Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
19 Maart, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Moenie die gawes verhinder wat EK aan jou gegee het nie, baie is geroep, min is
uitverkies. Gideon se troepe was geroep, maar min was uitverkies. EK jou Vader
YAHUVEH het hulle uitgesif. MY Geliefde, so spreek YAHUVEH, weet dat, EK jou nie
geroep het om te misluk nie, maar om te slaag in MY NAAM. EK begin nie 'n goeie
werk en maak dit dan nie klaar nie. Hierdie roeping is nie uit jou nie maar uit
MY. Sê MY Woord nie, "EK kies die swakkes sodat MY krag geopenbaar kan word" nie?
Almal sal weet dit is nie jy wat bedien nie maar EK wat bedien deur gesalfde
werktuie van klei. Sherrie [Elisheva Sherrie] kan nie en neem nie die krediet
vir enigiets wat sy vir MY doen nie, want sy weet dit is nie uit haarself nie
maar uit MY. Sy weet dat EK nou voortspreek tot julle deur haar. Die dokters wat
verstand-manipulasie praktiseer sal sê dit is 'n geestesversteuring, maar om
jouself oor te gee aan die een wie jou mond, emosies en verstand aan jou gegee
het, is nie 'n geestesversteuring nie.
Maar deur die erkening of selfs deur net te glo dat YAHUVEH deur 'n persoon kan
praat, dink dokters dat dit geestelike versteurdheid is. Daar sou geen Bybel
gewees het indien hulle daarin sou slaag om MY Dissipels hiervan te oortuig nie.
Ja, daar is ‘n nabootsing en hierdie mense is geestelik siek maar MY Profete is
nie een van hulle nie. satan veroorsaak geestesversteurings en die
geestesversteurdes het bevryding nodig. Sou hulle nie aantygings van
selfmoordneigings gemaak het oor Petrus wat op die water geloop het nie?
Grootheidswaan. Die drie Hebreeuse kinders, sou hulle nie gesê het dat die
Hebreeuse kinders wat in die gloeiende vuuroond gegooi was 'n martelaarskompleks
en selfmoord geeste gehad het nie?
Maar die vlees is altyd in ‘n oorlog teen die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)
binne-in julle. Julle moet die vlees oorwin om te kan bedien. Julle kan slaag as
julle dit doen in MY Naam. Maar daar is altyd 'n oorlog. Na elke Profesie moet
die Profeet veg teen sy vlees. Terwyl dit opruk en sê wie dink jy is jy om met
YAHUVEH se mense te praat en te sê dat HY dit spreek? As dit nie met MY Profete
gebeur nie en hulle erken nie hierdie geveg nie, dan spreek EK nie voort deur
hulle nie.
‘n Gewiste teken dat MY Gees deur 'n persoon gepraat of geskryf het is as hulle
daardie stem teëkom wat veroorsaak dat hulle wonder is dit regtig U YAHUVEH? Die
een wat nou aan julle skryf, julle suster het voortdurend hierdie geveg want sy
voel onwaardig om op hierdie manier gebruik te word. EK moet haar herinner soos
EK ander sal herinner deur te sorg dat hierdie gedeel word met ander, dink jy
regtig jy kan so pragtig en vol salwingskrag praat? Dink jy regtig jy het so
baie wysheid? Dan moet MY Ware Profete altyd sê, “U is reg, dit kan nie ek wees
nie.” Dink jy regtig jy het hierdie tipe waagmoed?
Sê dan, “Vergewe my, Hemelse Vader dit moet U wees, want ek kan nie, ook sou ek
nie begeer om so iets te doen as om te sê, so spreek YAHUVEH wanneer dit nie
waar is nie.” Dit is die merk van 'n ware profeet; hulle betwyfel die vlees,
maar het vertroue in die RUACH ha KODESH wat hulle gebruik. Hulle weet hulle kan
niks doen of begeer om niks te doen sonder dat die RUACH ha KODESH hulle salf om
dit te doen nie. Hou op om die gawes te vrees wat EK vir jou gegee het. EK sal
jou nie dwing om MY skape te voed nie en jy sal nog steeds Hemel toe gaan, maar
jou belonings sal nie so groot wees nie en EK sal 'n ander oprig om die plek te
vul waar jy moes gewees het. Daar is siele wat wag dat jy hul moet bedien.
Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Weereens spreek EK die bevestiging
voort, maar moenie aanhou om MY te toets, vir dit wat alreeds bevestig is nie.
Tyd is min. MY koms is spoedig. Doen wat jy vir MY moet doen nou, nie later nie.
Nou is wanneer EK MY Bedienaars, MY Vegters nodig het. Nou is wanneer EK diegene
nodig het wat gekies is om die oes van siele in te bring. Nou is wanneer EK
julle nodig het om vissers van manne en vroue te wees. Nou is wanneer EK MY
Profete nodig het om voort te spreek.
Nou is wanneer EK die evangeliste, Geeste soos Johannes die Doper nodig het om
na vore te kom. Nou is die tyd van redding, môre mag dalk te laat wees. So baie
van die geroepenes wag tot môre totdat omstandighede net reg is vir hulle. Tog
breek môre en die regte omstandighede nooit vir hulle aan nie. Word wakker,
hierdie is 'n skelmstreek van die vyand.
'n Ander skelmstreek is, "Ek is nie waardig om die Evangelie van YAHUSHUA te
verkondig nie, ek het te veel probleme. Ek het 'n verlede wat my in die skande
steek, U kan my nie gebruik nie". WORD WAKKER, EK is die een wat kies wie MY
moet dien. Nie jy nie. Het EK nie vir Paulus (Shaul) gekies om MY op 'n magtige
manier te dien nie en hy was 'n moordenaar van duisende Christene? Wat ‘n erger
verlede kon hy hê? Nogtans het EK daardie verlede gevat en dit gebruik tot MY
Lof, Eer en Heerlikheid. Wat satan bestem het vir onheil het EK omgeswaai vir
jou ten goede. Dit is wat EK doen; EK roep nie mense in die bediening in wat nie
gely het nie. Hulle sou nie met MY lydende kinders identifiseer nie. Jy weet nie
hoe seer 'n wond is, totdat jyself verwond was nie.
Wie des te beter is daar om die gewonde skape te versorg as iemand wat die pyn
geken het? Jy sal nie weet hoe om iemand uit sonde te bring en na die voet van
Golgota se Kruis, as jy nie self iets gehad het waarmee jy met hulle kon
identifiseer nie. 'n Sondaar gered deur genade. Hoe kan jy die teruggevallenes
bedien as jy nie self op een of ander tydstip gedink het dat jy jou geloof in MY
verloor het nie? Jou grootste swakheid sal EK jou grootste sterkpunte maak, want
EK sal daardie swakheid gebruik en jou help om dit te oorkom, en die werklikheid
van YAHUSHUA bewys. As EK bevestig dat jy gekies is moenie daar staan en MY
bevraagteken, "Hoekom ek?" nie. Weet net, EK is die groot “EK IS” en EK maak nie
foute nie. Dit is steeds jou keuse of jy gehoorsaam wil wees. Maar jy sal
misrabel wees en altyd daarvan bewus wees dat jy MY roeping op jou lewe
verontagsaam het indien jy dit weier.
Dit is hoekom EK gesê het, "Baie is geroep en min is uitverkies." Wat sal jy
kies om te wees? EK weet reeds wat jy gekies het. Sê MY Woord nie dat diegene
wat hul hand aan die ploeg slaan en omkyk, nie geskik is nie? Slaan jou hand aan
die ploeg; los jou verlede by die voet van die Kruis van Golgota. EK het die
dinge wat gebeur het toegelaat om jou sterker te maak vir MY, nie swakker nie.
Want jy het 'n getuienis wat van goud gemaak is nie brons nie. Gebruik dit om
siele na MY toe te bring, gebruik dit om Lof, Eer en Heerlikheid aan MY te
bring.
EK jou Meester YAHUSHUA ha MASHIACH kom gouer terug as wat jy dink. Terwyl die
boosheid hewiger word in hierdie wêreld, en die bose pronk met hul sonde in MY
gesig en sê, "Wat gaan jy daaromtrent doen YAHUSHUA?" EK sal hulle wys wat EK
daaromtrent gaan doen. Soos EK MY Kinders wys, wanneer EK hulle pakslae gee, so
sal EK diegene straf wat MY Gebooie, homoseksualisme, onsedelikheid, en die
Bybel in MY gesig versmaad en dit durf waag om MY te tart. Dit kom, MY wraak kom
na hierdie aarde toe onverdun.
Terwyl hulle die babatjies leer om te sondig en dat MY Woorde nie meer van
toepassing is op vandag nie, gaan hulle op 'n magtige manier boet. EK was slegs
eenmaal die offer Lam; volgende keer kom EK terug as 'n magtige vegter. Maar
eers versamel EK MY Kinders huis toe. MY wraak is gereserveer vir MY vyande nie
vir MY Kinders nie. MY Kinders diegene wat MY liefhet en dien van wie die sondes
gewas is in die gestorte Bloed van Golgota het niks om te vrees nie.
