45
16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors
in Israel.
17 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en
die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die
feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die
brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van
Israel.
18 So sê die Here YAHUVEH: In die eerste maand, op die eerste van die maand,
moet jy ‘n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig. (Exod 12:2)
19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die
deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die
altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle
uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis
versoening doen.
21 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die
pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.
22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land ‘n
sondofferbul berei.
23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan YAHUVEH
gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en
daagliks ‘n bokram as sondoffer.
24 Ook moet hy as spysoffer berei ‘n efa vir ‘n bul en ‘n efa vir ‘n ram en ‘n
hin olie vir ‘n efa.
25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees
dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer,
dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie. (Exod 23:16,
34:22, Deut 16:16)
*~ Esegiël Hoofstuk 46 ~*
1 So sê die Here YAHUVEH: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste
kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit
oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.
2 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by
die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy
dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan;
maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
3 Ook moet die volk van die land aanbid voor die ingang van dié poort, op die
sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van YAHUVEH.
4 En die brandoffer wat die vors aan YAHUVEH moet bring op die sabbatdag, is ses
lammers sonder gebrek en ‘n ram sonder gebrek;
5 en die spysoffer: ‘n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer
wees wat sy hand kan gee; en ‘n hin olie vir ‘n efa.
6 Maar op die dag van die nuwemaan: ‘n jong bul sonder gebrek en ses lammers en
‘n ram—sonder gebrek moet hulle wees;
7 en as spysoffer moet hy gereedmaak: ‘n efa vir die bul en ‘n efa vir die ram,
maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig; en ‘n hin olie vir ‘n efa.
8 En as die vors ingaan, moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan en
met dieselfde weg weer uitgaan.
9 Maar as die volk van die land voor die aangesig van YAHUVEH kom op die feestye,
moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan;
en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag
nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit
vorentoe uitgaan.
10 En die vors moet tussen hulle ingaan as hulle ingaan; en as hulle uitgaan,
moet hy saam uitgaan.
11 Verder moet op die feeste en op die feestye die spysoffer wees: ‘n efa vir ‘n
bul en ‘n efa vir ‘n ram, maar vir die lammers, wat sy hand kan gee; en ‘n hin
olie vir ‘n efa.
12 En as die vors ‘n vrywillige offer gereedmaak, ‘n brandoffer of dankoffers as
vrywillige offer aan YAHUVEH, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na
die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die
sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan
het.
13 Verder moet jy ‘n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan
YAHUVEH; elke môre moet jy dit berei.
14 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: ‘n sesde van ‘n efa en
‘n derde van ‘n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan YAHUVEH—ewige
insettinge, altyddeur.
15 So moet hulle dan die lam en die spysoffer en die olie elke môre berei as ‘n
voortdurende brandoffer.
16 So sê die Here YAHUVEH: As die vors aan een van sy seuns ‘n geskenk gee van
sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.
17 Maar as hy van sy erfdeel ‘n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit
syne wees tot by die jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net
vir sy seuns moet sy erfdeel wees.
18 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul
besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns ‘n erfdeel gee,
sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.
Hebreeus 8:1-6;
1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat
gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
2 ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat ELOHIM
opgerig het en nie ‘n mens nie.
3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes
HY ook iets hê om te offer.
4 Want as HY op aarde was, sou HY selfs geen priester wees nie, omdat daar
priesters is wat volgens die Wet die gawes offer,
5 hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses
‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want HY het
gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.
(Exod 25:40)
6 Maar nou het HY (YAHUSHUA HA MASHIACH) ‘n voortrefliker bediening verkry vir
sover HY ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik
gegrond is.