66
1 So sê YAHUVEH: Die Hemel is MY troon en die aarde die voetbank van my voete.
Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek
sal wees?
2 Want MY hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek
YAHUVEH. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees,
en wat bewe vir MY Woord.
3 Wie ‘n bees as offer slag, is soos hy wat ‘n man doodslaan; wie ‘n lam offer,
soos hy wat ‘n hond se nek breek; wie ‘n spysoffer bring—dit is varkbloed; wie
wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ‘n afgod prys. Soos húlle hul eie
weë verkies het en hulle siel ‘n behae het in hul verfoeisels,
4 so sal EK ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle
laat kom; omdat EK geroep en niemand geantwoord het nie, EK gespreek en hulle
nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in MY oë, en verkies
wat MY nie behaag nie.
5 Hoor die Woord van YAHUVEH, julle wat vir SY Woord bewe! Julle broers, julle
haters wat julle verstoot om MY Naam ontwil, sê: Laat YAHUVEH heerlik word, dat
ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
6 Hoor—’n rumoer uit die stad! Hoor—uit die tempel! Hoor—dit is YAHUVEH wat SY
vyande hulle dade vergeld!
7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is
sy van ‘n seuntjie verlos.
8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele
dag gebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry,
meteens haar kinders gebaar.
9 Sou EK naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê YAHUVEH. Of sou Ek wat
laat baar, self toesluit? sê jou ELOHIM.
10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees
vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!
11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge;
sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.
12 Want so sê YAHUVEH: Kyk, die vrede lei EK na haar toe soos ‘n rivier en die
rykdom van die nasies soos ‘n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op
die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal EK julle troos; en julle
sal in Jerusalem getroos word.
14 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal
groei soos die jong gras; dan sal die hand van YAHUVEH bekend word aan SY knegte,
en HY sal op SY vyande grimmig wees.
15 Want kyk, YAHUVEH sal kom in vuur, en SY waens soos ‘n stormwind, om in
hittigheid SY toorn te openbaar en in vuurvlamme SY dreiging.
16 Want met vuur en met SY swaard sal YAHUVEH strafgerig hou oor alle vlees, en
hulle wat deur YAHUVEH verslaan is, sal baie wees.
17 Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die
een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en
muise—almal saam sal hulle tot niet raak, spreek YAHUVEH.
18 Maar EK ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat EK al die nasies
en tonge versamel; en hulle sal kom en MY heerlikheid sien.
19 En EK sal ‘n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die
nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver
kuslande wat MY tyding nie gehoor (Aleph/Tav) en MY heerlikheid nie gesien het
nie (Aleph/Tav); en hulle sal MY heerlikheid onder die nasies verkondig (Aleph/Tav).
20 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan
YAHUVEH, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na
MY heilige berg, na Jerusalem, sê YAHUVEH, net soos die kinders van Israel die
spysoffer in ‘n rein voorwerp bring na die huis van YAHUVEH.
21 En ook sal EK uit hulle priesters en Leviete neem, spreek YAHUVEH.
22 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat EK maak, voor MY aangesig sal
bestaan, spreek YAHUVEH, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom
om te aanbid voor MY aangesig, sê YAHUVEH.
24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen MY opgestaan
het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en
hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
Markus 9:40 - 50;
40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
41 Want elkeen wat vir julle in MY Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat
julle aan Christus behoort, voorwaar EK sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik
nie verloor nie.
42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in MY glo, laat struikel, dit is
beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink
die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die Hel te gaan in die
onuitbluslike vuur, (Matt 5:29-30)
44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel
die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die Hel gewerp te word in die
onuitbluslike vuur,
46 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met
een oog die koninkryk van YAHUVEH in te gaan, as om twee oë te hê en in die
Helse vuur gewerp te word,
48 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.(Jes 66:24,
Openb 19:3)
49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout
word.
50 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit
smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.