Maar MY vyande sal nooit sulke vrees ken nie. Want dit wat hulle gevrees het sal
oor hulle kom en wat hulle nooit gevrees het nie sal hulle verteer. Terwyl MY
Naam as 'n vloekwoord gebruik word op die luggolwe en alles wat heilig is bespot
word oor die luggolwe, sal EK bewys dat EK Almagtige God is, die groot YAHUVEH
“EK IS” en dit is nie EK Wie gespot en vervloek word nie. Dit is jy wat hierna
luister en nie droefheid voel om dit te hoor nie en jou hart verhard het en dit
toelaat en nie daarteen uitspreek nie. MY Kinders, neem die luggolwe terug in MY
Naam. Julle hoor nie dat Boeddah vervloek word of satan of Mohammed nie.
Maar julle hoor hoe word die naam van Jesus Christus (YAHUSHUA ha MASHIACH)
vervloek. Julle hoor hoe word die God wat julle dien verdoem. Dit is nie God
Almagtig wat verdoem word nie; dit is die een wat hierdie vervloekings oor
hulself uitspreek. Slegs die Bloed van YAHUSHUA sal hulle skoon was van hierdie
sonde.
EK sê vir julle kyk na die vulkane en aardbewings, die skrikbeelde in die lug en
julle sal weet hoe spoedig MY koms is. Aangesien EK daardie een ding beheer wat
die mens nie kan nie en nooit die elemente in die lug en die weer sal beheer nie.
Die mens kan nie die vulkane, aardbewings, sneeu of koue of hitte, tornados,
orkane, oorstromings as gevolg van stortreëns keer nie terwyl boosheid toeneem
in onheil, word die goeie heiliger. EK skei MY Mense nou en MY koms is
onafskeidelik. Doen dit wat julle vir MY gaan doen vinnig.
Die bejaardes behoort liefdevol en met respek behandel te word want hulle is
ouderlinge wat die stoorkamers van vele wysheid is. Hulle is MY skatte op
hierdie aarde, maar hoeveel is vergete, weggesluit, behandel soos ongewenste
vullis? Hulle eie kinders vermoor wettiglik die siekes en gestremdes. Hulle is
'n finansiële las. “Laat die armes sterf, doen weg met welsyn, tot watter nut is
hulle?" Het EK nie gesê, "Die armes sal altyd met julle wees nie?" Maar julle
moes dit wat julle het met hulle gedeel het.
Voed die armes; klee die wat naak is, julle broers en susters. Diegene wat by MY
Naam geroep is, gewas is in MY Bloed en julle gee voor dat julle hul nie
raaksien nie. EK SIEN HULLE! EK HOOR HULLE UITROEPE! EK laat dit toe om te sien
hoeveel gee om. Maar deur die genade van God YAHUVEH daar gaan julle. Julle is
jul broer se hoeder. Wanneer een deel van die liggaam van YAHUSHUA swaarkry, ly
die geheel. Hou op om die pyn te ignoreer.
Soos die moorde op onskuldige babatjies nog in die baarmoeders van hulle moeders
so wreedaardig uitmekaar geskeur word en julle dink omdat hierdie sondige wêreld
dit wettig, is dit wettig vir MY. Selfs vir julle moordenaars in die dodeselle,
probeer julle genadige en vinnige teregstellings uitdink. Die wet gee ten minste
10 jaar meer in sommige gevalle ten koste van belastingbetalers, julle
belastinggeld, om hulle lewens te verleng. Om genadiger maniere uit te vind om
diegene dood te maak wat lewens geneem het sonder enige genade. Maar babatjies
so kosbaar vir MY, babatjies waarvan EK die dae afgetel het tot hul geboorte, MY
Gees in hulle geplaas het, toegesien het dat hulle sterk en gesond in hul ma se
baarmoeder gegroei het, sodat hulle ten tye van geboorte sal asemhaal, en
hierdie onskuldige babatjies het nooit enige kwaad geken nie word gemartel
terwyl hulle stille krete weergalm in MY ore.
Diegene wat hierdie aborsies gepleeg het en nie bely het en om vergifnis gevra
het en weggedraai het van hierdie sonde nie, die ganse ewigheid sal julle die
gille van al daardie babas hoor. As een van julle strawwe wat vir julle in die
hel wag en nooit 'n blaaskans weg van die gehuil van die vermoorde babas, of die
gille nie. Weet julle hoe 'n huilende baba op jou senuwees werk? Verbeel jou
miljoene in jou ore vir ewig.
BEKEER NOU, verpleegsters, dokters, vrouens wat hierdie dinge doen vir julle eie
onthalwe. BEKEER NOU, politici wat hierdie wette uitgevaardig het. Hooggeregshof,
julle is nie verhewe in MY oë nie. Julle is nie verhewe bo MY wette nie.
Almagtige God YAHUVEH alleen is Oppermagtig. Almagtige God YAHUVEH alleen is
regter en jurie en laksman. YAHUSHUA ha MASHIACH het gekom sodat julle lewe en
lewe in oorvloed kan hê. BEKEER! Draai weg van hierdie sonde af want EK sal
julle aanspreeklik hou. Die bloed van die ongeborenes is op julle hande.
Hoekom, omdat EK die mens 'n keuse gegee het? 'n Keuse om dit wat instinktief is
te gehoorsaam gegee aan elke vrou en man, om die jongelinge te beskerm, die
jongelinge te versorg. En tog word hulle wreedaardig vermoor. Wee diegene wat
dit wettig noem. Wee die dokters en verpleegsters wat deelneem aan hierdie moord.
Wee die politici wat die wette uitgevaardig het van hierdie onskuldige babas om
vermoor te word.
Wee julle wat heeltemal te lank stilgebly het. Want EK hoor hulle gille. Die
babas se siele keer terug na waar hulle vandaan gekom het uit die Hemel. Maar
hulle siele word ongenadiglik uit hierdie wêreld geskeur. Wreedaardigheid te
veel vir woorde. EK laat die siele toe om te gaan net om die mensdom se
onmenslikheid teenoor die mens te bewys. Wetende watter keuse daardie moeder
alreeds gemaak het. Bedroef en haar elke kans gee om te bekeer. Wetende sy sal
nie, woedend omdat sy nie wil bekeer nie.
Sê vir hulle, sê vir hulle MY Dogter. Weereens alhoewel selfs diegene wat hul by
MY Naam noem steeds niks doen nie behalwe om hulle koppe te skud nie en ander
waarop EK so trots is om MY Kinders te noem hul lewens, reputasies en finansies
neerlê om die onskuldige babas in die moederskote te beskerm. Hulle is diegene
vir wie EK sal beloon. Hoekom ondersteun die kerke nie diegene wat gewillig is
om alles op te offer om te protesteer teen hierdie moorde op onskuldige babas
nie?
Hulle verloor hulle beroepe, opgesluit, gespot en hoekom? Omdat hulle MY stem
gehoor het en oortuiging wat gesê het, "Praat, moenie stilbly nie." EK het hulle
gebede verhoor, EK het hulle trane gesien en EK het hulle pyn gevoel, het jý?
Elke kerkdiens is veronderstel om vir hulle te bid. Elke kerkdiens is
veronderstel om te bid vir MY oortuiging, MY oordeel op hulle wat sulke dinge
doen, wat hierdie moorde toelaat, maar hoe min doen dit. EK IS SMARTLIK
VERTOORN. Want julle sê julle is MYNE en julle ignoreer die uitroepe van die
ongeborenes, en die uitroepe van diegene wat hulle alles opoffer om te beskerm
en om die slagting van die ongeborenes te stop. Staan op, praat, in MY Naam,
Bid, Bid, Bid totdat julle hierdie afgryse sien ophou,
Wil julle weet hoekom EK toegelaat het dat hierdie aangaan, omdat EK gewag het
vir MY Kinders om MY Naam aan te roep om dit te stop. Om te bewys dat hulle
omgee. Nie net 'n handjie vol nie. maar miljoene moes gepraat het toe hierdie
wette teen MY gebooie uitgevaardig was. Daar behoort nooit 'n kerkdiens te wees
sonder dat hierdie gebed uitgaan nie. Pastore julle sal verantwoordelik gehou
word. Julle was gewaarsku. Gemeentes waarsku julle pastore. Hulle is
veronderstel om MY te verteenwoordig. Dring by hulle aan om tydens elke diens te
bid dat hierdie afgryse moet ophou, vir MY oordeel om te kom oor diegene wat
weier om te bekeer. Hou op om vir MY louwarm gebede te gee. EK sal nie luister
nie. Gee vir MY gebede met passie en met 'n hart wat omgee. Stop die
rituele-gebede wat net memorisering van woorde is, EK sal nie luister nie. Dit
is uit julle verstand en mond, nie julle hart nie.
Groot sinkgate sal oopmaak en die aarde sal hierdie aborsieklinieke insluk. Nie
iets wat die mens gedoen het nie maar MY hand sal die aarde ‘n vuishou toedien.
