Shabbat Shalom!
Kedoshim / Heiliges
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Amos 9:7-15;

9

7 Is julle nie vir MY soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek YAHUVEH. Het EK Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
8 Kyk, die oë van die Here YAHUVEH is gerig teen die sondige koninkryk, en EK sal dit van die aardbodem verdelg; maar EK sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek YAHUVEH.
9 Want kyk, EK gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in ‘n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.
10 Al die sondaars van MY volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.
11 In dié dag sal EK die vervalle hut van Dawid weer oprig, en EK sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en EK sal dit opbou soos in die ou tyd;
12 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie MY Naam uitgeroep is, spreek YAHUVEH wat dit doen.
13 Kyk, die dae kom, spreek YAHUVEH, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.
14 En EK sal die lot van MY volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
15 En EK sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat EK hulle gegee het nie, sê YAHUVEH jou ELOHIM.

1 Korinthiërs 6:9–20


9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die Koninkryk van ELOHIM nie sal beërwe nie?
10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die Koninkryk van ELOHIM beërwe nie.
11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here YAHUSHUA (die Messias) en deur die Gees van onse ELOHIM.
12 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
13 Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar ELOHIM sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
14 En ELOHIM het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur SY krag.
15 Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!
16 Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê HY, sal een vlees wees.
17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met HOM.
18 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van ELOHIM het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik ELOHIM dan in julle liggaam en in julle gees wat aan ELOHIM behoort.