3
15 Toe word Salomo wakker, en—dit was ‘n droom! Daarop het hy in Jerusalem
gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en
dankoffers berei en ‘n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.
16 In dié tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan
voor hom staan.
17 En die een vrou sê: Ag, my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek
het by haar in die huis gebaar.
18 En op die derde dag ná my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons
saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die
huis.
19 En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê
het.
20 Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl
u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in
my skoot neergelê.
21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het
ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie!
22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is
jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige
is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.
23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun,
die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my
seun.
24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my ‘n swaard! En hulle het die swaard
voor die koning gebring.
25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte
aan die een en die helfte aan die ander.
26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek,
want haar binneste was ontroerd oor haar seun—sy het gesê: Ag, my heer, gee haar
die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! —terwyl die ander een sê: Hy
sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!
27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in
geen geval dood nie: sy is die moeder.
28 En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het,
en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid
in sy binneste was om reg te doen.
1 Konings 4:1
1 So was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.
Lukas 24:13-29;
13 En twee van hulle was dieselfde dag op pad na ‘n dorp wat agt myl van
Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom YAHUSHUA self nader en loop met
hulle saam.
16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle HOM nie kon herken nie.
17 En HY sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel,
en waarom is julle bedroef?
18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir HOM: Is U alleen ‘n
vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin
gebeur het nie?
19 En HY sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord HOM: Die dinge aangaande
YAHUSHUA, die Nasaréner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor
ELOHIM en die hele volk;
20 en hoe ons owerpriesters en owerstes HOM oorgelewer het tot die doodstraf en
HOM gekruisig het.
21 En ons het gehoop dat dit HY was wat Israel sou verlos; maar nou is dit
vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf
was;
23 en toe hulle SY liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ‘n
gesig gesien het van engele wat sê dat HY lewe.
24 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so
gevind soos die vroue ook gesê het; maar HOM het hulle nie gesien nie.
25 En HY sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles
wat die profete gespreek het!
26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in SY heerlikheid ingaan nie?
27 En HY het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die
Skrifte die dinge wat op HOM betrekking het.
28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en HY het gemaak
of HY verder wou gaan;
29 maar hulle het by HOM aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en HY het ingegaan om by hulle te bly.