Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
12 Maart, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was.
EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,
niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Kosbare, Geliefde Kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag
en trane en probeer om julle vrees weg te steek vir die wêreld en vir julle
vriende, maar stel julle vertoue in julle Pappa YAHUVEH en MESSIAS YAHUSHUA.
Julle kom na ons toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY Seun YAHUSHUA
en sê, "Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?" Lieflinge van MY, o EK is nie
kwaad vir julle op hierdie tydstip nie, dit is die bose waaroor EK wit is van
woede. EK sien die bose mense se komplotte en planne en dit is net soos in die
tye van ouds met die slang in die Tuin van Eden, wat julle wil bedrieg, en julle
laat dink dat julle nie kan wen sonder wêreldse kennis nie. Julle Vader EK,
YAHUVEH, is alle kennis en wanneer julle MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH soek, soek julle waarheid, en kennis.
Wees verseker, solank as julle soek sal julle die antwoorde vind wanneer die tyd
kom. As julle nie weet wat om te doen nie, wees dan verseker, dit is nog nie tyd
vir julle is om te weet waarheen om te gaan, ook nie wat om te doen nie. EK,
YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te gaan
nie. EK, YAHUVEH, is nooit te vroeg of te laat nie, maar EK is altyd daar
presies op tyd. Nie ‘n sekonde om te spaar nie met tye. Maar EK, YAHUVEH, sal
jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, is die Skepper van die ganse
mensdom. Julle hoef nie bang te wees wat die bose mense sal doen nie want EK,
YAHUVEH, gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, tot beskaming van die
sogenaamde, wyse mense van hierdie wêreld.
EK, YAHUVEH, is selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja,
as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë
verander. Moenie verwonder nie. EK, YAHUVEH, is die Skepper onthou? EK, YAHUVEH,
is daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so verkies. Julle
het geen idee watter standaard EK teen die bose mense sal oprig nie. Die einste
gebondenheid, siektes en plae wat die bose, wat satan se kinders genoem word,
oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam.‘n Menige van MY Kinders sal nie
seerkry nie. In plaas daarvaan, sal die bose mense se eie families hierdie plae
en siektes opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat
hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.
Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs
hulle eie families, geliefdes en vriende ook in te ent, en tog, sal EK, YAHUVEH,
daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die bose mense,
die geveinstes, MY Kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin die leed sal
terugkom op hulself. Begin bid hiervoor nou. Daar is groot krag in gebede gerig
tot MY, YAHUVEH, in die Naam van julle MESSIAS, MY enig verwekte seun YAHUSHUA.
Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik
teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en wil
daagliks soek.
Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van ouds, julle dit ook weer
sal aanskou, en julle sal toegerus word met nog meer van die RUACH ha KODESH se
salwings krag. Wanneer dit gebeur hoef julle nie bekommerd te wees oor hoe julle
na ‘n sekere nasie toe sal gaan nie. Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle
net verskyn. Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel het
alreeds die krag gehad om te transporteer en weet dat die bose mense reeds sulke
kragte gebruik vir bose redes.
Die bose hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan
diegene wat die leidende lig volg, wie YAHUSHUA is. EK, YAHUVEH, sal MY Babas,
Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA is ‘n lamp vir
julle voete. Wanneer die bose julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal
MY engele stuur om jou pad te verlig. Die bose wil julle vrymoedigheid, geloof,
vertroue, waarheid, privaatheid, vryheid, blydskap, onuitspreeklike vreugde vol
heerlikheid, en julle finansies van julle af wegneem. Dit is maklik vir hulle om
te doen as julle vir die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering
op die nuus. Meer as wat julle luister; lees die goeie verslae, hulle is almal
geskryf in die Skrifte. Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop
om vrees te oorwin wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?
MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om elke wapen van die vyand
wat MY kinders se vernietiging wil hê, en hierdie wêreld se vernietiging.
Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK,
YAHUVEH, sal al jou weë rig. Julle eie insig sal veroorsaak dat julle die
onbekende vrees. EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY oë
is op die nasies waar MY mense uitroep na MY in gebed om hulle te red. Moenie
luister na doem-en-swaarmoedige voorspellers nie. Hulle spreek en skryf dat EK,
YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA
ha MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie. Hoekom wil MY
kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul Hemelse Vader liefhet.
Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die kerke,
en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek vreeslike dinge tot MY
kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle skep twyfel in
julle gedagtes of EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat almal
gereed moet wees om aangeval te word, almal dood sal gaan of swaar beserings sal
opdoen, sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA ha MASHIACH aan julle kant, is hierdie
waar. Wat die nuusgewers en vele politici, en waarsêers vergeet is dat EK,
YAHUVEH, nie MY Kinders verlaat het nie. Hoe sal dit MY enige Eer bring? Ja, MY
kinders sal eendag by MY aansluit in die Hemel, hierdie is waar, maar as EK nie
‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie, waarom sou EK so sê in MY Skrifte? MY
Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie, dit sal uitvoer wat EK voortbestem
het. EK is YAHUVEH en EK het nie verander nie.
Wat EK, YAHUVEH, vir Israel gedoen het in die tyd van Moses; EK sal dit weer
doen. Wat EK vir Lot gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir
Josef en Maria gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Noag
gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir die drie Hebreeuse
kinders gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Elia van ouds
gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Henog gedoen het; EK,
YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Elisa gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit
weer doen. Die galg wat Haman gebou het; EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang.
EK het ‘n Ester en net soos in die tye van Ouds, sal EK, YAHUVEH, MY kinders
weer verlos. EK het ‘n Koning Dawid en EK sal musiek en lofsange gebruik om die
vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof dat EK,
YAHUVEH, weer sal verlos.
Wys MY in julle Skrif waar EK nie MY mense verlos het wat MY gebooie gevolg het
en lief gehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK,
YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger. Al wat julle
moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie vreeslike
dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle gebede
beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.
Kom met vrymoedigheid voor MY troon, en gee MY julle versoeke.
EK, YAHUVEH, is nie kwaad vir MY geliefde kinders nie. By tye dwaal julle af,
verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te verskeur, alles net omdat julle
nie gehoorsaam is nie. Dus soos skape, is EK gedwing om jou been te breek, maar
dan dra EK jou liefdevol in MY arms totdat jy gesond is en weer instaat is om te
loop. Waar los ‘n Goeie Herder ooit sy skape onversorg? Waar slaan ‘n Goeie
Herder ooit die Skape en Lammers? Nooit! Maar EK belowe julle dat EK diegene wat
julle wil verskeur die dag sal laat berou wat hulle gebore was.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie
kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie? EK het hom beskerm, en sy
familie, behalwe sy vrou wat gekies het om MY te verontagsaam, teen die vuur en
swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en sy familie ook. Het EK,
YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n baba nie?
In die tye van Ouds was dit ‘n vorm van verdrukking vir die moeders met babas,
want al die babas moes vermoor word, want die bose wou die ware MESSIAS vind om
HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef te waarsku in
‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom gesê wanneer om
te terug te kom. Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?
Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien voordat daardie
groot verdrukking van water die aarde oorstroom het nie?
Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien
hoe die Jode om haar vermoor word nie en tog, het EK, YAHUVEH, ‘n uitkoms vir
die Jode voorsien, anders sou daar geeneen gewees het vandag nie? Het EK,
YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordeggai en Ester
dood te maak nie, die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir Mordeggai
en Ester ‘n vangstrik gestel het, en dat al die Jode doodgemaak sou word en tog,
het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat gehang.
