Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
22 Sept, 2023
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Die hoof gedeelte van die Profesie word gevind in die oorskrywing wat volg op
die gebede en sommige ander korter Profetiese Woorde.
Oorspronklik ontvang meer as 10 jaar gelede, YAHUSHUA HA MASHIACH het nou vir
Profeet Elisheva gelei om hierdie profesie her vry te stel aan die wêreld
weereens en onder ‘n nuwe Salwing. YAH wil gelowiges aanmoedig om die geloof te
hê om op water te loop, so te sê, te midde van die storms wat nou is en wat
spoedig kom oor die aarde.
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisheva:
Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van
Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor,
as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water,
Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind
jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het
hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die
RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons
onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.
[Praat in Tale] … Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit
skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het
geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde
wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan
manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord
kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van
my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam
van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.
Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.
Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN
KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders,
bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie
Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op
jul aangesigte want die Koning kom!
Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die
KONING KOM! HY kom nie vir diegene wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink
hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY
Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters
wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit
almal ontbreek aan MY Heerlikheid.
Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid
weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie
voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed.
Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die
Fariseërs.
Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is
verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangevoer want die
Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld.
Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in
die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die
tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê
om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die
vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe
het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het
hulle ingesluk.
So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat
hulle huise gesalf het, die wat in MY Woord skuil, die wat daarna strewe om
gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet
dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul
Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes
bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer
julle hierdie aarde verlaat nie.
In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op
waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in
die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe,
versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie
is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam
van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel
nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.
YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die
perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM
nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie
wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY
het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie
Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak
en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam
van YAHUSHUA nie.
Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een
gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer
613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal
word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan
nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan
sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is
geen genade in hom nie.
So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as
Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is,
die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK,
YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur
SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die
vyand te beskaam op baie verskillende maniere.
EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende
kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die
mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood
wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou
in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK
die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware
Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste
stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou
inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun
se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en
diegene wat deur MY geroep is, diegene wat ‘n goddelikheid van binne het.
EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK
waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal
onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs
binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming
van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste
saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om
te staan.
Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste
lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink.
Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig
van die Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself
laat inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat
reg is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat,
want julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat
julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voortspreek soos hierdie
diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.
Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val.
Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle
maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal
Heilig lewe vir MY want EK is Heilig en sal wegvlug selfs van enige verskyning
van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle
wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.
Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat
julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer
skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom
nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.
So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is
op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders,
want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as
julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit
behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!
*******
Elisheva:
So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur.
Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons
besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om
verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n
werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof
hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie
teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy
demone wil nie hê die profeet moet praat nie.
Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien
uit daarna om julle in die Hemel te sien.
In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisheva Eliyahu
Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van
vrees." Lukas 21:26
Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie
bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en
verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem
het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde,
gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om
vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees).
Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra
om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik
vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.
As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die
Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is
en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil
aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en
YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en
wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te
kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou te gebruik vir YAHUVEH
en YAHUSHUA se Eer.
Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek
liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal by Golgota, U het gesterf en
weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart
in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek
gesondig het en ek draai weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U RUACH
ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en leef U
lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U vir my die
begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan.
Dankie dat U my Liefhet en my siel red, my Geloof laat groei sodat ek eendag
saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van
die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal
gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en dat U
gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.
Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis
nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie
alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het
jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en
verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat
jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n
Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te
gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.
Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy
HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie
skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat
jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die
Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het
meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te
ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 16 September 2002
Profesie 115 Pasop Vir Die Totalitêre Diktatorskap Wat Na Amerika En Die Wêreld Toe Kom!
Toe ek, Elisheva Eliyahu, gebid het op hierdie Yom Kippur voor die Troon van
YAHUVEH het ek gekla teenoor ABBA YAHUVEH oor die wreedaardigste, leuenagtigste
beswadderende aanvalle wat gekom het van diegene wat hulself Christene noem en
ek het vir ABBA YAHUVEH hoor sê, “Wat sou jy vir hulle sê as hulle nou voor MY
Troon was om geoordeel te word?”
En HY het dit op my hart gesit om die vyande te noem van YAHUVEH en hierdie
Bediening en HOM te vra om ons vyande stil te maak. Ek het my vlees beveg, want
ek het eintlik nie geweet ABBA YAHUVEH sou dat ek hierdie hele gebed plaas voor
die wêreld nie, maar YAHUVEH het gesê HY wil hê die vyande moet weet dat hulle
name na HOM toe geneem was op hierdie Yom Kippur.
Hierdie is een van die mees vernederendste dinge wat ek nog ooit gedoen het,
want ek haat dit wanneer die vyande my so kwesbaar sien, maar nietemin
gehoorsaam ek.
Soos julle kan lees hieronder, sê YAHUVEH ook vir die webbestuurder om my foto
op te sit en ek wou dit nie regtig gehad het nie, daarom het ek gebid en vir
YAHUVEH gevra hoekom my foto opgesit moes word en HY het vir my gesê, “Terwyl
EK, YAHUVEH, jou gesig aanskou in MY liefde, aanskou EK hierdie vyande se
gesigte in MY drif.”
*******
Op 5 September 2009 het YAHUVEH met Elisheva gepraat terwyl sy geslaap het en HY
het gesê —
Profetiese Woord – Geskryf onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
Totalitêre Diktatorskap. Totalitêre Diktatorskap, Totalitêre Diktatorskap.
[Elisheva] waarsku hulle. Die een wat homself “President van die Verenigde
State” noem [2009] wil hê Amerika moet regeer word deur ‘n totalitêre
diktatorskap.
Die beste gesondheidsorg, [soos bv. onder "Obama care"] sal net vir die rykes
wees. Daar sal net 2 klasse van mense wees: die rykes en diegene wat nou beskou
word as die middelklas. Die middelklas sal die rykes dien. En die armes sal
stadig uitgemoor word deur gedwonge inentings, gedwonge aborsies en weiering van
mediese sorg.
Die regering sal alles regeer. En hulle sal besluit wie sal lewe en wie sal
sterf.
Einde van Woord
Voor die einde van daardie maand, op Yom Kippur, was die hele Profesie ontvang.
Terwyl dit gespreek was, het Kathrynyah ‘n visioen gesien van “green beret”
soldate. Hierdie is die beste van die Amerikaanse soldate. YAHUVEH het ‘n
betekenis openbaar aan Profeet Elisheva: hierdies is simbolies die YDS,
"YAHUSHUA'S demons stompers."
Rakende die Titel van die Profesie, is ‘n diktator ‘n heerser met onbeperkte mag,
in toepassing, gewoonlik in besit geneem deur dwang. Vir diegene wat nie
vertroud is met die term “totalitêre diktatorskap” nie, hier is dit beskryf:
Totalitarisme, ‘n moderne outokratiese regering [‘n Outokraat wat ‘n despoot of
diktator beteken] waarin die staat ditself betrokke maak in alle fasette van
samelewing, insluitende die daaglikse lewens van sy lands-burgers. ‘n Totalitêre
regering wil nie net alle ekonomiese en politieke sake beheer nie maar die
gesindhede, waardes en oortuigings van die populasie daarvan, wat die verskil
uitwis tussen staat en samelewing. Die lands-burger se plig teenoor die staat
raak die primêre belang van die gemeenskap, en die doel van die staat is die
vervanging van die bestaande samelewing met ‘n perfekte samelewing. [...]
[D]ie state wat die algemeenste beskryf word as totalitêr [sluit in] die Soviet
Unie onder Stalin, Nazi Duitsland, en die ‘People’s Republic of China’ [vernaamlik]
onder Mao. (U.C. Mandal's Dictionary of Public Administration)
Hou in gedagte dat dit nie ‘n term is wat Elisheva gereeld gebruik nie, soos
duidelik in die Profesie-oorskrywing en audio, waar sy sukkel om dit uit te
spreek, wat net nog meer wys dat sy niks het om te baat nie en hierdie nie
woorde uit haar vlees is nie, maar waarskuwings uit die Hemel.
As’t ware was die Salwing so sterk op Profeet Elisheva gedurende die opgeneemde
gebeds-tyd, voor die hoof Profesie begin aangaande totalitarisme, dat dit
moeilik kan wees om te onderskei tussen haar wat bid en korter Woorde van Kennis
en Oordeel profeteer (Amos 3:7, 1 Kor. 12:8).
*******
Hier onder is die Profesie soos dit voortgekom het
– met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” - terwyl GOD se GEES uiting gee (Handeling
2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Sy spreek voort in tale en
Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)
Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
Soos in alleluia of (hallelu YAH) wat beteken: “loof YAH,” YAH is GOD se Heilige,
Gewyde Naam: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIG
VERWEKTE SEUN— (HA MASHIACH beteken “Die MESSIAS”; ELOHIEM beteken “GOD”.) Die
Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH
HA KODESH (In Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) — is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)
Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH” En IMMAYAH beteken “MOEDER YAH” In
Hebreeus is Die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR” en is so gereflekteer in
die Profesieë & Skriftuurlike aanhalings op hierdie webwerf. Alle direkte
verwysings na GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit Woord en Getuienis bybel behalwe waar anders aangedui)
*******
YAHUVEH se Waarskuwings Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN
HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word om diegene
te waarsku wat spot:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Profesie 115
Hierdie was opgeneem deur middel van audio. Hier is die oorskrywing.
Gebed Begin:
Elisheva: Dit is die [Heilige] tale.
[ Heilige Tale (Hand. 2:3-4; 1 Kor. 13:1; 14:6) ]
Hierdie is Yom Kippur ABBA YAH! En ek het net gekom voor U op Yom Kippur ABBA
YAH. En ek het net vir U gesê en ek het dit in trane gedoen en ek het gesê, “ek
huil voor U” en terwyl ek — ‘n Profesie herlees, HEMELSE VADER [het ek meer
begin hoor].
En een woord was verkeerd gespel, HEMELSE VADER! Wat was die naam van die
Profesie? Wat’s die Woord? Van die naam van die Profesie wat jy gelees het?
“O Israel, Waar is Jou —” o, “Waar is Jou Bloedoffer” en daar was een woord wat
verkeerd gespel was, HEMELSE VADER: Van ‘n — waar nie ‘n “except” moes gewees
het nie dan moes daar ‘n “accept”gewees het! Die hele [sin was uit konteks
gehaal. Dit was verkeerd geskryf — die hele sin].
En dit was oorgeskryf deur iemand anders. Hulle het nie die punt daar gesit nie.
Daar’s ‘n verkeerd gespelde woord en ek het net .... En in plaas van om te sê “aanvaar
- accept” (A-C-C-E-P-T) het hulle gesit “behalwe - except” (E-X- [Sug] - PH CUT*
C-E-P-T - Yeah C-E-P-T (E-X-C-E-P-T) en dit het dit verander [die betekenis].
Ek het net gehuil voor YAH en ek het gesê “ek het nie gevra om ‘n Profeet te
wees nie!” EK WIL HIERDIE OP REKORD HÊ MENSE! – ja, sê HY vir my ek hét, maar
sover dit my aangaan [Lag], ek het uitgeroep na YAHUVEH en ek wil hê mense moet
hierdie verstaan: Ek is nie opgepof in trots nie, ek huil deurentyd voor
YAHUVEH!
[ Breek met emosie ]
Ek is so BANG om een Woord verkeerd te hê! En op hierdie Yom Kippur [ Huilend ]
het ek gehuil en ek doen steeds – (Verbrands, ek het nie nodig dat my vyande my
so sien nie,) maar ek het gesê, ABBA YAHUVEH en GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH,
ek gaan voor U Troon staan en ek gaan aanspreeklik gehou word vir die Woorde wat
voortgespreek was uit hierdie mond wat ek weet is van U af, maar as een
oorgeskryfde woord verkeerd is, as—as een Woord uitgelaat is…want U praat so
vinnig wanneer U met my praat.
Ek bid in Heilige tale en terselfdertyd hoor my brein wat U sê, maar my mond het
somtyds [Lag] moeite om by te hou om in staat te wees om dit in Engels om te
sit. (1 Kor.14:6-13) En daar kan ‘n klein woordjie ontbreek: ’n “van” of ‘n
“die” of ek kan net wag om te hoor wat U gaan sê, en ek kan sê: “en.”
En net ek… hierdie gawe is so broos. Hierdie gawe is iets wat ek nie verstaan
nie! Hierdie gawe is so UNIEK! Ek, ek ken niemand wat dit het nie — ek wil net
iemand anders ontmoet wat dit het!—in al hierdie jare! En... ek het net
uitgeroep na U toe ek, terwyl ek hierdie gelees het en sien, en ons gehoor het
een woord was foutief oorgeskryf.
Nou moet AL die vertalers deur die las gaan om terug te gaan na die Profesie van
— watter nommer? Dit is 63. In elkgeval, wil ek dit net sê voor die wêreld, ek
wil net...
Ha julle weet, ek doen die beste wat ek kan.
[ Breek met emosie ]
Ek hou aan sê, “Hierdie is ‘n SKRIKWEKKENDE ding om ‘n Profeet te wees, ‘n
SKRIKWEKKENDE ding!” Ek weet die Bybel sê dat hierdie die gawe is dat uit alle
gawes wat gegee word, is dit die een waarvoor mense moet bid, maar al wat ek te
sê het: “Dit is ’n skrikwekkende ding.”
En ek hou aan uitroep, en ek hou aan sê vir ABBA YAH, “ek het nie hiervoor gevra
nie, ek het nie hiervoor gevra nie. Ek het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie.
Ek het nie gevra om U Mondstuk te wees vir [die wêreld] nie. Hierdie is te
skrikwekkend. Hierdie is.”
En HY hou aan om vir my dieselfde ding te sê, “Maar o ja jy het [Elisheva]. Jy
het in die Hemel. Jy het vrywillig aangebied hiervoor, en eendag sal EK dit aan
jou bewys” (Jer.1:5) maar presies nou, in my vlees [op aarde] weet ek net
hierdie: ek is omtrent gereed om ‘n nuwe Profesie te gee, want die Woorde het
begin voortkom, en wanneer ek dit ‘die minste verwag’—
Nooit ooit, ooit, ooit, ooit! Iemand het gesê, wat vir my geskryf het— kosbare
broer Caesar het vir my geskryf, en hy is in Singapoer, en hy het gesê, “Wat jy
ookal doen [Elisheva]” - (ek het dit sopas gelees op Yom Kippur. Ek is baie lief
vir hom. Hy is ‘n nuwe broer in YAHUSHUA vir my. Hy is ook ‘n Profeet, maar hy
is so baie, baie nederig [dat] hy nie eers ‘n Profeet genoem wil word nie) en hy
het net gesê— “wat jy ookal doen, moenie die gawe aanbid nie; moenie die gawe ‘n
afgod maak nie.”
Hierdie, hierdie gawe is nie ‘n afgod nie. Ek vra nie eers nie. Ek ... Hulle
gebeur net! [Die Profesieë] hulle kom net!
Diegene wat rondom my is weet. Die Woorde sal net begin voortvloei uit my lippe
en [Lag] dit is ALTYD wanneer ek dit ‘die minste verwag.’ En net vanaand — ek
het NET klaar vir YAHUVEH gesê.
As dit 3 minute was [wat verby gegaan het voor ek begin het om iets te hoor uit
die Hemel] sou dit ‘n wonderwerk gewees het! [Figuurlik gesproke]
Ek weet nie hoekom dit soveel jare geneem het nie. Watter jaar? [Vanaf] 2002!
