van YAHUSHUA, om by MY troon uit te kom. Julle is toegelaat om
MY Naam te ken. Watter kind ken nie die Vader se Naam nie? Glo nie hierdie
leuens nie. Daar is gesalfde Krag in MY Naam en EK sal julle uitroepe hoor en
antwoord wanneer julle kom na MY toe in MY Heilige SEUN YAHUSHUA se Naam!
Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer sê EK vir julle om uit te roep in MY Naam
en EK sal julle verlos? Vra julleself wie is dit wat ons sou leer dat ons nie
waardig is om die Naam van die Skepper aan te roep nie? Hierdie was die duiwel
se leerstellings se leuens vir julle geleer deur julle eie Rabbis. Bestraf
hierdie leuens. EK is nie G-d nie. EK is nie L-rd nie. Toe julle MY Naam
uitgevee het, het julle gesondig en MY Naam ydelik gebruik. EK is YAHUVEH. Hoe
julle dit ookal uitspreek (YAHVEH, YAHWEH), ten minste erken julle MY Naam. EK
daag julle uit sê vir MY waar het EK vir julle gesê in julle Heilige Skrifte
julle is nie waardig om MY Naam aan te roep nie? MY Naam is nie Ha Shem (die
naam) nie. MY Naam is nie net Adonai (Here) nie!
EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY Naam word nie as God gespel nie. Hierdie is
etikette en titels aan MY gegee deur julle Rabbis en vertalers van die skrifte,
wat begeer om MY Naam weg te laat deur dit te spel as YHVH of YHWH. EK het vir
elke mens 'n naam gegee. EK is YAHUVEH, EK het 'n Naam. Bewys dat julle MY
liefhet en MY vertrou deur MY Gewyde Naam te gebruik. Het Koning Dawid nie MY
Naam aangeroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat
belowe Psalm 91 as jy MY Naam aanroep? O Yisrael so baie is by julle gesteel,
selfs terwyl die Heilige Boeke herskryf was om MY Naam uit te laat. Neem terug
wat gesteel was, en kyk wanneer julle uitroep na MY, YAHUVEH, in MY SEUN
YAHUSHUA se Naam, EK julle nie vinnig sal bevry van julle vyande nie.
O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA ha MASHIACH MY SEUN was gestuur uit die Hemel,
gebore uit 'n Hebreeuse maagdelike meisie. YAHUSHUA is 'n Jood en HY het
geprofeteer in julle land, en het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien,
die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat,
melaatses was gereinig, siekes was genees, die dooies het opgestaan, alles in
julle land, o Yisrael. YAHUSHUA het onderrig in julle eie Tempels op Shabbat, al
die Heilige Feeste gehou, want sien julle nie dat YAHUSHUA gesimboliseer word in
al daardie Heilige Feeste nie?
YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke gedoen in julle land. Hy het onderrig en is
die Lewende Torah soos HY geprofeteer het. YAHUSHUA het gelewe en was
tereggestel selfs al was HY sondeloos, ter wille van hierdie wêreld. YAHUSHUA
het verrys uit die dood opgestaan uit 'n graf in Yisrael nadat HY SY Heilige
Bloed vergiet het uit oor julle land terwyl mense uitgeroep het, "Kruisig HOM"
by Golgota. YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwens asem, "Abba vergewe
hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie." Daarom sal EK genade hê oor julle
land, o YISRAEL, o Jerusalem. Terwyl YAHUSHUA se hande vasgespyker was aan 'n
boom met ysterpenne in SY hande ingedryf, het HY meer marteling en pyniging
deurstaan as wat ‘n blote mens kan verdra.
EK, YAHUVEH, het julle land gekies o Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste
MESSIAS van hierdie wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH, julle liefhet en julle
begunstig o Yisrael. YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael weerhou om heeltemal
verwoes te word en dit weerhou om heeltemal van die aangesig van die kaart
afgevee te word alhoewel selfs die Naam van YAHUSHUA die meerderheid van Jode
daardie Naam verafsku en SY Goddelikheid verloën. YAHUSHUA se are en slagare is
uitgesprei regoor Yisrael. YAHUSHUA het SY lewensbloed uitgespuit wat die grond
binnegedring het by Golgota en geestelik nou die vier hoeke van hierdie aarde
bereik. EK, YAHUVEH, het julle gekies, o Yisrael, van al die nasies in die
wêreld om hierdie te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA sal ontvang
as die enigste Heilige Bloed Offer vir die kwytskelding van sondes. YAHUSHUA is
die enigste Middelaar voor MY, YAHUVEH.
YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar. Vir diegene
wat weier dat hierdie gestorte Bloed hulle sondes wegwas, diegene wat YAHUSHUA
se sondelose Bloed weier terwyl HY tereggestel was in die plek van 'n sondaar,
julle sal geoordeel word deur Moshe (Moses) wat geen genade oor julle sal hê
wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te
word nie en om julle Mashiach te wees nie en julle het gedink om 'n Jood genoem
te word en die Torah te volg is genoeg om jou siel te red. Dwase mense, weet
julle nie daar is niemand perfek wat hierdie aarde bewandel het buiten MY Seun
YAHUSHUA nie. Totdat Yisrael weereens uitroep ‘Hosanna’ tot YAHUSHUA en HY
regeer as Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie totdat Yisrael
erken YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte Seun, gebore uit ‘n maagdelike
Joodse diensmaagd, geheel en al sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY
geprofeteer het en alles wat geprofeteer was deur die profete van ouds
voorspellend van SY koms.
YAHUSHUA se hartklop pols dwarsdeur Yisrael, SY are en slagare dra die enigste
Heilige Bloed offer wat die stank van sonde wegwas regoor die wêreld, vir
diegene wat sal erken dat EK YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se Naam om die
enigste MASHIACH te wees.
O Yisrael, daar is geen kwytskelding van sonde sonder 'n bloedoffer nie. Waar is
julle bloedoffer? Dink julle regtig 'n dier sal weer genoeg wees? O Yisrael, o
Jerusalem, kan julle nie sien daar sal geen ware vrede wees nie. Die vrees,
geweeklaag en bloed sal aanhou vloei van julle land totdat jy die Judasse
bestraf wat ook kom in die vorm van politici en bose Fariseers, bose Rabbis, met
'n vorm van goddelikheid maar met geen Goddelikheid van binne nie. Yisrael,
pasop vir die koms van die seun van satan, hy is die seun van verderf wat sal
kom met sy vals vrede en sal lieg vir julle wanneer julle dink vrede het
uiteindelik gekom, nou kan julle jul waaksaamheid verslap. In plaas daarvan
vertrou die enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste sondelose
bloedversoening wat EK vir julle gegee het deur MY SEUN YAHUSHUA by Golgota.
Daar is geen redding, geen ware vrede vir julle nie o Yisrael, tot julle nie
langer die nuwe BloedVerbond verwerp wat EK vir julle gegee het deur YAHUSHUA
nie, aangesien YAHUSHUA die enigste Heilige MASHIACH (Messias) is! Die ou
bloedverbond kan nie julle siel red van die Hel nie. Die ou bloedverbond was net
daar tot die vasgestelde tyd wanneer daar 'n beter, nuwe bloedbedekking verbond
sou wees. O Yisrael, moenie langer gelykvormig wees aan ander nasies se beeld
oor wat sonde is nie. In plaas daarvan wees soos ‘n Koning Dawid weereens. Loof
MY, YAHUVEH, verneder julself en bekeer van julle sondes in MY SEUN YAHUSHUA se
Naam. Moenie op enige nasie vertrou om julle te red van vernietiging nie, want
julle sal seerlik teleurgestel word.
As gevolg van die verbond wat EK gemaak het met Abraham en MY SEUN YAHUSHUA, sal
EK julle land genees wanneer julle bekeer voor MY, YAHUVEH, en weer terugdraai
om die wette te volg van Torah wat Moshe (Moses) vir julle gegee het op die berg
Sinai. Staan vir Heiligheid selfs al spot die wêreld julle. O Yisrael, moenie
die Profete stenig, of in die tronk gooi of die Profete doodmaak wat EK vir
julle sal stuur om julle te bestraf nie. In plaas daarvan wees dankbaar dat EK
julle lief genoeg het om julle te tugtig en julle te waarsku voordat EK MY woede
loslaat op diegene wat weier om gehoorsaam te wees en wie MY vyande is.
Julle klaagmuur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede smekend om genade.
Julle vyande omring julle aan alle kante. Nou het diegene wat julle mislei het
julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, mekaar
uit te sit uit julle huise en lande, verloënend teenoor mekaar. Julle hardloop
weg van julle Goliatte in plaas daarvan om na MY te draai soos Koning Dawid
gedoen het as 'n skaapwagterseun. EK kan julle nie seën, totdat julle nie staan
vir Heiligheid nie. O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan julle en herinner
julle deur hierdie diensmaagd van MY. Julle sal neergevél word, maar nie totaal
vernietig nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verbysterd wees maar nie
verlaat nie. EK, YAHUVEH sal vir julle hoop stuur wanneer dit lyk of daar geen
uitkoms is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig maar nie verlaat nie. Julle sal
vertrap word deur die heidene, maar julle sal weer verrys tot groter
heerlikheid. Soos in die tyd van Moses, sal EK diegene seën wat my gehoorsaam en
seën, en diegene vervloek wat verontagsaam en MY, YAHUVEH vervloek.