Hoe kan die einstes wat sê dat hulle profesieë hoor, ontken dat EK, YAHUVEH,
altyd ‘n manier gehad het om MY Mense te beskerm? Wees versigtig vir mense wat
hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel. Ongeag wat die verdrukking
is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van ontvlugting voorsien vir diegene wat op MY
vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in YAHUVEH, en julle YAHUSHUA,
as jou vrou, man, vriende, vyf-voudige ampte of regering.
EK, YAHUVEH, sal nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal wees nie.
EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle lewens sal
neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie. EK sal julle belowe dat hierdie martelaars
by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en nooit weer sal hulle swaarkry nie.
EK sal nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word nie, maar EK, YAHUVEH,
sal hulle beskerm soos EK MY kinders van Israel beskerm het in die tye van ouds,
toe die plae, die duisternis, en die dood oor hulle gekom het. EK het diegene
gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het in die tye van ouds, hoeveel te
meer sal EK nou doen met die Bloed van die nuwe verbond van YAHUSHUA ha
MASCHIACH.
Wees gewaarsku wolwe julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en
julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n
wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA alleen is die Goeie Herder. EK,
YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam met julle eie skeppings en wapens van
oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die Staf van woede wat julle sal weg-slaan
van MY Skape en MY Lammers af. Wees nie mislei nie, EK sal die wolwe doodmaak in
MY tydsberekening en hulle nie net in die hel gooi nie maar in die Poel van Vuur!
Aan almal wat die vernietiging wil hê van Amerika, Israel, en al die Christene
en die Jode, wat is die prys van jou siel? As jy aanhou om dit te doen dan sal
jou siel vir ewig verdoem wees! As jy wegdraai hiervan, en draai na YAHUSHUA ha
MASHIACH dan sal jy vir ewig gered wees. Dit is jou keuse.
*******
Offensief vir sommiges, ophelderend vir ander, vir die liefde, gehoorsaamheid en
heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA.
Profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisabeth Sherrie Elijah
(Elisheva Eliyahu) Vrydag, 02/11/01, om 1:50 v.m.
Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle
moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van
YAHUSHUA. Miriam (Maria) het nie vir haar Hebreeuse baba ‘n Griekse naam "Jesus"
gegee nie. Daar is salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld
gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die ryk en beroemdes wat
hulself Christene noem, selfs op julle luggolwe. Hierdie swyne is in alle
denominasie godsdienste. Soos die Fariseërs nie vir YAHUSHUA verstaan het nie en
HOM dood wou hê, ewemin sal diegene met die gees van godsdiens wat ‘n deel is
van die kerke van Babilon jou nou verstaan. Hulle sal jou Shkhinah Heerlikheid
lig vermy.
Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir die vrede van Jerusalem
op 'n manier wat julle nog nie vantevore gedoen het nie. Besef terwyl julle bid
vir die vrede van Jerusalem, dat julle bid vir die Prins van Vrede wie MY Seun
YAHUSHUA is om SY koms te bespoedig en hierdie aarde te regeer as Koning van
Konings, alles-verwyderend wat onheilig is van hierdie aarde af vir 'n
vasgestelde en bepaalde tyd. Bruid van YAHUSHUA, besef terwyl EK, YAHUVEH, julle
beveel om hierdie te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en
regeer totdat Yisrael grootliks ly nie. Vele geweeklaag, geween, smarte, en
bloed sal voortvloei en net EK, YAHUVEH het vooruit geweet wat dit sou neem om
Yisrael sover te kry om weer te wandel in gehoorsaamheid aan MY Torah Wette wat
EK vir hulle gegee het deur Moses, en om MY, YAHUVEH, lief te hê, waar hulle nie
meer bang is om MY Gewyde Naam voort te spreek waar daar gesalfde Krag is nie.
Hulle sal die leuens bestraf wat oorgedra was aan hulle. Yisrael sal YAHUSHUA
erken as nie alleenlik YAHUVEH se Seun nie maar ook die enigste MASHIACH
(Messias). Hulle sal die Heilige Bloed Offer aanvaar wat YAHUSHUA se geskenk is
wat HY gegee het by Golgota, SY reddende, bevrydende, genesende, opstandingskrag
in die Bloed van die enigste perfekte Lam van YAHUVEH. Yisrael sal nie die Prins
van Vrede weer sien kom na hulle nasie toe totdat hierdie gedoen is nie. satan
sal ‘n vals vrede stuur vir 'n kort rukkie om hulle te mislei maar dan sal dit
wees asof Hel losgebreek het rondom hierdie wêreld wanneer daardie kort tydjie
verby is.
Yisrael, julle sal terugkeer na julle Skepper en MY weereens liefhê en
gehoorsaam. Yisrael onthou Koning Dawid van ouds en onthou wat hy gedoen het om
die oorloë wat hy gewen het te oorwin. Hy het homself verneder voor MY, YAHUVEH,
en Lofsang en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Yisraeliete
van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers
begeer wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam. Wanneer Yisrael MY, YAHUVEH, weer
gehoorsaam en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob gedoen het, dan sal EK
teruggee wat by Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos uit die hande van
die vyande.Yisrael is 'n beker van bewende verskrikking vir hierdie ganse wêreld
want dit is waar die eindtyd geveg gestry sal word, goed teen kwaad. satan sal
sy seun stuur om die wêreld te regeer vanaf hierdie een nasie want satan bespot
MY en vervals alles wat EK, YAHUVEH, doen.
EK, YAHUVEH, het MY Seun YAHUSHUA gestuur met MY Gees om siele na die Hemel te
lei en satan stuur sy gees om al diegene te mislei wat sal luister en die gees
sal volg van rebellie teen alles wat waarlik Heilig is, wat hulle na die Hel
lei, hulle verlok met 'n Merk. Soos YAHUSHUA diegene gemerk het wat waarlik aan
HOM behoort, wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie wêreld, so ook het satan diegene gemerk wat aan hom
behoort en sal hulle fisies weer Merk, bewysend diegene wat hom volg het hulle
name in die boek van die vervloektes of die boek van die uitgewistes. Niemand
wat satan se merk neem sal ooit in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie.
Yisrael sal nooit ware vrede ken nie totdat sy sê, “Geseënd is HY wat kom in die
Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.” EK stuur die Bruid van YAHUSHUA nou om te
bemiddel en te bid vir Yisrael en vir mekaar en EK, YAHUVEH, spreek ‘n bruidskat
voort deur hierdie diensmaagd van 'n nuwe salwing aan julle gegee deur YAHUSHUA
vir SY Bruid as hulle kan glo in geloof.
Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo in geloof wat hierdie woord voortpreek,
maar binnekort sal julle selfs nie meer geloof hoef te hê om dit voort te spreek
nie, julle sal weet dat julle weet, want soos Elia van ouds sy vyande verteer
gesien het voor sy oë, so ook sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as
loop van die vyande van heiligheid en nie terug kyk nie.
1 Konings 18:40
Maar ElíYah sê vir hulle: Gryp die profete van Baál! Laat niemand van hulle
vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en ElíYah het hulle afgebring na die
spruit Kieshon en hulle daar geslag.
EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen planeet aarde waar onheiligheid oorvloedig
is. EK, YAHUVEH gee hierdie nuwe outoriteit nou. Wanneer gebid word tot MY in MY
Seun YAHUSHUA se Naam kom onverskrokke voor MY en vra dat Yisrael se vyande in
die parskuip van MY Woede gegooi word. Die tyd kom o so spoedig, so EK waarsku
die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilof Fees van die Lam nou deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA. satan sal sy vals vrede stuur, eerstens om
die ware Prins van Vrede te bespot, pogend om die wêreld te mislei en te Merk
met sy Merk. satan het selfs 'n dag van die week vasgestel vir hierdie Merk om
gegee te word. Diegene met ore om te hoor en luister, Pasop vir die mensgemaakte
Sabbat. EK het MY Profete gestuur om te waarsku die tyd sou kom wanneer almal
moet kies watter GOD hulle sal dien. Daar kom baie binnekort 'n seun van verderf
wat meer gaan doodmaak as julle ergste diktators. Hierdie seun van verderf sal
kom in 'n vorm wat julle nie dink nie. Hierdie seun van verderf sal kom met 'n
haat vir enige iemand wat 'n ander Messias erkenning gee. Hierdie seun van
verderf het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is en YAHUSHUA aanvaar het as
MESSIAS.
1 Johannes 2:18
Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antimessias
kom, bestaan daar ook nou baie antimessiasse, waaruit ons weet dat dit die
laaste uur is.
Johannes 2:22
Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die Messias is? Dit is
die Antimessias wat die Vader en die Seun loën.
1 Johannes 4:3
en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit
YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antimessias waarvan julle gehoor het dat
hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in
die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antimessias.
MY Heiliges sal MY, YAHUVEH, nie verraai nie en ook nie vir YAHUSHUA ha MASHIACH
nie. Net diegene met die gees soos 'n Judas sal die Merk aanvaar asook die
belonings gegee deur satan wat van korte duur is. Yisrael sal altyd staan.
Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, want MY Seun YAHUSHUA sal SY
voete plant op die Olyf Berg en heers en regeer vanuit Jerusalem. EK het 'n eed
afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O maar hoe anders is dit
wel vir diegene wat saamsweer teen Yisrael soos 'n Judas of wie gesê het hulle
sal Yisrael van die aangesig van die kaart afvee. EK, YAHUVEH, is die enigste
een wat die reg het om Yisrael te straf, soos 'n opstandige kind. Diegene met
die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) moderne tyd se Hamas sal maai
watter skade ookal gedoen word aan Yisrael (Ester 8:7).
Terwyl die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir die vrede van Jerusalem,
besef terwyl julle dit doen bespoedig dit alles wat voortbestem was. Die koms
van die seun van satan, wat die seun van verderf genoem word, julle bespoedig
ook die Groot Verdrukking, terwyl julle die koms van YAHUSHUA bespoedig om te
heers en regeer uit Yisrael en te sit in die Heilige Tempel. Wanneer julle sê,
"Kom YAHUSHUA, kom gou," besef die nuwe salwing terwyl julle hierdie woorde
voortspreek in gesalfde gebed. Soos Haman elke Jood wou doodmaak, so ook wil
sataniese heersers op hierdie aarde en hulle sal ook elke Messiaanse Jood wil
doodmaak wat YAHUSHUA aanvaar het as die enigste MESSIAS. Esegiël 9 het reeds
begin. My Heilige Mense word verseël deur MY hand alleen. EK waarsku nou vooraf,
verwoesting is oppad vir die onheiliges en verworpelinge. EK het 'n oorblyfsel
in Yisrael wat weggesteek is en tog deel is van die lede van die Bruid van
YAHUSHUA. Nou is die tyd om op te staan en hierdie een te kontak uit wie EK
hierdie woorde spreek, want julle is een.
Van hierdie jaar af vorentoe, sal julle die verraad sien van hierdie wêreld se
regerings meer as wat julle ooit voorheen gesien het. Wat EK, YAHUVEH, ookal
verklaar het as 'n gruwel vir MY sal gepronk word in MY gesig deur die
verworpelinge vir die ganse wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in
woorde en oorloë met 'n dors vir mag, gierigheid en bloed, met 'n onversadigbare
dors soos bloedsuiers of bloed suiende vampiere, politici wat swak verskonings
maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer. O hoe lank rebelse mense van
hierdie aarde, dink julle kan julle jul vuiste bal vir MY, YAHUVEH, julle
Skepper, en MY Manne en vroue van Heiligheid terwyl julle MY Heilige skrifte
vertrap onder julle voete in bespotting en haat vir alles wat Heilig is? Hoe
lank dink julle sal EK wag voordat julle mense van rebelsheid die lot sal ly van
Sodom en Gomora?
EK, YAHUVEH, het vir julle kanse gegee om te bekeer, veral jy o Amerika, en tog
vermeerder julle sondes net elke gruwel erger as die vorige een. EK, YAHUVEH het
julle geskape, o Yisrael en Amerika om apart gestel en heilig voor MY te wees,
seëninge oor julle en julle land uitgestort en mense het floreer en julle weer
het EK geseën ter wille van julle oeste. Van hierdie jaar af vorentoe, sal EK
die weer draai teen sekere dele van die aarde dit gebruik as 'n vyand teen MY
vyande in 'n groter maat as in 2005. O Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat
geskape was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies in rebellie en
gruwels.
Julle ander nasies het toegekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees,
so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak terwyl EK gepraat en gebrul het
deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogtes, aardbewings, tsunamis
en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond
gestamp het en die aarde laat bewe het in vrees so hewig nou dat die einste
rotasie van die aarde steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei
voete stamp in woede? Nasies wat MY Heilige mense slag asof hulle skape is wat
ter slagting gelei word huil nou vir hulleself wanneer EK die aardbewings en
tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wat geen bloed
op hulle hande gehad het nie, mans vrouens en kinders was en word vermoor as
gevolg van een rede hulle weier om YAHUSHUA ha MASHIACH te verloën wie hulle
Jesus Christus genoem het wie die MESSIAS is en MY, YAHUVEH se enig verwekte
Seun.
Alle nasies insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis
want julle het die lewens geëis en geneem van ware Heilige Christene. En so sal
dit voortgaan na die mense van alle nasies van hierdie aarde. Julle sal maai wat
julle saai; as julle Heiligheid en gehoorsaamheid saai tot MY Heilige Skrifte en
MY, YAHUVEH, julle Skepper stel en YAHUSHUA erken as MY, YAHUVEH se Seun en
julle MESSIAS, sal julle MY seëninge oes uit die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar
wees as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam dat EK, YAHUVEH, julle
sal verlos van MY toorn wat kom veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA wie EK
MY Ester noem.
1 Tessalonisense 5:9
Want Elohiem het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die verlossing te ontvang
deur YAHUSHUA ha MASHIACH.
Hierdie het EK, YAHUVEH, verklaar die van julle wat onheiligheid saai,
verskonings maak om sondige leefstyle te leef, onskuldige bloed te vergiet,
bespotting, rebellie, julle dienskneg kinders van satan wat weier om te bekeer
van julle toorkunste, heksery, voodoo, satanisme, en alle vorms van die okkulte
insluitend nekromansie, in MY parskuip van woede, MY vleismeule, sal julle
ingaan. Julle verworpelinge wat lief is om te moor en oorlog te maak, wie die
geeste aanbid van rebellie, diefstal, dood en verwoesting, moord en gierigheid.
Julle verworpelinge wat stenig, vermoor, martel, wat MY Heilige Saad aanval en
in die tronk gooi, hulle forseer om martelaars te word, binne-in MY, YAHUVEH se
parskuip van woede, binne-in MY vleismeule sal julle gaan.
Openbaring 19:15
En uit SY mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY
sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en HY trap die parskuip van die wyn van die
grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.
