Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
28 Mei 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie
hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n
Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie
toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond
van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte
gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van
Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm
* * * * * * *
Daniël 12:1 En in daardie tyd sal Migaél, die groot heerser wat oor die kinders
van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie
gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op daardie tyd nie; maar in daardie
tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boekrol opgeskryf staan.
12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige
tot die ewige lewe en sommige tot groot oneer, vir ewig afgryslik.
12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die lugruimte, en die
wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altyd.
Gespreek/ geskryf onder die salwing van die Heilige Gees deur
Apostel Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]
7 Augustus 1998
* * * * * * *
SKREE DIT VAN DIE INTERNET AF! SKREE DIT VAN DIE HUISE SE DAKKE AF!
PROKLAMEER DIT IN DIE STRATE, EN KERKE! RADIO en TELEVISIE!
YAHUSHUA MESSIAH IS OPPAD!
Gabriël het sy basuin geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer met die verwoede
oorlog wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare
veg, goed teen kwaad, maar goed triomfeer atyd. Daar is diegene wat die
ramshoring gehoor het en hulle wat nie het nie.
Maar EK sê vir julle EK het die waarskuwing gegee aan hulle wat die ramshoring
gehoor het, alhoewel Gabriël se ramshoring tot dusver slegs deur 'n PAAR gehoor
was, was dit alleenlik om MY Bruid voor te berei want haar Bruidegom kom. Moenie
bekommerd wees dat jy nog nie die basuin van Gabriël gehoor het nie want dit is
nog vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs geblokkeer word vir 'n
vasgestelde tyd. Want is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die Aarde
af is nie? Selfs die berekeninge hiervan het EK vooraf bepaal.
Doen vining waarvoor EK jou bestem en geroep het om te doen. Diegene wat EK
finansieel geseën het, wanneer EK terugkom en EK vind julle het julle geld
opgegaar vir ‘n reëndag en die profete en apostels gebrek laat ly wat die
profetiese woorde oor die wêreld moet voortspreek en vertel van MY wederkoms en
die noodsaaklikheid om gereed te maak.Wee hulle wat dit gedoen het.
Wee hulle wat MY Apostels en Profete gemuilband het of probeer muilband of
ontmoedig of verhinder het om voort te spreek. Wee hulle wat MY Apostels en
Profete gespot en mishandel het omdat hulle hierdie voortgespreek het. Julle is
gewaarsku, vertel dit nou aan ander. EK het dit eerstens aan MY diensmaagd
Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] vertel en vir haar gesê om die Gees
wat praat te toets en om dit gaandeweg vir ander te vertel. Sy sou die
bevestiging kry wat sy gesoek het, van diegene wat sy nie geken het nie maar EK
het geweet dat hulle ore het om te hoor. Hierdie het teen haar leerstellings en
oortuigings ingedruis wat sy geleer was wanneer Gabriël die basuin geblaas het.
Dan sal julle wat nog leef opgeneem word om MY in die lug te ontmoet.
Hierdie is waar maar wat julle nie weet nie is openbarings wat EK nou deur
hierdie diensmaagd openbaar. Dit sal teen julle godsdiens indruis, ja, en julle
leerstellings. Maar MY Woorde is betroubaar en waar. Daar is 'n tydsverloop
tussen hierdie gebeurtenisse. Eerstens blaas Gabriël die ramshoring, dan 'n
groot oorlog in die Hemele wat hierdie aarde reeds sien, die weerlig en die
gebrul van MY donderweer hoor. Hierdie aarde voel alreeds die kataklismiese
skokgolwe soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die Hemele gee geboorte aan die Seun
van YAHUVEH se wederkoms!!! Die Hemele trek krampagtig saam soos 'n vrou wat
geboorte skenk. Die aarde sal hierdie kontraksies sien en voel net soos 'n vrou
wat geboorte skenk. Daar sal orkane, tornados, vulkane en aardbewings wees en
hulle omvang sal hewiger word terwyl MY koms nader.
Julle het altyd hierdie dinge gehad, dit is waar, maar nou sal julle 'n
verandering sien in die atmosfeer, want EK alleen is die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH
en EK sal bewys dat julle nie die kalender kan vertrou om te sien watter seisoen
sal verskyn nie. Neem kennis van die planete terwyl EK dit wat julle geglo het
verskuif en wys wat julle nog nie gesien het nie.
Neem kennis van die son en die maan en die sterre want weereens het EK
verrassings gebêre vir hierdie aarde. EK sal bewys dat EK alleen ALMAGTIGE
YAHUVEH is! Ek sal verskaf EK sal nie langer bespot word nie. Dit wat die
heidene gesê het onmoontlik is, sal EK wys dat met ALMAGTIGE YAHUVEH is alle
dinge moontlik. Die heidene se gode sal verkrummel tot puin. Die aarde sal
oopgaan en vir Boeddha insluk. EK sal bewys in watter pieperige gode die heidene
hulle vertroue gestel het. EK sal geen ander gode voor MY hê nie. Diegene wat
ander gode aanbid sal saam met hulle gode sterf behalwe as hulle vandag bekeer.
Môre mag dit te laat wees! Julle was gewaarsku! Enigiets wat julle voor YAHUSHUA
ha MASHIACH stel is 'n god. Hetsy dit 'n persoon, plek of ding is. Enigiets wat
julle liewer het as vir MY, sal EK verwyder. Nahum 1 sê duidelik EK is 'n
jaloerse GOD.
Julle sal sien hoe EK my vyande beveg en vernietig. EK sal diegene afsonder wat
aan MY behoort, in hul verstand, liggaam, geeste en siele. EK weet wie waarlik
vir YAHUSHUA aanbid en wie waarlik die RUACH ha KODESH het om dit te bewys
inwonend in hierdie aardse werktuie. EK word nie mislei deur herhalende woorde
of aksies of 'n godsdiens nie. EK was bespot en ALLES wat heilig is was bespot,
en MY Naam word verdoem, herhaaldelik vervloek op julle luggolwe, in liedjies,
op televisie en selfs in huise waar MY Kinders woon. In 'n land wat afgesonder
is vir MY heerlikheid. 'n Klein babatjie tog so onverskrokke en parmantig om vir
die Skepper te sê "In GOD we Trust" en MY nogtans bespot deur MY RUACH ha KODESH
nie toe te laat in hulle skole, howe of regering nie, EK sal die Hooggeregshof
wys wie alleen Oppermagtig is. EK sal vir Amerika wys wat gebeur met 'n baba wat
sê gaan weg, ek het nie meer hierdie Vader YAHUVEH nodig nie.
EK sal Amerika wys en haar gebruik as ‘n voorbeeld want EK het MY ergste gehou
vir laaste. Julle straf is besig om opgehoop te word. Die arend sal die land wat
dit moes bewaak, opvreet! O! O! Maar EK kan MY Babatjies, MY ware Babatjies, MY
Kinders, hoor, beide klein en volwasse, beide wat vleis eet en steeds aan die
melk van MY bors drink. En hulle sê, "Nie ek nie, sekerlik nie ek nie, ek bly in
Amerika wat sal van my word?" Trane stroom uit sommige van julle se oë in vrees,
ander knip die trane weg.
Hier is wat EK sê vir diegene wat MY RUACH ha KODESH het en MY eerste stel en
nie skaam is vir die NAAM van YAHUSHUA of om 'n wedergebore, RUACH ha KODESH
gevulde Christen genoem te word nie. Luister mooi en hulle wat MY stem ken sal
'n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en weet dit is EK, julle Meester
YAHUSHUA ha MASHIACH, wat hier voortspreek uit hierdie diensmaagd tot die
wêreld!
Hier is wat julle Verlosser YAHUSHUA spreek tot SY kinders gevul met MY RUACH ha
KODESH, luister mooi en vertel vir almal wat wil luister. Soos in die dae van
Moses, so sal dit weer wees. EK sal die Israeliete en die Egiptenaars skei.
MY seëninge en MY vloeke, seëninge vir diegene wat MY gehoorsaam en vloeke vir
hulle wie ongehoorsaam is aan MY. Het EK nie 'n plek vir hulle voorberei, toe
die bose Farao dit onmoontlik gemaak het om daar in die heiden land te woon nie?
Gebeur dit nie ook nou in Amerika nie? Sien julle nie ook hoe die bose faraos
verrys in die vorm van regering besig om julle Christelike vryhede weg te neem
nie? Wette uit te vaardig wat sê julle mag nie praat teen dit wat EK 'n gruwel
noem nie. Julle dwing om vir hierdie gruwels te betaal met belastinggeld wat EK
nie beskik het vir julle om te betaal nie. Lewenswyses wat EK eenvoudig in MY
Woord gesê het is ‘n gruwel vir YAHUVEH.
Julle woon in 'n land in Amerika waar MY NAAM konstant bespot en vervloek word.
Die verdoeming val net terug op diegene wat MY NAAM verdoem vir wins. EK sal
julle nie hiervoor vergewe as hierdie akteurs nie trane van berou stort en voor
die mense bely dat hulle gesondig het nie. Het EK nie 'n veilige plek vir Lot
voorsien wat moes vlug nie? Net Lot se vrou wat omgekyk het was vernietig. Want
sy het verlang na die lewenswyse waarvan sy weggevlug het. Daarom het EK vir
haar dieselfde loon gegee. Vernietiging!
Het Ek nie 'n veilige plek vir Noag voorsien nie? Hoekom sal EK nie 'n veilige
plek voorsien vir MY Kinders gevul met MY RUACH ha KODESH nie? Hoekom sal julle
MY Liefde betwyfel as hulle nie het nie?
O, hoe bedroef julle MY wanneer julle dit doen. Is EK nie instaat om almal op
hierdie aarde te versorg wat aan MY en MY Vader behoort nie! Hou op om MY te
betwyfel! Het EK nie in die tyd van Moses selfs die Heidene forseer om hulle
silwer en goud op te gee nie sodat diegene wat heilig was nie met leë hande en
armoedig vertrek het nie? Die rykdom van die goddelose word opgegaar vir die
regverdiges.
Moenie na die ekonomiese wee luister nie. Dit is die heidene se wee, nie MY
Kinders se wee nie. Tot Eer van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH, sal EK
MY Mense seën op maniere waarvan hulle nooit gewaag het om te droom nie, nie vir
hulle selfsug nie. EK gee dit sodat MY Apostels en Profete vir die wêreld kan
skree, Gabriël het sy ramshoring geblaas.
Kinders wat MY stem hoor EK beveel julle om MY Apostels en Profete te ondersteun
wat dit waag om met vrymoedigheid te spreek. Dink julle dit is nie Skriftuurlik
nie? Het EK nie 'n klein weduwee vroutjie voortbeskik met net genoeg om 'n
broodjie vir haar en haar seun te bak vir 'n laaste maaltyd, om MY Profeet van
Ouds Elia te voed nie? Maar sy het geglo dat wanneer jy 'n Profeet seën so sal
jy voorspoedig wees. Op vele maniere buiten die finansiële het EK daardie
weduwee geseën.
EK het selfs dat Elia van Ouds haar seun se lewe red, hom teruggebring uit die
dood. MY Profete sal nie instaat wees om te werk soos julle werk nie, want wie
wil 'n persoon in diens neem wat die stem van YAHUVEH kan hoor? Hulle sal vir
hulle lewens vrees, en ook dat hulle sondes ontbloot word. So voed MY Apostels
en Profete soos julle MY ander bedieninge gevoed het. Wanneer julle die apostels
en profete se monde snoer deur vir hulle te sê hulle is nie belangrik genoeg om
te ondersteun nie, maak julle MY Stem stil wat gehoor moet word op hierdie aarde
in ‘n luide, suiwer, vrymoedige stem.
Dit is die ware apostels en profete wat hulle lewens daagliks op die altaar lê,
wat gehaat en verwerp word terwille van MY NAAM maar hoe min van julle
ondersteun 'n apostel of profeet. Hulle ly gebrek terwyl julle dít ondersteun
wat julle as waardiger bedieninge ag.
