Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
6 December 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
So spreek die Here GOD van die Leerskare:
EK sal bewys dat EK hulle beloon wie ywerig na MY soek. Toets MY en kyk hierdie
jaar is die jaar waarop julle gewag het. Kom bymekaar rondom die wêreld deur die
wonderwerk van die rekenaar, verbind met mekaar, staan saam en julle sal 'n
groter uitstorting van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sien soos nooit tevore
nie.
Want julle sal mekaar se gawes opwek wat sluimerend was of selde gebruik is.
Julle sal deur die Gees saamgebind word sonder om selfs op 'n vliegtuig te klim,
julle sal een in MY wees deur die wonder van hierdie rekenaartegnologie wat
alhoewel satan dit gebruik vir sy boosheid, EK dit selfs meer gebruik vir MY Lof,
Eer en Glorie. MY Profete sal dit gebruik om MY boodskappe oor te dra, so
luister aandagtig hierdie jaar sodat julle sal weet wat om te verwag voordat dit
gebeur. EK sal die Profete uitstuur voordat EK MY toorn stuur.
Bid dat EK sal vind dat julle ernstig na MY soek, MY liefhet en MY Woord
gehoorsaam. Want moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie.
Alhoewel julle sondes weggewas is deur die Reddende Bloed, moenie MY beproef nie
want EK weet wie is gered en wie speel slegs toneel!
EK het voorheen MY Profetes aangesê om te sê dat oordeel by die huis van YAHUVEH
begin! Nou het oordeel op hierdie dag van 8 Januarie 1997, by die huis van
YAHUVEH begin op 'n meer kragdadige manier as ooit tevore! Kyk en luister
aandagtig, wees voorbereid! Kyk hoe EK die tempels skoonmaak net soos toe MY
Seun die tempel geskeur het, dit was van toekomende dinge en dit het begin. Bose
herders en wreedaardige pastore, valse profete, pasop; groot en magtige toorn
kom hierdie jaar julle kant toe.
Hardloop terwyl julle nog kan. Julle het dinge in MY NAAM gedoen, julle het MY
klein skapies seergemaak, hulle geslag en MY Skape aan die voete van satan
geoffer en julle sal hiervoor boet. Julle het die bose aangemoedig en die
regverdige ontmoedig. Julle het gesê EK praat leuens en het visioene gesien,
maar julle ken MY nie eers nie. So, hoe kan julle MY gesien het, of van MY
gehoor het. Julle het baie mislei en selfs MY Heilige Woord gebruik vir julle
eie voordeel en julle glorie.
Wees gereed om te veg want julle gaan nie net die Almagtige GOD YAHUVEH beveg
nie! Maar ook MY nuwe geslag RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vervulde krygers.
Hoor hulle oorlogskrete.
Hulle is vol van die woede van YAHUVEH oor alles wat die vyand gedoen het. Hulle
gaan agter die skape aan wat die vyande weggejaag het. Hulle gaan hulle na die
voete van die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) van
Nasaret en Golgota bring! YAHUSHUA ha MASHIACH is SY NAAM en dit is op hulle
lippe, sowel as op hulle voorhoofde (verstand) en harte geskrywe.
EK gaan MY vyfvoud-bediening op maniere bekragtig wat hulle nog nie geken het
nie en hulle sal die hele tyd MY stem hoor en sien dat die GOD wat hulle dien
almagtig is in oorlog. MY Kinders, julle het niks om te vrees nie, want EK ken
MY skape en julle ken julle Herder. Julle het niks om te vrees nie. EK sê weer
vir julle, kyk op, julle verlossing het nadergekom. MY koms is nader as wat
julle selfs kan dink, maar die vyand weet dit en probeer nou die boosheid
bespoedig.
Onthou wanneer die vyand inkom soos 'n vloed, sal EK 'n standaard teen hulle
oprig. Diegene wie agter die kansels staan en MY Skape bedien, hoor MY stem. EK
het julle geroep om vegters vir YAHUSHUA te wees, nie papperds nie. Vat terug in
MY NAAM, wat die vyand van julle gesteel het. satan het gekom om te steel, te
slag en te verwoes. Hou op om hom toe te laat. EK sê weer, EK het julle geroep
om MY Vegters te wees, nie papperds nie.
Moet aan die duiwel geen plek gee nie en die duiwel sal geen plek aan julle gee
nie. Vandag moet die kerk, wat nie die gebou of pastoor is nie, maar MY Mense
wie by MY NAAM geroep is, opstaan en sê, "Ons is vegters vir YAHUSHUA ha
MASHIACH; ons weet ons is meer as oorwinnaars deur YAHUSHUA se NAAM. Die geveg
is YAHUVEH s'n, die oorwinning is ons s'n tot Lof, Eer en Glorie van YAHUSHUA ha
MASHIACH en YAHUVEH!"
Laaste maar nie die minste nie, julle sal in elke aspek sien hoe EK losmaak wat
EK nie saamgebind het nie, julle het dit self gedoen. Maar dit sal slegs MY hand
vat om los te maak wat nooit bedoel was om saamgebind te wees nie. Kan 'n os en
'n muis 'n wa trek? Nog erger, kan 'n os en 'n mier 'n wa vol vrugte trek? Bid
tot MY en MY RUACH ha KODESH sal openbaar waar die mier of die muis aan julle
vasgebind is. Aanvaar dan wat EK ookal kies en wie EK ookal kies om losgemaak te
word van julle.
Want julle het gewonder hoekom julle gebede verhinder word, dit is omdat sommige
van julle ongelyk saamgebind is op baie verskillende maniere. Dit sluit MY
bedienaars en die bedienings in, sowel as julle persoonlike lewens. Niemand sal
enigiets terwille van MY prysgee, wat EK nie ten minste dubbel sal teruggee in
hierdie lewe en in die Hemel nie. Vertrou MY en wees gewillig soos Abraham was
en julle moet geloof hê. Sê, "YAHUVEH, wat ookal my verhinder om volkome te wees
wat EK geroep was om te wees, en alles wat ek georden was om te doen, offer ek
op as 'n offergawe aan U, enigiets wat in die pad staan dat U volmaakte wil in
my lewe sal geskied."
Offer alles wat julle is en alles wat julle nie is nie, aan MY en kyk hoe EK 'n
magtige verlossingswonderwerk in julle lewens en dié van julle geliefdes gaan
doen. EK sal julle hierdie jaar die begeertes van julle hart gee want EK weet
die begeertes van julle hart is die begeertes wat EK vir julle gegee het.
* * * * * * * *
Gegee op hierdie dag, 8 Januarie 1997 aan Eerw. Elisheva Eliyahu deur die
salwing van die RUACH ha KODESH vir die Glorie van YAHUSHUA, die ENIGSTE
eniggebore Seun van YAHUVEH.
'n Nota van Eerw. Elisheva Eliyahu:
Bid in die krag van die RUACH ha KODESH tale dat veral die gawe van profesie in
julle sal oprys. Ons Profete het ook nodig dat daar oor ons geprofeteer moet
word. Ek bedien aan ander, maar so min bedien my. Miskien sal jy een van hulle
wees.
Ja, daar kom 'n aardskudding na Amerika toe ook. Ek het baie drome gehad en het
my staat Indiana byna verwoes gesien. Dit sal 8.9 op die Richterskaal meet en
daar sal terselfdertyd tornadoes en oorstromings wees. Dit sal ten minste 15
state op terselfdertyd as Indiana tref.
Ek het GOD die Vader in my mees vreesaanjaende droom, terwyl mense opruim en
dink dit is verby, hoor sê, "Einde van rondte 1, nou vir rondte 2!" Maar prys
YAHUSHUA, HY het vir my in dieselfde droom gewys dat alhoewel 'n paar huise
staande sal bly, sal dit soos in die tyd van Moses wees en daardie mense wie
YAHUSHUA in gees en in waarheid aanbid, hulle huise en lewens sal gespaar word.
Die engel van die dood sal by hulle verbygaan en nie hulle of hul huise aanraak
nie. Aborsieklinieke sal in groot sinkgate val soos wat die aarde oopmaak en
hulle insluk. YAHUVEH self sal wys wat gebeur met die moordenaars van onskuldige
babas wat nog in die baarmoeders is.
Homoseksualiteit is 'n perverse gees van wellus en nie 'n geboortefout nie, maar
sonde en dit is deur satan gestuur om YAHUVEH se eenheid, wat genoem word die
huwelik, te bespot! Maar Almagtige YAHUVEH sal weereens wraak neem op maniere
wat sal bewys HY word nie maklik bespot nie. En ellende wag op hulle wie die
bespotting doen, want YAHUVEH is nie net 'n GOD van genade en liefde nie, maar
van toorn teenoor SY vyande!
'n Groot deel van die nasie en mense van Amerika het hulle vrees vir YAHUVEH
verloor en vir hulle wie het; HY sal hulle iets gee om te vrees. Maar dié van
ons, die Bruid van YAHUSHUA, het niks om te vrees nie, so lank ons ons bes doen
om HOM te gehoorsaam, SY stem te hoor en HOM in Gees en Waarheid aanbid. Waarsku
ander sodat die bloed van Eseg 3:17-21 nie op julle hande kom nie. Ellende wag
vir hulle wie hoor en nie luister nie. Eerstens sal die oordeel op die huis van
YAHUVEH wees, dan die heidene s'n.
Die rykdom en die poste van die boses sal aan YAHUSHUA se ware kinders gegee
word wie HOM aanbid en geloof het en daarna strewe om HOM te gehoorsaam en HOM
dien, en die Evangelie van YAHUSHUA vir die verlossing van siele versprei. Meer
miljoenêrs as wat daar ooit voorheen was, sal opstaan en dit sal YAHUVEH se
kinders wees wie die rykdomme, lugdiens, inkopiesentrums besit.
Ek is geroep om ook 'n kerkplanter te wees en pastoor van baie kerke. Dit kos
geld wat ek nie nou het nie. maar ek glo in geloof vir dit voor die einde van
hierdie jaar. Moedig asseblief julle broers en susters rondom die wêreld aan,
vertel vir hulle YAHUSHUA gaan SY kerk op 'n baie groter manier as ooit tevore
beskerm. Hou vas en kyk hoe die vyande val.
China gaan 'n kragtige aardbewing beleef en plae sal hulle oorval en siektes wat
geen mens kan genees nie en hulle sal swaarkry omdat hulle YAHUSHUA se kinders
vervolg. YAHUVEH sal weer bewys dat HY nie blind of doof is nie en HY het die
krete van SY kinders gehoor. Kyk hoe die vyand sê ons YAHUVEH bestaan nie. Maar
pasop satan, want verlossing is oppad vir YAHUSHUA se mense, selfs terwyl dit
hier getik word.
