Shabbat Shalom!
ACHAREI MOT – Na Dood / Kedoshim
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Esegiël 22:1–19

22

1 Verder het die woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê:
2 En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend
3 en sê: So spreek die Here YAHUVEH: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!
4 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak EK jou tot ‘n smaad vir die nasies en ‘n spot vir al die lande.
5 Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!
6 Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.
7 Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
8 My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.
9 Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.
10 Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.
11 Die een het ‘n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ‘n skandelike daad, en ‘n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.
12 Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar MY het jy vergeet, spreek die Here YAHUVEH.
13 Kyk, so slaan EK dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.
14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as EK met jou handel? EK, YAHUVEH, het dit gespreek en sal dit doen.
15 En EK sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en EK sal jou onreinheid uit jou wegruim.
16 En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat EK YAHUVEH is.
17 Verder het die woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, die huis van Israel het vir MY skuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword.
19 Daarom, so sê die Here YAHUVEH: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal EK julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.


Johannes 7:1-10:21


1 En daarna het YAHUSHUA in Galiléa rondgegaan, want HY wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om HOM dood te maak.
2 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
3 SY broers het toe vir HOM gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat U dissipels ook U werke kan sien wat U doen.
4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
5 Want ook SY broers het nie in HOM geglo nie.
6 Toe sê YAHUSHUA vir hulle: MY tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar MY haat hy, omdat EK van hom getuig dat sy werke boos is.
8 Gaan julle op na hierdie fees. EK gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat MY tyd nog nie daar is nie.
9 En nadat HY dit aan hulle gesê het, het HY in Galiléa gebly.
10 Maar nadat SY broers opgegaan het, toe het HY ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
11 En die Jode het HOM op die fees gesoek en gesê: Waar is HY?
12 En daar is baie oor HOM gemompel onder die skare. Sommige het gesê: HY is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar HY mislei die skare.
13 Tog het niemand openlik oor HOM gepraat nie, uit vrees vir die Jode.
14 En toe dit al in die middel van die fees was, het YAHUSHUA opgegaan na die tempel en geleer.
15 En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom HY aan die geleerdheid terwyl HY geen onderwys ontvang het nie?
16 YAHUSHUA antwoord hulle en sê: MY leer is nie MYNE nie, maar van HOM wat MY gestuur het.
17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit ELOHIM is, en of EK uit Myself spreek.
18 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar HY wat die eer soek van dié EEN wat HOM gestuur het, HY is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in HOM nie.
19 Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle MY om die lewe bring?
20 Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?
21 YAHUSHUA antwoord en sê vir hulle: Een werk het EK gedoen, en julle verwonder julle almal.
22 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee—nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders—en op die sabbat besny julle ‘n mens.
23 As ‘n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir MY, omdat EK ‘n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.
25 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie HY wat hulle soek om dood te maak nie?
26 En kyk, HY spreek openlik en hulle sê vir HOM niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat HY werklik die Christus is?
27 En hierdie man—ons weet van waar HY is; maar die Christus, wanneer HY kom, weet niemand van waar HY is nie.
28 YAHUSHUA roep toe uit, terwyl HY in die tempel leer, en sê: Julle ken MY en julle weet ook van waar EK is; tog het EK nie uit Myself gekom nie; maar HY wat MY gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
29 Maar EK ken HOM, omdat EK van HOM kom en HY MY gestuur het.
30 Toe probeer hulle om HOM gevange te neem; en niemand het die hand aan HOM geslaan nie, omdat SY uur nog nie gekom het nie.
31 Maar baie van die skare het in HOM geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal HY meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
32 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van HOM mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om HOM gevange te neem.
33 Toe sê YAHUSHUA vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is EK by julle, en EK gaan na HOM wat MY gestuur het.
34 Julle sal MY soek en nie vind nie; en waar EK is, kan julle nie kom nie.
35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil HY heengaan, dat ons HOM nie sal vind nie? HY wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
36 Wat beteken hierdie woord wat HY gesê het: Julle sal MY soek en nie vind nie; en waar EK is, kan julle nie kom nie?
37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het YAHUSHUA gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na MY toe kom en drink!
38 Hy wat in MY glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
39 En dit het HY gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in HOM glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat YAHUSHUA nog nie verheerlik was nie.
40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
41 Ander het gesê: HY is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?
42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor HOM.
44 En sommige van hulle wou HOM gevange neem, maar niemand het die hand aan HOM geslaan nie.
45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle HOM nie gebring nie?
46 Die dienaars antwoord: Nooit het ‘n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
47 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
48 Het iemand uit die owerstes in HOM geglo, of uit die Fariseërs?
49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
50 Nikodémus—hy wat in die nag na HOM gegaan het, wat een van hulle was—sê vir hulle:
51 Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
52 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
53 En elkeen het huis toe gegaan.

