51
12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat
moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? —
13 dat jy vergeet YAHUVEH wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die
aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van
die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid
van die verdrukker?
14 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil
neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.
15 Maar Ek is YAHUVEH jou ELOHIM wat die see in beroering bring, sodat sy golwe
bruis; YAHUVEH van die leërskare is sy Naam!
16 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou
verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk
is jy!
17 Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van YAHUVEH die
beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink,
uitgesuig.
18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een
van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.
19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom—wie het medelyde met jou? —verwoesting en
verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?
20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos ‘n eland in ‘n
vangkuil, vol van die grimmigheid van YAHUVEH, van die dreiging van jou ELOHIM.
21 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!
22 So sê jou Here, YAHUVEH, en jou ELOHIM wat die saak van sy volk verdedig: Kyk,
Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy
sal dit verder nie meer drink nie.
23 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir
jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond
en soos ‘n straat vir die wat daaroor gaan.
*~Jesaja Hoofstuk 52~*
1 Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan,
o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine
meer kom nie.
2 Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande
aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!
3 Want so sê YAHUVEH: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos
word.
4 Want so sê YAHUVEH HERE: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar
as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
5 Maar nou, wat vind Ek hier? spreek YAHUVEH; want my volk is vir niks weggeneem,
sy oorheersers maak geraas, spreek YAHUVEH, en my Naam word gedurigdeur die hele
dag gelaster.
6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit
Ek is wat spreek: Hier is Ek!
7 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring,
wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep;(YAHUSHUA)
wat aan Sion sê: Jou ELOHIM is Koning!
8 Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle
sien vlak voor hulle oë hoe YAHUVEH terugkeer na Sion.
9 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want YAHUVEH het sy volk
getroos, Jerusalem verlos.
10 YAHUVEH het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die
eindes van die aarde sal sien (Aleph/Tav) YAHUSHUA die heil van onse ELOHIM.
11 Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan
uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van YAHUVEH!
12 Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie;
want YAHUVEH trek voor julle uit, en die ELOHIM van Israel is julle agterhoede.
Markus 14:53-64
53 En hulle het YAHUSHUA weggelei na die hoëpriester. En al die owerpriesters en
die ouderlinge en die skrifgeleerdes het by hom vergader.
54 En Petrus het Hom van ver af gevolg tot binne-in die paleis van die
hoëpriester, en het saam met die dienaars gesit en hom by die vuur warm gemaak.
55 En die owerpriesters en die hele Raad het getuienis teen YAHUSHUA gesoek om
Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;
56 want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse was nie eenders nie.
57 En sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesê:
58 Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek
en in drie dae ‘n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.
59 En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie.
60 Toe staan die hoëpriester in hul midde op en vra YAHUSHUA en sê: Antwoord U
niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
61 Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester
Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde
YAHUVEH?
62 En YAHUSHUA sê: EK IS. En u almal sal die SEUN VAN YAHUVEH aan die regterhand
van die krag van ELOHIM sien sit en kom met die wolke van die hemel.
63 Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!
64 Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom
veroordeel dat Hy die dood skuldig was.