Hulle wie die ware Christene vervolg het sal nou vervolg word. Hulle wat geeste
van vernietiging, armoede, hopeloosheid en dood gestuur het, sal dié wees teen
wie hierdie geeste op 'n magtige manier boemerang. Ons vyande sal vergaan as
hulle nie bely voor die GOD wie almal oordeel nie. Die rykdom sal en is alreeds
besig om in die hande van die regverdiges te draai deur YAHUSHUA ha MASHIACH!
Dit sal slegs 'n kort tydjie wees totdat ons YAHUSHUA weer kom en hierdie geld
moet gebruik word om die siele-oes in te samel.
Ons YAHUSHUA kom! Eers moet HY SY kerk gereed kry sonder vlek of rimpel. Geen
trots in ons Geestelike leiers nie want dit sal deur die krag van die RUACH ha
KODESH geskied sodat geen persoon YAHUSHUA se Glorie kan vat nie. Groter
salwingskrag as ooit tevore sal op SY uitverkose diensknegte kom en groot tekens,
wonders en wonderwerke sal na die ware aanbidders kom en hulle sal sien dat ons
YAHUSHUA nogsteeds vandag op 'n magtige manier wonderwerke doen!
Sommige sal so gesalf wees dat selfs die skaduwe van sommige diensknegte die
duiwel en demone sal verdryf en die siekes sal genees en die dooies opwek vir
YAHUSHUA se Eer alleen. Die jaar 1997 sal 'n draaipunt vir die kerke wees,
daardie kerke wat die nuwe wyn weier, sal leeg of vol okkultiese mag wees. Die
RUACH ha KODESH sal nie langer afgesonderde kerke duld nie. Ons is almal een en
ons moet geen kleur sien ander dan rooi nie! Ons is die mense - Bloedgewas en
skoongemaak deur die reddende Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota.
Ons broers en susters, maak nie saak watter ras, bloedverwantskap of taal nie,
is slegs dié wat gered, geheilig en gevul is met die RUACH ha KODESH. Ons sal
hulle herken aan hulle vrugte en saam met hulle geeste getuig. satan het probeer
om rasse te laat dink hulle is beter, dit is trots en YAHUVEH sê een van die
dinge wat HY die meeste haat is trots.
HY ag nie sommige mense hoër as ander nie. HY weet wie SY kinders is en wie die
kinders van satan is. HY sal nie toelaat dat SY uitverkorenes langer mislei word
nie. Kyk hoe die vervalsing op 'n magtige manier val en YAHUVEH die egte profete,
evangeliste, pastore, apostels en onderwysers oprig om die vervalsings
(counterfeits) se plekke te vul.
En laasgenoemde sal meer geseënd as die eersgenoemde wees, want hulle sal erken
dit is nie deur ons eie mag of krag nie, maar deur die krag van die RUACH ha
KODESH alleen. Deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is deur SY Bloed
wat verlossing sal kom. Dit is die salwing wat die jukke en kettings sal breek,
deur die RUACH ha KODESH se krag.
Daar is baie vegters wat geval het. Hulle het nie meer krag of geloof nie. Die
duiwel het hulle mislei en hulle dink YAHUSHUA sien nie hulle trane of hoor nie
hulle krete hierdie jaar nie. Hou vas, dit is nie nou tyd om op te gee nie. Die
bedienings wat aan julle gegee is sal vooruitgaan en alles waarvoor julle gewag
het sal 'n realiteit word. Moenie opgee nie.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 8 Januarie 1997
Profesie 83 Ek, YAHUVEH, Se "Maak Gereed! Die Einde Is Naby"
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Elisheva praat:
Ek begin praat in Heilige Tale oor die foon biddend saam met 'n ander lid van
die Bruid van YAHUSHUA, genaamd Adam, van Kanada. Hierdie profesie het heel
onverwags gekom, [dit was] opgeneem. Wanneer die aktuele opname gehoor word,
sien ek kortstondige visioene van vreeslike dinge wat gaan gebeur asook om die
woorde te hoor "Moorana, moorana, moorana." Ek weet die woorde beteken "Moord,
moord, moord."
Ek weet nie watter taal dit is of hoe om dit te spel nie. Ook is die woord
'Horror' oral saam met die woord 'Horrenda.’ Ek spel hierdie nie korrek nie,
maar in hierdie profetiese woord sal julle in audio dit meer as een keer hoor.
As enige iemand hierdie woord in 'n ander taal herken, sal ek geïnteresseerd
wees om te weet watter taal op aarde dit is. Dalk is dit net die Hemelse taal.
Ons weet die spreek in Heilige tale is om te praat in tale van mense en engele
sê die bybel.
Elisheva bid:
Ek smeek U, Abba YAHUVEH, laat hierdie woord nie na vore kom, as dit nie U is,
as dit nie U tydsberekening is nie, laat daardie seël nie gebreek word nie. Ek
smeek U, Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.
EK, YAHUVEH SÊ, “MAAK GEREED, DIE EINDE IS NABY”
O MY geliefde ”Ringmaiden”! Hoe lank nog?
[Lees Profesie 76 waarin YAHUVEH verduidelik waarom Elisheva SY “Ringmaiden”
genoem word.]
Ek het die Bruid van YAHUSHUA toegelaat om in die gaping te staan soos Abraham
in die gaping gestaan het vir Lot. Hoeveel langer dink jy moet EK wag? Hoe word
EK bespot! Hoe word MY Naam gesmaad! Hoe word MY Heiliges wat MY verteenwoordig
beswadder! Hoe word hulle doodgemaak om MY ontwil regoor die werêld! Net omdat
EK dit weerhou het om na Amerika te kom tot dusver, hoeveel was as
vanselfsprekend aanvaar! Nou sê EK vir julle om ‘n nuwe gebed te sê, want die
Einde is naby.
Dit is hoekom die Bruid na MY toe moes kom op hierdie Purim en Heilig wees voor
MY – voor MY Oë! Dit is hoekom EK gesê het, "YAHUSHUA kry JOU Bruid gereed
sonder vlek of kreukel!” Want die bose het boser geword! En die Heiliges het
Heiliger geword! Voor MY Oë! MY Oë het heen en weer gegaan vernaamlik met
hierdie tyd van Purim. In die sogenaamde Christelike kerke was hierdie Heilige
tyd nie eers genoem nie– of sommiges het maar met 'n verbygaande kykie.
Dit is hierdie Bediening wat EK gebaar het deur jou wat die mense die betekenis
geleer het van die belangrikheid van die bloedlyn van Mordecai en die
gehoorsaamheid van ‘n Ester. Nou gee EK vir jou 'n nuwe mandaat om aan die Bruid
te gee. Moenie bekommerd wees oor diegene wat wil smaad en spot nie. MOENIE
BEKOMMERD wees oor die uitdrukking op hulle gesigte nie. Julle moet, net,
GEHOORSAAM en hierdie is die Woorde wat EK te sê het.
EK, YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid vir
die Twee Getuies. Bid vir die Twee Getuies! Want die tyd kom dat EK die engele
gaan stuur, o so binnekort om vir die Twee Getuies te BEVESTIG wie hulle is in
MY.
Keer-op-keer, het satan probeer om hulle lewens te neem. Net soos daar 'n Bruid
is van YAHUSHUA HA MASHIACH, IS daar 'n bruid van satan. Hierdie Bediening het
hulle keer-op-keer teëgekom en dit nie geweet nie. Daar is diegene wat jou haat
met so 'n wraak! Selfs 200 hekse was opgerig deur die hand van satan om te bid
teen jou–! die een wat EK MY “Ringmaiden” noem. [Nota: Tydens Purim, op hierdie
tyd wat hierdie Woord gegee was in Afrika, dit was op die nuus en internet: het
200 hekse byeengekom om hulle toordery en vloeke uit te spreek.]
Maar EK, YAHUVEH, sê! Hulle aanvalle kon nie deurkom nie want EK het die Bruid
van YAHUSHUA HA MASHIACH gehad wat julle bedek. Voordat hulle hierdie aarde
verlaat, voor die Twee Getuies verlos word as die eerstelinge, sal hulle WEET
wie hulle is in MY. EK beveel AL die lede van die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH! Begin NOU bid vir hierdies wat EK die “Twee Getuies” noem! Kyk, EK,
YAHUVEH, vertel 'n geheim aan die wêreld! Kyk EK doen ‘n nuwe ding! Dit is een
vrou en een man!
Omdat julle manne smaal en spot! Net soos EK Deborah opgerig het as Rigter oor
die hele Israel [Rigters 4:4], so OOK rig EK [hulle] op, so OOK was dit
voortbestem: hulle wat kom sal 'n gees hê soos ‘n Moses [Moshe] – hulle wat kom
sal 'n gees hê soos ‘n Elia [Eliyahu]. Maar terwyl hierdie twee nog in die
sterflike vlees is, het die aanvalle gekom vir hulle– EK, YAHUVEH, beveel die
ganse Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH. Laat elke gebed wat julle bid van nou af
hulle bedek: Dat hulle in goddelikke gesondheid sal wees terwyl hulle in hierdie
sterflike liggame is van vlees! Dat hulle vrymoediger sal VOORTspreek! Dat hulle
vyande vernietig sal word reg voor hulle einste oë! Net soos Elia van Ouds gebid
het, so ook sal dieselfde Salwing wees op hierdie twee. Die vyande sal
ineenkrimp uit vrees! Want hulle gaan HERKEN die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH
is hier. So is dit met hierdie Heilige tyd van Purim. EK wys julle hoe digby is
die Einde naby. Want reeds sê EK vir julle om die Twee Getuies te bedek wat op
hierdie aarde is. Ja, hulle is reeds hier maar hulle is so nederig en hulle sê,
"Sekerlik nie ek nie? As dit is, wil ek nie eers weet nie."
EK sê vir julle dit. En EK praat met hierdies wie EK weet is die Twee Getuies:
Julle sal weet dat julle weet, selfs voordat julle van hierdie aarde weggeneem
word. Julle sal in 'n verheerlikte liggaam terugkom. Julle sal STAAN voor dit
wat die Klaagmuur genoem word. En VLAMME sal voortkom uit julle lippe! En VUUR
sal voortkom uit julle hakke! En julle sal VERKLAAR wat EK vir julle sê om te
VERKLAAR! En geen MAN en geen VROU en GEEN DUIWEL en GEEN DEMOON sal staan nie!
Want DIE KONING VAN DIE GANSE SKEPPING WIE – DIT IS EK, ABBA YAHUVEH, BEVEEL die
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid.
