Shabbat Shalom!
Devarim / Woorde
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Jesaja 1:1-27;

1

1 Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.
2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want YAHUVEH spreek: EK het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen MY oortree.
3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, MY volk verstaan nie.
4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het YAHUVEH verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad.
9 As YAHUVEH van die Leërskare vir ons nie ‘n klein oorblyfsel oorgelaat het nie—soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
10 Hoor die woord van YAHUVEH, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse ELOHIM, volk van Gomorra!
11 Wat het EK aan die menigte van julle slagoffers? sê YAHUVEH. EK is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en EK het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
12 As julle kom om voor MY aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om MY voorhowe te vertrap?
13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir MY. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—EK verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
14 Julle nuwemane en julle feestye haat MY siel; hulle is MY ‘n oorlas. EK is moeg om dit te dra.
15 En as julle jul hande uitbrei, bedek EK MY oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister EK nie: julle hande is vol bloed.
16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor MY oë weg, hou op om kwaad te doen,
17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê YAHUVEH: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van YAHUVEH het dit gespreek.
21 Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars!
22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.
23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.
24 Daarom spreek die Here YAHUVEH van die Leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, EK sal vir MY voldoening verskaf van MY teëstanders en MY wreek op MY vyande!
25 En EK sal MY hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.
26 En EK sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ‘n stad van geregtigheid, ‘n getroue vesting genoem word.
27 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

Mattheus 13:24-30;

24 ‘n Ander gelykenis het HY hulle voorgehou en gesê: Die Koninkryk van die Hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

*~ Mattheus Hoofstuk 24 ~*


1 En YAHUSHUA het uitgegaan en van die tempel vertrek, en SY dissipels het nader gekom om HOM die geboue van die tempel te wys.
2 En YAHUSHUA sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar EK sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
3 En toe HY op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na HOM en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?
4 En YAHUSHUA antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
5 Want baie sal onder MY Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van MY Naam.
10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
14 En hierdie evangelie van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die Heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.