Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
22 Januarie 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisabeth [Elisheva]:
Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van
Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor,
as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water,
Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind
jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het
hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die
RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons
onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.
[Praat in Tale] Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit
skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het
geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde
wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan
manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord
kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van
my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam
van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.
Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.
Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN
KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders,
bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie
Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op
jul aangesigte want die Koning kom!
Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die
KONING KOM! HY kom nie vir hulle wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink
hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY
Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters
wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit
almal ontbreek aan MY Heerlikheid.
Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid
weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie
voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed.
Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die
Fariseërs.
Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is
verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangegaan want die
Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld.
Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in
die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die
tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê
om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die
vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe
het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het
hulle ingesluk.
So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat
hulle huise gesalf het, die wat in my Woord skuil, die wat daarna strewe om
gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet
dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul
Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes
bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer
julle hierdie aarde verlaat nie.
In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op
waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in
die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe,
versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie
is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam
van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel
nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.
YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die
perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM
nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie
wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY
het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie
Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak
en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam
van YAHUSHUA nie.
Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een
gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer
613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal
word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan
nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan
sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is
geen genade in hom nie.
So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as
Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is,
die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK,
YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur
SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die
vyand te beskaam op baie verskillende maniere.
EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende
kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die
mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood
wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou
in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK
die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware
Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste
stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou
inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun
se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en
hulle wat deur MY geroep is, hulle wat ‘n goddelikheid van binne het.
EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK
waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal
onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs
binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming
van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste
saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om
te staan.
Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste
lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink.
Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig
van Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself laat
inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat reg
is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat, want
julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat
julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voort spreek soos hierdie
diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.
Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val.
Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle
maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal
Heilig lewe vir MY soos EK Heilig is en sal wegvlug selfs van enige verskyning
van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle
wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.
Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat
julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer
skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom
nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.
So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is
op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders,
want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as
julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit
behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!
*******
Elisabeth[Elisheva]:
So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur.
Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons
besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om
verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n
werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof
hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie
teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy
demone wil nie hê die profeet moet praat nie.
Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien
uit daarna om julle in die Hemel te sien.
In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva
Eliyahu)
Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van
vrees." Lukas 21:26
Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie
bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en
verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem
het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde,
gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om
vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees).
Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra
om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik
vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.
As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die
Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is
en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil
aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en
YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en
wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te
kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou gebruik vir YAHUVEH en
YAHUSHUA se Eer.
Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek
liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal op Golgota, U het gesterf en
weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart
in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek
gesondig het en ek draai nou weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U
RUACH ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en
leef U lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U my
die begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan.
Dankie dat U my Liefhet en dat U my siel red, my Geloof sal laat groei sodat ek
eendag saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos
my van die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat
almal gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en
dat U gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.
Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis
nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie
alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het
jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en
verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat
jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n
Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te
gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.
Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy
HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie
skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat
jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die
Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het
meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te
ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.
Hierdie Profesie was via audioband opgeneem. Hier is die transkripsie.
EK het vir jou gesê in 2009 gaan alles en enigiets geskud word wat geskud kan
word. Moenie verbaas wees nie, Elisabeth [Elisheva] want julle gaan hulle, wat
julle die YDS noem, geskud sien word, ons sal sien hoe duidelik hulle van MY
afkomstig is, ons sal sien hoeveel die prys wil betaal om MY Bruid genoem te
word. Ons sal sien, soos julle gesien het wat in New Zealand gebeur. Dit is
maklik, dit is so maklik as daar geen beproewing is nie, dit is so maklik om te
sê, U wil geskied O YAHUVEH. Nogtans wanneer MY wil dan teen julle wil gaan, sal
julle nog steeds sê, U wil geskied, O YAHUVEH?
EK sal hulle wat weier om heilig te wandel, selfs hulle wat EK deur MY eie hand
bymekaar gebring het, met MY eie hand verdeel. EK praat nie net met hierdie
huishouding nie, maar met almal wat beweer hulle behoort aan MY. (Lukas
12:51-53) Wil julle agtergelaat word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe
gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie eenvoudiger stel as dit nie. Die
begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet julle is niks anders as
stof nie en dat EK deur MY genade daardie stof gevat het en ‘n man geskape het
en EK het asem in daardie man ingeblaas. (Psalm 111:10)
Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet
MY nie langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van Heiligheid.
(Handelinge 5:9)
Te midde van die YDS; sal EK dit wat EK in New Zealand openbaar het, die
boosheid ontbloot het wat weggesteek was, so sal EK ook doen met hulle wat
beweer dat hul deel wil wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van
hierdie Heilige Bediening, maar julle sien, dit is soos jy gesê het, geliefde
seun Sylvester, op die oppervlak lyk dit so. Solank die leierskap nie weet nie
kan ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, hulle wat EK
die YDS noem; hulle wat genooi is na die YDS forum om byeen te kom, julle word
meer verantwoordelik gehou.