EK, YAHUVEH, sal diegene seën wat 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en diegene wat
MY Kinders van Heiligheid seën. EK, YAHUVEH, sal diegene vervloek wat 'n
vervloeking is vir MY en MY Geliefde Seun YAHUSHUA en EK sal MY vloeke stuur van
Deuteronomium 28 oor al diegene wat skade berokken of die vernietiging en dood
wil hê van YAHUSHUA se Bruid, MY Ester. EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën
met Deuteronomium 28 seëninge gereserveer vir YAHUSHUA se Bruid, wie die RUACH
ha KODESH Heilige Vuur openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware
apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vloeke stuur van Deuteronomium 28
oor almal wat beweer hulle dien MY Seun YAHUSHUA maar in plaas daarvan in woord
en daad satan dien en weier om MY te gehoorsaam en 'n vervalsing van die salwing
openbaar wat vreemde vuur genoem word en hulle siele verkoop het soos 'n Esau
vir roem en rykdom, wie MY Heilige Skrifte inboet, dwaling en die duiwelse
leerstellings onderrig.
Die volheid van MY RUACH ha KODESH word nie gevind in enige bedienaar wat inboet
wat hulle weet is waar nie of skrifte en MY gebooie verdraai om gelykvormig te
word om die mens te behaag of die Regerings van hierdie wêreld nie. Moenie
mislei word nie. EK, YAHUVEH, het MY nie bedink oor wat sonde is of waar
onbekeerde sondaars die ewigheid spandeer nie. Julle sedes en interpretasie van
sonde mag verander maar EK is wie EK is en EK, YAHUVEH, verander nie en ook doen
MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH, het die twee tablette van wette geskryf
genaamd die gebooie in klip met MY eie vurige vinger hulle gegraveer en EK het
hulle oorhandig aan Moses (Moshe). Dwase om te dink EK het MY Seun YAHUSHUA
gestuur uit die Hemel om hierdie wette te verander insluitend die wette van MY
Sabbat Dag.
In 2006 en hierna, sal MY Heilige mense groei in Heiligheid hard daarna strewe
om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, te gehoorsaam, lief te hê en te dien in alle
weë. MY Heilige Mense sal nie ‘n kompromie aangaan met die vyand nie. Die Bruid
van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om hulle te beroep op MY, YAHUVEH, in
YAHUSHUA se Naam en MY te vra om die demone wat hulle teister binne-in MY
Hemelse parskuip van woede te sit genoem MY vleismeule, demone wat gestuur was
wat julle teister of julle verloste geliefdes of die verloste mense. Julle was
'n mandaat gegee om te bemiddel in gebed vir bevryding.
Bruid van YAHUSHUA, roep MY aan om julle te bevry van die menslike diensknegte
van satan wat julle dood en vernietiging wil hê. Kom voor MY troon met
vrymoedigheid en sonder sonde en vra MY in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, om MY
julle Abba YAHUVEH in YAHUSHUA ha MASHIACH te vra om hierdie verworpeling vyande
van MY en van julle in MY vleismeule, die Parskuip van MY Woede te sit. Diegene
wat waag om hulle vloeke, towerspel en heksery te werp en allerhande boosheid
doen om te probeer om die Bruid van YAHUSHUA wat MY verseëldes is seer te maak
te verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die
Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle fynmaal in sewe verskillende rigtings.
Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem wanneer hierdie menslike dienaars
van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande
maar lewer hulle oor in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in
MY, YAHUVEH se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie maar laat EK, YAHUVEH,
wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH, sal al julle verworpeling vyande se verstand,
liggaam, gees en siel, fymaal. Daar sal niks oor wees nie behalwe die geluid van
krakende bene wanneer EK, YAHUVEH, klaar is met hulle op aarde. Enige vyand van
die Bruid van YAHUSHUA is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH. Sommige van hierdie vyande proklameer die naam van Jesus Christus en tog
is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Hulle is werkers van onheil,
wat net hulself flous.
Sommige wat hierdie lees sal sê, "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê vir
julle dit; julle dade spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA
aanbid, bemin en bewonder MY en MY Seun YAHUSHUA (bemin ons bo al die ander),
verlangend na ons wil in hulle lewens en bid hoe om ONS te dien en ONS te
behaag, hoe om 'n glimlag op die gesig te sit van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle
weier om ‘n kompromie aan te gaan; hulle weier om satan se leuens te glo. Die
Bruid van YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam soos uitgestippel in die
Heilige Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe Heilige lewens want hulle
is Heilig. Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA terwyl hulle MY Sabbat hou en
eer en die Heilige Feeste beskou as 'n seën, en hulle vier en YAHUSHUA MESSIAS
hulle Bruidegom erken in almal van hulle.
Van hierdie dag af vorentoe beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van
nuuts, om die Fees van Purim te vier en vrolik te wees. Vier fees en loof MY vir
die verlossing van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloedlyn van YAHUSHUA
voortgekom het? Daar sou nie enige Hebreërs op die aangesig van die aarde oor
gewees het as Haman geslaag het nie. Wat Haman eenkeer probeer doen het sal weer
gepoog word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en
gelowiges in YAHUSHUA. Daardie selfde Gees het weer gekom deur die Gees van
Hitler, so sal dit weer gedoen word, wanneer die seun van verderf kom, wie die
seun van satan is. Bruid van YAHUSHUA, bestudeer die boek van Ester.
Bruid van YAHUSHUA, wees weer verbly, EK, YAHUVEH, sê wees bly. Hierdie is die
Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor
julle vyande, die verworpelinge en heidene nie. Want diegene wat MY Seun
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet, dien en gehoorsaam, julle is gered en
gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA en julle is nie bestem vir MY woede
nie, maar in plaas daarvan sal julle geseën word as julle maar net, in geloof,
glo julle sal jul Jubeljaar ontvang.
Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met broos, sieklike of verouderde
liggame wat oud geword het voor hul tyd, as gevolg van konstante fisiese,
emosionele, geestelike aanvalle en aanslae van satan se dienskneg kinders of
demoniese geeste. Julle vyande het julle uitgemergel fisies en verstandelik tog
geestelik hou julle aan groei en word sterker in YAHUSHUA se Naam en deur SY
gestorte Bloed by Golgota.
Wees bly Bruid van YAHUSHUA baie binnekort nou sal julle weggevoer word om
YAHUSHUA lewendig te ontmoet in die lug en julle liggame sal verander word in 'n
oomblik, in ‘n oogwink. En wanneer julle terugkom, sal julle nie meer verhinder
word in brose aardse werktuie van klei nie, maar in plaas daarvan bonatuurlik in
krag, jeuglike voorkoms en gesond op elke manier. Niks sal ontmoontlik wees vir
julle nie.
Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon. As julle kos wil eet kan julle
eet soveel as wat julle wil tog is kos nie dit wat julle voeding sal gee nie. In
plaas daarvan sal die salwing van die RUACH ha KODESH julle voed. Elke
Geestelike Woord wat uit jul mond kom deur die Heilige Skrifte sal julle voed.
Matheus 4:4
Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe
nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.
Lukas 4:4
Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van
brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.
As julle wil slaap kan julle, maar slaap sal nie nodig wees om julle kragte te
herwin nie.
Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die
arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Geen tronk tralies sal julle binne hou nie; geen deure sal julle verhinder om te
gaan waarheen EK vir julle sê om te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar
kan wees soos julle dit wil hê; julle kan verskeie vorms aanneem soos julle dit
wil. Geen afstand sal onmoontlik wees nie selfs al is dit Hemel toe of 'n ander
planeet of na die uit-eindes van die wêreld of selfs die maan. Dit sal so maklik
wees as om te dink aan 'n plek en julle sal arriveer. Geen man, vrou, demoon,
nie eens satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waarheen YAHUVEH en
YAHUSHUA vir julle sê om te gaan nie.