GABRIËL HET DIE RAMSHORING GEBLAAS! DIE KLANKGOLWE IS GEBLOKKEER TOT DUSVER, AS
GEVOLG VAN DIE VERWOEDE OORLOG IN DIE HEMELE, MAAR O NOG SO 'N KORT TYDJIE EN
DIE EEN VIR WIE JULLE WAG SAL VERSKYN VIR SY BRUID! SAL JULLE GEREED WEES?
SPREEK VOORT DIE GEHEIME WAT EK VIR JULLE VERTEL IN ONVERSKROKKENHEID!
Ondersteun die bedieninge, al lyk hulle minderwaardig teen die groteres met
volop finansiële ondersteuning, dink julle EK sal julle seën omdat julle vir die
bedieninge gee wat nie julle geld nodig het nie. Julle geld maak hulle net
gulsiger en kragtiger in hul eie naam, vir hul eie roem. EK beveel julle om aan
die Profete en Apostels te gee wat op MY staatmaak om hulle te ondersteun deur
die saad te stuur deur MY Mense, die een tot wie EK hierdie spreek weet nie eers
waar die volgende doller vandaan gaan kom nie, maar sy vertrou MY en EK sal
voorsien.
Want deur dit te waag om te spreek wat EK nog deur geen ander Profeet tot dusver
gespreek het nie, sal MY Dogter Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]
vervolg word omdat sy dit voortspreek, en selfs gespot word deur haar eie
tydsgenote. Groot sal hul toorn wees omdat hulle dit doen, en groot sal haar
beloning wees om te spreek wat sy nie langer kan verswyg nie. In die tyd van
Moses, het EK nie vir die Kinders van Israel voorsien nie? Nogtans het kinders
van Israel hulle ondankbaar gedra.
Maar al MY Kinders tree een of ander tyd dieselfde op. Hoeveel van julle neem
jul seëninge vanselfsprekend wat EK daagliks gee? Maar net soos julle jul
kinders vergewe as hulle julle nie elke dag bedank omdat julle hul versorg nie,
so vergewe EK julle omdat julle ook vergeet. In die tyd van Moses het EK nie
water uit 'n rots voorsien vir hulle dors nie, 'n harde droë rots? Nogtans het
dit MY Lewende Waters laat voortvloei wat hulle onderhou het. MY Kinders was
dors daarom het EK vir hulle water uit 'n rots gegee en EK kan dit weer doen en
EK sal, EK is GEEN aannemer van persoon nie.
Glo net en glo dat EK apostels en profete sal oprig en opgerig het wat al
hierdie dinge sal doen en nog meer. EK SAL DIT WEER DOEN! Hulle wat nie MY
Lewende Water aanneem nie sal dors ly, sal sterf en hel toe gaan. Vir MY Eer
alleen sal EK Lewende Water uit rotse voortbring. Het EK my Kinders laat
Hongerly in die woestyn? Verstaan julle hoeveel moes EK voed? Het EK 'n probleem
gehad? NEE! Sonder om selfs 'n pyl af te vuur, sonder om selfs na die voëls te
soek, het EK die voëls hulle lewens laat opoffer sodat MY Kinders vleis kon hê
toe hulle moeg geraak het vir die manna, Engele-Brood uit die Hemel.
EK het hulle met kos uit die Hemel gevoed waaroor hulle gemurmureer en waarvoor
hulle moeg geraak het en so sal EK hulle weer voed. Wanneer hulle dan gekla het
omdat hulle moeg geraak het van kos uit die Hemel, het EK vir hulle die vleis
van hierdie aarde gegee waaraan hulle gewurg het en duisende het gesterf. EK was
kwaad oor hulle ondankbaarheid! So pasop, want weereens is EK 'n GOD wat nie
VERANDER nie! Nou is julle geleer op hierdie dag. EK het vir Moses en MY Kinders
die deurgang deur die Rooi See gegee toe hulle rue teen die dood was voor hulle,
en agter hulle, en so sal EK weer doen.
Glo MY net; EK het 'n plek voorberei vir MY Kinders. EK het nog nie hierdie plek
openbaar nie selfs aan die apostels en profete nie. Want die tyd is nog nie reg
vir hulle om te maak dat MY Kinders vlug nie. Julle kan nie voor die wolk van
heerlikheid uitgaan nie en julle kan nie agter dit aangaan nie. Julle moet reg
onder dit bly en beweeg wanneer dit beweeg en staan wanneer dit staan. EK sal
weer vir julle 'n wolk van heerlikheid gee om te volg en 'n vuurkolom om julle
pad in die nag te verlig. Moenie bekommerd wees oor die
elektrisiteitsmaatskappye nie.
As dit vir MY nodig is, sal EK die engele stuur om julle te lei. EK sal steeds
‘n volk hê. EK sal nogsteeds dit wat MYNE is beskerm. JA, sommige van julle sal
gewillig julle lewens vir MY gee, maar EK sal net jou lewe vir jou teruggee.
Sommige sal in die Hemel ontwaak wetende dat hierdie bloed net meer Stefanusse
opgewek het. Want onthou Saulus het die kleed van Stefanus gehou toe Stefanus
gestenig was en Saulus het Paulus geword. Hierdie martelaar Stefanus het MY
gesien toe die Hemele geopen het en MY GLORIE het sy gesig laat skyn, so moenie
dink dat dieselfde tipe martelaars wat verrys wat alreeds hulle lewens gegee het
nie dieselfde gesien het nie.
Sommige van MY Apostels, Profete en Kinders sal doodgemaak word en nogtans weer
lewe en die duiwel kan dit nie stop nie ook nie die mensdom nie. EK sal meer
wonderwerke in hierdie eindtye tentoonstel as in die hele Bybel saam. Sal julle
gereed wees? Sal julle aan die kant wees wat MY verloën of MY bely as Heer en
Verlosser?
Jammer om te sê, maar selfs MY eie soos Petrus wat op die water geloop het, toe
dit kom by vrees vir sy lewe, het MY verwerp en verloën, so sal dit wees en was
dit ook reeds weer gewees. Wees nou dankbaar teenoor MY vir dit wat julle het,
anders sal EK kom en selfs dit wegneem. So sal EK in julle leeftyd weer al
hierdie dinge doen selfs al hoor julle nie daarvan nie. Weet dit sal gedoen
word! EK is dieselfde God gister, vandag en tot in ewigheid. EK, die Here julle
God YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH VERANDER NIE! Pasop om die aarde se
vleis bo die Hemelse manna te verkies.
EK gaan al hierdie dinge doen en nog meer vir MY GLORIE om te bewys dat EK
ALMAGTIGE God alleen die laaste sê het, nie satan, nie die antichris, nie die
vals profeet en nie die regering nie. EK sal bewys dat YAHUSHUA ha MASHIACH
(JESUS CHRISTUS) die skape kan versorg wat aan HOM behoort! Selfs Moses se
skoene het nie verslyt nie. So sal dit weer wees. Neem MY op MY Woord. Weet dat
EK ALMAGTIGE God is en vir MY is alle dinge moontlik. Want MY Kinders sal
Gabriël se ramshoring hoor. Sommige het alreeds, slegs as 'n voorspel om vir MY
Profete te sê, spreek dit voort om ander te bemoedig want die volgende keer
wanneer hulle dit hoor sal al MY Kinders dit terselfdertyd hoor.
Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Profeet Sherrie
Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu) 7/8/98 begin op 10:00 vm en geëindig 10:13 vm
* * * * * * *
IS JULLE GEREED VIR 'N SKOK? GABRIËL HET SY RAMSHORING GEBLAAS!
Deel 2 "DIE DOOIES SAL OPSTAAN"
Hier is nog 'n openbaring wat EK gedeel het met hierdie Profeet waardeur EK
spreek. Wees gereed vir 'n skok tot julle dogmatiese leerstellings en hoor 'n
waarheid wat meeste nie verstaan het nie. Ek moes vir hierdie Profeet wat nou
onder MY Salwing skryf, drome gee om dit te bevestig, en ook deur dit te spreek,
en dit selfs gespreek deur haar eie jong seun.
Tog het sy nie geluister nie want dit het geskud wat sy geleer was as 'n nuwe
baba in YAHUSHUA. Maak gereed vir 'n skok tot julle godsdienstige-opleiding en
pasop om dit wat julle nie VERSTAAN nie te bespot! Ek is 'n GOD wat nie kan lieg
nie, hierdie Profeet skryf onder MY salwing. Sy kan nie vir julle lieg nie en
het GEEN rede om die bespotting teweeg te bring wat bo-op haar gestapel sal word
nie, behalwe om MY waarhede voort te spreek nie.
EK het net onlangs vir Sherrie [Elisheva Sherrie] hierdie dinge gewys in die
maand Julie en dit bevestig deur ander toe sy VRYMOEDIG voort gespreek het en
dit bepeins het en die Gees getoets het wat gespreek het. O, inderdaad sê EK in
MY Woord, "En die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en dan sal
julle wie nog lewe opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet". Maar hier
is die gedeelte wat julle nie verstaan het nie. LUISTER AANDAGTIG! satan sal die
opstanding van die heiliges bespot. Wanneer hulle Geestelike liggame kom en
herenig met die aardse liggame sal hulle inderdaad op die aarde wandel soos toe
EK opgewek is. Die heiliges het opgestaan het hulle nie? Satan na-aap alles wat
EK doen, en so sal hy dit weer doen.
Daniêl 12
1 En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk
staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het
vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk
gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot
die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat
baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur julle
nie sy weermag van ZOMBIES sal vrees wat verslaan sal word deur die KRAG VAN DIE
KRUIS van YAHUSHUA ha MASHIACH nie! Onthou slaan hulle met 'n plank of hout wat
die KRUIS verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Jesus Christus) wat sal loop
en getuig tot MY Eer sal loop net soos in die tye van ouds en getuig van die
Hemel, om nie die MERK VAN DIE DIER te aanvaar nie! Hulle sal bewys dat daar
lewe na die dood is. MY heiliges sal julle hoor en sien in Verheerlikte Liggame,
WAT NIE DOODGEMAAK KAN WORD NIE!
satan sal sê dit is nie net die Christene wat opgestaan het uit hulle grafte
nie, maar diegene wat nie Christene is nie en hy sal dit bewys deur groot vrees
te bring oor almal wat nie MY woorde op hierdie dag gehoor het nie. Hulle sal na
sy bose vleisvretende demone kyk wat met die heidense aardse liggame verenig
het, uit die bodemlose put kom, om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk
ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie in werklikheid
die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar
demone wat sal byt en hierdie demone sal oorgaan in lewendiges in, maar weereens
sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.
Slaan hulle dus met 'n stuk hout in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH! Bestraf
hulle en bind hulle! Dryf die demone uit en sê, "Die Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH is teen jou satan en alle demone moet wegvlug van my af" en hulle sal!
Die heidense dooies sal op die grond neerval. Bestraling van VVO’s [UFO’s] het
nie hierdie chaos veroorsaak nie; dit is 'n plan uit die hel en julle is vandag
vooraf gewaarsku deur hierdie Profeet wat MY gevra het om haar nie hierdie te
laat spreek voordat dit MY tydsberekening was nie. DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING!
Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die
lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY
arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae na MY
opstanding in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel nie? Julle is die
liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir
MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie.
Bewys dat die Hemel werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is werklik. Die dood is
nie die einde nie maar die begin van óf verlossing, óf verdoemenis.
Dan na die 40 dae waar julle in julle Verheerlikte Liggame wandel, waar geen
tralies julle kan vashou nie en geen behoefte vir kos of water nie, alhoewel
julle dit kan kry as julle so verkies. Het EK nie vis geëet nie? Het EK nie 'n
liggaam gehad waar Thomas sy hand in MY sy kon druk nie? So sal julle ook. Het
EK nie deur mure geloop nie? Die deur was gesluit toe EK die eerste keer na MY
dissipels gegaan het, onthou? So sal julle deur mure loop. Niks sal vir julle
onmoontlik wees nie vir 40 dae lank. Hulle wat nie Verheerlikte Liggame het nie
sal treur want hulle sal onthou dat YAHUSHUA die waarheid gepraat het toe hy
gesê het "Soos julle MY sien opgaan in die wolke so sal julle ook."