Wees verseker in 2009 sal alles wat verborge is, geopenbaar word. (Mattheus
10:26) Enige sonde wat julle dink julle weggesteek het, sal deur die salwing van
die RUACH ha KODESH geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye
groei die bose boser, maar MY Heiliges moet meer Heilig groei en enigiemand wat
‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie, sal ontbloot
word. EK sal hulle nie toelaat om deel van hierdie Bediening te wees nie. EK sal
dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So, dit is nou julle keuse, wie kies julle
regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel?
So, jy sien Elisabeth [Elisheva], EK het ‘n ander rede waarom jy na jou seuns
toe moet gaan.
MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie, maar jy moet kies,
jy moet vandag kies. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader
wil jou net hel toe neem saam met hulle.
EK skud hierdie ganse aarde. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17)
Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n Berouvolle
gees is nie iemand wat net met hulle mond bely nie, dit is iemand wat met hulle
kop en hulle hart bely en vasberade is om MY nie te mishaag nie. EK het vir
julle (hierdie wêreld) gesê julle staan op die punt van ‘n menseslagting
(holocaust). Wil julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle
beskerm? Wil julle hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle uit YAHUVEH
se hand ruk nie, of wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet
JULLE VERBRYSEL? Wil julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle
met MY eie hand in die vlamme van die hel werp?
Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle
hê EK moet julle mentor? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag
en Abednégo wees, wandel soos hulle gewandel het en in die gloeiende vuuroond
gegooi was? (Daniël 3). Nogtans het EK nie eers toegelaat dat dit waarmee hulle
gebind was gebrand het nie. EK het nie toegelaat dat hulle klere geskroei het
nie, hulle eie klere wat hulle gebind het nie, want julle sien, dit was die
vyande wat verbrand het. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind
het, wat verbrand het. Wil julle soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo wees wat in
die gloeiende vuuroond geloop het maar die 4de man was daar en daardie 4de man
is YAHUSHUA julle MASHIACH.
Wil julle soos Daniël wees toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie
opgevreet nie, alhoewel die leeus wreedaardig was. (Daniël 6) Dit is julle
keuse. Wil julle MY beskerming hê? Wil julle soos die weduwee van Sarfat wees?
(1 Konings 17:10) Die een na wie EK Elijah van Ouds ook gestuur het. Wanneer dit
by julle laaste krummeltjie brood kom, wil julle hê EK moet dit vir julle
vermenigvuldig sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY
te Verheerlik.
Hulle sê dit is hierdie jaar 2009, volgens hoe die mens die tyd merk. Julle sien
EK vra nie net vir julle hierdie vrae nie, EK vra hierdie vrae aan almal wat glo
dat die Waarheid uit hierdie Bediening voortkom en dat EK voortspreek. Wat wil
julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet weer die Rooi See kloof sodat julle
veilig na die oorkant kan deurgaan wanneer die vyande julle agtervolg? (Exodus
15:4) Wil julle hê dat die vyande moet verdrink sodat hulle julle nie skade kan
aandoen nie? Wat wil julle hê moet EK doen?
EK is YAHUVEH en die mate van (julle) beskerming hang af van julle dade. EK
speel nie speletjies nie. Wil julle onder die beskerming van MY vleuels wegkruip
soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met hulle wat sê
hulle het MY lief. EK praat net met hulle wat sê hulle is gewas in die gestorte
Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY eniggebore Seun. EK spreek dit nie voort tot
die heidene wie se name nie in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie.
Julle is slegs geskik vir oordeel. Julle is slegs geskik vir die hel. Julle is
verworpenes “reprobate”. Julle is verworpe silwer.
Maar EK praat nou met hulle in die jaar wat julle merk as 2009, MAAK SKOON JULLE
HUIS! Julle huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1 Korintiërs 6:19).
Julle huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat MY aanstoot gee,
gooi dit uit. EK spreek deur hierdie Elijah van Nuuts (In Hebreeus, Eliyahu) en
EK spreek die woorde wat Elijah van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) gespreek het,
kies julle vandag watter God julle sal dien. Bely en val op julle aangesigte
voor MY, maar EK wil nie net woorde hê nie, EK wil aksie agter daardie woorde
sien. Geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings
hoor nie. EK het genoeg van julle verskonings gehad oor hoekom julle sondig. Wat
se tipe voorbeeld is julle?
As die wêreld van die verworpenes vandag ‘n hofsitting moes hou, sou daar genoeg
bewyse wees dat julle MY dien? Dat julle siele na YAHUSHUA toe bring? Dat julle
Heilig vir MY lewe? Sal julle moet sê, “Ek pleit skuldig op al hierdie dinge”
omdat dit is wat EK verwag? Is julle gewillig om julle lewe vir YAHUSHUA neer te
lê soos wat HY gewillig was om SY lewe vir julle neer te lê?
Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?
Weet julle nie dat dit die trotses is wat neergewerp word nie. Trots kom voor ‘n
val. (Spreuke16:18) Ag, hoe baie van julle wat dit sal hoor en dit lees is so
opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie beweeg word nie, wanneer YAH in 2009
hierdie wêreld skud, sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade en
Bloed van YAHUSHUA alleen dat julle nie geskud sal word nie en dit hang af van
wat julle gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het julle geheime sonde? Dink julle
niemand weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien tot binne-in jul hart. EK
weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK
weet wie probeer nie eers nie en maak verskonings vir hul sondes.
EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle vertel wat EK van
julle verwag. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag is want julle is omring
daarmee. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle
aan die plae en EK herinner julle oor hoe dit nie op die kinders van Israel
gekom het nie. Dit het net op MY vyande gekom. Steek julself weg in die klere
van MY geregtigheid. Steek julself weg teen MY toorn. Vir hulle wie EK MY
kinders noem as julle maar net daarna wil strewe om te gehoorsaam en waarlik,
waarlik bely en wegdraai van boosheid. EK sal julle wegsteek. EK sal julle
troos. EK sal julle Seën. EK sal vir julle voorsien. EK sal julle salf, as julle
maar net elke woord wil gehoorsaam wat EK sê en ophou om verskonings te maak vir
sonde.
EK weet alreeds watter pad julle gevat het. Die pad na die hel is so breed, so
wyd. Daar is net ‘n smal weg na die Hemel. Hoe baie van julle wat dit lees en
hierna luister sal die smal pad kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n
reguit pad nie, dit is ‘n kronkelende pad en toets na toets sal kom, want die
beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)
EK is die een wat julle op die proef stel. EK bring julle na hierdie Bediening
want dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n beproewer van
metale. Hoe baie het hierdie leierskap gesien kom. Hoe baie het hulle gesien
val. Hoe baie, hoe baie, hoe baie trane het Elisabeth [Elisheva] gestort terwyl
hulle wie sy so seker is nie sal val nie, hulle wie sy seker is Heilig voor MY
wandel en hulle val. Hoe baie staan nooit weer op nie.
(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy
hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges
wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal
verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs
hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word
genoem: 'Verworpe silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)
Waar is jou lojaliteit? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die
gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy regtig die RUACH Ha KODESH, jou
IMMAYAH in jou? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of
luister jy na die dwaasheid van satan self? Dit is jou keuse.
Kyk, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal nie hierdie leierskap
toelaat om ‘n woord te verkondig wat hulle nie self navolg nie. Elisabeth
[Elisheva] weet sy beter doen wat sy verkondig. Die res wat deel is van hierdie
Bediening weet hulle moet doen wat hulle verkondig anders sal satan hulle tot
klein flentertjies verskeur.
Julle wie julself YAHUSHUA se Demon Stompers en gebedsintersessors noem, sommige
van julle het geheime sondes. EK het dit nog nie bekend gemaak nie, maar wees
verseker, dit sal geopenbaar word as julle nie vinnig bely nie. Julle moet
vandag kies wie julle wil dien. Hierdie geheime sonde mag dalk ‘n maat wees
waaraan julle vasklou waar EK vir julle gesê het om te laat gaan, terwille van
jul eie siele, terwille van julle eie lewens. Waar julle meer lojaliteit aan
hulle betoon het as wat julle aan MY betoon het.
Julle geheime sonde is om die werk, waarvoor EK jou geroep het, nie te doen nie.
Wanneer EK vir julle ‘n taak gee en EK sê “Doen dit om die taal van jou mense te
bereik” en jy sê, “Ag nee, ek het nou te veel van my eie persoonlike probleme”
en jou oë is meer gevestig op die heidene as op die siele, meer as die skape en
die lammers wat nodig het om gevoed te word. Dit is sonde in MY oë, want jy het
jou hand aan die ploeg geslaan en teruggekyk. Jy het jou hand van die ploeg
afgehaal. Jy het opgehou om die grond te bewerk en te besaai en hierdie Woorde
in jou eie taal te spreek sodat ander gevoed kan word. Die gees van
selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter
vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou wag nie. EK sal iemand
anders oprig om jou plek in te neem. (Op hierdie stadium het Elisabeth
[Elisheva] ‘n visioen gesien met die woord China).
Pasop vir enigiemand wat hierdie Bediening haat, want hulle haat werklik dit wat
Heilig is. Die duisternis vrees die lig.
EK praat nou met hulle wat die waarheid liefhet wat van hierdie Bediening afkom.
Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA spreek
voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, Moeder Wysheid, spreek
voort. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat
YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste begeleidende lig te wees. (1
Petrus 2:9)
Aan hulle wat teen hierdie Bediening praat, aan hulle wie Elisabeth [Elisheva]
‘n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisabeth [Elisheva] en die
Bediening se vrugte). Maak hulle verskoning om te sondig? Maak hulle verskoning
om nie die Torah se wette n ate kom nie, soos MY Sabbat? Ondersoek hulle vrugte,
julle antwoord lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan
vir my vertel wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming
gegee om vrugte-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK
het julle alreeds vooruit gewaarsku, julle grootste vyande kan in jul eie
fisiese bloedlyn gevind word.
EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde
en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur
hierdie Bediening wat nie die naam van ‘n man of ‘n vrou dra nie, maar slegs die
Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n woordvoerder (mondstuk) hê.
(Amos 3:7) EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY woordvoerder te
wees. Die Profeet bo alle Profete want YAHUSHUA julle MASHIACH is die ware Gees
van Profesie.
Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die
prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is
julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel
MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY
geheime aan die Heiliges vertel.
So dit is die Woorde wat EK te sê het. Moenie verbaas wees oor wie volgende gaan
val nie want hulle kan staande bly solank hulle nie getoets word nie, maar
wanneer die toetsing kom, vir julle wat speletjies gespeel het, julle sal val.
Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig.
Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou dit, as die verlore seun nie
teruggekeer het nie, sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)
Moenie MY genade en MY barmhartigheid vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder
julle voet vertrap nie, en dit onheilig maak en ongeoorloof terwyl julle weer en
weer sondig en dink HY is net ‘n verskoning om te sondig. EK weet wie speel
speletjies en EK weet wie is opreg. EK weet wie ‘n seën vir die Koninkryk van
die Hemel is en EK weet wie dit is wat skande gebring het alhoewel hulle dit in
YAHUSHUA se Naam gedoen het.
Daar is niks wat julle kan wegsteek nie, daar is geen plek waar julle kan
wegkruip nie, want EK, YAHUVEH is daar. EK het julle geskape en MY oog is vir
ewig op julle. (Psalm 139)
Kies julle vandag watter God julle waarlik wil dien, nie net met julle monde nie
maar met julle dade, want dit spreek harder as julle woorde.
Want wat julle in Israel sien, gebeur met die geestelike Israel. Julle word
gebombardeer, missiele word vanuit die hel gestuur om julle te probeer
vernietig. Om julle uit te wis. Julle sal slegs staande bly in die Naam en
gestorte Bloed van YAHUSHUA, julle een en enigste MASHIACH.
Einde van Woord
Elisabeth [Elisheva] begin bid:
Dank U Abba YAHUVEH vir hierdie Woorde wat onverwags (gekom het) terwyl ons vir
‘n ander gebid het wat in die moeilikheid is, een wie ons ons seun in YAHUSHUA
noem. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons bring lof aan U, ons het U
lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep
uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Laat
ons asseblief hierdie aarde verlaat met ‘n getuienis dat ons U behaag het. Daar
is geen hoër begeerte nie en ek praat nie net vir myself nie maar vir die res
van die ware Bruid wat Heilig voor U is.
Onheiligheid, ons is nie geïnteresseerd daarin nie. Dit trek ons nie aan nie.
Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die gemors van hierdie wêreld,
die dwelms, die alkohol, dit lok ons nie. Ons het een begeerte, een brandende
begeerte, een begeerte wat nooit geles kan word nie en dit is net een, meer as
die begeerte om ons geliefde te plesier, en dit is die begeerte om U te behaag,
YAHUVEH. Om U te behaag YAHUSHUA ha MASHIACH en alle Lof, Eer en Heerlikheid aan
U te bring. Daar is geen groter begeerte as om te weet dat ons weet dat ons weet
ons doen alles wat ons kan doen, deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons
MASHIACH om die bose te verslaan, om sonde te verslaan. Om nie toe te laat dat
dit enige deel van ons lewe wees nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U
vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.
Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringleier “Ringmaiden” roep uit na U en sê,
“Kom, YAHUSHUA, Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-put maar terwyl ons
hier is wil ons vir U skitter. Gee ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n
droom gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n mishoop is nie, niks anders as
mis nie, niks anders as ontlasting nie. Dit is hoe dit lyk wanneer U afkyk op
die aarde. Behalwe, U het klein skitterende edelgesteentes, klein sprankelende
juweeltjies, wat te midde van hierdie ontlasting verborge is en ons sprankel uit
die Hemel (Elisabeth [Elisheva] het hier bedoel om te sê aarde en nie Hemel nie)
vir U.
Ons konstante gebed is ons wil voortgaan om waardig genoem te word in die oë van
YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie
liggame sal aanraak nie. Dat ons sal wees onder hulle wat U eerstevrugte noem
van Openbaring 14 en Openbaring 7 en opgeneem sal word om U in die lug te
ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer
hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons
asseblief sodat ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder
dat die sprankel die oë van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U,
die Bruid van YAHUSHUA en ek glo ek is een van hulle, ons vra U, stuur asseblief
ons vyande, hulle wat die vernietiging van die Heiliges soek, na die wynpers van
U toorn tereg hier op hierdie aarde, stuur hulle na die wynpers van U toorn.
Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U
s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n.
Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Ek
praat nou namens al die getroues en al die opregtes. Wys vir ons hoe ons U meer
kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane van U oë kan afvee
wanneer U seergemaak is. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan vertroos. U is
ons Pappa, U is ons Pappie, ons het niemand anders nie.
My hart is nou so oorvol as ek een na die ander sien wat ek geglo het nie sou
val nie. Op die oppervlakte het hulle Heilig voorgekom maar toe ons ‘n bietjie
dieper grawe, toe U (hulle) blootgestel het, is dit is soos ‘n vrug, ek sien ‘n
visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan, wanneer jy ‘n diep genoeg hap
in daardie vrug gee, sal jy sien dit is binne verrot. Of jy sal ‘n wurm in
daardie appel vind. Ons het dit gesien en ek het dit al so lank gesien dat ek u
gesmeek het, moet ek aanhou om dit te sien? Vir hulle wat ons vertrou, vir hulle
in wie ons glo.