Hierdie wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in hierdie eindtye, dat
EK diegene sal wegsteek wat weggesteek is in MY SEUN YAHUSHUA. Al die plae wat
uitgestort was in die tyd van Moses sal uitgegiet word in 'n groter maat oor MY
vyande uit MY, YAHUVEH se hande. Daar sal steeds weer martelaars wees soos die
apostels en profete van ouds, en al diegene wat Heilig is, wie se bloed gevloei
het destyds selfs soos dit nou steeds doen in verskeie dele van die wêreld, want
MY Heiliges sal nooit ‘n kompromie aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste
MASHIACH en MY enig Verwekte SEUN is nie gestuur uit die Hemel om te heers en
regeer. O Yisrael, EK het jou 'n beker van sidderende verskrikking gemaak vir
die wêreld en hulle sal daarvan drink. Die vyande kners hulle tande vir julle en
ontbloot hulle kloue vir julle, afgunstig op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle
land geseën het. Julle vyande tel die aantal dae voor hulle sal probeer om julle
te plunder en julle mans, vrouens, en kinders dood te maak sonder genade.
Weer sê EK EK het 'n eed gesweer EK sal julle nooit verlaat of versaak nie, EK
sal en EK het begin om julle te tugtig totdat julle staan vir Heiligheid en sê,
"Geseënd is HY wie kom in die Naam van die Here YAHUSHUA HA MASHIACH." Dan sal
EK, YAHUVEH, julle verdedig o Yisrael direk uit die Hemel, en die wêreld sal
sien, net soos in die tyd van Moshe (Moses) kon niemand, behalwe EK, YAHUVEH,
hulle bevry uit die hand van die vyand nie en so sal dit weer wees. Daar is 'n
geheime goue kis genoem die Verbonds Ark wat geheimenisse van ouds bevat in
julle land, o Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak nie behalwe die wat EK
voortbestem het wat waarlik Heilig is voor MY, YAHUVEH. satan wil vernietig wat
in daardie goue kis is, want daar is 'n gesalfde krag behou in die voorwerpe
binne-in daardie goue kis. satan stuur sy seun genaamd anti-messias om die Ark
te soek en te vernietig.
Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies o Yisrael om weg te steek wat
beskerm was totdat dit benodig word. In die hele wêreld het EK julle gekies o
Yisrael en Jerusalem, om vir MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring. EK, YAHUVEH,
het YAHUSHUA ha MASHIACH se Heilige bloed gekies om te drup en in te vloei in
die grond in en bo-oor die Versoendeksel en dit is in Yisrael waar EK satan sy
finale hou sal toedien. Hierdie Geheime kis bevat die staf wat die Rooisee
verdeel het onder ander wonderbaarlike voorwerpe soos die Manna uit die Hemel.
Die Verbonds Ark is 'n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK sê dit vir
julle nou as 'n waarskuwing soos in die tye van ouds, dink nie dat net enige
iemand sal leef wat hierdie kis aanraak nie genoem die Verbonds Ark, mits hulle
vooraf bestem was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en dit oop te
maak.
Bestudeer julle Skrifte en sien alleenlik met baie gebed en lofprysing en
Heilige hande gewas in MY Seun YAHUSHUA se Bloed kan Die Verbonds Ark oopgemaak
word en dit sal weereens gebruik word op 'n vasgestelde en voorafbepaalde tyd.
Net soos in die tyd van Moshe (Moses), sal dit gebruik word om YAHUVEH se volk
te bevry op 'n manier, in 'n tyd wat julle nie dink vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA
alle Lof, Eer en Heerlikheid sal bring nie. O Yisrael, weet julle toe die
Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgestroop het en SY kledingstukke verdeel
het soos gesê word in die Tanakh, “Hulle het MY klere onder mekaar verdeel en
oor my gewaad het hulle die lot gewerp." (Johannes 19:24)
“En hulle het vir mekaar gesê: laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot
daaroor werp, om te sien wie s'n sal dit wees." O Yisrael, sien julle nie net
soos die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere verdeel het, so ook word julle land
verdeel en Rome het 'n hand daarin agter die skerms. Net soos daar oor YAHUSHUA
se kleed gedobbel was, sal die een met die hoogste bod om julle land te verdeel
julle blootlê en verraai vir die hele wêreld om te sien.
O Yisrael, EK stuur altyd MY Profete om te waarsku voor die Oordeel kom. Julle
was gewaarsku hierdie dag maar net die Heilige oorblyfsel sal luister en
gehoorsaam. Vir wie ookal roep tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH, wie ookal sal bekeer, wegdraai van hulle sonde en vir MY, YAHUVEH, om
vergifnis vra, MY liefhet en gehoorsaam, glo en MY en MY SEUN se Godheid ontvang
sodat YAHUSHUA jou enigste middelaar kan wees voor MY. Want HY alleen is waardig
om te kom voor MY in SY Naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te nader sonder
YAHUSHUA se Naam nie. Moenie kom in julle geregtigheid nie maar kom eerder
geklee in SY klere van geregtigheid. Dan sal EK hoor en julle gebede beantwoord
en julle sal van die Hel se vuur gered wees.
O Yisrael en o Jerusalem, julle, wat kies om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal
MYSELF keer-op-keer vir julle onthalwe. Word nou wakker, want die tyd is laat.
EK sê nie vir julle om oor te skakel na Christendom nie want selfs hulle sien
YAHUSHUA net gedeeltelik. Hulle het die belangrikheid verloën om die Joodsheid
te onderrig van YAHUSHUA. Hulle het die salwing verloën in die spreking van
YAHUSHUA en MY Heilige Name. Hulle het MY Sabbatte verloën, MY Heilige Feeste en
Heilige Dae, diegene wat hulleself Heilige Christene noem en tog moet leer om
die Joodsheid te omhels wat EK in julle geplaas het met en deur Abraham, Jakob
en Isak se saad.
O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker uit jul sluimerende slaap. Dit was as
gevolg van julle hardkoppigheid, en terwille van die Heidene, dat EK jul oë
toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, ontbloot
diegene wat bose leuens vertel.
‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
* * * * * * *
Geliefde Familie, voel asseblief vry om die profesieë te kopieer en ons te help
om die nasies van hierdie wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle
nasies van hierdie wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al
wat Elisabeth [Elisheva] vra is laat die boodskap asseblief onveranderd, selfs
haar persoonlike notas.
Elisabeth [Elisheva] weet name word nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf
nie, maar die RUACH ha KODESH het vir haar gesê dat die name van ons SKEPPER en
MESSIAS apart gestel en anders geskryf moet word, om die gewydheid en respek te
toon vir HULLE name. Uit respek vir dit wat aan haar gesê was, doen asseblief
dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal.
Elisabeth [Elisheva] maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die
profesieë gepubliseer te kry, maar daar was 'n prys om te betaal vir profesie 80
en 81. Dit was 'n geveg teen satan, maar as gevolg van julle gebede en
ondersteuning in die Naam van YAHUSHUA, het ons die oorwinning gekry oor daardie
geveg. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Omdat ek beide 'n biologiese Jood is van my biologiese ma en pa en 'n Geestelike
Jood deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Het ek 'n liefde vir Yisrael en
Jerusalem en die Joodse volk, selfs al weet ek die meeste in Yisrael sal my haat
vir hierdie woord. Ek is maar net 'n Profeet, gestuur deur YAHUVEH om SY woorde
voort te spreek en ek doen dit met ontsag en bewing. Enige ware profeet wat dit
nie doen nie, bevraagteken ek… hoe kan hulle 'n Heilige Profeet wees?
Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of een bygevoeg het nie, en lewer nou
hierdie profetiese boodskap en vra al diegene wat Yisrael en Jerusalem liefhet
om hierdie te kopieer en te plaas op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode
en Moslems gekry wat YAHUSHUA aanvaar het as MASHIACH en jy weet nooit wanneer
ons saad saai wat sal groei tot pragtige vrugte van Redding nie. Hierdie
profetiese boodskap het gekom na 'n droom oor my en die 12 stamme van Israel.
Dit sal so gou as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op
24 Januarie 2006 maar YAHUVEH het gesê moet dit nog nie vrystel nie want HY was
nie klaar nie. Op 7 Februarie 2006 het YAHUVEH weer begin profeteer en dit was
die voortsetting van hierdie profesie.
N.S. Dringend. 'n Profeet 'n broer in YAHUSHUA het vir my geskryf verlede jaar
uit Jerusalem en vir my gesê hy neem die profesieë wat aan my gegee was regoor
Israel en waarsku mense. Ek het nooit ‘n kans gehad om hierdie man te bedank
nie, en ek wil dit nou doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om vir jou
terug te skryf nie want ek het jou e-pos adres verloor. Ek ken nie jou naam nie,
maar ek wil hê jy moet weet dat ek regtig dankbaar is en jy is in my gebede en
dat jy my weer sal e-pos.