Maar onthou dit, wanneer julle herken wie hulle is, sal julle dinge in hierdie
aarde sien gebeur op so 'n MANIER terwyl EK vir hulle sê om te begin loslaat in
die geestes REALM die Woorde wat EK vir hulle gegee het om te sê. So OP HIERDIE
OOMBLIK, Bruid van YAHUSHUA, BID! Dat hulle sal glo en die Salwing sal ontvang
wat EK op hulle geplaas het. Onthou hierdie. Dit is een man en een vrou. Doen
die werk wat jy het en doen dit vinnig. EK sê weer. Doen die werk wat EK vir jou
gegee het om te doen. En doen dit vining.
Die van julle wat goud en silwer opgegaar het, die van julle wat EK geseën het
met edelgesteentes– watter baat gaan dit vir jou wees wanneer dit agtergelaat
word? EK het oorvloedig geseën, finansieel en in alle maniere! En tog het
sommige van julle wat die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is nog nooit eens vir
hierdie “Ringmaiden” geskryf nie; tog het julle in geheim gegroei met kennis en
geestelik vet geword soos julle al die kennis en Salwing opgegaar het, en julle
HET NIE gedeel nie. En tog het EK julle geen tekort gegee nie. EK sal julle
aanspreeklik HOU oor wat julle doen vir die Koninkryk van die Hemel.
Onthou Elia van Ouds? EK het hom gestuur na ‘n weduwee van Sarfat. Al was daar
baie, baie weduwees in daardie land, het EK een met die hand uitgekies. Na wie
hierdie Bediening gestuur word, na wie toe EK MY Elia van Nuuts stuur – wat
julle gedoen het aan hulle, so ook het julle aan MY gedoen.
En EK sê vir julle dit. EK, YAHUVEH, sê vir julle dit! ENIGE IEMAND wat hierdie
Amightywind Bediening aangeraak of seergemaak het op ENIGE MANIER, of my “Ringmaiden”
op ENIGE MANIER, dit is asof jy aangeraak het en 'n skerppunt stok gedruk het in
die Pupil van MY, YAHUVEH se Oë. En EK sal wraak neem! En in MY Parskuip van
woede sal jy INGAAN. En EK sal jou vermorsel in sewe verskillende rigtings en
dit is al wat hulle sal hoor terwyl EK jou vermorsel op elke manier. Verstand,
liggaam, gees en siel! [Soos bevestig in Profesie 80]
Prophecy 80. at amightywind.com
Want het EK nie gewaarsku nie. "Moet MY Gesalfdes nie aanraak en ook MY Profete
enigsins seermaak nie" (1 Kron 16:22; Ps 105:15)? Jy dink jou tong het daarmee
weggekom om al hierdie lasterlike woorde te spreek? En jy het BOOS genoem wat EK
goed genoem het in MY Oë! EK sal jou laat wens dat EK jou tong uitgesny het
voordat jy toegelaat was om sulke ontlasting voort te spreek.
Maar diegene wat hierdie Bediening omhels, diegene wat hierdie waarhede omhels,
diegene wie hierdie “Ringmaiden” omhels – EK omhels julle. Want hierdie is nie
net 'n vrou nie, hierdie is nie net 'n blote vrou nie – hierdie is 'n tuig
waaruit EK, YAHUVEH, MY waarhede voortgespreek het! Vir die van julle wat
hierdie waarhede ontvang het, EK ontvang julle.
Vir die van julle wat gesmaad en gespot het, EK, YAHUVEH, het julle verwerp!
Lees Ester weer! EK IS gesimboliseer in daardie koning! Hoeveel van julle is
Vasties? Julle dink julle is so vol skoonheid; [dat] julle nie hoef te kom
wanneer EK, YAHUVEH sê, kom nie! –so EK het julle verban–in MY Koninkryk SAL
julle NIE inkom nie! Daar is 'n GROTER MIDDELAAR as Koningin Ester. Dit is MY
SEUN YAHUSHUA! EK sê vir julle dit, o Magtige Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.
GEEN goeie ding sal EK weerhou van julle nie (Ps 84:11). Daar is 'n Boek van
Herinnering wat opgeskryf is en al julle name is geskryf in liefde (Mal 3:16; Ps
56:8). Julle het so swaar gekry, net om Heilig te wees. So EK wil hê julle moet
weet, hoe lief EK julle het.
Dit is EK wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees. Dit is EK, YAHUVEH,
wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees.
[Onthou hierdie, die Bruid van YAHUSHUA is nie net 'n vrou nie, maar dit is mans
en dit is vroue wat sonder vlek of kreukel is – wandelend in gehoorsaamheid, en
op die punt om weggevoer te word om by YAHUSHUA te wees. BID om waardig gereken
te word om een van die Bruid te wees (Luk 21:36)!]
Vir diegene wat MY Stem ken, julle sal die GEES herken wat praat, julle is
waarlik MY lammers, julle is waarlik MY skape! Vir die ander van julle wat sê, "Hierdie
is net [Elisheva], opgepof in trots!" EK sê vir julle dit: DIS JULLE WAT EK
VERAFSKU! En EK sal julle forseer eendag om te erken dat hierdie Bediening die
een is wat EK liefhet, en al die Bedieninge wat hierdie Woorde vat en hulle rond
versprei na die vier hoeke van hierdie aarde – dit is julle wat EK liefhet! Dit
is julle wat EK omhels terwyl julle die waarhede omhels van [hierdie Profesieë]–
hierdie waarhede wat GERUGSTEUN is deur MY Heilige Skrifte. En hoe DURF enige
iemand hierdie profesieë vals noem! Vir julle om dit te sê, noem julle MY SEUN
YAHUSHUA “vals”! Want is HY nie die LEWENDE WOORD nie?
Gaan weg van MY, gaan weg van MY! Julle HOORT nie eers hier nie! Al diegene wat
wil sit aan die bankettafel en smul aan die waarhede —en die geestelike kos sal
neem en ander voed —hoort hier. Hierdie is MY Edik. Hierdie is die Bevel wat EK
uitreik vanaf MY troon in die Hemel, en EK het dit voortgespreek op hierdie dag.
[ Read the Banquet Table dream ]
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH! Bedek hierdie Bediening meer in gebed. Bedek
hierdie “Ringmaiden” meer in julle gebede! Wees ‘n seën vir hulle soos hulle ‘n
seën is vir julle! Of EK sal julle eendag vra waarom julle nie was nie.
Bedek hierdies wat EK die Twee Getuies noem– aan die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH– as julle MY vra en as julle glo, sal EK julle die antwoord vertel en
EK sal aan julle MEER openbaar oor wie EK die Twee Getuies noem. Hulle het julle
bedekking nodig. Hulle het julle gebede nodig–terwyl die Twee Getuies in
sterflike vlees is– satan wil hulle lewens neem om die waarhede stil te maak wat
EK gespreek het, so bedek wie ookal die Twee Getuies is in gebed!
EK, YAHUVEH was so behaag terwyl die gebede van die Bruid van YAHUSHUA voor MY
gekom het op hierdie Dag van Purim– soos 'n soet geur het hulle na MY toe gekom,
soos soet wierook–die engele het hulle oopgemaak en EK is so behaag. En dit is
hoekom EK meer genade gehad het en EK gesê het, "Hoeveel langer wil julle hê
moet EK uitstel?" O maar die Einde is naby! Wanneer die verseëlde profesie
vrygestel word [78], sal een van die seëls gebreek word (Openb 6:7-8). Wee
hierdie wêreld wanneer [Elisheva] voortspreek wat EK verberg het (Sef. 1:14-16;
Amos 5:18-20). O maar vir MY Geliefde Bruid van YAHUSHUA! Diegene wat die lede
is van Openbaring 14 & Openbaring 7– julle hoef nie te vrees nie. Al die Gaste
wat genooi is na die Bruilofs-fees van die LAM, dit is waar julle sal moet ly
vir HOM, YAHUSHUA– o maar die beloning wat julle het wat kom!
Op hierdie oomblik is die wapens wat die Bruid van YAHUSHUA het in die geestes
realm. Maar EK sê vir julle dit! In die Groot Verdrukking, net soos die Koning
die edik gegee het, die bevel, en gesê het, “Neem op julle wapens en verdedig
julself!” ook so sal dit weer wees, maar nie vir die Openbaring 14 Bruid nie.
Dit is hoekom EK hulle verlos van hierdie aarde en die Twee Getuies sal te midde
van daardie getal wees en dan sal hulle terugkom.
O, maar julle kosbare Bruid van Openbaring 7, julle is reeds verseël, geliefdes.
Niemand kan julle seermaak nie. Daar sal 'n kort tyd wees wat julle wapens sal
opneem en verdedig en die Gaste help om satan te beveg en diegene met die merk
van satan. En dan sal julle wandel in daardie verheerlikte liggaam, wanneer
julle die Woorde hoor, "En die dooies in ‘Christus’ sal eerste opstaan." (1 Thes.
4:16) terwyl julle geleer het [dit met] die woord “Christus” –is die enigste
rede dat EK dit voortspreek [op daardie manier]; dit is die ”dooies in YAHUSHUA
HA MASHIACH” wat die Twee Getuies sal wees en dan diegene gemartel in daardie
tyd. Hierdies is in die Tweede Wegraping en saam met die Openbaring 7 Bruid, en
hulle sal OPGENEEM WORD voor die heidene se oë.
Hierdie is die geheime wat gereserveer is vir YAHUSHUA se Bruid.
Laat die ander smaal en spot. Hierdie is die bankettafel wat EK voor julle dek
hierdie dag. Diegene met geestelike ore sal hoor en al die ander sal doof bly.
Diegene met geestelike oë sal sien en al die ander sal blind bly. HIERDIE is die
Woorde wat EK, YAHUVEH voortspreek hierdie dag, die KONING VAN DIE SKEPPING, op
hierdie Heilige Purim Dag.
EK, YAHUVEH, sê, “Maak gereed, geliefdes! Die Einde is naby!” Soos EK
geprofeteer het deur [Elisheva] jare gelede van die Kokende Swart Bloed Plaag
[Boiling Black Blood Plague] wat sal kom as 'n teken van MY toorn– EK spreek
hierdie nou voort deur MY “Ringmaiden”: Dit is ALREEDS losgelaat. Dit het begin.
Die siekte is in die broei-fase en daar sal geen genesing wees nie.
Maar geliefdes wees verseker –almal wat Heilig is voor MY, HEILIG LEWE en MY,
YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in hulle lewe en hulle liefde, hulle bes doen om
gehoorsaam te wees aan die Heilige Skrifte– die Kokende Swart Bloed Plaag sal
NIE oor julle kom nie. Dit sal wees soos in die tye van ouds toe die plae
losgelaat was deur Moses, voortsprekend onder die Salwing van die RUACH HA
KODESH en die plae het nie die Kinders van Israel geraak nie, net die Egiptenare
wat ander gode gedien en aanbid het! En so sal dit weer wees.
Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. Soos in die dae van Lot, so sal
dit weer wees! Aan die sondaars wat weier om te bekeer tot dusver, VANDAG is die
dag van Redding! Julle lees of hoor hierdie afkomstig van die “Laaste Kans
Bediening.” “Last Chance Ministry”. Môre mag te laat wees. Waarvoor wag julle?
'n Godsdiens sal julle nie red nie. Slegs 'n Heilige, liefdevolle, gehoorsame
verhouding met YAHUSHUA & MY, YAHUVEH, sal julle red. Jy kan slegs terugkeer
Hemel toe deur die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA HA MASHIACH. Almal wat
uitgenooi is na die Bruilofs-fees van die LAM, EK het hierdie waarskuwing vir
julle: In die Groot Verdrukking, die een wat kom wat algemeen die anti-chris
genoem word –wat werklik die seun van satan is, die seun van verderf - hy sal
kom en die naam gebruik en vervals wat wêreldwyd bekend is in elke volk en taal,
die naam wat Christene ken en liefhet, die naam van “Jesus Christus”!
[BAIE BELANGRIK! LEES HIERDIE VOLGENDE PARAGRAAF NOUKEURIG]
Pasop! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds
gered [voor-Groot Verdrukking] in die naam van Jesus Christus. Moenie vrees nie.
Maar, dit was nog nie die Eindtyd nie en julle was net aanspreeklik gehou vir
wat julle geleer was; EK, YAHUVEH, het die naam “Jesus” geëer en gesalf,
alhoewel MY SEUN YAHUSHUA 'n HEBREEUSE NAAM gegee was deur SY Hebreeuse moeder
en EK IS SY VADER. SY NAAM moet MY NAAM YAH, bevat. Die naam van “Jesus” het MY
GEWYDE NAAM uitgeklad, DIE NAAM WAT BO ALLE NAME IS. MY Naam YAHUVEH en die NAAM
van YAHUSHUA vertaal na– 'n konstante herinnering in elke taal–YAH red! Is dit
nie julle gebruik om die seun te vernoem na sy vader nie? Hoekom dink julle is
dit enigsins anders vir julle HEMELSE VADER om dieselfde te doen? Dit is 'n
konstante herinnering vir julle dat EK, YAHUVEH, en MY SEUN, YAHUSHUA, EEN is.
Dit is satan en sy diensknegte wat die naam YAH vrees, maar EK ken MY Kinders se
liefdevolle harte. EK VERGEWE julle selfs vir die versaking van MY ware Sabbat
Rus Dag, verbreking van die vierde Gebod keer-op-keer, maar ek sal julle [hierdie]
nie langer vergewe nie! NOU word julle aanspreeklik gehou vir wat julle weet.
Julle word aanspreeklik GEHOU om ander te waarsku. Daar is 'n Hoër Gewyde
Salwing in die HEBREEUSE NAAM van YAHUSHUA en in MY NAAM YAHUVEH. Nou is die
Eindtyd naby en EK waarsku julle leer ander wat julle nou weet as waarheid. Daar
is meer Salwing in ONS HEILIGE GEWYDE NAME. Gebruik hulle! Maak geen verskonings
meer nie! Gedurende die Groot Verdrukking moet julle UITROEP in MY SEUN SE
HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH. MY NAAM is YAH– en dit is in SY NAAM – DIE
NAAM BO ALLE NAME (Jes 45:23; Rom 14:11; Fil 2:9-10).
As julle hierdie nie nou leer nie, [dan] in die Groot Verdrukking wanneer julle
bid vir bevryding of genesing, en julle gebruik die naam ”Jesus”, ONTHOU dat die
seun VAN satan gaan hierdie naam gebruik as GOD. Hoe kan julle verwag om genees,
bevry of geseën te word deur DIESELFDE naam te gebruik wat die seun van satan
sal gebruik? Julle sal roep op die naam van die seun van satan en dit nie weet
nie. In die Groot Verdrukking, sal die seun van satan sy eie dag hê om eenkant
gesit te word om aanbid te word –en dit sal Sondag wees. Wanneer Sondag
aanbidding verpligtend is (Dan 7:25; Ps 94:20-21) en julle BEVEEL word, REGOOR
DIE WÊRELD om te gaan na julle naaste plaaslike Sondag kerk, pasop! Moenie gaan
nie.
Dit is 'n vangstrik van die seun van satan. Want elkeen wat 'n Sondag kerk
bywoon gedurende die Groot Verdrukking– hulle sal die deur binnegaan
gemesmeriseerd, gevange gehou met die geeste van illusie en gedagte manipulasie
en afgodery en rebellie onder vele ander kragtige demoniese geeste. Waarsku
hulle nou! Hulle sal die “merk van die dier” aanvaar het en 'n kerk van
verontreiniging binnegegaan het, en gekies het om die “dier” te aanbid en sy
fisiese sowel as geestelike merk aanvaar. Waarsku mense nou, voor dit te laat
is.
Dit beteken nie dat alle Sondag kerke nou boos is nie, maar julle is so naby nou.
Die Einde is naby. Julle moet die mense waarsku waar die pastore misluk om dit
te doen. Julle moet die waarheid onderrig van die HEBREEUSE GEWYDE NAME van MY,
YAHUVEH & MY SEUN YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS, DIE ENIGSTE BLOED WAT VERGIET
IS VIR DIE MENSDOM vir die kwytskelding van sondes. EK sal geen ander bloedoffer
aanvaar nie! En GEEN ander middelaar kan vir julle bemiddel nie! En dit sluit in
GEEN sogenaamde dooie heiliges nie, nie eens YAHUSHUA SE EIE moeder, Miriam (ook
genaamd Maria) nie. Want selfs sy het YAHUSHUA nodig gehad as haar MESSIAS.
Hierdie is die ENIGSTE rede hoekom ENIGE van YAHUSHUA se Bruid na ‘n Sondag kerk
behoort te gaan! Om die skape en lammers die waarheid te leer waar die pastore
geweier het! Selfs as dit een persoon op 'n keer is! Hier is die goeie nuus: Net
soos MY geliefde kinders, wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe en
voortbeskik is–so ook is satan se “Boek van die Verdoemdes.”
YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR NIE! [HULLE] WIE SE NAME GESKRYF WAS IN DIE
LAM SE BOEK VAN LEWE voor die GRONDLEGGING van hierdie wêreld! Julle KAN NIE per
ongeluk kies om die “merk van die dier” te aanvaar nie! Julle sal WEET om dit
nie te doen nie en eerder doodgaan voor julle dit doen.
Die enigste ware genesing, tekens, wonders en wonderwerke en opstandings kom uit
die Hemel. ENIGE ander genesing of bevryding is 'n illusie! En gedurende die
Groot Verdrukking gaan daar illusies wees wat lyk of dit waarheid is, maar IS
leuens direk van die troon van satan. Leer NOU! En waarsku ander NOU! In die
Groot Verdrukking, SLEGS in die NAAM VAN YAHUSHUA, NIE in die naam van Jesus nie,
sal ware verlossing, genesing, opstandings-krag voortkom. Mense wat nou vir
“Jesus” liefhet en dien sal wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie–en
hulle geloof sal ly, en hulle sal selfs STERF vir hulle geloof, sonder om te
verstaan hoekom bevryding nie gekom het in daardie naam nie.
Waarsku hulle, sodat hulle gewoond sal raak om die HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA, en
YAHUVEH en die RUACH ha KODESH te gebruik– satan wil nie die NAAM vervals die
NAAM “YAHUSHUA” met MY NAAM “YAH” binne-in nie.
Daar is miljoene wat hierdie lees wat die Gaste sal wees by die Bruilofs-fees
van die LAM. En geseënd sal julle wees (Op 19:9)! Maar, julle sal sien alles of
'n gedeelte van die Groot Verdrukking, en julle oë sal gedwing word om die
afgryse te aanskou. Onthou hierdie, MY woede is nie bestem vir julle nie. Dit is
BESTEM vir MY vyande.
Bly Heilig! En moenie toegewings maak nie! En ROEP die NAAM VAN YAHUSHUA aan! En
VERTROU op SY Krag en Salwing en hou styf vas aan julle geloof want dit gaan nie
maklik wees nie. Want daar gaan gedagte-golwe in die lug wees wat julle sal
probeer breinspoel–leer die Heilige Skrifte nou om te gebruik as 'n wapen
gedurende die tye wanneer Bybels verban gaan word. Maar [tog] sal selfs satan
nie in staat wees om al die Bybels te verbrand nie!
YAHUSHUA sal die Heilige engele gebruik en Openbaring 7 Bruid & Openbaring 14
Bruid, asook die Twee Getuies om te weet waar die Gaste is en om hulle te help
soos hulle benodig. Die Twee Getuies sal die Gaste verdedig en wraak neem vir
hulle. Leer MY ware Sabbat want EK, YAHUVEH, sal veral diegene seën en beskerm
wat MY eer op die dag wat EK, die KONING VAN DIE GANSE SKEPPING, eenkant gesit
het as die Sabbat Dag van Rus. Net soos YAHUSHUA die aarde bewandel het en
tekens, wonders en wonderwerke gedoen het op die Sabbat– selfs in die Groot
Verdrukking, veral op MY Sabbat, MY Heilige Dae–sal dieselfde gedoen word in die
NAAM VAN YAHUSHUA onder die Salwing van die RUACH ha KODESH.
Daar is geheime wat EK nog nie gespreek het nie. Weet net dat EK, YAHUVEH, nooit
enige iemand sal verlaat of begewe wat YAHUSHUA en MY, die KONING VAN DIE
SKEPPING, waarlik liefhet, aanbid en dien nie. Leer MY NAAM. Dit is YAHUVEH! DIE
EWIGE EEN! YAHUSHUA is MY SEUN. YAHUSHUA HA MASHIACH is julle ENIGSTE REDDER –
DIE ENIGSTE NAAM & WEG TERUG HEMEL TOE! Aan al diegene wat smaad en spot tot
hierdie Profetiese Woord, julle sal op die harde manier leer dat dit gekom het
uit MY, YAHUVEH se mond, en gegee aan hierdie “Ringmaiden”. Aan MY skape en
lammers rondom hierdie wêreld– neem hierdie Woord soos 'n kettingreaksie en laat
dit lui reg rondom die wêreld. Onthou, selfs die noukeurig Uitgesoektes [elect]
sal mislei word–indien moontlik (Mat 24:24) want julle pastore het die lammers
en skape verhonger. Wanneer julle hierdie Profesieë lees, smul julle en eet
Heilige, geestelike vleis.
