43
10 Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle
beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.
11 En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan
bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al
sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit
voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en
dié kan uitvoer.
12 Dit is die wet van die huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al
rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis.
13 En dit is die afmetinge van die altaar in elle (die el is ‘n el en ‘n
handbreedte): die voetlaag ‘n el hoog en ‘n el die breedte; en die opstaande
rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou
van die altaar.
14 En van die voetlaag op die grond tot by die onderste omlysting: twee el, en
die breedte: een el; en van die kleinste omlysting tot by die grootste omlysting:
vier el, en die breedte: een el.
15 En die vuurherd: vier el; en van die vuurherd af en boontoe die horings, vier
in getal.
16 En die vuurherd: twaalf el lank by twaalf el breed, vierkantig na sy vier
kante.
17 En die omlysting: veertien el lengte by veertien el breedte na sy vier kante
toe; en die opstaande rand daar rondom: ‘n half-el; en die voetlaag daaraan: ‘n
el rondom; en sy trappe het oos gekyk.
18 En hy het vir my gesê: Mensekind, so spreek die Here HERE: Dit is die
verordeninge van die altaar: Op die dag as dit gemaak word om brandoffers daarop
te bring en om bloed daarteen uit te gooi,
19 moet jy aan die Levitiese priesters wat uit die geslag van Sadok is, wat na
My mag nader kom—spreek die Here HERE—om My te dien, ‘n jong bul gee as
sondoffer.
20 En jy moet van sy bloed neem en dit stryk aan die vier horings daarvan en aan
die vier hoeke van die omlysting en aan die opstaande rand rondom; so moet jy
dit dan ontsondig en versoening daarvoor bewerk.
21 Dan moet jy die sondofferbul neem, en hulle moet hom verbrand in die daarvoor
bestemde plek van die huis, buitekant die heiligdom.
22 En op die tweede dag moet jy ‘n bokram sonder gebrek as sondoffer bring; en
hulle moet die altaar ontsondig soos hulle dit met die bul ontsondig het.
23 As jy klaar is met die ontsondiging, moet jy ‘n jong bul sonder gebrek en ‘n
ram sonder gebrek uit die kleinvee bring.
24 En jy moet hulle bring voor die aangesig van die HERE; en die priesters moet
sout daarop strooi en dit as brandoffer aan die HERE bring.
25 Sewe dae lank moet jy daagliks die sondofferbok gereedmaak; ook moet hulle ‘n
jong bul en ‘n ram uit die kleinvee, altwee sonder gebrek, berei.
26 Sewe dae lank moet hulle vir die altaar versoening bewerk en dit reinig en
dit inwy.
27 En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priesters op die agtste dag en
verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal ‘n
behae in julle hê, spreek die Here HERE.
Matteus 5:13-20
13 Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal
dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense
vertrap te word nie.
14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie
weggesteek word nie;
15 en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar
op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien
en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het
nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal
nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur
het nie.
19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só
leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen
wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié
van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die
hemele sal ingaan nie.