2002! Was daar ‘n verkeerd vertaalde woord, verkeerd gespelde woord en met ‘n
komma [waar] ‘n punt moes gewees het— maar wanneer YAH met my praat is ek soos
‘n Profeet van Ouds.
HY doen nie...meeste van die tyd, verpoos ek nie eers nie! Ek gaan net oor van
tale om in Engels te praat. So dit is baie moeilik om in staat te wees om te
skei, waar YAH Woorde wil skei.
So dit alles gesê, wil ek net hê julle moet weet—dat wat ookal nou na vore gaan
kom —ek het net gesmeek en gepleit voor die die Troon van YAHUVEH en gesê, “ ek
het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie—hierdie is te skrikwekkend”.
Die waarheid is, wanneer daar geen boodskappe tussen-in [Profetiese Woorde] is
nie, gee ek ‘soort van’ ‘n diep sug van verligting, want dan kan niemand meer
klippe na my toe gooi nie. Ons het gewoonlik gesê, ek het gewoonlik gesê; “Moet
asseblief nie die boodskapper stenig nie” (want, glo my, ek kry baie klippe na
my toe gegooi – Hulle is nie klippe nie, hulle is rotsblokke… [Stem bewe] en die
leuenaars kom staan werklik in gelid, en die kwaadsprekers (Mat.5:11-12).
En die van julle wat nie hierdie Bediening verdedig nie, en tog weet die
waarheid kom van hierdie Bediening af, GAAN AANSPREEKLIK GEHOU WORD VOOR
YAHUVEH! want julle maak die werk baie moeiliker. Julle behoort — ‘n
sneeustorting van e-posse na hierdie vyande te stuur. Julle behoort te sê, “VAT
DIT OF BLY STIL! Lewer bewys van julle bewyse.”
Want weet julle wat? Hulle het geen bewys dat ek ‘n vals profeet is nie! Hulle
vat selfs my ‘naam’ en hulle sê, “Hierdie is haar regte naam.” ONNOSELE MENSE!
Hoe durf julle? Hoe durf julle die leuens vat! Ek is ‘n evangelis, ek het gegaan
— van reg oor die wêreld en die rede hoekom ons reis is omdat ons evangeliste
is.
En ek het dit in my getuienis: Ek het van ‘n moorddadige x-man gevlug wat ... ek
het dit alles in my getuienis—as julle so blind is dat julle nie kan lees nie en
die van julle wat hierdie leuens glo, JULLE SAL AANSPREEKLIK GEHOU WORD!
Julle sal aanspreeklik gehou word! En op hierdie dag van Yom Kippur voel ek, met
alles binne-in my! Dat ek julle moet waarsku!
Profetiese Woorde:
Elke afsonderlike, enkele persoon wat na hierdie Bedienings-webwerf toe gekom
het al hierdie jare en gevoed was [tog] gaan julle na jul georganiseerde kerke
toe, julle gaan op julle, op Sondae en julle sit julle klein offertjies in die
offerbord, julle maak seker om tiendes te gee, maar vir die plek waar julle jul
geestelike vleis kry, vir die plek waar julle staatmaak vir YAH om vanuit voort
te spreek, (want dit is vir seker nie in julle georganiseerde kerke [dat] die
Profete praat, of vir julle enigiets nuuts gee nie), gee julle niks!
Julle dink dis net gratis, want dit is op die Internet!
Elisheva: Julle tel nie die koste wat dit ons kos nie! Julle tel nie die lyding
wat dit ons kos nie! Julle tel nie die vervolging nie! Julle tel nie enige
daarvan nie!
Julle vat dit net en eet, en hardloop! Julle verwerdig julle nie eens om te
verdedig, wanneer julle ons gekruisig sien voor almal nie!
KAN JULLE OMGEE? [Nee]
Weet julle hoekom? Want dit kos julle nie enige iets nie. Dit het my ALLES gekos!
[ Huilende terwyl YAH huil deur haar ]
Profetiese Woord Gaan voort:
Op hierdie dag van Yom Kippur in trane, sê ek vir julle YAHUSHUA kom terug, maar
HY kom nie terug vir diegene wat in die georganiseerde kerke sit, so selfvoldaan
omdat hulle kerk toe gaan op ‘n Sondag nie.
HY kom nie terug [vir julle]—as julle HOM nie eerste stel in julle liefde en
julle lewe nie—HY doen nie. Julle gaan HOM nie sien nie! Julle gaan HOM nie sien
nie. HY gaan julle los in die Groot Verdrukking.
En julle gaan wonder hoekom.
Elisheva: Die van julle wat niks gedoen het om my te verdedig nie, die van julle
wat absoluut geen vinger gelig het om hierdie Bediening te ondersteun nie. (ons
is in soveel tale nou, 14 tale ten minste [in 2009] en meer wat kom maar) —
Profetiese Woord Gaan voort:
Die van julle wat niks gedoen het nie, nie eens ‘n woord van bemoediging nie,
nie enige iets nie: Besef julle dat YAHUVEH julle gaan oordeel hiervoor? Besef
julle dat selfs al haal julle die Hemel, besef julle, dat belonings van julle
weggeneem gaan word? — [van alles] wat julle wel gedoen het [watter] goeie ookal
vir HOM hier op aarde.
Elisheva: Ek weet nie wat [alles] YAH omtrent gereed is om te sê nie. So ek wou
hierdie net op rekord hê want, soos ek gesê het, dit is asof hoe meer tale ons
bereik...kom O soveel siele na YAHUSHUA HA MASHIACH toe!
En o my hoe kom die leuenaars in gelid, die kwaadsprekers, die diensknegte van
satan, die kinders van satan! Ek kan dit vat van die sataniste. Hey man! Hulle
stuur hulle vloeke en hulle towerspreuke en hulle doen hulle rituele en hulle
offers en hulle stuur hulle haatpos en hulle— hulle dreig my lewe. En AL hierdie
gemors, hulle heksery! AL daardie gemors!
Maar weet julle van wie dit die moeilikste is om te vat? Diegene wat eis dat
hulle bid in die naam van “Jesus Christus.” Diegene wat eis [Lag] dat hulle
oppad is Hemel toe. Hulle is diegene wat die moeilikste is, want hulle is nie
eens—hulle is nie eens ‘n Christen nie.
Hulle het slegs ‘n ‘naam’, hulle het geen verhouding met YAHUSHUA nie, hulle het
geen ‘CHRISTUS’ in hulle nie, hulle is nie gesalf nie anders sou hulle geweet
het dat enige Bediening wat op die Internet was sedert [voor] 1995...
En ek is ‘n “geordineerde, gelisensieerde” pastoor. Big deal. My ware ordinering
kom uit die Hemel. Ja, ek het selfs hand-opleggings gehad [op my] ek is ‘n “Apostel”!
Big deal in hierdie wêreld se oë. Dit beteken niks: Om ‘n ander persoon te hê
wat hande op jou lê en [sulke] “ordinerings” te kry nie.
My ordinering is om ‘n Apostel en ‘n Profeet te wees — kom uit die Hemel (Gal
1:15-16) En raai wat? Wat is sy naam? Wat is sy naam? Wat is die ou in New
Zealand se naam wat ek altyd vergeet?
[Gebeds-genoot antwoord]
Andrew Strom! En jou “Profeet skool”! Jy kan jou Profeet skool vat en jy weet
waar jy dit kan opdruk. Jy kan NIE ENIGE IEMAND leer om ‘n Profeet te wees nie
(1 John 2:27)! En jy kan NIE IEMAND geld vra om ‘n Profeet te wees nie. (Matt
10:8b; Matt 21:13).
Jy is ‘n leuenaar. Jy was ‘n leuenaar vandat ek jou ontmoet het in 1995, en jy
my op daardie treflys van jou gesit het.
Profetiese Woord Gaan voort:
JY IS OP YAHUVEH SE TREFLYS! Andrew Strom! Jy sê dat — “Pasop vir diegene wat
preek dat jy die Tien Gebooie moet gehoorsaam” en wat glo, en vir ander vertel,
dat ‘as julle nie die Sabbatdag eer en dit Heilig nie ...’ Pasop! Hardloop weg
vir enige iemand wat die Torah preek! Hardloop weg vir hulle.”
Wel, raai wat Andrew Strom? Jy was ‘n satanis destyds en jy is ‘n satanis nou!
Elisheva: Ek wil hierdie op rekord hê in 14 verskillende tale: ANDREW STROM IS
‘N SATANIS! Hoor jy my? Jy is ‘n satanis! Ek weet jy het aanvanklik begin in
heksery en ek weet dit was [in] jou ‘getuienis.’
En Pamela Martin, sy het my op haar treflys gesit. Dit was jou vriendin. Sy is
nogsteeds daar in Texas. En ek het jou nie vergeet nie, Pamela Martin! Ek het
nie vergeet wat jy gedoen het nie!
En ek het nie vergeet Andrew Strom het gesê daar is nie so iets soos ‘n suiwer
woord van GOD nie. Dat dit alles vleeslik moes wees — en hy het my verkleineer
daarvoor in 1995.
En ek het nie vir Pamela Martin vergeet op daardie telefoon dat jy vir my gesê
het jy vrees Andrew Strom nie omdat hy kragte het, en jy het gesê dat dit
satanistiese kragte was.
Raai wat Andrew Strom? Raai wat Craig Martin? Ek het julle nie vergeet nie. Ek
het nie enige van julle vergeet nie.
En ek wil hierdie net [op rekord hê] ... hy val my nou aan.
Profetiese Woord Gaan voort:
YAHUSHUA—op Yom Kippur!—het julle nie vergeet nie [Andrew Strom, Pamela Martin,
Craig Martin]! YAHUVEH wil hierdie op rekord hê! HY het julle nie vergeet nie!
Jy wat jouself “Malcolm Heap” noem. Jou “HOOP MIS”! Jy wat ‘n boek skryf oor
Elia en nou eis jy is Elia!
(Elisheva: Jy, wat gaan en hierdie webwerwe opstel en my beswadder en besmet!
Jou—sogenaamde Christelike Berader genaamd Stephen Rossi Sr. Jy—wie ek eens
broer genoem en gementor het!)
Jy vir wie Profesie 111 voor was, as ‘n seën, en jy uitgespoeg het as ‘n vloek ‘omdat
jy nie ‘n egskeiding wou kry nie’ (omdat dit te veel geld kos!) Jy!—is geen
Christelike Berader nie! JY!—is satan in vermomming! JY!—is ‘n Judas!
(Elisheva: En ek verklaar dit voor die wêreld en nie alleenlik dat nie ék dit
verklaar nie, [maar man jy is in die moeilikheid] want op Yom Kippur–het ek nie
geweet enige van hierdie sou gebeur nie, ek het net begin bid in Heilige Tale —
YAHUVEH wil hê jy—om jou in kennis te stel: )
Jy ken die lot van Judas? Raai wat, Stephen? Steve Rossi Sr, dit is jou lot. Ek
stel die vyande in kennis. Ek stel Zeph Daniels in kennis.
Elisheva: YAHUVEH onthou jou! HY onthou jou op hierdie dag van Yom Kippur want
jy is ‘n deel van dit alles. En ek weet daar is soveel ander…
Mense, ek het julle hulp nodig. Heiliges as hierdie Bediening julle geseën
het—op enige manier— bewys dit. Bewys dit! Want julle gaan dit moet bewys voor
YAHUVEH eendag! Wat het julle gedoen om enige van ons laste van ons af te lig?
Wat het julle gedoen op enige manier, gestalte of vorm om ons te help?
Het julle ons gehelp? Het julle ons verhinder? Het julle ons bemoedig? Ek meen
mooi —woorde is mooi, en ons waardeer die bemoedigende woorde, maar ons het hulp
nodig.
ONS MOET HULP HÊ.
Die werk is so groot! Ons bereik soveel nasies nou.
Ons probeer waarsku oor Sherry Shriner. Ons probeer waarsku oor Linda Newkirk —
Linda Newkirk. Ons het sopas iemand gehad wat net vir ons geskryf en vertel het:
Sy hou mense as—gyselaars. Sy is daar besig om haar demoniese, sataniese kragte
te demonstreer.
Hoe in hierdie wêreld kan julle mense enige boeke koop van Linda Newkirk? Hoe in
hierdie wêreld kan julle ENIGE IETS rasionaliseer wat sy sê met die Bybel: “Geboorte
te gee aan die manlike kind”? “Swanger te wees vir 17 maande”?
Ag my goeiste, mense! Wat is fout met julle? Hierdie vrou is GEVAARLIK. Sy is
satan in vermomming. En Sherry Shriner! Ag my goeiste! Julle is daarbuite en
julle begrawe orgone. Orgone!— dis ‘n opsporing—haar “spesiale” orgone wat
veronderstel is om die UFO’s, aliens ‘weg’ te hou, wat veronderstel is om demone
‘weg’ te hou, veronderstel is om die ruimteskepe te ‘vernietig’ in die lug. Is
julle regtig so onnosel?!
Ek is jammer, maar ABBA YAHUVEH is kwaad!
Profetiese Woord Gaan voort:
Julle NOEM julself by die naam van “Christen” en daar is geen Christen in julle
nie. Julle maak staat op ‘n [‘alien’]—op ‘n vrou om aan julle die orgone te
verkoop om te plant in jul erf—om te plant reg oor die wêreld.
Verstaan julle NIE? Lees julle nie die Heilige Profesieë nie? Julle het siekte
na julle toe getrek. Julle het demone na julle toe getrek, deur hierdie te doen.
Julle het. Julle het die aliens GETREK! Moenie bekommerd wees [Sarkasme] wanneer
die UFO’s kom nie, hulle sal—hulle sal weet waar julle is.
Julle sal aanspreeklik gehou word vir alles wat julle gedoen het. Om te sê dat
enigiets kan—kan staan teen ’n demoon! Buiten die NAAM en die BLOED VAN YAHUSHUA
HA MASHIACH! Julle is waarlik, waarlik, waarlik, waarlik blind en julle ore is
waarlik, waarlik doof! Of julle is onder ‘n gees van gedagtebeheer,
gedagtemanipulasie—julle is—as julle vir Sherry Shriner of Linda Newkirk volg.
(Elisheva: Hierdie— ons gaan die briewe plaas wat ingekom het as waarskuwing oor
Linda Newkirk. Hierdie vrou is gevaarlik, GEVAARLIK!)
Sy laat mense kom na haar eiendom toe, sê vir hulle om te kom, sy gaan hulle “veilig
hou." Sy sluit hulle toe in ‘n pakhuis wat sy noem “ ‘n plek om te slaap,” en
dan maak sy seker die slot is aan die buitekant, sodat sy julle kan toesluit.
(Elisheva: Ek sê vir julle mense. Julle is, julle is — [Lag vir die ironie])
Julle gaan aanspreeklik gehou word. Hoekom is hierdie, die enigste, Profeet die
een wat moet opstaan en mense waarsku oor hierdie diaboliese vyande?
(Elisheva: Hoekom moet ek die een wees?)
Profestiese Woord Gaan Voort:
En hulle lys is so uiters lank. Rick Joyner en die ‘Manifested Sons of God’
beweging. Julle BEGIN nog nie eens die feit verstaan oor hoekom sy naam
“Morningstar Publishing” is nie.
Hy vernoem homself—Wie is die “Môrester” wat uit die lug geval het (Jes. 14:12)?
Verstaan enige iemand dat dit “Lucifer” was?
