Shabbat Shalom!
Shemini Atzeret / Agtste Dag van Vergadering
- hierdie week se profetiese leeswerk.


1 Konings 8:54-8:66

8

54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot YAHUVEH te bid, het hy voor die altaar van YAHUVEH opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
55 en hy het gaan staan en die hele vergadering van Israel hardop geseën en gesê:
56 Geloofd sy YAHUVEH wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
57 Mag YAHUVEH onse ELOHIM met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie—
58 deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.
59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van YAHUVEH gesmeek het, dag en nag naby YAHUVEH onse ELOHIM wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;
60 sodat al die volke van die aarde kan weet dat YAHUVEH ELOHIM is, niemand meer nie.
61 Laat julle hart dan volkome met YAHUVEH onse ELOHIM wees om te wandel in sy insettinge en sy gebooie te onderhou, soos vandag.
62 En die koning, en die hele Israel saam met hom, was besig om slagoffers voor die aangesig van YAHUVEH te slag.
63 Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan YAHUVEH gebring het, twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van YAHUVEH ingewy, die koning en al die kinders van Israel.
64 Op dié dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van YAHUVEH was; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar voor die aangesig van YAHUVEH te klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat.
65 So het Salomo dan in dié tyd die fees gehou en die hele Israel saam met hom, ‘n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die aangesig van YAHUVEH onse ELOHIM, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.
66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat YAHUVEH aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.

Matteus 17:1-9

1 En ná ses dae het YAHUSHUA vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring.
2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.
4 Toe begin Petrus vir YAHUSHUA te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
5 Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!
6 En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.
7 En YAHUSHUA het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.
8 Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe YAHUSHUA alleen.
9 En onderwyl hulle van die berg afklim, het YAHUSHUA hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van ELOHIM uit die dode opgestaan het nie.

Markus 12:28-33


28 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat YAHUSHUA hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
29 En YAHUSHUA antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse ELOHIM, is ‘n enige Here (een); 'Sh'ma Yisra'el, YAHUVEH Eloheinu, YAHUVEH echad'
30 en jy moet YAHUVEH jou ELOHIM liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
32 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat YAHUVEH een is en daar geen ander is as Hy nie;
33 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.