12
12 (12:13) En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar
vir ‘n vrou as loon, en vir ‘n vrou het hy vee opgepas.
13 (12:14) Maar deur ‘n profeet het die HERE Israel uit Egipte laat optrek, en
deur ‘n profeet is hulle opgepas.
14 (12:15) Efraim het die HERE bitterlik geterg; daarom sal Hy sy bloedskulde op
hom laat neerkom, ja, sy Here sal hom vir die aangedane smaad vergelde.
*~ Hoofstuk 13 ~*
1 As Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel.
Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.
2 En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle ‘n gegote beeld van
hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van
hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!
3 Daarom sal hulle wees soos ‘n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn,
soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.
4 Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God
geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
5 Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.
6 Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was,
het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
7 Toe het Ek vir hulle soos ‘n leeu geword, soos ‘n luiperd lê Ek by die pad en
loer.
8 Ek val hulle aan soos ‘n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle
borskas oop; en soos ‘n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die
veld sal hulle verskeur.
9 Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.
10 Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters
van wie jy gesê het: Gee my ‘n koning en vorste?
11 Ek gee jou ‘n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.
12 Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.
13 Barensweë sal hom oorval, hy is ‘n onverstandige kind; want as die tyd daar
is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.
14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die
dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly
vir my oë verborge.
15 Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die HERE,
wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal
‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.
16 (14:1) Samaría sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle
sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue
oopgesny word.
*~ Hoofstuk 14 ~*
1 Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou
ongeregtigheid.
2 (14:3) Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom:
Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere
ons lippe aanbied.
3 (14:4) Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk
van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.
4 (14:5) Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn
is van hulle afgewend.
5 (14:6) Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie en sy
wortels uitslaan soos die Líbanon.
6 (14:7) Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom en sy
geur soos die Líbanon.
7 (14:8) Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle
self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van
die Líbanon.
8 (14:9) Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en
hou my oog oor hom. Ek is soos ‘n groen sipres; uit My word jou vrug gevind.
9 (14:10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom
dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop
wandel, maar die oortreders daarop struikel!
Johannes 1:41-51
41 (1:42) Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die
Messías gevind—dit is, as dit vertaal word, die Christus.
42 (1:43) En hy het hom na YAHUSHUA gelei. Toe kyk YAHUSHUA hom aan en sê: Jy is
Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.
43 (1:44) Die volgende dag wou YAHUSHUA na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus
gekry en vir hom gesê: Volg My.
44 (1:45) En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.
45 (1:46) Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van
wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: YAHUSHUA , die seun van
Josef van Násaret.
46 (1:47) En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus
antwoord hom: Kom kyk.
47 (1:48) Daarop sien YAHUSHUA Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is
waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
48 (1:49) Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? YAHUSHUA antwoord en sê vir
hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou
gesien.
49 (1:50) Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is
die Koning van Israel!
50 (1:51) YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek
het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
51 (1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal
julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die
Seun van die mens.