Waar die meeste bloed vergiet is, onskuldige bloed. Want selfs nie eens in
oorlog word onskuldige bloed so vergiet nie. Maar op die altare van satan word
hierdie kinders geslag om gerieflikheids onthalwe, vir ydelheid, vir selfsug,
vir vrees en vir gulsigheid. EK sal hulle iets gee om te vrees. Hulle sal die
Almagtige God YAHUVEH vrees wie hierdie siele geskape het wat hulle so
wreedaardig vermoor. Hulle sal YAHUVEH vrees vir wie hulle spot en sê dit is
wettig. Hulle sal diegene vrees wat die Christene in hul gesigte daarstel om
hulle te waarsku hierdie is moord, hierdie is sonde. Want dit sal nie enige iets
wees wat die Christene doen wat sal maak dat hulle vrees nie, buiten om te bid
en die hand van YAHUVEH in beweging te bring deur daardie gebede.
Maar die vroue, dokters, verpleegsters, politici, diegene wat die moorde van MY
onskuldige siele toejuig sal MY aangesig en MY Gees sien op MY kinders wat as
troepe uitgestuur word om te bid. Onthou die mure van Jerigo. Onthou hoe dit nie
mensehande was wat die mure van Jerigo afgebreek het nie. So sal dit weer gedoen
word en hulle sal nie instaat wees om die aborsieklinieke vinnig genoeg te bou
nie. Vertel vir hulle MY Kind en leer hulle.
Daar is nog tyd om te bekeer, maar binnekort sal daar niks meer wees nie. Onthou
Sodom en Gomorra dit was nie mensehande wat hierdie vuur en swael gebring het
nie, dit het uit die Hemel gereën waar dit opgeberg is en dit sal weer kom. Bose
mense, diegene wat hierdie dinge beoefen en soveel erger, julle was gewaarsku.
Julle wette kan homoseksuele huwelike wettig maar EK het verklaar dat dit sonde
is. Dit is 'n bespotting van die huwelik en wat EK geskape het om Heilig te wees.
Dit is nie gewettig in MY oë nie. Pastore, sommige van julle het gedeel in
hierdie liefdesfeeste van vreemde vlees. Deur niks te sê nie, het julle
deelgeneem daaraan. Staan op, praat, sê vir die heidene om stil te bly in MY
Naam. Moenie langer na hulle leuens luister nie. Hulle is agter die kinders aan.
Julle is gewaarku, julle eie kinders.
Julle moet NOU BEKEER of anders sal julle ook ly onder dit wat kom en spoedig
kom. Julle was gewaarsku. So bekommerd oor julle belastingvrystelling-status
maar nie bekommerd oor wat die God waarop julle aanspraak maak om te dien aan
julle gaan doen nie, deur nie daarteen te bid nie en om nie MY hand in beweging
te bring om dit te stop nie. Weereens behoort daar nooit ‘n kerkdiens afgesluit
te word sonder dat gebed uitgaan om hierdie gees te stop wat uitgestuur is om
alles wat Heilig is te besmet nie. Die gebede van 'n regverdige mens vermag baie.
Louwarm gebede verhoor EK nie en EK verafsku dit. Wees óf warm of koud maar
moenie louwarm na MY toe kom nie, want EK sal julle uit MY Mond uitspuug.
Moenie sê julle is MYNE en nie opstaan vir alles wat Heilig is nie of stilbly
terwyl julle ander sien opstaan vir Heiligheid en vervolg word terwille van MY,
en hulle nie help op enige manier wat julle kan uit vrees om julle
belastingvrystelling-status te verloor nie. Julle sal meer verloor as julle
belastingvrystelling-status. Julle sal meer as julle lewens verloor. Julle sal
julle SIELE verloor. Julle was gewaarsku. Die tyd is nou. Staan op, praat,
vertel die heidene om stil te bly in YAHUSHUA se Naam. Een met YAHUSHUA aan hul
kant is 'n meerderheid. 'n Miljoen sonder YAHUSHUA aan hulle kant is 'n
minderheid. Die tyd is nou.
'n Gebroke erdekruik, maar magtige kryger van YAHUSHUA MESSIAS!
Pastoor Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
*******
Van nou af is ek beveel om die tyd in te skryf. Ek weet nie om watter rede nie.
Ek het ook gedurende die skryf van hierdie profesie, Internet verbinding verloor,
ek het probeer om weer in te skakel net om uit te vind dat al die telefoonlyne
op een of ander manier aangeval is, dit is nou 2 ure en hierdie is nog nie
gestuur nie. Dit is 3:37 NM en ek kan nie eens die operateur bereik nie.
Vir ure lank word gesê, "Hierdie lyn is besig!" Dit het nog nooit van tevore
gebeur nie. EK bedek hierdie rekenaar en e-pos, met profetiese boodskappe, met
die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH by Golgota. In geloof glo ek dat
almal, wat die RUACH ha KODESH wil hê moet hierdie boodskap kry, dit sal kry.
Die hele aand nie in staat om in te skakel en dit vanaand te stuur nie. Kan nie
eers die operateur bereik, of langafstand skakel nie. Iets het in die hemele
gebeur terwyl ek hierdie skryf. Slegs plaaslike oproepe gaan deur.
Dit is die eerste keer wat ek ooit aangesê was om die tyd by te voeg. Julle sal
sien dat iets gaan gebeur wat ooreenstem met hierdie datum of tyd. Ek weet nie
wat nie. Ek vra dat oral, waarheen hierdie Profesie gepubliseer of gestuur word,
die volledige bladsy gestuur sal word.
Want daar is 'n rede daarvoor en weereens weet ek dit is YAHUVEH wat my beveel
om dit te sê, moenie een woord uitlaat of verander nie, los dit in geheel soos
wat ek dit stuur. Duiwel moet woedend wees. Want na alles, word dit dwars-oor
die luggolwe gestuur en die Bybel sê satan is prins en het mag oor die luggolwe
deur middel van sy owerhede. Maar ek bedek die luggolwe waar hierdie deur beweeg,
en die rekenaars met die gestorte Bloed van YAHUSHUA, en ons telefoon dienste en
Internet dienste. Die Bloed van YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, is teen jou
satan.
En demone, julle kan nie die Bloed kruis nie. In die Naam van YAHUSHUA.
Telefoonlyne werk nou om 11:15 NM. Nou kan dit gestuur word. Diegene met ore van
die RUACH ha KODESH sal die stem van Ons Almagtige God YAHUVEH hoor, al die
ander sal doof bly. In die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH stuur
U boodskappe uit na almal wat ons Meester en Skepper se stem sal herken.
Slegs vir U Lof, Eer en Heerlikheid YAHUSHUA, vra ek dit. Amen.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
O, EK is bedroef en weeklaag oor die lot wat kom vir diegene wat daarop aandring
om die pad van rebelllie te volg, MY outoriteit en bestaan verloën, die
noodsaaklikheid verloën om Heilig te leef soos “EK IS” Heilig is. Die duisternis!
Die duisternis! Die duisternis! EK sal die land met duisternis oordek om MY
woede te wys oor julle sondes. Ek sal MY oë bedek wanneer elke soort boosheid
teen julle gedoen word uit die putte van hel vir hulle wat daarop aandring om
die pad te stap van rebellie en ongehoorsaamheid. Hierdie waarskuwing word
gespreek nie net vir MY vyande nie, maar MY kinders want hulle moet besef as
hulle voet afdwaal van MY pad van Heiligheid en begin om in moedswillige
ongehoorsaamheid te stap dan sal hulle ook hulself buite MY sambreel van
veiligheid bevind in tye van storms.
EK spreek hierdie dinge nou vanuit MY diensmaagd wat ook weet sy word
aanspreeklik gehou vir dit wat sy spreek en nie spreek nie. Hierdie woorde sal
diegene oortuig wat lees en luister en waar hulle in duisternis was sal EK MY
lig van oortuiging laat skyn om weereens te bewys “EK IS” is ‘n Almagtige God
wie 'n God van Genade en Liefde is maar “EK IS” is ook ALMAGTIG in OORLOG teen
MY vyande. Inderdaad want diegene wat MY toets sal uitvind “EK IS” is 'n God wat
nie vir lank bespot sal word nie so wees gewaarsku op hierdie dag!
Die duisternis wat gaan kom sal die woede simboliseer van “EK IS” wanneer EK my
oë bedek vir julle rampe, oorloë, hondersnode, dood, verwoesting, pessiektes,
armoede, siektes en die lys gaan aan. Waarsku MY vyande dat hulle hierdie skande
oor hul nasies gebring het, oor hulself! MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes hoef nie bang te wees nie maar hulle sal ook rou en
weeklaag saam met MY as hulle hierdie dinge sien kom oor diegene wat kies om nie
die God te dien wat hulle dien nie. Hulle sal hierdie sien oor diegene wat nie
die seël van verlossing op hul voorhoofde het nie. Die Bloed van YAHUSHUA wat
hul sondes bedek.