O Abba YAHUVEH, die pyn wat na vore gekom het soos geboortepyne asook die trane
wat gestort is oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel meer pyn
moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het Heilig is en ek
sien hoe hulle voor my oë val. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug
te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind wat gesterf het,
te blaas. En soos Elijah van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gebruik was om lewe in
daardie kind te blaas, noem U my U Elijah van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu]. (1
Konings 17:17-24) Ek vra dit, dat hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie
kind sal blaas. ‘n Begeerte om Heilig te wees, nie net ‘n woord van berou uit
haar mond nie maar ‘n wegdraai van die bose wat haar reguit na die put van die
hel lei en haar hele familie saam met haar vat.
Abba YAHUVEH, ek vra dat U my soos daardie Elijah van Ouds [in Hebreeus,
Eliyahu] sal gebruik om my liggaam op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters
in YAHUSHUA noem. Ek vra U, blaas lewe in hulle, blaas lewe in hulle wat begin
het om U te volg. Wat begin het om Heiligheid na te streef. Wat begin het om
sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH gebruik hierdie Elijah van Nuuts [In
Hebreeus, Eliyahu]. Laat hierdie woord lewe in hulle blaas met ‘n groter
vasberadenheid as ooit tevore om sonde te versaak, om satan te versaak, om
boosheid te versaak, om enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is die begeerte
wat U in my hart plaas om te bid.
Want ek weet dit is U woorde, omdat ek nooit so iets sou gespreek, of gedink het
nie. Gebruik nou hierdie liggaam om hulle te bedek. Gebruik nou hierdie woorde
om lewe in hulle te blaas. Gebruik nou hierdie woorde sodat hulle die waarheid
kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid sal hulle vrymaak. Want U Woord
sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sal nie vir ons sê om dit te doen as
dit onmoontlik was nie.
Dank U dat U my gebed hoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U omdat U
hom terugbring soos die verlore seun. Dank U Abba YAHUVEH.
Vir hulle wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het
nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag
vir hulle ‘n begeerte sal gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille sal
van hul oë afval en die was sal uit hul ore kom en hulle gaan geestelik hoor,
hulle gaan fisies sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir
U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan lewe.
Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening tot ‘n groter mate as wat U ooit
tevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U
Glorie.
Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.
Ek het hierdie gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare
IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart dat ons werk nie tevergeefs
is nie. Laat ons van julle hoor. Laat ons van julle hoor. Laat ons weet. Laat
ons weet hoe baie deur hierdie woord geraak is tot Eer van YAHUSHUA ons
MASHIACH.
Julle wie die verlore seuns en dogters is, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug.
Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle woning nie. Moenie
toelaat dat sonde julle langer in die versoeking bring nie. Moenie toelaat dat
onheiligheid julle meer mislei nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH dwing julle deur
die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, dwing julle. Verlore seuns en
dogters, kom huis toe. Laat julle getuienis al die Glorie aan YAHUSHUA ons
MASHIACH bring. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse op alle vlakke en
net sodra julle een slaag, sal YAH ‘n ander een op julle bring, maar dit is dit
werd.
Amen
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth(Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om
nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH, jou
IMMAYAH geboorte gegee. As dit alleenlik deur jou hand was sou dit lankal misluk
het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige WIND VAN HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het.
EK is YAHVEH, dit is MY Naam; en MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof
aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke
Profesie te plaas:
2 Kronieke 36:16
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.
Skrifaanhalings vanuit die Woord EN Getuienis vertaling mits anders aangedui
* * * * * * *
Gedurende gebed, net na nagmaal met mede Profeet Kathrynyah, oor die foon
hierdie oggend, het ek nog ‘n Profesie ontvang, wat die volgende sal wees, 125 -
Profesie 124 word geseël vir toekomstige vrystelling. Ons het ‘n mandaat om
hierdie so vinnig as moontlik vir die mense te gee, so ons plaas dit op ons
blog. En ons dank ABBA YAH vir SY genade teenoor ons!
[HIERDIE PLASING IS ‘N ‘WERK IN VORDERING’]
Ek het ‘n droom gehad dat ons die vensters bedek, en toe het ek saam met
Kathrynyah daaroor gebid. Die Profesie volg hierdie instruksies vanaf die Hemel.
Deel dit asseblief met ander, veral die wie julle weet leef Heilig vir YAHUSHUA
(Hebreeus vir JESUS):
• Moenie na die maan kyk nie.
• Bly in julle huise (bring julle diere ook na binne), en bid en wees in gebeds
voorbidding vir beskerming teen satan se agenda.
• Maak toe, bedek en salf julle vensters. dit is:
• Maak julle blindings en gordyne toe. Bedek letterlik julle vensters met iets.
As julle vensters het sonder gordyne, kan jy dit met ‘n laken of doek bedek, of
sny vullissakkke en plak dit met kleefband. Hou vensters toe en bedek dit.
