Shabbat Shalom!
Chayei Sarah /Lewe Van Sarah
- hierdie week se profetiese leeswerk.


1 Konings 1:1-31

1

1 Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning ‘n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom ‘n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
3 Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel ‘n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning ‘n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
5 Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.
7 En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.
8 Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.
9 En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
10 maar Natan, die profeet, en Benája en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
11 Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
12 Kom dan nou, laat ek u tog ‘n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.
13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.
15 Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.
16 En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?
17 En sy antwoord hom: My heer, ú het by YAHUVEH u ELOHIM vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hy sal op my troon sit.
18 Maar kyk, nou het Adónia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.
19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
20 Maar op ú, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.
21 Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.
23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
24 En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hy sal op my troon sit?
25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adónia lewe!
26 Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
27 As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit nie.
28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
29 Toe sweer die koning en sê: So waar as YAHUVEH leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
30 sekerlik, soos ek u by YAHUVEH, die ELOHIM van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
31 En Bátseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!

Johannes 4:3-14


3 het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
4 En Hy moes deur Samaría gaan.
5 Hy kom toe by ‘n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6 En die fontein van Jakob was daar. YAHUSHUA het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. YAHUSHUA sê vir haar: Gee vir My water om te drink—
8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ‘n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ‘n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
10 YAHUSHUA antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van YAHUVEH geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ‘n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
13 YAHUSHUA antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.