Verstaan julle nie waaroor die ‘Manifested Sons of God’ beweging alles gaan nie?
Hulle verklaar dat hulle GOD is!
Elisheva: For crying out loud! Word wakker mense! Word wakker! Ek is soos ‘n
Profeet van Ouds, en ek is keelvol! Ek is KEELVOL vir die onnoselheid! Ek is
KEELVOL vir die dowe ore! Ek is KEELVOL vir die blinde oë! Laat die skille afval
van julle oë af! En sien wat aangaan!
En dit is wat ek te sê het op hierdie Yom Kippur.
Ek weet dat YAH ‘n boodskap het wat na vore begin kom het. Ek het begin praat in
Heilige Tale, maar hierdie is ‘n dag van oordeel ook. Dit is dit.
Sommige van hierdie dinge—AL hierdie dinge wat ek genoem het, nie sommige nie,
ALLES wat ek [gesê het] dit was op my hart gesit.
YAHUVEH is kwaad. HY is kwaad! Waar is die ander vertalers wat geroep was?
Geroep om deel te wees van hierdie Bediening? Hoekom vrywillig julle nie jul tyd
nie?
Ons kry hierdie e-posse wat sê, “O ek was geroep om julle vertaler te wees, maar
dit sal julle
‘soveel’ geld kos.” WAT! Ons vra nie enige iets om die Profesieë op te sit nie,
en hulle is in Engels!
Hoekom dan as jy glo hierdie Bediening spreek die waarheid voort—dan hoekom sou
jy sê ek moet jou ‘soveel’ geld betaal?
Ons vertalers werk hard. Hulle staan in voltydse beroepe en tog, wy hulle soveel
tyd daaraan om die Heilige Profesieë te vat, om die boodskappe af te laai van
hierdie Bediening af en hulle sit dit om in al hierdie verskillende tale.
Ek kan julle nie eers vertel hoeveel hulle ly om hierdie te doen nie, hoeveel
tyd hulle spandeer om hierdie te doen nie, hoeveel slaap hulle verloor nie. Ek
kan nie eers begin nie, maar hulle belonings sal hulle volg Hemel toe. Hulle sal
die siele ontmoet, soos ons die siele sal ontmoet en hulle sal almal persoonlik
bedank word, terwyl hulle aan ons sy staan.
Ons weet wanneer ons hierdie aarde verlaat, sal ons gaan met die grootste
beloning van alles, dat ons siele gelei het na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, dat ons
Heiligheid gepreek het.
So dit is wat ek te sê het op hierdie Yom Kippur.
Nou gaan ek sien wat anders YAHUVEH my gaan laat sê, want al hierdie, al hierdie
is op YAH se hart presies nou …al hierdie.
YAHUSHUA kom terug. Die Groot Verdrukking is byna op ons—
Profetiese Woord Gaan voort:
Wee julle daar oorkant by Jim Bramlett se webwerf op die ‘5 Doves’.
Jim Bramlett jy is in groot moeilikheid. Jy is in soveel moeilikheid.
Jy gaan staan voor YAHUVEH. En jy gaan aanspreeklik gehou word vir elke keer wat
iemand heel opgewonde was, “Hierdie is die dag dat YAHUSHUA terugkeer”, “Hierdie
is die dag van die wegraping.”
En elke een van julle op die ‘5 Doves’ forum wat hierdie ook gedoen het saam met
Jim Bramlett, elke een van julle wat gesê het, “dit is dit. Hierdie is die dag…”
(Elisheva: Daardie pastoor… Wat is daardie pastoor se naam? Oh, F.M. Riley, ha,
jou Baptis jy. Jy gaan waarlik voor YAHUVEH staan op ‘n groot, groot manier.)
Profetiese Woord Gaan voort:
Jy wat mense leer dat hulle kan sondig en ‘dit maak nie saak’ WAT hulle doen nie,
‘dit maak nie saak’ of hulle in die daad van owerspel is nie! ‘dit maak nie saak’
WAT julle doen nie ‘solank as julle julself [julself gered noem]... ‘solank
julle dit weet...’
Jy sien, jy kan nie—hierdie is jou evangelie, nie die Bybelse Evangelie nie,
F.M. Riley.
(Elisheva: Jy gaan staan voor ‘n woedende YAHUVEH.)
Jy sal uitvind. Jy sal uitvind oor wat jy gedoen het - jy het die mense geleer
hulle kan sondig en tog sal hulle steeds weggeraap word en Hemel toe gaan. Dit
is alles reg, ‘net solank jy die sondaarsgebed bid.’ Moenie bekommer nie, wees
bly! Wanneer die wegraping kom, ‘sal julle nie in die Groot Verdrukking wees nie.’
F.M. Riley, ek het jou dopgehou op “5 Doves” datum, na datum, na datum gee.
(Elisheva: Marilyn Agee, ek weet wie jy is. Ek het saam met jou begin in 1995.
Jy het presies dieselfde ding gedoen. ‘Dit is die jaar van die wegraping. Dit is
die maand’ ‘Dit is die Rosh Hashanah. Dit is die Pinksterdag...’ Ek weet nie, [aangesien]
almal by “5 Doves” soveel verskillende datums het.)
En die mense is verpletter elke keer wat hulle — hulle, hulle dit REGTIG glo —
sommige sal selfs ‘gered’ word want hulle is bang om agtergelaat te word en
daarom sal hulle inderhaas op hul knieë kom en op hul knieë val en sê, “Ek wil
nie agtergelaat word nie!”
F.M. Riley het gesê ‘hierdie’ is die datum. Jim Bramlett het gesê ‘dit’ is die
datum. Marilyn Agee het gesê ‘dit’ is die dag. Raai wat?
Almal van julle gaan aanspreeklik gehou word, want hierdie kosbare siele—wanneer
dit gebeur en hulle gaan en hulle val op die knieë en hulle bekeer voor YAHUSHUA
en hulle gee hul lewe vir HOM en dan gaan die dag verby ..... Geen wegraping.
Hoekom in hierdie wêreld sou hulle YAHUSHUA glo vir enigiets anders—dat HY hulle
vergewe het vir hulle sondes of enigiets anders—wanneer julle vir hulle gelieg
en vir hulle ‘n wegraping belowe het? Julle het vir hulle daardie sekere datum
belowe. En ‘5 Doves’ wee julle.
(Elisheva: —op hierdie dag sê YAHUVEH—)
Almal wat deel geneem het in die “5 Doves”, Ek gaan sommige name noem, Donna
Cothran.
(Elisheva: Ek weet nie hoekom nie, maar YAH noem jou naam. Jy was deel van
hierdie Bediening. Jy het gewoonlik vir my woorde van bemoediging gegee.)
Nou sit jy by “5 Doves” en jy glo die leuens. Nou neem jy deel aan—in die leuens.
En jy gaan aanspreeklik gehou word.
(Elisheva: Ek weet nie hoekom YAH hierdie sekere mense op my sit [om te sê]
presies nou nie. Ek verstaan nie, maar julle gaan die boodskap hoor)
Almal, almal. “5 Doves” pasop vir “5 Doves.” Hulle bou julle op vir ‘n groot
teleurstelling en hulle gaan almal aanspreeklik gehou word. YAHUVEH neem hierdie
nie ligtelik op nie. HY neem dit nie ligtelik op wanneer julle uitstaan en sê: ‘dit’
is die dag nie. Hierdie Bediening doen nie dit nie.
Elisheva: Ek was vertel, ek het sekerlik—en ek staan voor YAHUVEH presies nou —
engele, Heilige engele het na my toe gekom en vir my vertel hulle gaan terugkeer
en vir my die datum sê. Dit is nie enige iets uit my vlees nie! Ek het hulle
gesien, ek het aan hulle vlerke geraak!
My getuienis is daar [by AmightyWind.com]. Ek weet dat HY my SY “Ringmaagd”
genoem het. Ek weet dat ek weet dat ek weet.
Julle kan my spot soveel as julle wil vyande. Dit is nie ‘n naam wat ek opgemaak
het vir myself nie. (Dit is so onnosel! [Lag] Maar ek weet dat daar ‘n roeper
moet wees wat uitroep, “Kyk die Bruidegom kom!” (Mat.25:6)
En ek weet dat ek weet dat ek weet dat wat YAHUSHUA tot my gespreek het, sal
gebeur en die Heilige engele sal terugkeer.
En ek gaan nie met enige iets anders as wat YAH gesê het nie: YAHUSHUA kom terug
op Rosh HaShanah. Dit sal op ‘n Sabbat wees en, loof YAHUSHUA, ons hoef nie
volgens die [metoniese] son kalender te gaan nie anders is dit 2020. [Want nou]
is ons aangesê om te gaan volgens die [nuwe-sekel] maan kalender (Num 28:11a,
14b), die manier wat YAH dit oorspronklik opgestel het.
So AL hierdie dinge is op YAH se hart op hierdie Yom Kippur. Ek het nie geweet
ek gaan ‘n Yom Kippur boodskap hê nie! Ek het nie enige hiervan geweet nie. Ek
het net uitgeroep en gesê, “ek het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie. Dit is
‘n skrikwekkende ding” en die volgende ding wat ek weet, bid ek in Heilige tale.
En nou gaan ek sien wat anders ABBA YAH het om te sê. [Eerstens] net dit—
Profetiese Woord Gaan voort:
Wee die vyande” Wee, wee, wee, WEE die vyande van ABBA YAHUVEH! Selfs as jy
jouself ‘n “Christen” noem, as julle nie werklik ‘n verhouding, ‘n liefdevolle,
gehoorsame verhouding het met YAHUSHUA HA MASHIACH nie! En ek sal vir julle dit
sê! Enige iemand wat klippe gooi, enige iemand wat beswadder en lieg op hierdie
Bediening presies nou; enige iemand, enige iemand, enige iemand wat hierdie
dinge doen en nie hierdie Bediening verdedig wanneer julle hierdie sien gebeur
nie en hierdie Bediening ondersteun nie.
(Elisheva: En ons nie bemoedig nie. Ek weet dit, dat ABBA YAH sê—Whoo!—)
Julle gaan aanspreeklik gehou word. Julle SAL aanspreeklik gehou word.
Soveel MAAL as wat jy ONS ‘pleidooie’ om hulp geïgnoreer het [vir hierdie
Bediening], soveel MAAL as wat jy die trekking gevoel het van die RUACH HA
KODESH op jou en sê, “Jy behoort regtig daardie Bediening te ondersteun, (selfs
al het jy nie veel nie), behoort jy iets te doen om daardie Bediening te help”;
Diegene wat die vertalers moet wees, soveel maal as wat jy gehoor het, “Jy weet
jy ken die taal goed genoeg. Jy sal dit kan hanteer. Jy is geroep om hierdie te
doen.” maar jy maak steeds die Stemme stil— dit is hoeveel maal YAHUVEH &
YAHUSHUA gesê het HULLE hul ore sal toestop wanneer jy bid (Jes 59:2).
Elisheva: Soveel maal as wat jy jou hand weerhou het om ons te help, is hoeveel
maal YAHUVEH SY Hand sal weerhou om jou te help. En jy sal in die Groot
Verdrukking wees. Ek meen…ek sal eerder nou swaarkry en die ware Bruid van
YAHUSHUA HA MASHIACH krý nou swaar. Ons word vervolg maar....
Profetiese Woord Gaan voort:
In die Groot Verdrukking, julle het geen konsep, geen idee van die lyding wat
julle het wat wag vir julle nie. Julle het geen.
En julle kon julle klein kerkspeletjies speel. Julle kan sê, “O maar ek moet
deel wees van ‘n onderlinge byeenkoms en ek moet na ‘n Sondagkerk toe gaan.
Selfs al voer hulle my nie enige geestelike vleis nie, selfs al hou ek aan om
dieselfde melkboodskap te hoor, selfs al wil hulle nie preek teen sonde nie! Ek
moet na hierdie Sondagkerk toe gaan, jy sien, want anders sal ek nie ‘n
verhouding hê met GOD nie. Ek moet [hierdie] verdedig. Ek moet staatmaak op
ander mense om seker te maak ek gaan kerk toe sodat hulle kan sien ek gaan kerk
toe.”
Julle sien dit is alles ‘n groot ‘kerkspeletjie’ is dit nie? Julle is almal ‘n
kerkbank-verwarmer, is julle nie? Julle wat dink julle moet iemand anders hê om
julle Heilig te hou, julle moet ‘n kerk hê, julle moet ‘n pastoor hê om seker te
maak julle bly Heilig — julle is in die moeilikheid. Julle het dan nie eens ‘n
verhouding met YAHUSHUA nie. Julle is in groot moeilikheid.
Wat gaan julle doen in die Groot Verdrukking? [Sagte gelag (Spreuke 1:26-28)]
Wanneer net die regering kerk daar gaan wees?
Net diegene—wat die dier aanbid, hulle is die enigstes wat ‘n kerk gaan hê op
die hoek.
Julle kan nie NOU lewe sonder ‘n kerk nie? Julle kan nie NOU alleen wandel met
YAHUSHUA nie? Julle is in groot moeilikheid.
Elisheva: En hoeveel briewe kry ons wat sê, “O, maar ek moet ‘n samekoms hê” en
selfs wanneer julle gewaarsku word sal julle steeds uitgaan soekend vir ‘n ander
kerk. En Messiaans-Joodse Tempels.... ek moet die mense waarsku!
Ons het ‘n las op ons, ‘n nuwe las op ons. En dit is hierdie. YAHUSHUA het
gewaarsku oor die georganiseerde kerke, maar nou...
Profetiese Woord Gaan voort:
Wie is die Kerke van Babilon? Julle gaan na julle Pastoor toe en julle wat sit
in julle georganiseerde kerke en julle het hulle gewaarsku en julle het vir
hulle gesê, “Kyk hierdie is nie regtig die Sabbat nie” maar julle Pastoor het
julle oor die koppie gepaai.
En hy het gesê, “Dit is alles reg, enige dag sal doen,” en hulle het daardie
skrifte gevat wat Paulus gepreek het en hulle het dit verdraai (VV)—keer-op-keer—‘die
woord’ het voortgekom en gesê, ‘Paulus het met die Jode gepraat toe hulle gesê
het; “Laat geen mens julle oordeel oor watter dag die Sabbat is nie” (VV) Maar
keer-op-keer het julle daardie leuen gevat, glo julle daardie leuen, het julle
daardie Pastoor vertrou.
En laat ons nou kom by die Mesiaanse Jode. Julle het die NAAM YAH uitgehaal [wat
is] in die NAAM YAHUSHUA! Julle sit die naam “Yes” daar! Wat is ‘n “Yes”?
Die VADER SE NAAM is nie “Yes” nie maar die VADER ABBA YAHUVEH SE NAAM is
veronderstel om ingesluit te wees in [die NAAM VAN] SY ENIG VERWEKTE SEUN. En
dit word genoem Y-A-H, YAH!
Hoeveel Messiaans Joodse Tempels volg die Ortodokse rituele en mensgemaakte
tradisies? Hoeveel raak net totaal, totaal so verdiep in die Ortodoks Joodse
maniere en wettiese maniere—dat hulle vergeet om vir die mense te vertel, soos
op Yom Kippur presies nou, “Ons het versoening vir ons sondes! Ons het nie nodig
om te rou hierdie dag nie. Ons kan getroos wees en weet YAHUSHUA is ons
MASHIACH!”
