Shabbat Shalom!
Vayeshev / En Hy Het Gelewe
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Sagaria 2:10-4:7;

2

10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, EK kom om in jou midde te woon, spreek YAHUVEH. (Joël 3:17)
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by YAHUVEH aansluit, en hulle sal MY tot ‘n volk wees; en EK sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat YAHUVEH van die leërskare my na jou gestuur het.(Jer 24:7, Mig 4:2)
12 En YAHUVEH sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor YAHUVEH! Want HY verhef HOM uit sy heilige woning.

*~ Sagaria Hoofstuk 3 ~*


1 Daarna het HY my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van YAHUVEH staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae. (Ps 109:6, Job 1:6, Op 12:10)
2 Toe sê YAHUVEH aan die Satan: Mag YAHUVEH jou bestraf, o Satan! Ja, mag YAHUVEH, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel van YAHUVEH staan.
4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. (Op 19:7-9)
5 Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van YAHUVEH daarby staan.
6 En die Engel van YAHUVEH het Josua plegtig verseker en gesê:
7 So sê YAHUVEH van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan. (Deut 10:12-13)
8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit—ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom!
9 Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het—op die een steen is daar sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek YAHUVEH van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.
10 In dié dag, spreek YAHUVEH van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom. (Mig 4:4)

*~ Sagaria Hoofstuk 4 ~*


1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar (Menorah), heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. (Op 1:20)
3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. (Op 11:4)
4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van YAHUVEH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur MY Gees, sê YAHUVEH van die leërskare.
7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ‘n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!

Johannes 10:22-28


22 En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
23 En YAHUSHUA het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
25 YAHUSHUA antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.