Johannes 20:19
En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die
dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom
en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
Julle sal wees soos Elia en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame
hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie behalwe vir MY Twee Getuies
tydens daardie skriftuurlike tyd deur 'n bonatuurlike wapen uit die bodemlose
put geïnspireer deur satan. Maar 3 en 1/2 dae later sal MY Twee Getuies weer
lewe in daardie Verheerlikte Liggaam en sal opgeneem word om by YAHUSHUA ha
MASHIACH die Bruidegom te wees.
Geliefde kinders, moenie vermoeid raak in goed doen en in gehoorsaamheid aan MY,
YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA nie hetsy julle die Bruid is of die Gaste.
Geseënd is al diegene wat genooi is na die Bruilof Fees van die Lam. Soos julle
sien, die bose groei met rasse skrede. Dit bespoedig net YAHUSHUA se wederkoms.
Terwyl julle die onheilige ryk en beroemdes sien wat blote mans en vrouens is
wat niks meer as illusies is nie, afgode van hierdie wêreld wat vergeet hulle
liggame is maar net van stof gemaak in MY hande en in MY tydsberekening sal EK
hulle klei liggame terugstuur tot stof weereens. Tog sal hulle geestelike
liggame ly vir ewig in die Hel en dan in die Poel van Vuur vir die sondes wat
hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So beny hulle nie.
Moenie mislei word nie, want daar is ‘n ewige prys om te betaal wanneer julle
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH bespot. Dit is soos om 'n naald te probeer steek in MY,
YAHUVEH se oog en EK sal vergeld. En EK sal hulle fynmaal onder MY voete
maalvleis maak van hulle lewens tot en met hulle laaste asem op hierdie aarde.
Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede voel in die Hel en die
Poel van Vuur. EK, YAHUVEH, verdedig MY Seun YAHUSHUA se Bruid die verloste
verseëldes op 'n manier wat EK nog nie vantevore gedoen het nie.
Want dit is op hierdie bestemde eindtyd en uur op 14 Januarie 2006, waar EK vir
Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] wakker gemaak het en vir haar gesê het nadat
'n menslike vyand wou kom vir haar terwyl sy geslaap het pogend om haar dood te
maak deur die geestes ryk, om te bid tot MY en MY te vra om haar verworpeling
vyande te stuur na MY Parskuip van woede ook genoem MY Vleismeule. EK het haar
gesalf gedurende gebed saam met haar [huishouding] nie net vir hulle nie, maar
vir die ganse ware Bruid van YAHUSHUA hulle het ook outoriteit om MY te vra om
dieselfde te doen.
Genoeg is genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA is nie bedoel om ondervoet vertrap te
word deur die dienskneg kinders van satan nie. EK, YAHUVEH, gee hierdie nuwe
salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienskneg kinders van satan en die bruid
van satan, wat die Bruid van YAHUSHUA aanval, sal die vloeke van Deuteronomium
28 'n duisendvoudig maai en hulle dra soos 'n tweede vel. Hulle sal weeklaag in
sielesmart en sê, “As dit nie was vir slegte geluk nie, het ons hoegenaamd geen
geluk gehad nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA
onder MY voete vertrap en julle bloed sal vloei soos ‘n karmosyn rivier terwyl
EK, YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA in die parskuip van MY woede
insit.
Lede van die Bruid van YAHUSHUA, julle was 'n unieke salwing gegee. EK gee
hierdie salwing aan vir julle, deur YAHUSHUA se “Ringmaiden” Elisabeth Elijah
[Elisheva Eliyahu] dit te laat voortspreek deur gesalfde gebede en geskrewe
woorde. Lede van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe
outoriteit onverskrokke te glo en te ontvang wat EK, YAHUVEH, vir julle gee sal
EK julle onverskrokke verlos van julle en MY vyande op 'n manier wat julle nog
nie voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK die
demone wat julle teister, nie sal stuur in YAHUVEH se vleismeule in nie wat die
parskuip van MY woede is, waar EK hulle tot niet sal maak.
Bruid van YAHUSHUA, EK gee vir julle hierdie nuwe outoriteit en nuwe salwing
hierdie dag wanneer julle MY vra in YAHUSHUA se Naam nie net ter wille van julle
gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael. Hoeveel sal kies om
hierdie standaard te aanvaar teen die bose in hierdie wêreld? Dit is julle
keuse. Dit is alleenlik gereserveer vir die Bruid van YAHUSHUA. Alle ander wat
hiervoor bid sal geweier word.
Aanstootlik vir sommiges wat weier om te luister, ophelderend vir ander wie die
stem hoor van YAHUVEH.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * *
Elisabeth (Elisheva): Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom. Julle
weet 'n Profeet is iemand wat YAHUVEH met SY Geheime vertrou maar dit sou niks
baat om hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek veronderstel is
om hierdie met diegene te deel wat waarlik, waarlik daarna strewe om ons
Geliefde YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha
KODESH, ons IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag.
Ek het hierdie droom gehad (twee maal) agtermekaar en ek het dieselfde ding
gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie
ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos in Amerika waar ons
volgens die alfabet gradeer, A, B, C, D, E, F, nie Nee, HY het 'n hoër graad
waarvolgens HY gradeer en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer
eerstens persentasiegewys, volgens die persentasie tyd wat ons HOM gehoorsaam,
volgens die gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit
weer sê : Volgens ons prestasie, volgens hoe vinnig ons optree en die houding
wat ons openbaar wanneer ons vir HOM optree, wanneer ons HOM dien, wanneer ons
gehoorsaam.
Julle sien, ons word gegradeer op ons verslagkaarte, en my hand begin bewe, deur
ons gehoorsaamheid. Al drie van hulle gesamentlik. HY neem daardie telling en HY
neem 'n persentasie en twee keer, agtermekaar het ek [‘n] Verslagkaart gesien.
Dit was 93% Ek glo dat die Bruid hier-uit weggeraap word, want net soos Henog en
ek was herinner hieraan en 'n Woord het begin voortkom omdat ek probeer het om
alles te snap wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe weet ek hy het
100% gehad? Want Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem. Hy het die dood nie gesien
nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag]
HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% verwag Bruid! Ons is nie hier weg nie voordat ons
100% bereik nie! So.....elke keer wanneer ek 'n Boodskap ontvang dat die Bruid
nog nie gereed is nie, probeer ons om ons punte-telling te verbeter. Terwyl ek
hierdie bepeins het, en deel van my graad, ek het nie my Verslagkaart gesien
nie, maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n droom sal
voortspreek, selfs al dink ek dat dit iets is wat ek dink iemand nie ingenome
mee gaan wees nie.
Ons sal nie 100% kry nie voordat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy
weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.
Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen."
Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat
ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp,
maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit
doen” (wrewelrig). Raai wat mense, julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit
wil sê ons moet dit opgeruimd doen soos vir die Here.
Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle
gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle
sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n
plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie
regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees. Dit
is wat ons 24 uur per dag doen. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH te
dien, om SY Skape en Lammers te voed.
Hierdie webwerf gee julle nie net woorde alleen nie, en dit is nie net mooi om
na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig meer te
doen as wat julle selfs voor vra en julle het die prag daarvan. Selfs vir
diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister na
die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons
probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te
doen wat HY mý beveel het om te doen.
Byna 14 jaar gelede, toe ek die eerste keer op die Internet gekom het, voor die
hele wêreld, waar HY my genoem het 'n "Profeet vir die uithoeke van die aarde –
voordat ek HOM gedien het, maar dit was nie [soos dit nie] – toe ek op daardie
Internet gekom het [is dit wat] dit geword het. Dit is toe dat HY gesê het ek
moet hierdie verharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig.
OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan
julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid
nie. My verantwoordelikheid is toe HY my 'n droom gegee het en vir my gesê het,
en HY het hoorbaar met my gepraat en vir my gesê, "Voed MY skape." So, ons doen
die beste wat ons kan om julle te vermaak sowel as om julle in te lig. Maar hoe
min van julle wys selfs julle waardering, maar dit maak regtig nie saak nie,
want ons graad van optrede word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons graad van
optrede word vanaf die Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH en ek dank
U. U het tweekeer vir my die droom gegee en U het gesê U gaan selfs my optrede
gradeer oor hoe vinnig ek die droom sou vertel.
Die elementêre dinge–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê] “Goed
jy het tot hier gevorder. Nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”
So wanneer YAHUVEH sê, "Gaan jy [mens] gehoorsaam of gaan jy MY gehoorsaam?" sê
ek vir julle dat ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is 100% Bruid.
Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds hier daarom
weet ek dit is nog nie 100% nie.
[Elisabeth (Elisheva) praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U,
dank U vir daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand,
niemand, niemand het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit
vir U mense te gee, om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle
verlang en verwag.
Profetiese Woord Begin:
O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, eers toe julle vir YAHUSHUA julle
geliefde MASHIACH, in julle harte, in julle lewens aanvaar en HOM eerste in
julle liefde plaas, spring julle weg deur te strewe om die Tien Gebooie, die
Tien Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees
julle Heilig soos EK Heilig is."
Dit is waarna julle elke dag strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is
dit asof julle in julle aardse opleidingskollege kom vir julle Meestersgraad,
want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle aan wie daardie
Hemelse diploma op daardie dag oorhandig word, dit is wanneer julle vir MY soos
‘n Henog sal wees en julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet.
Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK
gradeer persentasiegewys, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig
julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar met watter
gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam én
die graad van die uitvoering, hoe volkome julle MY gehoorsaam.
Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir
julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer
EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun, gee julle vir hulle slegs
die oorskiet kleingeld, asof julle vir 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie gee?
Maak julle seker dat die profete wat julle bedien, wat julle voed, gevoed en
gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly slegs in
een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê om aan te beweeg. Weet julle hoe baie
kere moes hulle alles agterlaat? Hoe baie van julle sal so 'n lewe kan lei? Hoe
baie sal gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agter te laat in 'n
land wat hulle nooit weer sal sien nie, omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit sal
nie deur MY Hand wees dat hulle ooit terug sal keer nie. Elkeen, elkeen, elkeen,
wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Eniggebore Seun
van YAHUVEH noem, moet elke dag daarna strewe om MY, YAHUVEH te behaag.
Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een
begeerte gehad, dat HY MY, YAHUVEH behaag. HY het julle konstant daaraan
herinner dat die dinge wat HY gedoen het, het HY gedoen om MY, YAHUVEH te
behaag. Dit is wat MY Bruid doen. Dit is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die
nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool, maar net soos 'n
kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so moet julle ook daarna
strewe.
Onthou vir Henog. Vra MY. Wees eerlik met MY en EK sal vir julle jul
persentasiegraad wys. Dit is nie sodat julle opgepof kan raak met trots nie,
want niemand, niemand, niemand, nie eers die “Ringmaiden” wat hier praat, het al
100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Eniggebore Seun sê, "Gaan haal JOU
Bruid," sal hulle wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet, daardie
dag weet, hulle het 100% MY tevredenheid bereik.
Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net met hulle laaste
asem in die Hemel sal kom. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien
Gebooie te onderhou, om op daardie manier Heilig voor MY te leef. Hulle sal op
daardie dag in die Paradys wees. Maar julle sien, daar is vlakke in die Hemel en
die Bruid se sielsbegeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer te
kom. Hulle is die 100% presteerders.
EK oordeel julle volgens die persentasie van die tyd wat julle MY gehoorsaam,
weereens hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Gee julle MY julle beste? Of kom julle
net-net by? Ag, hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels vir MY gooi.
Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel julle hart. Ek luister nie net na julle mond
nie, EK weet wanneer julle teësinnig iets vir MY doen of wanneer julle vrolik
is. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers vir hierdie Bediening te
wees, julle het begin as 'n vriend tot hierdie Bediening. Julle het gebid en as
nuwe bekeerlinge het julle gebid en gebid en wou YAHUSHUA meer en meer elke dag
behaag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help,
wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee my 'n werk ABBA
YAHUVEH. Maak my lewe die moeite werd." Derhalwe het EK vir julle 'n werk gegee.
Ek praat met die een wat voorheen die briewe van hierdie Bediening hanteer het.
Ek het vir jou 'n taak gegee. Jy het met vreugde begin. Jy het begin asof jy nie
genoeg kon doen nie, om bewus te wees daarvan dat die briewe aangestuur moet
word is ‘n werk, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Hulle wat die briewe
hanteer, hulle wat die finansies hanteer word deeglik beproef. Hulle wat aangesê
word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word
deeglik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die taak
wat EK jou gegee het om te doen?
Sommige het gesteel, die mense wie EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê het dat sy
hulle kon vertrou, het verraad gepleeg, want op die tydstip wanneer EK dit
spreek, kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar EK
het vir haar gesê diegene in haar huishouding kan ten volle vertrou word. Julle
ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige
Gebedsvegters Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, op hulle kan daar
staatgemaak word om te vas en te bid, om Heilig voor MY te lewe, hulle kan
huidiglik vertrou word.
O hoe baie rou EK oor hulle wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n
werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir
hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle
begin met die regte gesindheid en dan word die beproewing te swaar en hulle
vlees staan op en hulle gooi die taak terug in MY gesig en hulle verraai hierdie
Bediening weereens. Weet julle nie EK oordeel julle hiervoor nie? EK oordeel
julle einste hart.
Elke keer wat julle daardie brief ter ondersteuning uitskryf, oordeel EK julle
en die persentasie. Wanneer 'n Woord te voorskyn kom wat die vlees aanstoot gee,
net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK julle hart. Bedank julle MY? Bedank
julle die Boodskapper? Plaas julle aksie agter julle woorde? Doen julle enigiets
om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel julle want julle sien, die
Heilige Skrifte sê, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Is
julle bang om julle geliefdes se vlees aanstoot te gee, julle bure se vlees,
vreemdelinge se vlees, meer as wat julle bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee?
Praat julle hard en vrylik teen homoseksualiteit,'n gruwel wat julle
"selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! satan spot MY daardeur!
Verdedig julle die ongeborenes? Staan julle op vir sedelikheid? Vir wie het
julle gedurende die 2008 verkiesings gestem? Gaan julle ‘n kompromie aan met
sonde?
EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle voor
MY Troon staan en die Boek van Lewe is geopen, daar sal julle graad ook wees.
Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom
te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is
om jou graad te hanteer, en as dit jou nie mismoedig maak of jou laat ophou om
te probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe
neer te lê vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy
was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY
Geliefde Seun deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening?
Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou
verantwoordelik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou
vriende, waar hulle die Waarheid kan gaan hoor wat direk uit die Hemel kom?
EK het julle so lief. Vir diegene wie slegs in die laerskool is, julle ABBA
YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle
lewe vir YAHUSHUA julle MASHIACH gegee. Maar julle kan nie in die laerskool stop
nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle
moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe.
Strewe. Strewe daarna om in alle gevalle Heilig te wees want EK verwag meer in
hierdie Eindtye. EK sal julle aan julle vrugte ken. Die ander Heiliges sal julle
aan julle vrugte ken. Deur julle vrugte gradeer EK julle vir die persentasie van
julle vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg.
Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY
beste. Hulle is gestamp en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar
in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie
kneusing gevat, hulle het daardie kneusing terwille van SY Naam gevat en hulle
is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.
En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. Ag,
maar julle gestamp en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14
Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die
Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe
julle elke dag daarna om dit te wees.
Derhalwe, deel EK nou hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit
vrygestel het nie. So, loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit
hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen dit nie om een met 'n
ander te vergelyk nie, want as EK dink julle sal opgepof word met trots, want
EK, YAHUVEH ken julle hart en gedagte, sal EK nie vir julle vertel nie. As EK
dink dit sal gebruik word om jou deur satan in die grond in te slaan en as julle
nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK julle nie vertel nie. Maar julle
het niks om te verloor nie, vra MY net.
Onthou dit, almal van julle wat aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY
Eniggebore Seun behoort, is almal ‘n produk in wording. Julle almal bewerk jul
pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg, maar dit is nie
julle werke wat julle in die Hemel bring nie, buiten om die Tien Wette te
gehoorsaam, dit is YAHUSHUA se werk op Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir
julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die
Hemel bring sodat geen mens kan roem nie.
Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK dit noem, is nie vir
julle om oor te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is volgens die
graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur
julle te werk dat julle gegradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan
onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste
graadgemiddelde is wat julle kan bereik, sal EK julle in die Paradys sien, die
eerste vlak van die Hemel.
Dit is waar die dief wat op Golgota bely het, heengegaan het. Dit is hoekom
YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY
gedoen behalwe dat hy YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun as die Seun van YAHUVEH erken
het nie en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom in die
Paradys ontmoet. Maar hy was die eerste een wat bely het voor YAHUSHUA opgevaar
het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan
herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal
maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die
Paradys.
Derhalwe MY Geliefdes, wees aangemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH julle
gradeer en EK ken julle aan julle vrugte. Aan die vrugte van hierdie Bediening,
weet julle dit, want julle weet dit was vir julle 'n seën en EK het hierdie dag
vir julle vars manna vanuit die Hemel gegee om te eet en nuwe wyn in julle
uitgestort en julle het goeie vrugte geëet, vir hulle wie waarlik aan MY
Eniggebore Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH behoort. Vir sommige van julle het die
werk pas begin, vir sommige van julle kom julle taak tot 'n einde. Vra vir MY
wat julle graad is en as EK dink julle kan dit hanteer, sal EK vir julle vertel.
Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n dissipel van YAHUSHUA
kon word, wie geglo het hy was waardig om die Dissipel van YAHUSHUA te wees.
YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het (en gee dit) aan
die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het na hierdie
rykman se hart gekyk want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter
as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiële dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie
gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie en hy het
hartseer weggegaan, want 'n mens kan nie twee here dien nie, hy sal die een haat
en die ander liefhê.
YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was julle
gewillig om alles neer te lê? Toe EK met MY Goddelike Hand huwelike verdeel het
wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gebonde was, wat is julle
gesindheid? EK het dit vir julle eie beswil gedoen omdat hulle hulself gebind
het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger sal dit in die Groot Verdrukking wees,
die Tyd van Jakob se Moeilikhede, waar daardie verraad die ander Heilige een se
lewe sal kos, wat was julle gesindheid? Het julle 'n "Ag ellendige ek,"
gesindheid? Het jy 'n brommende, kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken
jou vrugte, daardeur oordeel EK jou.
Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webbladsy “Five Doves”,
hoeveel skade het julle berokken en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou
julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel
vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en
julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so
opgepof met trots.
Julle sê, "Voordat verwoesting oor Amerika gaan gebeur, voordat enige oorlog kan
uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees
want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die
ganse aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas,
dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY Seun YAHUSHUA,
Amerikaners meer liefhet as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie
idees vandaan?
In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en
misleidende gees het uit jou droom, jou visie, jou openbaring, gespreek,” waar
was die bestraffing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestraffing vir Jim
Bramlett? En al die ander wie valslik gespreek het? Wat is fout Jim? Jy wou dit
nie plaas nie. Jy wou dit nie erken nie. Hoe baie is teneergedruk? Hoeveel was
verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was?
Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik op “Five Doves”,
om in die laerskool te wees is nie genoeg nie, noem dit grammatika,
kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand slegs YAHUSHUA aanvaar is
hulle in voorskool. Hulle het nog nie eers begin om die Tien Wette te gehoorsaam
nie, tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee
'n datum wat nie kom nie.
Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die
Waarheid uitspreek en nie bang is om enige man of vrou aanstoot te gee nie.
Julle moet Heilig lewe. Julle moet Heilig wees. Julle moet daarna strewe om
Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.
Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan en dink julle sal nie inval
nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so
opgeblaas met trots, julle dink oorlog sal nooit na julle kuslyn toe kom nie.
Julle sê, “Ek is die grootste nasie!" Maar EK kyk na julle, o, Amerika, EK kyk
na die een wat julle so pas as president verkies het en dit was nie deur MY hand
nie, maar EK het julle keuse toegelaat omdat die een wat julle gekies het, die
gees in Amerika openbaar en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE
OMVANG VAN DIE STANK VAN SONDE!
En Amerika, julle wie eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, julle wie
eens teen die diktators van hierdie wêreld gestaan het, julle het nou sopas vir
julleself 'n diktator van diktators gekies. Julle het self sopas 'n president
verkies wie vir alles staan wat EK haat!
Geniet julle ondergang Amerika. Huil en treur, O Amerika. Ag, julle kerke, wat
Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimsinniges, sal
nou die Withuis vul. EK het deur hierdie “Ringmaiden” geprofeteer. EK het julle
gewaarsku oor die bose geheimsinniges. (Lees Profesie 51 oor die bose
geheimsinniges). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisabeth [Elisheva])
toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimsinniges? Watse bose geheime?” EK
vertel nie vir haar alles nie want dit is lank vooruit geprofeteer voordat die
geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is
slegs een weg Hemel toe. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se
Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle
vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey
se goedkeuring oor ‘n valse nuwe evangelie genaamd “The Secret”)
Julle moet liewer wegkruip want die een wat so pas verkies is tot president vat
daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle
sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies het, en selfs
diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, julle het
deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie,
wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê....
Julle sal sien hoe dit is om onder 'n diktatorskap te lewe. In die vorige
verkiesings het EK vir julle gesê dat Bush die kleinste van twee booshede was.
EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore ingekom het. Die doodskampe vir
die Christene sou gevul wees, maar EK het vir Amerika meer tyd gegee.
EK het die U.K. (Verenigde Koninkryk) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor
Harry Potter. Die toordery het nou versprei, nie net in huise nie, maar in
nasies. Ek waarsku voordat EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie?
Hoeveel van julle wie julself Christene noem, lees nogsteeds die Harry Potter
boeke vir julle kinders? So, moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie
en die ergste sonde in julle kinders, die tingerigste van die kleintjies, sien
manifesteer nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer
julle sien verwoesting kom oor julle nasie omdat julle nie opstaan vir
Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en EK ken julle aan julle vrugte. Aan
elke nasie, aan elke leier, EK ken julle. Hoeveel is net nikswerd, vrot stank in
MY neusgate!
Aan die wat MY gehoorsaam, aan die wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde
RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste in julle lewe en julle liefde plaas,
moenie stilbly nie.
