Shabbat Shalom!
Lech Lecha / Gaan Voort
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Jesaja 40:27-41:16

40

27 Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir YAHUVEH verborge, en my reg gaan by my ELOHIM verby?
28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige ELOHIM is YAHUVEH, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;
31 maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

*~ Jesaja Hoofstuk 41 ~*


1 Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.
2 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos ‘n dwarrelende stoppel,
3 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?
4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, YAHUVEH, die Eerste (Aleph/Tav), en by die laaste is Ek dieselfde.
5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.
6 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!
7 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.
8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,
9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.
10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou ELOHIM. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.
12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer.
13 Want Ek, YAHUVEH jou ELOHIM, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek YAHUVEH, en jou Losser is die Heilige van Israel.
15 Kyk, Ek maak jou tot ‘n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.
16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in YAHUVEH, jou beroem op die Heilige van Israel.

Mattheus 1:1-17

1 Die geslagsregister van YAHUSHUA, die seun van Dawid, die seun van Abraham:
2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;
3 en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,
4 en Ram die vader van Ammínadab, en Ammínadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,
5 en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,
6 en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría,
7 en Salomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa,
8 en Asa die vader van Jósafat, en Jósafat die vader van Joram, en Joram die vader van Ussía,
9 en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía,
10 en Hiskía die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Josía,
11 en Josía die vader van Jegónia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.
12 En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel,
13 en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor,
14 en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud,
15 en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,
16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is YAHUSHUA wat Messias genoem word.
17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Messias veertien geslagte.