Ek het gebid vir 'n Hebreeuse vertaler om die Engelse profetiese boodskappe in
Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds die
vertaler gestuur het wat hierdie kon doen en YAHUSHUA het my aan jou herinner.
Stuur asb weer vir my 'n e-pos. Ek het geen twyfel dat hierdie Broer 'n lid van
die Bruid van YAHUSHUA is nie. Indien enige iemand wat hier lees weet van iemand
wat Hebreeus vlot kan praat en skryf sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee
is opgeteken kan word in Hebreeus, stuur dan aseblief vir my 'n e-pos so vinnig
as moontlik: Contact Us Ek het geen twyfel daar is sommige van die Bruid van
YAHUSHUA wat woon in Israel en veral Jerusalem.
Kom asseblief na vore, want die tyd is nou so kort om Yisrael te bereik. Ons is
'n asemteug weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van
YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat hierdie man weer vir my sal skryf, en
dat 'n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Hierdie jaar moet ons oë nie op
onsself wees nie, maar op Yisrael. Bruid van YAHUSHUA, bid asseblief vir die
vrede van Yisrael en Jerusalem, op 'n nuwe manier. Bid dat die Prins van Vrede
YAHUSHUA ha MASHIACH, weereens sal kom.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
7 Februarie 2006 om 5:00 nm.
*******
E-POSSE ONTVANG I/S: PROFESIEË 80 EN 81:
*******
Hi sus,
Het net ‘n bybel gevat en wou sommige daarvan uitlig om vir iemand te gee. En ek
het dit oopgemaak by Openbaring 14:14-20. Hier praat dit oor dit wat jy gehoor
het. Die Parskuip van God se toorn. Saam met die groot oes. En voor dit dat
YAHUSHUA SY bruid gereed het en verseël. So ons is op die punt om die plae te
sien kom oor hierdie wêreld, onverdun. Dit alles ontvou, want die antichris is
nie ver nie.
L
*******
Seëninge vir jou huishouding,
Ek moet vir jou sê dat ek vir ‘n groter salwing gebid het vanoggend van Profesie
81 en toe ek ‘n bemiddelings gebed gehad het vir iemand anders vanmiddag het die
salwing so sterk oor my gekom dat dit geklink het asof ‘n ander stem uit my kom
met trane! Wow dit was oorweldigend maar meer as welkom en ek is gereed om te
doen wat Yahu’weh en YAHUSHUA vir my het om te doen.
Shabbat Shalom.
Michelle
*******
Liewe Sus,
Ek het so pas die Profesieë 81 & 80 gelees en ek wil en moet jou laat weet dat
hierdie soos ‘n bevestiging is vir jou. 2 weke gelede op ons Sabbat Samekoms het
ons gebid en terwyl ons bid het ek die salwing gevoel soos ek dit vir ‘n rukkie
nie gevoel het nie. En dit was oor Israel en Jerusalem en Haman(S). Hulle is
dieselfde vyand in ‘n nuwe vorm. Maar die naam staan vir dieselfde ding. En ek
het geweet dat die komende Purim ‘n feesviering behoort te wees dat net soos
Haman nie geseëvier het nie, so sal Hamas ook nie seëvier nie.
L……’n Lid van die Bruid in (Holland)
*******
Geliefde suster Elisabeth (Elisheva),
Ek bid vir jou gesondheid en welstand. Ek het so pas die nuutste Profesieë
gelees van jou webblad. Profesie 80 is baie versekerend en kom ons bid vir die
vrede van Israel! Wanneer ek die profesieë lees, kry ek die gevoel van die
teenwoordigheid van ons hemelse vader YAHUVEH! Dit voel so goed.
Baie liefde in YAHUSHUA,
Stephen
*******
Shalom in Yeshua!!!
Die inhoud van 80 en 81, Het RUACH HaKodesh my reeds laat bid!!! HalleluYAH!!!
Broer Tito
*******
Shabbat Shalom in Yeshua!!!
Wow!!! Ek het die Shofar geblaas soos ek gesê het vir jou en jou familie, en vir
YHVH om ‘n Vyand te wees vir ons vyande. Ek weet nie of ek flou geword het nie
en of YHVH deur RUACH my platgeslaan het grond toe nie, maar ek het inderdaad
grond toe gegaan!!!
HalleluYAH!!!
*******
Shalom Elisabeth (Elisheva),
Dankie dat jy die droom deel “Elisabeth (Elisheva) en die “Wok” i/s: olywe in
die gaarmaak proses. Dit val bymekaar op die bodem. Die getroue bruid genaamd
“Israel”
Wat ingedagte opgekom het oor die olywe, ja ek stem saam die olywe
verteenwoordig die 12 stamme van Israel.
Hierdie 12 stamme is die oorblyfsel van YAHUVEH wat getrou is en sy gebooie
gehoorsaam, en die getuienisse het van Yahushua. Dit is nie die Israel (sekulêr)
wat ons vandag dink nie. Die ware Israel is die gelowiges wat wandel en sy stem
hoor. Hulle is die getroue bruid sonder kreukels en vlekke. Wanneer al 12 stamme
bymekaar kom soos een. Sal dit baie kragtige en groter salwing word in die
eindtyd voor Yahushua terugkom. Yahushua sal nie terugkom voordat die 12 stamme
bymekaar kom nie. Daar is baie reiniging nodig om gedoen te word tussen die
gelowiges. O laat ons ontslae raak van ons kreukels en vlekke om gereed te maak
vir ons komende bruidegom, Yahushua.
John Davies
*******
Hi Elisabeth (Elisheva),
Miskien is dit tyd vir die Twee Getuies om herken te word of geroep te word deur
Yahuveh. Ons moet bid siende dat die salwing oor hierdie mense kan kom en Satan
mag dalk baie kwaad wees. Ons het die heiliges nodig om te bid vir die Getuies
se beskerming. Hulle word op die uiteinde geprofeteer om doodgemaak te word maar
weer opgewek na drie dae.
Dit is tyd om vir jou ‘n artikel te stuur oor Elijah en die Profete van Baal.
Dit is baie insiggewend. Ek het dit nie geskryf nie, maar dit het my hart geroer
nou reeds vir baie jare.
Ek stuur dit uit oor nuusgroepe elke nou-en-dan.
Ek is eenstemmig met die Yahushua wat die 12 stamme bymekaar bring deur
Elisabeth (Elisheva). Daar sal sommige helpers wees hierin. Ek het die
versugtinge in my gees gehad om die ‘Verlore Tien Stamme’ te verbind met die
webblad Kosher for Gentiles wat reeds onder konstruksie is. Ek het gewag vir
bevestiging op my webblad en vir Yahushua om my te help om dit te bou. Dit is al
meer as 1 jaar terwyl ek wag vir ‘Sy tydsberekening.’ Ek glo ek moet eers
gereinig word voor hierdie gebeur. Ons moet almal geduldig wees en soos Koning
David sê, “wag vir Yahuveh se Tydsberekening.”
Die bestraffing mag wees omdat Juda nie die 10 stamme toegelaat het om terug te
kom nie omdat hulle soos die gelykenis van die Verlore Seun (10 stamme) gaan
hoereer het agter ander gode aan (Christenskap) en het Heidene geword, hulle is
in die proses van terugkering na die Vader se huis (Torah) en die getroue seun
(Juda) wat tuisbly is jaloers op die terugkerende seun en verwerp hom as deel
van die Familie (Israel). Juda het geweier om Ephraim te laat huis toe kom.
Ephraim se iedere poging was deur Juda beskou as nog ‘n poging van vervangings
teologie of dispensasionalisme.
Tweedens, ewenwel soos die 12 hoofde van die stamme (die broers) vir Josef
(Ephraim) verkoop het as slaaf (sonde) en Josef toe tweede in bevel gekom het om
te heers oor die regerende ryk (Amerika) toe hy homself aan hulle gewys het aan
sy broer (Juda) het hulle hom (Ephraim) nie herken nie totdat hy homself aan
hulle openbaar het. Yahuveh het hulle oë geopen en toe was die Familie herenig.
Ek sal die Jode moet insluit, aangesien hulle nuuskierig sal wees oor Gentiles
and Kosher.
Michelle
*******
Liewe Elisabeth (Elisheva),
Daar was ‘n bose gees wat my gebind en weerhou het van lofprysing en gebed en
het gaandeweg by die punt gekom om nie instaat te wees om die Naam van YAHUVEH
en YAHUSHUA te spreek nie. Ek het gewag vir SY perfekte tydsberekening om
hiervan bevry te word, en toe ek eers die nuutste profesieë 80 & 81 gelees het
is ek VRY!!!!! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA en RUACH HA KODESH!!!!!
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind
van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF
aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by
te voeg voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui
Asook die volgende in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om hierdie twee gesalfdes seer te
maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie my gesalfdes aanraak
nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm
105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as ek, ABBA YAHUVEH jou tong
uitgeskeur het!