“HY is die PERFEKTE BLOED VERSOENING. HY is die ENIGSTE PERFEKTE BLOED
VERSOENING wat gemaak was vir ons sondes. Ons is vergewe. Die van ons wat
waarlik, waarlik glo ons is BLOED-gewas met SY GESTORTE BLOED, die van ons wat
ons lewens elke dag leef om HOM te behaag, ons het ‘n vertroosting vandag [op
Yom Kippur]; ons hoef nie op ons bors te slaan en sê: ‘O wee, wee my, ek is ‘n
sondaar!’ nie. Nee.”
‘n Ieder en elke keer wat ons enige iets doen om ons ABBA YAHUVEH aanstoot te
gee, ‘n ieder en elke keer sê ons vinnig: “O YAHUSHUA asseblief vergewe ons.’
Ons bedink nie sonde voor-af nie. Ons sondig nie opsetlik nie.”
Wanneer jy opsetlik sondig, is jy in die moeilikheid. Jy bespot die BLOED VAN
YAHUSHUA en die Bybel sê, “wees julle Heilig want EK is Heilig” So moenie net
hardloop na enige Mesiaans-Joodse Tempel toe nie. Julle beter versigtig wees. En
sommige van hierdie sogenaamde ‘rabbi’s’, hulle weet nie van beter nie. Hulle
verstaan nie. Hulle was geleer die naam was “Yeshua.”
Elisheva: Soos ék eers geleer was die naam was “Yeshua,” ek het nie van beter
geweet nie. So julle vertel vir hulle op ‘n mooi manier en julle sê [dit]
presies. En as julle vir hulle een van die Profesieë wil oorhandig wat aan my
gegee was, [gaan voort], maar moenie verbaas wees as dit teruggegooi word in jou
gesig nie want hierdie sogenaamde rabbi’s, hulle glo nie dat ‘n vrou ‘n leier
behoort te wees nie.
([Laggend] Man het ek dít al op die harde manier uitgevind!) Maar weet julle wat?
Ek noem geen man rabbi nie. Ek het net EEN RABBI.
Profetiese Woord Gaan voort:
En SY NAAM is YAHUSHUA HA MASHIACH. HY is die HOOGSTE VAN DIE HOËPRIESTERS. HY
is die ENIGSTE EEN—die ENIGSTE EEN WIE daardie titel verdien. So ONS waarsku
julle net!
ONS waarsku julle wanneer julle na ‘n Messiaans-Joodse Tempel toe gaan: MOENIE
verwag, moenie verwag om te vind wat julle in hierdie Bediening vind nie. En
indien julle nie, maak seker julle gaan na daardie leier toe en maak seker julle
waarsku hulle.
Maak seker jy vind uit wanneer hulle net sê “God, God, God...” watter God dien
hulle werklik?
Elisheva: Ek het hierdie ook op die harde manier uitgevind. Ons getuienis
hieroor sal geplaas word in YAH se tydberekening soos enige iets anders.
So hierdie is wat YAHUVEH op my hart gesit het hierdie dag op Yom Kippur 2009.
Wat is die datum vandag? Okay, dis die aand van die 29ste waar ons [nou] in
Europa is, en dit is die begin van Yom Kippur (in die aand) op die
nuwe-sekelmaan kalender 2009].
En nou ABBA YAHUVEH, vra ek net, sal U asseblief ‘n Boodskap gee? U het begin om
‘n [groter] Boodskap voort te spreek en toe het U my laat begin praat op die
manier wat ek het.
Ek vra om vergifnis as ek enigiemand aanstoot gegee het. Ek het sommige mense
onnosel genoem, maar ek glo dat U daardie woord in my mond gesit het, want hulle
is; hulle tree op met die gees van onnoselheid om die leuens te glo; om nie te
verdedig wat hulle weet is waar nie. En daarom ABBA...
[Heilige Tale]
Pasop vir die Totalitêre Diktatorskap Wat Kom Na Amerika en die Wêreld toe!
Profesie Begin
[Elisheva], moet jy dit nie waag nie! Moet jy dit nie waag nie! Moet jy dit nie
waag om verskoning te maak vir een woord wat voortgespreek was nie. Want elke
Woord waar EK dit ingesit het—het EK in jou mond gesit.
[ Heilige tale (Hand. 2:3-4; 1 Kor. 13:1; 14:6) ... ]
EK het jou beveel om ‘n boek vry te stel met al die Profesieë in hulle. EK het
jou beveel om ‘n boek vry te stel oor WIE DIE RUACH HA KODESH is — die
openbaring wat EK vir jou gegee het in die geheim, maar keer-op-keer was dinge
vertraag.
Die Groot Verdrukking blaas in julle nekke! Vir nou gee EK vir jou ‘n nuwe
bevel. Hierdie dinge moet nou vrygestel word op audio.
[Heilige tale...]
Want hierdie is die vinnigste manier om dit by die mense te kry. Want die tyd is
so kort! En MY volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis (Hos 4:6)! - die
gebrek aan die kennis wat EK deelagtig gemaak het in die Heilige Profetiese
Boodskappe wat EK gespreek het tot jou.
Daar is ‘n dringende behoefte! [Heilige tale...] Want die Groot Verdrukking
blaas nou letterlik in julle nekke.
EK, YAHUVEH, kyk hierdie aand. Soos EK toegekyk het op diegene wat ‘n ander [variasie
van die Joodse] kalender— hulle het ‘n ander datum, maar hierdie boodskap is nie
te laat nie; EK probeer [Satire] sê— EK ken hulle harte!
Hulle vas nogsteeds voor MY! Hulle ROU steeds oor hulle sondes en EK waarsku
hulle: Nader tot YAHUSHUA meer as OOIT vantevore! Want Total-
(Elisheva: O VADER! ABBA YAHUVEH....want daar is ‘n... [sukkel om uit te spreek]
tol- tal- tar… [ Lag ] O VADER ABBA YAHUVEH!)
[ Gefluister, gebeds-genoot help met uitspraak ]
Tota- rian diktator— ... Total-itêre diktatorskap!
(Elisheva: Ek kon die woord hoor maar dit is moeilik om dit uit te spreek [lag
saggies]!
—wat die ganse wêreld wil oordek. Hulle weet... as hulle kan wegkom daarmee in
Amerika — sal dit die wêreld oordek.
(Elisheva: Pasop vir hierdie To-l-t-)
Pasop vir hierdie Totalitêre diktatorskap. Want hulle sal julle laat met geen
keuses. Hulle neem die vryheid van julle spraak weg.
Hulle sal enige luggolwe wegneem wat die waarheid sou onderrig. Hulle sal die
ware nuusbringers muilband wat wil waarsku wat die regerings doen. Hulle sal
alles sensor wat geskryf word.
Amerika, julle het ‘n [2009] ‘President van die Verenigde State’ [Heilige
tale...] wie se held Hitler is. Hy soek dieselfde mag. Hy het dieselfde
messiaanse (messias) kompleks — sien homself as “DIE MESSIAH”!
Hy is ‘n totalitêre diktator in sy hart. Hy het julle belowe “Verandering [waarin
ons kan glo].” Dit is die platform waarop hy meeding vir die amp.
EK het julle gewaarsku deur die Heilige Profesieë dat die verandering nie ten
goede sal wees nie maar vir onheil.
Nou hang julle jul koppe en julle skud julle koppe in verbasing. Want wat EK
geprofeteer het het gebeur en nou [2009] het julle die ergste president wat ooit
verkies was as president.
EK het hom nie daar gesit nie. Dit was julle keuse. EK, YAHUVEH, het ‘maar net’
toegelaat.
Vir die van julle wat jul stem vir hom gewerp het, hang jou kop in skaamte. Want
EK hou jou aanspreeklik as jy nie uitspreek en bestraf wat jy gedoen het nie. En
die boosheid het nog net begin.
Nie langer is Amerika ‘die land van die vry’ en ‘die dappere’ nie. Daar is nie
een ding wat julle nie ingeboet het nie, terwyl sonde gewettig word. Want eens
het julle gestaan vir moraliteit.
Eens het julle [Audio breek] ander nasies bestraf wat gemartel het. Nou is julle
die folteraars. Eens het julle die ‘Geneva Convention’ omhoog gehou. Nou spot
julle dit.
Enigiets is gangbaar in Amerika.
Die wêreld kyk O Amerika — en hou dop reg voor die oë daarvan — na diegene wat
[net] vreedsaam protesteer, geslaan en opgesluit word!
Hoe Amerika se eie [2009] president Barack Hussein Obama nou ‘n sosialistiese
agenda bedryf. Waar Amerika eens gestaan het teen sosialisme, kommunisme, het
hulle nou ‘n president, wat sy skouers op-haal en sê, “So wat’s verkeerd met
kommunisme?”
O Amerika wat julle gedoen het! Julle voorvaders sou huil vir julle. Die vryheid
waarvoor julle so hard geveg het, laat julle ‘n minderheid af-stroop van julle
af.
Julle kinders word nou geïndoktrineer in skole om liedere van lof te sing tot
Barack Hussein Obama. Julle kinders word nou geïndoktrineer in skole om die
leefwyses te aanvaar van die homoseksuele en hulle word geleer “wat is verkeerd
daarmee?” Julle kinders word nie [tereg] onderrig nie — nou geleer in skole daar
is nie so iets soos ‘n SKEPPER nie. Dit was alles evolusie.
EK het julle gewaarsku deur hierdie Heilige Profeet— kry julle kinders uit die
hole van die anti-chris (AmightyWind Ministries | Holy Prophecies of YAHUVEH)
(14, 15, 18, 91, 104)—hoeveel jare gelede? [1993]
Want EK doen niks sonder om eers te onthul aan die Profete nie (Amos 3:7). EK
waarsku voor die oordele kom. EK het julle gewaarsku Kanada—moenie volg in julle
suster Amerika se voetspore nie— en nou loop julle in eensgesindheid.
Hierdie is die Woorde wat EK te sê het op hierdie Yom Kippur.
Julle gaan dinge sien wat julle eerder nie wou sien nie. Julle gaan dinge hoor
wat julle nie in staat sal wees om te glo nie. Want satan se diensknegte woeker
nou voort. Daar is geen kerk, daar is geen organisasie, daar is geen besigheid,
daar is geen sinagoge, daar is geen regering—waar satan se diensknegte nie
gevind word nie.
Die skole ‘skool’ nou julle kinders en vertel hulle daar’s nie so ding soos
moraliteit nie. Wat ‘n droewige, droewige dag, dat nie méér opgestaan het en
verdedig het wat hulle ken as waarheid nie.
Hierdie Bediening is soos ‘n stem in die wildernis. Hierdie Heilige Profeet is
soos ‘n vrou in die wildernis en sy roep uit na julle, “Bekeer terwyl daar nog
tyd is!”
En weer sê EK, die Groot Verdrukking (Mat.24:21), die Dag van Jakob se
Benoudheid (Jer 30:7), blaas in julle nekke. En hoeveel is ONBEWUS hiervan?
Julle leef jul lewens asof dit sal, julle sal lewe vir ewig. Julle maak planne
so vér, in jare, vooruit, maar is EK nie die ENIGSTE EEN wat julle dae kan tel
nie? Julle spaar vir ‘n aftrede wat nie gaan kom nie.
Hoekom belê julle nie in die Koninkryk van die Hemel nie? Want weet julle nie?
Dit is die enigste ding wat sal staan: Wat julle gedoen het vir MY, YAHUVEH, en
die verheffing van die NAAM VAN MY SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH.
Daar is ‘n hongersnood reeds. Dit is versprei regoor hierdie wêreld. Die
hongersnood is na MY ware Woorde (Amos 8:11). Hoe min weet selfs WIE EK IS? Hoe
min verstaan hoekom YAHUSHUA gekom het? WIE YAHUSHUA is! Hoe min! — glo dat daar
‘n prys is om te betaal vir onheiligheid?
Dit is meer as om net ‘n eenvoudige gebed te sê. Dit is om jou lewe te leef, om
aksie en geloof agter daardie gebed te sit. (Jakobus 1:22).
Hoe min kerke staan nou teen sonde? Hoe min verdedig ander wanneer hulle vervolg
word selfs omdat hulle in ‘n skool gebid het? Hoekom het nie elke kerk opgestaan
en hierdie twee manne verdedig nie?
Wanneer julle lugwaardinne sien nie in staat om hulle simbool te dra van hul
geloof nie, wat ‘n kruis is, wanneer julle die kruise met brute krag sien
verwyder word uit hospitale—julle wat julself “Christen Kerke” noem — hoekom was
julle stil?
En nou sê julle, “ABBA YAHUVEH hoe kon U ons vryhede toegelaat het om weggeneem
te word? Hoekom word ons vryheid van godsdiens en spraak weggeneem?”
EK sê vir julle hierdie dag, “Wat het julle gedoen daarmee? HOE HET JULLE GEVEG
DAARVOOR? Wat doen julle nou? Hoekom doen nie ALMAL van julle iets nie?”
Hierdie Bediening doen hulle deel. Vra MY en EK sal vir julle wys hoe om jul
deel te doen.
Aborsies is nou so algemeen ‘n kind kan hulle hê selfs sonder die ouer se
toestemming. Wat het julle gedoen daaromtrent? Het julle enige iets gedoen?
Wat het julle gedoen om dieselfde-geslag huwelike te protesteer? Wat het julle
gedoen om die homoseksualisme te stop wat voort woeker in hierdie land? Het
julle opgestaan? Het julle verdedig ? En sê “ABBA YAH het een man en een vrou
gemaak vir ‘n doel”?
Babas!—word gegee aan die homoseksuele. Wettiglik, kan hulle aanneem. Sonde was
gewettig.
Verbeel jou hoe die volgende generasie kinders gaan wees..... (2 Tim 3:1-5) Geen
moraliteit, geen kennis van ‘n GOD buiten die regering (as god) nie. Enige iets
is gangbaar, solank dit jou laat ‘goed voel’. Ongedissiplineerd—omdat die ouers
verbied word om te dissiplineer.
Verbeel jou die pad na die hel selfs wyer en breër as wat dit nou is.
Dit is wat EK profeteer sal gebeur uit hierdie Ringmaagd se mond.
So ‘n hongersnood kom (Amos 8:10). Net soos julle wat uitgehonger was vir MY
Woord, EK vertel hierdie nou vir julle: Want berei voor! Vir die dae vorentoe!
“Hoe berei ek voor? sê julle!
Voed jouself. Voed op MY waarheid. Leer WIE EK en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH is. Voed jou siel. Neem nie die Heilige Woord as vanselfsprekend nie.
Voed op die Heilige Profesieë wat EK vrygestel het, deur hierdie diensmaagd.
Want elke Woord is waar. Julle sal weet wat julle moet doen. Want soos die dag
van Moses, so sal dit weer wees! maar EK [audio spring] laat julle nie met geen
hoop nie.
YAHUSHUA se Bloed is aan julle deurkosyne! EK gee vir julle hoop nou. Die plae
wat kom is nie vir julle nie. Want julle het die DEUR gesit (Jn 10:7, 9; Heb
10:20)—op julle [is] die BLOED (Heb.10:19-20) —die teken van die BLOED op julle
deurkosyne (Ex 12).
Dit bedek julle. Dit is die BLOED VAN YAHUSHUA, julle MASHIACH, MY, YAHUVEH, se
ENIG VERWEKTE SEUN.
Terwyl die heidene sal wandel in duisternis, sal julle wandel in MY LEIDENDE
LIG, DIE ENIGSTE EWIGE LIG, WIE YAHUSHUA julle MASHIACH is.