Wanneer julle aantygings hoor van opgaring en regerings wat nog nooit
gerantsoeneer het nie begin rantsoeneer, wanneer selfs water uitgedeel word as
'n geskenk van mense, weet dan dit is die begin van dit wat EK hierbo
geprofeteer het. Wanneer oorlog aan alle kante is en julle land in ‘n hinderlaag
is weet dat EK diegene vooruit gewaarsku het wat moes VLUG en vir hulle gesê het
waarheen om te VLUG en as hulle gehoorsaam is hulle onder MY sambreel van
veiligheid, as hulle nie gehoorsaam nie dan alhoewel EK hulle liefhet en bedroef
is oor hulle sal hulle ly op maniere wat nie nodig sou gewees het nie Hou net
een vrees en daardie vrees is om nie MY stem te hoor nie.
Soek die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Israel terwyl EK nog te
vinde is. EK spreek nie in 'n harde stem tot julle Geeste nie maar in 'n stil
sagte stem want diegene wat genoeg omgee om hul ore tot my te neig en in te span
julle sal MY hoor praat. Is dit vir julle van waarde om genoeg om te gee om
nader te leun na MY toe terwyl EK MY instruksies vir julle fluister? Is dit die
moeite werd om te vas wanneer MY RUACH ha KODESH sê om te vas, julle moet vas om
instaat te wees om MY duideliker te hoor?
O MY Kleintjies, hoe verlang EK om julle in MY arms toe te vou, tog vermy julle
MY einste aanraking. Want MY aanraking is Heilig en vir MY om julle aan te raak
oortuig julle. Daarom moet EK julle aanraak op 'n manier wat EK liewer nie wil
nie, soos 'n Vader wat 'n kind pakgee sal EK julle aandag kry op een of ander
manier. Maar diegene wat op MY vertrou hulle wat na MY aanraking verlang, EK sal
julle beskut en beskerm. EK sal julle in MY arms toevou en versorg soos 'n
moeder 'n gewonde kind versorg. EK sê vir julle MY geliefdes die komende dae sal
nie iets angswekkends wees nie solank as julle jul geloof behou in die God wat
julle aanbid, liefhet, dien en nastreef om te gehoorsaam. EK sal julle nooit
begewe of verlaat nie. Moenie die mens vrees nie maar vrees eerder die God wat
julle dien. As julle nie luister vir MY stem nie sal julle jul instruksies mis.
Soos Lot toegang geweier was deur die engel waarskuwend om nie in te gaan nie,
so sal EK julle ook waarsku wanneer EK sê vlug uit watter land julle ookal is,
GEHOORSAAM dan! EK sal vir julle engele stuur vermom soos mans en vrouens en
hulle sal MY Woorde voortspreek maar word nie mislei nie. As dit nie ooreenstem
met die woord van “EK IS” nie, as die RUACH ha KODESH nie in hulle te vinde is
nie, moet dan na geen een luister wat MY nie aanbid, dien, liefhet en MY in
alles eerste stel nie! Want die vyand sal diegene stuur wat heilig lyk en heilig
praat maar luister tog fyn na die woorde wat hulle spreek. Moedig hulle julle
aan om in geloof te bly, om aan te hou om Heilig te lewe, om MY Wette van ouds
te volg? Wat nooit verouder het nie want MY wette, MY Torah is tydloos. Preek
hulle 'n ander evangelie wat sê daar is nog ‘n weg na die Hemel en julle het nie
die Bloed van MY Seun YAHUSHUA nodig om daar te kom nie? As hulle julle
aanmoedig om mensgemaakte wette te gehoorsaam en MY Wette weg te gooi dan sê EK
dit vir julle, EK het hulle nie gestuur om julle te lei of berading te gee op
enige manier nie.
Wat het lig en duisternis in gemeen? Wat het MY Seun YAHUSHUA en satan in gemeen
boosheid kan nie die goeie lei nie. Die politieke leiers is korrup en julle moet
reg onderskei tussen goed en boosheid. Julle politieke leiers in alle dele van
die wêreld het MY uitverkoop. satan was die hoogste bieër maar EK sal hulle wys
wat EK dink want die spel is nog nie verby nie. EK beheer en regeer alhoewel
hulle MY leierskap wil ignoreer. Selfs 'n nasie wat sê hulle aanbid MY en die
leierskap weet nie wie “EK IS” nie wil MY ook nie dien nie, wil MY ook nie
gehoorsaam nie.
Hy beplan om MY land op te sny asof dit 'n koekiedrukker is maar EK sal die
laaste sê hê. EK praat in die droogte, EK praat deur woeste winde wat oor die
lande sal waai, EK praat deur aardbewings wat die hoogste geboue sal laat tuimel
en EK praat deur die vloede terwyl MY trane stroom vir my rebelse kinders. EK
praat en die aarde sidder vir MY woede. EK praat en die lawa stu voort vir MY
woede. Die nasies wat die ongeborenes wil slag, liggaamsdele verkoop aan die
hoogste bieër, PASOP!
Julle sal een dag binnekort verantwoording doen teenoor die God van die Skepping.
Julle verkoop julle pille en gee julle chirurgiese vaardighede wat EK gegee het
om lewens te red en neem onskuldige lewens in plaas daarvan. Julle geneeshere
sal boet om die gawes van kennis wat EK vir julle gegee het te gebruik om
onskuldige lewens te vermoor. Die siele van babas wat ongewens was keer terug na
hul Skepper en terug in MY arms in maar dit is julle wat sal boet vir dit wat
julle doen. Dit is die nasies wat hierdie dinge doen wat EK my ore sal toedruk
in die tyd wat hulle geslag word. Maar weereens sal MY woede nie diegene aanraak
wat aan my behoort nie wat huil oor die gruweldade wat gepleeg word in minagting
ten opsigte van dit wat reg en verkeerd is.
Julle pastore sal EK binnekort aanspreeklik hou. Bose herders wat so heilig lyk
en tog nie waag om homoseksualisme of aborsies teë te staan nie, terwyl dit nou
hoogty vier. Julle is banger om die omkoopgeld te verloor wat julle aanvaar het.
EK waarsku MY mense julle sal aanspreeklik gehou word omdat julle saad saai in
bedieninge wat banger is om hul omkoopgelde van die regerings te verloor om hul
lippe te snoer terwyl hulle sien immoraliteit en boosheid vul die land. Elke
kerk moes in opstand gekom het, elkeen wat hulself MYNE noem! Waarskuwend
homoseksualisme verklaar die Bybel is 'n GRUWEL vir “EK IS!” EK het julle
gewaarsku in MY Woord dat hierdie gees aansteeklik sou wees en dat aandag
daaraan gegee moet word. Maar het julle gepraat toe julle gesien het wette word
uitgevaardig wat die dinge beskerm het wat EK gruwels noem?
Alle pastore, geestelike leiers en politieke leiers wat dit nie gedoen het nie,
noem EK nou 'n GRUWEL vir “EK IS!” Vat julle skyn van heiligheid en vat julle
skyn van aanbidding en EK sê, “WEG VAN MY!” EK sal na julle nie luister in die
dag van onheil nie. Julle sal verantwoording aan MY doen wanneer EK MY Ware
Bruid huis toe neem saam met MY en julle geestelike leiers sal in julle
gemeentes sit en hulle in die oë kyk en probeer verduidelik hoekom hulle kerk
nog daar is om die Verdrukking wat kom deur te maak. Dit is omdat julle gekoop
is teen ‘n prys ‘n skamele prys wat julle jul siele gaan kos as julle nie nou
begin praat nie! BEKEER NOU! DAAR IS NOG TYD! 'N BAIE KORT TYDJIE! O as julle
wat dink dat MY Seun se koms nog ver is net kan sien hoe naby dit is, nader as
julle asem wanneer julle koue lug uit-asem. Hoeveel geestelike leiers waarsku
hieroor? Hoeveel sal selfs erken dieselfde God wat uit profete gespreek het in
die tye van ouds is dieselfde God wat dit weer doen?
Soek MY terwyl EK nog te vinde is. EK IS nie 'n God wat gespot kan word nie!
Julle sal sien in die komende dae wat voorlê. EK sal voortspreek deur hierdie
diensmaagd wat julle voer asof julle 'n klein kindjie is, lepel-vir-lepel,
aangesien baie van julle wat hier lees nog nie eens vleis kan of wil sluk nie.
EK sal vir julle klein porsies gee om te verteer, nie groot porsies nie, want
julle het so baie gemis en daaraan verstik, of dit opgebraak want dit was nie
lekker om te hoor nie. Ander wat smag na meer omdat hulle die vleis verteer het
sê EK aan om terug te gaan en weer te lees wat EK gespreek het, selfs vir die
diensmaagd het EK beveel om dieselfde te doen. EK sê vir julle ALMAL het iets
gemis en as julle MY RUACH ha KODESH soek sal julle sien wat julle gemis het.
Ek laat julle met hierdie woorde, "Het julle alles in jul vermoë gedoen om
hierdie diensmaagd te help in die bediening wat EK op haar skouers geplaas het?