* * * * * * *
[Hierdie Profesie was op band opgeneem en is geskryf presies soos wat dit
opgeneem is.15 minute van intense oorlogstale het voortgekom, voordat hierdie
woord na vore gekom het]
* * * * * * *
En dit is ‘n waarskuwing aan die vyand! Julle sluip in op haar, terwyl sy
(Elisabeth [Elisheva]) slaap. Julle dink dat EK haar nie sal wakker maak nie. Al
is julle onsigbaar, is julle nie onsigbaar vir MY nie! Sy praat nie julle taal
nie; O, maar EK YAHUVEH praat julle taal. Julle probeer haar doodmaak, waar ‘n
mens se hande nie aan jou kan raak nie.
O, maar EK, YAHUVEH kan aan jou raak. Julle sal ‘n prys vir dit betaal. EK
bespot jou, EK tormenteer julle nou, want julle sal jul eie stem en jul eie taal
oor die lug hoor, en julle sal sê, “Hoe kan sy ons taal ken? Hoe kon sy weet dat
dit ek was wat haar aangeval het?” Dit is nie sy wat weet nie, dit is die
Skepper van ALLES wat weet!
O vyand van MY, jy kan niks doen waarvan EK nie weet nie. Sy weet ook net dit
waarvan EK haar vertel, niks meer nie, niks minder nie, sy is slegs maar ‘n
onskuldige baba en EK is die Vader wat haar leer. Sy het ‘n Messias, sy het
iemand wat tussenbeide tree, sy het ‘n Bloed versoening, dit is MY Seun
YAHUSHUA! Waar is julle s’n?
Julle is bestem vir die hel! Julle is bestem vir die Poel van Vuur! Julle kruip
onsigbaar in deur die geestelike ryk, sluip in om die onskuldige een, soos sy
gelê het, dood te maak. Dit is EK, HA, HA, HA, dit is EK wat julle bespot!
Terwyl sy daar lê, is dit EK wat haar laat hoor dat jy inkruip. Dit is EK wat
vir haar gesê het, “Elisabeth [Elisheva], luister”, al was sy vas aan die slaap,
is dit EK wat gesê het, “Die volgende keer wat jy jou mond oopmaak, sal jy in ‘n
taal praat wat jy nie ken nie, ‘n taal wat jy nog nooit gehoor het nie, maar dit
sal EK wees wat ‘n oordeel sal voortspreek aan die onsigbare vyand wat probeer
om jou dood te maak.”
EK speel maar net met julle (vyand) om julle te wys dat dit EK, YAHUVEH is wat
alle dinge weet, sodat EK jou net genoeg tou sal gee om jouself op te hang.
Julle sal doodgaan op Haman se galg! EK het die bedekking vermeerder, sy het nie
gewoon nie [lewe]. O, hulle roep uit, hulle wil maar net 'gewoon' wees, maar
daar is niks gewoons nie, omdat daar niks gewoon is omtrent hierdie ministerie
nie, daar is niks gewoons omtrent diegene wat EK beveel het om te beskerm en te
verdedig nie.
So hardloop, hardloop, hardloop! Sommige van julle sal lewe en sommiges sal
vanaand doodgaan, maar hierdie boodskap sal teruggeneem word, terwyl julle eie
taal oor die lug gehoor gaan word. EK gaan aan ander profete die interpretasie
van hierdie taal gee. Julle sal geskok wees.
Julle sien, elke keer wat julle haar aanval, elke keer wat julle een van die 5
wyses aanval, wat die 5 wyse maagde simboliseer, elke keer wat julle een van MY
Bruid aanval (Openbaring 14 en Openbaring 7), sal daar geen plek wees vir jou om
weg te kruip nie. EK lag vir julle (Katah, katah, katah, Heilige taal wat gehoor
word), julle is slegs waardig om geoordeel te word, slegs waardig vir
verdoemenis. Die van julle wat die vyand is van hierdie Diensmaagd, van hierdie
ministerie, van MY Bruid, julle is slegs waardig vir MY verdoemenis en dit sal
die Hel wees, julle sal in die Poel van Vuur woon!
Einde van die waarskuwing.
* * * * * * *
[Elisabeth (Elisheva) se kommentaar op die audioband:
Ek het n nag gehad - “net spasie en tyd nodig gehad”, so, het 'n nag met rus en
vrede gehad. Dit was ‘n rustige tyd met YAHUSHUA, dit was ‘n tyd om te lag en te
speel, iets wat [ek] lank laas gedoen het, ons eie ding gedoen – uiteindelik
gaan slaap na intense geestelike aanvalle, vroeër die dag. Ek was so vas aan die
slaap as wat ‘n mens kan wees en skielik hoor ek hoe iemand ons deur oopmaak,
die handvatsel van die deur wat oopgaan. Ek onthou ek was deur die slaap en het
toe gesê, ‘Iemand het nou net ingekom. Iemand het nou net die deur oopgemaak',
maar ek was vas aan die slaap, terwyl ek dit gesê het.
Maar al was ek aan die slaap, was ek bewus daarvan dat ek iets van YAHUVEH begin
hoor het. En YAHUVEH het begin sê, “Jy gaan nou praat in ‘n taal van die vyand
wat die deur oopgemaak het. Wag net.” Ek was nog steeds aan die slaap gewees en
HY sê toe, “Wag net. Die volgende keer wat jy jou mond gaan oopmaak, sal jy in
‘n taal praat wat jy nog nooit tevore gehoor het nie.” En dit is presies wat toe
gebeur het. Dit is al wat ek weet. Ek kon (in ‘n visioen) sien dat mense besig
was om te hardloop en ek kon oordeel en vuur sien. Hulle was bang gewees omdat
hulle geweet het dat hulle ontdek was, en hulle het ook geweet dat daar nie ‘n
manier was dat ek kon weet dat hulle daar was nie.
Dit is al wat ek onthou, behalwe dat ek weet daar is iets baie belangrik omtrent
die woord “katah”. HY het vir my gesê dat iemand hierdie taal gaan erken, of dat
iemand die gawe van vertaling gaan gee, omdat daar meer betrokke is, as waarvan
ons nou weet. Dit is wat ek wou sê. Ek wil net byvoeg, voordat ek hardop, in
daardie tale, met my mond begin praat het, het die eienaardigste ding gebeur...YAHUVEH
het dat ek in daardie tale, op die vyande in die Gees, geskreeu het. Ek het
gehoor hoe die tale in die geestelike ryk op die vyand skree, voordat ek fisies
daartoe in staat was om dit met my mond vry te stel. HY (YAHUVEH) was baie kwaad,
en op een stadium het HY my hand geneem, en ek onthou dit, omdat ek al voorheen
dit in die Gees gedoen het. Ook eenkeer, fisies dit gedoen, en dit het soos ‘n
warrelwind begin maak, en ek het dit geroer, “vinniger, vinniger, vinniger,
vinniger, vinniger.” En HY het gesê, “Dit is hoe dit sal wees vir die vyande wat
hierdie ministerie aanval.” Hulle het ons finansies ook aangeval, en tog sê
YAHUVEH…(Elisabeth [Elisheva] begin weer in tale bid, en toe kom die volgende
woorde na vore… ) ”]
* * * * * * *
Seëninge, Seëninge, Seëninge oor almal wat ‘n gebeds bedekking vir hierdie
ministerie is. Julle het gewonder wat verkeerd was, omdat Elisabeth (Elisheva)
se stem stil geraak het, na die laaste profesie. Hoe min van julle het vir haar
geskryf, omdat julle in vrees was. Die ander briewe was gesteel, so sy kon nie
die aanmoediging hoor nie. Hoeveel van julle het MY stem gehoor en het probeer
om ‘n donasie vir hierdie ministerie te gee? Julle kredietkaarte was geblokkeer.
Hoekom het nie een van julle probeer uitvind hoekom dit so was nie?
Julle was nie daartoe in staat om hierdie ministerie by te staan nie, soos julle
voorheen gedoen het nie. Hoekom loop julle nie die ekstra myl nie? Hoekom sê
julle nie, “Daar moet ‘n ander manier wees?” Weet julle nie dat die kragte in
hierdie wêreld daarop uit is om haar te verwurg nie? Sy het geweier om ‘n
belasting vrystelling status aan te neem, sy het ook geweier om as profeet, stil
te bly.
Julle sê hierdie ministerie beteken so baie vir julle. Julle kan nie wag vir die
volgende woord nie, maar hoekom het nie een van julle, behalwe ‘n paar mense,
die ekstra myl geloop en gesê, “Is daar ‘n ander manier waarop ons die finansies
by jou kan kry?”
Nou praat EK met diegene vir wie EK vertel het om te gee, en julle finansies het
weer teruggekom na julle toe. Mense sal nou skatte in jou skoot gooi. Hulle sal
saamgeskud, afgedruk wees en oor mekaar hardloop om skatte te gee. Dit is EK,
YAHUVEH wat ‘n bevel gegee het dat jy ‘n helper moet wees, wanneer een deur toe
is, soek altyd vir ‘n ander deur, omdat julle weet dat die woorde wat na vore
kom, van MY af is.
Julle weet hierdie ministerie is vir die ‘Laaste Kans Bestemming.’ Net soos jy
‘n seën vir hierdie ministerie is, so sal EK ook ‘n seën vir jou wees. Die van
julle wat ‘n vervloeking vir hierdie ministerie is, wie geluister het, maar niks
gedoen het om te help nie, wie daarop gevoed het en geestelik gegroei het en nog
steeds van geen hulp was nie. EK spreek nou na vore, vanuit hierdie boodskap,
julle word verantwoordelik gehou.