Soos EK, YAHUVEH die manna op die grond gesit het (Exodus 16), moenie twyfel (Jakobus
1:6-7) dat EK dit weer sal doen vir julle nie. Terwyl julle voed op MY Hemelse
manna nou, moenie twyfel dat EK julle sal voed nie, net so seker soos rots water
laat voortvloei het toe Moses dit geslaan het, net so seker soos EK die Lewende
Water uitgiet nou vir diegene wat dit ontvang (Num 20)—sal EK vir julle water
voorsien wanneer dit lyk of daar niks is.
Die vlammende vuuroond! Net so seker soos Sadrag, Mesag & Abednego in die
vlammende vuuroond gegooi was, net so seker as wat die VIERDE MAN verskyn het
(Dan.3) en in die vlamme geloop het saam met hulle en hulle nie verbrand was nie—en
hulle verlos en vrygelaat was, sodat almal kon sien (daar was geen stank van
rook nie) —en selfs hulle bande [was nie verbrand nie] terwyl hulle losgesny was
(Dan 3:25).
[Elisheva sien visioen van ‘n hemelse vurige vlammende swaard wat die bande
afsny]
Almal het uitgeroep, “Wie is die ‘vierde man’?” wat in daardie vurige vlamme
geloop het (Dan. 3)?
EK sal vir julle sê WIE. Dit was YAHUSHUA julle MASHIACH en wat HY destyds
gedoen het sal HY weer doen vir julle—as julle Heilig wandel en gehoorsaam is
aan MY, YAHUVEH en elke dag, vra om vergifnis vir julle sondes in die NAAM VAN
YAHUSHUA julle MASHIACH —EK sal maak dat julle onsigbaar is (Psalm 27:5). EK sal
die regerings van die land beskaam.
Wandel in MY weë. En op hierdie Yom Kippur dag besef ... almal het gesondig en
dit ontbreek hulle aan MY heerlikheid (Rom.3:23) want daar is maar een PERFEKTE
EEN wat hierdie aarde bewandel het en dit is YAHUSHUA HA MASHIACH, MY ENIG
VERWEKTE SEUN.
So as julle wil huil hierdie dag, huil vir wat gaan kom. Doen alles wat julle
kan om diegene [te bereik] wat nog ongered is, wat nog nie uitgeroep het tot
YAHUSHUA HA MASHIACH SE NAAM nie. Huil—wat hulle gaan deurmaak!
Want weer sê EK, terwyl julle sien die totalitêre diktatorskap verrys in Amerika
dit is hoe naby die Groot Verdrukking is op julle. Bestraf die leuenaars.
Bestraf die kwaadsprekers. Staan op en verdedig hierdie Bediening as julle wil
aanhou om Heilige boodskappe te hoor van MY.
Help waar julle kan. Ondersteun waar julle kan. Offer ‘n bemoedigende woord,
maar sit aksie agter julle woorde (Jakobus 2:14-15). Help om die laste te verlig.
Want die laste is groot.
Moenie langer vrees nie [moenie jouself langer bevrees maak om] MY Woord te deel
nie — wanneer EK dit op jou hart sit—waarsku terwyl jy kan, protesteer terwyl jy
kan.
Wee julle Amerika. Want julle is ‘n teken hoe naby die Tyd is van Jakob se
Benoudheid (Jer.30:7) Julle [& Israel] is die klok waarvolgens EK MY horlosie
gestel het, terwyl die wêreld kyk en kyk hoe jul vryhede sterf. Julle was
gewaarsku!
Julle was gewaarsku. Want EK stuur eerste hierdie Heilige Profeet om Amerika te
waarsku, maar wanneer hulle weier om te luister en die meerderheid van pastore
gooi die woorde uit as vals, sê, “AMERIKA SAL ALTYD LEEF!” “Amerika is ‘n groot
nasie,” “ons moet ons president [Obama] ondersteun,” “ons moet hou by die wette
van die land selfs wanneer dit indruis teen die Heilige Skrifte.”
EK het vir My Heilige Profeet gesê, Amerika sal nie luister nie. En in plaas
daavan, het EK haar georden en haar geroep om’n Profeet te wees vir die [wêreld].
Die horlosie tik, vernaamlik wanneer julle die sogenaamde ‘gesondheids-sorg’
sien waaroor daar baklei word. Hierdie wetsontwerp gaan nie oor lewe nie.
Hierdie wetsontwerp gaan oor die dood. Wie sal lewe en wie sal sterwe; Wie sal
toegang hê tot dokters en wie sal nie, wie is wedergebore gelowiges wat vir
YAHUSHUA volg...
Hulle het julle name. Hulle weet reeds wie julle is. Julle sal ‘n gesondheidsorg
kry wat julle nie wil hê nie, as julle nie nou protesteer en ten minste julle
stem werp in die Hemel nie, maar EK het ‘n weg. EK voorsien ALTYD ‘n weg—vir MY
ware kinders—is daar ‘n weg van ontsnapping, maar EK onthul dit nie nou nie.
Moenie vergeet Sukkot kom nie. Doen die beste wat jy kan om dit te onderhou. As
jy niks meer kan doen nie, slaap op die vloer en maak ‘n tent met ‘n kombers. EK
ken jou hart. EK weet wat jy kan doen en EK sal dit eer en EK SAL jou seën.
Hierdie is ‘n somber, somber dag. Hoe, hoe min erken MY en bid selfs—selfs al
stel hulle hul tyd op die [rabbiniese] ander kalender - vir Yom Kippur? Hoe min
het omgegee, hoe min het omgegee? Hoe min het selfs hul hoofde gebuig?
En in die Christen kerke, hoe min het onderrig wat Yom Kippur selfs is? Maar dit
is julle verantwoordelikheid. As julle in ‘n Christenkerk is, (deel van die ‘organisasie’
kerk,) is dit julle verantwoordelikheid om hulle te laat weet.
As die Pastoor jou bestraf, weet jy dan is dit tyd om te gaan en “Ikabod” sal EK
skryf op daardie kerkdeur. Hierdie is die somber Woorde wat EK te sê het.
Hoop!—vir MY ware Heiliges, wat vir YAHUSHUA HA MASHIACH volg, MY ENIG VERWEKTE
SEUN. En verdriet en gekners van tande [vir diegene] wat daardie BLOED geweier
het gestort vir hulle by Golgota.
So stel julle horlosies en hou Amerika dop en julle sal weet wanneer julle sien
AL die vryhede [regte] gaan – het die Groot Verdrukking begin wanneer die laaste
van die vryhede gaan.
EK, YAHUVEH het gespreek.
Einde van Eerste Audio
So is dit gespreek, so is dit geskryf
op 29 September 2009 om 11 nm.
Net voor die plasing van die audio hierbo op die Bedieningswebwerf, het YAHUVEH
nog gespreek op 12 Oktober 2009.
Profesie Gaan Voort:
EK is welbehaag met die werk wat jy gedoen het.
EK sê vir jou hierdie [Elisheva], EK weet wat EK jou laat doen laat jou
kwesbaarder voel. Want jy sê dat dit voel asof jy naak staan voor die wêreld om
hulle die emosie in jou stem te laat sien en hoor. Jy het gesmeek en jy het
gesoebat.
Want jy het nie geweet dat EK vir jou sou sê om hierdie te plaas voor die wêreld
nie—sodat hulle jou hart kan sien, sodat hulle kan sien hoe jy bewe in vrees met
elke Woord wat EK voortspreek.
Aan diegene wat sê hulle is lief vir hierdie Bediening, en tog nooit ‘n vinger
lig selfs op ‘n sleutelbord om jou te bemoedig nie— EK sê vir jou hierdie soos
EK voortgespreek het.
Dit is EK, jou ABBA YAHUVEH wat elke naam op jou hart gesit het om voort te
spreek.
EK gee vir jou ‘n nuwe instruksie.
Meer oordeel gaan opgestapel word op hierdie vyande van MY en enige iemand wat
hierdie Bediening aanval is ‘n vyand van MY. Want hoeveel keer en op hoeveel
maniere moet EK dit voortspreek?
Die einste naam van hierdie Bediening sê aan WIE dit behoort. En dit behoort aan
DIE ALEPH EN DIE TAV en die RUACHA HA KODESH. So, wanneer hulle jou aanval [Elisheva],
beter jy hierdie weet, hulle val nie net ‘n blote vrou aan nie, hulle val DIE
OUE VAN DAE aan, DIE EWIGE EEN, DIE SKEPPER VAN ALLES.
Hulle val YAHUSHUA aan, MY ENIG VERWEKTE SEUN, en hulle durf probeer om die naam
“Christen” te gebruik. Hulle durf probeer om die naam van JESUS CHRISTUS te
gebruik en jou aan te val terselfdertyd;
Hulle sal aanspreeklik gehou word vir elke beswadderende leuen—en almal van
julle wat bygestaan het en niks gedoen het nie en tog weet die waarheid word
voortgespreek uit hierdie Bediening, en tog het julle nie enige iets gedoen om
dit te verdedig nie; julle het nie enige iets gedoen om te help nie.
En EK praat nie met diegene wat so getrou is nie, wat van hulle tyd gee, van
gebede, bemoediging en finansies nie, julle weet EK het gesê EK sal julle
driemaal meer seën, maar EK praat met die stille meerderheid wat hiernatoe kom -
en weet dat hulle geestelike vleis kan vind om te eet nuwe openbarings uit die
Hemel - en hulle gaan terug na hulle georganiseerde kerke en wees
kerkbank-verwarmers en sit hulle offergawes in die offerbord vir almal om te
sien!
Want na alles sê hulle, “Is die internet nie gratis nie”? Maar EK het hierdie
tempel gebou voor die wêreld sonder enige mure.
So, EK gee jou [webbestuurder] nog ‘n mandaat nou;
EK wil hê hulle moet die gesig sien van die een wat hulle beswadder. Jy sit ‘n
klein foto’tjie daar. So terwyl hulle haar stem hoor, sal hulle verplig wees om
haar gesig te aanskou.
Hoeveel meer oordeel sal EK op hulle sit vir diegene wat weier om te bekeer?
Want [Elisheva], EK sê vir jou hierdie, nie een traan wat jy gestort het het
tevergeefs geval nie.
EK weet jy doen die beste wat jy kan om te bedien aan MY skape en lammers. EK
weet dit—die leierskap en die span wat EK saamgevoeg het, elke vertaler, het EK
hand-uitgesoek.
En solank as wat hulle wandel in gehoorsaamheid aan MY, in Heiligheid, sal EK
aanhou om hulle te gebruik as ‘n seën en EK sal hulle seën omdat hulle daardie
seën is. Want almal van hulle offer soveel op, alles in die naam van liefde.
Welgedaan [webbestuurder] Welgedaan. Wat ‘n stryd was dit. En jy het nog ‘n
Profesie reeds oppad, om nie die een te noem wat EK in [Elisheva] se hart gesit
het nie, maar welgedaan.
Welgedaan, Kathrynyah. Welgedaan, Adam. Welgedaan, [bedienings-span]. EK het vir
julle die take gegee om te sorg vir die skape en die lammers, die nuwe baba
arende en [Elisheva] jy probeer om elkeen te versorg en EK sê, en EK is ABBA
YAHUVEH, MY SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH word verheerlik, want jy het hulle so
lief.
Ieder en elkeen wat EK na jou toe stuur: Het jy lief. Beraad jy. Bestraf jy soos
benodig. En EK sê, “Welgedaan.”
Julle wat hierdie Profesieë vertaal en voltydse beroepe volhou, tog stel julle
die werk wat EK vir julle gegee het voor enigiets anders, EK sê, “Welgedaan”
Groot is julle belonings.
Julle wat die YDS (‘YAHUSHUA’S demon stompers) gebedsintersessor vegters is, ‘n
minimum van ‘n uur van julle tyd gee julle. Julle is die voorste linie wat in
die pad staan en sê, “Julle moet deur ons kom voordat julle kan deurkom na die
leierskap van hierdie Bediening toe.”
En EK sê, “Welgedaan”. Julle weet wie julle is. Niemand het julle ooit belowe
dit gaan maklik wees nie. Die enigste ding wat julle belowe was is dit is dit
werd.
Almal wat hulle kruis opneem en agter YAHUSHUA julle MASHIACH volg, wat vervolg
word terwille van SY Naam, wat vervolg word omdat hulle weier om te skik met
sonde, welgedaan. Julle is MY geliefdes.
En eendag sal julle staan voor die einste Troon van YAHUVEH en julle belonings,
sal vir julle gegee word. En julle sal MY hoor sê, “Welgedaan.”
Julle was ‘n seën vir hierdie Bediening, het selfs van julle finansies gedeel.
Julle kan nie eers die belonings begin begryp wat EK het wagtend vir julle nie.
Want julle sal deel in elke beloning wat hierdie Profeet wat hier voortspreek
sal deel aan. Julle sal reg langs haar sy staan, elkeen wat ‘n seën was, elkeen
wat hierdie waarheid verdedig het, elkeen wat die leuenaars en die leuens
bestraf het, EK YAHUVEH sê, welgedaan.
So hierdie is die woorde wat EK bygevoeg het.
Jy het net gedink jy is klaar, maar EK, ABBA YAHUVEH moes tyd hê om te sê, “Welgedaan
MY getroues.”
Einde van Woord
Elisheva: Dank U YAHUSHUA! Whoo, amen.
Einde van Tweede audio – Einde van Oorskrywings
So is dit gespreek, So is dit Geskryf
Op 12 Oktober 2009 – Apostel Elisheva Eliyahu
‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH
Profesie 151 YAHUSHUA Sê, “EK IS MESSIAS! Bekeer & Leef HEILIG! MOENIE VREES NIE! Vertrou MY!”
Vroeër op die dag wat hierdie Woord eerste gegee was, het ‘n ander suster in
YAHUSHUA ‘n visioen gehad gedurende gebed: Sy het YAH se kinders gesien soos
klein kuikentjies wat hulp nodig het en YAHUSHUA vat SY Hande, lei ons asof ons
klein kuikentjies was.
Toe Profeet Elisheva hierdie ontvang het op die 30ste September, was hierdie
datum vir 2009 deur die bediening gehou as die Heiligste dag van die jaar, Yom
Kippur (In die tyd toe AmightyWind die eerste Lig sweempie van die nuwe maan
gebruik het om die Bybelse datums te bepaal. YAH het gesê dat beide hierdie en
ook die algemeen gebruikte moderne Hebreeuse kalender aanvaarbaar is vir HOM,
maar die moderne een word meer erken deur die Joodse mense reg oor die wêreld,
so tans, gebruik ons dit en fokus nie meer op die besigtiging van die maan nie.)
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
– met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD se GEES uiting gee
(Handelinge 2:3-4) in hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Sy spreek voort in
tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)
Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:
Soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Loof YAH,” YAH is
GOD se HEILIGE , GEWYDE NAAM: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER, YAHUSHUA GOD SE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die
Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID —as die Persoonlike Naam van die RUACH HA
KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) —is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH “MOEDER YAH” In Hebreeus
is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY” dit is so gereflekteer in die
Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD is
in hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth Elisheva, om nie hierdie Bediening na
‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK
dit in jou gees geplaas.Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het. “EK IS YAHVEH, Dit is MY NAAM; En MY EER sal EK aan geen ander gee, Of Ook
MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel voeg hierdie by om diegene wat spot te
waarsku:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
*******
MOENIE Vrees nie!
