Shabbat Shalom!
Sukkot / Fees Van Hutte
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Sagaria 14:1-21

14

1 Kyk, daar kom ‘n dag vir YAHUVEH; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. (Jes 13:16, Joël 3:12)
3 En YAHUVEH sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
5 En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal YAHUVEH my ELOHIM kom, al die heiliges met U! (Mat 24:30-31)
6 En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
7 En dit sal ‘n enige dag wees wat aan YAHUVEH bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
8 En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees. (Op 22:1-2, Eseg 47:1-9)
9 En YAHUVEH sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal YAHUVEH een wees, en sy Naam een.
10 Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.
11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon. (Lev 25:18-19)
12 En dit sal die plaag wees waarmee YAHUVEH al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
13 En in dié dag sal ‘n groot verwarring van YAHUVEH onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, YAHUVEH van die leërskare, en om die huttefees te vier.
17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, YAHUVEH van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.
18 En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee YAHUVEH die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
19 Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
20 In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van YAHUVEH sal wees soos die komme voor die altaar.
21 Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan YAHUVEH van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van YAHUVEH van die leërskare meer wees nie.

Lukas 2:1–20


1 En in daardie dae het daar ‘n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
9 En meteens staan daar ‘n engel van ELOHIM by hulle, en die heerlikheid van YAHUVEH het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat YAHUSHUA, die Messias, is.
12 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
13 En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat YAHUVEH prys en sê:
14 Eer aan YAHUVEH in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat YAHUVEH aan ons bekend gemaak het.
16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die Kindjie wat in die krip lê.
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.
18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
20 En die herders het teruggegaan en YAHUVEH verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.