• Seël julle vensters af in gebed met salwings olie. (Jy kan olyfolie gebruik {enige
olie wat jy het, of selfs water as jy niks anders het nie.} Bid net daaroor, dat
dit die Bloed van die LAM, YAHUSHUA verteenwoordig – net soos Exodus 12 – plaas
dan van dit op julle vensters.)
• Ons moet die salwing ernstig opneem vanaand – voor die tyd – ons huise, deure
en vensters en neem Psalms 91 gebede ernstig op!
• Indien jy geskeduleer is om by jou werk te moet wees gedurende die eklips, bel
in dat jy siek is indien nodig en neem ‘n dag af, en bly by die huis of iewers
binnenshuis waar jy kan bid. Indien jy in ‘n ongelyk gebinde huishoudelike
situasie is, salf jouself en die onmiddellike area rondom jou af.
• Die eklips is 27 of 28 September, afhangende van jou tyd sone. Kyk na hierdie
webwerf skakel vir die tyd waar jy bly.
• Dit begin 28 Sept. UTC/GMT 00:11 (rondom middernag, 12:11 AM UTC) en eindig
5:22 (5:22 AM UTC). Die maksimale eklips is UTC 2:47 AM.
• Selfs as die eklips nie sigbaar is in jou land nie, beteken dit nie dat die
boosheid nie na vore gekom het nie. SO WEES IN GEBED!
Dit sal gedeeltelik sigbaar wees vanaf Europa, Suid/Wes Asië, Afrika, Noord
Amerika, Suid Amerika, Stille, Atlantiese, Indiese Oseaan, Arkties, Antarktika.
Wees asseblief in gebed, (en moenie na dit kyk nie).
Jesaja 26:20
Kom MY volk gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou
vir ‘n klein oomblik, totdat die gramskap verbygaan’
Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip 'n
rukkie weg totdat GOD klaar is met straf. 1983 Vertaling
* * * * * * *
Elisabeth (Elisheva): Is daar enige iets anders HEMELSE VADER?
Kathrynyah: Dank U vir die waarskuwing voor die tyd.
E: Ok, ok. Ek hoor iets… Word ek opgeneem?
K: Ja.
[Heilige Tale & Profesie begin:] MY kinders, MY kinders, MY kinders!
Wanneer julle die donkerte sien, of julle hoor (van) die donkerte wat die maan
sal bedek, bly binne in julle huise! Want, wanneer die maan rooi gaan word, is
dit tyd vir MY Heiliges om op te staan en om in voorbidding te wees en om te bid
teen die duisternis!
Bid teen die geestelike duisternis, die vloeke, mense se onmenslikheid teenoor
die mens – want die regerings wie jullle gedink het julle kon vertrou regoor
hierdie wêreld, wat bedoel was om mense te beskerm – nou gee EK julle ‘n nuwe
bevel – vra vir beskerming [van al hierdie dinge]. Want satan het 'n meester
plan.
Moenie mislei wees nie. Dit is NIE, EK, YAHUVEH se woede nie.
Hierdie is die elite se woede op diegene wie hulle “landbouers” noem. Die woord
“ontvolking” word net sorgloos voortgespreek deur hierdie elite. Pasop vir die
elite. Want satan sal demone vrystel om hierdie elites in ‘n nuwe manier te vul.
En hulle gedagtes sal nie wees om die mensdom te bewaar nie, en enige deernis (menslikheid)
sal weggewas word.
Pasop vir die elites van hierdie wêreld. En julle sal sê, “Maar wie is die
elites?” Hulle is die rykstes van die rykes. Hulle dien alreeds satan. Hulle sê
hulle is “beter as enige iemand anders.”
Dwase mans en dwase vrouens – julle begeer om te hê wat hulle het! Tog besef
julle nie – al wat hulle gaan kry is hel en die Poel van Vuur! Sommige noem
julle “film sterre.” Sommige is in hoë regerings posisies. Sommiges is
biljoenêrs. En baie keer oor miljoenêrs.
EK sal nie die name noem nie. Ek sal nie hierdie Profeet wat praat in gevaar
stel nie. Ek het net vir julle ‘n kykie gegee van die elite: die verderwers van
geregtigheid. Sommiges gee selfs die wette van die land! In hoë politiese plekke!
Pasop vir die elite!
So hierdie maan is net ‘n voor skaduwee. Want MY woede vir hierdie wêreld het
nog nie gekom nie, maar dit sal (Openb. 6:16) en EK, en EK alleen, die SKEPPER
van daardie maan, EK, YAHUVEH sal ‘n ander rooi maan daar plaas, wanneer julle
dit die minste verwag. Dit sal NIE wees soos die wetenskaplikes dink nie.
EK IS YAHUVEH!
Het EK NIE tyd gestop nie (Josua 10:13; Jesaja 38:8)?
Die Heilige Skrifte vertel nie leuens nie!
‘Hoe kan jy die draai van die wêreld stop, sonder dat almal af vlieg?’
Tog het EK YAHUVEH tyd gestop! Dink julle waarlik dit is onmoontlik vir MY om ‘n
ander eklips oor die maan te bring – en die maan sal in bloed verander (Joël
2:31)!
EK IS YAHUVEH! DIE SKEPPER VAN ALLES!