Daar is meer as een manier om die finansies by haar te kry. Julle sien dat hulle
in ‘n ander land is. Julle sien hoe hulle iets doen wat julle moes gedoen het.
Maar julle wil nie die gemak van julle huise opgee nie, ook nie die gemak van
julle familie nie, so nou het EK ‘n ander een opgerig. Julle weet nie en julle
kan julleself nie eers indink, watter prys hulle moes betaal vir die salwing wat
julle vandag hoor nie.
Die enigste rede hoekom EK nog nie MY Seun YAHUSHUA gestuur het om SY Bruid te
kom haal nie, is dat daar dinge is wat nog moet plaasvind. Daar is nog werk om
te doen. Dit is hoekom diegene met mag, die Amerikaanse Regering, probeer om
hierdie ministerie van die internet af te neem, en om die finansies te wurg.
Maar waar daar een deur toegemaak word, maak EK net ‘n ander een oop. Hoeveel
van julle sal hoor, en hoeveel van julle sal luister? Hoeveel van julle sal haar
kontak, en nie net ophou by een e-pos nie, maar eerder die Hemel bombardeer,
totdat jy haar bereik het en sê, “Ek moet jou help, ek het ‘n mandaat om jou te
help.”
(Baie e-posse wat vir ons gestuur was, is gesteel. Hou aan e-pos stuur, totdat
jy terugvoering vanaf ons kry. Contact Us.)
Sien, hierdie ministerie is vir almal wat heilig is. Dit dra geen naam van ‘n
man of ‘n vrou nie. Hierdie woorde is nie haar woorde nie. Hierdie salwing is
soos geen ander nie. As jy wil deel in hierdie salwing, as jy wil deel in
hierdie seëninge, as jy wil seker wees dat jy beskerm sal word soos EK haar en
die ander van die Bruid beskerm, moet jy nie langer net staan en kyk en niks
doen nie. Want die Kerke van Babilon is hoere; hulle neem die belasting
vrystelling status aan. Hulle laat dit toe dat hulle stilgemaak word. Hulle
weier om teen aborsie en homoseksualiteit te praat. Hulle weier om dit wat hulle
regerings doen, teen te praat. Maar nie hierdie ministerie nie. Daar is geen
prys etiket daarop nie, omdat dit aan die Hemel behoort, en wie sal dit waag om
MY, YAHUVEH stil te maak? Wie sal dit waag om MY Seun YAHUSHUA stil te maak? Wie
sal dit waag om die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) stil te maak? Julle sal
waarlik betaal.
Sê MY Woord nie, “As jy net iets te drinke aan ‘n profeet sal gee, sal jy ‘n
profeet se beloning ontvang?” EK laat haar die Lewende Water skink. Hoe min van
julle gee dit terug aan haar? Hulle betaal dit uit die finansies (ministerie se
uitgawes), en die prys word net hoër. Hoe min van julle gee regtig om? So EK
spreek vanuit haar na vore.
Terselfdertyd waarsku EK die vyande. EK spreek ook ‘n seëning uit oor almal wie
‘n seën vir hierdie ministerie is, en oor almal wie haar bedek, en oor almal wie
hierdie ministerie bedek en wie die ekstra myl loop. Die boodskap aan die
Heiliges, die boodskap aan MY Bruid, omdat die Bruid van YAHUSHUA ook die Bruid
van YAHUVEH is, so julle moet juig! Julle is een dag nader aan SY koms. Julle is
een dag nader aan die koms van YAHUSHUA! Julle is een dag nader aan die Hemel,
julle huis, en groot, groot, groot sal julle belonings wees vir alles wat julle
opgeoffer het.
EK spreek nou MY seëninge uit oor die getroues, die wat weier om ‘n kompromie
aan te gaan. Nie een ding wat julle deurgemaak het sal vermors wees, sal
tevergeefs wees nie. Bruid, onthou dit, julle het mekaar nodig, so moenie langer
julle koppe skud en sê, “Ag wel, ek kan nie ‘n plek vind om ‘n donasie te stuur
nie.” Loop die ekstra myl. Gaan deur die oop deur. Kontak haar. Slaan teen die
Hemel se deure, omdat daar alreeds boeke gepubliseer word. Sommiges is nou in
die proses om geskryf te word, en hierdie boeke sal (deur ander) tydens die
Groot Verdrukking uitgedeel word. Vra hoe jy kan help, omdat die
publiseringskoste hoog is.
Hoe min van julle gee regtig om watter lewenskoste dit verg, om te gaan waar EK
sê jy moet gaan, om te doen wat EK sê jy moet doen? EK kon die finansies maar
vanuit die Hemel stort, maar hoe sal dit ‘n seën oor julle wees? Die oes is so
groot, maar die landbouers is so min. Die met geestelike ore wat kan hoor, weet
dat dit EK is wat met jou praat. Al die ander – julle is MY vyande, bly maar
doof. Niks van hierdie boodskap, behalwe die oordeel, is vir julle bedoel nie.
[Elisabeth sê op die band, “My hand is lam.” (Dit is as gevolg van die salwing.)]
* * * * * * *
[Die woord wat nou volg was die volgende aand op die 17de Oktober 2006 gegee,
nadat ons alarm stelsel afgegaan het, terwyl die vrouens in gebed was. Esnart is
die voodoo huishulp wat twee keer ‘n week na ons huis toe kom en die wasgoed in
die motorhuis was.]
* * * * * * *
EK het aan jou ‘n oorlogstaal gegee soos geen ander nie. Wanneer jy MY woord
voortspreek in MY taal, spreek jy dit nie net in een taal nie, maar jy spreek
dit in baie tale. EK weet waar die vyande is. EK weet van watter lande hulle is,
en hierdie taal sny hulle af met juistheid en akkuraatheid.
Katherine, jy eer MY, deurdat jy die tyd neem om te doen wat jy nou doen (Vertaling
van Heilige tale). Sodat EK jou kan wys hoe werklik dit is, dit wat nie kon
vertaal word nie, omdat dit die taal van engele is. Dit is net ‘n bygevoegde
vorm van beskerming. As jy maar net die vyande kon sien wat hierdie wêreld
omring, sal jy stomgeslaan wees. O, maar EK staan voor die vyande. EK staan voor
die vyande van MY Bruid. Hulle moet eers deur MY kom, voordat hulle by julle
uitkom, en wie kan deur MY kom?
[Elisabeth (Elisheva) Bid: Heilig, Heilig, Heilig. Heilig, Heilig, Heilig,
Heilig.] [Op die audioband vra Katherine of ons die dood van Esnart gaan sien.
Elisabeth (Elisheva) vra, “sy is verantwoordelik vir dit (die sekuriteits krag
wat af was) is sy nie ABBA YAHUVEH? Sy het ons alarm gesny.]
Hierdie nag het EK nie (vir die hele huishouding) rus en vrede gegee om te slaap
nie, en EK het jou in jou droom gewaarsku Elisabeth [Elisheva]. Katherine [Kathrynyah],
die een wat vrede, sekuriteit en liefde verteenwoordig, het in jou kamer
ingegaan, om jou te wys dat alles reg is. Dink jy dat dit toevallig was dat jy
met hierdie magtige oorlogstaal gewerk het, op dieselfde nag wat al hierdie
dinge gebeur het? Daar is geen toeval nie.
Elisabeth [Elisheva], dit is waar dat EK jou taal in ‘n selfs magtiger vegter
verander het. Elke keer wanneer jy in daardie taal bid, sal die oorlogsgebed die
bose uithou, wat in jou huis wil inkom, omdat dit onder MY salwing is.
Katherine, jy het hierdie woorde oor en oor en oor gespreek, jy het weer en weer
en weer na dit geluister, hulle het in jou gees ingegaan. Dit was asof ‘n
vesting opgerig was, geen boosheid kon inkom nie. Hierdie nag het EK die vyand
verwar. EK is akkuraatheid, EK is juistheid, EK is perfeksie. Weë oor enige een
wat MY gesalfdes wil aanraak. Weë oor enige een wat MY profete wil seermaak.
Hulle mag dalk een keer probeer, maar hulle sal nie lewe om weer te probeer nie.
Jy het nie ‘n idee hoeveel EK al vir jou doodgemaak het nie. Iewers, terwyl
hulle besig was om vir satan te roep en te vra vir jou vernietiging, Elisabeth [Elisheva],
het hulle hul harte gegryp en doodgegaan gedurende daardie gebed. Terwyl hulle
gekom het om aan te val, iewers in die onsigbare ryk, was hierdie taal die
laaste ding wat hulle gehoor het, terwyl hulle siele na die hel geneem was, maar
hulle liggame uitgestrek op die vloer gelê het in ‘n ander land. Sommiges het
net verdwyn en sal nooit weer gevind word nie.