Alle ander wat hierdie Woord verloën, selfs al beweer hulle om “Jesus” lief te
hê, en tog weier om die HEBREEUSE GEWYDE NAME, die Sabbat en Heilige Dae en
Feeste te leer – hulle sal aanhou om te voed op melk. Want hulle wil nie
geestelike tande hê om hierdie geestelike vleis te eet nie. In die Groot
Verdrukking, sal hulle onthou wat hulle gelees het en sommiges sal bekeer en
weet dat hierdie Bediening was werklik uit die Hemel gestuur. Vir MY Babas,
Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes, kyk op! Julle Verlossing kom
nader. Op een of ander manier, SAL julle weer terugkom Huis toe, Hemel toe!
So was dit gespreek, so was dit geskryf op hierdie Heilige Dag van Purim op 15
Maart 2006.
Gegee aan hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu
Persoonlike nota…
Ek is geïnteresseerd om te hoor van diegene wat hierdie vraag vra van YAHUVEH in
die Naam van YAHUSHUA en 'n antwoord gegee is, sal julle vir my skryf en dit met
my deel? Ek weet dit, dat die Twee Getuies, wie hulle ook al is, die gebede en
die liefde van die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilofsmaal van die
LAM, nodig het. Ek het wakker geword met hierdie somber openbaring en uitgeroep
vir die beskerming van die Twee Getuies, nadat ek hierdie woord gegee was. Openb.
11:3-13.
Voel asseblief vry om hierdie profesie te kopieer en te deel. Die oes is groot
en werkers so min. Al wat ek vra is dat julle asseblief net sal terug “link”
indien julle op julle webblad publiseer en hou asseblief hierdie boodskap
ongeskonde insluitend hierdie persoonlike nota wat ek deur die RUACH gelei was
om te deel. Vertalers, sluit asseblief alles in wat geskryf is.
Die werk van die Twee Getuies sal wees soos geen ander werk wat gegee is nie. Ek
ween vir hulle onder die Salwing, omdat die werk wat hulle moet doen nie beny
moet word nie. Hulle sal meer afgryse sien as wat nog ooit op hierdie aarde
gesien was. Doen asseblief soos YAHUVEH gesê het en bid vir die Twee Getuies.
Bid asseblief vir seëninge oor hulle op alle maniere. Terwyl hulle in hierdie
sterflike liggaam is, bid dat die Heiliges vir hulle liefdevolle ondersteuning
en bemoediging sal gee. Bid asseblief dat hulle die salwing wat aan hulle gegee
is, sal glo en ontvang en sal gehoorsaam en alles sal doen wat hulle moet doen.
Bid vir beskerming van Die Heilige Muur van vuur wat hulle sal omring van alle
kante sodat geen man, vrou, demoon, duiwel, hulle sal kan seermaak terwyl hulle
in daardie sterflike liggaam is nie.
Pasop Pronkende Geveinstes!
Enige iemand wat spog dat hulle een van die Twee Getuies is, soos die een wat
homself "Elijah the Tishbite" noem, of die man Hawkins wat godslastering geskryf
het in die “Book of YAHUVEH” is nie een van hulle nie selfs wanneer die Twee
Getuies in die straat lê, het hy gesê hulle lê daar vir 3 ½ jaar in plaas van 3
½ dae, ek het dit gelees met my eie oë, hierdie mans en ander wat dit doen in
trots.
Die regte Twee Getuies wil nie eers daardie roeping erken op hulle lewens nie.
Hulle is nederig en glo nie dat hulle waardig is vir so 'n hoë roeping nie en
hou aan sê, "Sekerlik het julle iemand beter." Dit is wat YAHUVEH my gewys het,
dis hoekom die skrifte sê hulle is geklee in sak en as. Dit is simbolies van
nederigheid en rou vir die afgryse en sonde wat hulle sal sien en wat hulle nou
sien.
Ek het geweet sedertdien ek ‘n Geestelike Staf gegee was, en my, destydse
6-jaar-oue seun, een van my identiese tweeling seuns, het dit gesien in die
Geestes ryk en dit beskryf en ek het die gewig daarvan gevoel, 19 jaar gelede,
en elke keer wanneer dit in die Geestes ryk gebruik was het dit net swaarder
geword tot op 'n punt waar dit nou ander neem om my arms bo te hou, wanneer dit
gebruik word onder leiding van YAHUVEH.
Hierdie Bediening het iets te doen met die opsporing van die Verbonds Ark, die
144,000 soos in Openbaring 14 en die Twee Getuies. Alleenlik soos die jare verby
gegaan het, het ek begin verstaan en is daar meer openbarings gegee deur die
profetiese woorde gegee aan my. Daar is 'n boek wat nou geskryf word deur 'n
ander lid van die Bruid van YAHUSHUA [Openbaring 14] wat al haar tyd spandeer en
skenk om al die profesieë, visioene, drome en hoorbare woorde van YAHUVEH
gepubliseer te kry. Bid asseblief vir haar, want hierdie is ‘n groot werk. Bid
asseblief vir die regte uitgewer ook. Ons probeer om die Profesieë in
verskillende tale vertaal te kry sodat hulle ook in boekvorm kan wees. Wanneer
ons nie langer op die internet is nie, sal die boeke dan ten minste hier wees
tydens die Groot Verdrukking.
Ons het nog steeds 'n Hebreeuse vertaler nodig onder baie ander tale. Kom
asseblief na vore as jy jou tyd vrywillig wil aanbied om hierdie werk te doen.
Ons het toegewyde en gefokusde vertalers nodig wat hierdie werk so ernstig sal
opneem soos ek, nie verbygaande skepe in die nag nie. Bid asseblief en kyk of
dit jy is.
YAHUVEH (ook gespel YAHUVAH, YAHVEH, YAHWEH) seën julle almal.
Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 118 Pasop! Die Groot Verdrukking Is Net ʼn Asemteug Ver!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het
EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie by te voeg:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Profetiese Woord Begin:
[Elisheva begin bid in Heilige Tale]
“Genoeg is genoeg! Judas was net toegelaat om te wandel tussen die Apostels vir
so lank! Hy, eweneens, kon nie langer die speletjie speel van ‘n geveinste nie
want daar is gelowiges en daar is volgelinge.
Dit is nie genoeg om te sê “Ek glo in YAHUSHUA/JESUS nie. Ek glo daar is ʼn GOD
in die Hemel wat genoem word YAHUVEH/YAHWEH nie. Ek glo daar is ʼn HEILIGE GEES,
die RUACH ha KODESH” nie. Die vraag is, volg jy ONS? Dit is nie genoeg om net te
glo nie!
EK ontbloot die versteekte Judasse. EK ontbloot diegene wat hulself Christene
noem en nie is nie! EK ontbloot wie die bruid van satan is! Geveinstes is oral
rondom julle. Hulle beveg MY ware Bruid! Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is
in ʼn oorlog teen die bruid van satan!
Julle wil weet wie julle dodelikste vyand is? Dit is nie die heidene wat weier
om MY Naam te erken nie. Dit is die Kerk van die Geveinstes!
Op hierdie dag terwyl dit uitgeskree word vir die wêreld is hierdie iemand wat
jy sal glo wanneer een genaamd Elton John verrys het en geproklameer het aan
almal, ‘Ek dink JESUS was ʼn deernisvolle, super intellegente gay man wat
menslike probleme verstaan het. Aan die kruis het HY die mense vergewe wat HOM
gekruisig het en JESUS wil hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek
weet nie wat maak mense so wreed nie want die Bybel sê JESUS was sonder sonde so
dit skakel homoseksualisme uit, so dit kan nie ʼn sonde wees nie.’ So sê Elton
John.
Maar EK YAHUVEH het genoeg gehad! Hierdie man, Elton John, durf om MY Heilige
Woorde voort te spreek en hulle te verdraai! En sê dat JESUS CHRISTUS van die
Evangelies gay is?!
Wêreld, vir hierdie gruwel sal julle drink van die Kokende Swart Bloed Plaag!
[the Boiling Black Blood Plague] Maak gereed, wêreld! EK, YAHUVEH/YAHWEH
spreekvoort, EK het genoeg gehad!!!
Hierdie siekte het gebroei in diegene wat homoseksuele en lesbiërs is, hierdie
siekte het gewag vir MY tydsberekening om na vore te kom. Julle wat verskonings
maak vir die homoseksuele, EK het vir julle tyd gegee om te bekeer...
EK sal nie vir julle die dag sê nie, EK sal nie vir julle die maand sê nie, EK
sal nie eens vir julle die jaar sê wat hierdie plaag fisies sal manifesteer nie,
maar EK sal vir julle hierdie sê nou, die Kokende Swart Bloed Plaag het die
Withuis bereik. EK sê vir julle niemand sal ontvlug nie!
Hoe durf enige iemand sê, dit wat EK in MY Heilige Woord geproklameer het is ʼn
gruwel, nou durf julle sê dat MY Enig Verwekte SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, die
perfekte geslagte LAM sonder ʼn merk, sonder ʼn vlek van sonde, het deelgeneem aan
ʼn gruwel genaamd homoseksualisme, ʼn bespotting van wat EK geskep het toe EK Adam
en Eva geskape het.
Die Judasse word ontbloot voor julle einste oë, ja, diegene wat Skrifte aanhaal
en tog soveel op ‘n dwaalspoor lei want hulle volg nie eens die woorde van die
Skrif nie. Wee die Judasse wat sê, ‘Moenie die Bybel glo nie. Moenie die Heilige
Skrifte glo nie. Gooi weg die Torah, dit is net geskryf deur blote mens. Skeur
uit hierdie Skrif. Skeur uit hierdie bladsy. Skeur uit hierdie hoofstuk’ EK sal
vir julle sê wat EK sal uitskeur, wat EK uitgeskeur het, wat EK uitgewis het,
dit is julle name in die LAM se Boek van Lewe!
EK, YAHUVEH/YAHWEH sê, EK het genoeg gehad, die stryd het gewoed vir so lank.
Het EK nie gesê nie, “In hierdie dae voor die tyd van Jakob se Benoudheid, die
Groot Verdrukking, sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges onheiliger.’
(Profesie 90, "Wat is die Naam van die RUACH ha KODESH?" AmightyWind Afrikaans |
Heilige Profesieë van YAHUVEH”)
Nou durf hulle hulself ‘Christene’ noem. Hulle sê, ‘Moenie bekommerd wees om te
sondig nie. Ek waarborg julle die Hemel in elk geval’.