MY woede word steeds opgebou. MY GENADE roep steeds uit (Spreuke 1:20; 8:1) “Kom
na YAHUSHUA HA MASHIACH terwyl jy kan, omdat HY ALLEEN die ENIGSTE INTERSESSOR
is!”
Dit is NIE ‘n man wat in ‘n rok geklee is nie! Hy beklee homself met ‘n gewaad,
maar dit is nie EK, YAHUSHUA se geregtigheid nie! Hy het die hele ewigheid om te
betaal omdat hy die aanbidding van mans en vrouens aanvaar het. Nooit sal hy sê,
“Kyk op na YAHUSHUA! Kyk op waar jou WARE VERLOSSING nader kom nie” (Lukas
21:28)! Julle weet hy verheerlik in [geniet] die verering en aanbidding van ‘n
mens. (Johannes 5:41; 12:43).
Pasop vir die elite! Pasop vir die een wie homself ‘n “Pous” noem! Pasop vir die
Vatikaan!
Pasop vir die elite. Want, hulle IS NIE elite in MY oë nie. Hulle is die elite
van satan. Hulle behoort aan satan – verstandelik, liggaam, gees en siel – en
dit is hoekom EK sê, na die hel en die Poel van Vuur sal hulle gaan!
O maar EK het MY elite - hulle is gewas in die gestorte Bloed van MY SEUN
YAHUSHUA, julle MASHIACH. Hulle is volgers en gelowiges en verdedigers van dit
wat julle die Tien Gebooie noem. EK kyk nie na hulle finansiële inkomste nie.
Hulle is MY elite. Hulle is MY elite magte wat teen die duisternis staan.
Want, dit is “die gebede van die regverdiges wat groot krag het” (Jakobus 5:16)!
Nie die gebede van die onregverdiges nie!
Deuteronomium 28 is MY Woorde! Dit is jou keuse of jy die seëninge van EK
YAHUVEH vir gehoorsaamheid dra, of die vloeke van EK YAHUVEH vir jou rebelsheid
en jou ongehoorsaamheid en jou weiering om Heilig te lewe!
En in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sal EK jou gebede hoor. EK sal jou
vergewe. EK sal genade hê. So kom na MY toe, nederig – terwyl daar steeds tyd
is.
Hierdie wêreld het dit wat EK ‘n “verafskuwing” noem gewettig (Lev 18:22) Maar
hierdie wêreld is nie die WETGEWER nie.
EK, YAHUVEH IS DAARDIE WETGEWER!
E: Vir U GLORIE ABBA YAHUVEH! Vir U GLORIE YAHUSHUA! Vir U GLORIE! Ons bestraf
die [bose] elite nou in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Die elites van satan
– ONS BESTRAF JULLE!
Ons vra U ABBA YAHUVEH om die vloeke van Deuteronomium 28 los te laat! Laat
hulle dit dra soos ‘n tweede vel (Psalms 109:17-19)! Ons vra U ABBA YAHUVEH,
neem wraak. Omdat U gesê het, “Wraak is MYNE, Sê YAHUVEH” (Deut 32:25, Rom
12:19), U sal terug betaal!
Vir U Glorie ABBA YAHUVEH. Ons dank U en ons prys U vir U beskerming hierdie nag
wanneer die super maan gaan kom – die eklips en dit bloed rooi verander ABBA YAH
– ons dank U vir U beskerming teen die demone wat vrygestel gaan word. En
diegene met die vreemde vuur en wie in die okkult is, sal dit gebruik om hulle
vloeke te stuur en om hulle rituele te doen.
Ons bestraf dit! Ons ontvang dit NIE! In die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons
staan op die Skrif van Psalms 91 dat geen plaag naby ons huishouding sal kom nie!
U het Heilige Engele gegee om ons te beskerm! Ons dank U en ons prys U ABBA
YAHUVEH dat U die vyand verwar!
En instede daarvan dat die sogenaamde landbouers sal sterf, sal dit die einste
elite wees wat U sal oordeel. Dit wat hulle op die onskuldiges van hierdie
wêreld wil plaas, sal net weer terug gaan op die elite van hierdie wêreld – die
elites van satan, die bruid van satan, die dienaars en dissipels van satan.
Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U dat U ons beskerm! Dank U! Dank U vir die Gestorte
Bloed van YAHUSHUA! Dank U vir die onsigbare krag veld – daardie koepel rondom
ons huise! Dank U ABBA YAHUVEH!
Want U het gesê, “Gaan steek julleself weg MY kinders, vir ‘n kort tydjie” (Profesie
60, Jesaja 26:20) totdat U woede sal oorgaan. Dank U dat U ons beskerm teen mens
se onmenslikheid teenoor die mens.
Dank U dat U legioene Heilige Engele sal loslaat. Terwyl donkerte die maan gaan
bedek en dit sal voorkom of dit bloed rooi is, dank U ABBA YAHUVEH dat U
legioene Heilige Engele op hierdie aarde sal loslaat om elkeen te bedek en te
beskerm wie waarlik aan U behoort, YAHUSHUA!
Ek vra nie vir die bedekking van die wat louwarm is nie – diegene wie voorgee
dat hulle aan U behoort!