MY weë is soveel hoër as julle weë. Julle kan amper nie begin om te verstaan
waarvan EK praat nie. Julle breine is nie in staat om dit in te neem nie. Julle
sukkel selfs nou en wil meer weet. Dit is nie vir julle om te weet nie. Dit is
nie vir julle om te verstaan nie. Weet net dat EK, YAHUVEH is, en dit sal
presies en akkuraat wees soos EK dit beplan het.
Selfs die vyande loop in MY strik in. Want EK sê, “Hier is hulle, kom kry hulle.”
Weet julle nie dat EK voor die tyd geweet het dat daardie alarm af sal wees nie?
Is EK nie in staat daartoe om diegene wat MYNE is te beskerm nie? Ja, dit is
goed dat julle wakker is. Dit is goed dat julle nie met dwaasheid optree nie,
omdat die vyand julle van ver af dophou. Hulle weet dat hulle nie naby kan kom
nie, en dat MY Heilige engele wag staan. Hou vir Esnart dop, moet haar nie as
vanselfsprekend aanvaar nie, omdat die bose ongesiens inkruip. Jy het baie
respek gehad, toe sy uitgereik het om aan jou te raak, en jy het vinnig die
salwingsolie op jou gesit. Maar in die toekoms, laat haar weet dat sy onder geen
omstandighede aan jou moet raak nie. Jy het haar voorheen toegelaat, omdat jy
nie ongeskik wou wees nie, maar niemand mag aan jou raak sonder jou toestemming
nie. EK gee jou hierdie mandaat, om dit te doen, omdat EK jou keer op keer bedek
het.
Nou moet jy harder praat en haar laat verstaan. Sy sal die boodskap kry en dit
nie ‘n tweede keer wil doen nie. Daar is maniere om dit te sê en jy sal weet met
watter stem om te praat, want sy is soos die lopende dood, en die dood reik uit
na jou en probeer keer op keer aan jou raak, daar is siekte, pes en vernietiging,
maar moenie bang wees nie MY liefling een, EK het jou bedek. Maar jy moet haar
laat verstaan dat niemand aan jou raak sonder jou toestemming nie. Dit geld vir
almal van julle. Jy moet die gees ken met wie jy in aanraking kom. Sê MY Woord
nie, “Moenie skielik jou hande op enige man lê nie?”. Neem dit baie ernstig op,
veral hier in Afrika.
Einde van die woord wat gegee was op 17 Oktober 2006.
* * * * * * *
Dit is ‘n woord van waarskuwing aan YAHUVEH se vyande. Die vyand het by ons
slaapkamer ingesluip om Elisabeth (Elisheva) dood te maak, maar YAHUVEH het
tussenbeide getree en HY het die vyand weggejaag. LOOF YAHUVEH en YAHUSHUA!
Hierdie dinge is werklik, mense, neem dit asseblief ernstig op!
Die Bruid van YAHUSHUA sal nou sien hoe die vyand begin val. Julle sal dalk nie
die vyand met julle oë sien val nie, maar julle moet geloof hê, terwyl YAHUVEH
en YAHUSHUA die wraak neem vir ons.
* * * * * * *
Hierdie Reddings Gebed is gegee deur YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA
KODESH aan Apostel Elisheva Eliyahu 25 jaar gelede. Hierdie emosionele gebed was
nooit weer oorgedoen voor nou nie.
Veral as jy nog nie gered is nie en nog nie jou lewe vir YAHUSHUA gegee het nie
of as jy teruggeval het in sonde, dring ons jou—en meer as dring ons jou—om
hierdie reddings gebed te sê saam met Elisheva wie dit geskryf het.
Indien nodig luister verskeie kere daarna, en kry hierdie gebed in jou gees.
En weereens, herhaal, lees dit saam met Elisheva Eliyahu, met jou hele hart en
jou hele siel en word gered, omdat more dalk te laat kan wees. Word gered en gee
jou lewe vir YAHUSHUA HA MASHIACH. Op hierdie oomblik.
* * * * * * *
Hieronder is die profetiese reddings gebed soos dit voortgekom het.
Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word vir hulle wie
spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
Profetiese Reddings Gebed Begin
Hierdie gebed was opgeneem deur ‘n bandopnemer. Hier is die oorskrywing.
LIEWE GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH,
Ek gee my lewe nou aan U. Ek vra dat U deur my sal lewe. Ek vra dat U in my 'n
suiwer hart sal skep, Psalms 51.
Ek aanvaar U nou, YAHUSHUA HA MASHIACH, as REGEERDER van my lewe, en my MESSIAS
en REDDER. U is die GOD wie ek aanbid, lief het, benodig, na wie ek smag!
Vergewe my vir my sondes! Ek weet almal het gesondig, en het nie deel aan die
HEERLIKHEID van ons SKEPPERS nie (Rom 3:23). Vergewe my YAHUSHUA, was my skoon!
Was my skoon! Ek bely my sondes nou voor U-ek lê hulle nou neer by die voet van
die kruis van Golgota, waar U gekruisig en gemartel was, waar U gesterf het in 3
ure (Mat 27:45-46).
U het gesê, “Dit is volbring” (Joh 19:30). En tog het U nie dood gebly nie,
(Hand 2:24; Heb 7:16). Op die 3de dag het U opgestaan voor getuies (Hand 2:32; 1
Kor 15:4), en vir 40 dae het U op hierdie aarde geloop (Hand 1:3; 1 Kor 15:3-8),
totdat U opgevaar het na die Hemel voor getuies (Hand 1:9).
YAHUSHUA HA MASHIACH WIE sommige JESUS CHRISTUS noem, ek verklaar U HEBREEUSE
NAAM nou, voor die Groot Verdrukking kom. Die Naam word gebruik as 'n vloek
woord wanneer hulle “JESUS CHRISTUS” sê en hulle waag dit nie om dit as 'n vloek
woord van muhammad, of allah, of buddha te sê nie of selfs satan-maar hulle
vloek die NAAM BO ALLE NAME, EEN VAN DIE DELE VAN DIE HEILIGE DRIE-EENHEID.
Want U is die ENIGSTE GEBORE SEUN VAN ABBA YAHUVEH & DIE RUACH HA KODESH (en U
is die HEILIGE DRIE EENHEID, en daar is geen ander nie, U is ALMAL saam
SKEPPERS. U is DIE WOORD WAT VLEES GEWORD HET (Joh 1:14).
O YAHUSHUA, vergewe my! YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE MESSIAS! Bokant die kruis het
die woorde gehang “KONING VAN ISRAEL”—en hulle kon dit nie afhaal nie (Joh
19:18-22), omdat U weer terug gaan kom om te heers en regeer (Jes 9:7; Mat
25:31; Openb 1:7)!
En O YAHUSHUA, die Bruid van YAHUSHUA sê,"Kom YAHUSHUA, kom…" (Openb 22:17, 20)
maar nie almal is waardig om die Bruid van YAHUSHUA te wees nie, en so sê U in
die Boek van Openbaring, “Geseënd is almal wie genooi is na die Bruilof Maal van
die LAM” (Openb 19:9).
O YAHUSHUA HA MASHIACH, vergewe my sondes! Was my! Was my skoon met die ENIGSTE
SUIWER, HEILIGE BLOED OPOFFERING! Wanneer U op hierdie aarde vir 33 jaar geloop
het, het U nooit 'n gedagte van sonde gehad nie (2 Kor 5:21; 1 Joh 3:5), U het
nooit 'n aksie van sonde gehad nie (1 Pet 2:22), alhoewel U versoek was met elke
sonde (Heb 4:15), U het die duiwel vertel om weg te gaan (Mat 4; Luk 4; Mk
1:12-13)— hy het geen houvas op U gehad nie (Joh 14:30).
En hy sal geen houvas op my hê (1 Joh 5:18) nadat ek hierdie Reddings Gebed gesê
het nie.
O YAHUSHUA HA MASHIACH, ek glo U het DIE PRYS vir my sondes betaal—by Golgota—U
was gekruisig, U was gemartel, U was bespot, daar was op U gespoeg (Mk
15:16-19), U klere was van U afgeruk (Mat 27:28), terwyl soldate selfs gedobbel
het vir die klere op U Rug (Joh 19:23-24).
O YAHUSHUA HA MASHIACH, vergewe my!
En plaas U RUACH HA KODESH, DIE HEILIGE GEES binne in my! So vertel my wanneer
ek reg of verkeerd doen! Stuur die VERTROOSTER. Laat die VERTROOSTER nou binne
in my kom (Joh 14:16).
Want ek weet dat U nie dood is nie, maar U het weer opgestaan uit die dood op
die 3de dag, terwyl die groot rots wat die soldate daar geplaas het, weggerol
was—wat opgepas was (Mat 27:65-66)—maar dit het U nie op die 3de dag gestop nie;
die rots het weggerol (Mat 28:1-7; Mk 16:1-11; Luk 24:2).
Ek vra dat U in my hart sal inkom, om my te vergewe van my sondes. Ek bely elke
sonde aan U nou, en ek noem hulle! En ek draai weg van dit af! —omdat ek skoon
gewas is van alle ongeregtigheid, al die vuilheid van hierdie wêreld.