*~ Johannes Hoofstuk 8 ~*


1 Maar YAHUSHUA het na die Olyfberg gegaan.
2 En vroeg in die môre het HY weer in die tempel gegaan, en al die mense het na HOM gekom, en HY het gaan sit en hulle geleer.
3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na HOM gebring.
4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir HOM: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap;
5 en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
6 En dit het hulle gesê om HOM te versoek, sodat hulle iets kon hê om HOM te beskuldig; maar YAHUSHUA het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
7 Maar toe hulle aanhou om HOM te vra, het HY HOM opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.
8 En weer het HY neergebuk en op die grond geskrywe.
9 En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en YAHUSHUA het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
10 En toe YAHUSHUA HOM oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê HY vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En YAHUSHUA sê vir haar: EK veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
12 En YAHUSHUA het weer met hulle gespreek en gesê: EK is die lig van die wêreld; wie MY volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
13 Toe sê die Fariseërs vir HOM: U getuig van Uself; U getuienis is nie waar nie.
14 YAHUSHUA antwoord en sê vir hulle: Al getuig EK ook van Myself, MY getuienis is waar, omdat EK weet van waar EK gekom het en waarheen EK gaan. Maar julle weet nie van waar EK kom en waarheen EK gaan nie.
15 Julle oordeel volgens die vlees. EK oordeel niemand nie.
16 En al oordeel EK, MY oordeel is waar, omdat EK nie alleen is nie, maar EK en die Vader wat MY gestuur het.
17 En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.
18 Dit is EK wat van Myself getuig; en die Vader wat MY gestuur het, getuig van MY.
19 Hulle sê toe vir HOM: Waar is U Vader? YAHUSHUA antwoord: Julle ken MY nie en ook nie MY Vader nie; as julle MY geken het, sou julle ook MY Vader geken het.
20 Hierdie woorde het YAHUSHUA gespreek by die skatkis terwyl HY in die tempel geleer het. En niemand het HOM gevange geneem nie, omdat SY uur nog nie gekom het nie.
21 En YAHUSHUA het weer vir hulle gesê: EK gaan weg, en julle sal MY soek en in julle sonde sterwe. Waar EK gaan, kan julle nie kom nie.
22 Toe sê die Jode: HY sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat HY sê: Waar EK gaan, kan julle nie kom nie?
23 En HY sê vir hulle: Julle is van benede, EK is van bo; julle is uit hierdie wêreld, EK is nie uit hierdie wêreld nie.
24 EK het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit EK is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En YAHUSHUA antwoord hulle: Net dit wat EK vir julle sê.
26 EK het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar HY wat MY gestuur het, is waaragtig; en EK, wat EK van HOM gehoor het, dit spreek EK tot die wêreld.
27 Hulle het nie verstaan dat HY met hulle van die Vader gespreek het nie.
28 En YAHUSHUA sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit EK is; en uit Myself doen EK niks nie; maar net wat MY Vader MY geleer het, dit spreek EK.
29 En HY wat MY gestuur het, is met MY; die Vader het MY nie alleen gelaat nie, omdat EK altyd doen wat HOM welgevallig is.
30 Terwyl HY hierdie dinge spreek, het baie in HOM geglo.
31 En YAHUSHUA sê vir die Jode wat in HOM geglo het: As julle in MY Woord bly, is julle waarlik MY dissipels.
32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
33 Hulle antwoord HOM: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
34 YAHUSHUA antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
35 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
37 EK weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om MY om die lewe te bring, omdat MY Woord geen ingang in julle vind nie.
38 EK spreek van wat EK by MY Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.
39 Hulle antwoord en sê vir HOM: Ons vader is Abraham. YAHUSHUA sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;
40 maar nou probeer julle om MY om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat EK van ELOHIM gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.
41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir HOM: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik ELOHIM.
42 En YAHUSHUA sê vir hulle: As ELOHIM julle Vader was, sou julle MY liefhê, want EK het uit ELOHIM uitgegaan en gekom; want EK het ook nie uit Myself gekom nie, maar HY het MY gestuur.
43 Waarom ken julle MY spraak nie? Omdat julle na MY Woord nie kan luister nie.
44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
45 Maar omdat EK die waarheid spreek, glo julle MY nie.
46 Wie van julle oortuig MY van sonde? En as EK die waarheid spreek, waarom glo julle MY nie?
47 Die wat uit ELOHIM is, luister na die Woorde van ELOHIM. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit ELOHIM is nie.
48 Die Jode antwoord toe en sê vir HOM: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?
49 YAHUSHUA antwoord: EK is nie van die duiwel besete nie; maar EK eer MY Vader, en julle doen MY oneer aan.
50 En EK soek nie MY eer nie; daar is EEN wat dit soek en wat oordeel.
51 Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, as iemand MY Woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
52 Toe sê die Jode vir HOM: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand MY Woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.
53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?
54 YAHUSHUA antwoord: As EK Myself verheerlik, is MY heerlikheid niks nie. Dit is MY Vader wat MY verheerlik, van wie julle sê dat HY julle ELOHIM is.
55 En julle ken HOM nie, maar EK ken HOM; en as EK sê dat EK HOM nie ken nie, sal EK soos julle ‘n leuenaar wees. Maar EK ken HOM en bewaar SY Woord.
56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy MY dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.
57 Toe sê die Jode vir HOM: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?
58 YAHUSHUA sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, voordat Abraham was, is EK.
59 Hulle het toe klippe opgetel om HOM te stenig; maar YAHUSHUA het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het HY vertrek.