EK het hierdie woorde deur MY RUACH ha KODESH tot MY dissipels gespreek. Nou
spreek EK dit weereens deur MY dissipel Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie
Eliyahu]. Verheug julle, julle wat aan MY behoort. Watter groter beloning vir
hierdie aarde om jou in jou verheerlikte liggaam te sien en vir die vyand om te
weet dat hulle jou nooit weer kan doodmaak nie.
Diegene oor wie EK ween word uitgebeeld in die skildery en visioen "One Minute
until Midnight", en is die kerk van die huigelaars. Godsdiens sal julle weerhou
om MY Bruid te wees. 'n Liefdevolle, gehoorsame verhouding met MY is die enigste
manier hoe julle hierdie seën deelagtig kan wees. Ag, die droefheid en die trane
en snikke en geweeklaag terwyl die vyf maagde sonder olie in hulle lampe haas om
te kry wat die vyf maagde gehad wat hulle bruidegom ingewag het, met vars olie
in hulle lampe, hulle sal wil hê wat julle het en sal nie instaat wees om dit te
koop of te ontvang sonder om hulle lewens op te offer vir MY nie.
Diegene wat MY nie verwag nie, en nie glo dat EK sal kom om MY Bruid te red nie,
diegene wat glo dat MY Bruid deur die Groot Verdrukking en Groot Toorn sal moet
gaan, jammer om te sê, julle sal kry wat julle glo. Maar dit beteken nie dat
julle nie gered sal word nie. Dit beteken net dat EK julle wou spaar maar julle
was nie gereed nie. Na die 40 dae sal EK MY Bruid huis toe neem en ons sal
feesvier aan die BruilofsMaal van die Lam. MY Verheerlikte Bruid sal die bose
weermag van die dooies beveg terwyl hulle op die aarde is. Want hulle ken die
krag van die kruis.
Dit is hoekom hulle MY Bruid genoem word. Dit is hoekom EK hulle Verlosser is.
Hulle bruilofskleed is skitter wit en sal nie die bloed of toorn van hierdie
wêreld op hulle hê nie. Slegs MY Bloed was witter as sneeu. Bid vir die
diensmaagd tot wie EK hierdie profesie gespreek het, want die vyand sal verlang
om haar mond permanent stil te maak omdat sy dit waag om met soveel
vrymoedigheid te spreek.
Bid vir Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu]) om aan te hou om dit wat die
wêreld onmoontlik ag uit te spreek. Julle het nie veel van haar gehoor nie, want
reeds het hy probeer om die stem stil te maak wat EK sal aanhou gebruik om tot
MY Skape te spreek, ryk en arm, leiers, hoe meer hulle probeer om hierdie stem
stil te maak, hoe HARDER sal EK deur haar SKREE!
Hoe groter sal die toorn wees vir enigeen wat spot met dit wat soveel
vrymoedigheid geverg het om MY toe te laat om te spreek. Hoe groter die seën vir
almal wat ontvang het wat deur hierdie Profeet Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie
Eliyahu] gespreek is.
So is dit geskryf op 7 Augustus 1998 10:00 vm. So is dit gespreek en sal gebeur.
EK het hierdie dinge gesê om julle vooraf te waarsku en sodat MY Kinders nie sal
vrees nie en die vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH sal weet wie
om te vrees, en wat om te vrees. YAHUSHUA ha MASHIACH is 'n GOD van genade en
liefde en 'n GOD van oorlog! EK voer nie oorlog teen MY Kinders nie maar slegs
teen MY vyande wat vir 'n ander een sê Heer en meester. Julle was gewaarsku!
* * * * * * *
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH Glorie se wind wat oor
hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie,
anders sou dit misluk het.
Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke
Profesie te plaas:
2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy
profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Profetiese Woord Begin:
[Elisabeth (Elisheva)begin in Heilige Tale bid]
“Genoeg is genoeg! Judas was net toegelaat om vir so lank saam met die Apostels
te wandel! Ook hy kon nie langer die huigelaarspeletjie speel nie want daar is
gelowiges en daar is volgelinge.
Dit is nie genoeg om te sê “Ek glo in YAHUSHUA/JESUS. Ek glo dat daar ʼn GOD in
die Hemel is wat genoem word YAHUVEH/YAHWEH. Ek glo daar is ʼn HEILIGE GEES, die
RUACH ha KODESH”. Die vraag is, volg jy ONS? Dit is nie genoeg om net te glo nie!
EK ontbloot die verskuilde Judasse. EK ontbloot hulle wie hulself Christene noem
en dit nie is nie! EK ontbloot wie die bruid van satan is! Vervalsers is oral om
julle. Hulle veg teen MY ware Bruid! Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is in ʼn
oorlog teen die bruid van satan!
Julle wil weet wie julle dodelikste vyand is? Dit is nie die heidene wie weier
om MY Naam te erken nie. Dit is die Kerk van die Huigelaars!
Op hierdie dag, terwyl dit aan die wêreld uitgeskree word toe iemand genaamd
Elton John opgestaan en aan almal geproklameer het, “Ek dink JESUS was ʼn
deernisvolle, super intellegente homoseksuele man wat menslike probleme verstaan
het. HY het aan die kruis die mense vergewe wie HOM gekruisig het en JESUS wil
hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so
wreed nie, want die Bybel sê JESUS was sonder sonde, so dit skakel
homoseksualisme uit, so dit kan nie ʼn sonde wees nie.”
Maar EK YAHUVEH het genoeg gehad! Hierdie man, Elton John, durf dit waag om MY
Heilige Woorde uit te spreek en dit te verdraai! En sê JESUS CHRISTUS van die
Evangelies is ʼn homoseksualis?!
Wêreld, vir hierdie afskuwelikheid sal julle van die Kokende Swart Bloedplaag
drink! Maak jou gereed, wêreld! EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vervolgens, EK het
genoeg gehad!!!
Hierdie siekte was uitgebroei in diegene wat homoseksualiste en lesbiers is,
hierdie siekte het vir MY tydsberekening gewag om na vore te kom. Julle wie
verskonings maak vir die homoseksualiste, EK het vir julle tyd gegee om te berou.....
EK sal nie vir julle die dag sê nie, EK sal nie vir julle die maand sê nie, EK
sal nie eers vir julle die jaar sê wat hierdie plaag fisies sal manifesteer nie,
maar EK sal nou vir julle dit sê, die Kokende Swart Bloedplaag het die Withuis
bereik. EK sê vir julle niemand sal ontsnap nie!
Hoe durf enige iemand sê dat wat EK in MY Heilige Woord as ʼn afskuwelikhêid
verklaar het, durf julle nou sê dat MY Eniggebore SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, die
perfekte geslagte Lam sonder ʼn merk, sonder ʼn vlek van sonde, deelgeneem het aan
ʼn afskuwelikheid, genaamd homoseksualisme,ʼn bespotting van dit wat EK geskape
het toe EK Adam en Eva geskape het.
Die Judasse word voor julle oë ontbloot, ja, hulle wat Skrifte aanhaal en tog so
baie mislei want hulle volg nie eers die woorde van die Skrif na nie. Ellende
wag op die Judasse wat sê, “Moenie die Bybel glo nie. Moenie die Heilige Skrifte
glo nie. Gooi weg die Torah, dit is net deur eenvoudige mense geskryf. Skeur uit
hierdie Skrif. Skeur uit hierdie bladsy. Skeur uit hierdie hoofstuk”. EK sal vir
julle vertel wat EK sal uitskeur, wat EK uitgeskeur het, wat EK uitgevee het,
dit is julle name in die LAM se Boek van die Lewe!
EK, YAHUVEH/YAHWEH sê, EK het genoeg gehad, die stryd woed nou lank genoeg. Het
EK nie gesê, “In hierdie dae voor die tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot
Verdrukking, sal die Heiliges meer Heilig word en die onheiliges meer onheilig.’
(Profesie 90, "Wat is die Naam van die RUACH ha KODESH?")
Nou durf hulle hulself ‘Christene’ noem. Hulle sê, “Moenie bekommderd wees om te
sondig nie. Ek waarborg julle in elke geval die Hemel”.
En nou probeer hierdie, goddelose, laakbare mens van wetteloosheid en met die
gees van die anti-chris, Elton John, almal in die homoseksualisme gemeenskap en
almal wie dit durf waag om hulself Christene te noem, gerus te stel, “Moenie
bekommerd wees nie. JESUS CHRISTUS was een van julle. Homoseksualisme kan
onmoontlik ʼn sonde wees want julle sien, Jesus Christus was sondeloos”. En tog
praat hulle van MY en ken nie eers die Heiligheid van MY Seun YAHUSHUA nie, en
hulle praat van MY Heilige Skrifte en tog dien hulle die satan met alles wat in
hulle is.
Weet julle MY Kleintjies, MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK vertrou julle.
EK laat die Judasse toe om in julle midde in te kom, net soos Judas Iskariot in
die midde toegelaat was. Verstaan julle nie, hy het ook sy volgelinge gehad,
maar EK vertel vir julle, soos EK lank gelede vir jou vertel het, Elisabeth[Elisheva],
ellende wag op die Judasse wat probeer het om by hierdie Bediening aan te sluit.
Hulle het begin deur die melk te drink en die geestelike vleis te eet en toe
verraai hulle alles wat hulle geweet het Heilig was. Daarom verbied EK jou om
oor ʼn Judas te treur, want EK doen nie!
Die Judasse wat jou op hierdie aarde verraai, verraai al MY Heilige Bruid, selfs
hulle wie saam met hulle in hul eie huishoudings bly. Hoe baie het Judasse in
hul eie huishoudings? Hoe baie is in ongelyk gebonde huishoudings, selfs hulle
wat hulself MYNE noem? Hulle {die Judasse} het lank gelede in die Hemel in die
oorlog met Lucifer verraad gepleeg. Dink julle EK is verbaas? Sê EK nie dat EK
toelaat dat die koring saam met die onkruid groei nie? (Matt 13:30). Nou het EK
vandag vir julle die onkruid gewys en EK sê dit vir julle, EK het vir julle gesê
om die wêreld te waarsku, dit is net ʼn asemteug weg van die Tyd van Jakob se
Benoudheid, die Groot Verdrukking.
MY Geliefde Seun (Amightywind Jeugleraar), jy het ʼn leerstuk (teaching) gedoen
wat die leuens van die duiwel ontbloot het met betrekking tot die wegneming wat
die Wegraping genoem word en hoe min wil die Waarheid weet. Die Kerk van die
Huigelaars sal eerder die leuens glo, “leef soos jy wil, sondig net soos jy wil,
dit is net genoeg om ander te oortuig dat jy ʼn Christen is, jy hoef nie regtig
na te volg wat jy skryf, wat jy praat nie, jy hoef nie ʼn voorbeeld te wees van
wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie, dit is net genoeg om voor te gee. Dit is net
genoeg om te sê, “Jesus seen jou”.
Ellende wag op hierdie Judasse wat MY Skape en Lammers mislei, maar julle sien
MY Skape en Lammers se name is in die LAM se Boek van die Lewe geskrywe en hulle
sal weer na die GOEIE HERDER, YAHUSHUA toe terugkeer. Dit mag lyding vereis deur
die vure van vervolging met ongekende kwellinge in die Tyd van Jakob se
Benoudheid, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, maar MY Skape en Lammers
sal terugkeer na MY toe selfs al is dit met hulle laaste asem. Hulle geloof sal
warm word deur die vuur van vervolging.
Pasop vir hulle wie louwarm is, EK het hierdie Bediening gestuur om MY Woord te
spreek om julle te waarsku. EK salf MY Profeet om MY Woorde uit te spreek en
omdat sy nie ʼn man met ʼn lang grys baard is nie, dank julle haar af. Julle sê,
“GOD kan onmoontlik deur die mond van hierdie eenvoudige vrou spreek.” Julle wil
nie hoor nie. Julle wys julle onnoselheid. Julle wys watse jeukende ore julle
het.
Die ware rede hoekom julle hierdie Bediening haat is as gevolg van die
oortuiging. Julle wil nie vertel word dat louwarm Christene hel toe sal gaan nie
en dat julle glad nie Christene is nie en dat julle verkeerd doen wanneer julle
nie die 10 Gebooie wil gehoorsaam nie. Julle wil net sê, “JESUS CHRISTUS het die
prys vir my op Golgota betaal.”
Ja, YAHUSHUA ha MASHIACH het vir julle die prys op Golgota betaal, maar watter
prys het julle vir HOM betaal? Is dit regtig teveel gevra dat julle gehoorsaam?
Wanneer julle waarlik wedergebore en met die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES gevul
is, het julle nie langer ʼn verskoning om te sondig nie, want julle het die RUACH
ha KODESH in julle wat julle veroordeel wanneer julle sondig. Julle sal waarlik
begeer om MY, YAHUVEH/YAHWEH te gehoorsaam met elke Woord wat EK spreek.
Ag, so baie sê die Verlossingsgebed en spog en sê, “Ek glo in Jesus,” maar hoe
min beoefen wat hulle proklameer om te glo? Julle haat enige Bediening of enige
persoon wat julle oor julle sonde veroordeel.
Lig en duisternis kan nie saamgaan nie. (2 Kor. 6:14). Met MY eie hand het MY
Woord dit gespreek. YAHUSHUA ha MASHIACH het met ʼn skeidingswaard gekom. (Matt.
10:34). Met MY eie Woorde is dit gespreek en wat is julle reaksie?
Diegene wat nie julle ongelyk gebonde huishoudings wil prysgee sodat hulle julle
nie in die Groot Verdrukking kan verraai nie, julle reaksie is, “Brandmerk haar
as ʼn vals profeet. Skeur daardie Woorde uit die Bybel uit. Ignoreer dit. Wis
hulle uit.” Dit is julle antwoord. “Verlei ander”. Niks het verander nie!
Dieselfde Fariseergees wat MY Heiliges, YAHUSHUA se Bruid, stenig. Hulle
(YAHUSHUA se Bruid) lewe elke dag hul lewens om MY te behaag, hulle beweer nie
dat hulle perfek is nie en wanneer hulle MY per ongeluk aanstoot gee, bely hulle
gou met trane in hul oë en sê, “Ag help my asseblief om nie weer hierdie sonde
te doen nie.” Daar is baie soorte sondes, selfs hierdie Profeet deur wie EK nou
hierdie Boodskap spreek, sukkel met die sonde van uitstel. Hoe baie van julle
struikel oor hierdie een? Julle weet wat om te doen, maar julle doen dit in
julle tyd. Ag, julle weet wat EK wil hê julle moet doen en EK praat nie nou van
die Tien Gebooie nie. Dit kan iets so gering wees, maar jy doen dit nie. Daar is
baie soorte sonde.
Niemand is volmaak nie, elkeen is ʼn onvoltooide werk, maar EK sê vir julle dit,
wanneer dit tyd is om YAHUSHUA se Bruid te kom haal, sal dit wees wanneer julle
hemelse graderings op die hoogste vlak is, wanneer julle elke dag daarna streef
om MY op elke gebied te gehoorsaam, wanneer julle julle liggame lewende offers
maak, wanneer julle die eerste Torah Gebod ken, (1ste Gebod : Jy mag geen ander
Gode voor MY aangesig hê nie) en dit nie eers terwille van ʼn huweliksmaat of
geliefde sal verbreek nie, selfs al sou dit die einde van jou huwelik beteken.
Julle besef niemand kan voor YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH kom
nie.
Die sterkste en mees geseënde huwelike sal dié wees wat die Eerste Gebod
onderhou en beide van hulle sal ‘uit balans’ wees in hulle liefde vir en
gehoorsaamheid aan YAHUSHUA, albei sal YAHUSHUA meer liefhê as mekaar of
enigiemand anders. YAHUSHUA is die Liefling van hulle lewe, siel en gees en
wanneer EK praat van ‘uit balans uit’, is dit nie soos wat dit behoort te wees
wanneer jy YAHUSHUA bo enigiets anders liefhet nie? Julle is vir so ʼn kort
tydjie op hierdie aarde. Dit is net een asemteug in jou lewe. Ons praat van ʼn
ewigheid in die Hemel.
Ag MY Geliefde Bruid, Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, luister na MY,
laat niks belangriker wees as die EEN wat jou hart laat klop, die EEN deur wie
jou lewe asemhaal nie. Ag Geliefde, niemand kan jou liefhê soos EK,
YAHUVEH/YAHWEH nie. Ken die een wat jy jou geliefde noem, jou huweliksmaat, die
getal hare op jou kop? (YAHUVEH/YAHWEH huil deur Elisabet[Elisheva] terwyl HY
dit gesê het, toe HY gepraat het van hoe lief HY SY Bruid het.) Moenie toelaat
dat EK, YAHUVEH/YAHWEH en YAHUSHUA laaste op jou lippe wees nie.
O julle louwarm nare Christene, diegene wie YAHUSHUA as braaksel uit SY mond sal
spoeg, dit is hoekom julle liefde yskoud geword het. Julle plaas so baie ander
liefdes voor ONS, julle wêreldse welluste, vleeslike begeertes bo ONS, ja, selfs
die wat hulleself MYNE noem en dit durf waag om julleself Christene te noem! En
julle wonder hoekom julle nie langer die Waarheid van die leuens kan onderskei
nie, maar julle stenig die Heiliges en hierdie Bediening wat praat, net so seker
as wat Stefanus gestenig was. (Hand. 7:59). EK praat met die nare louwarm
Christene, julle hoef nie naar en braaksels te bly nie! Dit is julle keuse!
EK het hierdie Bediening en ander Bedienings en individue gestuur, wie deel van
die Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is, om julle te waarsku! EK het
hierdie Nuwe Elia {in Hebreeus, Eliyahu}gestuur en EK gee nie om of julle
daarvan hou om dit te hoor of nie, maar EK het MY Nuwe Elia {in Hebreeus Eliyahu}
gebruik om geboorte te gee aan hierdie Bediening en dit het in Amerika begin en
is nou al oor die hele wêreld, om te waarsku, te bestraf en te bemoedig. EK
spreek nie net seëninge voort nie, maar EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vloeke voort.
Genoeg is genoeg! EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie!
Hierdie wêreld het ʼn Sodom en Gomorra in MY oë geword. Skaam julle! Skaam julle
wie nie die Heiliges verdedig wat hierdie waarskuwings uitspreek nie!
Daarom, MY Geliefdes het EK vandag ʼn Judas ontbloot. Die lot van ‘n Judas is
dood en Hel. Julle sal Judasse sien kom en gaan. Ellende wag op hulle wat die
Judasse volg want julle lot sal dieselfde wees! Ellende wag op enigeen wat sê om
Nagmaal te neem in herinnering aan wat MY SEUN YAHUSHUA betaal het deur SY
Liggaam en Bloed te gee vir hulle sondes, is kannibalisme en bloedsuiery !
Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Dit is godslastering, die uiterste
bespotting van YAHUSHUA se offer.
(Ons ken hierdie persoon vir ongeveer 3 jaar. Hierdie persoon was ʼn getroue
ondersteuner en ons het hierdie persoon as deel van YAHUSHUA se familie beskou.
Hierdie persoon het na ʼn web-adres op die internet gegaan wat sê om Nagmaal te
gebruik is kannibalisties (mensvretery) en bloedsuiery(vampierisme) en die
hartseer deel is, hierdie persoon het hierdie leuen van die duiwel geglo. Daarom
het hierdie Judas eposse aan baie ander gestuur en probeer om hulle sover te kry
om hierdie leuen te glo. Hierdie persoon het selfs probeer om vir Elisabeth[Elisheva]
te oortuig van hierdie leuen. Hierdie persoon is nou ʼn Judas en hy sal dieselfde
lot as Judas hê.)
Van wanneer af! Van wanneer af! Van wanneer af is dit boos as jy bid dat jy een
met YAHUSHUA moet word, na gees, siel, liggaam en verstand en vergifnis vir jou
sonde vra en SY Bloed was jou skoon? Wie durf so ʼn leuen verkondig? Wie durf dit
waag om so ʼn leuen te glo? Die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES is nie in hulle nie!
Julle het kopkennis en nie hartskennis nie. Nagmaal is belangrik en is ‘n wapen
teen die vyand.
Vir julle wat sê “Nagmaal is nie belangrik nie”, YAHUSHUA se laaste woorde toe
HY saam met SY dissipels was, was “Dit is MY Liggaam, doen dit in Herinnering
aan MY.” (Matt. 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:17-20; 1 Kor. 11:22-30). Van
wanneer af is dit ʼn sonde? Wie anders as satan sou so iets sê? Wie sou dit durf
waag om so iets te sê? Dit is die ergste belediging want julle het MY SEUN se
Bloed bespot! Julle het dit wat EK volmaak genoem het, boos genoem! Hierdie is
die ergste belediging en dan probeer julle leuenaars om MY Profeet deur wie EK
praat, te mislei én vertel vir ander hierdie leuen. Nagmaal is die mees
dominante wapen teen satan en julle het hierdie gemeenskap boos genoem en dit
wat EK uitgespreek het as goed, noem julle boos?
Net so seker soos wat julle nie net vir YAHUSHUA ha MASHIACH gelaster het of vir
MY YAHUVEH/YAHWEH, wie MY enigste SEUN gestuur het om SY liggaam en Bloed vir
julle te gee nie, het julle ook die RUACH ha KODESH beledig. Julle het al DRIE
gelaster! EK het vir julle gesê, EK het julle gewaarsku, “Pasop wanneer boos
goed genoem word en goed boos genoem word.”(Jesaja 5:20).
EK stuur altyd MY Profete vooruit om MY Woorde te spreek. Die Heilige Skrifte
was nie deur ʼn mens gespreek nie. Daar is geen verskil as EK nou uit hierdie
erdekruik se mond spreek nie. Dit is EK, YAHUVEH/YAHWEH wat daardie Woorde in
hulle gesit het om te skryf. Die ware Woorde was deur verskeie vertalers en
kopieerders verrot.
EK waarsku julle, moenie net op die King James Weergawe van die Bybel staatmaak
nie, want King James brand in die hel. Hy het boeke en woorde uitgelaat wat hy
nie ingesluit wou hê, net soos hulle vandag doen en sê, “Hierdie Geskrifte en
Torah Wette is nie meer van toepassing nie. Dit strook nie met my idee van wie
God is nie. HY is nie veronderstel om te vervloek nie. HY het SY Eniggebore SEUN
gestuur om die prys op Golgota te betaal en in my plek te ly en te sterwe, so ek
kan doen wat ek wil, dit maak nie meer vir GOD saak nie. HY gee nie om wat ek
doen nie, want HY het SY Eniggebore SEUN gestuur om die prys te betaal. Die Wet
was teen die kruis vasgespyker, so ek kan doen wat ek wil. Van die Vierde Gebod
sê ek, enige dag sal as Sabbatdag deug, JESUS CHRISTUS, YAHUSHUA ha MASHIACH,
het gesê “HY is HERE van die Sabbat, dit maak nie meer saak nie, want hulle het
daardie dag weggegooi.”
Leuenaars! Leuenaars! Leuenaars! Dink julle EK sou MY tyd mors om met MY eie
vinger op ʼn kliptafel te skryf en dit vir Moses te gee en die Israeliete
verdedig en hulle beveel om MY op die Sabbatdag te eer deur te rus? Deur te rus?
Om nie te werk nie maar om te rus?! Leuenaars!
Julle wie voorgee dat julle Christene is en die videos opsit oor hoekom “Christene
nie langer bekommerd oor die Sabbat hoef te wees nie, dit maak nie saak watter
dag nie, dit maak nie saak nie, die Rooms Katolieke Kerk het dit verander.”
Leuenaars! As julle nie berou nie sal julle julself in die Poel van Vuur bevind!
EK gaan nie speletjies speel nie! Die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob se
Benoudheid is byna op julle, die tyd van weeklaag, geween, van groot lyding,
meer as wat hierdie wêreld ooit geken het!
Wat dink julle hou die hel aan die brand? Die vlamme word net warmer! Dit is MY,
YAHUWEH se gramskap, toorn, en woede!
EK wil MY Bruid by die huis hê! EK wil YAHUSHUA se Bruid by die huis hê! SY
Bruid is MY Bruid. EK wil hulle by die huis hê.
EK kyk na hierdie riool wat aarde genoem word. Daar is oral mis en EK sien hier
en daar klein flikkertjies in die mis van al die Heiliges en hulle wie die Bruid
van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Dit is asof hulle onder die mis begrawe is en ag,
hoe baie mis! Daar is soveel stank in die ontlastings (feces), in dit wat
hulself die “Christelike kerke” noem! Oordeel! Oordeel! Oordeel het gekom na dit
wat julle die “Huis van die HERE” noem!!
Toe die Ikabod Christelike kerke opgehou preek het teen sonde soos aborsie,
owerspel en selfde-geslag huwelike, toe julle sonde agter die kansel toegelaat
het, toe julle homoseksualiste toegelaat het om agter die kansel te staan en
preek en te spog oor hulle sonde, toe julle opgehou het om die sondaars te
bestraf, was Ikabod op julle deure geskryf en MY RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES
was daar uitgeneem! (1 Sam. 4:21).
Julle sing julle liedere en vergader op Sondag en tog is EK nie daar nie! Ag,
sommige van MY mense is daar, maar MY ware Teenwoordigheid, MY RUACH ha KODESH
Salwing is nie welkom daar nie. Julle gebruik julle emosies en kry julself in
ekstase met liedere, maar MY ware Profete word nie toegelaat om te praat nie.
ONS word nie daar toegelaat nie. Wanneer EK sê “ONS”, bedoel EK die werklike
teenwoordigheid van YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. ONS
teenwoordigheid is NIE daar nie, anders sou almal op hulle aangesigte geval het!
Hulle sal berou hê vir Amerika, maar sal hulle ander waarsku teen die sonde
waarin hulle verkeer? Dit is ʼn bespotting. Wil julle weet hoekom die krag van
die Salwing nie soos in die Eerste Kerk is nie? Kyk en neem kennis wat EK sien.
Die stank is meer as wat EK, YAHUVEH/YAHWEH kan verduur!
Die heiden kyk na hierdie sogenaamde Christene en sê, “Daar is geen verskil
tussen julle en my nie.” Elton John sê, “Daar is geen verskil tussen julle en my
nie. Ek kan ook die Skrifte herskryf. Mense sê“Gooi uit die Vierde Gebod,”
daarom kan ek sê, “JESUS CHRISTUS is homoseksueel,” dit is geen verskil nie.”
Maar julle sien, EK het hierdie Bediening opgerig, wat weier om met sonde te
kompromitteer, die Aleph en Tav (Alfa en Omega) Almightywind (ook genoem
Amightywind) RUACH ha KODESH Wildfire Bediening!
MY Amightywind Bediening is ʼn magtige voortstormende wind wat deur die wêreld
gaan en satan kan dit nie keer nie! Daarom laat hy almal op ʼn blote vrou
konsentreer (Elisabet Elijah[Elisheva Eliyahu]).
Hulle wie haar ken en liefhet kan die verskil sien wanneer sy en wanneer EK,
YAHUVEH/YAHWEH spreek. Maar dit is nie ʼn blote vrou wat voortspreek nie. EK is
YAHUVEH/YAHWEH en EK sê vir julle hierdie Bediening roep die ware Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH om na vore te kom want julle het mekaar nodig. Almal van
julle is aangeval. Julle is soos ʼn gewonde dier wat julle eie wonde lek, want
julle kan nie enigeen vertrou nie, daarom het EK, YAHUVEH/YAHWEH hierdie groep
bymekaar gebring en EK gebruik hierdie kruik wat hier praat om in die fisiese
realm lewe daaraan te skenk. I, YAHUVEH het alreeds in die Geestelike realm lewe
daaraan geskenk en dit is die YAHUSHUA Demon Stompers {YDS, Heilige
Gebedsvegters).
Julle sal Judasse sien kom en gaan, dit is hulle keuse. EK het vir julle gesê,
nie almal is geskik om die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH te wees nie, net hulle
wat lojaal bly tot die einde toe. Julle sal weet wie die Bruid is.
MY Liefling Kinders, EK verbied julle om weer ʼn traan te stort oor nog ʼn Judas!
EK verbied julle om te treur! Kyk liewer na al die Apostels en ware volgelinge
van YAHUSHUA wie weier om met sonde te skik! Die Kerk van die Huigelaars weier
om MY, YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH eerste te stel en
julle is omring deur die huigelaars en hulle lot sal die van ʼn Judas wees. Dit
was alreeds neergeskryf.
ʼn Judas is die uiterste vorm van besoedeling. Julle sien, hierdie Judas wou nie
hierdie besoedeling (deur hierdie bediening en profeet te vertel om nagmaal te
hou is van die duiwel net soos mensvretery en bloedsuiery) soos melaatsheid, vir
hulself hou nie. Hulle was daarop uit om die Heilige Bruid, YAHUSHUA se ‘Demon
Stompers’ en selfs hierdie Heilige een wat hier praat, te besmet en te besoedel,
om hulle na die anti-chris toe te lei. Die Judasse sal dit altyd doen. Hulle wil
nie die besoedeling vir hulself hou nie. Hulle wil dit deel, so moenie langer
oor die Judasse huil nie!
Hierdie is ʼn somber Boodskap. Dink julle YAHUSHUA het dit geniet die dag toe HY
geopenbaar het wie Judas was? Maar julle sien Geliefdes, EK sal ʼn Judas net
toelaat om vir so lank weg te kruip.
Kyk oor die wêreld. Sommige het hulle vertroue in hulle werke/betrekkinge
geplaas. Sommige is liewer vir hulle werke as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH. Sommige
plaas hulle vertroue in finansies. Hulle sien hoe hulle finansiële koninkryke
voor hulle oë verkrummel. Sommige plaas hulle geloof in huweliksmaats en EK
openbaar dinge wat julle liewer nie wil sien nie. EK skei en EK sal aanhou om
iemand te skei wie MY Bruid besoedel.
EK toets julle, wie het julle die liefste, daardie heidense huweliksmaat? Hulle
wie voorgee dat hulle gelyk gebonde is en tog, wanneer een van die gades sou sê,
“Ek soek meer aandag van jou”, wie sal julle wys het julle die liefste? So baie
wat begeer om die Bruid van YAHUSHUA te wees is in sulke huishoudings. (Matt.
10:37, Joh. 21:15-17).
EK toets. Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (1 Pet.
1:6-7). Dit is julle beproewing, wie het julle die liefste?
Vir julle wat nie getroud is nie, julle huil en kla en sê, “ek moet ʼn maat hê.”
Wie het julle die liefste? Julle weet nie wat julle vra nie. Dit is hoekom EK
gesê het EK sal nie ongelyk gebonde huwelike in hierdie Eindtye saambind nie.
Julle kan al die verskonings maak soos julle wil. Die huwelike wat EK saamgevoeg
het, het MY ewe lief, werk vir MY, gehoorsaam MY GEES en nie hulle vlees nie.
Hulle wie nie getroud is nie en huil en kla, julle weet nie watse seën EK vir
julle gegee het nie. Julle hoef nie besorg te wees om enigiemand behalwe MY,
YAHUVEH/YAHWEH te behaag nie.
Op die ou end sal geeneen van MY Bruid ongelyk gebonde wees nie. EK sal herhaal,
YAHUSHUA ha MASHIACH sal die skeidingsswaard gebruik en voordat die Bruid van
die aarde weggeneem word, sal YAHUSHUA hulle skei as hulle ongelyk gebonde is.
EK sal nie toelaat dat MY Bruid besoedel word nie, dit was slegs vir ʼn
vasgestelde tyd, want lig en duisternis gaan nie saam nie. Dit is ʼn oorlog,
YAHUSHUA veg vir SY Bruid, die vyand kan nie wen nie.
EK sit lig by lig en die lig word net helderder. Dit is nie ʼn gesukkel om saam
te wees wanneer julle YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste in
julle lewe en liefde plaas nie.
Het EK nie gewaarsku, “Julle grootste vyande sal in julle eie huishoudings wees”?
(Miga 7:6, Matt 10:36). EK waarsku nou weer, hulle wie nie geskei wil wees nie,
hulle wie hulle huweliksmaat liewer het as vir MY, YAHUVEH/YAWEH, hulle wat MY
Woord terugspoeg in jou gesig en jou as ʼn vals profeet brandmerk Elisabeth[Elisheva],
weet dit, hierdie is nie jou Woorde nie, hierdie is MY Woorde! En dit word in
die Heilige Skrifte ondersteun!
(Profesie 111 - EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ʼn HEILIGE Egskeidingsbevel,
Vir Hulle Wat Dit Nodig Het.)
EK het dat ʼn ander profeet (Nehemiah, Neh. 13:23-30) die manne se baarde uit
trek en hulle vervloek het en geslaan het omdat hulle ongelyk gebonde was, so,
wanneer die aanvalle kom en ja, hulle sal kom, wees soos ʼn Stefanus, Heilige
Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, moenie julle oë op die rotsblokke fokus wat
julle gaan tref nie, hou julle oë gevestig op YAHUSHUA. Hulle stenig julle, maar
stenig in werklikheid vir YAHUSHUA/JESUS en ja, EK durf praat met hulle wie dit
durf waag om hulself ‘Christene’ te noem maar EK noem julle Ikabod Christene.
(Neh. 13:25: Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van
hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: julle mag julle
dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle
seuns of vir julleself neem nie!
V.27 : Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om
ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?)
Daarom los EK julle met hierdie Woorde. EK het julle gesê “Alles wat geskud kan
word, sal Geskud word.”
(Profesie 105, “EK YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan
word!”)
EK het vooraf gewaarsku hoe 2010 gaan wees. (Profesie 116, “Julle Moet
Geloofs-Waterlopers wees”.)
EK, julle ABBA YAHUVEH/YAHWEH het vandag gespreek. Die ware Bruid van YAHUSHUA
ha MASHIACH wie hierdie Woord hoor, sal julle kontak, sal hierdie Woord
bekragtig. Hulle het MY stem gehoor. Hulle sal langs julle staan, lojaal wees en
julle verdedig. Hulle sal nie langer omgee wat mans en vrouens sê nie. Hulle sal
dit wat hulle weet die waarheid is, verdedig.
Weet ook dit, hierdie Profesie gee net vir die vyande meer rede om julle te haat,
maar dit is niks nuuts nie. YAHUSHUA was en is gehaat. Kan julle enigiets minder
verwag, want julle is SY refleksie op hierdie aarde, diegene wie EK ‘YAHUSHUA ha
MASHIACH se Bruid’ noem.
So is dit vandag 19 Februarie 2010, ʼn Sabbat, gespreek.
6:24 NM geëindig
Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH aan Apostel Elisabeth Sherrie
Elijah[Elisheva Eliyahu]
Beledigend vir baie, en ʼn seën vir ander, ʼn Kind, Vegter Bruid van YAHUSHUA ha
MASHIACH/JESUS CHRISTUS en geen duiwel kan dit van my wegneem nie.
* * * * * * *
Hier is ʼn artikel wat van die internet geneem was met betrekking tot wat Elton
John gesê het.
Elton John beweer Jesus was homoseksueel
19/02/2010
Elton John staar ʼn vyandige terugvoer van konserwatiewe Christengroepe in die
gesig nadat hy in ʼn onderhoud gesê het Jesus was homoseksueel..
Die 62-jarige musieklegende het sy opmerkings gedurende ʼn onderhoud met ‘US
Magazine Parade’ gemaak.
In die onderhoud, wat more (2010/02/20) in Amerika publiseer sal word, het Sir
Elton gesê: “Ek dink Jesus was ʼn medelydende, super-intelligente homoseksueel
wie menslike probleme verstaan het.
‘Aan die kruis het HY die mense vergewe wat hom gekruisig het. Jesus wou hê ons
moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie.
Probeer om ʼn homoseksuele vrou in die Midde-Ooste te wees - jy is so goed soos
dood.”
Green, direkteur van ‘Christian Voice’, het hierdie gay-bewering as ‘onsin’
beskryf.
Hy het gese: “Die Bybel se Jesus was sonder sonde en dit skakel homoseksualiteit
as ‘n sonde uit”.
“Hierdie is ʼn desperate uitroep vir aandag.” Mike Judge, van die ‘Christian
Institute’- het die ster se sieninge afgemaak en gesê: “As ʼn senior politieke
figuur hierdie opmerkings gemaak het, sou ek ʼn opinie gehad het. Maar dit is
Elton John en ek dink nie enigiemand neem hom ernstig op nie.”
Gay Christen Groepe wat Sir Elton erken, wie dikwels uitgebeeld word deur ʼn
kruis wat hy dra, het weer ʼn debat oor homoseksualisme en die kerk geopen .
Jeremy Marks, stigter en direkteur van ‘Courage’, ʼn Christelike organisasie vir
Homoseksualiste en Lesbiers, het gesê: “Nie een van ons weet en sal ooit weet
wat Jesus se seksualiteit was nie.
“Mense se persepsies oor verhoudinge tussen mans en mans en vrouens was verseker
toe al verskillend en sou ook nes vandag onherkenbaar wees.
“ Ek dink hy verduidelik hoe hy Jesus in sy lewe sien en wil ander bemoedig om
dit ook te sien.”
John Blowers, mede-sameroeper van die ‘Evangelical Fellowship for Lesbian and
Gay Christians’, het gesê: “Wat geneig is om tydens elke okkasie te gebeur
wanneer hierdie debat geopen word, is dat die debat meer gepolariseerd raak.
“Die eenvoudige feit is dat ons almal God se kinders is.”
Sir Elton se opmerkings was in ʼn wye reeks onderhoude gemaak met die hoofopskrif,
“Daar Is Baie Haat In Die Wêreld”.
Hy het aan die tydskrif gesê dat roem vir hom die aantrekkingskrag verloor het.
Hy het gesê: “Prinses Diana, Gianni Versace, John Lennon, Michael Jackson, is
almal dood.
Twee van hulle is buite hulle huise geskiet. Niks hiervan sou gebeur het as
hulle nie beroemd was nie.
Beroemdheid trek kranksinniges. Ek het nooit ʼn lyfwag gehad nie, nooit nie,
totdat Gianni dood is. Ek hou nie meer van beroemdheid nie”.
Die musikant het ook bekend gemaak hoe hy en sy burgerlike vennoot, Mnr Furnish,
hulle liefde sterk hou.
Hy het gesê: “Vir 16 jaar stuur ons elke Saterdag vir mekaar ʼn kaartjie om te sê
hoe lief ons vir mekaar is, maak nie saak waar ons in die wêreld is nie.
Ons was nooit jaloers nie. Ons praat oor die seksuele sy van dinge, dinge wat my
voorheen normaalweg sou bang gemaak het.”
Sir Elton het ook oor sy verhouding met dwelms gepraat en gesê, “Vir sommige
mense kan ʼn gram kokaine tot ʼn maand hou. Nie vir my nie. Ek moet alles neem en
dan wil ek meer hê.
Aan die einde van die dag, het dit net tot hartseer gelei.”
* * * * * * *
Hierdie Profesie, onderaan die volgende Shabbat boodskappe, was eerstens
vrygestel & geplaas byna twintig jaar gelede, en is meer toepaslik vandag as
ooit en is, opsigself, ‘n “Bewys Agter die Profesieë” — Profeet Elisheva was
gelei om dit weer te lees, dit hierdie keer voort te spreek onder ‘n groter
Salwing, en om ‘n nuwe video te laat maak.
*******
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand.
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Sy spreek voort in tale wat
Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6)
Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:
Soos in “Alleluia” (Hallelu YAH) wat beteken: “Loof YAH,” YAH is die HEILIGE ,
GEWYDE NAAM van GOD: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die
Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van die RUACH HA
KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “HAAR” dit is so gereflekteer
in Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD
is hoofletters
Skrifaanhalings vanuit Waarheid en Getuienis Bybel behalwe waar anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie. Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het
EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het. “EK IS die HERE YAHUVEH: Dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander
gee, of Ook MY LOF aan die gesnede beelde nie” (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om die volgende by te voeg en diegene te
waarsku wat spot:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!
Elisheva se Shabbat Verwelkomings-Boodskap Oorskrywe | Saterdag, 4 April 2020
O ABBA YAHUVEH— ek dank U en ek loof U— GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE
RUACH HA KODESH — vir die EER wat U my gun om gekies te gewees het om geboorte
te gee aan hierdie Bediening 26 jaar gelede aanlyn (en dit is in werklikheid
ouer as dit, maar hierdie is aanlyn) beginnende in 1994: En daar is nie eens ‘n
rekord dat dit so ver teruggaan nie want dit was op daardie tydstip in “Amerika
aanlyn” [AOL]; en daar was geen WêreldWye-Web nie [op die manier wat dit nou
bestaan nie].
Kan jy dit glo?
Maar ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH, ons aanbid U, ons het U
lief! (En dit is AL wat ek die mense wil leer, is om hulle te lei om U Woorde te
hoor—om U Boodskapper te wees—om hulle te lei na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, om
die openbarings te deel wat U vir my gegee het, die besoeke uit die Hemel dat ek
vir YAHUSHUA gesien het van Aangesig tot aangesig).
En die uitbeelding wat langs my is, is die naaste van enige voorstelling wat
gegee kon word in hierdie wêreld, soos die jong meisie dit geteken het en U het
werklik blou Oë.
En eendag sal diegene [wat sal wees] in die Hemel sien hoekom daardie
uitbeelding gekies was.
En ek wil net hê dat almal moet weet—dankie, dankie AmightyWind gemeente! ABBA
YAHUVEH, U het vir my die beste gemeente gegee REG OOR die wêreld in 52
verskillende tale nou, en Hindi was pas bygevoeg.
En die begeerte van my hart is nou vir daardie man van Judah om na vore te kom
en my te help om Israel te bereik. Ek is ‘n Jood en tog was ek nie gebore in
Israel nie en ek het daardie man van Judah nodig. Ek het die Hebreeuse vertaler
nodig, ABBA YAH—en dit is die begeerte van my hart, HEMELSE VADER—om Israel te
laat weet WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. HY is Jesaiah 53.
Ons dank U en ons loof U, ABBA YAHUVEH, op hierdie 26ste jaar Herdenking wat so
pas plaasgevind het: U het 4/4/20 gekies [daardie dag vir die Bediening 26 jaar
terug] om ook gebore te word op die Internet op my verjaardag. En—vir 30 dae! U
het vir ons die opdrag gegee verlede jaar.
En U het gesê U wil hê ons moet feesvier [30 dae] en die mense kans gee om hulle
videos in te stuur — en as hulle dit privaat wil hou—om my te laat weet as hulle
nie sou [wil hê] dit moet in die openbare video wees nie, almal bymekaar op een
plek nie. (Hulle het 30 dae om in staat te wees om dit te doen.) En op hierdie
manier sal hulle privaatheid behoue bly ook, want dit sal net die uitknipsels
wees van dit wat hulle gesê het en wat hierdie Bediening beteken en hoe hulle U
wil verheerlik, en hoe hulle gered was of wat hulle ookal gelei voel [om te sê].
So YAHUSHUA HA MASHIACH , ek dank U dat selfs op Shabbat, hierdie Heilige tyd [4
April 2020] van feesviering hier is.
Ek wil U DANK want daardie Hebreeuse vertaler kom na vore. Ek wil U DANK vir die
Heilige gesalfde broers in YAHUSHUA HA MASHIACH wat gebore was en opgegroei het
in Israel of selfs nét opgegroei het in Israel, maar wat die Hebreeuse wortels
ken wat belangrik is en Bybel-gebaseerd.
Ek wil U bedank en U loof, HEMELSE VADER, vir alles wat U doen.
O ABBA YAH, asseblief, seën ver bo alles AmightyWind gemeente en die besoekers
wat hierheen kom om fees te vier—vir diegene wat hul lewens gegee het vir U,
YAHUSHUA—en hulle weet nou daar’s ‘n Bediening wat nie toegewings maak met sonde
nie.
Ons leer hulle dat, YAHUSHUA, U hulle sal vergewe as hulle waarlik sal bekeer
met groot droefheid en hulle sondes bely. Belydenis lei na bekering en bekering
lei na redding—en YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U.
Ek loof U vir ‘n ieder en ‘n elk van die span, vir ‘n ieder en ‘n elk van die
bedienaars. Ek dank U vir die video makers. Ek dank U vir die uiteindelike
verkryging van betroubare web bestuurders!—waar al die res niks anders as
Judasse was nie.
En ek dank U en ek loof U , HEMELSE VADER—die mense weet nie eens 5 keer was die
Bediening gepoog om gesteel te word by my nie maar—hierdie is die HEILIGE DRIE
EENHEID s’n [Bediening] en jy kan nie steel by die HERE GOD ALMAGTIG WIE IS &
WAS en SKEPPER is VAN ALLES nie.
So ABBA YAHUVEH, ek bid dat op hierdie 30 dae van feesviering ons meer reddings
berigte sal kry, ons meer videos sal kry en hulle die eer aan U sal gee. Want
hierdie is U Bediening om eer te bring aan U SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.
Shabbat Shalom!
Ek is lief, lief, lief, lief, lief vir elkeen wat YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid,
en ek sien uit daarna om van julle te hoor. Regtig ek doen.
In die Naam van YAHUSHUA , Amen.
Vrees is die Teenoorgestelde van Geloof! | Psalm 91
Elisheva se Profetiese Shabbat-Boodskap Oorskrywe
Vrydag, 20 Maart 2020
Hê Geloof!
Shabbat Shalom! Aan die kosbare, geliefde AmightyWind gemeente! En welkom aan
elkeen wat ‘n besoeker hier is vir die eerste keer!
Ek wil praat met die AmightyWind gemeente. Ek wil vir julle vertel dat ek die
voorblad oorgedoen het en ek het die webblad bestuurders gevra om die nuus af te
haal van dit alles wat aangaan met hierdie Wuhan virus en—omdat ek besef so baie
van julle sukkel met vrees.
YAHUSHUA het vir my gewys hoeveel sukkel met vrees op hierdie oomblik—en dit is
die feite versus vrees—maar YAH het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie maar
van krag, liefde en gesonde verstand.
Vrees is die teistering wat YAHUVEH en YAHUSHUA nie gestuur het nie! En perfekte
liefde—die liefde van YAHUSHUA HA MASHIACH, die liefde wat julle weet julle
HEILIGE VADER vir julle het in die Hemel, ABBA YAHUVEH en die liefde van die
RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, vir julle het— perfekte liefde verdryf die
vrees, want hoekom? Ons vertrou HULLE!
Ons weet HULLE Arm is nie te kort nie. Ons weet HULLE Oë is nie blind nie, en
ons weet HULLE Ore is nie doof nie. En ons weet HULLE weet wie is die Hamans op
hierdie aarde op hierdie oomblik wat, in ‘n laboratorium, hierdie virus
vervaardig het vir ‘n ander doel—en ek gaan nie nou daarop ingaan nie.
Maar ek wil hê julle moet weet—‘n groot uitroep van liefde vir die Asië
gemeente, ‘n groot uitroep van liefde vir diegene in Italië. En ek sê vir julle
YAHUSHUA gee vir my ‘n waarskuwing en herinner ons almal—die sosiale media sowel
as elke [hoofstroom] nuus stasie word besit deur die Hamans. Onthou dit.
Ek wil ook sê vrees is die teenoorgestelde van geloof, en geloof is die enigste
manier hoe jy in die Hemel gaan kom: Geloof dat die BLOED VAN YAHUSHUA elke
sonde kan wegwas wanneer jy vir HOM sê dat jy jammer is, wanneer jy jou sondes
bely—met groot droefheid—jy om vergifnis vra, en jy in geloof glo dat HY jou sal
help om te seëvier waar jy ookal swak is met sonde.
Hê geloof! Dit is die enigste geld-eenheid in die Hemel! Weet julle dit? Niks
van hierdie wêreld kan julle in die Hemel kry nie behalwe geloof. Sonder geloof,
is dit onmoontlik om ons HEMELSE VADER, ons ABBA YAHUVEH te behaag.
So julle moet nou daardie geloof gebruik, want as julle nie nou geloof kan hê
nie—en hierdie dinge het julle nog nie eens geraak nie—julle hoor net van hulle,
wat gaan julle doen wanneer dinge begin erger word?
Hê geloof!—in Psalm 91 dat HY die plae sal weerhou om te kom naby jou woning.
Hê geloof!—om dit te glo wat Dawid gesê het, “Ek het nooit die regverdige
verlate gesien, of sy nageslag dat hulle brood soek nie” (Psalm 37:25).
Hê geloof!—om te glo dat niks kan gebeur wat YAHUVEH nie toelaat nie!
En hê geloof om te glo dat alle dinge ten goede meewerk! Ja, selfs wanneer die
Hamans agter die Esters aan is op hierdie oomblik, en ons is die Esters, ons is
die Mordecais.
En ons wag vir die Rooisee om oop te gaan en die bose Farao te verdrink terwyl
hulle ons nou jaag, veral elkeen wat ‘n gelowige is in YAHUSHUA HA MASHIACH.
Hê geloof om te glo dat HULLE jou so liefhet dat satan nie instaat sal wees om
jou seer te maak nie behalwe as iets goeds daaruit kom. Hierdie is wat ek moet
sê op hierdie 20 Maart 2020—en ek wil julle weer herinner, 20 is die getal van
die verlostes, ( in Hebreeus [Bybel & Profesie]—die getal van verlossing).
Ons is verlos! Hierdie is ons jaar! Wanneer hulle dink hulle het ons so bang,
BAKLEI TERUG! En sê ongeag wat julle “feite” sê, ongeag hoeveel julle sê—in die
miljoene of biljoene—sal doodgaan, sê MY GELOOF vir my dat julle niks teen my
kan doen behalwe as my YAH dit toelaat en iets goeds daaruit moet kom nie.
Hê geloof om te glo.
Onthou die Weduwee van Sarfat? Onthou die vlessie olie wat nie opgedroog het
nie? Onthou sy het die Profeet Eliyahu (Elia van Ouds), haar heel laaste bietjie
olie gegee en haar heel laaste bietjie meel om daardie brood te maak? En onthou
dit was die laaste maaltyd wat sy en haar seun sou eet, en tog het sy geloof
gehad en HY het alles vermeerder. HY het dit vermenigvuldig.
YAHUSHUA & ABBA YAHUVEH is ‘n SKEPPER VAN VERMENIGVULDIGING!
MAAR WEE DIE HAMANS EN WEE DIE VYANDE VAN HIERDIE BEDIENING! Want HY is ook ‘n
[BRINGER van] vermenigvuldiging van weë wat oor julle gaan kom! En o, HY het so
baie maniere om julle te laat ly! So dit is wat ek te sê het in julle geval—van
die vermenigvuldiging.
Ons wag! Ons wag ABBA YAHUVEH! Ons wag vir ons YAHUSHUA! Ons wag vir YAHUSHUA om
te sê, “Kom hierheen!” Want ons weet terwyl ons opkyk, kom ons VERLOSSING nader
(Luk.21: 28).
O as ek julle net ‘n drukkie kon gee en net my arms om elkeen van julle sit en
julle wang soen, sou ek dit gedoen het op hierdie oomblik. Diegene wat hierdie
Bediening beskou as ‘n seën, en hierdie Bediening ondersteun en my bemoedig!
Al was ek sonder ‘n man en ‘n mede-leier nou vir twee jaar en meer, bedank ek
julle net soveel vir julle gesalfde gebeds vegters, wat Messiaanse Joodse manne
is wat as ‘n broer voort [ge] kom en my bemoedig het. Asseblief, kliek die
kontak [blad]. Ek sal persoonlik terug antwoord.
YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle! Ek het julle liewer as wat woorde kan sê!
En o, dank U GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH! Tekens, wonders en wonderwerke het
hierdie Bediening gevolg, want ons jaag nie agter tekens, wonders en wonderwerke
aan nie, maar ons weet WIE die GOD VAN WONDERWERKE is en YAHUSHUA HA MASHIACH is
SY Naam.
YAHUSHUA het vir my gesê om vir julle ‘n spesiale verrassing te gee en dit is ‘n
her-lees van Profesie 52. Wat [eers] was in 2001—hierdie is ‘n “Bewys Agter die
Profesieë” van dit wat julle nou sien—reeds voorspel was, die geheime, was aan
hierdie Profeet vertel.
Ek laat dit in videos maak op hierdie oomblik en—maar, ek wil hê julle moet—waar
julle ‘n balkie sien, kliek op daardie [play] knoppie en luister asseblief na
die nuwe Salwing op my stem: Die her-versekering van hoe baie LIEF YAH en
YAHUSHUA SY kinders het.
Shabbat Shalom!
Psalm 91|Skryf dit Neer & Memoriseer!
Hierdie is die Skrif wat julle moet neerskryf. En vir die van julle wat in ‘n
plek is [waar] julle hierdie nie openlik kan doen nie, vind ‘n manier om dit te
doen. Vra vir YAH om instaat te wees om dit te kan doen.
Psalm 91. Skryf dit neer.
Elisheva se Psalm 91 Omskrywing
• Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die Skaduwee
van die ALMAGTIGE —YAHUVEH, en hierdie sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in.
• Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD op HOM sal
ek vertrou.
• Vir seker sal HY my sal red uit die net van die voëlvanger, van die
verderflike pes.
• HY sal my dek met SY Vlerke, en onder SY Vleuels sal ek skuil; SY trou is my
skild en pantser.
• Ek sal nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg
nie,
• Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op
die middag verwoes nie.
• Al val daar duisend aan my sy en tienduisend aan my regterhand - na my sal dit
nie aankom nie.
• Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die afvallige sien.
• Want U, O YAHUVEH—(ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wie
genoem word “HERE”)—U is my TOEVLUG, die ALLERHOOGSTE, het ek my BESKUTTING
gemaak;
• En daarom sal geen rampspoed my tref en geen plaag naby my tent kom nie—jou
woning, jou kamer;
• Want Hy sal SY engele aangaande my bevel gee, om my te bewaar op al my weë.
• Die engele sal my op hulle hande dra, sodat ek my voet teen geen klip stamp
nie.
• Op die leeu en die adder [slang] sal ek trap, die jong leeu en die draak sal
ek onder my voete vertrap.
• Omdat HY my liefhet, daarom het HY belowe om my te red: HY het gesê; HY sal
ons beskerm, omdat ons SY Naam geken het.
• Hy sal MY aanroep—hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê—HY sal MY aanroep,
en EK sal hom antwoord en vir haar; EK sal by hom en haar wees in nood; EK sal
hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
• En met lengte van dae sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY
VERLOSSING laat sien.
En WIE is jou VERLOSSING? Daar is net EEN, WIE die WAARHEID en die WEG en die
LEWE is, WIE SE Naam VERLOSSING is, WIE SE Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH.
En YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED.” Leer daardie Naam.
Shalom.
Elisheva se Inleiding: MOENIE Vrees NIE!
Hierdie voorlesing van Profesie 152 (52 Opnuut) was opgeneem via audio. Hier is
die oorskrywing.
Shabbat Shalom! HalleluYAH!
Heerlikheid aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA
KODESH!
Hierdie is 20 Maart 2020–onthou, die getal 20 is die getal van [die] verlostes
in Hebreeus [Profesie & Bybel]. Onthou dit is ‘n dubbele 20, die laaste keer–
toe ek die Profesie gekry het–op 20 Januarie 2020, wat [Profesie] 150 is.
En ek wil net hê julle moet weet, hierdie is die Jaar van die Verlostes! Moenie
Vrees nie!
Vrees is ‘n teistering wat YAHUVEH nie gestuur het nie. Ek het [dit wat was op]
die voorblad afgehaal – van die informasie oor dit wat aangaan rondom hierdie
wêreld –en ek het dit opgesit op ons YAHSTube (dat julle kan sien waar dit nou
is terwyl julle kliek op die vaandel of as julle gaan na die media [menu op die
webblad]) maar nou hoor ek dat ek julle geloof moet opbou!
Daar is te veel informasie oral op die Internet nou. Mens weet nie wat om te glo
nie.
En wat julle ookal doen –as ‘n profeet sê dat hulle ‘n “Profeet” is en hulle
beweer om Profesieë te hê, vra hulle waar die bewys agter hulle “profesieë” is,
want ek sê dit vir julle: ek het “Bewys Agter die Profesieë” en dit sal 26 jaar
op die Internet wees [aanlyn] op 4 April 2020.
Ons is in die jaar “20,” die getal van die verlostes! Wil julle nie in die
verlostes wees nie? Dit beteken jy is gered deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH! Dit beteken jy het niks om te vrees nie. Want YAHUVEH sê HY het ons
nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en gesonde verstand!
O my AmightyWind gemeente – julle wat my jul Pastoor noem en die Apostel en die
Profeet, ek gaan vir julle Profesie 52 lees, en julle gaan sien, wat nou op
hierdie oomblik aangaan was reeds geprofeteer.
Moenie ‘n “Profeet” glo wat net die nuus vat en dan ‘n profesie daarvan maak
nie. Kyk hoeveel jare gelede was dit geprofeteer en julle sal sien dat selfs
hierdie sogenaamde Wuhan-virus –julle weet al dat dit reeds laboratorium
vervaardig was, ek sal baie binnekort ‘n Profesie hê wat meer hieroor sê.
Ek gaan vir julle ‘n Profesie lees – maar ek moet gou maak.
Ek wil hê julle moet weet hoe lief ek ‘n ieder en elk van julle het, en julle is
bedek in my gebede – enige iemand wat AmightyWind beskou as ‘n seën en wat my in
hulle gebede hou en hierdie Bediening beskud met julle gebede!
Ek het gebid dat julle sal aanhou gehoorsaam. En as julle nie YAHUSHUA HA
MASHIACH gehoorsaam nie kan julle nie die beloftes eis nie.
So gehoorsaam HOM! Staan op en hardloop in SY Arms in! En sê, “YAHUSHUA vergewe
my, ek het gesondig!”
En HY sal getrou wees en jou weer vergewe en jy kan die beloftes eis dat geen
plae naby jou woning kan kom nie, net soos Psalm 91 sê!
So, Profesie 52 EK, YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos! En dit was vir my gegee
op 2 November 2001. Baie jare gelede!
2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde
verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY Volk
opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Pasop om YAH se ware Profete aan te raak en hulle skade aan te doen (Ps.
105:15)– en dit is nie ‘n boodskap vir AmightyWind gemeente nie: Dit is vir die
vyande wat daarvan hou om hierheen te kom. Om te kyk of ek nog leef! [lag] En of
hierdie Bediening nog steeds staan! [lag] O my! Dit is nie my Bediening nie; dit
is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n. Ek is net die leier daarvan en neem my bevele
uit die Hemel.
*******
Profesie 152 Begin
Ontvang 2 November 2001, Opnuut 20 Maart 2020
Liefste geliefde kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag
en trane en probeer julle vrees wegsteek vir die wêreld en vir julle vriende,
maar neem julle PAPPA YAHUVEH en julle MESSIAS YAHUSHUA in julle vertroue! Julle
kom na ONS toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA en sê,
"Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?"
O lieflinge van MY, o EK is nie kwaad vir julle op hierdie tydstip nie. Dit is
die bose waaroor - EK IS wit van woede is.
EK sien die bose se komplotte en planne. En dit is net soos in die tye van ouds
met die slang in die Tuin van Eden, wat Adam & Eva wil bedrieg, en nou laat
hulle julle dink dat julle nie kan wen sonder die wêreldse kennis van boosheid
nie.
Julle VADER EK, YAHUVEH, is ALLE KENNIS en wanneer julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA
HA MASHIACH (ook genoem “Jesus Christus”) en die RUACH HA KODESH (die HEILIGE
GEES) soek soek julle WAARHEID & KENNIS. Wees verseker- solank julle soek, sal
julle die antwoorde vind wanneer die tyd kom. As julle nie weet wat om te doen
nie, wees dan verseker: Dit is nog nie tyd vir julle om te weet waarheen om te
gaan, ook nie wat om te doen nie.
EK, YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te
gaan nie. EK, YAHUVEH, IS nooit te vroeg of te laat nie, maar EK IS altyd daar.
Presies op tyd - nie ‘n sekonde om te spaar met tye nie, maar EK, YAHUVEH, sal
jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER VAN DIE GANSE
MENSDOM.
Julle hoef nie te vrees wat die bose mense sal doen nie. Want EK, YAHUVEH,
gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, om die sogenaamde “wyse” (die
bose) mense van hierdie wêreld te beskaam.
EK, YAHUVEH, IS selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet?
Ja, as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë
verander. Moenie verwonderd wees nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER onthou? EK,
YAHUVEH, IS daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so
verkies. Julle het GEEN IDEE watter standaard EK teen die bose mense sal oprig
nie!
Die einste gebondenheid, siektes & plae wat die bose mense, wat satan se kinders
genoem word, oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam. Menige van MY kinders sal
nie seerkry nie. Inteendeel, sal die bose mense se eie families hierdie siekte
en plae opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat
hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.
Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs
hulle eie families, en geliefdes en vriende ook in te ent. En tog, sal EK,
YAHUVEH, daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die
bose mense— die geveinstes —MY kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin
die leed sal terugkom op hulself.
Begin nou hiervoor bid. Daar is groot krag in gebede gerig tot MY, YAHUVEH, in
die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN.
Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik
teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en MY wil
daagliks soek. Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van Ouds, so
sal julle dit ook weer aanskou — en julle sal toegerus word met nog meer van die
RUACH HA KODESH se Salwings-krag.
Wanneer dit gebeur, hoef julle nie besorg te wees nie — hoe sal julle by ‘n
sekere nasie uitkom? Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle net verskyn.
Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel keer reeds, het
hulle die krag gehad om te transporteer [d.i. wonderbaarlike verplasing] en weet
dat die bose mense reeds sulke kragte gebruik vir bose doeleindes.
Die bose mense hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan
diegene [wat] die LEIDENDE LIG volg, WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. EK, YAHUVEH,
sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA HA
MASHIACH is ‘n LAMP vir julle voete.
Wanneer die bose mense julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal MY
engele stuur om jou pad te verlig.
Die bose mense wil julle vrymoedigheid, geloof, vertroue, waarheid, privaatheid,
vryheid, blydskap, vreugde —onuitspreeklik en vol van heerlikheid— en julle
finansies van julle af wegneem! Dit is maklik vir hulle om te doen AS julle vir
die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering op die nuus, meer as
wat julle luister en die goeie verslae lees wat alles geskryf is in die Skrifte.
Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop om vrees te oorwin
wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?
MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om ELKE wapen van die vyand
wat MY kinders se vernietiging wil hê. En hierdie is die wêreld se vernietiging.
Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK,
YAHUVEH, sal al jou weë rig in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle eie
insig sal veroorsaak dat julle die onbekende vrees.
EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY Oë is op die nasies
waar MY mense uitroep na MY in gebed, “Red ons!” — om hulle te red!
Luister nie na doem-en-swaarmoedige waarsêers nie. Hulle spreek en skryf dat EK,
YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA
HA MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie.
Hoekom wil MY kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul HEMELSE
VADER liefhet!
Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die
kerke, en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek skrikwekkende dinge
tot MY kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle wek twyfel
in julle gedagtes [soos] OF EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat
almal gereed moet wees om aangeval te word, “Almal sal doodgaan of swaar
beserings opdoen!” — sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH aan julle kant,
is hierdie waar.
Wat die nuusgewers en vele politici en die waarsêers vergeet is dat EK, YAHUVEH,
nie MY kinders verlaat het nie.
Hoe sal dit vir MY Eer bring? Ja, MY kinders sal eendag by MY aansluit in die
Hemel. Hierdie is waar, maar as EK nie ‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie,
waarom sou EK so sê in MY Skrifte? (Lk. 21:36, 1 Tess. 5:9) MY Woord sal nie
leeg na MY toe terugkeer nie. Dit sal uitvoer wat EK voortbestem het.
EK IS YAHUVEH! En EK het nie verander nie.
Wat EK, YAHUVEH, gedoen het vir Israel in die tyd van Moses; EK sal dit weer
doen!
Wat EK gedoen het vir Lot; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir
Josef en Maria, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Noag, EK,
YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir die drie Hebreeuse kinders,
EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Eliyahu, die Elia van
Ouds, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Henog, EK, YAHUVEH,
sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Elisa, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen.
Die galg wat Haman gebou het, EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang! EK het ‘n
Ester en net soos in die tye van ouds, sal EK, YAHUVEH, MY mense weer verlos. EK
het ‘n Koning Dawid [diegene met so ‘n gees] en sal musiek en lofsange gebruik
om die vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof
dat EK, YAHUVEH, weer sal verlos!
Wys MY in julle Skrifte waar EK nie MY mense verlos het —wat MY gebooie gevolg
het en liefgehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK,
YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger! Al wat julle
moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie
skrikwekkende dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle
gebede beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Kom met vrymoedigheid voor MY Troon, en gee MY julle versoeke. EK, YAHUVEH, IS
nie kwaad vir MY geliefde kinders nie.
By tye dwaal julle af en julle verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te
verskeur (alles net omdat julle weier om gehoorsaam te wees) — dus soos skape —
is EK IS gedwing om julle agterbene te breek, maar dan soos ‘n GOEIE HERDER, dra
EK jou liefdevol in MY arms. YAHUSHUA HA MASHIACH is die EEN wat jou nou
liefdevol in SY Arms dra totdat jy gesond is en weer instaat is om te loop.
Waar los ‘n goeie herder ooit sy skape sonder toesig? Waar slaan ‘n goeie herder
ooit die skape & lammers? NOOIT! Maar EK belowe wel dat EK diegene wat julle wil
verskeur sal laat BEROU oor die dag wat hulle ooit gebore was.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie
kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie genaamd Sodom & Gomorrah? EK
het hom en sy familie beskerm (behalwe sy vrou. wat gekies het om MY te
verontagsaam) teen die vuur en swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en
sy familie ook.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n
baba nie? In die tye van ouds was dit ‘n vorm van verdrukking — vir die moeders
met babas. Want al die babas moes vermoor word, want die bose mense wou die ware
MESSIAS vind om HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef
te waarsku in ‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom
gesê wanneer om terug te kom.
Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?
Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien nie? Voor daardie
groot verdrukking van water die aarde oorstroom het?
Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien
hoe die Joodse mense om haar vermoor word nie en tog het EK, YAHUVEH, nie ‘n
uitkoms vir die Joodse mense voorsien nie? Anders sou daar geeneen gewees het
vandag nie!
Het EK, YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordecai
en Ester dood te maak nie! (Die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir
Mordecai en Ester vasgetrek het — en al die Joodse mense doodgemaak sou word! En
tog, het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat hang— en sy tien seuns
en sy vrou!)
Hoe kan die einstes wat sê dat hulle Profesieë hoor en hulle glo, ontken dat EK,
YAHUVEH, altyd ‘n manier gehad het om MY mense te beskerm? Wees versigtig vir
diegene wat hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel.
Ongeag wat die verdrukking is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van uitkoms voorsien
vir diegene wat op MY vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in
YAHUVEH, en julle YAHUSHUA HA MASHIACH as jou vrou, jou man, jou vriende en die
vyf-voudige ampte— of regerings.
EK, YAHUVEH, sal julle nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal
wees nie. EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle
lewens sal neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie; EK sal julle belowe dat hierdie
martelaars by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en NOOIT weer sal hulle
swaarkry nie.
EK sal julle nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word [op elke fisiese
manier] nie, maar EK, YAHUVEH, sal hulle beskerm soos EK die kinders van Israel
beskerm het in die tye van ouds— toe die plae, en die duisternis, en dood oor
hulle gekom het — het EK diegene gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het
in die tye van ouds. Hoeveel te meer sal EK nou doen met die NUWE BLOED VERBOND
VAN YAHUSHUA HA MASCHIACH!
Wees gewaarsku wolwe: Julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en
julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n
wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH alleen is die GOEIE
HERDERS. EK, YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam— met julle eie skeppings en
wapens van oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die STAF VAN WOEDE wat julle sal
weg-slaan van MY skape & lammers af.
Wees nie mislei nie! EK sal die wolwe doodmaak in MY tydsberekening en hulle nie
net in die hel gooi nie, maar in die Poel van Vuur!
Aan almal wat die vernietiging wil hê van [die goeie in] Amerika & Israel en al
die Christene & die Jode, wat is die prys van jou siel? En EK praat nou met die
hele wêreld. As jy aanhou om dit te doen, dan sal jou siel vir ewig verdoem
wees! As jy wegdraai hiervan— Draai dan na YAHUSHUA HA MASHIACH toe! — Dan sal
jy vir ewig gered wees!
Dit is jou keuse.
Einde van Profesie
Offensief vir Sommiges, Ophelderend vir Ander
Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Heerlikheid
Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH.
Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Eerste ontvang Vrydag 2 November 2001, om 1:50 VM.| Her-lees 20 Maart 2020
In — die jaar was 2001. Profesie 52 was so pas gelees onder ‘n nuwe Salwing. Ek
wil hê julle moet weet, ek wil nie hê dat julle die feite moet vrees wat ek op
die voorblad opgesit het nie. Dit is nou, julle kan vind —as julle wil gaan kyk
onder die “Corona[virus] Heroes & Information” [onder die AmightyWind.com media
afdeling]— julle kan na YAHSTube gaan waar ek ongesensor is. En ons het ‘n hele
bladsy aan hulle opgedra.
En ek wil ook sê hoe lief het ek ‘n ieder en elk wat vir my skryf en vir my sê
hierdie Bediening is ‘n seën vir hulle, en hulle het hul lewens gegee vir
YAHUSHUA HA MASHIACH.
Ek kan nie begin om julle te vertel hoe baie ek julle waardeer deur hierdie jare
wat daar geen man was nie en daar geen mede-leier was nie. Ek kan nie begin om
julle te bedank nie.
Vir julle Joodse Profete, julle manne, ek het julle nodig om aan te hou om na
vore te kom. Ek het my broers in YAHUSHUA MASHIACH nodig om te omring [deur
hulle gebede] en daardie manlike bedekking te wees vir my.
Ek het julle almal lief in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam — vir diegene wat my
sowel as hierdie Bediening beskou as ‘n seën vir hulle.
Amen.
Einde van oorskrywing.
Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle
moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van
YAHUSHUA— Maria [Miriam] het nie vir haar Joodse baba ‘n Griekse naam "Jesus"
gegee nie. Daar is Salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red: YAHUSHUA.