Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
8 Maart, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
“Shekinah” kom van die Hebreeuse woord HaSh'khinah en beteken “ die
Teenwoordigheid” omskryf as die GODDELIKE TEENWOORDIGHEID en baie keer verstaan
as die GE-OPENBAARDE HEERLIKHEID van YAHUVEH teenwoordig by mense. Shkinah is ‘n
vroulike Hebreeuse woord. In Johannes 17 lees ons die volgende t.o.v. die
HEERLIKHEID van YAHUVEH:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n
man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het
dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
MY Geliefde, EK ken jou hart en hulle wie jou valslik veroordeel, weet nie
waarvan hulle praat nie. EK is jou regter en jurie, nie hulle wie hof hou sonder
MY toestemming nie. Staan eenkant toe en moenie vra hoekom nie, want as hulle
jou nie verdedig in die klein dingetjies nie, sal hulle jou nie later in die
groot sake verdedig nie.
Jy is MY Geliefde, en hulle wat hof hou teen jou sonder enige bewyse sal sien
dat EK nie ingenome is nie. EK het jou na hierdie perseel gebring om jou te
bemoedig en jou vernielde hart te streel. Want jy en EK ken die pyn wat jy voel.
Die verwerping is egter nie teen jou nie, maar hulle verwerp 'n deel van MY.
Jy het jou sin van humor want EK het jou daardie sin van humor gegee, EK het jou
geroep en georden net soos jy is. Jy is die gawe gegee om te lag, om te help om
jou eie laste en die van ander te verlig. Lag is so goed soos goeie medisyne.
Maar selfs lag en humor het 'n balans. EK is nie in die beweging in die kerke
waar mal demone manifesteer en gekke van MY Mense maak nie.
Pasop waar enigiets aangaan, enige manifestasies wat jy jou nie kan voorstel jou
YAHUSHUA in sal deel nie. Blaf jou GOD soos 'n hond, miaau soos 'n kat en grom
soos 'n leeu? Bespot EK MY Eie Woord? Sal die RUACH ha KODESH enigiemand
verneder en veroorsaak dat mense onbeheersd raak tot op 'n punt van steurnis?
Hierdie demoniese manifestasie en erger, word toegelaat om aan te gaan en hulle
kan nie eers onderskei tussen die ware beweging van MY RUACH ha KODESH (Heilige
Gees) en die vervalste beweging van die anti-messias nie. Hulle wie agter die
kansels staan en hulle self as wys beskou, tree so geklik op. Hulle stel hulself
en die gemeente oop vir demoniese manifestasies, besetting en onderdrukking.
Bevryding moet gedoen word en MY Tempels moet skoongemaak word van almal wie
bekend was as die mees gerespekteerde geestelike leiers van vandag. As gevolg
van hierdie gekheid vergader EK nou troepe rondom die wêreld. EK sluit nooit 'n
deur sonder om 'n ander een oop te maak nie. Moenie dink dit is die einde nie
want dit is skaars die begin van 'n groter werk waarvoor EK julle gaan gebruik.
Moet vir niemand verander nie behalwe vir die Almagtige GOD YAHUVEH wat jy dien.
Jy kan nie al die tyd al die mense tevrede stel nie, so hou op om te probeer. In
jou hart weet jy wat reg is, hou net aan om dit te doen.
Luister vir MY stem, spreek MY Woorde. EK veroordeel of verwerp jou nie, maar
hulle wat jou valslik beskuldig het sal veroordeel word. Vergewe jy hulle, want
hulle was deur die vyand van jou siel gebruik en hulle weet dit nie. Nuwe wyn en
ou wyn kan nie en sal nooit meng nie. Die nuwe wyn waarmee EK jou tot oorlopens
toe gevul het, sal die sak skeur as jy probeer om die oue met die nuwe te meng.
Die ou wyn wil geen deel hê aan die nuwe wyn nie. Moenie treur oor wat jy dink
jy verloor het nie, want jy het niks verloor wat EK jou nie self meer sal
teruggee nie, ingedruk en saamgeskud en oorlopend. Jy sal geseënd wees.
Jy moet die ou salwing losmaak om plek te maak vir die nuwe salwing. Hou jou ore
en oë oop en praat wat EK vir jou sê, alhoewel jy skerp veroordeel sal word, ken
jy MY stem en jy het die dapperheid van Johannes die Doper om MY Woorde uit te
spreek. Wanneer jy dink jy klim af terwille van MY, het jy weliswaar net boontoe
en voorwaarts gestap. Moenie oor jouself treur nie, maar treur oor hulle wat EK
sal tugtig omdat hulle MY kleintjie soveel smart en droefheid veroorsaak. Treur
oor hulle wat jou valslik beskuldig het.
EK het jou lief MY Geliefde en net EK ken jou hart. Dit smag na MY soos 'n hert
smag na water. Wanneer jy om MY NAAM ontwil vervolging ly, is jy waarlik geseënd.
Die dienskneg is nie verhewe bo sy meester nie. EK het vervolging gely,
vernaamlik van hulle wat hulself godsdienstig genoem het, en so het jy ook. EK
ken hulle harte soos wat EK hulle ken wat jou valslik beskuldig het. Hou jou
hande skoon van toorn, en laat EK wraak neem. Want as hulle nie berou toon voor
MY nie, sal hulle sien die wraak is MYNE, sê YAHUVEH en EK sal waarlik vergeld.
Moenie MY oordeel volgens wat ander doen wat voorgee dat hulle MY verteenwoordig
en jou veroordeel nie.
Jy is MY Geliefde en MY Kryger en EK het jou geroep en jou georden en niemand
kan dit van jou wegneem nie. Die pad van 'n Profeet is uitgelê met beproewinge
en verdrukkings en smartlike misverstande. So min wil waarlik hoor wat die
Almagtige GOD YAHUVEH te sê het. Hulle wil glo dat EK slegs liefde en genade is,
en vergeet dat “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” ook 'n GOD van balans in alle
dinge. Dit meen dat saam met liefde en genade EK ook gebalanseerd is met toorn
en oordeel en ja, haat. So baie vergeet dat EK toorn en haat vir MY vyande het.
Sê MY Woord nie, "Jakob het EK liefgehad, Esau het EK gehaat" nie? Sê MY Woord
nie, "Seëninge vir hulle wat gehoorsaam. Vloeke vir hulle wat ongehoorsaam is"
nie? Julle moet verkondig wie EK in totaliteit is. Nie net die kant van YAHUVEH
wat nie beledig nie, maar die kant van Almagtige GOD YAHUVEH wat baie beledig.
SONDE IS SONDE en EK het nie gewankel of verander nie, EK sal nooit nie. Kyk na
Openb. 19 en Openb. 20. Hoe min verstaan dat EK slegs eenmaal die geslagte Lam
was. EK was slegs eenmaal 'n slagoffer. EK het vir julle die slagoffer geword.
Maar nou is EK nie langer daardie sagmoedige, sagsinnige Lam nie. Wanneer EK
weer kom om hulle te vernietig wat MY en Heiligheid teëstaan, sal julle sien dat
EK Almagtig is selfs in oorlog. MY Kinders hoef nie te vrees nie, maar MY vyande
sal bewe en hulle bewe wel want hulle weet EK is 'n GOD wat wraak sal neem op MY
vyande. EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. EK het MY woede
ingehou en opgebou vir daardie dag. Niemand sal in MY pad staan nie.
Verkondig dit; onderrig dit sodat ander dit sal glo. EK is 'n GOD wat nie net
verlossing bring nie, maar verdoeming oor hulle wat kies om MY teen te staan en
MY Reddende Bloed en Reddende NAAM te weier. Daar is geen verlossing anders as
om deur die Gestorte Bloed op Golgota en deur die NAAM van YAHHUSHUA ha MASHIACH
te kom nie. EK ken MY Kinders en hulle ken MY, en EK ken almal wat MY vyande is.
Wanneer hulle julle aanraak, raak hulle MY aan. As hulle julle onskuldig
benadeel het MY Kinders, sal EK vergewe want die vyand is daarop uit om te
bedrieg en te verwar. Maar as HULLE bewustelik daarop uit is om julle te
vernietig, vertel vir hulle om te pasop.
Want dit is MY toorn wat hulle in hul nekke sal voel blaas. Slegs deur belydenis
sal hulle weer MY guns geniet. EK tugtig hulle wie EK liefhet. EK vernietig
hulle wie EK haat. Wat nie Heilig is nie, is nie van MY nie. Maak nie saak wie
staan agter die kansel en sê, "God is liefde, Hy sal verstaan" nie. SONDE IS
SONDE! EK is 'n GOD wat nie verander nie, die mens verander, EK, die Groot “EK
IS” verander nie. Verkondig dit; onderrig dit, sodat ander dit sal glo. Hulle
wie MY stem ken sal erken dat EK gespreek het, al die ander sal doof bly. Want
vir MY vyande is dit 'n vreeslike ding om in die hande van 'n lewende GOD
YAHUVEH en YAHUSHUA te val. Ja, somtyds moes EK julle pakgee, maar MY hande
beskut, lei en beskerm julle ook. MY hande want MY Kinders, wie probeer om MY te
gehoorsaam, het niks om te vrees nie, hulle wie gewas is in MY Reddende Bloed.
Maar hulle wie MY haat en haat waarvoor EK staan, het alle rede om te bewe en
hulle sal ook. Berou, die Koninkryk van die Hemel is op hande. EK het julle die
gawe van Verlossing aangebied, nou is dit julle keuse of julle verlossing of
verdoeming kies. Kies julle vandag watter GOD julle sal dien. Verkondig dit;
onderrig dit sodat ander dit kan glo.
Gegee aan hierdie Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH op 16 Oktober 1997
Profeet Elisheva Eliyahu
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 4 Januarie 1999
Profesie 90 Wat Is Die Naam Van Die Ruach Ha Kodesh?
John. 17:22-24
“22 En EK het hulle die HEERLIKHEID gegee wat U MY gegee het, sodat hulle een
kan wees, net soos ONS een is. 23 EK in hulle en U in MY, sodat hulle volkome
een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle
liefgehad het net soos U MY liefgehad het. 24 VADER, EK wil dat waar EK is,
hulle wat U MY gegee het, ook saam met MY sal wees, sodat hulle MY HEERLIKHEID
kan aanskou wat U MY gegee het, omdat U MY liefgehad het voor die grondlegging
van die wêreld. “ (1938 vertaling)
Ons weet dat YAHUVEH, aan die dissipels van YAHUSHUA, die RUACH HA KODESH
(HEILIGE GEES) gegee het nadat YAHUSHUA teruggekeer het na die Hemel.
(Hand.2:2-4) “MOMMA” SHKINYAH,1 die HEILIGE GEES is die HEERLIKHEID VAN YAHUVEH!
* * * * * * *
Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het
– met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” – woorde van die HEILIGE GEES van GOD
(Handeling 2:3-4) in aardse of hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort
in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)
Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” הללו-יה Wat letterlik beteken: “Prys YAH”:
YAHUVEH/YAHWEH י-ה-ו-ה GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN
(HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’, ELOHIM אלוהים beteken “GOD”)
Die openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה
–as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש, (In Afrikaans ge-noem
“DIE HEILIGE GEES”)
–is ook op hierdie web werf.
(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH אבא יה beteken “VADER YAH”
en IMMA YAH אמא יה beteken “MOEDER YAH”
Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui. Kliek regs op voetnota nommers om 'n tweede 'tab' oop te maak.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:
Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH: dit is MY NAAM;
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jes 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende as 'n waarskuwing by te
voeg vir die wat spot.
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
-2 Kronieke 36:16
Asook, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om seer te maak — hierdie twee
gesalfdes. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie MY gesalfdes
aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Ps.
105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong
uitgeskeur het!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY
– EK WAARSKU JULLE NOU, 'Moenie die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie
SY Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15…1 Kron. 16:22) sodat die Staf van die
Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën
is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge
sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN
YAHUSHUA.
* * * * * * *
Elisheva: Ek is deur die Hemel geleer hoe om die NAAM van die HEILIGE GEES te
spel. SY dra die NAAM VAN YAH in HAAR NAAM net soos YAHUSHUA doen, want SY IS
die WOLK VAN HEERLIKHEID rondom ABBA YAHUVEH en SY is ook MEDE-SKEPPER saam met
ABBA YAH & YAHUSHUA. Dit is waarom ons HAAR NAAM so spel – SHKINYAH. SY bring
altyd HEERLIKHEID aan ABBA YAH & YAHUSHUA!
* * * * * * *
Daar is GEEN ander BEMIDDELAAR voor die troon nie behalwe YAHUSHUA. Alleenlik
deur SY NAAM en deur SY BLOED OFFER, genoem die NUWE BLOED VERBOND, is daar
redding.
—Die HEILIGE GEES in Profesie 90
* * * * * * *
MOENIE die VALS
“Hemelkoningin” Aanbid nie!
Daar is demoniese godinne, soos Ashtoreth wie se volgelinge beweer dat dít die
“Hemelko-ningin” is. Ons dien nie enige demoon soos ons vyande ons beskuldig
nie! Die vals hemel-koningin is NIE van YAHUVEH GOD af nie maar van die duiwel!
Dit is nie die HEILIGE GEES, DERDE PERSOON VAN DIE HEILIGE DRIE-EENHEID nie,
maar dit is ‘n nabootsing van die duiwel omrede die duiwel alles na-aap wat deur
YAHUVEH GOD gedoen word!
Moet asb nie Profesieë 90 en 93 waar die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH in
Hebreeuse taal) na HAARSELF verwys as “DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN” verwar met
vals-godin aanbidding nie! Ons aanbid nie die vals godin Ashtoreth nie of enige
ander valse he-melkoningin nie! Ons aanbid YAHUVEH GOD, REDDER YAHUSHUA (JESUS)
& RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) ook bekend as Die WARE HEMELKONINGIN. GOD DIE
VADER, SEUN en HEILIGE GEES is die Soewereine Heersers van beide die Koninkryk
van God en die Hemel. Die HEILIGE GEES as vroulik, sal dus beskou word as
KONINGIN eerder as HEMELKONING. As vroulik, is SY die “WARE HEMELKONINGIN”
Die Storie Agter Profesie 90
Geskryf Augustus 2007
Ek bid dat daar nie enige haat boodskappe deur die e-pos sal kom nie. Boodskappe
van diegene met ‘n gees van ‘n Fariseër. Diegene wat aan ‘n godsdiens behoort,
maar nie ‘n verhouding met YAHUVEH & YAHUSHUA het nie, wat ook nie ‘n idee het
wat die Salwing is nie.
Ek weet dat ek as ‘n Heilige Profeet Gesalf is. Dit is nie ‘n
gewildheidskompetisie nie, anders sou ek verloor het. Dit het YAHUSHUA lank
terug vir my gesê. Die valse profete is diegene wat net goeie boodskappe aan die
mense gee, sodat hulle nie ander sal beledig nie. Bid asseblief vir hierdie
Bediening en vir my en almal wat helpers en vennote daarin is, en dit sluit die
Bruid van YAHUSHUA in.
Bruid van YAHUSHUA, skryf asseblief vir ons en stel julle bekend aan ons. Ons
sal nog eendag julle land besoek - laat ons mekaar leer ken indien jul saam met
ons wil aanbidding doen. Een van my grootste belonings op aarde is om die
Heilige Bruid van YAHUSHUA self te leer ken. Diegene wat YAHUVEH & YAHUSHUA
waarlik liefhet en gehoorsaam en HULLE eerste in hul liefde en lewe plaas.
Hierdie Woord het na vore gekom terwyl ek gebid het en gevra het na die Naam van
die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Die RUACH HA KODESH is ‘n titel, ‘n
beskrywing van ‘n beroep. Maar dit is nie die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se
NAAM nie.
Ek het op die internet ‘n droom geplaas wat ek noem: “The Banquet Table Dream”.
Ek sal nooit vergeet hoeveel liefde die pragtige ouer vrou by die banket tafel
vir my gehad het nie. Die vrou was beeldskoon, sonder enige lyne of plooie op
haar gesig tog het ek onderskei dat sy ‘n ouer vrou was. Sy het pragtige lang,
blonde hare gehad, wat teen haar rug afgehang het. Sy het my lief gehad en het
my lief met die liefde van ‘n toegewyde moeder. Dit wys in haar oë en gesig. Ek
kon voel hoe kosbaar ek vir haar is. In die droom het ek my kop liefdevol op
haar skouer neergelê.
Elisheva Sherrie EliyahuAugustus 2007
Die Banket Tafel Droom
Ontvang 16 April 1999.
Die Openbaring van hierdie droom was gegee op presies dieselfde maand en dag,
16 April 2002, drie jaar later!
Ek het ‘n droom gehad waar ek in ‘n baie groot kamer gesit het. Dit het gevoel
of dit in Israel is. Ek het geweet dat dit nie in Amerika was nie. Ek het by ‘n
pragtige tafel gesit met ‘n linne tafeldoek, met pragtige versierde
tafeldekkings en met die mooiste opskepborde en silwerware wat ek nog ooit
gesien het. Tog was daar geen kos op die tafel nie. Ek het aan tafel gesit langs
‘n pragtige ouer vrou en ek het my kop teen haar skouer geleun, terwyl ek haar
moederlike liefde gevoel het.
Daar was ook ‘n ouer man in die kamer gewees en hy het my vertel dat alles op
die tafel reeds geseën was, selfs die tafeldoek en die silwerware! Alles was
gereed. Ons het net vir die gaste gewag vernaamlik vir ‘n persoon of persone, ek
was nie seker nie, afkomstig van die plek waar die spesiale druiwe gegroei het
wat gebruik was om die wyn te maak. Kiersk of Kierska was op die bottel geskryf.
Die ouer man het wit hare gehad en was soos ‘n liefdevolle Vader teenoor my
gewees. Hy het die bottel vir my gewys.
Aan die ander kant van die wyn was ‘n toegedraaide servet waarop ek ‘n
vrugtemandjie met groot pers druiwe aan ‘n wingerdstok, geborduur het. Die
druiwe was baie groot en baie kleurvol. Dit was asof hierdie servet wat ek
geborduur het, op ‘n ereplek was en ek het dit aan my goeie vriend wat langs my
by die tafel gesit het, gewys. Ek het nog nooit voorheen enige iets geborduur
nie.
Ek het baie na aan die vrou teen wie se skouer ek geleun het, gevoel - soos ‘n
Moeder figuur. Die ouer man was soos ‘n Vader figuur. Ek het baie veilig en
verseker daar gevoel en baie geliefd. Ek was beїndruk en ek het vir my vriend
gesê dat alles wat vir die aandete gebruik word alreeds geseën was!
Daar was ‘n opening waardeur ons die kombuis kon sien tog was dit rondom
afgeslote. Die opening word gebruik om borde en ander ware aan te gee vir die
tafel en ons kon in kyk maar ek het niemand in die kombuis gesien nie. Die
ingang na die kombuis was na regs. Die ope-ning waardeur die kombuis sigbaar
was, was direk voor ons tafel gewees. Ons was besig om vir die gaste te wag
vernaamlik hulle wat afkomstig was van die plek waar die Nuwe Wyn gemaak was,
wat nog nie oopgemaak was nie. Ons het gewag vir hierdie persoon of persone om
eers te arriveer.
Einde van droom
Bevestiging deur email:
Liewe [Elisheva] Sherrie
Ek voel dat die droom waarvan jy my vertel het, gaan oor die Bruilofsmaal van
die LAM!!!! Die sleutel daartoe was die tafel wat geseën was voordat die kos
bedien was, asook die “dinner servet” waarop jy geborduur het.
Baie mense sal hul dade voor die HEER aanbied maar baie is soos vuil lappe. Maar
vir jou, Elisabeth [Elisheva] Sherrie, het YAHUSHUA geseën en ook jou lap geseën
en ‘n servet gemaak daarvan.
Borduurwerk is ‘n tipe weef tegniek en weefwerk is soos ‘n netwerk. Die prentjie
op die servet stel die tyd, moeite en versorging van iets voor. Ek glo die
servet stel julle webwerwe voor. Ek glo ook dat daardie kombuis Hemel mag
voorstel en dat die eetkamer ‘n ander plek voorstel. Want dit wil voorkom of
daar nogsteeds werk is om te doen, voordat ons in die Hemel ingaan. Dit is
hoekom jy in daardie vertrek is.
YAHUSHUA het ook gesê dat HY nie weer wyn sal drink nie tot SY Wederkoms. Kan
dit wees dat dit is waar hierdie wyn vandaan sal kom? Dis omtrent al wat ek weet
op die stadium. (Mat. 22:1-14)
Naam weerhou (op versoek van afsender)
Openbaring van die Banket Tafel Droom
16 April, 2002
Op 16 April 2002 8 P.M. gedurende Bybelstudie, het ABBA YAHUVEH my hierdie
verdere openbaring gegee oor die Banket Tafel Droom wat ek destyds gehad het op
presies dieselfde datum in 1999.
Kierska is Khersa (Kursi), 'n dorp naby aan die oostelike kus van die See van
Galilea. Ek wag nou al 'n geruime tyd vir die openbaring van waar hierdie plek
is, omdat hierdie die twee gaste is waarvoor ek gewag het, wat Nuwe Wyn saam met
hulle gaan bring. Hierdie twee gaste sal opdaag net voor die Bruilof van die
LAM.
YAHUSHUA deel nou die openbaring om die twee mans, wat profete is, nou na vore
te roep. In die droom wag ek op hierdie twee mans wat die nuwe wyn het, en hulle
kom vanaf die land waar die nuwe wyn gemaak word (KHERSA).
Ons is baie opgewonde want dit bewys hoe naby ons aan die Bruilofsmaal van die
LAM is en die koms van YAHUSHUA, vir SY Bruid!
Onthou, ons wag vir ‘n persoon of persone wat van Kiersk of Kierska af kom waar
die wyn gebottel word en op ‘n rak gebêre is. Hierdie plek is waarvandaan die
druiwe en die wyn vandaan kom. Die persoon of persone wat gaan kom, van waar die
wyn vandaan is, is baie spesiaal. Ek het die naam op die wynbottel gesien.
Indien julle weet of kennis het hiervan, kontak asb die Bediening.
Bygevoeg 27 Augustus 2007 – met die vrystelling van Profesie 90
Ek het ook altyd gewonder watter vrou my op so ‘n manier kon liefhê soos in
hierdie droom. In hierdie wêreld het ek nog nooit ‘n vrouefiguur gehad wat my
kon raadgee soos ‘n moeder nie. Ek het nooit die liefde van ‘n aardse moeder,
tannie of ouma geken nie. In dieselfde droom het ek ‘n vader figuur gehad, ook
met wit hare, wat so lief vir my was. Hy het met trots die weefwerk en kunswerk
wat ek gedoen het, teen die muur reg voor die banket tafel tentoongestel, sodat
almal dit kon sien. In hierdie wêreld het ek nooit ‘n mansfiguur as ‘n pa gehad
nie, ook nie enige liefdevolle verhouding met ‘n man nie, behalwe my geliefde
broers in YAHUSHUA, wat ek weet, deur beproewing getoets en getrou bewys is.