*~ Johannes Hoofstuk 9 ~*


1 En toe HY verbygaan, sien HY ‘n man wat blind was van sy geboorte af.
2 En SY dissipels vra HOM en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
3 YAHUSHUA antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van ELOHIM moet in hom openbaar word.
4 EK moet die werke doen van HOM wat MY gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
5 So lank as EK in die wêreld is, is EK die lig van die wêreld.
6 En toe HY dit gesê het, spuug HY op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man
7 en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?
9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
10 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?
11 Hy antwoord en sê: Die man wat YAHUSHUA genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
12 En hulle sê vir hom: Waar is HY? Hy antwoord: Ek weet nie.
13 Hulle bring hom na die Fariseërs—die man wat vroeër blind was.
14 En dit was sabbat toe YAHUSHUA die klei gemaak en sy oë geopen het.
15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: HY het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van ELOHIM nie, omdat HY die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ‘n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
17 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van HOM, aangesien HY jou oë geopen het? En hy antwoord: HY is ‘n profeet.
18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
22 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand HOM as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan ELOHIM die eer; ons weet dat hierdie man ‘n sondaar is.
25 En hy antwoord en sê: Of HY ‘n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
26 En hulle sê weer vir hom: Wat het HY vir jou gedoen? Hoe het HY jou oë geopen?
27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is ‘n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet dat ELOHIM met Moses gespreek het; maar wat HOM betref, ons weet nie van waar HY is nie.
30 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar HY is nie, en HY het my oë geopen!
31 En ons weet dat ELOHIM nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en SY wil doen, dié verhoor HY.
32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ‘n blindgebore mens geopen het nie.
33 As HY nie van ELOHIM was nie, sou HY niks kan doen nie.
34 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
35 YAHUSHUA het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe HY hom kry, sê HY vir hom: Glo jy in die Seun van ELOHIM?
36 Hy antwoord en sê: Wie is HY, Here, dat ek in HOM kan glo?
37 En YAHUSHUA sê vir hom: Jy het HOM gesien; en HY wat met jou spreek, dit is HY.
38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het HOM aanbid.
39 En YAHUSHUA sê: Tot ‘n oordeel het EK in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
40 En dié van die Fariseërs wat by HOM was, het dit gehoor en vir HOM gesê: Is ons dan ook blind?
41 YAHUSHUA antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.

*~ Johannes Hoofstuk 10 ~*


1 Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
5 Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
6 Hierdie gelykenis het YAHUSHUA aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat HY tot hulle gespreek het nie.
7 YAHUSHUA het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, EK is die deur van die skape.
8 Almal wat voor MY gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9 EK is die deur; as iemand deur MY ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. EK het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 EK is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
12 Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13 En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
14 EK is die goeie herder, en EK ken MY eie en word deur MY eie geken.
15 Net soos die Vader MY ken, ken EK ook die Vader; en EK lê MY lewe af vir die skape.
16 EK het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. EK moet hulle ook lei, en hulle sal na MY stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
17 Daarom het die Vader MY lief, omdat EK MY lewe aflê om dit weer te neem.
18 Niemand neem dit van MY af nie, maar EK lê dit uit Myself af. EK het mag om dit af te lê en EK het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het EK van MY Vader ontvang.
19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
20 En baie van hulle het gesê: HY is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na HOM?
21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.