Ek gee my lewe en my liefde aan U. Ek sal U nie ontken nie. O YAHUSHUA HA
MASHIACH, U het gesê, dat as daar net een was, as dit net ek was wie uitgeroep
het om genade...sal U vergewe en die sondes sal so ver wees soos die ooste van
die weste (Ps 103:12).
U het gesê daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie en dit is die
lastering teen die RUACH HA KODESH, DIE SOETE HEILIGE GEES (Mat 12:32).
O GELIEFDE YAHUSHUA, ek sou nie hierdie gebed nou sê as ek iemand van lastering
was nie, behalwe as dit 'n bespotting was. En ek bespot nie. Ek glo waarlik met
my hele hart en ek sal nie twyfel nie.
Daar is net EEN WAARHEID & WEG & LEWE om Hemel toe te gaan! Daar is SLEGS EEN
VOORBIDDER! SLEGS EEN NAAM waarin ABBA YAHUVEH DIE HEILIGE VADER na 'n gebed sal
luister, en dit is deur U NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh 14:6; Hand 4:12; 1 Tim
2:5).
Ek is so jammer! Ek is so jammer! Ek het teen U gesondig, so grootliks, maar ek
staan op—ek bly nie geval nie.
En ek staan op en ek kom na U en ek hou styf vas aan die Kruis van Golgota waar
U vir my gesterf het en waar U gesê het dit is volbring.
Ek draai weg van elke sonde. Ek bestraf satan en almal wie deel is van hom! Ek
bestraf die onheiligheid in DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH—sal
konstant op my lippe wees.
En ek sal studeer en myself waardig bewys (2 Tim 2:15). En ek sal die Nuwe
Testament lees; ek sal lees en ek sal weet dat U die Torah is, die Wet van die
begin tot die einde, vanaf Genesis tot Openbaring (Openb 22:13).
Ek dank U nou dat U my vul met U HEILIGE GEES, DIE RUACH HA KODESH, IMMAYAH, DIE
SOETE, SOETE SHEKHINYAH GLORIE, DIE EIE TEENWOORDIGHEID VAN YAHUVEH. En dankie
dat U vir my die begeerte gee om U al die dae van my lewe te dien. Dankie dat U
my die begeerte gee om U lewe binne in my te lewe.
O YAHUSHUA, lewe U Lewe deur my.
Ek gee my lewe en my siel aan U. My gedagtes en my ligaam behoort aan U. Ek is
so dankbaar ek het 'n MESSIAS!
Daar is 'n BLOED OFFER! Soos daar geskryf staan, ‘Sonder die storting van bloed
is daar geen remissie—geen vergifnis van sonde’ (Heb 9:22; Lv 17:11). En die
Bloed van die diere wat geoffer was in die Ou Testament, die Ou Bloed Verbond
sal ABBA YAHUVEH nie meer bevredig nie (Heb 10:4-10). Want die sonde was so
groot dat HY SY ENIGSTE GEBORE SEUN moes stuur sodat ‘wie ookal in HOM glo’-‘nie
verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê’ (Joh 3:16).)
Dankie dat U my vul met geloof om te glo en nooit te twyfel nie.
O, laat U NAAM verheerlik word deur hierdie lippe in alles wat ek van nou af
doen. Wys my hoe kan ek U nou dien. Wys my hoe kan ek U verheerlik. Wys my hoe
kan ek U verhef.
Dankie dat U my vrymaak van elke verslawing. Dankie dat U my verlos van elke
sonde!
En alhoewel ek nie perfek sal wees nie, dank U, o dank U dat ek in staat is om
te kan sê, om weer uit te reik na U en sê, “YAHUSHUA, ek het geval, vergewe my
asseblief!” maar ek sal nie sonde vooraf beplan nie. Ek sal U nie met opset so
seermaak nie.
Dankie dat U my die begeerte gee om die Bybel te lees, veral alles oor U. Dankie
dat U my help om te verstaan wat Elisheva Eliyahu ons leer as 'n Messiaanse Jood.
Sy leer die Hebreeuse Wortels van die Bybelse Skrifte en die Torah is van
Genesis tot Openbaring—U NAAM is daar, as hulle maar net Hebreeus geken het sou
hulle sien—soos U Elisheva Eliyahu vertel het, U het haar geleer dat die Torah,
die Ou Testament was net 'n vooruitskouing van wanneer U gaan kom. U sou ‘n
beter plan gehad het (Heb 8:6-12).
Moses het gedoen wat hy moes doen. Want gedurende daardie tyd moes U nie al
gebore gewees het nie, maar selfs die bloed wat oor die deurposte was, van
daardie opofferings lam (Eks 12:7) was 'n vooruitskouing van U YAHUSHUA HA
MASHIACH—wanneer U Bloed sou red en die engel van dood sal forseer word om nie
enige iemand binne kant aan te raak nie en die vloeke kon nie oor hulle kom nie
omdat hulle waarlik ABBA YAHUVEH aanbid het.
Dankie dat U vir my die wysheid gee om die Heilige Skrifte te verstaan en die
Heilige Profesieë wat deur AmightyWind Bediening voortgespreek word.
Dankie dat U my liefhet en my siel red. U het gesê as dit net ek was, sal U weer
na die kruis van Golgota gegaan het, U sou gemartel geword het, U sou geslaan
geword het. En deur U wonde, het U gesê, was ek gesond gemaak (Jes 53:5).
U het nie net gestop by redding nie, maar U het satan toegelaat om in te gaan in
die foltelaar wat U geslaan het 39 keer, met geen gewone sweep nie, maar 'n
sweep met stukkies lood en steen, en enige iets wat U vel in flarde kon verniel
en skeur, totdat U skaars na 'n mens gelyk het (Jes 52:14; 53:3) en toe was U
geforseer om 'n kruis van honderde ponde te dra teen 'n bult uit op Golgota (Joh
19:17).
O YAHUSHUA, help my geloof om elke dag te groei, O YAHUSHUA HA MASHIACH, sodat
ek eendag saam met U in die Hemel sal wees en U my sal omhels en my toemaak in
soene.
Ek sal by die BruilofsMaal van die LAM wees. Ek sal U nie ontken nie selfs al
kom dit op die punt dat hulle sê dat jy jou lewe sal moet neer lê—soos hulle dit
sal verwag—vir mense om martelare te word. En slegs die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH sal 'n getuienis soos Henog hê.
So help my om sterk in U te wees.
Vul my nou oorvloeiend met die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, en verlos my van
die bose een wat satan genoem word in U NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH! Laat die
demone nou vlug in 7 verskillende rigtings, soos ek aan U behoort, YAHUSHUA HA
MASHIACH, terwyl ek hierdie gebed bid, en ek bid dit en ek sal aanhou om dit te
bid elke liewe dag, todat dit in my gees ingaan, en my siel, en my gedagtes en
my liggaam.
O YAHUSHUA, help my, YAHUSHUA, om te onthou dat almal het gesondig en het nie
deel van die GLORIE van die VADER YAHUVEH nie (Ro 3:23).
U het gekom om ons sondaars te red en dit is hoekom U ons REDDER, en MESSIAS
genoem word. U is DIE EEN & DIE ENIGSTE WEG NA DIE HEMEL (Joh 14:6). U NAAM IS
REDDING—“YAH RED.” Dit is nie Yes-shua! Dit neem die Goddelikheid van U NAAM weg,
U is vernoem na die VADER, en die VADER se NAAM, YAH, is in U NAAM. Dit is wat
ek op hierdie dag geleer was.
Help my, O YAHUSHUA HA MASHIACH! Selfs al gaan niemand saam met my nie, sal ek
steeds volg.
Help my, YAHUSHUA HA MASHIACH! Omdat ek weet dat ek vervolg sal word vir U NAAMS
onthalwe (Joh 15:20).
Help my, YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek sal nooit my geloof in wie U is opgee nie.
Hierdie dag is ek wedergebore, ek is BLOED-gewas, ek is BLOED-gekoop! My siel is
nie te koop nie!
Ek behoort aan U, YAHUSHUA HA MASHIACH, en daarom kan ek nou vir satan sê soos
dit geskryf staan, ‘Onderwerp jouself’ aan die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH en
‘staan die duiwel teë, en hy sal vanaf jou wegvlug’ (Jk 4:7). En ‘onderwerp’
beteken, ek sal U gehoorsaam.
Ek sal die Tien Gebooie gehoorsaam; ek sal die Heilige Feeste gehoorsaam, wat
ABBA YAHUVEH in plek gesit het om eer te bring aan die HEILIGE DRIE EENHEID—ABBA
YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH, SOETE HEILIGE GEES. Ek sal
die Sabbat dag eer en ek sal dit Heilig hou (Eks 20:8; Heb 4:9),en dit is nie
die leuen van 'n Sondag nie.
Help my, HEMELSE VADER, om die waarhede van AmightyWind Bediening en die
waarhede in die Profesieë te verdedig. Laat my nie in 'n verworpe vyand verander
nie.
O, YAHUSHUA HA MASHIACH, ek aanbid, ek prys, ek is lief vir U, ek is intens lief
vir U. Dankie dat U in my hart inkom.
