2
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te
woon, spreek die HERE.
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot
‘n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die
leërskare my na jou gestuur het.
12 En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en
Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.
*~ Hoofstuk 3 ~*
1 Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel
van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
2 Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die
HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout
wat uit die vuur geruk is nie?
3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan.
4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere
van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek
beklee jou met feesklere.
5 Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein
tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die
HERE daarby staan.
6 En die Engel van die HERE het Josua plegtig verseker en gesê:
7 So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my
verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en
Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor
jou sit—ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat
kom!
9 Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het—op die een steen is daar
sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare,
en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.
10 In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder
die wingerdstok en onder die vyeboom.
*~ Hoofstuk 4 ~*
1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man
wat uit die slaap opgewek word.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar,
heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens
sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan
die linkerkant daarvan.
4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat
beteken dit, my heer?
Filippense 2:1-18
1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die
liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en
ontferming is,
2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê,
een van siel, een van sin.
3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet
die een die ander hoër ag as homself.
4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die
ander s’n.
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk
te wees nie,
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en
aan die mense gelyk geword;
8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te
word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam
is,
10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en
die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God
die Vader.
12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my
teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie
heil uit met vrees en bewing;
13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy
welbehae.
14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te
midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die
wêreld,
16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van
Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
17 Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van
julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.