Het julle die waarhede gevat wat EK gespreek het soos 'n peuselhappie skinkbord
met verruklike kos dit vir ander gegee om te proe of het julle net self geëet en
toe daarvan vergeet? EK het gespreek wat gaan gebeur keer-op-keer deur haar. Nou
sal julle sien wat EK gespreek het gebeur. Vir diegene met geestelike ore om te
hoor en geestelike oë om te sien julle sal weet wat gaan kom, wat om te doen,
wat om te verwag, vir die wat kies om doof en blind te bly julle sal aanhou
spot, aanhou soek vir skuiling en daar sal niks gevind word nie."
EK het eenvoudig verklaar, "Wat het 'n gelowige en 'n ongelowige in gemeen?” Die
dinge van hierdie wêreld verdorwe as dit nie gebalanseer word met heiligheid nie.
Weer sê EK soek MY terwyl julle MY nog kan hoor. Soek MY in My Woord. Leer wie
is “EK IS”. Soek MY RUACH ha KODESH en leer wie YAHUSHUA is. HY kom vir SY Bruid.
Is julle die Bruid of 'n Gas van die Bruid? Is jy een van hulle wat genooi was
en nogtans die uitnodiging geweier het dit weggegooi het? Daar is meer as een
koms van MY Seun maar daar is net EEN BRUILOFS onthaal. Een BRUID, WATTER EEN IS
JY? Onthou, “EK IS” weet reeds wie vir YAHUSHUA aangeneem het as Heer en
MESSIAS! “'EK IS” weet reeds want dit was reeds geskryf in die Lam se Boek van
Lewe voordat hierdie wêreld gevorm was. Ek weet watter keuse jy sal maak voor jy
dit gemaak het! EK is almagtig alwetend en alsiende.
Die Duisternis wat op die punt is om oor verskeie dele van die aarde toe te sak
sal demone loslaat in alle rigtings. Die verduistering wat in die lug kom is ook
'n teken dat die bose die goeie beveg. satan, YAHUSHUA en MY engele veg en EK
het daardie teken in die lug geplaas. Daar is ‘n voorspelling in die geestesryk
selfs diegene wat MY nie as Almagtige God erken nie en voor ander vreemde gode
neerbuig weet dat hierdie verduistering soos geen ander is nie. satan sal die
idee in mense se koppe sit om te verslaan en te roof, te steel en te vernietig
in groter omvang.
satan sal die gees van oorlog loslaat op MY Kinders in ‘n groter mate. Julle was
gewaarsku. Sê nie “EK IS” het julle nie gewaarsku nie. Wees nie bevrees nie,
roep MY net aan en EK sal julle bevry met MY ALMAGTIGE HAND! Maar EK sal
alleenlik diegene beskerm wat bedek is met MY Seun se gestorte Bloed. Daar is
net een kwytskelding vir sonde, een Bloed wat Heilig en suiwer is wat die stank
van sonde kan wegwas. Niemand is volmaak nie; almal moet bedek word in die
Heilige Reddende Bloed van YAHUSHUA, die enigste weg na MY troon van genade. Die
komende maande sal net erger word in die oë van die wêreld maar MY Babas wat lê
in die palm van MY hand EK sal hulle beskut en beskerm met MY ander hand.
Moenie stryd voer of bekommer nie, moenie angstig wees nie, moenie staatmaak op
julle eie insig nie, maar ken MY in al jul weë, bid tot MY, soek MY, wees lief
vir MY, gehoorsaam MY en EK sal MY getroues wat dit doen nie teleurstel nie.
Skuil onder die beskutting van MY vlerke totdat hierdie onheil verbygaan. Plaas
die Bloed van YAHUSHUA op julle verstand, liggaam, gees, en siel. Smeer dit aan
julle deure en vensters sodat die demone nie kan inkom nie. Spreek dit in geloof
en hou dan stewig vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed, SY kleed van
geregtigheid en moenie laat los nie. Die duisternis van die mens se siel sal
verteenwoordig word in die verduistering, die duisternis van die sonde wat die
land oordek, die duisternis waar MY lig nie welkom is nie. O, EK sal bedroef
wees vir wat EK moet doen, maar tog is dit vooraf bepaal, vooraf gespreek, julle
is vooruit gewaarsku as julle MY WOORD bestudeer.
Soos in die tyd van LOT, is EK op die punt om ‘n nasie te vernietig wat homself
oppof met arrogansie, sonde, ongehoorsaamheid, moord, diefstal, perversiteit,
losbandigheid en trots. Baie wette wat nou in Amerika gemaak word is opgestel om
die anti-chris te eer nie YAHUSHUA (Jesus Christus) nie. Julle weet dit nie maar
Amerika is soos gasdampe vir MY neusgate. So ook julle politieke leiers. Die
politieke leiers wat probeer om geregtigheid te doen, eindig stilgemaak of geїntimideer
en doen op die ou einde dit wat verkeerd is dit is NIE 'n leier nie die Ganse
Hemele druk die neus toe vir die stank van julle sonde wat satan daagliks voor
MY aangesig pronk. Julle voorvaders kyk en weet wat EK aan hierdie land gaan
doen wat soos 'n kind sy broek bevuil en EK moet dit omruil en tog sal EK die
vuilgoed in julle gesigte smeer want julle het MY vertoorn.
Julle het geen skaamte nie! EK praat met die politieke leiers wat die wette gee
wat veronderstel is om MY Mense te lei en tog in plaas daarvan leer hulle die
mense om hulle onderklere ook te bevuil en nie skaam te wees daaroor nie. EK het
julle deur MY Wette geleer, MY Torah opgestel om julle nasies te lei en watter
nasie op die ganse aarde sal daardie wette gebruik om die mense te regeer? In
die hele wêreld selfs die nasie wat MY Naam verhef, en daarop aanspraak maak dat
hulle aan MY behoort, Israel is NIE GEHOORSAAM AAN MY NIE! EK moet hulle aandag
kry op 'n manier wat EK vooraf deur hul eie Profete gespreek het! EK SAL ALLES
DOEN WAT EK BELOWE HET OM TE DOEN! WEE, WEE, WEE DIE NASIES WAAROP EK MY WOEDE
LOSLAAT!
Terwille van die uitverkorenes sal EK die tyd van WEE verkort maar EK sal steeds
doen wat gedoen moet word. Terwyl die geveg toeneem in die Hemele, so ook die
geveg tussen goed en kwaad in die aarde. EK skei MY Skape van die bokke,
duisternis van lig. Dit sal nie aangenaam wees vir julle nie MY Babas, Bruid,
Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes want sommige van die bokke het julle
liefgehad en verlang om te vergader en mee saam te leef en selfs te trou. EK
beveel julle nie om te skei nie in plaas daarvan vra EK julle om hierdie
verhoudings op die offeraltaar te plaas, sê vir MY julle begeer dat EK hulle
moet red ongeag hoe laag EK hulle moet vat, wat EK moet doen. Raak ernstig
hieroor. Sê vir MY julle verlang MY WIL in hierdie verhoudings en vra MY om dit
wat EK nie in julle lewens wil hê nie te verwyder.
Tot MY skande het julle verskonings gemaak vir louwarm liefde teenoor MY. Julle
het verskonings gemaak vir gebrek aan begeerte om MY te gehoorsaam of om Heilig
te leef of om van MY te leer of MY te dien. EK aanvaar GEEN verskonings nie! EK
het vir julle gesê dat julle nie gemeenskap met duisternis mag hê nie keer-op-keer
in MY Woord. Julle moet 'n voorbeeld wees van MY Heiligheid en tog trek so baie
van julle nou jul skouers op en gee nie meer om vir die boosheid in die land nie.
Hulle sê vir MY om diegene te red wat die siel van 'n bok het en in duisternis
lewe, nie daarna verlang om 'n skaap te wees nie en tog bestraf hulle nie hul
vriende, familie, eggenote of kinders nie uit vrees dat hulle hul sal aanstoot
gee. MY Kinders dring daarop aan om die reaksie van hul geliefdes te vrees en
nie van MY nie. MY Kinders verstaan óf julle gee hulle nou aanstoot of wees vir
ewig 'n aanstoot vir hulle terwyl hulle vir ewig in die hel brand. Waag dit om
aanstoot te wees in die Naam van YAHUSHUA. Sommige sal aanstoot neem; ander sal
verlig wees, alles in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Julle word nou
aanspreeklik gehou vir dit wat julle nou weet. Wat gaan julle doen met hierdie
kennis?
* * * * * * * *
Soos dit gespreek is, so is dit geskryf hierdie datum van 10/8/99 toevertrou aan
hierdie diensmaagd Eerw. Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] wat dit waag om
aanstoot te gee in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Biddend dat julle nie
verniet aanstoot gegee was nie maar dat julle verlig sal wees terwille van ons
siele. Ek vertrou dat hierdie woord in geheel gespreek is soos wat dit aan my
gespreek was onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Ek bid nederig dat ek
elke woord gehoor het soos God wou hê hulle gespreek moes word.