[Praat onder ‘n sterk salwing:] Die kerk van die wat voorgee – GAAN WEG VAN MY,
GAAN WEG VAN MY! ONS het niks in gemeen met julle nie!
Ons is bloed gekoop deur die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. En ons uitsluitlike
doel in die lewe is om Heilig te leef voor HOM! Ons is nie perfek nie! Alleenlik
HY is perfek! Maar ons weet dit, ons toets ABBA YAH nie doelbewus en doen sonde
nie.
So dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U KOSBARE, KOSBARE
IMMAYAH, ons KOSBARE, KOSBARE, SOETE HEILIGE GEES! Dank U!
U skei die koring van die onkruid (Matt. 13:24-30). En ons dank U ABBA YAHUVEH
dat ons U koring is! En nie enige GMO [genetiese gemodifiseerde] koring is nie!
Ons verteenwoordig die Hemelse koring.
Dank U vir die LIG wat ons gesigte vul, sodat die SOETE, SOETE HEILIGE GEES
gesien kan word! En nie die VALS lig (van die bose) nie – omdat dit soos ‘n
fluorescent lig is! Ons het die WARE LIG.
Ons dien die LEIDENDE LIG, ons HERDER, ons MESSIAS, ons HERE, GOD & REDDER, DIE
ENIGSTE GEBORE SEUN VAN YAHUVEH, DIE GEKRUISIGDE & DIE OPGESTANE – ons GELIEFDE
YAHUSHUA HA MASHIACH, ons SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!
En ons dank U! Ons prys U, GELIEFDE YAHUSHUA, dat U ons salf, ons beskerm, ons
seën, ons lei – ons onderskeiding gee (van) wie goed is en wie boos is, die
begeerte om ‘n regverdige lewe voor U te lei – om U Glorie te bring. Verdedigers
van die Tien Gebooie, ons dank U, om [ons] getel te word as een van die elite
van ons GELIEFDE YAHUSHUA, ons MASHIACH – gebeds intersessors wat teen die
boosheid van hierdie wêreld staan… Dit is al.
K: Amen! [Elisabeth(Elisheva) lag, opgewonde.]
E: Dank U ABBA YAHUVEH!
K: Jy weet net nooit nie…
E: Hierdie is Profesie – wow. Hierdie is ‘n Profesie! [Lag, opgewonde en bly.]
En dit sou nie na vore gekom het as ons nie nagmaal gehou het nie. As ons nie
geweet het nie, as jy my nie gebel het nie…sou niks van hierdie gebeur het nie.
K: Ek weet.
E: Dit is so ontsaglik VADER! Op dieselfde nag wat almal vrees, is ‘n nuwe
Profesie gedurende die dag vrygestel!
K: Wel, terwyl jy dit voortgespreek het, en terwyl HY gepraat het van tyd, het
ek ‘n grootvader horlosie gesien.
E: Ek hoop jy het hierdie opname.
K: Ja.
E: Ok, jy kan aangaan…
K: En toe sien ek – dit het gevoel of ek saam met almal in die Hemel was, en
almal het gebuig terwyl HY gepraat het. Eintlik het ek dit gesien. Ek het almal
sien neerbuig.
En toe, (dit was) asof ons op grondvlak was en dit was gespreek in die
geestelike realm…
K: (...), ek het gesien, jy weet die middelpunt van ‘n aardbewing en die golwe
kom daaruit? Die krake, nie krake nie – vibrerings. Dit is wat ek gesien het. En
toe YAH gesê het – jy het gebid dat die bose sal omval. Het ek dit ook gesien.
Ek het 2 donker figure sien omval, waar hulle neerval soos ‘n piramide.
E: John Hagee is een van hulle. John Hagee is een van die elite. En Joel Osteen
is een van die elite.
K: Amen.
Adam: Wow.
E: Ja, ja. Die grootvader horlosie. Dit was interessant. So jy weet wat die
GROOTVADER is – dit is ABBA YAH!
K: Ja!
E: GROOT VADER, GROOT HEMELSE VADER! Dit is ontsaglik. Dit is absoluut ontsaglik.
Ek het dit nie verwag nie. Ek weet nie of die “Asiaanse Bruid Kom Na Vore”! nou
124 is, wat nie vrygestel is nie – en of dit is waarom dit teruggehou word nie.
K: Moet ek aanhou opneem of stop?
E: Nee, hou aan opneem vir nou, sodat mense kan verstaan. Ek het dit nie verwag
nie. Hahaha!
K: Wel jy – ons doen nooit nie!
E: Ek weet, ek doen nooit nie! [Lag terwyl sy dit sê!] Ek, waarlik, dit is
waarlik – geen wonder dat ek onder aanval was nie. 28:01 VADER ek dank U en prys
U op hierdie oomblik dat U my mond seën. Ek gee aan U die Glorie HEMELSE VADER!
Vir almal wie my probeer stil maak het – my mond, soos U gesê het HEMELSE VADER,
skree net harder wanneer U dit gebied in die Naam van YAHUSHUA.
Offensief vir baie, en 'n seën vir ander, n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha
MASHIACH/JESUS CHRISTUS