Hulle (Homoseksualiste, Lesbiëns en ander) marsjeer en betoog in die strate en
sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te
word as lesbiëns en gays. Dit is ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders wat
daardie Konstitusie geskryf het, het nooit dit bedoel nie. In MY oë het julle
geen regte nie! Julle wie dit bevorder is 'n gruwel! Julle sal dieselfde lot hê
as 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede wat ook vernietig was. Julle het
geen regte nie, behalwe die hel indien julle nie berou nie. EK oordeel julle aan
julle vrugte. EK ken julle aan julle vrugte.
Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om
te praat teen hierdie afgryslikheid! Vir julle wat dit gedoen het en teen
aborsie gestaan het, EK sal ekstra genade oor julle hê. Want weet julle nie; vir
elke baba wat geaborteer word, word dit gedoen as 'n offer aan satan! Dit word
voor die voete van Molok gelê! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige
bloed word gestort! Daar is niks onskuldiger as die ongeborenes nie! Vir die van
julle wat dit gedoen het, vir die van julle wie dit toelaat, as julle nie berou
en wegdraai van hierdie boosheid nie, sal julle tot in ewigheid die geskreeu van
die onskuldiges hoor terwyl hulle in die moederskoot vermoor was!
EK, YAHUVEH het hulle stil geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY.
Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wie opstaan en sê, “Die vrou het
die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As
julle nie gehoereer het nie, sou dit nie gebeur het nie! Dit is julle, julle
moeders wat die keuse het! Dit is julle, wie julleself vaders noem, wat 'n keuse
gehad het!
Lees weer die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moord
by die ongeborenes sou begin, met die om hulle níé mense te noem nie. Waar is
hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is
hulle reg om te lewe? Hoekom het julle dit weggevat? Hoekom moes julle 'n
president kies wat een stap verder neem in hierdie gruwel en gedoen het wat
niemand voorheen gewaag het om te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie
oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moenie dit
aanraak nie, laat dit ly in pyn en laat dit sterf.”
Dit is die hart van die een wat julle as president verkies het. Wat dink julle
sal met julle gebeur? Huil, O treur, O Amerika, want julle het so pas julle
ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van
julle wie huil en treur, wie weet dit is nie Amerika se beste uur nie, bid en
vra MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voordat die gruwel
Amerika oorval, want Amerika, EK ken jou vrugte! Aan jou vrugte, O Amerika, sal
EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Dit is die tyd
waarin kwaad, goed genoem word, en goed, kwaad genoem word.
En nou eindig EK dit deur met MY Geliefde Kinders te praat. EK sluit nou af en
praat met YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag daarna om
beter grade met MY te maak. Strewe elke dag daarna om MY, YAHUVEH, te behaag
sodat julle dieselfde Getuienis as Henog kan hê. En dit word slegs gedoen deur
die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun. Pasop vir enigiemand wat
net die Naam JESUS sê en homself nou 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê
het dat daar nog steeds vergifnis, genesing, verlossing, opstandingskrag is in
die Naam van JESUS CHRISTUS, wees versigtig en maak seker julle weet van watter
Jesus hulle praat. Dit is hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê, wat nou met
julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Eniggebore Seun, gebore uit 'n
maagd, wat gesterf en weer op die derde dag opgestaan het, die enigste losprys
vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is dié YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander
nie! En die enigste weg na die Hemel, is slegs, slegs, slegs deur SY Naam en
Bloed, die enigste weg na die Hemel! So, moenie na enigeen luister wat vir julle
anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Deur na 'n ander
evangelie te luister sal julle hel toe gelei word. (Oprah Winfrey se evangelie).
So het EK weereens op hierdie dag deur MY “Ringmaiden” gespreek. Wat jy met
hierdie Woord doen, hang van jou af. Weet net dat julle geoordeel sal word want
EK ken en onderskei jul hart selfs terwyl julle gelees en jul gehoor het. Is jy
meer as ooit gedetermineerd om MY te behaag? Of sal jy jou hande wanhopig in die
lug opgooi? EK ken jou vrugte. Dit is waarop EK julle gradeer. EK ken julle
vrugte. Dit is of julle sal weet dat julle Hemel toe of hel toe gaan. Hierdie is
‘n nuwe dag vir baie van julle omdat julle oë oopgegaan het en nou weet julle
wat MY, YAHUVEH behaag.
Einde van Woord.
Elisabeth [Elisheva]: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde uit te
spreek. Dank U omdat U vir my hierdie droom kort na mekaar gegee het. Dank U dat
U my vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U
ABBA YAHUVEH. Dank U. Vir die Glorie van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U
Eniggebore SEUN, is ons geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons loof
U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons asseblief om
hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense opstaan. Laat
hulle 'n hulp vir hierdie Bediening wees en nie langer 'n hindernis nie. O, ABBA
YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons het hulle
nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig. Ons het
hulle liefde nodig. Ons het hulle aanmoediging nodig. Ons is geëerd om U te dien
ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening met U Waarhede vertrou. Dank
U. Dank U.
Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
9 November 2008
1Thes 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke
weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die
Meester wees
Jes 40:31 Maar die wat op Yahuveh wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels
soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie
mat nie
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en
daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos
kalwers uit die stal.
Matteus 25:1-13
1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan
die slaap geraak.
6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê" Miskien sal daar nie genoeg wees vir
ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat
gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.
Judas 1:14-15
14: En Henog; die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê:
Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisentalle.
15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor
al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat
die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.
Openbaring 3:10
10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in
die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde
op die proef te stel.
Matteus 13
24: 'n Ander gelykenis het HY hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die
Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25: Maar terwyl die mense slaap , het sy vyand gekom en onkruid onder die koring
gesaai en weggegaan.
26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid
ook.
27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het
u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die
diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?
29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid
bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die
maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te
verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy
koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid
beoefen.
42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.
Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word
en van elke soort bymekaarbring;
48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en
maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal
uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.
50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
Matteus 20
8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter:
Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by
die eerstes.
9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius
ontvang.
10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook
elkeen 'n dinarius ontvang.
11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer
12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel
met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan
nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?
14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net
soos aan jou.
15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou
oog verkeerd, omdat ek goed is?
16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want
baie is geroep, maar min uitverkies
Matteus 21
40: Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie
landbouers doen:
41: Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat
sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die
regte tyd sal gee.
42: Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen
wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here
gekom en is wonderbaar in ons oë?
43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohiem sal van julle weggeneem en
aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy
val, daardie een sal hy vermorsel.
Matteus 22
1: En Yahushua het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:
2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun
berei het
3: en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en
hulle wou nie kom nie.
4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die
genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag
en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk
land en 'n ander na sy handelsaak.
6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en
daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die
genooides was dit nie werd nie.
9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat
hulle gevind het; slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste
geword.
11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie
'n bruilofskleed aan het nie.
12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed
aan? En hy kon geen woord sê nie.
13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en
werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale:
Markus : 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal
hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat..
Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in
ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot
dade van Elohiem praat.
Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohiem groot maak.
Toe het Petrus begin praat.
Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle
gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer.
1 Kor 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n
ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerlei tale, aan ‘n ander
uitleg van tale.
1 Kor 12:28 En Elohiem het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek
apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna
genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.
1 Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale,
kan almal dit uitlê?
1 Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die
liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
1 Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle
profeteer. want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet
dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
1 Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut
sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur
kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?
1 Kor 14:18 Ek dank my Elohiem dat ek meer in tale praat as julle almal;
1 Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur
ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na MY nie luister nie,
sê Yahuveh.
1 Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die
ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die
gelowiges.
1 Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in
tale praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat
julle kranksinnig is nie?
1 Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat
daar in tale gepraat word nie.