In geloof glo ek dat elke verslawing van my af weggevlug het. Elke versoekoeking
om te sondig, is nou weg. En wanneer ek versoek word, herinner my om op die NAAM
VAN YAHUSHUA HA MASHIACH te roep. Ek aanbid U.
O ABBA YAHUVEH, ek kom nou deur die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, en ek kom
voor U TROON, en ek vra vir U hulp.
Omdat YAHUSHUA my voorheen vertel het : Niemand kon na U toe kom vir 'n gebed om
beantwoord te word, tensy dit deur die NAAM en die BLOED VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH is nie (Joh 14:6, 13-14).
Ek sal hierdie gebed lees en ek sal hierdie gebed hoor. Want dit was onder die
Salwing gespreek. En Elisheva Eliyahu het nie eers geweet van een woord na die
volgende wat sy sou sê nie. (Want U sit die nuwe gebed in haar mond. Want selfs
die ou gebed het verby gegaan en nuut geword.) En ek sal dit nie sê met kop
kennis nie, maar met my hele hart.
Ek glo dit in geloof en sal onthou, dat YAHUSHUA HA MASHIACH is nie net my GOD
en my HEER—& DIE SPOEDIG KOMENDE KONING VAN ISRAEL, HY is my MESSIAS! HY is my
GENEESHEER, my VERLOSSER, my OPSTANDER! En HY is my BESTE VRIEND, WIE my nooit
sal begewe of verlaat nie (Deut 31:6; Mat 28:20)!
Alhoewel ek loop deur die vallei van die skaduwee van dood, sal ek geen bose
vrees nie, want HY is met my (Ps 23:4)! Ek hou vas aan Psalm 91, en ek hou vas
aan Psalm 23. Want ek weet, YAHUSHUA HA MASHIACH, U het my so lief!
U het my so lief U lei my na waar hierdie gebed is. U het my lief net soos ek
is. U het my so lief dat U gesê het, “Nou sal EK jou beter maak, nou sal EK ‘n
nuwe oprig, die ware gees binne jou, sodat EK kan sê dat jy MY tevrede stel, en
jou nie meer ‘n werker van sonde noem nie.”
YAHUSHUA, U het die PRYS betaal vir my sonde, en nou hoef ek nie meer skuldig of
veroordeel te voel nie! Want ek het elke vuil sonde bely voor U, YAHUSHUA HA
MASHIACH. Ek het hulle genoem en ek het trane oor hulle gehuil. En ek het U gesê
dat ek so jammer is, en U het gesê, “MY kind, EK vergewe jou. Nou moet jy geloof
hê” en “geloof is die vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die
dinge wat ons nie sien nie” (Heb 11:1).
En selfs al hoor ek nie U stem soos Profeet Elisheva Eliyahu nie, weet ek U hoor
my! Ek weet dat U my sien , ek weet dat ek ‘n kind is van ABBA YAHUVEH, U,
YAHUSHUA HA MASHIACH, EN U, KOSBARE RUACH HA KODESH HEILIGE GEES, IMMAYAH!
Al my sondes is nou vergewe! En daar is [‘n] “geen visvang” teken daar. Die
enigste een wat daar kan gaan, is as ek besluit om my sondes van die verlede te
onthou en weer van vooraf vuil voel daaroor, of as ek kies om satan toe te laat
om te gaan visvang daar en [hom toelaat] om te sê, “Onthou wie jy was en wat jy
gedoen het!”
En dit is wanneer U my vertel het, YAHUSHUA, dat ek vir satan moet sê, “Ek is
vergewe! My siel behoort aan YAHUSHUA HA MASHIACH!” En as hy my herinner aan die
verlede, sal ek hom herinner aan die toekoms [vir hom], en dit is die bodemlose
put vir ewigheid en die poel van vuur.
Ek weet nou dat sonde enige iets is wat ek gedoen het, wat HEILIGE ABBA YAHUVEH
verafsku & U YAHUSHUA & U RUACH HA KODESH. Ek weet dat ons werk almal ons eie
verlossing uit met vrees en bewing (Fil 2:12), en wat ookal gedoen was in die
oorlog in die Hemel teen lucifer, die oorlog was afgebring hier op hierdie aarde
(Openb 12:12-17) en ek sal hom veg!
Ek sal satan veg en al die onheiliges saam met hom, en al die verworpenes, ek
sal hulle veg! Nie in my krag nie, nie in my mag nie, maar in die Salwing van
die RUACH HA KODESH (Sag 4:6)!
Ek sal wil ken WIE U is, YAHUSHUA HA MASHIACH. Want in Joh 3:16 [is die
evangelie boodskap]—die Bybel vertel my ek U moet bely as my REGEERDER van my
lewe, my HEER, my VERLOSSER, my MESSIAS, sodat U my sal bely voor die HEILIGE
VADER, ABBA YAHUVEH (Mat 10:32).
Ek moet onthou om nooit skaam te wees vir die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH,
nooit skaam sal wees vir die waarhede en die openbaringe wat ek geleer sal word
nie. Want YAHUSHUA HA MASHIACH is nie skaam oor my nie.
Ek sal iemand vertel wat ek kan vertrou dat ek vandag die besluit gemaak het van
my lewe.
Hierdie is my verjaarsdag, die dag wat ek hierdie gebed sê met my hele gedagte,
met my hele hart, my liggaam en my siel—en my siel behoort aan YAHUSHUA.
Ek het U aanvaar, YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, gebore in Bethlehem, beide
GOD IN DIE GEES & GOD IN DIE VLEES. Maar dit was vlees, en gees, wat gehang het
op die kruis by Golgota.
En hierdie dag weet ek dat al die engele in die Hemel juig! Hulle juig en hulle
sing van blydskap, en as geen een ooit juig oor my op hierdie aarde as ek voel
geeneen het my ooit lief of aanvaar my vir wie ek is, weet ek dat U juig en ek
weet al die engele juig. Want dit is wat die Bybel sê (Lk 15:10).
En ek weet hierdie Apostel Profeet, Pastoor Elisheva Eliyahu, juig nou oor my.
En sy het gesê, as ek ‘n Pastoor nodig het, dan het ek een, en ek weet ek is
welkom by AmightyWind.com aanlyn bediening wat in 51 verskillende tale is,
rondom hierdie wêreld, wat uitroep na U.
Ons is nie alleen nie. En hulle almal vertel my dat ek welkom is, en hulle almal
wag vir my om te skryf vir Elisheva Eliyahu en haar te vertel ek het U, YAHUSHUA
HA MASHIACH, aanvaar en selfs [as van toepassing] al was ek ‘n Ortodokse Jood
(en ek spreek [in die gees] nou tot hulle wie Ortodokse Jode [is], hulle is ook
welkom om te kom na YAHUSHUA HA MASHIACH die manier wat ek gekom het na U op
hierdie dag)—
En o ek sien uit, YAHUSHUA HA MASHIACH, dat U my omhels en my so styf druk en my
wange soen. Ek sien uit na die Bruilof Maal van die LAM! Of ek ‘n Bruid of ‘n
Gas is, ek sal die Joodse dans doen met U. O YAHUSHUA!
Dankie dat U my vergewe. Ek voel nou so skoon. Dank U, YAHUSHUA HA MASHIACH.
Help my om vining te groei in U! Help my! Gee my meer onderskeiding. Daar is so
baie vals profete daar buite (1 Joh 4:1), so baie wie beweer hulle is Christene,
en tog is hulle louwarm dat U hulle gaan uitspoeg uit U mond, braak uit U mond
soos die Boek van Openbaring sê (Openb 3:16).
O YAHUSHUA HA MASHIACH, bring ‘n ander gelowige na my, sodat ek nie die pad
alleen sal loop nie, maar as ek moet, moet dit so wees. Want ek loop nie alleen
nie, ek loop met U, my nuwe BESTE VRIEND, my MESSIAS, my HERE GOD, my VERLOSSER.
Ek het U YAHUSHUA HA MASHIACH.
Dank U vir die Geskenk van Ewigdurende Lewe wat ek net hierdie dag geërf het, om
te weet my naam is geskryf in die LAM se Boek van Lewe. Hou dit asseblief daar,
en moenie dat dit ooit uitgeklad word nie (Openb 3:5), is my gebed, en moenie
die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, wegvat van my nie (Ps 51:11). Instede,
vermeerder die Salwing binne in my.
Dit is my gebed. Ek vra hierdie dag, op my ware verjaarsdag.
Ek het hierdie Verlossingsgebed gesê—in YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM—Ek weet dat
ek gehaat gaan word meer in hierdie wêreld as wat ek lief gehê gaan word, net
soos as wat U loop nou op hierdie aarde, hulle sou U haat vir U Heiligheid.
Dankie YAHUSHUA HA MASHIACH. Want ek weet as satan my haat, en die demone en die
verworpenes my haat, en hulle my mal noem, ek weet dat ek waarlik aan U behoort,
YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh 15:18-19).
En ek is wedergebore hierdie dag (1 Pet 1:23)! BLOED-gewas & BLOED-gekoop. En my
siel is nie meer langer myne nie, maar dis in U Hand, YAHUSHUA HA MASHIACH.
Amen.
Einde van Profetiese Gebed
So is dit gespreek, So is dit geskryf
Hierdie dag in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH