Shabbat Shalom!
Eikev / Omdat
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Jesaja 49:14-51:3

49

14 Maar Sion sê: YAHUVEH het my verlaat, en YAHUVEH het my vergeet!
15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.
18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek YAHUVEH, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ‘n versiersel, hulle ombind soos ‘n bruid.
19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land—sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!
20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!
21 Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders—waar was húlle?
22 So sê YAHUVEH HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;
23 en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek YAHUVEH is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
24 Sal van ‘n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van ‘n regverdige ontvlug?
25 Waarlik, so sê YAHUVEH: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.
26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, YAHUVEH, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.

*~ Hoofstuk 50 ~*


1 So sê YAHUVEH: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
3 Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed.
4 YAHUVEH het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
5 YAHUVEH het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.
6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
7 Maar YAHUVEH help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ‘n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
8 Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My ‘n regsaak begin? —laat ons saam optree! Wie is my teëparty? —laat hom nader kom na My toe!
9 Kyk, YAHUVEH help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ‘n kleed; die mot sal hulle eet.
10 Wie is daar onder julle wat YAHUVEH vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? —laat hy vertrou op die Naam van YAHUVEH en steun op sy GOD!
11 Kyk, julle almal wat ‘n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord—wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.

*~ Hoofstuk 51 ~*


1 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat YAHUVEH soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
3 Want YAHUVEH vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van YAHUVEH; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.

Johannes 14:1-31;


1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in GOD, glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.
5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
6 YAHUSHUA antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
9 YAHUSHUA sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
19 Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
23 YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;
26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.
29 En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.
30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het—staan op, laat ons hiervandaan weggaan.