En hierdie verworpeling, laakbare man van wetteloosheid en van die anti-chris
gees, Elton John, probeer nou almal opnuut verseker in die homoseksuele
gemeenskap en diegene wat durf hulself Christene noem, ‘Moenie bekommer nie.
JESUS CHRISTUS was een van julle. Homoseksualisme kan onmoontlik nie ʼn sonde
wees nie want julle sien Jesus Christus was sondeloos’. En tog praat hulle van
MY en ken nie eens die Heiligheid van MY Seun YAHUSHUA nie, en hulle praat van
MY Heilige Skrifte en tog dien hulle satan met alles wat in hulle is.
Weet julle MY Kleintjies, MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK vertrou julle.
EK laat die Judasse toe om te kom in julle einste midde, net soos Judas Iskariot
toegelaat was in die midde. Verstaan julle nie, hy het ook sy volgelinge gehad,
maar EK sê vir julle dit, soos EK vir jou gesê het lank gelede, [Elisheva], wee
die Judasse wat sou probeer om aan te sluit by hierdie Bediening. Hulle het
aanvanklik begin deur die melk te drink en die geestelike vleis te eet en toe
verraai hulle alles wat hulle geweet het was Heilig. So EK verbied jou om te
huil oor ʼn Judas, want EK doen nie!
Die Judasse wat jou verraai op hierdie aarde verraai MY ganse Heilige Bruid,
selfs diegene wat woon tussen hul eie huishoudings. Hoeveel het Judasse in hul
eie huishouding? Hoeveel is ongelyk gejukte huishoudings, selfs diegene wat
hulself MYNE noem? Hulle (die Judasse) het lank gelede verraai in die oorlog met
Lucifer in die Hemel. Dink julle EK is verbaas? Sê EK nie dat EK die koring en
die onkruid toelaat om saam te groei nie? (Matt 13:30). Nou het EK vir jou die
onkruid gewys hierdie dag en EK sê vir jou hierdie, EK het vir jou gesê om die
wêreld te waarsku dit is ʼn asemteug ver van die Tyd van Jakob se Benoudheid, die
Groot Verdrukking.
MY Geliefde Seun (Amightywind Jeug Bedienaar), jy het ʼn lering gedoen wat die
leuens ontbloot van die duiwel ten opsigte van die wegvoering genaamd die
Wegraping, en hoe min wil die Waarheid weet. Die Kerk van die Geveinstes sou
eerder die leuens glo, “leef enige manier wat hulle wil, sondig enige manier wat
hulle wil, dis net genoeg om ander oortuig te laat wees jy is ʼn Christen, jy
hoef nie regtig te volg wat jy skryf, wat jy praat nie, jy hoef nie ʼn voorbeeld
te wees van wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie, dit is net genoeg om voor te gee.
Dit is net genoeg om te sê, “Jesus seën jou”.
Wee hierdie Judasse wat MY Skape en Lammers lei op ‘n dwaalspoor, maar julle
sien MY Skape en Lammers se name is geskryf in die LAM se Boek van Lewe en hulle
sal weer terugkeer na die GOEIE HERDER, YAHUSHUA toe. Dit mag lyding verg deur
die vure van vervolging met ongekende doodsangs in die Tyd van Jakob se
Benoudheid, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, maar MY Skape en Lammers
sal terugkeer na MY toe selfs al is dit met hul laaste asem. Hulle geloof sal
warm word deur die vuur van vervolging.
Pasop aan diegene wat louwarm is, EK het hierdie Bediening gestuur om MY Woorde
voort te spreek om julle te waarsku. EK salf MY Profeet om MY Woorde voort te
spreek en omdat sy nie ʼn man is met ʼn lang grys baard nie, wil julle haar
ontslaan. Julle sê, “GOD kan onmoontlik nie spreek deur die mond van hierdie
blote vrou nie.” Julle wil nie hoor nie. Julle wys julle dwaasheid. Julle wys
watter jeukende ore julle het.
Die regte rede hoekom julle hierdie Bediening haat is as gevolg van die
veroordeling. Julle wil nie vertel word dat louwarm Christene hel toe sal gaan
nie en geen Christene hoegenaamd is nie en dat julle verkeerd doen wanneer julle
nie die 10 Gebooie gehoorsaam nie. Julle wil net sê, ‘JESUS CHRISTUS het die
prys betaal vir my by Golgota.’
Ja, YAHUSHUA ha MASHIACH het die prys betaal vir julle by Golgota, maar watter
prys het julle betaal vir HOM? Is dit te veel regtig om julle te vra om te
gehoorsaam? Wanneer julle waarlik wedergebore is en gevul is met die RUACH ha
KODESH/HEILIGE GEES het julle nie langer ʼn verskoning om te sondig nie want
julle het die RUACH ha KODESH binne-in wat julle oortuig wanneer julle sondig.
Julle sal waarlik begeer om te gehoorsaam aan MY, YAHUVEH/YAHWEH, met elke Woord
wat EK sê.
O soveel sê die Verlossingsgebed spog en sê, “Ek glo in Jesus,” maar hoe min
volg wat hulle proklameer om te glo? Julle haat enige Bediening of enige persoon
wat julle oortuig van julle sondes.
Lig en duisternis kan nie saamgaan nie. (2 Kor. 6:14). Met MY eie hand het MY
Woord dit voortgespreek. YAHUSHUA ha MASHIACH het gekom met ʼn skeidings-swaard.
(Matt. 10:34). Met MY eie Woorde was dit voortgespreek en wat is julle reaksie?
Diegene wat nie julle ongelyk gejukte huishoudings wil prysgee, sodat hulle jul
nie sal verraai in die Groot Verdrukking nie, julle reaksie is, “Brandmerk haar
ʼn vals profeet. Ruk daardie Woorde uit die Bybel. Ignoreer hulle. Wis hulle
uit.” Dit is julle antwoord. ‘Lei ander op ‘n dwaalspoor’. Niks het verander
nie!
Dieselfde gees van ‘n Fariseer wat MY Heiliges stenig. YAHUSHUA se Bruid, hulle
leef hul lewens elke dag om behaaglik te wees vir MY, hulle beweer nie om perfek
te wees nie en wanneer hulle MY per ongeluk aanstoot gee, bekeer hulle vinnig
met trane in hul oë en hulle sê, ‘O asseblief help my om nie weer hierdie sonde
te doen nie.’ Daar is baie soorte sonde, selfs hierdie Profeet wat EK hierdie
Boodskap voortspreek nou, sukkel met die sonde van uitstel. Hoeveel van julle
struikel op hierdie een? Julle weet wat om te doen, maar julle doen dit in julle
tyd. O julle weet wat EK wil hê julle moet doen en EK praat nie van die Tien
Gebooie nou nie. Dit kan iets so kleins wees, maar jy doen dit nie. Daar is baie
soorte sonde.
Niemand is perfek nie, elkeen is ʼn werk in wording maar EK sê vir julle dit,
wanneer dit tyd is om YAHUSHUA se Bruid te kry sal dit wees wanneer julle
hemelse graderings op die hoogste vlak is, wanneer julle elke dag strewe om MY
te gehoorsaam op elke manier, wanneer julle jul liggame lewende offers maak,
wanneer julle die eerste Torah Wet ken, (1ste Gebod : Jy mag geen ander Gode hê
voor MY nie) en nie terwille van ʼn huweliksmaat of geliefde sal jy dit verbreek
nie selfs al beteken dit die einde van jou huwelik. Julle besef niemand kom voor
YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH nie.
Die sterkste en mees geseënde huwelike sal diegene wees wat die Eerste Gebod
onderhou en beide van hulle sal ‘uit balans’ wees in hulle liefde en
gehoorsaamheid vir YAHUSHUA, hulle sal albei vir YAHUSHUA liewer hê as vir
mekaar of enigiemand anders. YAHUSHUA is die Liefde van hul lewe, siel en gees
en wanneer EK praat van ‘uit balans’, is dit nie wat dit behoort te wees wanneer
jy YAHUSHUA liefhet bo alle ander nie? Julle is op hierdie aarde vir so ʼn kort
tydjie. Hierdie is net een asemteug in jou lewe. Ons praat van ewigheid in die
Hemel.
O Geliefde Bruid van MY, Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, luister na MY,
laat niks belangriker wees as die EEN wat jou hart laat klop nie, die EEN wie
lewe deur jou blaas nie. O Geliefde Een niemand, kan jou liefhê soos EK,
YAHUVEH/YAHWEH doen nie. Ken die een wat jy jou geliefde noem, jou huweliksmaat,
die getal hare op jou hoof? (YAHUVEH/YAHWEH huil deur Elisheva terwyl HY hierdie
gesê het, toe HY gepraat het oor hoe lief HY SY Bruid het.) Moet MY,
YAHUVEH/YAHWEH en YAHUSHUA nie toelaat om laaste te kom op jou lippe nie.
O julle louwarm braak Christene, diegene wat YAHUSHUA sal uitspoeg as braaksel
uit SY mond, hierdie is hoekom julle liefde afgekoel het. Julle stel soveel
ander liefdes voor ONS, julle wêreldse wellus, vleeslike begeertes, bo ONS, ja,
selfs diegene wat hulself MYNE noem en durf julself Christene noem! En julle
wonder hoekom julle nie langer die Waarheid kan onderskei van die leuens nie,
maar julle stenig die Heiliges en hierdie Bediening wat voortspreek net so seker
as wat Stefanus gestenig was. (Hand. 7:59). EK praat met die braak louwarm
Christene, julle hoef nie braaksel en opgooi te bly nie! Dit is julle keuse!
EK stuur hierdie Bediening en ander Bedienings en individue wat deel is van die
Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH om julle te waarsku! EK stuur hierdie
Elia van Nuuts (in Hebreeus, Eliyahu) en EK gee nie om of julle daarvan hou om
dit te hoor of nie, maar EK het MY Elia van Nuuts (in Hebreeus Eliyahu) gebruik
om hierdie Bediening voort te baar en dit het begin in Amerika en is nou reg oor
die wêreld, om te waarsku, bestraf en bemoedig. EK spreek nie net seëninge voort
nie maar EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vloeke voort. Genoeg is genoeg! EK sal nie
vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie!
Hierdie wêreld het ʼn Sodom en Gomorra geword in MY oë. Skaam julle! Skaam julle
wat nie die Heiliges verdedig wat hierdie waarskuwings voortspreek nie!
So, MY Geliefdes, hierdie dag het EK ʼn Judas ontbloot. Die lot van ‘n Judas is
die dood en Hel. Julle sal Judasse sien kom en gaan. Wee diegene wat die Judasse
volg want julle s’n sal dieselfde lot wees! Wee enige iemand wat sê om Nagmaal
te neem ter herinnering van wat MY SEUN YAHUSHUA betaal het, SY Liggaam en Bloed
te gee vir hulle sondes, is kannibalisme en vampierisme! Wee! Wee! Wee! Wee!