So wie is hierdie vrou in die Hemel? Haar liefde was so oorweldigend en so
werklik dat ek dit selfs nou nog op ‘n groter manier om my kan voel vandat ek
die droom gehad het. Ek is ook nie meer bedroef oor die feit dat ek nooit geweet
het hoe dit is om ‘n liefdevolle moeder en vader te ken nie. Ek weet dat ek in
die Hemel ‘n groter liefde van ‘n moeder en ‘n vader het, as wat enige een ooit
voor kon hoop. Tog, wie is hierdie vrou? My aardse biologiese moeder is nou in
die hel, sonder enige twyfel. Sy het my net haat en misbruik gegee. So, wie is
hierdie liefdevolle moeder in die Hemel?
* * * * * * *
Nou het ek die antwoord…Ek het nou julle gebede nodig om my die dapperheid te
gee om dit (Profesie 90) voort te spreek, omdat die georganiseerde kerke baie
kwaad sal wees. Selfs diegene wat die mensgemaakte doktrines en verkeerd
vertaalde Skrifte in die Nuwe Testament glo, sal my ‘n valse profeet noem, en
tog weet ek dat ek weet dat ek weet, aan my is ‘n geheim direk vanaf die Hemel
se Troon gegee.
Die Bybel sê “YAHUVEH doen niks voordat HY dit nie bekend maak aan SY dienaars
die Profete nie” (Amos 3:7) Ek is nou geëerd om hierdie geheim te deel met
diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH herken. Dit mag die mees
kontroversiële Profesie wees, wat nog ooit vrygestel was. Tog doen ek dit in
gehoorsaamheid, sodat ander wat ook bedroef was as gevolg van ‘n gebrek aan
liefdevolle moeder-kind verhouding, sal besef dat, as hulle YAHUSHUA aangeneem
het, hulle dit nog al die tyd gehad het. Niemand het dit vir my geleer nie. Dit
is waarlik ‘n openbaring wat direk vanuit die Hemel kom.
* * * * * * *
Het julle geweet dat Spreuke en Psalms[2] praat van Wysheid as ‘n “Sy”? Ek wil
nou sonder enige huiwering aan julle verduidelik hoe ek geleer het wat die NAAM
is van die KOSBARE RUACH HA KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES. Hier deel ek
nou die mees intiemste geheim nog wat aan my vrygestel is en ook nog die mees
geseënde een tot dusver...
Wat Profesie 90 aanbetref, dit het alles begin toe ek besig was om te bad, net
voordat ons Suid Afrika sou verlaat. Hierdie geestelike gebeurtenis het
plaasgevind toe ons in Port Alfred, teen die see, gewoon het. Ek was besig om
alleen te bid toe ek vir ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA vra, “Wat is die
NAAM van die RUACH HA KODESH behalwe die 'Naam' “HEILIGE GEES?” Ek het gebid en
gesê, “ABBA YAHUVEH, U het U NAAM bekend gemaak; YAHUSHUA U het U NAAM bekend
gemaak, maar het die HEILIGE GEES ook ‘n NAAM—of is dit maar net ‘n titel of ‘n
beskrywing van ‘n beroep?”
Ek was besig om ‘n Jacuzzi bad te neem. Ek het nog altyd gevind dat die
borrellende water van 'n spa bad, ‘n voorstelling is van die Lewende Water. En
ek het ook nog altyd vir die Heilige engele gevra om die water self te roer,
soos in die ou tye. (Joh. 5:4) Baie keer ontvang ek ‘n groter Salwing terwyl ek
bad en aanbid en liedjies van lofprysing sing. Profetiese Boodskappe en
Openbaringe het al na vore gekom en dit gebeur min dat ek bad sonder om te bid
en te sing en YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH te loof en prys. Daar
is ‘n Intimiteit met ons PAPPA YAHUVEH wat ek so intens voel terwyl ek liedere
van lofprysing en aanbidding, wat uit my hart kom, sing aan al drie van HULLE.
(En later terwyl ek die antwoord van bevestiging gesoek het op die vraag. "Wat
is die NAAM van die KOSBARE RUACH HA KODESH?" ontdek ek toe ‘n skatkis in die
Hebreeuse en Aramese vertalings en lees die “Book of Wisdom” wat geїgnoreer was
omdat King James dit nie goedgevind het om daardie boek in die Bybel te sit nie.
Moenie net staatmaak op dit wat die Romeine geskryf het nie. Bestudeer en bewys
jouself waardig. 2 Tim. 2:15.)
* * * * * * *
Ek wil net hier noem dat die volgende Profesie een van baie is wat aan my gegee
is, wat by tye van hierdie skrywing, nog nie op ons webwerwe geplaas is nie. So
baie dinge gebeur agter die skerms. Ons was baie besig gehou in Suid Afrika en
word steeds besig gehou, terwyl ons deur die wêreld reis. Ek voel op geen manier
enigsins waardig genoeg om die eer te ontvang om julle voor te stel aan die NAAM
van die HEILIGE GEES nie. Dit is ‘n eer om ‘n Profeet genoem te word, en tog is
dit ook baie skrikwekkend. Ek word verantwoordelik gehou vir wat ek sê en nie sê
nie.
Nou stel ek hierdie Woord vry, soos die RUACH HA KODESH my aangewys het. Al wat
ek julle vra om te doen is om die tyd te neem en dit meer as een keer te lees en
vir diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH hoor, die een wie ek nou “MOMMA
WISDOM” of "MOMMA SHKHINYAH GLORY" noem, skryf asseblief vir my. Leer asseblief
die ander daarvan, selfs al verwerp hulle jou omdat jy dit doen. Bestudeer
asseblief al die bewyse wat ek tot dusver bymekaar gemaak het. Bestudeer dit en
besef dan dat ek nie enige iets voortspreek wat nie in die Skrif gevind kan word
nie. Net dat die vertalers van die Nuwe Testament die “SY” na ‘n “HY” verander
het.
Hierdie Openbaring was eerste in Suid Afrika aan my vrygestel, maar ek het gewag
totdat daar meer bevestiging van die Hemel vir my was, oor wanneer om dit vry te
stel. Ek het meer gebid oor die tyd van vrystelling vir hierdie boodskap, as vir
enige ander boodskap ooit as gevolg van die haat wat teen my uitgespoeg sal word
van mense wat beweer dat hulle Christene en volgers van YAHUSHUA is, en tog,
deur die vrugte wat hulle dra sal julle weet dat hulle net ‘n vorm van
goddelikheid het, maar geen GODDELIKHEID van binne nie. (2 Tim. 3:5)
Die georganiseerde kerke gaan op hulle tande kners van woede, omdat hulle nie
geinteresseerd sal wees in die Waarheid en die Openbaringe wat aan ‘n Heilige
Vroulike Profeet gegee is nie. Daar sal die opregtes wees wat die verkeerde
vertalings van die Nuwe Testament sal wil aanhaal, waar die HEILIGE GEES ‘n “HY”
genoem is.
Is dit nodig dat ek julle herinner hoe die trots van ‘n man meer as een keer na
vore gekom het, wanneer dit by die vroulike geslag van die Heilige skrifte gekom
het en diegene wat die Heilige Skrifte vertaal het wat bevooroordelend teen
enige geestelike vroue leier was?
* * * * * * *
Alhoewel hierdie Profesie aan my gegee was op die 27ste Februarie 2007, was daar
nie aan my gesê om dit vry te stel, tot die 27ste Augustus 2007. Ek wil hê dat
julle weet dat slegs ‘n handjievol mense van hierdie Profesie geweet het.
Ek het doelbewus gewag en ek was elke dag dankbaar dat ek nie hierdie nuutste
Profetiese boodskap hoef vry te stel nie. Om die waarheid te sê, niemand hou
daarvan om verwerp of verbaal mishandel te word nie, veral deur Christene wat
beweer dat hulle dieselfde MESSIAS aanbid as WIE ons aanbid, maar hulle noem HOM
JESUS CHRISTUS en ons roep HOM aan op SY Hebreeuse en Aramese NAAM, YAHUSHUA of
YAHSHUA, afhangende met wie jy praat.
Aan my vyande en die mense wat in jaloesie sal opstaan en sê “Hoekom sal die
RUACH HA KODESH jou kies om hierdie boodskap te gee? “ – dit is ‘n goeie vraag.
Ek is seker enige Profeet kon dieselfde gedoen het. Ek weet net dat ek gekies
was, en al sien my vlees nie uit na die woorde vol haat wat in my rigting gemik
gaan word nie, weet ek dat ek nie die KOSBARE RUACH HA KODESH & YAHUVEH kan
teleurstel nie.
‘n Klompie het vir my gevra, “hoe lank nog voordat jy die Profesie gaan
vrystel?”
Ek het gesê, "Ek weet wat die datum is, maar eers moet ek meer Skrif hê om dit
te bewys." Die 27ste Augustus 2007 is die dag wat die Hemel gekies het vir die
geboorte van hierdie Profesie se vrystelling, asook vir die geboorte van die
nuwe ontwerp op die Bediening se webwerf. Kan julle julself indink hoe verras ek
is, terwyl ek nou hierdie tik, waar ek steeds in Europa is, en sien die datum
waarop hierdie Profesie gegee was, 27 Februarie 2007, en Profesie 89 op 27
Januarie 2007 is. Al [3] datums is die 27ste van die maand.
* * * * * * *
Die Hebreeuse woord ruach (Aramees rucha) is grammaties vroulik net so is die
frase RUACH HA KODESH & RUACH ha KADOSH. In Profesie 90 gebruik die HEILIGE GEES
SELF, “RUACH HA KODESH” as een van HAAR 'Name'. Ruach beteken “gees”, “wind”,
“asem” of “lug”. Die Griekse ekwivalent is pneuma en die Latyns is spiritus.
In Johannes 14:16 word die rol van die RUACH HA KODESH deur YAHUSHUA beskryf as
die van “VERTROOSTER” en die identifikasie van die “VERTROOSTER” met YAH wat as
'n “moeder” optree, lees ons in Jesaja 66:13 “EK sal julle vertroos in
Jerusalem, soos ‘n moeder haar kind vertroos” …Dan is daar ook baie ander
skrifgedeeltes in die “Peshitta” Bybel3 wat die RUACH HA KODESH uitbeeld met
vroulike werkwoorde en/of vroulike wysiger. In werklikheid, die Aramese
“Peshitta” van Romeine 8:16 begin met die woorde: “En SY, die RUACH getuig dat…”
* * * * * * *
YAHUSHUA dui ook aan dat die GEES vroulik is. In antwoord op 'n vraag wat
Nikodemus gevra het. “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? hy kan
tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” (Joh.
3:4), sê YAHUSHUA, “As iemand nie uit water en GEES gebore word nie, kan hy nie
in die Koninkryk van ELOHIEM kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en
wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh. 3:5-6).
Wanneer YAHUSHUA antwoord, erken HY dat HY ook deur die GEES gebore is. HY sê
dat HY nie altyd vlees was nie, maar dat HY GEES was voordat HY Aarde toe gekom
het, nie waar nie? Dit is hoekom die Openbaring wat aan my gegee was, onmiddelik
sin gemaak het soos ek dit weer gelees het voordat ek dit vrygestel het.
YAHUSHUA erken dat HY ook eers vanuit die GEES gebore was, en natuurlik moet dit
dan beteken dat HY uit die EEN wat genoem is “HEILIGE GEES”, gebore was. Daar is
net DRIE in die HEILIGE DRIE EENHEID, is daar nie? HEILIGE VADER “YAHUVEH”,
HEILIGE SEUN “YAHUSHUA” & HEILIGE GEES, wat in Hebreeus die “RUACH HA KODESH”
genoem word.
Wat was ons gewees voordat ons vlees geword het? Ons was tog geestelike wesens
toe ons in die Hemel gebore was, by gebrek aan beter woorde. Die Skrif sê,
“Vlees en bloed kan nie in die Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50) Daarom, hoe was
ons dan in die Hemel geskape?
* * * * * * *
Ek glo hierdie is 'n Profesie waar die RUACH HA KODESH voortspreek en sommige
antwoorde gee op 'n manier wat ek nooit voorheen gehoor het nie. Ek glo dat
hierdie kennis hierdie wêreld geestelik en fisies sal skud. Ek glo dat die ware
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH geestelike oë sal hê om te sien en geestelike ore
om te hoor.
Hierdie Woord vanuit die Hemel het vir my soveel vrede en vreugde gegee, en nou
het ek die eer om dit met my Heilige broers en susters te deel.
Vanaf 1995 is ek reeds op die internet met profesieë en die vrugte van hierdie
Bediening wys dat dit goed is. Wanneer jy al die verslae sal lees van mense wat
gered is sal jy besef hoe ver hierdie Bediening al uitgereik het. Ek is nie 'n
“fly-by-night” Profeet wat nuus op ander plekke kry en dan beweer dat dit 'n
Profesie is nie. Wanneer julle nie 'n nuwe Profesie sien wat vrygestel word nie,
weet dan dat ek vir die regte tydsberekening wag, vir YAHUVEH om te sê, "Stel
die Woord vry!" Ek is net gehoorsaam.
Ek erken dat ek stomgeslaan was toe hierdie Woord aan my vrygestel was. Ek het
nog nooit so iets gehoor nie. Dit is toe dat ek begin het om in die Heilige
Manuskripte te gaan soek en ek het selfs bewyse gekry in die KJV (King James
Version) Bybel.
Ek sluit skrifgedeeltes in, wat julle ook kan bestudeer. Ek erken dat hierdie
sterk geestelike vleis is en nie vir mense bedoel is wat nog nie 'n sterk geloof
het nie.
Adam was nie uit 'n moederskoot gebore nie, [4] hy was uit stof geskape. Eva was
nie uit 'n moederskoot gebore nie, sy was uit Adam se ribbebeen gevorm. Adam en
Eva se kinders is gebore deur 'n normale swangerskap. YAHUSHUA was gebore, maar
in die Hemel, nie op die aarde nie, Hoe? Moet my nie vra nie, dit is alles vir
my ook net so nuut. Ons weet dat Maria steeds 'n maagd was, toe sy swanger
geword het. Volg julle wat ek nou sê? Dit is sterk geestelike vleis, gaan julle
dit inneem en daaraan kou of na my toe terugspoeg? Dit is julle keuse!
Hi, ek is nie slim genoeg om al die dinge te kon uitdink nie. Ek het net 'n
hoërskool opleiding, so julle kan my nie een van daardie hoogsgeleerde dwase
noem nie. Dit is waarlik 'n openbaring vanuit die Hemel en ek bid dat jy
daardeur geseën sal wees, net soos ek geseën is, asook al die ander met wie ek
hierdie gedeel het. Jy sal nooit weer alleen voel nie selfs al is jy 'n weeskind
soos ek. (Volgens die Miriam-Webster verklarende woordeboek beteken die woord
verwekte ‘om as vader/heer voort te plant.’ Die woord 'beget' in Engels,
'verwek' in Afrikaans, word uitgespreek as 'apokueo'. Dit kom vanaf die woord
'kuo' of 'kueo' wat swanger beteken. Sodoende beteken die woord ‘apokueo’ om
'vanuit die moederskoot te kom' of ‘om geboorte te gee’ bedoelende: die
verwekking van ‘n lewe.)
* * * * * * *
Miskien is die eerste argument wat ondersteuning gee aan die feit dat die
HEILIGE GEES van die vroulike geslag is, HAAR assosiasie met “die GEES VAN
WYSHEID” (Eksodus 28:3, Efesiërs 1:17). In beide die Ou en Nuwe Testamente, word
WYSHEID verpersoonlik in die vroulike vorm. Die WYSHEID het HAAR huis gebou,
HAAR sewe pilare uitgekap (Spreuke 9:1).
In Spreuke hoofstukke 8 en 9 is daar uitgebreide skrifgedeeltes wat na WYSHEID
verwys as 'n vrou. In Matteus 11:19 & Lukas 7:35 lees ons "WYSHEID word geken
deur haar kinders." In Lukas 11:49 lees ons “Daarom het die WYSHEID van YAH
gesê, EK sal profete en apostels na hulle toe stuur.." In hierdie skrifgedeelte
stel ons HEER WYSHEID gelyk met die HEILIGE GEES WIE GODDELIKE WYSHEID voorsien
het aan hulle wat die Skrifte geskryf het (2 Petrus 1:21). Daaruit lei ons af
dat die HEILIGE GEES en GEES VAN WYSHEID EEN is.
Die Ou Testamentiese Hebreeuse woord vir wysheid is 'hokmah' wat eindig met ‘n
vroulike term. Wysheid in Grieks is ‘Sophia’, 'n vroulike naam. So veral wanneer
jy die KJV (King James Version) Bybel lees, waar die Nuwe Testament uit Grieks
in Engels vertaal is, moes Wysheid na 'Sophia' vertaal gewees het. Wat was die
doel agter alles dat die vertalers dit dan nie ingesit het nie? Gedurende
hierdie eindtye word die Waarheid wat weggesteek is geopenbaar. En nou vanuit
die “Wisdom of Solomon”:
(Net in Engels beskikbaar)
WISDOM will never enter the soul of a wrong-doer […] for the HOLY SPIRIT OF
INSTRUCTION flees deceitfulness (1:4-5)
WISDOM[—]within HER is a SPIRIT INTELLIGENT, HOLY (7:21-22)
For WISDOM […] is so pure, SHE pervades and permeates all things. SHE is a
BREATH OF THE POWER OF GOD, PURE EMANATION OF THE GLORY OF THE ALMIGHTY
(7:24-25)
SHE can do everything; HERSELF unchanging, SHE renews the world, and, generation
after generation, passing into Holy souls, SHE makes them into GOD’S Friends &
Prophets (7:27)
And who could ever have known YOUR Will,had YOU not given WISDOM andsent YOUR
HOLY SPIRIT from above? (9:17)
YAHUSHUA HA MASHIACH assosieer die “GEES VAN WAARHEID” met die HEILIGE GEES.
(Joh. 16:13) WYSHEID (SOPHIA) en die HEILIGE GEES het dieselfde rolle. (1 Kor.
2:7-11; Rom. 5:5; 1 Joh. 5:6-7, KJV) As dit nie vir die manlike partydigheid,
deur latere teoloë, teen die vrouens was nie, sou die Kerk steeds die
assosiasies in die Ou Testament gesien het as beskrywings van die RUACH HA
KODESH (HEILIGE GEES).
* * * * * * *
Die tweede argument wat as bewys kan dien vir die feit dat die HEILIGE GEES
vroulik is, is die einste woorde wat toegeken word aan YAHUVEH en die HEILIGE
GEES.
Die woord vir GOD in die Hebreeuse taal is “ELOHIM”. Meeste skoliere erken dat
hierdie woord eindig op 'n meervoud wie sommige beweer dat die woord, 'n
omvattende beskrywing is vir die HEILIGE DRIE EENHEID. Wat die meeste skoliere
nie weet nie, of nie aan ander wil bekend maak nie, is dat die woord “ELOHIM”
nie die meervoud is van die woord “EL” (die manlike vorm van die naam) nie. Dit
is die meervoud van die vroulike woord “ELOAH”. Die woord ELOHIM word
geassosieer met beide die manlik en vroulike geslag. Ons SKEPPERS sal dan beide
deel uitmaak van beide geslagte. En ons weet dan ook dat in die boek Genesis
daar gesê word dat die RUACH HA KODESH, sowel as YAHUSHUA, saam met YAHUVEH
gewerk het om hierdie aarde te skape:
“ELOHIM het die mens[5] geskape na SY beeld; na die beeld van ELOHIM het HY hom
geskape, man en vrou het HY hulle geskape.” (Genesis 1:27)
Dit dui aan dat beide geslagte in die HEILIGE DRIE EENHEID voorkom. Die feit dat
die HEILIGE GEES verteenwoordigend is van 'n vroulike vorm word ondersteun deur
die Hebreeuse woord vir Gees, “Ruach” ‘n vroulike woord.
Ek haal nou vir Jerome aan, die outeur van "Latin Vulgate" (Ek erken dat ek self
nog nie die "Latin Vulgate" gelees het nie, maar ek het dit ontdek toe ek begin
navorsing doen het, net nadat die Profesie aan my gegee was.)
Die volgende stuk is net in Engels beskikbaar…
Jerome’s Commentary on Isaiah 11:
“In the Gospel of the Hebrews that the Nazarenes read it says, “…Just now MY
MOTHER, the HOLY SPIRIT, took me...” Now no one should be offended by this,
because ‘spirit’ in Hebrew is feminine, while in our language [Latin] it is
masculine and in Greek it is neuter. In divinity, however, there is no gender”
(einde van aanhaling)
Hierdie verduideliking van Jerome bevat verbasende inligting– jy kan jou nie ‘n
meer ortodokse figuur indink nie–dat die Hebreeuse woord vir Gees, “RUACH”,
vroulik is. Dit beteken dat vir die 1ste Eeuse Christene – wie grootliks in die
Aramese wêreld geopereer het – (Paulus se kerke was klein in vergelyking met
hierdie kerke) die RUACH HA KODESH 'n Vroulike Figuur was. Dit het verlore
gegaan in die vertaling vanaf Hebreeus na Grieks, en toe is dit verander na 'n
manlike geslag toe dit van Grieks na Latyns vertaal was.
* * * * * * *
Ten slotte het teologiese partydigheid Christene mislei om te glo dat dit
onbelangrik is om onderskeid te tref tussen geslag, ook om te veronderstel dat
daar geen geslag in GOD is nie en dat dit dus onbelangrik is maar tog word die
manlike vorm altyd verkies. Met baie eeue van hierdie optrede van Christen
leiers, en mensgemaakte doktrines en idees, wil ek die Waarheid hê en bid vir
niks anders as net die Waarheid van YAHUVEH af nie. Ek dink dit maak saak. Ons
word nie toegelaat om een “jot of titel” van die Wet te verander nie, (Mat.
5:18) en as GOD beskryf word as 'n “WESE” wat 'n voorstelling is van beide die
manlike en vroulike geslag, dan is ons dwaas om hierdie feite weg te steek in
ons vertalings van die Heilige Skrifte.
* * * * * * *
Dink aan 'n gesin en hoe dit saamgestel is - Nou bedoel ek nie dieselfde-geslag
nonsens van Sodom en Gomorra era wat hierdie wêreld nou beleef nie – Glo my,
YAHUVEH laat HOM nie langer bespot nie. Net soos Sodom en Gomorra gemaai het wat
hulle gesaai het, so sal dit weer wees met diegene wat die dinge goedkeur en
be-oefen.
'n Gesin behoort te bestaan uit 'n vader, moeder en kinders. Dit is wat ek nou
hoor om voort te spreek, “EK YAHUVEH het ‘n leeu wyfie gemaak om alleenlik
geboorte te gee aan ‘n leeu. 'n Vrou kan slegs aan 'n mens geboorte gee, en is
dit dan nie logies om te redeneer dat slegs 'n GOD geboorte kan gee aan 'n GOD
nie?” [6] YAHUSHUA IS DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH[7] (Joh. 3:16)! So
WIE is die HEMELSE MOEDER wat YAHUSHUA verwek het? Is dit die geheime betekenis
van; om in die RUACH HA KODESH “gebore” te word?
Die RUACH HA KODESH is GEES. Een wat deur HAAR weergebore word, word dan gees en
die RUACH HA KODESH leef in ons liggame totdat ons doodgaan of opgeneem word in
die Hemel watter een ookal eerste gebeur. Hierdie Skrif verwys na RUACH HA
KODESH met HAAR Ewige Natuur. “Maar ons het goeie moed en verkies om eerder uit
die liggaam uit te woon en by die MEESTER in te woon” (2 Kor. 5:8).
Ek het hierdie Openbaring gekry toe ek besig was om bewyse te soek vir die
nuutste Woord van Profesie 90. Die Skrif sê, “want die Letter maak dood, maar
die GEES maak lewend” (2 Kor. 3:6). Hierdie nuwe verhouding tussen mense en die
RUACH HA KODESH is een van die dinge wat 'n persoon identifiseer wanneer hulle
wedergebore is.
Diegene wat my wil uitkryt as 'n valse profeet, doen julle eie navorsing.
Bestudeer en bewys jouself waardig. Elke Hebreër weet dat die Hebreeuse woord
“Ruach” nie die naam van 'n man is nie. Sê my, waarom word daar in die Heilige
Skrif, selfs in die KJV (King James Version) van “WYSHEID” gepraat as 'n “SY”?
Is die RUACH HA KODESH dan nie “ALLE WYSHEID” nie?
Ek het op PAPPA YAHUVEH se Skoot Gesit!
HEMELVADER se Liefde
Bygevoeg 20 Junie 2010
Op 20 Junie 2010 het ek met ABBA YAHUVEH gepraat en op SY Skoot gesit – en net
soos ek my kop gerus het op die Skouer van 'n MOEDER FIGUUR – soos in “MOEDER
WYSHEID” van Spreuke in die Banket Tafel Droom – so ook het ek my kop gelê op
die Skouer van ABBA YAHUVEH, my HEMELSE VADER. Ek wil dit hier deel omdat dit
gebeur het tydens ‘n tydperk waar ek hewiglik vervolg was en baie hiervan was
omdat ek as vals gebrandmerk was omdat ek Profesie 89 en 90 vrygestel het.
Ontmoeting
Alhoewel ek geslaap het, het ek geweet dat hierdie nie ‘n “droom” was in die
gewone sin van die woord nie. Want ek weet dat dit realiteit was. Dit het alles
begin toe ek gebid het en hard-op uitgeroep het oor die nuutste beswadderende
leuens wat die vyande vertel het met die doel om die skape & lammers weg te jaag
van hierdie Bediening af. My emosies kon dit nie meer hanteer nie. Ek het in ‘n
harde stem gesê:
ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, VAT MY ASB HUIS TOE – HEMEL
TOE! EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE! EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE –
EK WIL NET HUIS TOE KOM SOOS U Elia van Ouds GENEEM HET! HIERDIE WÊRELD IS SO
SMERIG & EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE (MAAR) OMDAT EK NOOIT WIL HÊ DAT HIERDIE
LIGAAM VAN MY, WAT HEILIG VIR U GELEEF HET, OP HIERDIE SMERIGE AARDE BEGRAWE
MOET WORD NIE.
Toe kyk ek na ‘n figuur wat soos ‘n baie groot man gelyk het maar ek het nooit
SY GESIG gesien nie. En tog weet ek dit was ABBA YAHUVEH! Hy het in die
gestoffeerde stoel gesit oorkant my, in my slaapkamer! Ek kan dit nie
verduidelik nie want ek weet dat YAHUVEH die aarde gebruik as 'n voetstoel en
dat HY verseker nie in daardie stoel, of in hierdie huis, sou pas nie en tog het
HY na my toe gekom op hierdie manier.
HY het gesê: “Kom hier” in ‘n streng stemtoon. Ek was bang dat ek iets verkeerd
gesê het en ek het nie na HOM toe gegaan nie. In plaas daarvan het ek eerder
onthou hoedat Job in die moeilikheid gekom het omdat hy YAH bevraagteken het.
Toe steek HY SY Arms uit en sê in ‘n sagter Stem: “Ek het gesê kom hier”. En
soos ‘n klein kindjie het ek na my PAPPA toe gegaan en op SY Skoot gaan sit. En
ek het net begin om my hart uit te stort oor al die redes hoekom ek nie meer op
hierdie aarde wou wees nie. Ek het vir HOM gesê dat ek moeg was en ek het al my
frustrasies net eenvoudig oopgemaak. Dit het gevoel of ek dit doen sonder om een
keer asem te haal. Ek het so vinnig gepraat.
Ek onthou net die LIG al rondom die figuur van my PAPPA YAH en die witheid van
SY Hare, maar ek kon nie SY GESIG sien nie.
Toe vat HY SY Hand, sonder om ‘n woord te sê, en lê my kop op SY Skouer…toe ek
wakker word het ek soveel BLYDSKAP gehad want ek het geweet dat dit meer as net
‘n droom was. Ek weet dat ek op PAPPA YAH se Skoot gesit het.
Einde van Ontmoeting.
Ek het so depressief gaan slaap omdat hierdie vyande my so brutaal geslaan het
met hul woorde en ek het wakker geword met BLYDSKAP – die hele huishouding kan
getuig hiervan. Dit is hoe kragtig ons woorde is. Selfs wanneer ons uit
frustrasie praat luister YAHUVEH na elke woord.
Ek weet nie of dit enige iets daarmee te doen het nie maar die skildery van “One
Minute To Midnight” (die skildery van ‘n Hemelse visioen waar YAHUSHUA huil en
intree vir SY mense) hang teen die muur agter die stoel waar YAHUVEH gesit het.
Ek is nóú baie lief vir hierdie lelike ou stoel! Ek kyk baie maal per dag daarna
en dan onthou ek altyd weer hoe lief ons HEMELSE VADER SY kinders het.
Nou weet ek dat ek nie net in die Hemel my kop op MOMMA WYSHEID, MAMMA RUACH HA
KODESH SE Skouer gelê het nie maar ook nou op ABBA YAHUVEH SE Skouer net hier in
my slaapkamer! Laat die vyande maar spot. Ek sweer op my siel dis waar en net
goeie vrug het voortgekom! Dit het my net aangemoedig om aan te hou en in my
roeping te wandel en siele na YAHUSHUA toe te lei! Terwyl jy die volgende
Profesieë lees, hou in gedagte die goeie vrug wat daarin geopenbaar word en dat
hulle altyd verwys na YAHUSHUA vir REDDING.
Apostel & ProfeetElisheva Eliyahu
* * * * * * *
Daar is GEEN ander BEMIDDELAAR voor die TROON behalwe YAHUSHUA. Alleenlik deur
SY NAAM en alleenlik deur SY BLOED OFFER, wat die NUWE BLOED VERBOND genoem
word, is daar REDDING.
—Die HEILGE GEES, in Profesie 90
* * * * * * *
Profesie 90 Begin:
27 Februarie 2007
EK IS "MOMMA SHKHINYAH",
EK word “WYSHEID” genoem.[8]
En in Hebreeus “RUACH HA KODESH”,
En ook genoem, “Die HEILIGE GEES”.
Elisabeth [Elisheva], EK IS die ouer vrou in die Hemel, op wie se skouer jy jou
kop gerus het, in dit wat jy ‘n droom noem en tog was dit nie net ‘n droom nie,
maar soveel meer. Elisabeth [Elisheva], onthou jy hoedat jy hierdie droom met
die wêreld gedeel het en jy gesê het, jy “weet nie wie daardie vrou by die
Banket Tafel, in die Hemel was nie? Die vrou wat my met so oorweldigende liefde
liefhet"?
EK gee nou vir jou die antwoord, dit was EK jou "MOMMA SHKHINYAH", jou “MOMMA
WISDOM”. Dit is hoekom jy nooit weer bedroef was nie of nooit weer ‘n leegheid
gevoel het van ‘n moeder se liefde wat jy nooit geken het nie.
Elke baba word gebore met ‘n begeerte en ‘n soeke na ‘n moeder en vader se
liefde, omdat alle mense as babatjies gebore word met ‘n verlange na ‘n aardse
liefde en beskerming van ‘n moeder en ‘n vader. Dit is MY LIEFDE waarin jy
gekoester was toe jy by die Banket Tafel in die Hemel by MY en jou HEMELSE ABBA
YAHUVEH gesit het, terwyl jy gewag het dat die ander by jou sal aansluit.
MY LIEFDE en MY TEENWOORDIGHEID het jou omhul, omdat EK jou HEILIGE MOEDER IS.
EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN.[9] Daar is geen ander nie. (satan het sy
nabootsing – sy het gekom as Jezebel en daardie gees het die meerderheid van die
kerke binnegedring waar EK hulle eens op ‘n tyd Heilig genoem het. Daar was ‘n
tyd toe MY HEILIGE GEES, MY HEILIGE TEENWOORDIGHEID, en HEILIGE SALWINGSKRAG nog
welkom was asook MY Heilige Apostels en Profete - nog gereedpleeg was - maar nou
word die meeste beledig en weggedryf.)
Daar is slegs EEN WARE HEILIGE MOEDER, en EK word ook die HEILIGE GEES genoem.
Moenie die leuens wat die Katolieke Kerk nou leer, glo nie. Hulle neem YAHUSHUA
se aardse moeder Miriam (Maria) en maak haar deel van die HEILIGE DRIE EENHEID.
Sy was SY aardse moeder en EK IS–SY HEMELSE MOEDER.
Daar is geen ander BEMIDDELAAR voor die Troon, behalwe YAHUSHUA nie. Alleen deur
SY NAAM en alleen deur SY BLOED-OFFER wat genoem word die NUWE BLOED VERBOND, is
daar redding.[10]
YAHUSHUA se aardse moeder het ook ‘n VERLOSSER nodig gehad. Sy was nie perfek
nie en het ook nie beweer dat sy was nie. Sy het HOM selfs “HERE” genoem. En as
sy wel perfek was sou dit háár bloed gewees het wat by Golgota geoffer was wat
as ‘n sonde offer sou gedien het. Sy het nooit vir iemand gevra om haar te
aanbid nie, en dit ook nie begeer nie. Sy wil net hê dat die mense na haar SEUN,
YAHUSHUA HA MASHIACH draai. Waarsku die Katolieke dat hulle nie op hulle
sterwensuur na haar moet roep nie. In plaas daarvan, roep die enigste NAAM aan
wat kan red, YAHUSHUA HA MASHIACH!
EK spreek hierdie Openbaringe voort deur jou, Elisabeth [Elisheva], sodat jy die
Heilige mense sal vertel.
As hulle wel gaan aanneem wat in hierdie Profesie gespreek word, sal hulle weer
tekens, wonders en wonderwerke sien, net soos in die Ou Tyd, toe YAHUSHUA op die
aarde geloop het – as hulle die Waarhede van die ware Sabbat sal omhels en EK
bedoel nie Sondag nie!
Leer die belangrikheid daarvan om YAHUSHUA te eer deur die Heilige Feeste. Vermy
die goddelose vakansiedae wat probeer om die plek te vat van die ware hemelse
Heilige Dae. Gebruik die Hebreeuse HEILIGE NAME! Leef Heilig en moenie enige
kompromie aangaan en moenie skaam wees om dinge, wat jy weet die waarheid is,
voort te spreek nie. Jy sal nog ‘n groter Salwing sien in hierdie Eind Tye, as
wat jy ooit beleef het!
Die Heiliges het meer heilig geword en die wat boos is het meer boos geword. Nou
is die tyd vir ‘n groter Salwing & Openbaringe deur Profesieë & Woorde van
Kennis.
Moenie die Nagmaal as vanselfsprekend aanvaar nie! Dit is ‘n daaglikse wapen wat
teen satan gebruik moet word om hom te herinner – hy het geen houvas op jou nie!
Wys sonde en sondaars tereg en moenie bang wees wat ander dink wanneer jy
voortspreek en waarsku nie. Sou jy eerder gewone mense wou aanstoot gee of vir
YAHUVEH?
Dit is so jammer hoe die vryheid om uit te spreek teen die booshede van hierdie
aarde, stilgemaak word omdat so baie van MY Heilige kinders stilbly. Een vryheid
na ‘n ander word van julle weggeruk, wêreldwyd!
Waar was die Heilige kinders in Amerika en regoor die wêreld, toe Regter Roy
Moore in die minderheid was teen die heidene en die Amerikaanse Regering? Hy het
geveg om die klip monumet te behou wat hy self ontwerp en opgerig het tot eer
van YAHUVEH, waarop die Tien Gebooie uitgebeeld is. ‘n Regter moet staan vir
Geregtigheid & Waarheid.
Regter Roy Moore, die Hemel het jou bevorder met daardie titel en niemand kan
dit van jou af wegneem nie. Jy word in die Hemel geëer vir wat jy op die 27ste
Augustus 2007 in Alabama gedoen het. Elke traan wat jy gestort het is in die
Hemel opgeneem en dit het soos ‘n soet geur na YAHUVEH se Neus gekom, as gevolg
van jou liefde en lojaliteit aan HOM & YAHUSHUA.
Diegene wat hulleself as regter en jurie teen jou opgestel het, en ook die
korrupte regter – wat die promosie weggeneem het wat deur die HEMEL aan jou
gegee is, van “Supreme Chief Justice of Alabama” – sal proe hoe dit is om in die
Poel van Vuur te swem. Almal wat deelgeneem het sal staan voor YAHUVEH, DIE
REGTER VAN ALLE SKEPPING!
Alle mense wat wel gebid het en tussenbeide getree het en hierdie man
aangemoedig het, en wat saam met hom bedroef was: julle trane is ook in die
Hemel opgeneem. Hy het alles opgeoffer, omdat hy geweier het om die Waarheid in
te boet.
Hoekom het elke kerk regoor die wêreld, veral die kerke in Alabama, asook die
sogenoemde “Bible belt” hierdie man nie ondersteun en saam met hom protes
aangeteken nie? EK sal vir julle sê hoekom! Julle was bang dat julle ook
aangeval sal word. Julle het toegelaat dat julle Broer in YAHUSHUA in die
minderheid was teen die heidene. Julle het verskonings gemaak en gesê, “Wel, hy
het die wet oortree, omdat hy nie die monument wou afbreek nadat hulle vir hom
gesê het om dit te doen.” Hoe durf julle! Julle was getoets en julle het die
toets gedruip.
Hoeveel storms, droogtes, hittegolwe en vloede,
sal dit neem vir julle om wakker te skrik en te veg
vir dit wat julle weet heilig en reg is ?
Wag net tot YAHUVEH SY Voet stamp
en julle aarde bewe in vrees.
Wag net totdat hongersnood, pes en siekte
julle state bedek,
en julle sal bid en vra, “Hoekom?”
Heiliges, bemoedig hom! Moenie vergeet van die prys wat hy betaal het nie. Hy
het gedoen wat so min van julle doen, en dit is om op te staan teen die menigte
en uit te spreek teen dit wat julle weet boos is.
Homoseksualiteit vier hoogty. Kinders word op ‘n baie jong ouderdom, in
kleuterskole, gebreinspoel sodat hulle dink dat homoseksualiteit en huwelike van
dieselfde geslag normaal is. Wat ‘n stank het die politiese en regstelsels nie
in YAHUVEH se Neus geraak nie. Die kerke van Babilon verwelkom dit en moedig
hulle gemeentes aan om nie uit te spreek teen sonde en sondaars nie. Binne-in
die georganiseerde Kerke staan dit wat YAHUVEH ‘n “gruwel” [11] noem agter die
preekstoele, en noem hulself predikers.
Die minderheid Heilige oorblyfsel in hierdie kerke word weggejaag,
of verwerp of beledig.
Die pastore lieg vir die gemeente en sê,
“Enige dag kan ‘n Sabbat wees”,
en hou aan met die mensgemaakte Sondag.
Hulle sal binnekort ween
vir dit wat hulle sal maai...
omdat hulle dit leer en doen.
Elisabeth [Elisheva], onthou jy hoe die “Banket Tafel Droom” soos ‘n realiteit
gevoel het? Dit is omdat EK die EEN IS wat jou Hemel toe geneem het om vir jou
’n herinnering te gee terwyl jy jou kop liefdevol op MY Skouer neergelê het, in
dit wat jy “Die Banket Tafel Droom” noem.
MY NAAM IS “MOMMA SHKHINYAH”.
EK IS DIE HEMELSE MOEDER-LIEFDE
waarna jy nog altyd verlang het.
EK het dit gedoen om vir jou te wys dat…
jy nie ‘n kind sonder ‘n moeder is nie
net so ook is jy nie ‘n kind sonder ‘n vader nie.
YAHUVEH & EK is jou HEMELSE OUERS,
net soos ONS die OUERS is van almal –
wie se name gevind word in die LAM se Boek van die Lewe.
EK vertel hierdie dinge vir jou omdat jy vir ‘n leeftyd bedroef was en ‘n
leegheid gevoel het, net soos ander dit ook nou voel, altyd opsoek na ‘n aardse
moeder en vader se liefde, en tog het julle HEMELSE OUERS gekry wat julle nooit
sal verlaat of op enige manier sal seermaak nie.
EK vertel hierdie dinge aan julle sodat ander – wat dieselfde leegheid voel, wat
ongeredde ouers het wat weier om YAHUSHUA as MASHIACH aan te neem, as die
enigste MESSIAS – sal besef dat wanneer hulle in YAHUSHUA is, hulle niks sal
kortkom nie. Hulle het beide ‘n HEMELSE VADER en ‘n HEMELSE MOEDER en ONS is
GEES, (Joh. 4:24) net soos alle mense was, voordat hulle op die Aarde gebore
was. Soos dit geskryf staan, “Vlees en bloed kan nie in die Koninkryk van die
Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50)
EK deel hierdie Geheim vanuit die Hemel, sodat diegene wat MY GELIEFDE SEUN
YAHUSHUA liefhet en HOM aanneem as MESSIAS, nie sal val vir die leuens van die
mensgemaakte gelowe en YAHUSHUA se aardse moeder, Maria, sal aanroep tydens
hulle sterwensuur nie. In plaas daarvan roep uit in die NAAM van YAHUSHUA HA
MASHIACH en bely jou sondes en vra vir Genade. Herinner hulle aan die Heilige
Skrif waar YAHUSHUA se eie gesproke woorde aangehaal word. Johannes (Yohanan)
10:1-30.[12]
Geen aardse ouerliefde kan vergelyk word met ONS Hemelse Liefde nie. EK vertel
jou hierdie dinge sodat jy dit met al ONS kinders kan deel, veral met die wat ‘n
leegheid in hulle lewens het, waar hulle nooit die liefde van ‘n aardse moeder
of vader geken het nie. EK praat met almal wat emosioneel, fisies en seksueel
mishandel is en wat verlang het na die liefde van ‘n Heilige vader en 'n moeder.
Neem YAHUSHUA aan as jou MASHIACH (MESSIAS) en laat MY toe om jou op te vul met
MY HEILIGE LIEFDE, TEENWOORDIGHEID & SALWINGSKRAG; laat MY toe om jou “MOMMA
SHKHINYAH” te wees.
EK IS dieselfde EEN wat jy HEILIGE GEES noem.
EK IS die EEN wat jou van reg en verkeerd leer, net soos dit die werk is van
‘n Heilige aardse moeder om jou op dieselfde wyse te lei.
MY geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], vertel vir hulle namens MY, as hulle
maar net hierdie Openbaring sal aanvaar, sal hulle nooit weer daardie leegheid
binne in hulle voel nie.
In die Manuskripte van Ouds
lees en kyk:
“WYSHEID” word verwys na ‘n “SY”;
En in die Skrifte van Ouds,
word EK IS[13] —verwys na as “SY”;
Bestudeer en bewys julleself waardig.
Almal wat hierdie woord betwyfel en jou aanval, omdat jy hierdie geheim nou
voortspreek, is of nie van MY HEILIGE GEES nie en hulle name is ook nie in die
LAM se Boek van die Lewe nie – YAHUSHUA se skape hoor SY Stem – of hulle het ‘n
mate van geloof, en verkies om nie te twis nie en om die verkeerdelik vertaalde
Nuwe Testament, waar die woord “HY” in plaas van “SY” gebruik word, eerder te
volg.
Hulle verkies om die leerstellings van ‘n mens te volg, in plaas daarvan om MY
GEES & WAARHEID wat EK vir hierdie Eindtyd bewaar het, te volg. Almal wat
hierdie lees, dit is jou keuse of jy in ‘n dieper Intimiteit wil loop of nie,
met die EEN wat jy die HEILIGE GEES noem. EK forseer niemand om dit te doen nie.
Die Bruid van YAHUSHUA sal verheug wees oor hierdie nuwe Openbaring, omdat hulle
altyd op soek is om die geheime van die Hemel te ken.
Daar is Drie Regerende Trone. YAHUVEH sit in die middel, YAHUSHUA HA MASHIACH
sit aan die regterkant van YAHUVEH, en EK, jou "MOMMA SHKHINYAH", sit aan die
linkerkant. Al DRIE VAN ONS regeer in die Hemel in gelykheid en is
MEDE-SKEPPERS. Tog is daar net een MASHIACH, genaamd YAHUSHUA. Alleenlik deur
YAHUSHUA se NAAM & BLOED is daar redding vir die mense op Aarde.
YAHUSHUA is die enigste DEUR VAN REDDING wat na die Hemel lei. Enige een wat
probeer inkom deur ‘n ander naam of weg, sal net die deur vind wat na die hel
toe lei. Moenie mislei word nie. Daar is baie gelowe, maar net een deur na die
Hemel, en dit is deur die NAAM & HEILIGE SONDELOSE BLOED wat geoffer is deur
YAHUSHUA.[14]
Die een-wêreld-geloof wat daarna streef om alle gelowe en alle mensgemaakte
leerstellings as een te kombineer, is ‘n leuen en sal slegs siele lei na die
hel.
Die geheim van MY NAAM was in die Boek van Daniël verseël. [15] EK stel dit nou
op hierdie tyd vry om al MY Heilige kinders aan te moedig wat honger is en sterk
Geestelike Vleis wil eet, omdat hulle alreeds maklik die Melk Van Die Woord
verteer het. Hierdie is gevaarlike dae en daar is nog erger dae wat voorlê.
YAHUSHUA het beloof dat Johannes (Yohanan) met water gedoop het, maar YAHUSHUA
doop met die VUUR VAN DIE HEILIGE GEES. Dit is MY HEILIGE VUUR waarvan HY praat.
EK IS die RUACH HA KODESH;
En EK IS YAHUSHUA SE HEMELSE MOEDER.
YAHUVEH is SY HEMELSE VADER.
EK IS “MOMMA SHKHINYAH GLORY”!
En dit is MY HEILIGE LIG wat skyn uit die gesigte van MY Heilige kinders wat ONS
waarlik liefhet, aanbid en gehoorsaam is aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & MY, DIE
RUACH HA KODESH. Dit is deur MY Salwing dat alle dinge deur die NAAM van
YAHUSHUA moontlik is. [16]
Het julle MESSIAS, YAHUSHUA, nie vir julle vertel dat HY die aarde moes verlaat,
maar dat HY julle nie alleen sou laat nie, maar dat HY vir julle die
TROOSTER[17] sou stuur? – En EK IS die EEN wat julle angs wegneem en julle
aanmoedig, leer en vertroos soos ‘n moeder, is EK nie?
EK IS “MOMMA SHKHINYAH GLORY!”
EK IS die HEILIGE GEES wat na die bo-vertrek gekom het met MY HEILIGE WIND en
HEILIGE VUUR soos dit in die Boek van Handelinge vertel word. (Hand. 2:1-4) EK
het die Dissipels met MY HEILIGE SALWINGS VUUR gevul, terwyl hulle op MY gewag
het in die Bo-Vertrek.
EK IS die EEN wat soos ‘n MAGTIGE WIND in die Bo-Vertrek ingewaai het en dit is
die rede hoekom EK deur jou, Elisabeth [Elisheva], geboorte aan hierdie
Bediening geskenk het, om te bedien aan die Jode en Heidene – en EK het die naam
van hierdie Bediening gegee, “ALEPH AND TAV[18] ALMIGHTYWIND RUACH ha KODESH
FIRE Ministry!”
Geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], in die begin, nog voordat jy van jou
Hebreeuse herkoms geweet het, was jy maar steeds deel van die georganiseerde
“Pentecostal” kerke. Tog is dit EK, “MOMMA SHKHINYAH”, wat aan hierdie Bediening
die naam, “ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND HOLY GHOST FIRE Ministry” gegee het! Asook
die naam, “AMIGHTYWIND”. EK het geweet dat jy eendag gebruik sou word om Geheime
vanuit die Hemel te deel met MY Heilige saad.
Dit is EK, “MOMMA SHKHINYAH” wat jou, Elisabeth [Elisheva], gewaarsku het, nog
voordat jy van die Internet gehoor het, om nie hierdie Bediening na jouself te
vernoem nie. En EK het jou ore gesalf, sodat jy YAHUVEH se stem hardop kon hoor,
wat jou wakker gemaak en gewaarsku het, dieselfde dag wat Jimmy Swaggart geval
het en [sy sonde] voor die hele wêreld erken het.
YAHUVEH het jou daardie oggend wakker gemaak en gesê,
“Wees gewaarsku, elke bediening wat na ‘n mens vernoem is, sal val. Wanneer die
skaapwagter val, spat die skape uitmekaar” (21 Februarie 1988).
Trots vind ingang wanneer ‘n man of vrou dit doen.
So pas op – Joyce Meyers, Marilyn Hickey, Juanita Bynum, Paula White, Jan
Crouch, Paul Crouch, Creflo Dollar, T.D. Jakes, Jessie Duplantis, Joel Osteen,
te midde van ontelbare ander, beide vrouens en mans – julle was eens op ‘n tyd
so nederig, gevul met MY GEES, maar is nou gereed vir ‘n groot val.
As gevolg van julle trots, sal julle van julle voetstukke afgeslaan word. Indien
julle nie berou toon oor julle bose weë nie, sal dit wat in die geheim gedoen
is, van die huise se dakke af bekend gemaak word en julle sal onder julle eie
voetstukke begrawe word.
Dit geld vir alle bedienings wat na hulself vernoem is. Geen gewone mens het die
ABSOLUTE OPOFFERING betaal om dit te kan doen nie en julle was deur hierdie
Profeet gewaarsku, deur Profetiese Boodskappe oor en oor gewaarsku. Wanneer
julle voor YAHUVEH te staan kom, sal julle moet verduidelik oor hoekom julle ONS
Eer gesteel het en eer vir julleself opgehoop het, sodat julle aardse name
opgehef kon word, en nie YAHUVEH & YAHUSHUA, of EK, die RUACH HA KODESH s’n nie!
ONS deel ons Eer met geen man of vrou nie![19] Julle wat dit doen, sal maar op
die harde manier moet uitvind wat gebeur met die wat dit wel gedoen het.
‘n Waarskuwing aan diegene wat hulleself “Heilig” noem en dink dat hulle waardig
genoeg is om ‘n kroon op te hê en ‘n septer rond te dra en op ‘n troon te sit –
en lang priesterlike klere te dra – en kwytskelding doen vir ander se sondes.
Net YAHUSHUA HA MASHIACH het die ABSOLUTE PRYS betaal – om die enigste HEILIGE
SONDELOSE MENSLIKE BLOED VERSOENING vir ‘n sonde-offer te wees.
YAHUSHUA is perfek en sondeloos in alle opsigte. Nie eens ‘n Gedagte van sonde
het by HOM opgekom nie! Hoe durf jy mense leer om jou te aanbid en ONS Lof, Eer
en Heerlikheid te steel! Hoe durf jy dat ander voor jou buig en jou hand soen en
by jou voete kniel? Wanneer hierdie lewe verby is, sal jou volgende woning die
vlamme van die hel en die Poel van Vuur wees.
Jy is gewaarsku. Watter prys het jy betaal om dit te kan doen? Is jy sondeloos?
Het jy jou lewe as ‘n offer gegee, gesterf en weer op die derde dag opgestaan en
40 dae later na die Hemel opgevaar? Sit jy nou aan die regterhand van YAHUVEH?
Niemand wat hierdie dinge toelaat, en mense lei om te glo dat dit nie sonde is
nie, is ‘n ware Heilige Profeet nie. Want julle ken nie die geheime wat
alleenlik vir YAHUVEH se Profete bewaar word nie – hulle wie HY SY vriende noem.
‘n Ware Profeet is een wat vertrou word met die Geheime van YAHUVEH.[20]
Wees gewaarsku! Almal wat agter hierdie valse aardse gode aangaan en hulle
ondersteun sal dieselfe lot maai. Bekeer jou vandag voordat dit te laat is
indien julle enige bediening ondersteun wat nie waarsku teen die gevaar van die
een-wêreld-geloof [of enige bediening wat nie] waarsku teen sonde nie, ongeag
die prys wat hulle in hierdie wêreld moet betaal.
Die meerderheid wat beweer dat hulle Christene is, is inderwaarheid louwarm en
hulle het ‘n kompromie aangegaan. Die pastore is ‘n stank in MY neusholtes en
hulle jaag enige een wat gesalf is, wat hulle van hierdie dinge waarsku, by die
deure van die kerk uit.
EK IS “MOMMA SHKHINYAH”, die EEN wat voortspreek in Heilige tale, net soos dit
in die boek van Handelinge beskryf word.
EK IS "MOMMA SHKHINYAH", "MOMMA WISDOM" (MOMMA WYSHEID)
Ander noem MY DIE HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH
– hierdie is MY Titel, en dit is MY Beskrywing van WIE
EK IS, die GEES VAN YAHUVEH. ONS IS ALMAL EEN.
Diegene wat dit verkies om hierdie NAME te gebruik, is die mense wat waarlik
begeer om ‘n groter intimiteit met die RUACH HA KODESH te hê, julle kan MY noem:
“MOMMA SHKHINYAH” of “MOMMA SHKHINYAH GLORY”,
of “MOMMA WISDOM” of “MOMMA RUACH HA KODESH”.
Net om te hoor dat jy MY erken
– as "MOMMA" – sal MY verbly.
Toets MY en kyk of dit nie jou liefde vir jou “MOMMA SHKHINYAH” nog meer sal
aanvuur nie!
Baie het al betreur en gewonder:
Waar is die wonderwerke van Tye van Ouds?
Omhels hierdie Nuwe Kennis wat EK nou voortspreek;
En gee aan MY krediet vir WIE EK IS.
Kyk en sien hoe die Salwing groei!
En julle sal weer tekens, wonders en wonderwerke sien,
in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!
Nietemin is dit jou keuse. Indien jy daarop aandring om MY ‘n 'HY' te noem, in
plaas van ‘n 'SY', dit is jou keuse, en jou verlies – van 'n Groter Intimiteit
met MY. Hierdie Intimiteit bring 'n Groter Salwing en EK sal vrylik meer
Openbaringe vanuit die Hemel met jou deel.
Moet MY nie verkeerd verstaan nie. Dit gaan nie oor jou Redding nie. Dit gaan
oor ‘n groter Salwing & Intimiteit met die EEN wat binne in jou tempel vertoef
[21] mits jou naam in die Boek van Lewe geskryf staan. Dit kan net gebeur as jy
YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het en HOM gevra het om al jou sondes weg te
was in SY GESTORTE BLOED by Golgota en dat jy berou het en wegdraai van sonde.
EK sal nie lank in ‘n onrein vaartuig bly nie. Moenie MY op hierdie manier toets
nie. Die wat Heilig is het meer Heilig geword, en die onheiliges het onheiliger
geword, in hierdie Eind Tye.
Julle ken die NAAM VAN YAHUVEH;
Julle ken die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH;
En nou, deur hierdie Bediening en Kringleier,
deel EK met julle, MY NAAM as,
“MOMMA SHKHINYAH” julle “MOMMA WISDOM”.
MY NAAM is voorbehou vir die wat ‘n begeerte het om te groei, in te drink en
meer te leer in MY HEMELSE MOEDER LIEFDE & STERKER HEILIGE GEES SALWING.
“MOMMA SHKHINYAH” is MY NAAM.
EK IS die SAGTE FYN STEM...
wat in ‘n Heilige Wind praat,
en wat jou aan die brand steek met Heilige Salwings Vuur;
Dit is hoekom jou liggaam warmer word
onder MY Gesalfde Aanraking.[22]
EK IS YAHUSHUA SE TROOSTER
& SY HEMELSE MOEDER.
YAHUSHUA is MY ENIGSTE GEBORE SEUN
net soos HY YAHUVEH SE ENIGSTE GEBORE SEUN is.
EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN.[23]
Moenie daardie titel aan enige ander een gee nie.
EK IS MOEDER NATUUR.[24]
Dit is YAHUVEH wat skep en voortspreek:
Byvoorbeeld, [YAHUVEH spreek], “Zebra, kom voort!”
En dit is EK wat die unieke strepe in elke zebra sit.
YAHUVEH skep en EK, “MOMMA SHKHINYAH”, versier.
ABBA YAHUVEH roep dinge in die lewe;
En EK jou “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, versier
alle skeppings.
Verstaan jy dit al?
YAHUVEH skep ‘n blom, maar dit is EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” wat hierdie blom
met reënboog kleure versier. EK maak elke blomblaartjie uniek. EK bepaal die
hoeveelheid blomblaartjies op elke blom – en EK gee die skoonheid in die
teksture en die geure.
In alles wat geskape word…
EK IS “MOMMA SHKHINYAH”
En EK plaas ook MY HEERLIKHEID in alles
wat julle ABBA YAHUVEH skep.
EK IS “MOMMA SHKHINYAH”
En EK doen die laaste afrondings werk op alle skeppings.
EK IS die EEN wat alles wat geskape word, net nog mooier maak.
YAHUVEH, YAHUSHUA & EK is MEDE-SKEPPERS.
EK IS die EEN wat die soete geur in ‘n baba se velletjie plaas.
EK IS die EEN wat elke mens uniek maak.
selfs identiese tweelinge het hulle eie uniekheid.
EK IS die EEN wat elkeen se “DNA” bepaal.
EK IS die EEN wat aan julle elkeen sy eie unieke,
identifiserende palm en vinger afdrukke gee.
EK IS julle “MOMMA” RUACH HA KODESH
– vir diegene wat verkies om daardie meer formele NAAM te gebruik –
en EK sê vir julle dat
EK die EEN IS wat die skitter in elke stêr plaas.
En vroue is in MY beeld geskape – net so seker as
wat mans in YAHUVEH se BEELD geskape is.
Volgens watter beeld dink julle is Eva gemoduleer? Waar dink julle kom die Skrif
wat sê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, EK sal vir hom ‘n hulp gee
wat by hom pas.” vandaan? (Gen. 2:18) Dit is omdat…
Soos YAHUVEH DIE VADER VAN DIE EEUE IS, DIE EWIGDURENDE EEN,
net so IS EK DIE MOEDER VAN DIE EEUE, DIE EWIGDURENDE EEN,
net so IS YAHUSHUA DIE EWIGDURENDE EEN.
ONS is DIE DEFINISIE VAN EWIGHEID.
YAHUVEH het voedsel geskape, maar EK het:
die verskeidenheid van resepte geskep, vir julle om die kos te geniet.
YAHUVEH het die tong geskape, en EK het:
die smaakkliere geskep.
Julle “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, julle “MOMMA WISDOM" het bepaal hoe elke kossoort
sal smaak. Gaan dit souterig smaak, soet, bitter, suur of gaan dit n spesery
smaak hê?
YAHUVEH het die reën geskape,
en EK, jou “MOMMA WISDOM”:
het die geur na die reën gemaak en die dou op die gras gesit.
YAHUVEH het sneeu gemaak
en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”:
maak dat elke sneeuvlokkie anders lyk.
YAHUVEH het die reënboog geskape
en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” kies:
die kleur spektrums vir daardie reënboog.
YAHUVEH skep
en EK, julle "MOMMA" RUACH HA KODESH,
plaas die laaste afrondingswerk op alle dinge.
Kyk maar self,
– wanneer julle nou rondkyk met hierdie nuut gevonde WYSHEID–
sal julle skepping met nuwe oë en ontsag sien.
YAHUVEH het die leeu geskape;
EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die leeu sy brul gegee.
YAHUVEH het die hond geskape;
EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die hond sy blaf gegee.
YAHUVEH het die kat geskape;
EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die kat sy “meow”
en sy geheimsinnige “purr” gegee.
EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, gee aan die voëltjies
die soete sang, sodat hulle ONS daarmee sal eer.
Sien julle nou die prentjie?
EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”, het julle so lief dat EK belowe het dat EK nooit MY
Heilige kinders sal verlaat nie (Deut. 31:6; Mat. 28:19-20; John.14:16; Efesiers
1:13-14) wie die prys wat YAHUSHUA by Golgota betaal het, aanvaar het – hulle
wat berou getoon het vir hulle sonde en weggedraai het van hulle sonde en wat
YAHUSHUA nou liefhet en dien en probeer om aan HOM gehoorsaam te wees. Geloof
sonder werke is dood. (Jakobus 2:14-26).
Wanneer jy weergebore word, is dit deur YAHUSHUA se NAAM & BLOED. Dit is MY
HEILIGE GEES wat in elke wedergebore kind, bly en vertoef. Dit is EK wat siele
na YAHUSHUA toe lei en julle van sonde oortuig wanneer julle sonde doen. Moenie
jou hart verhard wanneer EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”, julle oortuig van sonde
nie. Toon eerder gou berou en vra om vergifnis, sodat YAHUSHUA julle kan
vergewe.
EK sal nie vir baie lank in ‘n onrein werktuig bly nie. Onthou, as dit wat julle
met julle fisiese ore hoor, en dit wat julle met julle fisiese oë sien, en dit
wat julle met julle fisiese liggame doen, onheilig is, is julle besig om MY
geduld te toets. EK sal nie vir altyd teen mans en vrouens wedywer nie (Gen.
6:3). Tog is EK geduldig en sal EK dit vir ‘n geruime tyd verdra, vir YAHUSHUA
se ontwil, en vir die PRYS wat HY by Golgota betaal het. “Wees julle Heilig,
soos EK Heilig is” [25] en moenie die deur vir satan oopmaak, sodat hy kan inkom
en julle liggame kan oorneem nie.
EK waarsku julle nou, moenie MY dogter Elisabeth [Elisheva] stenig nie, of haar
as ‘n vals profeet uitkryt, net omdat sy MY Boodskappe voortbring nie. Wanneer
julle dit doen is julle besig om MY Gesalfde Boodskap te laster en daardeur
verdoem jy jou eie siel.[26] Daar is geen vergifnis hier in nie.
Vra jouself af, watter voordeel wil sy vir haarself trek, deur so ‘n Boodskap te
verkondig? Slegs vervolging van die georganiseerde kerke, en ‘n bespotting van
die vyande van MY & YAHUVEH & YAHUSHUA.
Voordat hierdie aarde gevorm was, is daar reeds lankal besluit wie van julle
gekies sou word en gehoorsaam sal wees en vir haar skryf en vir haar dankie sê
vir haar vrymoedigheid om gehoorsaam te wees om hierdie geheime Openbaring met
die wêreld te deel. Voordat hierdie aarde gevorm was, was jy gekies om deel van
hierdie Bediening te wees as ‘n helper. Jy het die Profesieë gelees en jy het
die Waarhede gehoor en jy het die mandate gelees dat jy Heilig moet wees.
Nou wil EK hê jy moet jouself hierdie vraag vra, as hierdie geheim aan jou gegee
was om te deel, sou jy die vrymoedigheid gehad het om dit vry te stel en die
vervolging te vat wat saam met hierdie Waarheid gepaard gaan? Diegene wat beweer
dat julle die HEILIGE GEES liefhet, hoekom is julle nie bly om hierdie geheim
van MY HEILIGE GEES, wat EK aan MY kinders bekend maak, te hoor nie? EK waarsku
julle, moet MY nie bedroef nie, omdat EK nie vir altyd met mense wedywer nie.
EK kan die sug van verligting hoor van diegene wat die Waarheid herken en tog
ook erken dat julle bly is dat dit eerder aan haar gegee is om voort te spreek
en nie aan jou nie. Diegene wat nou dankbaar is sal ‘n groter begeerte hê om
hierdie Bediening te help. Want julle sal besef hoe baie julle nou benodig word
in alle opsigte. Teen hierdie tyd behoort julle te besef dat hierdie nie ‘n
gewone Bediening is nie en dat sy nie ‘n gewone Profeet is nie.
Elisabeth [Elisheva] is nie ‘n “mooiweers” profeet nie. Sy profeteer nie net
woorde wat julle wil hoor nie, of woorde wat deur haar eie vlees kom nie –
alledaagse woorde wat enige een kan skryf nie.
Aan Ware Heilige Profete word daar Geheime gegee wat gereserveer word vir die
Vriende van YAHUVEH, YAHUSHUA, en die EEN wat julle die RUACH HA KODESH noem.
Hoe weet ONS dat ONS die Heilige Profete kan vertrou? Omdat daar geskryf staan,
hulle is alreeds in die Hemel getoets. Jeremia was al geken nog voordat hy in sy
moeder se skoot gevorm was, [27] net so was MY Profeet Elisabeth Elijah
[Elisheva Eliyahu], wat nou in MY NAAM voortspreek, ook geken.
Aan haar is die Heilige Mandaat gegee, maak nie saak wat die omstandighede is
nie, dat sy nogsteeds sal voortspreek in YAHUSHUA HA MASHIACH & YAHUVEH se NAAM,
vir ONS Lof, Eer en Glorie alleen! ONS stuur altyd die Profete om te waarsku,
voordat ONS die oordeel stuur. Moenie die gawe van Profesie verafsku nie (1
Thess. 5:16-22). Want die GETUIENIS VAN YAHUSHUA is die GEES VAN PROFESIE
(Openb. 19:10).
Sê dit nie so in die Heilige Manuskripte nie, en is dit nie bewys deur die
Profete van ouds [dat] “YAHUVEH deel SY Geheime met die Heilige Profete” (Amos
3:7)? Dit is ‘n geheim wat EK nou deur haar bekend gemaak het, sodat dit ‘n seën
sal wees vir hulle wat ‘n begeerte gehad het om die NAAM van die HEILIGE GEES te
ken, asook om ‘n Groter Intimiteit met MY te hê en in MY Liefde te deel.
Daar sal diegene wees wat hierdie nou lees, wat ook gevul is met MY HEILIGE
GEES, wat sal besef dat hulle tot dusver nog niks gedoen het om hierdie
Bediening te help nie, of om hierdie Profeet aan te moedig nie, maar sal in
dankbaarheid, van nou af alles doen wat hulle kan om ‘n seën te wees vir hierdie
Heilige Profeet en die Bediening. Groot sal hulle seëninge wees, wanneer hulle
saam werk in hierdie Oesland.
Aan al die ander wat hierdie nou lees en spot, wees versigtig. Onthou julle
laster nie net ‘n gewone vrou, wat net ‘n werktuig is wat EK gekies het om
hierdie geheime vanuit die Hemel te deel nie. Julle weet die Skrif waarsku wat
sal gebeur met die wat die HEILIGE GEES laster. Selfs nie eers die BLOED van
YAHUSHUA kan daardie sonde bedek nie (Mat. 12:31)! Wees versigtig, indien julle
nie verstaan nie, bedek eerder jou mond en bly stil. Bid en toets die gees wat
praat (1 Joh. 4:1).
Bestudeer die Ou Testament en ander vertalings en besef dat die Heilige Skrifte
sê, AL DRIE van ONS IS ‘N EENHEID. [28] Wanneer jy een van ONS misken, verwerp
jy ALMAL IN DIE HEILIGE DRIE EENHEID.
ONS is apart, en tog is ONS EEN. Watter deel van die gekookte eier is die eier?
Is dit die dop, eiergeel, of die eierwit? Is dit nie alles een nie? Saam is dit
‘n eier, en alles een. Nog, afsonderlik, is hulle heeltemal individueel. Kan jy
dit nog nie verstaan nie? Dit is hoe dit is met al DRIE VAN ONS, genoem DIE
HEILIGE DRIE EENHEID.
Hoe lank nog sal jy daarop aandring om te suig aan die Melk van die Woord? Is jy
nogsteeds nie daartoe instaat om sterk Geestelike Vleis te eet nie?
Julle wat Heilig lewe en waarlik die HEILIGE DRIE EENHEID eerste in jou lewe en
liefde stel, julle het die tyd geneem om ABBA YAHUVEH te leer ken. Julle het die
tyd geneem om YAHUSHUA te leer ken. Julle bid en gebruik HULLE HEILIGE HEBREEUSE
NAME. Wil julle nie ‘n Groter Liefde en Intimiteit hê met die een wat julle nou
HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH noem nie?
Dit is jou keuse. Dit sal nie jou Redding affekteer nie – solank jy nie hierdie
Woord van Kennis, wat EK nou deur hierdie Profetiese Kringleier, Elisabeth
Elijah [Elisheva Eliyahu] vrystel, vervloek nie. As gevolg van haar
gehoorsaamheid, sal hierdie Woord van Kennis soos ‘n klok lui regdeur die
wêreld.
Sommiges sal hulle ore toedruk en hardloop. Ander sal meer verlief word en ‘n
groter intimiteit hê, soos die van ‘n moeder en haar kind, sodat EK die Salwing
in hulle nog meer sal maak. Onthou, dit is die Salwing wat die jukke en die
bande breek (Jes. 10:27).
YAHUVEH en YAHUSHUA draai na MY, julle “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, wanneer HULLE
vertroosting nodig het. ONS sien die boosheid in hierdie wêreld raak en die
verwerping van die HEILIGE DRIE EENHEID, veral die verwerping van ONS GELIEFDE
SEUN YAHUSHUA. ONS hoor hoe YAHUSHUA se NAAM vervloek en verdoem word deur die
tonge van bose mense, waar hulle SY HEILIGE BLOED-OFFER terug gooi in SY gesig,
en HOM spot en verwerp.
Die bose mense in hierdie wêreld haat die Naam “Heilig” en [haat] almal wat
Heilig lewe wat bestem is om terug te keer Hemel toe, omdat hulle name geskryf
staan in die LAM se Boek van Lewe – geskryf voor die Grondlegging van hierdie
Aarde (Openb. 13:8 en Openb. 21:27).
‘n Woord vir diegene wat die ware Sabbat verdedig en wat die mensgemaakte
Sabbat, wat Sondag genoem word, ontbloot: wanneer die georganiseerde kerke teen
julle uitvaar en die Skrif van Jesaja 1:13-14 aanhaal, en hulle hierdie Skrif so
uit verband uit draai en sê, “Dit is nie nodig om die Sabbat van Vrydag sononder
tot Saterdag sononder, te onderhou nie.” Hierdie bybel teksvers is ‘n
waarskuwing aan diegene wat sonde doen en dit dan met die Sabbat, Heilige Feeste
& Nuwemaan Feesvieringe verbind.
Kan julle nie sien hoe dit YAHUVEH vertoorn nie? EK wil vir julle dit vertel.
YAHUVEH waarsku dat HY nie ongeregtigheid kan verdra nie. Ook kan HY nie die
samekomste of rituële van die Sabbat-onderhouding, Heilige Feeste, Nuwemaan
Feeste & Feesvieringe verdra, wanneer dit nie in absolute Heiligheid gedoen word
met Heilige hande wat opgelig word nie. Sónder die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA
HA MASHIACH, is dit alles tevergeefs.
Hoeveel van julle wat hier lees, woon kerke by op ‘n Sondag en noem julleself
Christene, Protestante of Katolieke? Julle woon kerke by, julle bid, sing, bely
julle sondes aan die priester of aan diegene wat voorgee dat hy ‘n pastoor is.
Julle gee julle tiendes, sodat almal kan sien en direk daarna gaan julle na die
kroeë om dronk te word en dan val julle net weer terug na julle sondige leefstyl
– ongeag watter dag van die week dit is.
Diegene van die Joodse geloof; die "YAH" van Abraham, Isak & Jakob sê dieselfde
vir baie van julle. Julle gaan na julle tempels, bely julle sondes voor ‘n man
wat julle 'n “rabbi” noem en julle kom bymekaar op die ware Sabbat. Julle hou op
werk en dan vermy julle alle kos wat nie “kosher” is om te eet nie. [29]
Alhoewel; dit is nie wat julle eet wat julle onheilig maak nie (Mat. 15:1-20).
Onheiligheid kom uit die mond en die sondige dade van jou vlees, wat jy aan
ander doen deur beide woord en daad. Enige iets wat jy in ongehoorsaamheid teen
YAHUVEH se “Torah” Wette doen, (1 Joh. 3:4), ook “Die Tien Gebooie” deur
Christene genoem, is sonde (Exodus 20:1-17; Deut. 5:4-21).
Net soos dit geskryf staan in Jesaja 1 (Yeshayahu 1), in Israel gaan julle nie
op ‘n Sabbat na die kroeë om julle sorge en sondes weg te drink nie, maar
nietemin, julle gaan tog ‘n kompromie aan met dit wat Heilig is. Julle het nie
opgestaan teen die Regering se “Zionistiese” [30] agenda nie, of die onskuldiges
verdedig nie. Daar is ‘n oorblyfsel in Israel wat Heilig is en wat gevul is met
MY HEILIGE GEES, en hulle profeteer en hulle teken protes aan teen aborsie,
homoseksualiteit, onsedelikheid, en hulle het YAHUSHUA as hulle MASHIACH
aangeneem.
Waar is diegene met die gees soos die van 'n Koning Dawid, wat ‘n man so na
YAHUVEH se Eie Hart was (Hand. 13:22)? Dawid het geweet hoe om te berou oor sy
sondes en dit te bely, hoe om lofprysing te bring en hoe om te bid vir leiding
en daardeur oorwinning te behaal, deur sy gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Koning
Dawid het ook geweet dat YAHUSHUA sou kom as die MASHIACH, omdat hy YAHUSHUA se
HEERLIKHEID in Profetiese Openbaring aanskou het (Ps. 2:7; 12; 16:8-11; 110).
YAHUVEH en YAHUSHUA en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” bedek ONS ore en oë in
droefheid, wanneer ONS hoor hoe hulle, wat beweer om Heilig te wees, byeenkom en
afskuwelike vloek woorde gebruik, egbreek met hulle oë, hulle gedagtes en hulle
liggame – dit vul met wellus en selfs agter dieselfde geslag aangaan met wellus
– en alle soorte sondes doen teen alles wat Heilig genoem word.
Gaan julle regtig probeer om oor die hel te leun, net om te kyk hoe ver kan
julle leun, voordat julle kop eerste daarin val? Staan daar nie geskryf nie;
“Wees Heilig net soos EK Heilig is”? Hou op om verskonings te maak vir julle
sondes. Draai eerder weg van satan se vangstrikke af.
“Kom laat ons hierdie ding saam uit redeneer” (Jes. 1:18) Dink julle regtig
julle het nou ‘n lisensie om sonde te doen, noudat julle die tyd neem om in ‘n
kerk of tempel bymekaar te kom? Dit is dan ook dieselfde sondes waarvoor julle
vergifnis vra en dan omdraai en dit opsetlik weer doen! Deur dit wat julle doen,
bewys julle dat julle nooit die bedoeling gehad het om weg te draai van sonde
nie. Julle flous niemand nie! En diegene wat julle heidene noem, bespot julle
agter julle rug! Want julle is niks anders as hulle nie!
Net soos ‘n aardse moeder haar kinders troos, doen EK, – “SHKHINYAH”, julle
RUACH HA KODESH, julle “MOMMA WISDOM” nog soveel meer. EK leef in julle, en EK
werk deur julle en dit is deur MY Heilige Salwing dat EK manifestasies van
tekens, wonders en wonderwerke doen.
Dit is deur MY SEUN YAHUSHUA se NAAM, en dit is as gevolg van SY BLOED-OFFER dat
MY HEILIGE SALWING alle jukke en bande breek. EK IS die RUACH HA KODESH en EK IS
nie ‘n “HY” nie. Toe die mens die Nuwe Testament vertaal het, het hy die letter
“S” vervang met die letter “H”. Die woord moet “SY” wees, en nie “HY” nie. EK IS
‘n “SY”.
Elisabeth [Elisheva], wees gewaarsku; diegene met ‘n gees van godsdiens wat ‘n
vorm van goddelikheid het, maar wat geen GODDELIKHEID van binne het nie, (2 Tim.
3:5) sal jou aanval. Hulle het nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met
YAHUVEH & YAHUSHUA nie, en hulle sal skuldig voel en jou aanval en jou
allerhande slegte name noem.
Onthou, dit is nie jou boodskap wat hulle aanval nie, maar die Hemel se
Boodskap. Wees verseker, daar is diegene wie se name in die LAM se Boek van die
Lewe is, wie sal bly wees en sê dat hulle altyd die antwoorde wou gehad het, om
meer te weet oor WIE die HEILIGE GEES is. Hulle sal bly wees en weet dat hulle
weet, dit is die Waarheid wat vertel word. Baie het al gewonder of dit nie so is
nie, maar hulle het dit nie gewaag om te praat nie, omdat hulle bang was dat
hulle gespot sou word.
MY Naam is "MOMMA WISDOM", en EK sal nog meer Wysheid vir jou gee, as jy MY vra:
“MOMMA WISDOM”, “help my in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek wil vir nog
meer van U Wysheid vra!” Probeer dit en kyk of EK dit nie vir jou sal doen nie.
Kyk of jou salwing nie sal groei nie. Maar onthou, dit is slegs deur YAHUSHUA se
NAAM wat EK ‘n Soentjie (van Gebed) na YAHUVEH toe kan blaas, sodat jou gebede
beantwoord kan word.
Elisabeth [Elisheva], EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH” en EK sal vir jou die Geheime
wys wat in die Heilige Skrifte geopenbaar is, sodat EK jou kan help om MY
Heilige mense te leer WIE DIE HEILIGE GEES waarlik is.
Julle is geleer dat die RUACH HA KODESH manlik is, nie vroulik nie. As gevolg
van die manier hoe vertalers die Manuskripte van Ouds verkeerdelik vertaal het,
word EK nou ‘n “HY” genoem, i.p.v ‘n “SY” – hoofsaaklik omdat manlike ydelheid
nie wou hê dat dit moet bekend word nie, en so ook satan.
Dit is EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, wat jou na YAHUSHUA HA MASHIACH toe lei [WIE]
jou doop met MY HEILIGE VUUR, wat julle die HEILIGE GEES noem. Dit is EK, jou
“MOMMA SHKHINYAH”, wat jou raad gee. EK kan ook genoem word “MAMA RUACH HA
KODESH” of “MAMA RUACH”, dit is jou keuse. EK gee jou raad, EK leer jou, en EK
spreek nou voort deur hierdie nuwe Salwing wat EK aan jou gegee het, Elisabeth
[Elisheva]. En diegene met geestelike ore wat kan hoor, sal glo, en hulle sal MY
Stem nog meer duidelik hoor op ‘n manier wat hulle MY nog nooit van tevore
gehoor het nie.
Geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], EK het aan jou die Salwing gegee om
hemelse Heilige Tale voort te spreek en uit te lê wat deur die Hemelse Tale
gespreek word. Jy spreek in tale van hemelse Heilige engele en ook in
verskillende tale van mense.
Jy kan die tale verstaan, net omdat EK aan jou die gawe van uitlegging in jou
eie taal gee. Daar is kere wat EK jou beskerm, sodat jy nie weet wat jy bid nie,
omdat dit jou vlees sal oorweldig terwyl jy in hemelse Heilige tale spreek.
Ander kere verkies EK dit om deur jou voort te spreek in die Heilige tale, van
die mensetale wat jy nog nie geleer het nie (Hand. 2:4), maar die meeste van die
tyd is dit die tale van hemelse Heilige engele, net soos die Skrif sê in die
Boek van 1 Korintiërs 13:1.
Wanneer EK dit verkies om deur jou te spreek in tale van ‘n Heilige engel, en
daar word geen uitlegging aan jou gegee nie, is dit omdat satan en sy demone nie
kan verstaan wat jy bid of wat gesê word nie. Dit is nie vir hulle ore om te
hoor nie.
Dit is nie altyd vir jou nodig om die uitlegging van die tale te kry nie, maar
YAHUVEH hoor en HY beantwoord jou gebede, alhoewel jy baie keer nie weet
waarvoor jy bid nie.
Soms bid jy vir mense wat jy nie eens ken nie – jy tree in vir Heilige mense
regoor die wêreld. Baie keer bid jy vir jou eie peroonlike behoeftes of vir
genesing vir jouself of ander. Baie keer bid jy vir seëninge vir die Heilige
Bruid & Gaste, of vir Genade & Redding van die swart skape om terug te draai na
die ENIGSTE GOEIE HERDER, YAHUSHUA HA MASHIACH.
Ander kere bid jy vir YAHUVEH se Oordeel & Wraak oor die dienaars van satan, en
oor diegene wat bestem is vir YAHUVEH se Parskuip van Woede. Daar is GEEN
afstand in gebed nie. Bestudeer en bewys jouself waardig. [31]
Het MY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH, nie gesê nie, “Johannes het wel met water
gedoop, maar EK doop julle met die VUUR VAN DIE RUACH HA KODESH” (Hand. 1:5)? EK
word ook die HEILIGE GEES genoem. YAHUSHUA gebruik MY om diegene wat Heilig is,
te vul, om oor te loop van MY Salwing, wat Heilige tekens, wonders en
wonderwerke is vir die wat waarlik YAHUVEH & YAHUSHUA liefhet en eerste in hulle
liefde en lewe stel.
Dit sluit YAHUSHUA se Bruid in, wat alles opoffer om die Heilige Mandate wat in
die Heilige Manuskripte uiteengesit is, te volg en te gehoorsaam, en hulle doen
dit uit liefde vir YAHUVEH & YAHUSHUA en doen hulle bes om gehoorsaam te wees en
Heilig te lewe. MY HEILIGE GEES vertoef binne in hulle aardse tempel, wat ‘n
liggaam genoem word.
Die Bruid van YAHUSHUA smag elke dag meer daarna om die HEILIGE DRIE EENHEID
beter te leer ken, en hulle is gehoorsaam aan elke woord wat ONS sê. En YAHUSHUA
se HEERLIKHEID skyn voort, uit hul gesigte en lewens. Hulle hou niks terug nie,
en hulle gee alles vir YAHUSHUA HA MASHIACH, tot SY Lof, Eer en Heerlikheid.
Soos daar in Handelinge 2:37-47 geskryf staan, die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH begeer om dinge te doen soos in die Tye van Ouds en om een te wees saam
met jou, en om hierdie Bediening te help en dit nie te verhinder nie.
Hulle sal dit doen vir een doel. Dit is om YAHUSHUA HA MASHIACH te Verheerlik!
MY dogter Elisabeth [Elisheva], sê die Heilige Skrifte nie, in die begin van die
skepping van die aarde: “Kom laat ons mense skape na ONS BEELD” (Gen. 1:26)? WIE
dink jy beteken, “'ONS' BEELD”?
Adam was na YAHUVEH se BEELD geskape, & Eva was na MY VROULIKE BEELD geskape.
Net soos Eva geskape was om Adam te help, net so word daar na MY, jou “MOMMA
SHKHINYAH”, in die skrif verwys as “HELPER” [32] EK IS MEDE-SKEPPER, saam met
YAHUVEH & YAHUSHUA. YAHUSHUA is ONS SEUN. Al DRIE VAN ONS het swaargekry en ‘n
PRYS betaal, sodat die mense wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf
staan, kan terugkom Hemel toe.
EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH”.
EK IS die EEN wat binne in jou liggaam, gees en siel woon.
EK IS jou Hemelse RAADGEWER, jou LERAAR.
EK IS GEES & WAARHEID.
EK IS die EEN wat jou die begeerte gee
om YAHUVEH & YAHUSHUA as GOD te aanvaar en te gehoorsaam.
EK IS die EEN wat jou die begeerte gee
om te sing, lofprysing en aanbidding te bring, tot YAHUVEH & YAHUSHUA.
Nou gee EK ook aan jou ‘n nuwe begeerte
en dit is om die EEN wat jou Salf, beter te leer ken,
jou RUACH HA KODESH, jou “MOMMA SHKHINYAH”.
Heilige kinders, EK is lief daarvoor wanneer julle sing en woorde van liefde tot
MY ook spreek. EK het geduldig gewag vir hierdie tyd. EK het gewag vir hierdie
Openbaring om vrygestel te word en dit is vanuit die Hemel beveel dat jy, ONS
geseënde Kringleier "Ringmaiden", Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu], die stem
sal wees wat hierdie Heilige Boodskap regdeur die wêreld sal lui. Dit is nog ‘n
rede hoekom jy YAHUSHUA se Kringleier “Ringmaiden” genoem word.
EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, ook die RUACH HA KODESH genoem, het jou gekies
Elisabeth [Elisheva], om die eer te hê om MY as “MOMMA SHKHINYAH” aan MY kinders
voor te stel. So baie Heilige kinders sal genees word van wonde wat hulle
aangedoen was, omdat hulle op hierdie aarde nooit die liefde, troos en
raadgewing van ‘n liefdevolle moeder geken het nie. En tog was EK nog altyd
daar. Nou het EK jou gesalf om MY Stem te hoor en dit aan hulle te vertel.
EK weet dat jy gehoorsaam sal wees!
Ongeag die prys wat jy sal moet betaal!
EK word 'WYSHEID' genoem, MY Vrug is die Sewe Geeste.
Bestudeer die Sewe Pilare wat in die
Boek van Openbaring genoem word. [33]
EK word genoem; GEDULD, UITHOU VERMOË;
EK IS GENADE, en soveel meer.
Bestudeer en leer nou WIE die EEN IS wat jou SALF.
EK IS soveel meer
as ‘N HEILIGE WIND of HEILIGE SALWINGS VUUR,
of ‘N SOETE GEUR IN DIE LUG.
EK IS – meer
as die SPREEK VAN HEILIGE HEMELSE TALE,
en PROFESIE & TEKENS, WONDERS OF WONDERWERKE.
EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH”,
ook genoem die RUACH HA KODESH
wat siele lei na YAHUSHUA HA MASHIACH.
EK IS DIE EEN WAT SALF
MET HEMELSE KRAGTE EN
MY NUWE WYN & VARS MANNA VANUIT DIE HEMEL STORT.
EK IS JULLE “MOMMA SHKHINYAH”
en EK deel MY Eer met GEEN vrou of man nie.
YAHUVEH, YAHUSHUA & EK is EEN.
Wanneer julle YAHUSHUA aanbid, aanbid julle terselfdertyd AL DRIE VAN ONS.
Indien julle dit verkies, kan julle MY “MOMMA RUACH HA KODESH” noem, ander kan
MY steeds DIE HEILIGE GEES noem, maar EK begeer om nog meer dinge bekend te maak
aan diegene wat begeer om ‘n groter Intimiteit met MY te hê.
EK waarsku nou, enige een wat die realiteit van die Heilige gawes van die RUACH
HA KODESH, dit wat Shaul (Apostel Paulus) vir julle geleer het, verwerp of
beledig, BEKEER NOU. Want julle het in so mate beledig en bedroef dat julle
siele in gedrang is!
EK spreek nou voort in die NAAM wat julle erken as YAHUSHUA.
Indien julle nie berou toon nie is julle verdoem tot in ewigheid!
Diegene wat daarop aandring om die HEILIGE GEES, (RUACH HA KODESH), en die gawes
van die HEILIGE GEES te verwerp en te bespot, julle name was nog nooit in die
LAM se Boek van die Lewe nie, of dit is uitgeklad, omdat daar, nog voordat jy op
die Aarde gebore was, in die Hemel besluit was of jou naam in die Boek van
Verdoeming, of in die Boek van die wat Uitgeklad is, sal wees, dan sal jou
volgende woning die hel wees.
Hier is ‘n geheim wat EK weer herhaal – deur Elisabeth [Elisheva]: [34]
Elke siel wat op hierdie aarde gebore word, was eers in die Hemel getoets
voordat hulle na die aarde gekom het, en dit is hoekom elke siel sy “eie redding
met vrees en bewing uitwerk” (Fil. 2:12). Jou siel weet alreeds of jy aan
lucifer se kant, of YAHUVEH se kant was, tydens die Groot Oorlog Van Verraad in
die Hemel, voor die Grondlegging van hierdie Aarde.
Dit is nie ‘n sonde wanneer jy nie die Gawes van Profesie, of die spreek in
Heilige tale van mense, of van Heilige engele verstaan nie – maar moenie teen
dit wat Heilig is spreek nie – net omdat jy dit nog nooit ervaar het nie, of
dalk ‘n slegte ondervinding met die vervalsing gehad het. Sommige wat nou hier
lees het ervaar om gevul te wees met demoniese tale. Moet dan nie die ware gawes
verwerp, omdat jy jouself, deur sonde, vir die valsheid oopgemaak het – of omdat
jou bloedlyn vol van die okkulte is nie.
EK, YAHUVEH, waarsku julle dat satan boos is in alle opsigte selfs om mense te
leer om godinne te aanbid, omdat hy weet dat die RUACH HA KODESH, julle "MOMMA
SHKHINYAH" die enigste HEMELKONINGIN IS.
Bestudeer wat die Woord “SHKHINYAH GLORY” beteken.
Bestudeer die Skrifte Elisabeth [Elisheva]
en jy sal vrede hê –
om hierdie Geheim vry te stel
wat vir hierdie tyd bewaar is.
Dit sal so baie wonde genees, net soos jy ‘n leemte in jou gehad het vir ‘n
MOEDER SE LIEFDE, en besef jy dat jy genees is, so sal ander ook genees word
omdat die leemte gevul is.
Nadat jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het, word jy in ‘n oogwink gevul met
MY HEILIGE GEES, MY RUACH HA KODESH. Julle “MOMMA SHKHINYAH” is letterlik MY
GEES en daardie Gees vertoef binne in julle. Dit beteken ook dat EK deur jou
vleeslike oë sien, en deur jou vleeslike ore hoor, en deur jou vleeslike liggaam
beweeg,
So moenie MY bedroef nie.
Moenie aanhou om MY te toets nie.
Dit geld vir almal wat YAHUSHUA HA MASHIACH as GOD, HERE, REDDER, AANGENEEM HET,
DIE ENIGE GEBORE SEUN VAN YAHUVEH, in die vlees gebore vanuit ‘n maagd, wat
HOMSELF oorgegee het as ‘n HEILIGE SONDE-OFFER, WIE gesterf het en op die derde
dag weer opgestaan het, en nou aan die Regterhand van MY, YAHUVEH, sit.
Almal wat daarna streef om gehoorsaam te wees, is met MY RUACH HA KODESH, MY
HEILIGE GEES, tot een of ander mate gevul. Sommiges is gevul met minder en ander
met meer namate hulle groei in kennis oor WIE YAHUSHUA is.
Waar dink jy kom die idee vandaan van ‘n Heilige man en vrou wat een moet wees?
Dit was eerste so gedoen in die Hemel. Jy het nie besef toe jy YAHUSHUA as jou
MESSIAS aangeneem het, dat jy terselfdertyd met ‘n HEMELSE MOEDER SE LIEFDE
gevul was nie. Die woord “trooster”– is wat ‘n moeder die beste doen.
EK IS jou “MOMMA RUACH HA KODESH”
en EK IS jou TROOSTER.
EK kalmeer jou, wanneer jy rustig moet word;
Wanneer jou emosies rou is,
en jy seerkry en bang en alleen is
of verwerp voel, of deurmekaar is.
EK IS DIE VREDE
WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN (Fil. 4:7)
EK IS DIE RUACH HA KODESH, jou "MOMMA SHKHINYAH"
wat aan jou Heilige Hemelse Moeder Liefde gee.
Dit was ‘n Geheim wat aan die Profeet Daniël, in die Boek van Daniël bekend
gemaak was, maar wat verseël was tot en met nou toe, vir ‘n tyd soos hierdie
(Dan. 12:4).
EK herhaal weer, nou is die tyd,
deur YAHUVEH bepaal–
vir MY Woord van Wysheid om vrygestel te word!
Dit is ‘n tyd wanneer die gees van godsdiens sal opstaan en wys hoe boos hy
regtig is. Die Fariseërs het ‘n gees van godsdiens gehad, en onthou hoe hulle
vir YAHUSHUA vervolg het? Nie net vir YAHUSHUA nie, maar alles wat (was en nou)
Heilig is. Die Heiliges moet nou saamstaan, mekaar help en beskerm, omdat “ ‘n
huis wat verdeel is nie kan staan nie” (Mat. 12:25).
ONS geliefde Kringleier "Ringmaiden" Elisabeth [Elisheva], hierdie is ‘n geheim
wat aan jou gegee was, toe die stemme van die sewe donderslae jou baie jare
gelede wakker gemaak het en met jou gepraat het.
Aan die leser van hierdie woord, bestudeer en bewys jouself waardig en bid vir
groter wysheid van Openbaring 10, want in die Sewe Donderslae, wat Elisabeth
[Elisheva] gehoor het, is sommige van die Geheime gespreek wat bekend gemaak is
in die Profetiese Boodskappe tot dusver.
Elisabeth [Elisheva] as jy die datum neergeskryf het, sal jy sien dat dit
ooreenstem met dieselfde tyd wanneer die Sewe Donderslae gespreek het, dag en
maand (8/27) – en alleenlik op daardie vasgestelde tyd en jaar sou dit aan die
wêreld op die Internet bekend gemaak word – soos dit nou daardie vasgestelde tyd
en seisoen is.
Elisabeth [Elisheva], voordat daar ‘n Bediening was, het jy net onthou hoe jy
wakker geword het van harde donderslae sewe keer agter mekaar. Dit was so hard
dat jy wakker geskud was, en tog het niemand anders dit gehoor nie, behalwe jy.
Die son het geskyn bo in die lug.
Die donderslag was EK, YAHUVEH, wat met jou gepraat het. Terwyl jy daardie
oggend alleen geslaap het, het EK jou wakker gemaak, eers met een harde
klapgeluid van ‘n donderslag wat jou wakker geskud het. Jy het venster toe
gehardloop en sonskyn gesien en jy het dadelik weer aan die slaap geraak – net
om weer op dieselfde manier wakker gemaak te word, sewe keer in ‘n ry, en dan
weer aan die slaap te raak terwyl jy MY biddend gevra het wat besig was om te
gebeur.
Dit het gebeur om 07h00 v.m.
Dit wat nou hier geskryf word, asook in die Profesieë, was op ‘n geheimsinnige
wyse, gedurende daardie tyd aan jou vrygestel, maar weer het jy dit nie geweet
tot nou nie. Dit was nie bestem om vrygestel te word nie, tot en met MY
tydsberekening. Op die vooraf bepaalde dag, maand en jaar sal jy weet dat jy die
volmag het om hierdie Openbaring vry te stel, asook vanaf watter land hierdie
Woord van Kennis vrygestel sal word met hierdie unieke Salwing.
Wees voorbereid, die bruid van satan, die dienaars van satan en die kinders van
satan sal jou aanval – satan wou hierdie Woord van Kennis ‘n geheim hou. Diegene
wat hulleself “Christene” noem, maar wat net ‘n vorm van goddelikheid het en nie
enige GODDELIKHEID van binne nie (2 Tim. 3:5), sal jou mondelings aanval, en tog
sal EK, YAHUVEH, jou vooruitgaan en jou oorloë vir jou veg.
Jare gelede, nog voordat jy geboorte aan hierdie Bediening gegee het, het jy
gebid en vir YAHUSHUA gevra wat gebeur toe jy die dawerende donderslae sewe keer
gehoor het. Hoekom het jy sewe keer wakker geword, gehardloop en by die venster
uitgekyk en dadelik weer aan die slaap geraak? EK deel ‘n Geheim met jou: die
sewe verteenwoordig ook die jaar 2007. Sewe is die nommer van perfeksie, en dit
is MY perfekte tydsberekening dat hierdie Woord van Kennis vrygestel word.
Onthou toe jy skielik onder leiding gevoel het dat jy ‘n studie moes doen oor
die Sewe Donderslae gevind in die Boek van Openbaring (Openb. 10:3-4)? Vir baie
jare het jy nooit die antwoord gehad nie tot nou. Dit was gedurende daardie tyd
wat EK, YAHUVEH, Geheime vrygestel het, gespreek deur die Sewe Donderslae –
geopenbaar terwyl EK dit nou voortspreek deur jou as ‘n Profeet tot die Nasies.
EK gebruik jou, omdat jy voor die Grondlegging van hierdie Aarde gekies was om
Aarde toe te kom om alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring aan MY, YAHUVEH,
YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, die een wat julle nou “MOMMA SHKHINYAH” of
“MOMMA WISDOM” noem. Jy was gesalf vir ‘n tyd soos hierdie.
Jy was gekies, voor die Grondlegging van hierdie Wêreld, om met MY RUACH HA
KODESH gevul te word – nog in jou heiden-ma se baarmoeder, waar jy gehaat,
verwyt en verwerp was. Nou is dit baie jare later, en jy besef dat dit "MOMMA
SHKHINYAH" was wat jou vertroos het. Dit sou jare later wees, voordat jy besef
wie jy is deur die NAAM VAN YAHUSHUA en dat SY BLOED-OFFER vir jou was by die
kruis van Golgota.
Jy was gekies, voor die Grondlegging van hierdie Wêreld, om geboorte te gee aan
hierdie Heilige Bediening, met ‘n Naam wat geen man of vrou se name insluit nie,
maar ‘n naam wat allleenlik die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID eer.
Elisabeth [Elisheva], jy is gesalf – soos Jeremia van Ouds , terwyl jy nog in
jou ma se baarmoeder was (Jer. 1:4-10) – om ONS Mondstuk te wees en aan jou is
die stem van ‘n Heilige Profeet gegee, wat in die wildernis van hierdie wêreld
uitroep. Slegs diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe gevind word,
sal die Waarhede van hierdie Bediening glo en dit ontvang, net so sekerlik soos
hulle YAHUSHUA as hulle MESSIAS aanneem.
Die dienaar is nie groter as die meester nie, en as hulle almal vir YAHUSHUA HA
MASHIACH aangeneem het toe HY op die aarde geloop het en mense geleer het en
wonderwerke gedoen het tot MY, YAHUVEH, se Heerlikheid, dan sou hulle ook vir
jou aanvaar het asook die Waarhede wat EK voortspreek deur hierdie Bediening.
Jy spreek die woorde voort wat EK, YAHUVEH gespreek het, wat YAHUSHUA HA
MASHIACH gespreek het, en nou word jy ook die unieke Gawe gegee om te hoor
wanneer jou “MOMMA SHKHINYAH” met jou praat. Hierdie unieke Salwing sal ook op
ander Heilige Profete voorkom, wat hierdie waarhede glo en aanvaar, en hulle sal
jou in hulle gebede bedek en jou ondersteun met hulle liefde en alles doen wat
hulle kan om ‘n seën vir hierdie Bediening te wees.
Elisabeth [Elisheva], EK IS jou “MOMMA SHKHINAYH GLORY”. EK IS die een wat jou
salf vir tekens, wonders en wonderwerke, en dit sluit in, profetiese eienskappe
en om in Heilige tale van mense en Heilige engele te bid.
EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH GLORY”. EK IS die EEN wat vir alle Heilige kinders
intree, terwyl EK jou gebede na die Troon van YAHUVEH dra, soos ‘n soen [35] wat
in die lug geblaas word, wanneer dit gedoen word in die NAAM VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Dit sluit ook die Naam van “JESUS CHRISTUS” in, vir nou, maar wees versigtig,
die seun van satan sal tydens die Groot Verdrukking, die naam van ‘Jesus
Christus’ vervals. EK sal op daardie stadium nie instaat wees om gebede in die
‘naam van Jesus’ te stuur nie, omdat die duiwel se eie saad ook die naam ‘Jesus
Christus’ sal gebruik.
Leer nou die HEILIGE HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA & YAHUVEH vir almal wat
geestelike ore het om te hoor en wat wil gehoorsaam wees. Leer en word vertroud
daarmee om die ware Hebreeuse NAAM – van die een wat meeste nou ‘JESUS CHRISTUS’
noem – te ken en te gebruik, nou, voordat dit te laat is. Sê vir die mense,
“Moenie wag tot die Groot Verdrukking om dan op die harde manier te leer nie.”
[Sien: “Why We Use the SACRED NAMES.” Op die webblad]
Roep dit uit totdat hulle dit hoor en hierdie boodskap regoor die wêreld lui.
Tydens die Groot Verdrukking sal daar ‘n groot misleiding plaasvind. En in
daardie tyd, sal YAHUVEH nie meer instaat wees om gebede in die naam ‘Jesus
Christus’ te beantwoord nie.
Alleenlik die HEBREEUSE NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH, sal Genesing, Bevryding en
Opstandings Krag hê! Want die een wat nou die seun van satan genoem word, sal
miljoene der miljoene – mislei met valse tekens, wonders en wonderwerke –terwyl
die naam van ‘Jesus Christus’, voor die hele wêreld vervals gaan word. Indien
moontlik, sal selfs die uitverkorenes mislei word (Mat. 24:24; Mark.13:22).
Wees versigtig, op hierdie oomblik is daar bose mense wat die gees van die
antichris het en hulle gebruik die naam ‘Jesus Christus’, maar hulle haat die
HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH. Want dit is ‘n aanhoudende herinnering dat
YAH RED! YAHUSHUA is die enigste MASHIACH (MESSIAS).
Elisabeth [Elisheva], jy het die stem van jou ABBA YAHUVEH gehoor, en jy het die
Stem gehoor en Boodskappe deur MY Salwing ontvang, van YAHUSHUA jou MASHIACH.
EK het geduldig gewag vir die tyd wanneer jy MY sal leer ken as die HEMELSE
MOEDERLIEFDE waarna jy altyd gesmag het. EK IS jou enigste MOEDER, en EK IS die
EEN wat jou salf en jou vertroos en aan jou raad gee. Dit is as gevolg van jou
“MOMMA SHKHINYAH”, dat jy MY Stil Klein Stemmetjie kan hoor, asook die Heilige
boodskappe wat vanaf YAHUVEH & YAHUSHUA kom. EK IS daardie STIL, KLEIN
STEMMETJIE wat met jou praat. Diegene wat hierdie woord nou betwyfel, sê MY,
wanneer was ‘n man se stem ooit beskryf as ‘n “sagte stilte” (1 Kon. 19:12)?
EK IS die EEN tot wie Koning Dawid van Ouds gebid het en gevra het dat EK hom
nooit sal verlaat nie. Hy het gebid, “Neem U (RUACH HA KODESH) HEILIGE GEES nie
van my weg nie” (Ps. 51:11).
Wanneer daar tot ‘n breekpunt gelaster en beledig word en ONS bedroef gemaak
word, is EK die een wat sê, "Genoeg is genoeg!" En EK stap weg en daar is nooit
weer hoop op redding vir daardie siel nie (die verworpene “reprobate”). Net die
Woede van YAHUVEH is al wat daardie persoon sal ken; hel en die Poel van Vuur is
daardie persoon se ewige woning.
EK is die RUACH HA KODESH, ook genoem in Aramees, die "AFGESONDERDE GEES" (“SET
APART SPIRIT”). EK IS ALLE WAARHEID, en slegs deur MY, kan enige een na YAHUSHUA
gelei word, om HOM aan te neem, wat ook die ENIGSTE WEG IS NA DIE HEMEL. EK word
die RUACH HA KODESH genoem, en die titels “HOLY GHOST & HOLY SPIRIT”, die
HEILIGE GEES. EK IS net HEILIGHEID, tesame met YAHUVEH & YAHUSHUA. ONS is almal
EEN, maar tog ook apart. ONS is die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID en daar is geen
ander nie. Tydens die Groot Verdrukking sal daar ‘n onheilige drie-eenheid wees!
satan is net ‘n nabootser – nie ‘n skepper nie.
Daar is GEEN ingang tot die Hemel sonder om te gaan deur AL DRIE VAN ONS: ABBA
YAHUVEH, YAHUSHUA en EK jou “MOMMA” RUACH HA KODESH.
Redding kom net deur YAHUSHUA SE NAAM & GESTORTE BLOED. En deel van MY werk is
dat EK siele na YAHUSHUA toe moet trek. En EK mis nie een siel nie, wat geskryf
is in die LAM se Boek van Lewe, (van) voor die grondlegging van hierdie wêreld.
EK stel nou hierdie geheim tot jou vry – saam met MY gawe van dapperheid om
voort te spreek en te profeteer soos geen ander Profeet ooit voorheen, openlik
in publiek, gedoen het nie. Daar is ander wat onderrig het dat EK vroulik IS,
tog het hulle nooit geprofeteer op dieselfde manier waarop EK vandag deur jou
voortspreek nie.
EK stel hierdie geheim vry sodat jy ander, wat waarlik YAHUVEH & YAHUSHUA
liefhet en eerste in hulle lewe en liefde stel, kan aanmoedig om MY “MOMMA
SHKHINYAH” ook te onthou. Want EK IS die HEERLIKHEID van YAHUVEH & YAHUSHUA, net
so seker soos ‘n Heilige vrou geskape was om die heerlikheid van ‘n Heilige man
te wees.
Wanneer jy aangeval word, omdat jy die NAAM van die HEILIGE GEES bekend maak –
MY NAAM wat “SHKHIYAH” is – en ook bekendmaak dat die HEILIGE GEES nie na ‘n man
se beeld gemaak is nie, maar in die van ‘n vrou, sê vir hulle om te studeer en
hulleself waardig te bewys (2 Tim. 2:15).
Noem die Boeke van Ouds dan nie – in die psalms en spreuke –[36] vir “WYSHEID”
‘n “SY” nie? Sê die Heilige Skrif dan nie, “Die Begin van WYSHEID is die Vrees
van YAHUVEH” nie (Spr. 1:7)? Herinner hulle ook dat die NAAM van YAHUSHUA, ook
gespel YAHSHUA, óók nie in die “KJV'” (King James Version) Bybel voorkom nie.
Net die naam ‘Jesus’ is daarin.
Dit moet julle weet: Die naam ‘JESUS CHRISTUS’ is, op hierdie tydstip, steeds
geëer en gesalf en red steeds siele, bevry en genees. Maar soos EK gewaarsku
het, in die Groot Verdrukking wat nou aan die kom is, sal die een wat nou die
antichris genoem word, ook homself “Jesus” noem.
Selfs nou het daar ‘n nabootser opgestaan en miljoene word nou mislei met die
naam ‘Jesus Christus’. Hy gaan selfs sover om vir die mense te sê dat hulle
hulself met die nommer 666 moet tatoeër om hul getrouheid aan hierdie bose man
te bewys. Hy noem homself die “seun van God” en sê vir die mense, “Daar is geen
ding soos sonde nie en die hel is ‘n leuen .” [37]
EK het MYSELF oor en oor herhaal, omdat hierdie Saad van Waarheid so kragtig is
dat satan die Tuin van Waarhede in hierdie Profetiese woord van Kennis sal wil
uitruk, voordat dit kan wortel skiet.
EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku hoekom dit so dringend is om die
HEILIGE HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA te leer [vertaal, beteken dit “YAH RED”],
WIE nou ook 'JESUS CHRISTUS' genoem word . Want tydens die Groot Verdrukking sal
slegs die NAAM VAN YAHUSHUA, die Salwing, Genesing, Bevrydings en Reddingskrag
hê. EK herhaal en waarsku weereens.
As die georganiseerde kerke hulle werk gedoen het, sou die mense nie mislei
gewees het nie.
Wees gewaarsku, dit sal die bekende TV evangeliste wees wat die massas na die
seun van satan sal lei, wat sal kom en die naam gebruik wat nou vertrou word
‘Jesus Christus’. Dit sal die bekende TV evangeliste wees wat hulle siele aan
satan vir roem en rykdom verkoop het wat valse, mensgemaakte leerstellings
verkondig en mense na hierdie vals ‘Jesus’ lei.
Tydens die Groot Verdrukking, sal die naam van ‘Jesus’ nageboots word deur die
seun van satan, wat nou die antichris genoem word. Hierdie antichris sal die
Naam van ‘JESUS’ besmet en onder die krag van satan, tekens, wonders en
onheilige wonderwerke doen in 'n naam wat bekend is aan die Christen Kerk, 'n
naam wat mense nou liefhet en vertrou: “Die naam van ‘JESUS CHRISTUS’.”
Die seun van satan, wat die antichris genoem word, sal verkondig dat hy ‘Jesus
Christus’ is. Hy sal daarop aandring dat almal hom aanbid en hom eer en Sondag
kerke bywoon en bymekaarkom en sy “merk” aanvaar (Openb. 13:16-18) – om sodoende
hul lojaliteit te bewys. Die antichris, wat in werklikheid die enige gebore seun
van satan is – sal weereens met ‘n gees van Judas en Hitler kom – die Skrifte
noem hom die “seun van vernietiging” of die “seun van die hel.” Die seun van
satan sal tekens, wonders en valse wonderwerke in satan se krag doen, tot eer
van satan.
EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku. Wanneer julle sien die verpligte
Sondag kerk wet word uitgevaardig, moet dan NIE die Sondag kerke betree nie
anders SAL JY JOU SIEL VERLOOR! EK het gewaarsku dat daar nou geleer moet word
wanneer die Ware Sabbat-Dag van Rus is [Vrydag sononder tot Saterdag sononder].
Hierdie is ‘n baie moeilike Boodskap vir Elisabeth [Elisheva] om te gee, omdat
die Christen Kerke dit nie wil hoor nie. Maar die van julle wat getrou was en
hierdie Waarhede voortgespreek het, julle weet dat jul die mandaat gegee is van
Esegiël 3:17-21.
Daar is ‘n Mandaat aan hierdie Bediening gegee om die mense te leer van die
HEILIGE HEBREEUSE “SACRED” NAME VAN DIE SKEPPERS en [dit sluit in] YAHUSHUA HA
MASHIACH.Wie anders kon EK beter kies om diegene te onderrig wat die NAAM van
DIE HEILIGE GEES wou leer?
Elisabeth [Elisheva], jy het vir YAHUVEH die NAAM van die RUACH HA KODESH gevra,
en EK het jou vertel. Nou gee EK aan jou hierdie Mandaat, om dit te deel wat aan
jou in die geheim bekend gemaak is. EK belowe jou dat diegene wat geestelike ore
het om te hoor, gehoor sal gee en hierdie Bediening sal ondersteun. En hierdie
Waarheid verdedig en ander onderrig.
Hulle wat kies om geestelik doof te bly, sal doof bly. Dit is NIE jou werk om
mense te oortuig nie, dit is SLEGS jou werk om gehoorsaam te wees en die
Profetiese Boodskappe & Woorde van Kennis vry te stel, soos dit uit die Hemel
aan jou toevertrou word. Elkeen wat hier lees of aan wie hierdie dinge geleer
word, sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle nou weet.
Einde van Profesie
Beledigend vir meeste & ‘n seën vir ander wat geestelike ore het om te hoor, wie
se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf staan.
‘n Kind, Vegter & Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.Apostel Elisheva Sherrie
Eliyahu.Vrygestel op 27 Augustus 2007
* * * * * * *
Dierbare Geliefdes,
Ter afsluiting. Ek het geskryf wat ek gehoor het en wat aan my vertel was om te
skryf. Ek het vir YAHUVEH, YAHUSHUA & “MOMMA SHKHINYAH GLORY” gevra of HULLE
seker is dat daar nie iemand anders is wat hierdie Woord op ‘n beter manier as
ek kan vrystel nie. Ek weet nie hoekom ek gekies was nie.
Maar, my werk is net om die HEILIGE DRIE-EENHEID te gehoorsaam. Ek vrees wat YAH
aan my kan doen, meer as wat ek vrees wat mense van my dink. Ek dank almal wat
aan ons geskryf het met bevestiging in hul gees t.o.v. die Woorde van hierdie en
ander Profesieë. Julle liefde en ondersteuning beteken so baie!
Ek sien daarna uit om julle te ontmoet in die Hemel indien nie hier op aarde
nie!
Elisabeth Sherrie Elijah(Elisheva Sherrie Eliyahu)
1
Nadat hierdie Profesie gegee was het Elisheva ‘n Openbaring ontvang van YAHUVEH
oor die spelling van SHEKINAH (SH’KHINAH) wanneer dit as 'n NAAM gebruik word,
met YAH ingesluit.
2
Sien voetnota 6.
3
Die Peshitta is die Siriese, Aramese bybel.
4
Die betekenis van verwek is “'om voort te plant as die vader', voortplanting.
5
Die Hebreeuse woord wat hier gebruik was is “Adam” wat beteken “mensdom” eerder
as die naam van ‘n individu.
6
Dit is nie om politeїsme te verdedig nie ook nie letterlik bedoel nie – want ons
glo in EEN GOD – maar dis om te wys dat GOD Ewig is en nie afkomstig is van die
Skepping nie.
7
John. 3:16 Want so lief het ELOHIEM die wêreld gehad, dat HY SY eniggebore SEUN
gegee het, sodat elkeen wat in HOM glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige
lewe kan hê.
8
Die Griekse woord vir Wysheid is “Sophia” ‘n vroulike naam; en in Hebreeus
“Hokmah”. Sien Hebreeuse bewys in “Our MOTHER, the HOLY SPIRIT”; lees Bybel
verse in “ WHO is MOTHER WISDOM?” en in die aanhegsel “Proof texts (KJV),
Feminine HOLY SPIRIT” [“LINKS” KOM]
9
Sien: “Don’t Worship the FALSE ‘Queen of Heaven’!”
10
YAHUSHUA is die BLOED OFFER daarom die hoofletters.
11
YAHUVEH het na baie dinge verwys as ‘n “gruwel” in die Profesieë wat HY gegee
het aan Profeet Eliyahu, insluitende pastore wat bedieninge vernoem na hulself,
aborsie, homoseksualisme, dieselfde-geslag huwelike. In hierdie geval verwys HY
na homoseksuele, wat aktief bedrywig is in hierdie sonde, en dit waag om in
kerke te preek.
12
Joh. 10:1-30
1 Amein, amein EK sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie,
maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep
sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die
skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
5 Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die
stem van die vreemdes nie ken nie.
6 Hierdie gelykenis het YAHUSHUA aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan
wat dit was wat Hy tot hulle gepraat het nie.
7 YAHUSHUA het toe weer vir hulle gesê: Amein, amein EK sê vir julle, EK IS DIE
DEUR van die skape.
8 Almal wat voor MY gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na
hulle geluister nie.
9 EK IS DIE DEUR; as iemand deur MY ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan
en uitgaan en weiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. EK het gekom, dat
hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 EK IS DIE GOEIE HERDER. Die GOEIE HERDER lê SY lewe af vir die skape.
12 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die
eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf
vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13 En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee
nie.
14 EK IS DIE GOEIE HERDER, en EK ken MY eie en word deur MY eie geken.
15 Net soos die VADER MY ken, ken EK ook die VADER; en EK lê MY lewe af vir die
skape.
16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. EK moet hulle
ook lei, en hulle sal na MY Stem luister, en dit sal wees een kudde, EEN HERDER.
17 Daarom het die VADER MY lief, omdat EK MY lewe aflê om dit weer te neem.
18 Niemand neem dit van MY af nie, maar EK lê dit uit myself af. EK het Mag om
dit af te lê en EK het Mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het EK van MY
VADER ontvang.
19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Yehudiem gekom oor hierdie woorde.
20 En baie van hulle het gesê: Hy is demoon-besete en is kranksinnig; wat
luister julle na HOM?
21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n demoon kan tog
nie die oë van blindes open nie.
22 En dit was die Fees van die Tempelwyding in Yerushalayiem, en dit was winter.
23 En YAHUSHUA het in die tempel gewandel in die pilaargang van Shelomoh.
24 En die Yehudiem het HOM omring en vir HOM gesê: Hoe lank hou U ons in
onsekerheid? As U die MESSIAS is, sê dit vir ons ronduit.
25 YAHUSHUA antwoord hulle: EK het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die
werke wat EK doen in die NAAM VAN MY VADER, dit getuig van MY.
26 Maar julle glo nie, want julle is nie van MY skape nie.
27 MY skape luister na MY stem, en EK ken hulle, en hulle volg MY.
28 En EK gee hulle die EWIGE LEWE, en hulle sal nooit verlore gaan tot in
ewigheid nie, en niemand sal hulle uit MY Hand ruk nie.
29 MY VADER wat hulle aan MY gegee het, is GROTER AS ALMAL; en niemand kan hulle
uit die Hand van MY VADER ruk nie.
30 EK EN DIE VADER is EEN.
13
Sien “The Mothering Side of GOD”
14
Joh. 14:6 En YAHUSHUA antwoord hom: “EK IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE,
niemand kom na die VADER behalwe deur MY nie”.
15
Dan. 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniél, want die Woorde bly verborge en
verseël tot die Tyd van die Einde toe.
16
Fil. 4:13 Ek is tot alles in staat deur die Messias wat my krag gee. Jer. 32:27
Kyk, EK IS YAHWEH, die ELOHIEM van alle vlees; sou enige ding vir MY te
wonderbaar wees? Luk. 1:37; 18:27 37 Want geen ding sal by ELOHIEM onmoontlik
wees nie. Mark. 10:27 27 Maar YAHUSHUA het hulle aangekyk en geantwoord: By
mense is dit onmoontlik, maar nie by ELOHIEM nie; want by ELOHIEM is alle dinge
moontlik.
17
John. 14:18-19 EK sal julle nie as wese agterlaat nie; EK kom weer na julle toe.
Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien MY nie meer nie; maar julle sien MY,
omdat EK lewe en julle sal lewe. 16:7 Maar EK sê julle die waarheid: Dit is vir
julle voordelig dat EK weggaan; want as EK nie weggaan nie, sal die TROOSTER nie
na julle kom nie; maar as EK weggaan, sal EK {HAAR} na julle stuur;
18
(Aleph & Tav is die Hebreeuse ekwivalent van die Griekse Alpha & Omega, elke
stel letters beteken A & Z of begin & einde.)
19
Jes.42:8 EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, "
sien ook Nahum 1
20
Amos. 3:7 7 Want die MEESTER YAHWEH doen niks tensy HY SY raadsbesluit aan sy
knegte, die profete, geopenbaar het nie. John 15:15 “EK het julle vriende
genoem,”
21 1 Kor. 3:16 16 Weet julle nie dat julle 'n Tempel van ELOHIEM is en die GEES
VAN ELOHIEM in julle woon nie?
22
Een aspek van die Salwing, of manifestasie van die TEENWOORDIGHEID van DIE RUACH
HA KODESH, is hitte wat die ligaam verwarm.
23
Sien: “Don't Worship the False 'Queen of Heaven'” bl. 4.
24
Hierdie is nie die ‘Moeder Natuur’ waarna verwys word in Profesie 4 op die
Amightywind & Almightywind webbladsye nie. Die tyd toe Profesie 4 gegee was, was
dit nog nie tyd vir die Woord t.o.v. die RUACH HA KODESH as ons HEILIGE MOEDER
in die Hemel, om vrygestel te word nie. In Profesie 4 verwys YAHUVEH na die
‘Moeder Natuur’ waarna weervoorspellers verwys, so ook Profeet Eliyahu (Elijah)
se ex-man toe hy gaan jag het en gesê het: “Ek het GOD nie nodig nie want ek het
‘Moeder Natuur’ “
25
1 Pet. 1:16 Omdat daar geskryf is: Wees Heilig, want EK IS Heilig. (1933
vertaling)
26
Mat. 12:31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe
word, maar die lastering teen die GEES sal die mense nie vergewe word nie.
27
Jer. 1:4-5 4 Die Woord van YAHWEH het dan tot my gekom en gesê: 5 Voordat EK jou
in die moederskoot gevorm het, het EK jou geken; en voordat jy uit die liggaam
voortgekom het, het EK jou afgesonder; EK het jou tot 'n Profeet vir die Nasies
gemaak.
28
Deut. 6:4 Hoor, Yisraél, YAHWEH is ons ELOHIEM; YAHWEH is EEN." Of {YAH is ons
GOD , YAH is EEN} sien ook 1 Joh. 5:7
29
In die Nuwe Verbond, het daar ‘n verandering gekom van priesterskap (van die
orde van Aaron tot Melchizedek) en daarom ‘n verandering in die toepassing van
die wet (Heb. 7:12) [“LINK” KOM]. So nou, deur YAHUSHUA, word die wet nou
aangewend op ‘n Nuwe & Lewende wyse (Heb. 10:20). Bv. wette oor skimmel,
melaatsheid en velkondisies (Lev. 13-14) is nie meer van toepassing op die
fisiese liggaam nie – maar geestelik op ‘n persoon wat besmet is met
moedswillige sonde totdat hy/sy bekeer (1 Kor. 5:9-11). Eerder as ‘kosher’
voedsel is die klem in die eerste plek op die dieet van die hart (gehoorsaamheid
aan die 10 Gebooie; Mat. 15:19). Rituele/seremoniële erkennings is van geen
waarde as dit gedoen word met ‘n onrein hart nie. Die rituele wette was gegee om
ons te leer van afsondering en Heiligheid. Om kashrut (kosher) te eet kan goed
wees maar dit is ‘n kwessie van persoonlike oortuiging (Mat. 15:11) en nie
verpligtend nie – vir die Heidene se onthalwe – soms moet dit oorgesien word.
(Luk. 10:7-8 1 Kor. 10:27) Sien ook : “Elijah on a Diet” [“LINK” KOM]
Mat. 15:10-11; 16-20 10 En HY het die skare na HOM geroep en vir hulle gesê:
Luister en verstaan! 11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie;
maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein." 16 Maar YAHUSHUA sê:
Is julle dan ook nog sonder verstand? 17 Begryp julle nog nie dat alles wat in
die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 18
Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dit wat die
mens onrein maak. 19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk,
hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 20 Dit is hierdie dinge wat die
mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein
nie.
30
Ons glo die Bybel en dat die land wat belowe was aan Abraham vir Israel, behoort
aan Israel, en dit is grond wat nie veronderstel is om weggee te word nie. Dus
glo ons in Bybelse Zionisme in die sin van die Heilige berg van YAHUVEH, genome
berg Zion. Maar daar word baie boosheid gedoen in die naam van Zionisme. Dit is
meer soos kommunisme wat die Bybelse etiket van “Zion” gesteel het – die
Zionistiese beweging wat gebasseer is op gierigheid, bloedvergieting,
verwoesting, moord en terrorisme – ‘n sekulêre beweging van korrupte politiek
wat spot met alles wat Heilig verklaar is deur YAHUVEH! Die Zionistiese Jode het
wette gemaak wat aborsies en homoseksualisme toelaat, waar die regering nie
omgee oor enige iets wat Heilig is nie, inderwaarheid bespot hulle die Torah
deur blatant daarteen te sondig!
31
“parskuip”, Openb. 14:19-20; 19:15; 'Geen afstand in gebed' 2 Kor. 1:8-11, Joh.
4:46-54; “bewys jouself waardig” 2 Tim. 2:15
32
Joh. 14:16, 26 ESV, NASB, ISV, GWT; Rom. 8:26
33
Die 7 GEESTE VAN GOD (Openb. 1:4, 3:1, 5:6), DIE SEWE PILARE VAN WYSHEID (Spr.
9:1), DIE 7 VUURFAKKELS VOOR DIE TROON VAN GOD (Openb. 4:5) en die 7 TAK-MENORAH
(Openb. 1:12, 2:1, genoem “kandelaars” in KJV) is almal dieselfde 7-voudige
GEES, alhoewel hierdie ook dalk die kerk/e kan verteenwoordig.
Hierdie is ‘n Openbaring gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu deur die HEILIGE
GEES.WYSHEID IS ‘n “LEWENSBOOM’” in Spreuke en is verteenwoordig deur die Joodse
7-tak Menorah. Beide die tafel van Toonbrode & Menorah was bewaar in die
Heiligdom (Heb. 9:2). Die brood simboliseer YAHUSHUA die Brood van Lewe, maar
die Menorah, the 7-VOUDIGE GEES VAN YAHUVEH.
Die 7 Pilare van WYSHEID (Spr. 9) gelys in Spr. 8:12-14 en die 7 GEESTE VAN GOD
gelys in ‘n ander volgorde in Isaiah 11 het dieselfde HEBREEUSE NAME/TITELS:
[1] RUACH YAHUVEH, GEES VAN YAHUVEH),
[2] HOKMAH (WYSHEID),
[3] BINAH (BEGRIP),
[4] ‘ETSAH (RAADGEWER),
[5] G'VURAH (MAG/KRAG/STERKTE),
[6] DA'AT (KENNIS) EN
[7] YIR'AH YAHUVEH (VREES TOT YAHUVEH).
34
sien Profesie 71, “What has been Sealed is Now Revealed!” “online”.
35
Sien voetnota 2 p. 10
36
Psalms is liedere, en Spreuke is diepgaande dikwels kort gesegdes. So “psalms en
spreuke” verwys nie net na die boeke Psalm & Spreuke nie, maar ook die eeu oue
Wysheid literatuur. Byvoorbeeld die “Book of Wisdom”, hfst. 7-8 is psalms aan
WYSHEID.
37
‘Jesus’ Miranda van Florida in Amerika (U.S.A.)
* * * * * *
Profesie 107 Hou Uit! Hou Uit! Hou Uit! Moenie Julle Salige Hoop Verloor Nie!
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Nota: Hierdie Woord het na vore gekom nadat ‘n suster ‘n droom gehad het en sy
die droom vertel het. In die droom het sy gesê hoe die Etiopiese Jode die
uitverkorenes was en ek het onmiddellik ‘n droefheid in my gees gevoel en ek het
geweet hierdie droom was nie van YAHUVEH nie. Dit maak nie saak wat die kleur
van jou vel is nie solank jy YAHUSHUA aanvaar as jou MASHIACH en strewe om
Heilig te lewe en YAHUVEH te gehoorsaam is wat saak maak. In elkgeval, het
hierdie Woord na vore gekom terwyl ek dit aan haar verduidelik het. IMMAYAH het
in tale deur my begin praat en ek kon dit nie keer nie selfs om iets vir die
ander te sê nie en hierdie Woord het na vore gekom.
Hier is die droom wat sy gehad het op 5 Feb. 2009.
Ek het gedroom ek het in die sitkamer gesit saam met my gewese vriend, my niggie
het in die hoek gestaan.
Ek het vir my gewese vriend vertel dat ons swartes die uitverkore Volk van God
is en ons is swart Jode.
My niggie het nader gekom en langs my kom sit, want sy wou meer hoor.
Later was ons 3 op die straathoek. Die straat was stampvol en daar was baie
swartmense in die straat en staande op hul balkon.
Daar was twee mans hoog bo-op die woonstel-balkon wat op hul dromme gespeel het.
Hulle het in die Hebreeuse taal gepraat, hulle het ‘n luidspreker teen ‘n
outydse platespeler gehad en hulle het Hebreeuse liedjies gespeel.
Ek het vir my niggie gesê, (sien! hulle weet ons is swart Jode).
Einde van Droom.
*******
Profesie 107
Hou Vas! Hou Vas! Hou Vas!
Moenie Julle Salige Hoop Verloor nie!
Moenie val in satan se vangstrikke nie. Die enigste uitverkorenes wat op hierdie
aarde tel is diegene wat gewas is in die gestorte Bloed van YAHUSHUA MASHIACH.
Dit maak nie saak watter ras jy is nie. Dit maak nie saak watter taal jy praat
nie. Dit maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie. Moenie val vir die gees
van rasse-diskriminasie nie.(Jesaja 56:7) Maar EK het vir jou oë gegee om nooit
kleur te sien nie, maar kyk met hoeveel drome vul satan jou waar jy die kleur
van die vel moet raaksien. Dit is nie EK nie, so bestraf die gees van
rasse-diskriminasie.
‘n Etiopiese Jood is nie ’n waarborg ‘n reis na die hemel nie. Alleenlik deur
die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Alleenlik in die gehoorsaamheid van MY Woord.
Alleenlik in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH is MY uitverkorenes. Daar sal
alle verskillende tale en nasionaliteite wees in die Hemel. EK is die een wat
die kleur kies van die vel, maar weereens het dit niks te doen met die gees
binne-in nie. Want EK is lief vir alle nasionaliteite. EK is lief vir alle
stamme in tale. Diegene wat behoort aan MY het die Bloed van YAHUSHUA MASHIACH,
maar dit beteken nie die biologiese bloedlyn moet wees van Hebreeuse oorsprong
nie. Dit beteken hulle het die geestelike bloedlyn van YAHUSHUA MASHIACH.
Onthou, hierdies is diegene wat aangeneem is en hierdies is diegene wie ingeënt
is. As hierdie die geval was, dan sou enige iemand met Hebreeuse bloed afkomstig
van hul bloedlyn dan almal ‘n weg Hemel toe gewaarborg wees. ‘n Waarborg Hemel
toe en tog, kyk na Israel. Kyk na Jerusalem. Hoe min van ‘n oorblyfsel het
YAHUSHUA aanvaar as MASHIACH en totdat hulle doen, is hulle verdoem. Hulle sal
nie die Hemel sien nie. Hulle ken die Torah. Hoe min gehoorsaam die Torah. Hulle
weet watter dag die Shabbat is. Hoe min eer daardie Shabbat. Dit is meer as om
net ‘n rustyd te neem. Dit is meer as net ‘n ritueel. YAHUSHUA is die Here van
die Shabbat.
Wee diegene wat die vals kettery onderrig, die vals leerstelling wat sê geen
swartes sal toegelaat word in die Hemel nie. Hulle sal weet en hulle (diegene
wat reeds gesterf het) het alreeds die diepste vlak gevoel van die hel. EK
oordeel nie MY geliefdes op die kleur van hulle vel of hulle nasionaliteite nie.
Want EK het elkeen geskape (as ‘n) individueel.
As EK wou gehad het julle moet almal dieselfde lyk, sou EK julle almal geskape
het om dieselfde te lyk. EK is nie ‘n vervelige YAHUVEH nie. As EK wou gehad het
julle moet almal dieselfde persoonlikheid hê, sou EK almal van julle in
dieselfde kategorie van (dieselfde) persoonlikheid geplaas het. EK het elkeen
van julle geskape, elkeen van julle tot by jou einste haarstring.
EK het vir elkeen van julle die DNA gegee waarmee julle gebore was. Julle is so
ontsaglik en wonderbaarlik geskape. EK is die een, julle Abba YAHUVEH wat die
getal chromosome bepaal het in jou liggaam, die getal atome wat jou bymekaar hou
en molekules. EK, YAHUVEH, EK ken nie net die getal hare op jou hoof nie.
(Mattheus 10:30) EK ken die getal hare op jou liggaam. EK ken die getal hare op
jou arms. EK ken die breedte van jou naels. EK is die een wat die lyne in jou
handpalms gesit het. Elkeen van julle is so ontsaglik gemaak.
O hoe bedroeg is EK. O hoe rou EK. O hoe is EK gevul met raserny en drif met wat
hulle doen met die ongeborene. Om daardies uit te gooi, daardie kosbare babas
uit, om hulle op te sny en fyn te kap, om hulle liggaamsdele uit te haal. Om
instrumente van marteling te vat en hul klein liggaampies in klein flentertjies
te ruk en skeur en die finale smading is wanneer daardie kind ‘n aborsie
oorleef; om die woorde te hoor, laat dit doodgaan, gooi dit uit.
EK het geprofeteer en EK sal weer sê, groot sinkgate sal onder hierdie plekke
wees wat hierdie gruweldade doen. Vir die van julle wat aborsie goedkeur, julle
begin nie eens om die verskrikking te begryp wat EK op julle laat wag nie. Vir
alle ewigheid sal julle die gille hoor van die ongeborene. Vir elkeen van
hierdie klein babatjies, het EK, YAHUVEH die tyd geneem, wetende dat hulle nie
toegelaat sou word om lewendig gebore te word nie en daardies wat die aborsies
oorleef gedwing sou word om dood te gaan. Nogtans het EK tyd geneem en EK het
elke identiteitsmerk van YAHUVEH op hulle gesit. EK is die een wat hulle mens
genoem het.
Julle gebroedsel van satan, wie is julle om dit wat EK mens noem, niks meer as
gemors te noem nie. Weet julle nie diegene wat hierdie wette uitvaardig en
Amerika nou voeg jy jou sonde saam en sê jy sal betaal vir die aborsies van
ander nasies. Is daar nie genoeg bloed op jou hande van die geaborteerde babas
in jou eie land nie?! Weet jy nie dat hierdie kinders op ‘n offeraltaar geplaas
word vir Molek nie?! (Psalm 106:38; Lev. 20:2) Dit is geensins anders (as) in
die bybelse tye van ouds nie en dieselfde waarskuwing spreek EK weer voort. Wee
diegene wat die babas offer aan die vals god Molek! Wee diegene wat nie hierteen
protesteer nie, wat oogknip vir hierdie sonde!
O hierdie kleintjies wees verseker hiervan, hulle is in die Hemel nou. Hulle sal
aanhou om Hemel toe te kom, maar weet hierdie; as hulle toegelaat was om gebore
te word sou hulle sulke spesiale kinders gewees het. Soos wat EK voorheen
geprofeteer het sal EK weer profeteer, groot sinkgate sal onder hierdie plekke
wees wat hierdie aborsies doen.
Dokters wat geskik het, in die verlede het julle gesê, ek sal nie (enige) deel
hê hieraan nie, maar nou het julle MY uitverkoop. Julle het die mensdom
uitverkoop omdat julle gedreig word omdat hulle sê, ons sal jou lisensie vat jou
reg om te praktiseer wegneem, doen julle nou ook hierdie aborsies, hierdie
afgryslikheid van sonde. Wees verseker hiervan, EK sal geeneen van julle
verskonings aanvaar nie. Die bloed is op julle hande. Hospitale wat eens gesê
het, ek sal geen deel hieraan hê nie, ons sal nie babas aborteer nie, maar julle
het geskik. Julle glo die regering se dreigemente en leuens. Julle het nie eers
probeer om terug te veg nie. Verpleegsters, die bloed is op julle hande!
Kinders wat nou in die skool is word geleer, wat julle nie wil hê nie gooi dit
net uit. Mensekind is niks meer as ‘n weggooibare pan nie, jy gebruik dit
eenmaal, gooi dit weg, om nooit weer gesien te word nie. Dit is waarop dit
neerkom. Hierdie is die nuwe geloofsbelydenis wat die heidene preek.
Hierdie is wat die President van die Verenigde State nou voor staan en wee enige
kind wat ‘n aborsie oorleef, selfs deur MY wonderbaarlike hand. EK het dat
sommige lewendig gebore word om hulle te toets en te sien wat hulle sal doen.
Hierdie kosbares wat inderdaad asemgehaal het word in ‘n vullishoop gegooi.
Hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank was MY raserny en grimmigheid opgekrop.
Weet net dit; teen die tyd wat dit wat julle die Groot Verdrukking noem kom sal
hierdie aarde daardie Groot Verdrukking en MY raserny en MY grimmigheid verdien
het en die bakke vol toorn sal uitgegiet word. (Psalm 110:5-6, Openbaring.
14:10, 16:19) Almal van julle wat hoor en almal van julle wat lees beter begin
bid nou dat julle waardig geag word in YAHUSHUA MASHIACH se oë dat julle hierdie
tyd van MY woede sal ontvlug.
Daar is baie maniere om die kinders dood te maak nou, selfs hulle kos te
vergiftig, hulle speelgoed te vergiftig. Moenie mislei word nie, die seuns van
satan noem hierdie populasie-beheer.
Dit is alles deel van hulle plan terwyl selfs die lug wat julle inasem vergiftig
is vol dood en vernietiging en siektes. Maar vra vir die nuwe wêreldorde,
diegene in hul geheime genootskap en as hulle vir julle hul geheime sou vertel
sou hulle vir julle sê dit gaan alles oor populasiebeheer. Net die rykes sal
oorleef. Die rykstes van die rykes, maar EK beskaam die vyand. Diegene bedek in
MY Seun se Gestorte Bloed by Golgota, diegene wat uitroep tot YAHUSHUA MASHIACH.
Daardie bloed is hulle immuniteit. Hou aan bid, hou aan vra, hou aan om MY te
herinner om MY wraak te neem op diegene wat gif versprei in die lug en MY wraak
sal kom op diegene wat hierdie formules van dood, plae en vernietiging skep (en)
die politici wat dit toelaat.
So het hierdie alles begin deur ‘n droom. ‘n Waarskuwing sodat hierdie nuwe
Woord kon voortkom net om elkeen te laat weet hoe ontsaglik en wonderbaarlik
almal van julle gemaak is. EK is die een wie selfs julle bloed ‘tipeer’. O
diegene wat MYNE is, MY Geliefdes, o hoe lief het EK julle. EK het elke dag
beplan toe jy in jou ma se baarmoeder was. EK het vir jou ‘n keuse gegee, maar
EK weet selfs en dit is neergeskryf watter keuses jy gemaak het want EK weet
alle dinge vooruit. EK kan dit vooruit bepaal, voorbeskik, want EK weet watter
keuses jy maak selfs voordat jy hulle maak. (Romeine 8:29-30, Efesiërs 1:3-12)
So moet hierdie nie vergeet nie. EK weet watter sondes jy sou pleeg voor jy
daardie sonde pleeg. EK ken die volgende gedagte in jou kop selfs voordat jy dit
dink. Dit is hoe wonderbaarlik jy gemaak is. EK ken die laaste getal asemteue
wat jou longe sal neem voordat jy verwyder word van hierdie aarde af, voor jou
gees weggeneem word. Dit is hoe ontsaglik jy gemaak is en wie alleen weet al
hierdie dinge?
EK is YAHUVEH en EK vertel vir julle hierdie alles vir die doel om nie net te
weet nie, vir julle om te weet hoe kosbaar julle is vir MY nie. Diegene wat MY
Seun YAHUSHUA liefhet. Diegene wat HOM noem en eer as MASHIACH, Koning van
Konings, Almagtige God MY enig verwekte Seun.
EK vertel vir julle hierdie alles om julle te laat weet; is EK nie instaat om
vir julle te sorg terwyl EK alle dinge weet nie? Waar EK weet waar die volgende
vangstrik is wat satan stel vir julle. Is EK nie instaat om vir julle te sê,
moenie daardie pad loop nie? Vertrou MY net. Vertrou net MY Seun. Vertrou MY
Gees wat woon binne-in julle. Nou op hierdie oomblik praat EK nie met die
heidene nie. Vertrou die kosbare RUACH ha KODESH. Leun op MY, rus jou kop op MY
skouer. EK is jou ABBA YAHUVEH, vertrou MY. EK weet wie is MYNE en EK weet wie
se name is geskryf in die Lam se Boek van Lewe.(Psalm 37:3) Net soos EK weet wie
se name geskryf is in die boek van die verdoemdes en hierdies is diegene wat die
gebroedsel is van satan.
Leun nie op jou eie insig nie, maar vertrou MY in AL, AL, AL jou weë en EK
belowe jou EK sal jou paaie rig.(Spreuke 3:5-6) Soek MY terwyl EK nog te vinde
is. Roep die Naam van YAHUSHUA MASHIACH aan, HY sal jou nie begewe nie, HY sal
jou nie in die steek laat nie. (Rom.10:13) Gehoorsaam MY. Onderwerp jou wil aan
MY. (Handelinge 5:29) Bestudeer en bewys jouself as beproef. Bestudeer die
Heilige Skrifte. Weet wat behaag MY, YAHUVEH (Efesiërs 5:17) en meeste van alles
aanvaar MY enig verwekte Seun as die enigste regverdige en die enigste Bloed en
die enigste Naam wat jou sal terugkry in die Hemel. (Johannes 8:29) Want diegene
wie se name geskryf is in die Boek van Lewe. Die Hemel is julle enigste ware
tuiste. Op hierdie aarde het julle net geswerf. (2 Korinthiërs. 5:1-2)
Nou spreek EK woorde tot YAHUSHUA MASHIACH se Bruid. Dit sal nie lank wees nie.
Hou nog ‘n klein bietjie langer vas en EK gaan vir MY Seun sê, “GAAN en versamel
JOU Bruid huis toe.” Hou vas. Hou vas. Hou vas. Moenie daardie Salige Hoop opgee
nie. (1 Johannes 3:2-3)
Luister na die woorde deur [Elisheva] se mond wat EK gespreek het. Streef om
Heiliger te wees elke dag. Streef om MY te behaag elke dag meer. Enigiets wat MY
mishaag vra vir die Bloed van YAHUSHUA MASHIACH om te bedek en weg te was. Vra
HOM om jou te verander. Vra HOM om jou hart te verander.(Psalm 51:10) Vra HOM om
jou verstand te verander. Dit wat MY behaag, behoort jou te behaag. Want as jy
MY nie kan aanbid en as jy MY nie kan loof en as jy MY nie kan gehoorsaam op
hierdie aarde nie (Psalm 50:23) Wat laat jou dink jy sal dit doen of begeer om
te doen in die Hemel? EK gee vir jou hierdie begeerte nou op hierdie aarde sodat
jy die begeerte sal hê tot in alle ewigheid om MY, YAHUVEH, MY Seun YAHUSHUA en
julle IMMAYAH die RUACH ha KODESH, ook genoem die Heilige Gees te
behaag.(Filippense 2:12-13)
Onthou net hierdie, MY raserny, MY woede, MY grimmigheid is nie bedoel vir
diegene wat MY liefhet nie. Dit is nie bedoel vir diegene wat YAHUSHUA MASHIACH
dien nie. Dit is nie bedoel vir diegene gewas is in YAHUSHUA MASHIACH se Bloed
nie. Strewe om Heilig te wees. Want in hierdie eind-dae sê MY Woord nie, “Die
Heiliges sal Heiliger word”, nie. Dit beteken jy sal ‘n begeerte hê om MY,
YAHUVEH te gehoorsaam en te behaag, en die onheiliges, die heidene, die
ongewastes deur YAHUSHUA se Bloed sal meer maniere vind om MY aanstoot te gee.
Om MY Heilige Wette terug te gooi in MY gesig. Om die 10 Gebooie op te skeur wat
EK die 10 Wette noem. Om vir die mense te sê moenie langer luister na die
verouderde Skrifte nie. Hierdies is diegene wat geskik is vir MY verdoemenis.
Diegene wat boosheid doen voor MY aangesig en nie eens die betekenis ken van
bekering nie. (Psalm 50:16-22)
Dan het julle een laaste kategorie. Diegene wat ’n skyn het, wat voorgee om
Heilig te wees om ‘n vertoning te maak voor die mense. Hulle sit in hulle
kristal katedraal of hulle kom in die vorm van ‘n man genaamd Joel Osteen, die
gebroedsel van satan is wat EK jou noem - die prosperity-pimp prediker om julle
te leer om die almagtige geldeenheid te aanbid van watter nasie julle ookal is
en vir julle sê om dit op te hoop bo-op hulle. Diegene wat die vals leerstelling
preek en vir julle sê homoseksualiteit is nie verkeerd nie. Dieselfde-seks is
net so heilig soos tussen ‘n man en ‘n vrou. EK kon aangaan en aangaan, maar EK
hoef nie want julle weet wat sonde is. (Openbaring 3:14-22)
Onthou net MY Geliefdes, net omdat julle leef in hierdie wêreld beteken nie
julle moet gelykvormig word aan die beeld van hierdie wêreld nie. Maar word
vervorm na die beeld van MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH en julle wat dit doen
sal MY aangesig aanskou. Julle sal ongekende guns hê in MY oog, en vir alle
ewigheid sal julle aan YAHUSHUA se sy wees waar HY woon. (1 Korinthiërs 11:1)
So hou vas. Moenie dat enige iemand julle verdeel as gevolg van nasionaliteit of
velkleur nie. Hou vas. Laat die gestorte Bloed van YAHUSHUA die enigste ding
wees wat julle identifiseer. (Romeine 5:9) Hou vas en EK sal julle vashou en EK
sal nie laat los nie. Hardloop weg vir sonde. Moet dit nie eens laat deel wees
van julle lewe nie. Laat satan weet julle sal geen deel van hom hê nie (Jakobus
4:7). Hardloop weg vir hom. Hardloop weg van enige iemand wat julle verlok om te
sondig. Bestraf hulle en vrees om hulle nie aanstoot te gee nie.
En soos vir enige iemand wat hierdie profesieë vals noem. Weet net hierdie; jy
het onthul wie jou ware vader is. Hoe kan jy hierdie Profeet vals noem wanneer
elke woord Heiligheid gepreek word en ’n bestrawwing vir sonde? Dit wys aan wie
jy regtig behoort. Dit wys waarheen jy bestem is om te gaan. Deur jou dade ruk
EK die masker van jou gesig af sodat almal die vrot vrugte kan sien binne-in
jou. Jy gebruik die naam Jesus Christus en tog, ken jy HOM nie eens nie. Jy spog
dat jy nie ‘n profeet is nie. Maar wat is ‘n ware Profeet? Dit is ‘n vriend van
YAHUVEH tot wie HY SY geheime deel. En jy is reg, jy wat jouself heilig noem en
daar is geen heiligheid van binne nie, vir MY is jy geen vriend nie. Jy kan net
‘n man of ‘n vrou mislei. Jy kan nie die Skepper mislei nie. Jy kan nie die
enigste MASHIACH mislei nie. Om die waarheid te sê is daar geen HEILIGE GEES in
jou nie.
So MY Geliefde Kinders, EK maak MY skape en MY lammers bymekaar. Waarsku!
Waarsku! Waarsku! wanneer julle ‘n wolf sien. Moenie bang wees om aanstoot te
gee nie. Waarsku veral MY nuwe klein baba lammetjies en moenie, moenie skik met
sonde nie. (Hebreërs 10:26-27)
Einde van Woord
Elisheva praat: Dit is al wat ek hoor. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U dat U daardie
Woord voortgespreek het. Dit het ‘n droom van ______ geneem om dit alles aan te
wakker.
Abba YAHUVEH, dit maak nie enige iemand beter nie hetsy hulle Etiopiese Jode is,
of hulle wit is, of hulle Chinees is, of hulle Koreaans is, ongeag watter
nasionaliteit hulle is. Ons word slegs verenig deur die gestorte Bloed van
YAHUSHUA ons MASHIACH. Hierdie is die boodskap wat U gegee het.
Dank U. Dank U. Dank U. Dank U. Dank U vir nog ‘n onverwagse Woord wat
voortgekom het net deur ons geliefde suster wat hierdie droom gedeel het wat U
nie eens vir haar gegee het nie maar U het iets goeds daaruit laat kom. Want
alle dinge werk waarlik ten goede mee omdat ons U s’n is en ons geroep is
volgens U doel om aan U al die Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Om die Naam op
te lig van YAHUSHUA ons geliefde MASHIACH sodat alle mense nader sal kom.
In die Naam van YAHUSHUA ons geliefde MASHIACH
Dank U. Dank U. Dank U. Dank U dat U weereens hierdie Woorde van U voortgespreek
het uit hierdie lippe van klei in YAHUSHUA se Naam bid ek.
Amen
In YAHUSHUA, vir U Heerlikheid alleen, bid ons.
Amen
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
7 Februarie 2009
Geliefde Familie in YAHUSHUA ons MASHIACH,
Kan julle glo ons leef in sulke bose tye? Kan julle glo dit gaan nog erger raak?
YAHUVEH wees asseblief genadig oor ons, wat nie hierdie dinge kan stop nie, maar
aanhou om daarteen te bid.
‘n Babdogtertjie wat geaborteer was op 23 weke by ‘n aborsiekliniek en geleef
het. Sy was deur die verpleegster opgetel en soos vullis in ‘n vullisdrom
uitgegooi en weggegooi! Dit alles voor die 18 jarige moeder weens gebrek aan
beter woorde. Hierdie is nie ‘n moeder wat so iets sou toelaat nie!
Ek (Elisheva) het geboorte gegee aan ‘n identiese tweelingseuns nou in hul 20’s
is en hulle was gebore in die 28ste week. Toe ek dit gelees het, het ek gehuil
vir hierdie babadogtertjie, wat weggegooi was soos vullis!
Ek ontvang e-posse van vroue wat dink aan aborsies, en mans wat wil hê ek moet
bid dat hul vriendin nie voortgaan met die aborsies nie.
Een vrou het vir ons ‘n foto gestuur van die baba wat geaborteer sou word as sy
nie na hierdie bediening toe gekom het en veroordeel gevoel het terwyl sy die
profesieë gelees het en die aborsiebladsye gesien het nie. Sy koester haar baba
en ons het die vreugde om te weet omdat YAHUVEH hierdie bediening gebruik het,
was ten minste een baba se lewe gered.
Dit is nie die eerste keer dat die onderstaande verhaal plaasgevind het nie, dit
is slegs die mees onlangse wat die nuus gehaal het. Ek vra vir almal wat hier
lees, om te doen soos ek gedoen het en vir YAHUVEH te vra om onmiddellik wraak
te neem op almal wat deelgeneem het aan die moord op hierdie onskuldige baba.
Ek bid ABBA YAHUVEH dat U geen genade sal hê nie en ABBA YAHUVEH, in die Naam
van YAHUSHUA ha MASHIACH dat U hierdie mense wat deelgeneem het in hierdie moord
en marteling, in die parskuip van U toorn sal gooi op hierdie aarde en in die
hel. Ek bid U onverdunde toorn op almal wat hierdie wette uitvaardig en aborsies
wettig verklaar en vir al die mense wat hierdie goedkeur. Ek bid die toorn van
YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH op al die dokters, verpleegsters,
moeders wat onbekeerd is en nie wegdraai van hierdie boosheid nie.
Ek bid dat U sal sinkgate sit onder die geboue dwarsoor die wêreld en die grond
sal oopmaak en almal lewendig hel toe neem soos U gedoen het in die tye van
ouds. (Numerie 16:1-33) Bekeer en draai weg van hierdie boosheid! Julle wat
onskuldige babas vermoor, gooi die gawe van lewe terug in die gesig van ons
SKEPPER ABBA YAHUVEH! Heilige Skrifte sê “Wraak kom MY toe, sê YAHUVEH, EK sal
vergeld!!”
My persoonlike gebed is dat die politici wat hierdie wette uitvaardig sal weet
hoe dit voel terwyl YAHUVEH julle eersgebore kinders vat, of hulle wat julle
liefhet deur SY eie hand!
Die oordeel wat die bose Farao ondergaan het in die tyd van Moses moet oor julle
huishoudings gebring word is my gebed in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH ook
bekend as JESUS CHRISTUS. O ek rou dat diegene wat aborsies goedkeur gebore was,
of dat hulle toegelaat was deur YAHUVEH om self kinders te hê.
Elisheva
Hier is ‘n artikel wat ek onlangs gevind het op Drudge Report.
Fla. Dokter ondersoek in Aborsie waar baba lewendig gebore was en in vullissak
gegooi en weggegooi was.
Agtien en swanger, het Sycloria Williams na ‘n aborsiekliniek toe gegaan buite
Miami en $1,200 betaal aan Dr Pierre Jean-Jacque Renelique om haar 23-week
swangerskap te termineer.
Drie dae later het sy in ‘n lê-stoel gesit, was medisyne toegedien om haar
serviks te verwyd en haar andersins gereed te kry vir die prosedure.
Net dat Renelique nie betyds opgedaag nie. Volgens Williams en die Florida se
Departement van Gesondheid, het sy in kraam gegaan en ‘n lewendige
babadogtertjie gebaar.
Wat Williams en die Gesondheids Departement sê wat volgende gebeur het, het
mense aan beide kante van die aborsiedebat geskok: Een van die kliniek se
eienaars, wat geen mediese-lisensie het nie, het die baba se naelstring geknip.
Williams sê die vrou het die baba in ‘n plastiese bio-risiko sak geplaas en dit
uitgegooi.
Polisie het ‘n week later die ontbindende oorblyfsels in ‘n kartondoos opgespoor
nadat hulle ‘n naamlose wenk ontvang het.
“Ek gee nie om wat jou politiek is, wat jou sedes is nie, hierdie behoort nie te
gebeur in ons gemeenskap nie,” het Tom Pennekamp gesê, ‘n Miami prokureur wat
Williams verteenwoordig het in haar hofsaak teen Renelique (ren-uh-LEEK) en die
kliniek eienaars. Die staat se Mediese Raad moet Vrydag Renelique se saak in
Tampa aanhoor en bepaal of hulle sy lisensie moet wegneem. Die staatsprokureur
se strafbare manslag-afdeling is besig met ‘n ondersoek alhoewel geen klagtes
gelê is nie. Terry Chavez, ‘n woordvoerder by die “Miam-Dade County State”
Prokureurskantoor, het hierdie week gesê die aanklaers nader ‘n besluit.
Renelique se prokureur, Joseph Harrison, het in ‘n e-pos aan “The Associated
Press” die aanklagte as “misleidend en onvolledig” beskryf. Hy het geen verdere
inligting verskaf nie.
Die saak het die anti-aborsiegemeenskap ontstig, wat die dade beveg van die
kliniek se konstitusie moord.
“Die baba was net soos ‘n stuk afval behandel,” het Tom Brejcha gesê, president
van “The Thomas More Society” ‘n regsfirma wat ook vir Williams verteenwoordig
het. “Mense oor die hele land is net ontsteld.”
Selfs diegene wat aborsieregte ondersteun, is besorg oor die bewerings.
"Dit het my werklik ontstel”, het Joanne Sterner gesê, president van die
“Broward County Chaper of the National Organization for Women”, nadat sy die
administratiewe klagte teen Renelique nagegaan het. “Ek weet daar is klinieke
daarbuite soos hierdie. En ek hoop ons kan vrouens weerhou om na hierdie soort
klinieke toe te gaan.”
Volgens die staatsverslae, het Renelique sy mediese opleiding aan die Staats
Universiteit van Haiti ontvang. In 1991 het hy ‘n vierjaar prakties voltooi in
verloskunde en ginekologie aan die “Interfaith Medical Center” in New York.
New York se verslae wys dat Renelique ten minste vyf mediese
wanpraktyk-betalings gedoen het in die laaste dekade, waarvan die omstandighede
nie gedetailleerd is in die lêers nie.
Verskeie pogings om Renelique te bereik was onsuksesvol. Sommige van sy
kantoornommers was gediskonnekteer, geen huisnommer kon gevind word nie en hy
het nie boodskappe teruggeantwoord wat by sy prokureur gelaat was nie.
Williams het geworstel met die besluit om ‘n aborsie te hê, het Pennekamp gesê.
Sy het ‘n onderhouds-versoek deur hom van die hand gewys.
Sy het besluit dat sy nie die bronne of volwassenheid gehad het om ‘n kind op te
voed nie, het hy gesê, en op 17 Julie 2006 na die “Miramar Women’s Center”
gegaan. Volgens die Gesondheids Departement het sonar toetse aangedui dat sy 23
weke swanger was. Sy het Renelique twee dae later by ‘n tweede kliniek ontmoet.
Renelique het vir Williams “laminaria” gegee ‘n dwelm wat die serviks verwyd en
drie ander medikasies voorgeskryf volgens die administratiewe klagte, gelê deur
die Gesondheids Departement. Sy was aangesê om na ‘n ander kliniek toe te gaan,
‘n “Gyn Diagnostic Center” in Hialeah, waar die prosedure die volgende dag, 20
Julie 2006, uitgevoer sou word.
Williams het die oggend gearriveer en was nog medikasie gegee.
Die Gesondheids Departement verslag het as volg gelui: Net voor middag het sy
begin siek voel. Die kliniek het vir Renelique gekontak. Twee ure later het hy
nog nie opgedaag nie. Williams het in kraam gegaan en geboorte aan die baba
gegee.
“Sy het van aangesig tot aangesig met ‘n mens gekom,” het Pennekamp gesê. “En
dit het alles verander.”
Die aanklag sê dat een van die kliniekeienaars, Belkis Gonzalez, ingekom het en
die naelstring geknip het met ‘n skêr, daarna die baba in ‘n plastieksak gesit
het en die plastieksak in ‘n vullisblik.
Williams se regsgeding bied ‘n wreder weergawe: Sy sê Gonzalez het die baba
afgestamp vloer toe, van die lê-stoel af waarop sy geboorte geskenk het. Die
baba se naelstring was nie af-gebind nie, om haar te laat uitbloei. Gonzalez het
die baba, plasenta en nageboorte in ‘n rooi plastiek bio-risikosak bymekaargevee
en dit uitgegooi.
Geen werkende telefoonnommer vir Gonzalez kon gevind word nie en ‘n prokureur
wat die kliniek in die verlede verteenwoordig het, het nie teruggeantwoord op ’n
boodskap nie.
Op 23 weke, sou ‘n andersins gesonde fetus ‘n skraal maar regmatige kans op
oorlewing gehad het. ‘n Drieling wat verlede jaar op 23 weke by die Nebraska
Mediese sentrum gebore was, het oorleef.
‘n Nadoodse ondersoek het bepaal dat Williams se baba - sy het haar Shanice
genoem – haar longetjies gevul het met asem, menende sy was lewendig gebore,
volgens die Gesondheids Departement. Die oorsaak van dood was gelys as uiters
vroeë geboorte.
Die Gesondheids Departement glo dat Renelique, wanpraktyk gepleeg het deur nie
te verseker dat gelisensieerde personeel teenwoordig sou wees wanneer Williams
daar was nie, onder ander misstappe.
Die departement wil hê die Mediese Raad, ‘n aparte agentskap, moet Renelique se
lisensie permanent intrek, onder ander strawwe. Sy lisensie is tans ingeperk,
wat hom slegs toelaat om aborsies uit te voer wanneer ‘n ander gelisensieerde
geneesheer teenwoordig is en sy mediese verslae kan nagaan.
Indien aanklaers moordklagtes sou lê, moet hulle bewys dat die baba lewendig
gebore was, het Robert Batey gesê, ‘n professor in kriminele strafreg aan die
Stetson Universiteit Regskollege in Gulfport. Die verdediging mag betwis dat die
kind in elkgeval sou sterf, maar meeste howe sou daardie argument nie toelaat
nie, het hy gesê.
“Om die dood van ‘n individu te verhaas wat terminaal siek is word steeds beskou
as om die dood van daardie individu te veroorsaak, het Batey gesê. “ En ek dink
‘n hof sou soortgelyk beslis in hierdie soort saak.”
President Obama se eerste prioriteit!!
Is julle bewus dat President Obama verlede Vrydag ‘n wetgewing geteken het wat
ons belasting dollars toelaat om gebruik te word om aborsies internasionaal te
befonds? Dit is te laat vir ons om enigiets daaraan te doen.
Maar ons kan steeds veg teen die FOCA (Freedom of Choice Act) wat kom. Hierdie
wetgewing sal aborsie op versoek eis tot en met die datum wanneer ‘n vrou
geboorte gee, en dit ‘n kriminele oortreding maak vir ons hospitale, dokters en
verpleegsters om beswaar te maak teen die uitvoering van aborsies.
Die onderstaande skakel sal jou toelaat om ‘n petisie te teken om FOCA te beveg.
Hoekom veg hulle so hard om die regte van terroriste te beskerm, maar vermoor
ons babas?