N.S. Help my ASSEBLIEF om hierdie Profesie deur te gee aan ander wat dit soos 'n
kettingreaksie aan ander sal stuur. Stuur dit asseblief na ander Internet
webwerwe wat my kan help om te doen waarvoor ek geroep is. Spreek voort die
Profesieë van die HERE YAHUSHUA want die tyd is kort, so geweldig kort. Kyk op,
ons verlossing is naby! Wandel in GELOOF en nie deur aanskouing of vrees nie!
Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige maar my Heer sal my red van
hulle almal! Staan op SY Heilige Woord; moenie julle Salige Hoop opgee nie!
Hierdie kom uit Profesie 105.YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie
bygevoeg moet word. EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie
hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n
Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou
eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die
mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte
gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van
Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende gedeelte uit 2
Kronieke as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot: “maar hulle het die
boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot
totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen
genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
* * * * * * *
Profesie BEGIN:
O Amerika, hoe bedroef julle MY. As julle maar die Adelaar arend kon sien wat
julle sê verteenwoordig jul Sate, sou julle die Adelaar sien huil!
O mense van Amerika, julle regering verraai julle. Hulle wil rantsoeneer wat EK
vrylik aan julle gegee het. Want julle sal nie net julle voedsel gerantsoeneer
sien nie, julle sal nie net noodvoorraad gerantsoneer sien nie, julle sal water
gerantsoeneer sien, julle sal die nodige medisyne gerantsoeneer sien. Hulle sal
sê, "Julle moet na ons toe kom vir toestemming om te koop." Diegene met ore om
te hoor, kyk na die aasvoëls wat vermom is as julle politici. Kyk na die
demoniese gesigte weggesteek agter die gesigte van vlees. En dit affekteer nie
net vir Amerika nie. Die nasies wat te arm is om dit te doen, glo dit of nie,
sal die veiligste wees; die nasies wat die rykste is sal die gevaarlikste wees.
O Amerika, julle wat geskape was om apart gestel en heilig te wees, o hoe ver
het julle geval. As julle maar net die Adelaar kon sien wat julle verteenwoordig,
sou julle sien hoe baie van julle vere uitgepluk is en tog weet julle dit nie,
want julle erken dit nie. Julle nasie is gebou op 'n illusie. Julle is so
opgepof met trots en sê "Kyk hoe ryk is ek." O maar as hulle net kon sien, julle
vere is gepluk. Julle kan nie eens vlieg nie, dit is net 'n illusie.
Julle gaan van nasie tot nasie om oorlog te maak. Julle seuns en julle dogters
lê hul lewens neer, want EK noem hulle nie eens manne en vroue nie, EK noem
hulle seuns en dogters wat speel soos speelgoed soldate, geforseer om in oorloë
in te gaan waar EK hulle nie gestuur het nie.
O hoeveel moeders huil. En hierdie nasies word forseer om hulle seuns en hulle
dogters te stuur om die boelie te beveg wat op die speelgrond kom. O maar julle
het 'n vinger en julle wys na elke ander een en sê "Julle is die ergste" en tog
hoeveel vingers wys terug na julle toe? Diegene vir wie julle terroriste noem sê
EK, o Amerika, julle is die terroriste.”
Die torings van kaarte is gereed om te val. Julle bou hulle op bo-op die rue van
die rykes, sodat julle illusie in plek kan bly. Julle het die leuens,"Ons is die
nasie van die vry en die wyse, kom en bring julle armes." Maar wanneer die armes
kom, is julle 'n illusie van 'n leuen. Wat doen julle aan hulle? Hoe behandel
julle hulle? Hulle word behandel minder as mense. Hulle word verwilder asof
hulle rotte is. Hulle word binne-in julle regerings vangstrikke gesit. Julle
bestempel hulle as immigrante, onwettiges. Is julle nie die een wat hulle
hierheen genooi het nie? Wat doen julle “Statue of Liberty” daar? 'Kom na die
land van die vry en dappere.'
EK SPOEG OP JULLE, o AMERIKA!
Julle het altyd die nasies gekritiseer wat martel. Kyk nou waarvan is julle
lugweë vol. Moet ons hulle nie martel voordat hulle ons martel nie? Kan julle
nie sien nie o Amerika, diegene wat waarlik van MY is? Kan julle nie sien hoe
die verandering van die wag plaasgevind het nie? Dit wat EK geprofeteer het uit
hierdie “Ringmaiden” jare gelede het nou gebeur. Daar is min van hulle, daar is
baie min van hulle wat MY oorblyfsel is wat steeds politici is wat steeds
probeer terwyl hulle hul koppe steen die muur stamp van die burokrasie, van die
huigelary, maar hulle tree-uit, hulle gee op, hulle skik na die regering se
leuens.
Amerika, julle vlieg alleen. Julle dink julle het vriende? Hulle haat jou agter
jou rug. Julle koop hulle om soos 'n boelie op ‘n speelgrond, julle het nie ’n
vriend nie. Wag tot die ander nasies sien dat julle maar net 'n illusie is.
Julle is 'n walmpie in die lug. Daar’s nie eens 'n vuur daar nie. Julle is maar
net 'n rook-dampie. Wag tot die ander nasies uitvind julle is 'n geplukte arend.
Hoekom? Omdat julle nie wou onderwerp aan MY gesag nie. Hoekom? Omdat julle MY
uitgeskop het uit julle skole. Julle wou nie dat die Tien Gebooie gesien word in
julle binne-howe nie, in die howe nie. Die huigelary van diegene wat hulleself
die Hooggeregs-Hof noem.
EK praat nie net met Amerika op hierdie oomblik nie, want hierdie Profeet is
gestuur na al die [lande]. Die laaste ding wat EK doen is EK het julle ryp
gemaak Amerika, nou bestraf EK, YAHUVEH, julle openlik, O Amerika, julle dink
julle was veilig teen die siektes. Dit is julle wat die biologiese leuens
fabriseer. Die chemiese leuens van chemiese oorlogvoering. Julle vergiftig MY
lugweë. Maar EK sal nie hierdie Profeet toelaat om hierdie woord te spreek
totdat sy veilig is nie.
O maar Amerika, julle wat die burokrasie en huigelary is, julle wat die
kleintjies vertrap onder julle voete, die ryk en die magtige wat die bietjie vat
wat hulle het van die kleintjies af en dit gee vir hierdies. Wat 'n prys gaan
julle betaal. Julle dink julle swart knoeiery gaan werk? Julle dink julle was
beskud teen dit wat julle gedoen het? Julle dink julle gaan die massas van die
armes vermoor, en MY wraak sal julle nie raak nie? O julle dwase wetenskaplikes.
O julle dwase geneeskundiges, EK sal julle beskaam. Vir diegene wat waarlik van
MY, YAHUVEH is, vir diegene wat waarlik MY Seun YAHUSHUA as Messias en Here van
hulle lewe stel, vir diegene wat ONS liefhet en gehoorsaam en strewe om heilig
te wees elke dag. Het EK 'n ware entstof in die lug gesit, EK het bonatuurlike
antibiotika daar gesit en dit sal wees soos die kinders van Israel en hierdie
plae het nie naby hulle gekom nie.
En nou praat EK met die ganse [...] wêreld, satan wil Amerika gebruik om 'n
kettingreaksie te stel waar al julle regerings ver en wyd julle sal verraai op
dieselfde manier. Sommige van hulle het alreeds maar EK maak dieselfde beloftes
aan julle. Bid 'n seën oor daardie water elke keer wat julle drink, sê, "Hierdie
verteenwoordig die Lewende Water van YAHUSHUA ha MASHIACH en niks kan my skade
aandoen nie." Moenie opsetlik drink wat julle weet is besmet nie. Wanneer EK vir
julle geen ander manier gee nie is dit wanneer dit geloof sal neem. Bid oor
daardie kos want julle sal nie weet of dit gekloon is of nie. Onthou, satan wil
alles vervals wat EK geskape het. Hy doen dit deur die naam van wetenskap. Maar
bid oor daardie kos, glo MY, glo dat EK jou sal beskerm. Glo dat EK lewe in ‘n
vleis sal sit wat jou liggaam sal seën en dit nie sal vervloek nie. Want EK sê
vir julle, gekloonde vleis is 'n vervalsing gestuur uit die Hel, om te sê, "EK
kan skep net soos hy kan skep, eet my kos dit is beter, ek kan 'n hoender maak
wat nie die voëlgriep sal hê nie."
Hoekom julle dwase, julle wetenskaplikes, dink julle EK weet nie dit is julle
wat daardie siekte vervaardig het nie? Dit het nie gekom van MY af nie. Wanneer
hulle sê, "Julle moet ingeënt word, o daar’s 'n dodelike, dodelike virus hier.
Ons moet julle bymekaar maak en in 'n stadion sit as julle nie gehoorsaam is nie.
Ons kan nie dat julle die res besmet nie."
Hardloop, hardloop, hardloop, MY Kleintjies hardloop, hardloop, hardloop weg,
hardloop van "FEMA" af, en hardloop van enige burokrasie wat julle vertel om jul
geloof in MY weg te vat. Protesteer terwyl julle nog 'n stem het, protesteer.