Hierdie was opgeneem via audio. Hier is die oorskrywing.
Elisheva se inleiding: Ek Sal NIE Vrees nie!
Shalom! Ek is Apostel Profeet Elisheva Eliyahu, die leier van die Bediening van
Aleph & Tav AmightyWind RUACH HA KODESH Fire Last Chance Bediening.
Hierdie is ‘n Internasionale Bediening en op 4 April, 2020 sal hierdie Bediening
aanlyn wees vir 26 jaar, delende die Profesieë en dan by te voeg “Bewys agter
die Profesieë” lerings, openbarings en net om die Evangelie te deel van YAHUSHUA
HA MASHIACH, beide die Ou Bloed Verbond en die Nuwe Bloed Verbond.
En die Ou Bloed Verbond is die geskiedenis— die heenwysing na dit wat moes kom:
Die Nuwe Bloed Verbond, YAHUSHUA HA MASHIACH.
En ek gaan dit een keer sê want baie van julle ken net die Naam van “Jesus
Christus”: In Hebreeus is SY Naam YAHUSHUA en dit beteken “YAH red”. King James
Bybel Weergawe — julle kan dit vir julself opkyk— dit sê die Naam YAH (bv.
Jesaiah 26:4). [En GOD DIE VADER is die Hebreeuse letters] YUD-HEY-VAV-HEY יהוה
en wanneer ek dit voortspreek, kom dit uit as YAHUVEH.
Hierdie is ‘n baie spesiale Profesie op hierdie oomblik op hierdie 27 Maart 2020
want daar is ‘n COVID -19, die Wuhan virus, wat verskrik, verlam, paniek en
vrees uitstuur; net soos die duiwel wil doen regoor die wêreld.
Dit word georkestreer deur diegene wat die hele wêreld wil beheer en bewys dat
hulle dit kan doen, die ekonomie stop, veroorsaak dat mense bang is om aan
mekaar te raak. Daar was nog nooit ‘n tyd soos hierdie op hierdie oomblik nie.
En hierdie Profesie is baie — dit gaan diegene baie help wat dit sal ontvang.
Dit was eers aan my gegee op 30 September 2009. Dit was Yom Kippur en dit was in
die laaste ure en Yom Kippur is die Dag van Versoening. (En hierdie is ‘n
Hebreeuse Wortel Messiaanse Joodse Bediening en daarom vier en eer ons al die
Joodse Feeste, wat almal moet [eer] (Lev. 23) — hulle behoort selfs nie eens
“Joodse” feeste genoem te word nie.)
Dit is die tyd wat mense (op Yom Kippur) wat werklik vir ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA
HA MASHIACH aanbid, hulself ondersoek en om vergifnis vra vir elke sonde wat
hulle ooit gedoen het — maar daar behoort nie regtig enige sonde daar te wees
nie (1 Joh. 1:7) want daardie [bekering] moes elke dag gedoen gewees het.
Wel op hierdie 27 Maart 2020 is daar net een genesing teen hierdie virus, en dit
is die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Dit is ‘n feit dat jy sal sê:
“Ek sal nie vrees nie. Want YAHUVEH het my nie die gees van vreesagtigheid gegee
nie, maar van krag en liefde, en selfbeheersing (2 Tim. 1:7) Vrees is ‘n
teistering!
Ja, maak seker dat julle die voorrade het—want diegene wat in beheer is van
hierdie wêreld sal seker maak dat die rakke leeg sal wees, sal seker maak dat
julle vrees om nie genoeg kos en die lewensmiddele te hê nie—maar moenie die
vrees ontvang nie!
Kry net die voorrade en glo in geloof dat daar niks sterker is as die Naam & die
Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH nie en wees ‘n water-loper met jou geloof!
YAHUSHUA het op die water geloop!
Ek sê nie vir julle om letterlik uit te gaan en op water te loop nie. [lag] Nee.
Jy sal sink! En ek sê nie vir jou dat jy na ‘n berg toe kan wys en dat dit
letterlik sal opspring en in die see sal spring nie, maar HY het probeer sê, met
YAHUVEH & YAHUSHUA is alle dinge moontlik as julle kan glo (Mark. 9:23)!
So terwyl ek hierdie doen en dit spreek onder ‘n nuwe Salwing, ‘n sterker
Salwing van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH, onder die Salwing van die RUACH HA
KODESH, die HEILIGE GEES — onthou, bewys agter die Profesieë!
Moenie net glo dat enige iemand ‘n Profeet is nie. Hulle kan die nuus vat en ewe
skielik is hulle ‘n “profeet.” Vind uit waar is die bewys agter die profesieë!
Ek kan dit op hierdie oomblik bewys vir die jaar... net soos ek gesê het vir
2020, want in 2009 het hierdie dinge nie gebeur nie, maar hierdie is sodat jy ‘n
geloof water-loper sal wees en hierdie was oorspronklik Profesie 116 en ons is
nou... wel, teen die tyd wat ons hierdie [geplaas] kry sal dit ver oor die 150
Profesieë aanlyn wees — maar ek het duisende–der-duisende Profesieë geprofeteer
gedurende hierdie tyd.
2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die boodskappers van YAHUVEH uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Jy wil nooit ‘n vyand wees van die HEMELSE VADER YAHUVEH nie (Deut. 32:39-42) Jy
wil nooit aan die verkeerde kant wees nie.
Bekeer gou-gou. En daar is net een manier om by die Hemel uit te kom en dit is
deur die Naam & en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh. 14:6; Hand. 4:12)
Doen hierdie gou en bid vir hierdie soort geloof wat in hierdie Woord is.
Want hierdie Woord is anders as al die ander. Want YAH skud hierdie wêreld op
hierdie oomblik en selfs die moordenaars wat hierdie virus vervaardig het.
YAH het dit toegelaat om mense te kry om weereens wysheid te kry! Om die SKEPPER
te vrees (Spr. 9:10)! Dit is die enigste EEN wat ons nodig het om te vrees
(Lukas 12:4-5).
Ongeag wat hulle doen—hulle kan die liggaam doodmaak, maar hulle kan nie die
siel doodmaak nie, en die begin van wysheid is die vrees vir YAH.
Profesie 151 Begin
Die nuwe Woord wat voortgekom het—julle moenie fokus van hierdie verloor nie.
En hierdie Woord is anders as die ander. Want EK het dit reeds bewys, terwyl EK
die aarde skud in MY toorn op hierdie dag van oordeel!
Maak gereed om te sien EK, YAHUVEH slaan die dominoes plat! Maak gereed om die
dominoes te sien val!
Onthou Psalm 91—al sien julle 10,000 val aan julle sy en 10 000 aan die ander
kant—dit sal lyk of hulle reg rondom julle val. Want dit is EK, YAHUVEH, wat
hulle sal platslaan.
EK SKUD hierdie wêreld in MY toorn, maar diegene wat MYNE is, MY kleintjies,
julle hoef MY nie te vrees nie. Want julle is in die Palm van MY Hand en MY
ander Hand bedek julle liefdevol.
Julle is soos ‘n babakuikentjie en EK sê dit nou vir julle sodat julle vere nie
deurmekaar raak nie. Want julle gaan sien wat julle liewer nie wil sien nie, en
julle gaan hoor wat julle liewer nie wil hoor nie maar moenie dat vrees julle
oorweldig nie.
Onthou waar julle geloof is.
Stel julle geloof nie in die ekonomie nie, nie in die finansies nie, nie in
julle beroep nie, waar julle in diens is of watter besigheid julle besit nie.
Stel julle geloof NET in MY, ABBA YAHUVEH en MY ENIG VERWEKTE SEUN YAHUSHUA
julle MASHIACH, julle MESSIAS en die KOSBARE RUACH ha KODESH, HEILIGE GEES.
Hou julle geloof en julle oë op die beloftes wat EK vir julle gegee het. Wees
geloof water-lopers! Petrus sou nie geweet het dat hy op die water kon loop as
hy nie uit die skuit geklim het en daardie eerste tree gegee het nie, geloop het
na YAHUSHUA HA MASHIACH toe.
Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy begin verdrink het, maar toe sy oë
YAHUSHUA weereens aanskou, het hy ‘n water-loper geword en het gekyk na YAHUSHUA
HA MASHIACH—en julle kyk na HOM—en hy het nie verdrink nie—en julle sal nie
verdrink in die komende storms nie!
Petrus kon weereens op die water loop toe YAHUSHUA vir hom gesê het “Kom.” Dit
is wat EK van julle vra. Julle moet geloof water-lopers wees. Want die dinge wat
julle in hierdie wêreld gaan sien, veral in 2010 begin, sal baie harte laat
beswyk van vrees.
Stel julle geloof nie in enige regering van hierdie wêreld nie. Stel julle
geloof nie in enige politikus nie. Want hulle motiewe is hul eie.
Hierdie is die Woorde wat EK vir julle te sê het.
Want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou nie. EK weier om
verskoning te vra vir Sodom en Gomorra! Julle lande wat aanhou om sonde te
wettig, KYK wat EK aan julle doen.
Diegene wat julself “Christene” noem en [tog] stilbly, moenie by MY kom kla
wanneer julle geen vryhede meer het nie. Want julle het stilgebly. Julle laat
die min protesteer. Julle laat die ander voortspreek.
Neem julle notisie dat die vyande nie stil is nie? Neem julle notisie dat
diegene wat sonde bevorder nie stil is nie? Hulle skree in harde stemme selfs
toe hulle in die minderheid was — satan se diensknegte is nie stil nie.
Hoekom is YAHUSHUA HA MASHIACH se diensknegte stil? Hoekom is MY kinders stil?
En wanneer EK praat van die diensknegte, praat EK nie met julle asof julle ‘n
dienskneg is [soos] in die woord wat algemeen gebruik word nie. EK praat met
diegene wie YAHUSHUA HA MASHIACH dien, wat ‘n seën is vir HOM.
Hoe min spreek uit! Hoe min verdedig alles wat Heilig is!
Onthou oordeel begin by die Huis van die HERE, 1 Petrus 4:17.
Hoekom protesteer al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? In elke land hoekom
protesteer die kerke nie teen hierdie gruwels van wette wat uitgevaardig was
nie?!
Hulle trek net hulle skouers op. Hulle bemoei hulle net met hul eie sake!
So, moenie verbaas wees, o georganiseerde kerke, wanneer die regering agter
julle aankom en julle vryheid om te preek wegneem en ‘n bankteruggeneemde
kennisgewing op julle kerke hang nie.
O moenie verbaas wees wanneer julle land afgeneem word nie. O moenie verbaas
wees nie, julle wat so selfvoldaan is met al julle miljoene. EK praat met die
welgesteldes nou. Julle stel julle geloof in julle finansies. O moenie verbaas
wees wanneer dit alles maar net verbrokkelende stof en as in julle hande is nie.
(Mat. 19:24, Luk. 16:19-31; Jak. 5:1-6).
EK sal julle wys. EK sal hierdie wêreld wys!
Baie sal begin om die boodskap te kry wat in 2010 begin, maar EK waarsku julle
nou, kinders, sodat julle nie kan sê ABBA YAH, julle VADER YAH, het julle nie
gewaarsku nie. EK berei julle nou voor, sodat julle nie geskok sal wees nie, en
EK julle nou kan gerusstel.
Want julle ABBA wil nie hê julle harte moet ontsteld wees nie. Want EK is lief
vir julle. Net soos in die dae van ouds, het EK wonderwerke voorsien, en niks
het verander nie.
So hou styfvas aan die soom van YAHUSHUA HA MASHIACH se kleed. Hou aan om gewas
te wees in SY Gestorte Bloed! Staan in die klere van SY geregtigheid en EK
verseker julle, al julle gebede word verhoor vanuit die Hemel bo.
Wandel in Heiligheid sodat satan julle nie kan aankla nie. Wandel in Heiligheid
sodat julle nie enige skande bring vir die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE
ENIGSTE BLOED VERSOENING VIR SONDE nie. (Rom. 3:25).
MY Ore is op ‘n spesiale manier oop gewees.
Weereens, Elisheva Eliyahu, het jy hierdie gespreek toe jy gebid het. Dit is
asof jy ‘n speld kon hoor val terwyl EK hierdie Woord tot jou spreek.
Want hierdie was ‘n spesiale dag. Vir almal wie die Yom Kippur waarneem.
Terwyl EK julle sien bekeer het van enige iets wat MY nie behaag nie, terwyl
elke versoek van julle gebede na MY toe gebring was, terselfdertyd, het MY woede
die aarde geskud—net soos in die tye van ouds met Moses, was die kinders van
Israel beskerm en diegene wat ‘n ander skepper aanbid het, was nie.
Niks het verander nie. EK sal diegene seën wat ‘n seën is vir MY, YAHUVEH, vir
MY ENIG VERWEKTE SEUN, DIE MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH,
HEILIGE GEES. EK sal diegene vervloek wie ‘n vloek is vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA
HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH.
En so het EK gespreek hierdie dag, julle HEMELSE VADER, DIE ABBA YAHUVEH.
Einde van Profesie
So is dit gespreek, so is dit geskryf, 29 September 2009
Opnuut gespreek onder ‘n Nuwe Salwing
Op 27 Maart 2020, ‘n Kind, Vegter, Bruid
Van YAHUSHUA HA MASHIACH
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Om Op Water te Loop!
Matteus 14:28-31—dit is hoekom julle moet leer om geloof-water-lopers te wees.
En Petrus het HOM geantwoord: “MEESTER YAHUSHUA, as dit U is wat my beveel om op
die water na U toe te kom...” en YAHUSHUA het gesê, “Kom” en HY het vir Petrus
gesê, “Klim uit die skuit” en kom, loop op die water saam met YAHUSHUA.
En HY het vir Petrus gesê, “Kom” dus het Petrus uit die skuit geklim en op die
water geloop, en hy het begin loop na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, maar toe hy die
wind sien, en terwyl die golwe begin rol het en hulle so hoog geword het en die
storm gekom het, was hy bang; en het hy begin sink. Hy het begin verdrink en hy
het uitgeroep, “YAHUSHUA red my!”
En YAHUSHUA het dadelik SY Hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: “O
Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?”
Julle sien, dit is wat met ons gebeur. Dit is wat regoor die wêreld gebeur met
diegene wat nie op hierdie oomblik die geloof het om water-lopers te wees nie.
Julle kyk na die COVID-19 virus—en ek sê vir julle hierdie sal nie die laaste
wees nie. Hierdie is ‘n oefening nou op hierdie oomblik. Die heersers van
hierdie aarde, en hulle weet wie hulle is, hulle lag vir julle.
Hierdie is ‘n mensgemaakte virus. Dit was oorspronklik geskep deur A.I.
Artificial Intelligence het vir die wetenskaplikes gegee wat om bymekaar te sit
om te sien of hulle die hele wêreld kan stop—en hulle in ‘n paniek kan dompel.
Julle eie—daar’s nie een regering sonder enige uitsondering; daar’s nie een
leier sonder enige uitsondering wat nie weet wat aangaan nie.
En die onskuldige skape en lammers was in verskrikking ingestuur en nou was
hulle vertel, “Bly by die huis.” Hulle was opgesluit in hulle huise. Nie almal
het die luuksheid om ‘n krediet kaart te hê nie en as jy nie aanlyn kan koop
nie, dan hoe min het genoeg voorraad.
Ek het geprofeteer vir baie jare nou, dieselfde boodskap gegee wat ABBA YAH &
YAHUSHUA aanhoudend vir my gesê het om voort te spreek: Kry jou vlugsak gereed.