Wee! Hierdie is godslastering, die uiterste bespotting van YAHUSHUA se offer.
(Ons het hierdie persoon geken vir ongeveer 3 jaar. Hierdie persoon was ʼn
getroue ondersteuner en ons het hierdie persoon beskou as deel van YAHUSHUA se
familie. Hierdie persoon het gegaan na ʼn web-adres op die internet wat sê om
Nagmaal te neem is kannibalisme en vampierisme en die hartseer deel is, hierdie
persoon het hierdie leuen geglo van die duiwel. So hierdie Judas het vele ande
ge-epos en probeer om hulle hierdie leuen te laat glo. Hierdie persoon het selfs
probeer om vir Elisheva te oortuig van hierdie leuen. Hierdie persoon is nou ʼn
Judas en sal dieselfde lot hê as Judas.)
Van wanneer af! Van wanneer af! Wanneer jy bid dat jy een word met YAHUSHUA
verstand, liggaam, gees en siel en vergifnis vra vir jou sondes en SY Bloed jou
skoonwas, van wanneer af is hierdie boos? Wie sou durf om so ʼn leuen te sê? Wie
sou durf om so ʼn leuen te glo? Die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES is nie binne-in
hulle nie! Julle het kop-kennis en nie harts-kennis nie. Nagmaal is belangrik,
en is ‘n wapen teen die vyand.
Vir julle wat sê “Nagmaal is nie belangrik nie”, YAHUSHUA se laaste woorde
terwyl HY gesit het saam met SY dissipels was, “Hierdie is MY Liggaam, doen dit
ter Herinnering aan MY.” (Matt. 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:17-20; 1
Kor. 11:22-30). Van wanneer af is dit ʼn sonde? Wie behalwe satan sou so iets sê?
Wie sou durf om so ‘n ding te sê? Hierdie is die uiterste smading want julle het
MY SEUN se Bloed bespot! Julle het boos genoem wat EK perfek genoem het! Hierdie
is die uiterste smading en dan probeer julle leuenaars MY Profeet op ‘n
dwaalspoor lei waaruit EK voortspreek, en vir ander hierdie leuen vertel.
Nagmaal is die uiterste wapen teen satan en julle het hierdie nagmaal boos
genoem, en dit wat EK voortgespreek het as goed, noem julle dit boos?
So seker as wat julle nie net vir YAHUSHUA ha MASHIACH gelaster het en net vir
MY YAHUVEH/YAHWEH, wie MY enigste SEUN gestuur het om SY liggaam en Bloed te gee
vir julle nie, het julle die RUACH ha KODESH gesmaad. Julle het al DRIE
gelaster! EK het vir julle gesê. EK het julle gewaarsku, ‘Pasop vir die tyd wat
boosheid van gespreek word as goed en van goed word gespreek as boosheid.’
(Jesaja 5:20).
EK stuur altyd MY Profete uit om MY Woorde te spreek. Die Heilige Skrifte was
nie voortgespreek deur die mens nie. Dit is geensins anders as EK voortsprekend
uit hierdie werktuig van klei se mond nou nie. Dit is EK, YAHUVEH/YAHWEH, wat
daardie Woorde binne-in hulle gesit het om te skryf. Die ware Woorde was bedorwe
deur verskeie oorskrywers, en vertalers.
EK waarsku julle, moenie staatmaak op die King James Weergawe van die Bybel nie
want King James brand in die hel. Hy het boeke en woorde uitgehaal wat hy nie
wou insluit nie net so seker as wat hulle vandag doen en sê, ‘Hierdie Skrifte en
Torah Wette is nie meer van toepassing nie. Hierdie is nie in lyn met my idee
van wie God is nie. HY is nie veronderstel om te vervloek nie. HY het SY Enig
Verwekte SEUN gestuur om die prys te betaal op Golgota om te ly en sterf in my
plek, so nou ek kan enige iets doen wat ek wil, dit maak nie meer saak vir GOD
nie. HY gee nie om wat ek doen nie want HY het SY Enig Verwekte SEUN gestuur om
die prys te betaal. Die Wet was vasgespyker op die kruis, so ek kan enige iets
doen wat ek wil. Die Vierde Gebod sê ek, enige dag sal deug vir die Sabbat,
JESUS CHRISTUS, YAHUSHUA ha MASHIACH, het gesê ‘HY is HERE van die Sabbat, dit
maak nie meer saak nie want hulle het daardie dag weggegooi.’
Leuenaars! Leuenaars! Leuenaars! Dink julle EK sou MY tyd mors om MY eie vinger
te vat en te graveer op ʼn tablet van klip en dit gee vir Moses en die Israeliete
verdedig en hulle beveel om MY te eer op die Sabbatdag deur te rus?! Deur te
rus?! Nie deur te werk nie maar deur te rus?! Leuenaars!
Julle wat eis dat julle Christen is en hierdie videos opsit oor hoekom Christene
‘nie langer hoef te bekommerd oor die Sabbat nie, dit maak nie saak watter dag
nie, dit maak nie saak nie, die Rooms Katolieke Kerk het dit verander nie.’
Leuenaars! As julle nie bekeer nie sal julle julself bevind in die Poel van
Vuur! EK gaan nie speletjies speel nie! Die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob
se Benoudheid, is byna op julle, die tyd van weeklaag, gehuil, van groot lyding,
meer as wat hierdie wêreld ooit geken het!
Wat dink julle hou die hel aan die brand? Die vlamme word net warmer! Dit is MY,
YAHUVEH se gramskap, raserny en drif!
EK wil MY Bruid by die huis hê! EK wil YAHUSHUA se Bruid by die huis hê! SY
Bruid is MY Bruid. EK wil hulle by die huis hê.
EK kyk na hierdie riool genaamd aarde. Ontlasting is oral en EK sien klein
flikkertjies in die ontlasting van diegene wat die Bruid is van YAHUSHUA ha
MASHIACH en al die Heiliges, hier-en-daar. Dit is asof hulle begrawe is onder
die ontlasting en o hoeveel ontlasting. Soveel stank is in die uitwerpsels in
dit wat hulself die ‘Christen kerke’ noem! Oordeel! Oordeel! Oordeel het gekom
na dit wat julle noem die ‘Huis van die HERE’!!
Toe die Ikabod Christen kerke ophou preek teen sonde soos aborsie, hoerery en
dieselfde-geslag huwelike, toe julle sonde toelaat agter die kansel, toe julle
homoseksuele laat preek agter die preekstoele en spog oor hulle sonde, toe julle
opgehou het om sondaars te bestraf, was Ikabod op julle deure gesit en MY RUACH
ha KODESH/HEILIGE GEES was daar uitgeneem! (1 Sam. 4:21).
Julle sing julle liedere en vergader op Sondag en tog is EK nie daar nie! O,
sommige van MY mense is daar maar MY ware Teenwoordigheid, MY RUACH ha KODESH
Salwing, word nie verwelkom daar nie. Julle gebruik julle emosies en kry julself
totaal opgewerk met liedere maar MY ware Profete word nie toegelaat om te praat
nie.
ONS word nie toegelaat daar nie. Wanneer EK sê ‘ONS’ bedoel EK die einste
teenwoordigheid van YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. ONS
teenwoordigheid is NIE daar nie anders sou hulle almal op hulle aangesigte geval
het!
Hulle sal bekeer vir Amerika maar sal hulle ander waarsku oor die sonde waar
hulle in is? Dit is ʼn bespotting. Wil julle weet hoekom die krag van die
Salwing, nie is soos in die Eerste Kerk nie? Kyk en aanskou wat EK sien. Die
stank is meer as wat EK, YAHUVEH/YAHWEH, kan verdra.
Die heiden kyk na hierdie sogenaamde Christene en sê, ‘Daar’s geen verskil
tussen julle en my nie.’ Elton John sê, ‘Daar is geen verskil tussen julle en my
nie. Ek kan ook die Skrifte herskryf. Mense sê ‘Gooi uit die Vierde Gebod,’ so
ek kan sê, “JESUS CHRISTUS is gay,’ dit is geensins anders nie.’
Maar julle sien, EK het hierdie Bediening opgerig, wat weier om te skik met
sonde, die Aleph en Tav (Alfa & Omega) Almightywind (ook genoem Amightywind)
RUACH ha KODESH Wildfire Bediening!
MY Amightywind Bediening is ʼn magtige ruisende wind wat gaan deur die wêreld en
satan kan dit nie stop nie! So hy kry almal gefokus op ʼn blote vrou [Elisheva
Eliyahu].
Diegene wat haar ken en haar liefhet kan die verskil uitken tussen haar en
wanneer EK, YAHUVEH/YAHWEH voortspreek. Maar dit is nie ʼn blote vrou wat
voortspreek nie. EK is YAHUVEH/YAHWEH en EK sê vir julle hierdie Bediening roep
die ware Bruid na vore van YAHUSHUA ha MASHIACH om na vore te kom want julle het
mekaar nodig. Almal van julle word aangeval. Julle is soos ʼn gewonde dier wat
jul eie wonde lek omdat julle nie enige iemand kan vertrou nie, so EK,
YAHUVEH/YAHWEH het hierdie groep bymekaar gesit en EK gebruik hierdie werktuig
voortsprekend om dit te baar in die fisiese realm. EK, YAHUVEH het dit reeds
gebaar in die Geestes realm en dit is die YAHUSHUA Demon Stompers (YDS, Heilige
Gebedsvegters).
Julle sal Judasse sien kom en gaan, dit is hulle keuse. EK het vir julle gesê,
‘Nie almal is geskik om die Bruid te wees van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, net
diegene wat lojaal bly tot die einde. Julle sal weet wie die Bruid is.
MY Lieflinge, EK verbied julle om nog ʼn traan te huil oor nog ʼn Judas! EK
verbied julle om te huil! Instede, kyk na al die Apostels en ware volgelinge van
YAHUSHUA wat weier om gelykvormig te word aan sonde! Die Kerk van die Geveinstes
weier om MY, YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH eerste te
stel, en julle is omring deur die geveinstes en hulle sal die lot hê van ʼn Judas
wees. Dit was alreeds neergeskryf.
ʼn Judas is die uiterste besmetting. Julle sien, hierdie Judas wou nie hierdie
besmetting (om vir hierdie bediening en profeet te sê dat om nagmaal te doen van
die duiwel is net soos kannibalisme en vampierisme) soos melaatsheid vir
hulleself hou nie. Hulle het uitgereik om die Heilige Bruid, YAHUSHUA se Demon
Stompers en selfs hierdie Heilige een wat hier voortspreek, te besmet en
besoedel, om hulle te lei na die anti-chris toe. Die Judasse sal altyd hierdie
doen. Hulle wil nie die besmetting hou vir hulself nie. Hulle wil dit deel, so
huil nie meer vir die Judasse nie.
Hierdie is ʼn somber Boodskap. Dink julle YAHUSHUA het dit geniet die dag toe HY
ontbloot het wie Judas was? Maar julle sien Geliefdes, EK sal net ʼn Judas
toelaat om weggesteek te bly vir so lank.
Kyk rondom die wêreld. Sommiges het hulle vertroue gestel in hulle beroepe.
Sommiges het hulle beroepe liewer as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH. Sommiges stel hulle
vertroue in finansies. Hulle sien hulle finansiële ryke verkrummel voor hul oë.
Sommiges stel hul geloof in huweliksmaats en EK ontbloot dinge wat julle liewer
nie wil sien nie. EK skei en EK sal aanhou om enige iemand te skei wat MY Bruid
besoedel.
EK toets julle, wie het julle liewer, daardie heidense huweliksmaat? Diegene wat
eis hulle is gelyk gejuk en tog wanneer een van die gades sou sê, ‘Ek moet meer
kry van jou aandag’, wie sal jy bewys dat jy liewer het? Soveel wat begeer om
die Bruid te wees van YAHUSHUA is in hierdie huishoudings. (Matt. 10:37, Joh.
21:15-17).
EK toets. Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (1 Pet.
1:6-7). Hierdie is julle beproewing, wie het julle liewer?
Vir diegene nie getroud nie, julle huil, en treur en sê, ‘ek moet ʼn maat hê.’
Wie het julle liewer? Julle weet nie wat julle vra nie. Dit is hoekom EK gesê
het EK sal nie ongelyk gejukte huwelike saamvoeg in hierdie Eindtye nie. Julle
kan al die verskonings maak wat julle wil. Die huwelike wat EK saamvoeg, hulle
het MY gelyk lief, werk vir MY, gehoorsaam MY GEES en nie hulle vlees nie.
Diegene wat nie getroud is nie en huil en treur, julle ken nie die seën EK vir
julle gee nie. Julle weet nie wat julle vra nie. Julle weet nie wat julle vra
nie. EK herhaal, hierdie is hoekom EK gesê het EK sal nie ‘n ongelyk gejukte
huwelik saamvoeg in hierdie Eind Tye nie… Die huwelike wat EK saamvoeg is
Heilig. Diegene wat nie getroud is nie en huil en treur, julle ken nie die seën
wat EK vir julle gee nie. Julle hoef nie besorg te wees om enigiemand te behaag
behalwe EK, YAHUVEH/YAHWEH nie.
Op die einde sal geeneen van MY Bruid ongelyk gejuk wees nie. EK sal herhaal,
YAHUSHUA ha MASHIACH sal die skeidings-swaard gebruik en voordat die Bruid
geneem word van hierdie aarde af, as hulle ongelyk gejuk is, sal YAHUSHUA skei.
EK sal nie MY Bruid toelaat om besmet te word nie, dit was slegs vir ʼn
vasgestelde tyd, want lig en duisternis kan nie saamgaan nie. Hierdie is ʼn
oorlog, YAHUSHUA veg vir SY Bruid, die vyand kan nie wen nie.
EK sit lig saam met lig en die lig word net helderder. Dit is nie ʼn stryd
bymekaar wanneer julle YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste
stel in julle lewe en liefde nie.
Het EK nie gewaarsku, ‘Julle grootste vyande sal in julle eie huishoudings
wees’? nie (Miga 7:6, Matt 10:36). EK waarsku weer nou, diegene wat nie geskei
wil word nie, diegene wat hul huweliksmaat liewer het as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH,
diegene wat MY Woord terugspoeg in jou gesig en jou brandmerk ʼn vals profeet
[Elisheva], weet dit, hierdies is nie jou Woorde nie, hierdies is MY Woorde! En
dit is gerugsteun in die Heilige Skrifte ondersteun! Onthou
Profesie 111 - EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ʼn HEILIGE
Egskeidings-Dekreet, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.) AmightyWind Afrikaans |
Heilige Profesieë van YAHUVEH
EK het dat ʼn ander profeet (Nehemiah, Neh. 13:23-30) letterlik vervloek en die
manne se baarde trek en hulle klap vir ongelyk gejuk te wees, so wanneer die
aanvalle kom en ja, hulle sal kom, wees soos ʼn Stefanus, Heilige Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH, hou julle oë gefokus nie op die rotsblokke wat julle sal
tref nie, hou julle oë gefokus op YAHUSHUA. Hulle stenig julle maar stenig in
werklikheid vir YAHUSHUA/JESUS en ja, EK durf praat met diegene wat durf om
hulself ‘Christene’ te noem maar EK, YAHUVEH noem julle Ikabod Christene.
(Neh. 13:25: Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van
hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: julle mag julle
dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle
seuns of vir julleself neem nie!
V.27: Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om
ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?)
So EK laat julle met hierdie Woorde. EK het vir julle gesê ‘Alles wat geskud kan
word, sal Geskud word.’ EK herinner julle hieraan in
Profesie 105, “EK YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word!”
AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van YAHUVEH
EK het julle gewaarsku voor die tyd hoe 2010 sou wees in Profesie 116, “Julle
Moet GeloofWaterlopers wees”.) AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van
YAHUVEH
EK het gespreek hierdie dag, julle ABBA YAHUVEH/YAHWEH. Die ware Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH wat hierdie Woord hoor, sal julle kontak, sal hierdie Woord
bekragtig. Hulle het MY stem gehoor. Hulle sal staan aan jul sy, lojaal wees en
verdedig. Hulle sal nie langer omgee wat mans en vroue sê nie. Hulle sal
verdedig wat hulle weet om waar te wees.
Weet hierdie ook, hierdie Profesie gee net vir die vyande meer rede om julle te
haat, maar hierdie is niks nuuts nie. YAHUSHUA was en word gehaat. Kan julle
enigiets minder verwag, want julle is SY weerspieëling op hierdie aarde, diegene
wat EK ‘YAHUSHUA ha MASHIACH se Bruid’ noem.
So is dit gespreek hierdie dag 19 Februarie 2010, ʼn Sabbat.
6:24 NM geëindig
Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH tot Apostel Elisheva Eliyahu
‘n Aanstoot vir meeste, maar ek is ʼn seën vir ander, ʼn Kind, Vegter Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS en geen duiwel kan dit wegneem van my af
nie.
* * * * * * *
Hier is ʼn artikel geneem van die internet af rakende wat Elton John gesê het.
Elton John eis Jesus was gay
19/02/2010
Elton John staar ʼn vyandige terugkap in die gesig van konserwatiewe
Christengroepe nadat hy in ʼn onderhoud gesê het Jesus was ‘n gay man.
Die 62-jarige musieklegende het sy opmerkings gemaak gedurende ʼn onderhoud met
‘US Magazine Parade’.
In die onderhoud, om more (2010/02/20) in Amerika gepubliseer te word, het Sir
Elton gesê: “Ek dink Jesus was ʼn deernisvolle, super-intelligente gay man wat
menslike probleme verstaan het.
‘Aan die kruis het hy die mense vergewe wat hom gekruisig het. Jesus wou hê ons
moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie.
Probeer om ʼn gay vrou te wees in die Midde-Ooste - jy is so goed soos dood.”
Stephen Green, direkteur van ‘Christian Voice’, het hierdie gay-bewering beskryf
as ‘gemors’.
Hy het gese: “Die Bybel se Jesus was sonder sonde en dit skakel homoseksualiteit
uit as ‘n sonde”.
“Hierdie is ʼn desperate uitroep vir aandag.” Mike Judge, van die ‘Christian
Institute’- het die ster se sieninge afgewys en gesê: “Sou ʼn senior politieke
figuur hierdie opmerkings gemaak het, het ek ʼn opinie gehad. Maar hierdie is
Elton John en ek dink nie enigiemand neem hom ernstig op nie.”
Gay Christen Groepe het Sir Elton erkenning gegee, wat dikwels uitgebeeld word
om ʼn kruis te dra, het ʼn debat her-open oor homoseksualisme en die kerk.
Jeremy Marks, stigter en direkteur van ‘Courage’, ʼn Christen organisasie vir
Gays en Lesbiërs, het gesê: “Nie een van ons weet en sal nooit weet wat Jesus se
seksualiteit was nie.
“Sekerlik was mense se persepsies oor verhoudings tussen mans en mans en
vrouens, verskillend destyds en sou onerkenbaar wees vandag.
“Ek dink hy verduidelik hoe hy Jesus sien in sy lewe en wil ander mense
aanmoedig om dit ook te sien.”
John Blowers, mede-sameroeper van die ‘Evangelical Fellowship for Lesbian and
Gay Christians’, het gesê: “Wat geneig is om te gebeur tydens elke okkasie
wanneer hierdie debat her-open word is dat die debat meer gepolariseerd raak.
“Die eenvoudige feit is dat ons almal God se kinders is.”
Sir Elton se opmerkings was gemaak in ʼn verreikende onderhoud as hoofopskrif,
“Daar Is Baie Haat In Die Wêreld”.
Hy het vir die tydskrif gesê, vir hom, het roem die aantrekkingskrag daarvan
verloor.
“Prinses Diana, Gianni Versace, John Lennon, Michael Jackson, is almal dood, het
hy gesê:
Twee van hulle is geskiet buite hulle huise. Niks hiervan sou gebeur het as
hulle nie beroemd was nie.
Roem trek waansinniges. Ek het nooit ʼn lyfwag gehad nie, ooit nie, totdat Gianni
dood is. Ek hou nie meer van beroemdheid nie”.
Die musikant het ook onthul hoe hy en sy burgerlike vennoot, Mnr Furnish, hulle
liefde sterk hou.
Hy het gesê: “Elke Saterdag 16 jaar lank, stuur ons vir mekaar ʼn kaartjie,
ongeag waar ons is in die wêreld, om te sê hoe lief ons vir mekaar is.
Ons was nooit jaloers nie. Ons praat oor die seksuele sy van dinge, dinge wat my
normaalweg voorheen sou bang maak.”
Sir Elton het ook oor sy verhouding met dwelms gepraat en gesê, “Vir sommige
mense kan ʼn gram kokaïne ʼn maand hou. Nie ek nie. Ek moet alles neem, en dan wil
ek meer hê.
Aan die einde van die dag, het dit alles net gelei tot hartseer.”
* * * * * * *
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 27 Junie 2010