Oorlaai die hooflyne, sê “Julle sal nie ons lewensmiddele wegneem om vir julle,
hierdie stad te gee nie, julle sal nie ons kos rantsoeneer nie, julle sal nie
ons water rantsoeneer nie, julle sal nie ons noodvoorrade rantsoeneer nie." Kan
julle nie sien nie as julle stil bly, sal die illusie wen? Het EK julle nie
gewaarsku nie, hoeveel profesieë gelede, dat die homoseksuele in die minderheid
was, maar nou glo julle die illusies se leuens.
Amerika, jy is die fabriseerder van die illusie se leuens. Nou het julle daardie
leuen gevat regoor die wêreld en julle het dit ver en wyd versprei en tog is dit
'n leuen! Homoseksualiteit is steeds in die minderheid en tog vaardig hulle
wette uit en verander wette om dit goed te keur wat EK gesê het was 'n gruwel.
Amerika, jy sal maai wat jy gesaai het, net so seker soos Sodom en Gomora het.
Maar diegene van die saad van Abraham wat Heilig is en EK praat nie van die
biologiese Jode nie. EK praat met die ingeëntes, ingeënt een in elke stam terwyl
hulle ingeënt is in MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH. Soek MY, EK sal julle nie
teleurstel nie. Daar is maniere hoe EK julle sal beskerm. Maar nou is nie die
tyd om die speletjie te speel van die kerk van die geveinstes nie. Leer die
waarheid en leer dit vining, volg nie die mensgemaakte leerstellings, die kerke
van Babel, die georganiseerde kerke nie. EK sal herhaal, soek die waarheid, dit
is wat julle sal vrymaak. Dit is hoekom EK hierdie bediening opgerig het. Dis
hoekom EK hierdie een opgerig het wat EK MY “Ringmaiden” noem om 'n profeet te
wees om hulle te waarsku, 'N SEËL IS OP DIE PUNT OM LOSGELAAT TE WORD! Maar eers
kry EK MY “Ringmaiden” veilig en seker, [of] hierdie woord sal nie losgelaat
word nie.
En Elisabeth [Elisheva], EK het elke traan gesien. O Heiliges, die res van die
Bruid van YAHUSHUA, EK het een van julle trane, ieder en elk van julle trane.
Hulle is gestoor in 'n fles, hulle is heilig voor MY. Vir elke keer wat julle
opofferings moes maak, vir elke keer wat julle uitgeroep het, "Asseblief o
YAHUVEH, waar is U?” EK het julle trane terwyl julle huil vir julle familie. EK
het julle trane, nie net nou nie, maar ook in die toekoms.
Al diegene wat die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam, EK het julle
trane nog voor julle hul stort. Hulle is alreeds hier want EK weet wat julle sou
bid nog voor julle bid en EK sal julle antwoord nog voor julle bid. EK het julle
vooruit gegaan voor julle moet ly. Vir die van julle wat dit hoor regoor hierdie
wêreld, EK spreek vrede vir julle. Want sommige van julle sal gemartel word.
Menige van julle sal gemartel word. O maar julle sal die vrede van YAHUSHUA hê,
net so seker as wat Johannes die Doper gesê het, "Vat my kop, ek wil huis toe
gaan." Net so seker as wat julle sal sê, "Kry dit oor en verby, ek wil huis toe
gaan". Want EK verseker julle dit, EK sal julle drome van die Hemel gee. EK sal
julle ‘n voorsmaak gee van visioene van die Hemel.
Op ‘n wyse op een of ander manier, sal elkeen wat gemartel word, elkeen wat
gemartel was vir MY Seun YAHUSHUA se ontwil, sal EK julle 'n vinnige kykie gee
van die Hemel en het EK 'n kykie van die Hemel gegee so hulle liggaam het nie na
die graf daarvan gegaan sonder 'n kykie na YAHUSHUA se gesig nie, en EK neem
hulle gees uit hulle liggaam selfs voordat hulle liggaam enige pyn sal voel. EK
belowe julle dit. EK belowe julle dit. EK belowe julle dit.
Onthou Stefanus? (Handelinge 7:54-59). Het hy nie aanskou, en het die hemel nie
oopgegaan nie, het hy nie vir YAHUSHUA gesien voor hy getref was deur die eerste
klip nie en het hy nie geen pyn gevoel nie? Sy gees was geneem, EK belowe julle
dit. Maar wee die laksmanne. Hy kan hom nie eers, die afgryse wat hy sal voel
indink nie, nie net nou op hierdie aarde nie, maar vir alle ewigheid. So pasop,
julle wat dink julle kan martel en wegkom daarmee, julle kan julle nie eers
indink wat EK met julle gaan doen wanneer julle een van MY Heiliges aanraak nie.
Geseënd is almal wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam, julle sal omhels
word. Jy is nie net 'n Gas nie, jy is 'n V-I-P Gas, vir jou om daar te wees, het
jy die hoogste prys betaal en die Bruid sal jou omhels, vernaamste van alles sal
EK, YAHUVEH en YAHUSHUA jou omhels. Die 24 ouderlinge sal jou omhels, die vier
lewende wesens sal jou omhels, die engele van die Hemel sal jou omhels. So
moenie ‘n kompromie aangaan nie, moenie die illusie se leuens glo nie, want die
seun van verderf, die ware Judas, is op die punt om terug te kom, die seun van
satan. Moenie ‘n kompromie aangaan nie. Moenie die illusie se leuens glo nie.
Moenie die kerke van Babel glo nie; gaan terug na wat die eerste kerk onderrig
het.
Moenie die manier glo hoe Paulus, Shaul, misverstaan was en oor-en-oor verkeerd
vertaal was nie. Hy was Joods, hy het dit nooit versaak nie. O die leuens wat
vertel word. Natuurlik hang jou redding nie af van besnydenis van die vlees nie,
want nou is dit die besnydenis van die hart. Hierdie is 'n dwase argument, net
soos die ou bloed verbond nie langer staan nie omdat daar 'n Nuwe Bloed Verbond
is beteken dit nie dat MY Shabbat nie steeds staan nie.
Net omdat die Grieke MY SEUN 'n naam gegee het, net omdat die King James bybel
die naam van Jesus Christus oor-en-oor herhaal het beteken nie dat SY Naam
verander het nie. Dit sal altyd 'n Hebreeuse Naam wees, 'n Naam wat die Naam
bevat van MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, 'n Naam wat 'n herinnering is vir hierdie
aarde van die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal. Weer, EK sal dit weer en
weer en weer en weer en weer sê, jy kan hierdie profeet lasterlik noem, jy kan
haar beswadder, jy kan sê dat sy hel toe gaan, maar EK sê vir julle dit EK, die
Koning van die Skepping, EK die Heilige Ewige Een, sê vir julle dit, SY Naam wat
bo alle Name is, is vernoem na MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, dit beteken "YAH RED"
Niks het verander, omdat EK die naam van Jesus Christus geëer het, omdat EK die
naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus
Christus, omdat EK vrygemaak het en tekens, wonders en wonderwerke gedoen het in
die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus
Christus, beteken dit nie dat julle nie SY Ware Hebreeuse Naam behoort te ken
nie. Julle sal en julle word aanspreeklik gehou vir wat julle weet. Omdat EK al
hierdie tyd toegelaat het dat julle byeenkom en Sondag MY Sabbat dag noem, het
EK dieselfde ding gedoen, EK het dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK het
dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking gaan satan julle wys hoe hy gaan
vervals.
Want weer sê EK, selfs die baie ryk evangeliste wat hierdie waarheid ken, het
hierdie waarheid uitverkoop, het toegewings gemaak oor hierdie waarheid, sal
julle reg in die arms van die anti-messias inlei, die seun van satan. En hulle
sal sê, "Dit is Jesus Christus, dit is julle Messias, hy het gekom. Hy het gekom
en nou is daar vrede regoor hierdie aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie."
Hoekom kan julle nie sien nie? Hulle wil MY nie vervals nie. MY Naam is YAH.
King James sal betaal. King James het betaal toe hy MY SEUN se Heilige Naam
uitgeklad het. LEES! LEES! LEES! Ondersoek en bewys jouself waardig. Dit was nie
altyd King James nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse
vertalings is. Lees waar selfs die Arameers SY Naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM
wil julle nie glo nie?
Soveel lyding gaan die Christen kerk deurmaak want hulle het die Messiaanse Jode
uitgegooi. En julle van die Messiaans Joodse sinagoges, EK wys MY vinger ook na
julle. Julle wat MY Naam YAH uitgehaal en gesê het, "Yeshua sal goed genoeg wees".
Julle wou nie die ortodokse Jode aanstoot gee nie. Julle het ‘n kompromie
aangegaan. Julle wat hierdie Profeet van MY wat praat, 'n Heilige Naam-gebruiker
noem, julle is reg, dis hoekom EK haar gesalf het en nie vir julle nie. Julle
wat dit waag om MY Naam te spel as 'G-d'. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om
te beteken vir MY? Julle neem selfs MY Godheid weg en dan wonder julle waar is
die wonderwerke van ouds? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie?