Maak seker jy het genoeg voorraad in die huis. Want jy sal nooit weet of jy
sonder werk sal wees of as iets gebeur en jy nodig het om daardie ekstra
voorraad te hê nie.
Maar hoeveel het die luuksheid om ‘n kredietkaart te hê nou op hierdie oomblik?
Hoeveel reg oor hierdie wêreld word nou beveel om by die huis te bly en hulle is
nie toegelaat om ‘n werk te hê nie? En hulle het hulle besighede toegemaak en
hulle ly honger?
Wel jy ly nie honger as jy glo wat Dawid gesê het nie “nooit het ek die
regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25) Hulle
het nie honger gely nie, met die kinders van Israel in die woestyn.
Julle moet glo. Julle moet geloof hê dat as julle waarlik aanbid en julle gevra
het dat julle sondes vergewe word deur YAHUSHUA HA MASHIACH en julle leef Heilig
voor HOM—staan op Psalm 91!
Eis dit deur die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, en jy sal nie
hongerly nie. HY kan kos laat verskyn. HY is GOD WIE sê, “Alles is moontlik [as
julle glo]” en ‘sonder geloof is dit onmoontlik om HOM te behaag.’
Gehoorsaam die wette, bly in julle huise, maar weet net dit: Stel julle geloof
in YAHUSHUA. Roep uit na HOM!
Vir diegene wat die vryheid het om die Bybels te hê, lees dit, glo dit. Glo dat
die geskiedenis van die Ou Bloed Verbond — dit is wat dit was, ‘n heenwysing—en
YAHUSHUA het gesê “Dit is volbring”.
Dit is [nou] die Nuwe Bloed Verbond. Alles in die Torah wat ons lees in die
Torah Skrifte, die Vyf Boeke van Moses—YAHUSHUA HA MASHIACH het dit alles vervul
in die Nuwe Bloed Verbond (Heb. 8:13).
Dit is waarom met SY laaste Woorde, terwyl HY gekruisig was—DIE ENIGSTE HEILIGE
OFFERLAM VAN YAH wat so perfek was; HY moes afkom van SY Troon af as een van die
SKEPPERS. Want dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA
MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES. Dit is die HEILIGE DRIE EENHEID.
En HY het van SY Troon afgekom vir jou en my, sodat ons sondes vergewe kon word.
En HY het HOMSELF gewillig geoffer. Geheel en al perfek.
HY was gebore uit ‘n maagdelike Joodse jong vrou. HY was geplaas met die
Pragtige Hand van die RUACH HA KODESH binne-in haar baarmoeder in.
HY was beide, soos ons sê, GOD IN DIE GEES en HY was GOD IN DIE VLEES (Joh. 1)
Dit is WIE ons SKEPPER is. En op die ouderdom van 33 na SY 3-jaar Bediening, het
HY gewillig op daardie kruis gegaan.
HY het gewilliglik ysterpenne, spykers deur SY Hande en SY Voete laat dryf. HY
was gewilliglik nie net gekruisig nie maar gemartel, sodat SY Bloed vergiet sou
word.
Want “sonder die vergieting van bloed, is daar geen vergifnis vir sonde nie”
(Heb. 9:22).
En HY het dit gewillig gedoen vir jou en my in die bestek van 3 ure. En ek was
die openbaring gegee, dat gedurende daardie tyd wat HY so gemartel was, dat HY
elke naam gesien het wat ooit geskryf was in die LAM se Boek van Lewe.
Want julle sien, enige iemand wat vir YAHUSHUA dien, wat uitroep vir genade en
om vergifnis vra en elke een van hulle sondes bely — die Bloed wat uitgetap het
bo-oor HOM op daardie dag sal elke een van jou sondes bedek, hulle wegwas [so
ver as] die ooste is van die weste, as jy uitroep na HOM, “YAHUSHUA HA MASHIACH!
Wees my genadig. Want ek is ‘n sondaar!”
Julle sien, niemand is perfek nie! Ons was gebore in sonde, want ons ouers was
sondaars — want ons kom van Adam en Eva af — maar julle sien, HY is die
WINGERDSTOK en ons is die lote wat direk uitspruit uit HOM uit.
En HY is die ware KONING VAN ISRAEL, maar HY is ook SKEPPER. HY het elke naam
gesien. HY het elke gesig gesien. HY weet wat jy gaan doen met hierdie Profesie.
Ek het bewys “Bewyse agter die Profesieë” terwyl ek hierdie gespreek het onder
‘n sterker Salwing — en ABBA YAH het selfs sommige woorde verander om selfs nog
kragtiger te wees.
Want toe hierdie oorspronklik gegee was, sou ek net die Naam verkort het na
YAHUSHUA, maar nou sê HY, “Maak seker jy sê YAHUSHUA HA MASHIACH. Maak seker dat
jy die mense herinner die naam beteken ‘YAH RED’.”
Moet nooit meer die naam ‘Yeshua’ sê nie. Julle neem die Godheid weg van die
VADER se Naam binne-in die SEUN se Naam. Watter vader wil nie hê sy seun moet sy
naam dra nie?
Die Naam is YAH en satan haat die Naam YAHUSHUA en ja, as julle wil kan julle sê
YAHSHUA. Dit beteken ‘YAH RED.’
Die Messiaanse Jode sal jou leer ‘Yeshua.’ Daar is geen betekenis daarin nie.
Hulle vrees net die ortodokse Jode so erg. Hulle wil nie die Naam YAH sê nie,
maar as jy bang is om die Naam YAH te sê, terwyl Psalm 91 sê dat HY net diegene
sal red wat uitroep IN SY NAAM...
SY Naam is YAH. YAHUVEH—en ek het hierdie onder ‘n sterker Salwing gespreek
hierdie dag.
Ek het bewys agter die Profesie gesit van dit wat gespreek was destyds lank
terug in 2009 en hier is ons nou op 27 Maart 2020.
Mense die enigste ding wat dit gaan oorwin wat op die oomblik aan die gang is is
vir julle om te glo—terwyl ons nader kom aan Pasga op 8 April teen sononder,
2020. Doen wat julle kan om daardie Pasga te vier. Kyk wat ons doen en luister
na die Profesieë wat kom weereens om te bewys, HY is dieselfde gister, vandag en
vir altyd (Heb. 13:8).
Soos HY Moses en die kinders van Israel verlos het — en hulle was by die
miljoene, het niks verander nie — YAHUSHUA HA MASHIACH het SY Bloed gestort en
een druppel van daardie Bloed was jou vry van sonde, as jy waarlik bekeer en
bely met groot droefheid.
En moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie die genade en barmhartigheid misbruik
en sê, “Ag wel ek sal weer sonde doen en ek sal net terugkom en weer om
vergifnis vra.” nie.
O mense. Wees baie versigtig wat julle doen. HY maak SY Arms wyd oop vir julle
nou. Almal word aanspreeklik gehou vir dit wat hulle weet. Hê geloof.
Sonder geloof is dit onmoontlik om YAH te behaag (Heb. 11:6) — sonder geloof. Om
daardie water-lopende soort geloof te wees, menende dat jy sal doen wat jy dink
is onmoontlik, jy styf sal vashou aan die Soom van YAHUSHUA se kleed.
Jy sal nie laat los nie selfs as hulle kom en vir jou sê, “Ons gaan jou doodmaak
as jy nie die Merk van die Dier neem nie!” Wees gewillig om jou lewe neer te lê
as dit nodig is.
Want jy weet jou volgende asemteug sal die Hemel wees en jy weet YAHUSHUA sal
jou GEES gryp direk uit die liggaam en nie eens die laksman die satisfaksie gun
om jou laaste doods-kreet te hoor nie.
Jy sal in die Hemel wees.
YAHUSHUA het op daardie kruis gesterf, maar julle sien, geen mens het HOM
vermoor nie. HY het gewillig SY LEWE gegee, maar HY het nie dood gebly nie. Op
die derde dag het HY weer opgestaan! HalleluYAH!
Voor getuies en vir 40 dae, het HY hierdie aarde bewandel. Voor getuies het HY
meer wonderwerke gedoen—as wat enige boek moontlik kon bevat (Joh. 21:25)—regoor
die wêreld. En toe op die 40ste dag voor getuies, het HY opgevaar terug Hemel
toe.
En HY het gesê HY het gegaan om ‘n plek voor te berei vir jou en my (Joh. 14:3),
vir almal wat in HOM sal glo.
Ek het HOM gesien van Aangesig tot aangesig. Die rede hoekom julle HOM langs my
sy sien in die voorstellings by Amightywind.com [is om rede] ek nie ‘n man daar
het nie. Ek het ‘n man gehad wat daar langs my sy was, wat die mede-leier was
van die Bediening, totdat hy daarop aangedring het dat hy die hoof daarvan moes
wees.
En julle sien daar is net een HOOF (en dit is voor [elke Profesie]—[‘n
uittreksel van] Profesie 105, wat ek beveel was om daar op te sit en ek het nie
verstaan hoekom nie) en dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA
HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, WIE ook genoem word IMMAYAH,
DIE SHEKHINYAH HEERLIKHEID. SY is MOEDER WYSHEID. Selfs King James Weergawe
Bybel noem HAAR ‘n ‘SY.’
Niemand is die HOOF van hierdie Bediening nie buiten die HEILIGE SKEPPERS. Ek
neem net my bevele uit die Hemel en daar is net een leier nou—maar ek sien uit
na die dag wanneer daar weer ‘n manlike balans sal wees.
Maar ek het vir YAHUSHUA HA MASHIACH daar en ek sê vir julle HY het die
helderste blou oë.
En ek sal voor die hele wêreld getuig: ek het HOM gesien van aangesig tot
aangesig terwyl HY op die punt van my bed gesit het. En ‘n tsunami golf van
liefde! Die helder lig reg rond-om HOM was iets wat ek nie eens kan begin
vergelyk met enige iets nie. En daardie groot tsunami golf van liefde —elke
atoom, elke molekule, elke deel van my—daardie liefde het my deurdring.
SY Lig het my wakker gemaak. Dit was lank terug in die dae van die waterbed, en
daar was ‘n leer-reling en HY het daar gesit en net na my gekyk en vir my
hierdie woorde gesê—sonder om selfs SY Mond oop te maak—het HY gesê, “EK is so
jammmer dat jy so moes ly.”
Ek het nie geweet wat lyding was nie. Ek het destyds gedink ek weet. Baie het
gebeur.
Want julle sien, hoe groter die Salwing, hoe groter die lyding. Onthou dit, vir
die van julle wat daarop aanspraak wil maak dat julle Profete is.
Want die GROOTSTE PROFEET wat daar ooit sal wees, die EEN, WIE die Boek geskryf
het van Openbaring, was nie Johannes nie. Dit is YAHUSHUA se Eie Woorde (Openb.
1:1-2). En daar is niemand WIE meer as HY gely het nie. HY is PROFESIE in
HOMSELF.
HY is die WOORD wat Vlees gemaak is. So wanneer iemand sê hulle is ‘n Profeet,
vra hulle wat hulle gewys het om dit te bewys.
Jare gelede, voordat enige iets gebeur het, het ons die “Bewys Agter die
Profesieë” en ABBA YAH het gesê, hoe kan jy bewys dat jy ‘n Profeet is as jy dit
nie bewys deur dinge vooruit te profeteer nie.
En dit is wat ek gedoen het. En ek sê vir julle dit, HY het die helderste blou
oë. Daardie voorstelling wat ‘n jong meisie geteken het is die voorstelling wat
ek gebruik. Want dit is die naaste wat ooit sal wees [van] enige beskrywing vir
YAHUSHUA.
En HY is aan my sy, en al het ek nie ‘n man langs my nie, weet ek ek is een van
die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, en HY hou my vas. En HY laat my weet HY is
net daar die hele tyd.
Die Bybel sê ‘Geseënd is diegene wat geglo het en nie gesien het nie’ (Joh.
20:29).
Ek het Engele besoekers gehad. Ek het, met my eie vingers—ek het die getuienis
op die webblad [Amightywind.com] waar ek my eie vingers gestreel het deur
Aartsengel Michael se vlerke; en Aartsengel Michael beskerm hierdie Bediening,
soos hy Israel beskerm.
En hierdie is ‘n Hebreeuse Wortel, Bybel-gebaseerde—baie belangrik mense.
En ek noem myself ook ‘n Messiaanse Jood maar ek is ‘n Jood, maar ek mis die
balans wat ek eens gehad het, en hy was ‘n man wat in Israel gebore was. Hy was
die balans van die Judah [tot die Effraim] en ek weet YAH sal die een terugbring
wat satan mislei het, maar nou spreek ek onder ‘n groter Salwing.
Hierdie Bediening is onder ‘n groter Salwing. Die skoonheid daarvan, kan niks op
die Internet mee vergelyk nie en dit het niks te doen met wie ek is nie. Ek moes
my eie man neerlê op die offeraltaar; die een wat ek eens die mees gesalfde man
genoem het wat ek ooit ontmoet het.
En hy moet terugkom en hy moet bekeer in die openbaar—want die sondes wat hy
gedoen het was in die openbaar—maar hy sal meer gesalf wees as voorheen, as hy
kies om dit te doen. Indien nie, sal YAH ‘n ander man oprig uit Judah.
Ek wil net hê dat julle geloof moet hê. Hierdie [was] Profesie 116, en nou is
ons in Profesie 150’s en steeds is daar geen manier hoe ek moontlik genoeg video
makers kan hê om...
Toe hy by my was vanaf 2016 (7 Maart 2016) tot iewers in 2018 [toe] het dit
regtig begin verkeerd gaan—maar ons het meer as 1000 Profesieë alleen met nuwe
openbarings wat vir julle ‘n seën sou gewees het.
Ek wil hê julle moet geloof hê en YAH sê die enigste manier hoe julle hier gaan
deurkom is deur geloof te hê in HOM.
Hê geloof dat daardie virus gaan doodgaan voor dit ‘n kind van YAHUSHUA HA
MASHIACH kan aanraak.
Ek bedek hierdie Bediening met die Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en ‘n
ieder en ‘n elk wat sê dat die Bediening van AMIGHTYWIND Bediening ‘n seën vir
hulle is—hulle word beskerm deur my gebede —die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.
YAHUSHUA het hoorbaar met my gepraat en en vir my gesê ek was die RingDiensmaagd
en wie ookal my man was, sou die Ringdraer wees—en ons bedek julle met die
Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en beskerm julle, maar daar is geen
Ringdraer nou nie, maar die RingDiensmaagd is steeds daar.
En o, vir julle wie die Gaste gaan wees, (julle weet almal kan nie ‘n Bruid wees
nie), die Gaste sal by die Bruilof Fees van die LAM wees en die Gaste sal dans
met daardie BRUIDEGOM. YAHUSHUA het gesê, “Geseënd is AL diegene wie genooi is
na die Bruilof Fees van die LAM” (Openb. 19:19).
Lees die Profesieë. Kyk of dit wat ek het nie [CUT 29:12 of] geprofeteer het nie
alreeds gebeur het nie.
En wat ookal nog nie het nie, onthou dit: Ons is in die begin van groot smarte
op hierdie oomblik, waar daar hongersnode en peste sal wees en YAHUSHUA HOMSELF
het dit gespreek in, wat begin, in Matheus 24:1.
Lees verder en julle sal sien vir julself. Matheus 24, en die Skrifgedeeltes
hieronder wat ek gee as voetnota vir hierdie Profesie.