Hoekom staan hulle nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds? As ons die
melaatses sou bring, hoekom sou hulle nie gereinig word nie? As ons die
verlamdes bring, hoekom loop hulle nie? As ons die stommes bring, hoekom praat
hulle nie? Wanneer ons die dowes bring, hoekom hoor hulle nie? Wanneer ons die
terminaal siekes bring, hoekom lewe hulle dan nie?
Dwase kerke van Babel, hoekom luister julle nie? Doen dit op die ou manier en
julle sal hierdie wonderwerke weer sien. EK sê dit vir julle selfs voor MY woede
uitgestort word. Stuur EK nie MY Profete om te waarsku voor die oordeel kom nie?
Julle in julle georganiseerde, ryk, luisterryke kerke, julle en die kerk wat
gemaak is van glas, julle wat nie wil spreek wat sonde is nie, julle wat die
omkopery van die regerings vat, julle wat die profete stilmaak en uitskop. MY
RUACH ha KODESH is nie eers in julle kerke nie. Dit is alles 'n illusie, 'n
skelmstreek van die duiwel, niks anders as‘n David Copperfield nie, 'n towenaar
wat onder satan se krag te werk gaan. Of een wat homself Criss Angel noem ('n
towenaar wat die dood uittart), wat 'n gevalle engel is in vermomming. Wat nie
eens mens is nie. Hy is 'n illusie voor julle oë.
Vir diegene met geestelike ore, julle sal hoor. Vir die van julle wat gaste is,
moenie raai nie. Vir die van julle met geestelike oë om te sien, dit is julle
wat EK geseën het. Dit is julle wat beskerm sal word; dit is julle wat MY woorde
hoor. Dit is julle wie EK MY Heiliges noem. Dit is julle wat hierdie Woord vat
en as hierdie “Ringmaiden” dit voortgespreek het dit reg rondom hierdie aarde
sal laat weerklink. Want EK is op die punt om julle te wys wie EK, YAHUVEH is.
EK is op die punt om julle te wys. Weet julle hoe broos julle aarde is? Weet
julle dat dit 'n illusie is dat julle selfs stilstaan? Stel vir jou 'n prentjie
voor van 'n tol wat so vinnig spin en al wat jy hoef te doen is om dit net te
raak, dis al wat EK doen, om dit net te raak en dit sal so effentjies uit
rotasie gaan, want EK kan dit skaars, skaars raak of almal van julle sou
afgevlieg het.
En kyk na julle weer. O EK ken julle in die lande met die weermasjien. O EK weet
waar julle is. EK lag vir julle weermasjien want EK sal julle wys wie die weer
geskape het. EK sal julle wys wie die hael gemaak het. EK sal julle wys wie
skape die aardbewings en die storms en tsunamis. EK sal julle die Skepper van
die tornados en warrelwinde wys. EK sal julle masjien beskaamd laat. Wat gaan
julle doen, bewoners van die aarde, wanneer EK die voetstoel skop, want EK het
dit skaars geraak. Wat gaan julle doen wanneer EK dit skop? EK het een voet
gestamp. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, albei voete stamp?
Julle wat dink julle is so ryk en magtig en invloedryk, julle wat julle illusie
van rykdom het, julle wat die armes onder julle voet vertrap. Wat gaan julle
doen wanneer EK daardie rykdom uit jou hande ruk, wanneer julle die armes is en
die arme die een is wat EK ophef. Wanneer jy die een is wat honger en dors ly en
sonder 'n huis en al jou waardevolle besittings is weg, wanneer julle diegene is
wat julle wonings ondergronds bou en EK dit sal oorstroom en al jou skatte
vernietig sal wees.
Julle wat die ondergrondse stede bou en dink julle is so veilig. Wat gaan julle
doen wanneer EK, YAHUVEH, 'n einde maak aan julle illusie en julle daar binne-in
begrawe soos grafkelders.
Net wat julle doen vir MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH is wat gaan tel. Wat julle
doen met die geld wat EK julle toegelaat het om te hê. Net die woorde wat julle
met jul mond spreek naas julle belydenis, julle bekering, julle lof en julle
aanbidding, net julle getuienis, net julle getuienis terwyl julle ander waarsku
wat EK gespreek het sal tel, net julle getuienis vir die prys wat MY Seun
YAHUSHUA betaal het saam met die woorde wat EK, YAHUVEH, sê sal tel.
Wanneer julle voor MY staan en spog en sê, "Ek het vir daardie liefdadigheid
gegee" was dit gegrondves in MY? Het julle MY Heiliges gevoed? Het julle MY
profete uitgehelp of het julle hul daarsonder laat gaan? Daardie is die vrae wat
EK julle gaan vra. Selfs die van julle wat geroep is by MY Naam, selfs die van
julle wat YAHUSHUA eerste stel in hulle lewe en hulle liefde, EK gaan julle vra
"Wat het julle gedoen om hierdie Bediening te help om hierdie woorde voort te
spreek? Julle het MY stem gehoor, julle het MY geglo. Wat het julle gedoen?
Het julle ‘n kompromie aangegaan? Het julle gedeel wat julle gehad het? Het
julle 'n toevlugsoord aangebied? Het julle soveel as 'n slukkie water gegee vir
'n profeet in MY Naam? In MY Seun YAHUSHUA se Naam? Het jy net gesê, “Die Here
seën jou, ek sal bid vir jou" of was jy 'n seën? Hierdie is die vrae wat EK
julle gaan vra wanneer julle voor MY troon staan. Het julle hierdie woorde
geneem; het julle hulle na die Sondag kerke geneem sodat die pastoor
aanspreeklik gehou sal word vir wat hy weet? Het julle ingegaan soos Jeremia se
weermag, ten minste twee-twee? Het julle na die gemeente gegaan en vir hulle
verduidelik van die Sabbat feeste? Wat het julle gedoen? Het julle MY Hebreeuse
naam onderrig? Het julle die krag en die salwing onderrig wat in die heilige
Hebreeuse name is van MY, YAHUVEH, van MY Seun YAHUSHUA?
Dit geld vir elke nasie regoor die wêreld wat hierdie woorde hoor. Wat het julle
gedoen? EK gaan julle vra. Het julle hierdie “Ringmaiden” gehelp op enige manier?
Het jy haar gehelp om die vyand te beveg? Hoeveel keer het julle gebid? EK gaan
julle vra. Wanneer julle weet en julle lees Openbaring en julle weet hoeveel
martelaars daar gaan wees, het julle vir hulle voor die tyd gebid? Bid julle nou
vir hulle? Ek gaan julle vra. Wanneer EK julle beveel om te bid vir die Twee
Getuies, dat hulle sal glo en ontvang wie hulle is, EK gaan julle vra, was julle
gebede tussen diegene s’n wat vir hulle gebid het? EK gaan julle vra. Hoeveel
siele het julle Hemel toe gelei? Hoeveel keer het jy getuig van YAHUSHUA ha
MASHIACH? Die prys wat HY betaal het by Golgota en hoe HY weer op die derde dag
opgestaan het sodat julle vir ewig vrygemaak kon wees? Hoeveel keer het julle
mense vertel dat hulle Heilig moet wees, dat hulle gehoorsaam moet wees? EK gaan
julle vra.
Julle sien, dit is nie genoeg om besorg te wees oor jou eie siel nie. EK gaan
julle vra, was julle besorg oor enige iemand anders behalwe julle familie? Want
wie het EK, YAHUVEH, gesê wie was julle familie? Het EK nie gesê deur MY eie
Seun YAHUSHUA se Naam wie julle familie was nie? En dit is diegene wat aan MY
behoort, diegene wat YAHUSHUA ha MASHIACH as Messias en MY enigste verwekte Seun
aanvaar. (Markus 3:31-35) Wil julle weet hoekom julle familie nie gered is nie?
Wil julle weet of julle familie gered sal word?
Net soos daardie tronkbewaarder gesê het, "Wat my en my huis aanbetref, ons sal
YAHUSHUA dien". O, EK weet julle was geleer, "Wat my en my huis aanbetref, ons
sal die Here dien". Maar weereens, het hulle die Naam van MY Seun uitgeklad.
Lees die Heilige Manuskripte en julle sal sien MY Seun se Naam was daar. Dit
beteken, nie alleenlik moes daardie tronkbewaarder sy hart na YAHUSHUA draai nie,
maar sy familie ook. Dit is nie 'n ‘carte blanche,’ 'n vrypas vir ‘n familie nie.
Elkeen werk hulle eie redding uit met vrees en bewing. Voordat hulle op die
aarde geplaas was, weet hulle siel alreeds of hulle naam in die Lam se Boek van
Lewe geskryf is of nie en of hulle in die Boek van die Uitgewistes is.
So hierdie is die woorde wat EK voortspreek uit hierdie “Ringmaiden” hierdie
dag. Hierdie woord sal verseël word; dit sal nie dadelik vrygestel word nie. EK
gaan haar by 'n veilige plek kry voordat hierdie woord vrygestel sal word want
daar is meer oppad.
* * * * * * *
So was dit gespreek, so was dit geskryf, gegee aan hierdie “Ringmaiden” om met
julle te deel, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)