Julle sien, ons is in die begin van [dit wat gaan wees] die Groot Verdrukking.
En YAHUSHUA HA MASHIACH, HY doen die skudding; HY doen die toetsing op hierdie
oomblik: Wie is waardig om die Bruid genoem te word van YAHUSHUA HA MASHIACH?
Bid dat jy waardig geag word. Gaan net na HOM toe.
Wanneer jy hierdie hoor en jy het nie geloof nie, herinner ek julle aan hierdie,
dat YAHUVEH nie kan lieg nie en HY het gesê dat SY Woord nie leeg na HOM toe kan
terugkeer nie (Jes. 55:11). Onthou WIE SY Woord is: Dit is YAHUSHUA WIE die
WOORD is wat vlees gemaak was van die heel begin af. Dit het so gesê in Genesis
[“En GOD het gesê...” (Gen. 1:3,6 ens.)].
Elkeen word ‘n maat van geloof gegee—en as jy nie dink dat jy geloof het nie,
neem dan jou volgende asemteug. Okay? Het jy net daar en dan gedink jy het nie
genoeg suurstof om asem te haal nie?
Nee. Dit word geloof genoem.
Wanneer jy in ‘n hysbak klim en jy druk die knoppie, dink jy dit gaan neerstort
grond toe of het jy geloof wanneer jy daardie knoppie druk dat dit jou gaan neem
tot by watter vloer jy ookal wil afklim?
Dit word geloof genoem.
Wanneer jy jou kos eet, het jy geloof om te glo jy kan dit insluk of dink jy jy
sal dood verstik?
Dit word geloof genoem.
So moenie dink dat jy nie geloof het nie. Hou net geloof dat ongeag wat jy
deurmaak—omdat dit geskryf is—‘Alle dinge moet ten goede meewerk [vir] diegene
wat YAH liefhet [en] geroep is na SY voorneme’ (Rom 8:28).
Hierdie beteken diegene wat geroep is na YAHUSHUA se doel ook. HY het ‘n doel
hoekom jy gebore was. Vind uit wat daardie doel is. Die grootste doel van alles—
onthou dit—YAHUSHUA was nooit die “seun van ‘n mens” nie.
Elke weergawe van die Bybel wat HOM “die seun van die mens” noem... HY is die
ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH. HY het nooit gesê HY was die seun van Josef een
keer in enige Skrif nie.
HY het gesê—HY het gesien—die werke wat HY gedoen het, het HY die VADER in die
HEMEL hulle sien doen (Joh. 5:19) HY het al die eer gegee aan YAHUVEH
keer-op-keer–op-keer. Dit was WIE SY VADER is.
Julle het geloof. Nou hê geloof om te glo HY kan julle vergewe vir julle sondes,
ongeag hoe vuil—en daar is net een uitsondering vir diegene wat die HEILIGE GEES
gelaster het, maar as jy hierdie Profesie aanvaar het as waarheid, dan het jy
nie die HEILIGE GEES gelaster nie anders sou jy nie eens na my wou luister nie
of enige iets met Heiligheid te doen wou hê nie.
Die vyande van hierdie Bediening, die verworpelinge—hulle haat die Bediening,
hulle haat alles wat Heilig is en hulle haat my definitief, maar julle sien,
julle moet gewillig wees om gehaat te word (Mat. 10:22). Julle moet gewillig
wees om vervolg te word (2 Tim. 3:12).
Hierdie is die Woorde wat YAHUSHUA gesê het. As hulle HOM almal liefgehad het,
sou hulle almal ons liefhê (Joh. 15:19).
“Geseënd is julle wat vervolg en gehaat word ter wille van MY Naam. Want groot
is julle belonings in die Hemel” (Mat. 5:11-12).
So ek hoop en bid hierdie dag—terwyl ek hierdie gespreek het onder ‘n nuwe
Salwing, ‘n sterker Salwing—bid ek dat julle my sal kontak en my laat weet dat
julle in geloof gaan wandel en nie deur aanskouing nie.
Moenie na die nuus luister nie. Moenie na die TV luister nie. Inteendeel, kry
die TVs uit julle huise uit. Hulle hou julle dop. Julle dink julle kyk vir
hulle.
En wat julle ookal doen, moenie enige iets om julle koppe dra nie: Moenie die
AirPods insit nie. Moenie die koordlose oorfone dra nie.
Daar gaan ‘n hele nuwe Profesie daaroor wees, maar hulle spoor julle op
daardeur. Nou, julle kan kies om my nou te glo of julle sal later uitvind, maar
hulle maak wapens van enige iets wat koordloos is wat jy om jou kop dra.
Hê geloof om te glo. Hê geloof om te glo dat YAHUSHUA HA MASHIACH alles sal doen
wat HY gesê het, en ek sal julle in die Hemel sien.
So kyk-uit vir my. En ek sal uitkyk vir julle. En ek gaan ook uitkyk vir julle
wat vir my skryf terwyl julle daardie kontak knoppie druk by AmightyWind.com—26
jaar—4de April 2020 is die geboorte[dag] van hierdie Bediening wat nou
gehandelsmerk is. [gelag]
Ek moes dit laat handelsmerk en dit het deurgekom in 2020 sodat mense nie meer
die naam kan ontheilig nie—daar is ‘n $500,000 boete as hulle doen—want satan
kom om te steel, moor en vernietig.
Hê geloof. Lees daardie Profesieë en julle sal sien julle geloof sal groei. Leer
uit die voorbeelde selfs van die verworpelinge en hardloop ver weg van wat hulle
ookal is.
HY vra jou nie om perfek te wees nie. YAHUSHUA weet dat niemand perfek kan wees
nie. HY IS DIE ENIGSTE PERFEKTE PERSOON, WIE ooit die aangesig van hierdie aarde
bewandel het. HY wil net hê jy moet die beste doen wat jy kan en die grootste
sonde van alles is wanneer jy val, dat jy nie moeite doen om weer op te staan
nie en in SY liefdevolle Arms in te hardloop nie!
Profetiese Woord
YAHUSHUA HA MASHIACH is die GOEIE HERDER en HY sal—julle hou aan hardloop in die
wolwe se lêplekke in en julle behoort aan HOM of julle sê dat julle doen, maar
julle wil aanhou leef in sonde en die pornografie doen, watter sonde daar ookal
is; julle is soos ‘n klein skapie—en HY sal julle agterbene breek, as julle naam
werklik geskryf is in die LAM se Boek van Lewe.
En dan sal HY sulke vervolging in jou lewe laat inkom dat jy geforseer sal word
om uit te roep na HOM. Want HY gaan jou so sagkuns in SY Arms vashou en
liefdevol naby SY Bors want jy gaan nie instaat wees om te loop nie.
Einde van Profetiese Woord
En ons moet nooit ooit dink dat ons alleen kan stap nie. Dit is hoekom julle die
voorstelling sien van YAHUSHUA reg langs my in al die beelde totdat ek werklik
‘n man het wat weer daardie plek kan inneem.
Want die een ding wat ek nooit wou gehad het nie was vir my prentjie om weer
alleen te wees.
Dit herinner my, dit bemoedig my—sit jy jou eie prentjie van jou eie gesig daar
[saam met YAHUSHUA]! Ek het vir julle vertel hoe YAHUSHUA lyk. Verbeel jou eie
gesig daar.
Dit is YAHUSHUA wat jou vashou. Dit is YAHUSHUA wat langs jou sy staan. Dit is
YAHUSHUA wat jou daardie tsunami van liefde gee waarmee niks kan vergelyk nie en
ek nie kan beskryf nie.
Ek bid dat hierdie vir julle ‘n seën was. Ek het nie geweet ek gaan al hierdie
sê nie. Ek is lief vir julle—as julle YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid en
liefhet—skryf vir my by die Bediening [webwerf] by kontakte.
En ek wag vir my broers in YAHUSHUA HA MASHIACH, die Profete daarbuite,
vernaamlik diegene wat gebore was en opgegroei het in Israel, die Messiaanse
Jode.
As julle die waarhede glo van hierdie Bediening, het julle suster julle nodig.
Sy het nie daardie spesiale bedekking van ‘n Heilige man nie, van ‘n manlike
eggenoot meer nie. (Maar sy het wel baie seuns in YAHUSHUA HA MASHIACH!) Huh,
hulle omring die wêreld en bedek my!) Maar broers verrys!
Verrys! Asseblief kom. Ek het die Profete nodig, die mans—ek het julle nodig om
net te kom en ‘n gewone kind, vegter, Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te
bemoedig.
Ek het my kopband handelsmerk. Dit herinner my aan die Stamme van Israel. Dit
herinner my dat ek ‘n Jood is en dit herinner my dat ons vegters moet wees. Ons
kan nie lafaards wees nie.
En dit is wat julle gaan sien in daardie voorstelling wanneer ek by YAHUSHUA is.
So YAHUSHUA HA MASHIACH—ek bid ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH, U het gesê dat ek ‘n Salwing het, ‘n Nuwe Salwing hierdie dag...
Ek bid op hierdie oomblik HEMELSE VADER, aangesien U gesê het dat ek die Eliyahu
van nuuts is, ek Salwing het om te kan bid op hierdie oomblik teen hierdie
COVID-19 (hierdie Wuhan virus wat gekom het uit China!) en ek bid, ABBA YAHUVEH,
vir die onskuldige skape en lammers...
Ek bid vir die gawe van vermenigvuldiging van hulle kos op hierdie oomblik,
diegene wat aan U behoort, YAHUSHUA HA MASHIACH; ek bid op hierdie oomblik of
hulle net dink dat hulle ‘n—korreltjies rys oor het.
Wat hulle ookal het, dat hulle die geloof sal hê om dit op te offer aan U en U
‘n weg vind om te vermenigvuldig soos U gedoen het met die Kinders van Israel; U
dit sal vermenigvuldig wat hulle het om te eet.
Want U het gesê deur Dawid, “nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat
sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25).
Ek bid op hierdie oomblik — daardie duiwel virus — wat HULLE noem — my naam
daarvoor want dit kom van satan, gesmee deur satan en dit is alles oor wie die
mag wil hê van hierdie aarde, polities gewys—en die onskuldige mense, hulle ly,
alles net omdat hulle ‘n inenting binne-in hulle wil sit wat geen inenting is
nie; dit is ‘n doodsvonnis en volgende kom die chip. En hulle wil al die
geldeenhede wegneem.
So dit gaan ‘n een wêreld orde wees, wat ‘n een wêreld van wanorde gaan wees.
Ek bid op hierdie oomblik, ABBA YAHUVEH, vir die genesing van die mense.
Ek bid op hierdie oomblik vir die restorasie van die mense.
Ek bid op hierdie oomblik, HEMELSE VADER, dat U sal doen wat hulle sê nie gedoen
kan word nie; en dat U hierdie virus nou op hierdie oomblik sal weerhou om enige
mense verder skade aan te doen; en die paniek sal stop; en die vrees sal
wyk—elkeen wat nou na my stem luister op hierdie oomblik—hulle sal weet dat niks
kan gebeur wat ABBA YAH nie toelaat nie. Niks!
En ek dank U en ek loof U vir elkeen wat ‘n kind is van die ALLERHOOGSTE, van
ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH op hierdie oomblik.
By die geklank van my stem, is hulle geheel en al genees en herstel—en hulle
geloof het gegroei.
Ek bid dat hulle besef: Geen vrees meer nie! Vrees is ‘n teistering! Dit is
waarvoor hulle hierdie aarde wil regeer. Dit is hoekom elke nuusgewer dit rondom
hierdie wêreld aan die gang het op hierdie oomblik.
Luister eerder na die Woorde wat YAHUSHUA gespreek het, terwyl HY in geloof
gespreek het. Soos Psalm 91! Ek bid dat hulle dit oor en oor sal lees en dat
hulle dit sal opeis.
Ek bid dat hierdie pandemie—hierdie paniek—sal stop!
Ek bid die DOOD van die virus en al diegene wat dit VERVAARDIG HET OF ENIGE IETS
DAARMEE TE DOEN HET of enige iemand wat ontvolking van die aarde wil doen! LAAT
HULLE ONTVOLK WORD! LAAT HULLE REGUIT IN DIE INGEWANDE VAN DIE HEL INGAAN
LEWENDIG!
Maak die aarde oop, net so seker as wat U het toe Moses gesê het diegene wat aan
YAH se kant is, kom hierheen, en diegene wat aan Korah se kant is, gaan daardie
kant toe!
En diegene wat oorgegaan het na Korah se kant toe —die aarde het oopgemaak en
hulle lewendig ingesluk en hulle het direk in die hel ingegaan.
DIT IS WAT EK BID! LAAT DIE VERWORPELINGE DOODGAAN! MAAR LAAT HULLE LEWENDIG
INGESLUK WORD!
Laat hulle verbrand met U spontane woede van ontbranding! Ek gee nie om hoe ryk
hulle is nie! Hoe magtig hulle is nie! Ek gee nie om watter politiek hulle het
nie!
Ons weet op WIE die heerskappy is op die Skouers van—en YAHUSHUA HA MASHIACH het
gesê die heerskappy is op SY Skouers (Jes. 9:6). HY IS DIE [WARE] HEERSER VAN
HIERDIE WÊRELD!—satan speel speletjies en laat die mense dink hy regeer hierdie
wêreld.
En YAHUVEH lag. HY speel met SY vyande.
So ABBA YAHUVEH, ek vra vir die Salwing van Eliyahu en ek vra net soos U nie die
fles met olie laat opdroog het vir die weduwee van Sarfat nie, bid ek dieselfde
ding nou vir elkeen by die geklank van my stem wie uitroep en sê, “YAHUSHUA HA
MASHIACH, ek het U lief. Vergewe my. Wees my genadig.”
En U het belowe U sal hulle gebede beantwoord wanneer hulle bely en hulle
bekeer, dat U hulle land sal genees. En die politiek—VADER, hulle is so boos—van
hierdie wêreld en die bose agenda is om die onskuldigste skape en lammers leed
aan te doen.
As hulle name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe, kan U nie een verloor nie,
YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek weet U sal martelaars hê, maar die bloed vloei in die
grond in en rig net meer martelaars op [wat geloof sal hê om te wees] en dit rig
meer getuienisse op oor die grootheid van ons GELIEFDE MESSIAS, YAHUSHUA HA
MASHIACH.
So hierdie is my gebed in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam—vir genesing, bevryding,
herstel, vergifnis, verlossings KRAG van YAHUSHUA HA MASHIACH en vernaamlik vir
die bevryding van VREES!
Niks meer vrees nie!
Ongeag wat jy ‘n nuusgewer hoor sê. Ongeag wat jy ‘n politikus hoor sê. GEEN
VREES MEER NIE! Want vrees is om jouself oop te stel vir daardie virus.
Sê in plaas daarvan, “Deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH,
ontvang ek dit nie!”
Jy was steeds jou hande. Jy doen steeds alles wat hulle daaroor sê, maar GEEN
VREES MEER NIE! Moenie jou immuun sisteem verswak met vrees nie.
YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle.
Ek is net ‘n eenvoudige kind, vegter, dienskneg van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek is
net ‘n boodskapper, so moet my asseblief nie stenig nie. Ek is hier om jou
geloof op te bou waar dit afgebreek was en ek bid hierdie dag dat dit is wat ek
gedoen het.
YAHUSHUA, seën al diegene wat ‘n seën is vir U.
Amen.
Einde van Oorskrywing